03.05.2013 Views

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Gemeenskaplike Take ...

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Gemeenskaplike Take ...

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Gemeenskaplike Take ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL

Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA)

Graad 9

2009

LEERDERBOEK: Afdeling B

Tyd: 2uur

Punte: 80

Bladsye: 11

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 1 VAN 11 BLADSYE

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel is Afdeling B van jou GTA:

2. Jy het 2 ure om hierdie afdeling op jou eie te voltooi.

3. Maak seker dat jou GTA volledig is.

4. Skryf jou naam boaan elke bladsy wat jy inlewer.

5.Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

6.Beantwoord AL die vrae in Afrikaans.

7.Lees die instruksies noukeurig deur.

8. Nommer jou antwoorde soos die vrae op die vraestel.

9. Skryf netjies en leesbaar.

10.Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy.

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 2 VAN 11 BLADSYE

Lees elke keer die paragraaf en beantwoord die vrae wat daarby

pas.

Vraag 1:

TAAK 1

As jy voor middagete bank toe wil gaan, moet jy met die bus ry. Jy kan die

bus haal vanaf die bushalte naby die poskantoor. Die bus stop naby die skool

wat drie blokke van die bank af is. Van daar af kan jy ‘n taxi haal by die taxistaanplek

oorkant die pad of jy kan verder tot by die bank stap.

1.1 Die bank is … die oorkant van die pad. (1)

A. by

B. op

C. aan

D. in

1.2 Waar moet jy die pad oorsteek om ‘n taxi te haal? (1)

A. By die bank

B. Naby die skool

C. By die poskantoor

D. In die middestad

1.3 Hierdie paragraaf verduidelik vir jou hoe om by die…te kom. (1)

A. skool

Meervoudige Keusevrae

Tyd: 30 Min Punte: 15

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 3 VAN 11 BLADSYE

B. poskantoor

C. taxi-staanplek

D. bank

Vraag 2:

Brenda Fassie was ‘n geliefde Suid-Afrikaanse sangeres wat in 1964 gebore is.

Op sestienjarige ouderdom het sy haar ouerhuis verlaat om deel te word van die

musiekgroep “Joy”. Later het sy aangesluit by die musiekgroep “Brenda and the

Big Dudes”. In 1996 het sy solo-albums uitgereik. Brenda Fassie het baie

bewonderaars regoor Afrika gehad, waarvan Nelson Mandela een was. Toe sy

in 2004 sterf, was dit voorbladnuus in die meeste Suid-Afrikaanse koerante.

2.1 Brenda Fassie het haar ouerhuis verlaat in die … (1)

A. 1960’s

B. 1970’s

C. 1980’s

D. 1990’s

2.2 Wat is die hoofgedagte van die paragraaf?

A. Brenda Fassie was ‘n baie gewilde sangeres.

B. Brenda Fassie se dood was voorbladnuus.

C. Brenda Fassie was baie jonk toe sy begin sing het.

D. Brenda Fassie was ‘n Suid-Afrikaner.

2.3 In hierdie paragraaf beteken “solo”: (1)

Vraag 3:

A. alleen

B. met instrumente

C. saam met ‘n ander persoon

D. as deel van ‘n musiekgroep

3.1 Hulle … ons uitgenooi om saam met hulle na die winkel te gaan. (1)

A. was

B. sal

C. het

D. wil

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 4 VAN 11 BLADSYE

(1)

3.2 Mpho is baie … Hy het nie sy bestuurslisensietoets geslaag nie. (1)

A. teleurgesteld

B. tevrede

C. ingenome

D. moeg

3.3 My onderwyser wil nie die vergadering …. (1)

A. reël

B. bywoon

C. toespreek

D. beplan nie

3.4 Melk is goedkoper as konfyt of suiker, maar brood is nog goedkoper. (1)

Wat is die goedkoopste?

