03.05.2013 Views

2013 AANSOEK & REELS.pdf - Windpompfees

2013 AANSOEK & REELS.pdf - Windpompfees

2013 AANSOEK & REELS.pdf - Windpompfees

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NABOOM WINDPOMPFEES: AANSOEKVORM 2013

21 – 23 MAART 2013

EUPHORBIA CHRISTELIKE ONAFHANKLIKE SKOOL [ HIERNA VERWYS AS DIE SKOOL]

REGISTRASIENOMMER : 2005/005919/08 & 059-759 NPO

NAAM VAN MAATSKAPPY / UITSTALLER:

VERANTWOORDELIKE PERSOON :

AGENT/WERKNEMER : _____________________________ TEL :

SEL NO : _________________________________________ FAKS :

E-POS ADRES :

WEBTUISTE :

STRAATADRES :

POSADRES :

NAAM VAN PRODUK :

PRODUKTE WAT UITGESTAL / VERTOON WORD [GEBRUIK APARTE LYS INDIEN SPASIE

ONVOLDOENDE. VOLLEDIGE LYS MOET VOORSIEN WORD TEN OPSIGTE VAN ELKE AANSOEK

VAN STALLETJIE].

U KRAGTOERUSTING :

(VOLLEDIGE LYS VAN KRAGTOERUSTING WAT U WIL GEBRUIK)

HET U VOORHEEN UITGESTAL BY FEESTE ? INDIEN WEL, BY WELKE FEESTE ?

REGSAANSPREEKLIKHEIDSVERSEKERING:

FIRMA: BEDRAG

POLIS No:________________________________________________________________

LW: STALLETJIES WORD IN UITSLUITLIKE DISKRESSIE DEUR ORGANISEERDERS TOEGEKEN, NA

DEEGLIKE OORWEGING VAN ALLE AANSOEKE.

DIE ORGANISEERDERS behou die reg voor om te besluit welke produkte uitgestal mag word

en om enige aansoek binne uitsluitlike diskressie af te keur. Terme en voorwaardes geld. Met

ondertekening van enige aansoek, word die reëls en voorwaardes aanvaar. In geval van

suksesvolle aansoek, betree die applikant die perseel op eie risiko en onderhewig aan

sodanige terme en voorwaardes as wat die skool of genommineerde entiteit mag bepaal. Die

skool gee geen ondernemings of waarborge nie, hetsy uitdruklik, stilswyend of by implikasie

nie. In geval van goedkeuring word die stalletjietarief die eiendom van die skool. Stalletjies

word deur organiseerders in uitsluitlike diskressie toegeken, maar u voorkeur kan verklaar

word.

SPASIE VERLANG : Merk asseblief wat u verlang

20m x 20m @ R 5 000 o

10m x 10m @ R 3 000 o

8m x 5m @ R 2 000 o

(eie karavaan nie onder tent)

5m x 5m @ R1 750 o

(buite onder tent)

kosstalletjie @ R2 500 o

ADDISIONEEL:

Addisionele kragbehoeftes bo 5 amp moet verklaar word, en sal ‘n addisionele fooi vir krag

gekommunikeer word, nadat krag geëvalueer en toegeken is.

Daaglikse toegangsfooi per persoon, of alternatiewelik spesiale 3 dae fooi per persoon vir

volle duur van fees, is betaalbaar vir elke addisionele persoon by stalletjies.

Daaglikse toegangsfooi, per persoon, betaalbaar by hekke.

DONDERDAG R 70-00

VRYDAG R 80-00

SATERDAG R 90 -00

Spesiale toegangsfooi,

per persoon, vir 3 dae R 200 -00

KINDERS “ONDER STOK” Gratis

DATUM GETEKEN

STALLETJIE NR TOEGEKEN : _____________ BEDRAG BETAAL:

REëLS EN VOORWAARDES VIR UITSTALLERS & BESOEKERS: 21

– 23 MAART 2013

1. SLUITINGSDATUM: Alle inskrywingsvorms moet die Feeskantoor bereik

voor of op 15 FEBRUARIE 2013. ‘’n Aansoekfooi van R 300-00 is

betaalbaar met aansoek. Sou die aansoek suksesvol wees, sal die

aansoekfooi afgetrek word van die stalletjie tarief. Sou die aansoek

afgekeur word, sal R 250-00 terugbetaal word deur die Organiseerders.

R 50-00 sal dien as administrasiefooi en bankkostes. Die Organiseerders

mag binne absolute diskressie ‘n deposito versoek by individuele uitstallers,

welke terugbetaalbaar is aan die einde van die verrigtinge en op voorwaarde

dat die reels en voorwaardes aan gehoor gegee is, alternatiewelik om dit af te

trek van die tarief vir stalletjie.