A. melk

B. konfyt

C. suiker

D. brood

3.5 Die dokter het gesê: “Jy moet hospitaal toe gaan.” (1)

A. Die dokter het gesê dat ek hospitaal toe moet gaan.

B. Die dokter het gesê dat hy hospitaal toe moet gaan.

C. Die dokter het gesê dat hulle hospitaal toe moet gaan.

D. Die dokter het gesê dat sy hospitaal toe moet gaan.

Vraag 4

Bestudeer die volgende uithangborde en beantwoord die vrae:

Kliniek Werksure:

08:30 tot 16:30 weeksdae

(openbare vakansiedae

uitgesluit)

09:00 tot 13:00 Saterdae

(openbare vakansiedae

uitgesluit)

Na-ure: (012) 341- 2344

4.1 Die kliniek (1)

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 5 VAN 11 BLADSYE

A. sluit later op ‘n Saterdag.

B. is vyf dae ‘n week oop.

C. is nie oop op publieke vakansiedae nie.

D. is elke dag dieselfde tyd oop.

4.2 Wat moet jy doen as jy baie siek is en die kliniek is gesluit? (1)

A. Besoek die kliniek weer die volgende dag gedurende werksure.

B. Besoek die kliniek weer sodra u beter voel.

C. Skakel die na-ure-nommer.

D. Neem twee tablette en kry ‘n goeie nagrus

4.3 Teen watter gevaar word jy deur bogenoemde uithangbord gewaarsku?

(1)

A. Gas

B. Vuur

C. Elektrisiteit

D. Verkeer

4.4 Watter woord beteken nie dieselfde as “gevaarlik” nie? (1)

A. dreigend

B. riskant

C. gewaagde

D. onskadelik

TAAK 2

INSTRUKSIE

BEGRIPLEES

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 6 VAN 11 BLADSYE

/15/

Tyd: 30 Min Punte: 15

Lees die koerantberig hieronder noukeurig deur en beantwoord dan die vrae:

1 Londen. – ’n Skilpad wat al saam met

die Boerekrygsgevangenes van die Anglo-

Boereoorlog op St. Helena was, wei op

176 jarige ouderdom steeds rustig op dié

eiland.

2 Nou wonder mense of Jonathan dalk die

oudste lewende dier op aarde is.

3 Hy het ondanks sy hoë ouderdom steeds

genoeg energie om gereeld met drie veel

jonger wyfies – Emma, Fredericka en

Myrtle – te paar.

4 “Die wyfies lê so nou en dan eiers, maar

geen kleintjies het tot dusver daaruit

gekom nie,” sê die plaaslike toerismeburo

op sy webtuiste.

5 Jonathan se merkwaardige lewensloop

het aan die lig gekom nadat ’n foto van

hom in ’n versameling uit die Boereoorlog

ontdek is.

176 en jaag steeds die dames

6 Verdere ondersoek het bevestig Jonathan

is inderdaad die skilpad wat op ’n foto

rustig in ’n grasveld onder die wakende

oog van ’n wag en krygsgevangenes wei.

7 Hy was volgens die toerismeburo tóé al

70 jaar oud omdat ander dokumente wys

hy was by sy aankoms op die Suid-

Atlantiese eiland in 1882 al minstens 50.

8 Jonathan woon tans op die terrein van

die goewerneurswoning op St. Helena.

Drie ander skilpaaie wat in 1882 saam

met hom van die Seychelle daar

aangekom het, is dood.

9 Volgens Guinness world records hou ’n

skilpad van Madagaskar, genaamd Tui

Malila, die rekord vir die oudste dier tot

nog toe. Hy is in 1966 op 189 jaar dood.

(Uit: Beeld, 6 Desember 2008)

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 7 VAN 11 BLADSYE

Hier is ’n paar woordverklarings uit die Pharos 5-in-1 wat jou moontlik kan help.

wei, feed, graze; KOEIE laat ~, let cows graze. lewensloop, = course of life.

ondanks, in spite of. bevestig, confirm.

paar, pair, mate. minstens, at least.

merkwaardig, remarkable. genaamd, called.

evenement, =e. Merkwaardige gebeurtenis. oorleef, survive

VRAE

1. In watter koerant het dié berig verskyn? (1)

2. Wanneer het dié berig verskyn? (1)

3. Oor wie/wat word hier vertel? (1)

4. Van watter stad af is dié berig gestuur? (1)

5. Hoe oud is dié skilpad? Skryf jou antwoord in woorde. (1)

6. Watter groot geskiedkundige gebeurtenis het dié skilpad oorleef? (1)

7. Waar woon die skilpad nou?(skryf in ‘n vol sin). (1)

8. Waar het die mense die foto wat by dié berig is, gekry? (1)

9. Wie is die mans wat saam met Jonathan op die foto is? (2)

10. Waar is St. Helena volgens paragraaf 7? (1)

11. Waar het Jonathan vroeër gebly? (1)

12.1 Watter soort dier hou die rekord vir die oudste dier tot nog toe? (1)

12.2 Wat is dié dier se naam? Leef hy/sy nog? (2)

TOTAAL VIR TAAK 2: 15 punte

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 8 VAN 11 BLADSYE

TAAK 3

Bestudeer die onderstaande prent. Voer dan die opdragte tussen hakies

uit.

Vraag 1: Vul die korrekte woord in. Doen wat tussen hakies gesê word.

TROETELDIERE

FUNKSIONELE TAALGEBRUIK

Tyd: 30 Min Punte: 20

Die gesin staan 1.1 (buite/buiten – kies die korrekte woord) die troeteldierwinkel.

Die dogtertjie wil ’n hondjie vir ’n 1.2 (dier + vriend – gee een woord) hê.

Die ma se hare is 1.3 (donker – trappe van vergelyking) as die pa s’n.

Die hondjie lyk 1.4 (baie gelukkig – intensiewe vorm). Hy het groot 1.5 (poot –

meervoud) en ’n klein 1.6 (stert - verkleining). Hy is ’n 1.7 (vrolik – korrekte vorm)

hond.

Almal dink aan ’n lewe saam met die hondjie. Dit is die 1.8 (mooi – trappe van

vergelyking) hondjie in die winkel. In die klein prentjie hardloop die hondjie 1.9

(____ - voorsetsel) die dogtertjie. Die hondjie wonder 1.10 (of/as – kies die

korrekte woord) hy sy koerant sal kan lees. Die hondjie 1.11 (wie/wat – kies die

korrekte woord) daar sit, is pragtig.

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 9 VAN 11 BLADSYE

[11]

Vraag 2: Beantwoord die volgende vrae. Begin elke keer met: Nee, ...

2.1 Wil die hondjie in die winkel bly? (1)

2.2 Het die dogtertjie al ’n hondjie? (1)

Vraag 3: Vra ’n vraag. Die onderstreepte woorde moet die antwoord wees.

3.1 Die dogtertjie wil elke dag met die hondjie speel. (1)

Vraag 4: Verbind die twee sinne met die woord tussen hakies.

4.1 Die dogtertjie is baie alleen.

Sy wil graag ’n hondjie hê. (daarom) (1)

Vraag 5: Rangskik die volgende woorde sodat die woordorde korrek is.

Begin elke keer met die woorde wat onderstreep is.

5.1 sal / elke dag / die ma / die huis / moet skoonmaak (1)

5.2 die pa / dit / om die hond te vryf / geniet (1)

Vraag 7: Skryf die volgende sinne oor. Begin telkens met die woorde wat

gegee is.

7.1 Die dogtertjie dra ’n mooi rompie. Môre ... (1)

7.2 Die pa vryf sy ken. Gister ... (1)

7.3 Die hondjie eet al sy kos. Volgende week ... (1)

TOTAAL VIR TAAK 3: 20 punte

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 10 VAN 11 BLADSYE

[2]

[1]

[1]

[2]

[3]

OPDRAG: VRAAG 1:

Vertaal die volgende teks in Afrikaans.

Maak gebruik van vrye vertaling.

Let op jou woordorde sowel as woordkeuse.

Max (gorilla)

Max, the famous gorilla was born in 1971 in a zoo in Germany. He

died in 2004 at the Johannesburg Zoo. He became a South African

national hero in 1997 when he attacked a criminal who had tried to

escape the police by jumping into the gorilla cage. Max was shot

twice by the criminal. Max also injured his opponent. Both the

man and the gorilla were brought to a hospital. The man was later

convicted for rape, robbery and wounding a gorilla. He got a 40

year sentence.

ASSESSERING

Die vertaling sal met behulp van ’n rubriek geassesseer word.

Vraag 2 Brief

INSTRUKSIE

Skryf ‘n brief aan ‘n vriend(in) waarin jy hom/haar vertel van ’n baie interessante

dier. Jou brief moet nie langer as een bladsy wees nie.

Assessering

TAAK 4

• Wanneer jy jou briefie skryf, moet jy die volgende onthou:

o jou brief moet ‘n inleidende paragraaf en ‘n slotparagraaf hê;

o gebruik goeie taal;

SKRYFWERK

Tyd: 30 Min Punte: 30

o skryf jou brief in paragrawe. [20]

TOTAAL VIR TAAK 4: 30 punte

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 11 VAN 11 BLADSYE

[10]

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL GTA BLADSY 12 VAN 11 BLADSYE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!