2. PLASING: Let wel dat daar ‘n beperkte hoeveelheid van genoemde stalletjies

is. Tariewe en toegangstariewe word uiteengesit in die aansoekvorms. Die

organiseerders behou die reg voor om stalletjies goed te keur / af te keur

sodra die aansoekfooi betaal is. Stalletjieplasings word eers bevestig na

ontvangs van betaling wat moet geskied voor 25 FEBRUARIE 2013 om u

plek te verseker. Geliewe kennis te neem dat geen plasing sal geskied

voordat die finale betaling op die windpompfees se bankstaat reflekteer nie.

Plasing geskied dus op basis van eerste betaal, eerste geplaas.

3. EVALUASIE: Daar vind ‘n keuringsproses plaas om kwaliteit te verseker en

duplisering van produkte te verminder en om sodoende ‘n wyer

verskeidenheid van produkte daar te stel. Dit beteken nie dat geen

duplisering plaasvind nie, aangesien gesonde mededinging 'n erkende

besigheidspraktyk is. Die beslissing van die organiseerders t.o.v. die

allokasie/aanwysing van stalletjies is finaal en geen korrespondensie sal

daaroor gevoer word nie. Kosstalletjies moet ook aan die plaaslike, asook

enige ander toepaslike wetgewing en gesondheidsregulasies voldoen.

Kosstalletjiehouers moet hulle eie brandblussers voorsien en voorsiening

maak vir verkoelingstoerusting vir bederfbare produkte. Om gehalte te

verseker, het die organiseerders die reg om te gelas dat produkte by

aangewysde verskaffers aangekoop moet word. Die organiseerders mag

ook 'n standaard van kos vasstel. Die aansoeker sal vir addissionele werkers

elke dag die vasgestelde toegangstarief by die hekke betaal, alternatiewelik

die spesiale tarief betaal soos vasgestel vir die volle tydperk van die fees.

Kosstalletjies sal deurgaans gemonitor word en moet kos / drank van

hoogstaande gehalte gelewer word. Sou enige probleme ondervind word

mag die organiseerders die kos / drank verwyder en /of die stalletjie sluit. Die

toegekende stalletjie moet sorg dra dat daar genoegsame voorraad is. Geen

stalletjie mag items verkoop as waarvoor magtiging verleen is nie.

4. BETALING VAN KOSTES: Suksesvolle aansoekers wat nie reeds betaal het

nie, moet voor of op 25 FEBRUARIE 2013 die verskuldigde bedrag in

Naboom Windpompfees se rekening inbetaal (sien bankbesonderhede op laaste

bladsy). U verwysingsnommer moet op die depositostrokie verskyn en moet

die uitstaller die betalingsbewys faks na 086 695 1806. Waar geen verwysing

verskyn nie, sal die organiseerders nie aanspreeklik wees vir die nie-

toekenning of die toekenning van ‘n ander stalletjie, of vir enige skade wat die

uitstaller mag ly nie. VIR KANSELLASIES VOOR 25 FEBRUARIE 2013

SAL ‘N KANSELLASIE VAN R 150-00 GEHEF WORD. Vir kansellasies na

25 FEBRUARIE 2013 SAL ‘n kasellasiefooi van R 300-00 gehef word. Die

volle stalletjietarief moet betaal wees teen 25 FEBRUARIE 2013. ‘n

Betaling deur die Bank teruggeskryf, beteken outomatiese kansellasie van die

aansoek en heraanwysing van die stalletjie. SOU BETALING NIE

ONTVANG WEES TEEN 25 FEBRUARIE 2013 NIE, SAL AANVAAR WORD

DIE UITSTALLER / AANSOEKER KANSELLEER DIE AANSOEK EN SAL

DIE ADMINISTRASIEFOOI VERBEUR, ASOOK die uitstalruimte, wat dan

binne uitsluitlike diskressie van die Organiseerders hertoegeken sal

word.

5. WEBWERF EN FEESPROGRAM: Dit is u verantwoordelikheid om alle logo’s

en kunswerke in jpeg-formaat in te stuur na windpompfees@gmail.com om

te verseker dat u op die genoemde promosieblaaie verskyn, met

sluitingsdatum 25 FEBRUARIE 2013. Dit is die Applikant se

verantwoordelikheid om, op eie koste, die inligting in die regte formaat

te verskaf. Sou u nie die logo's aanstuur nie, mag dit wees dat u nie in die

program adverteer nie, en ook nie op die webblad nie, maar sal geen korting

toegestaan word op die prys nie. Sou die inligting na 25 FEBRUARIE 2013

ontvang word, sal die organiseerders die inligting binne uitsluitlike diskressie

op die webblad plaas.

6. HANDELSURE: Die hekke open op 21 MAART 2013 OM 10h00 EN 22 EN

23 MAART 2013 om 08h00. Hekke sluit daagliks 22h000, en moet

stalletjies vanaf opening van hekke tot, minstens, 19H00 bedryf word, of soos

andersins deur Organiseerders goedgekeur op skriftelikke aanvraag. Geen

stalletjies mag sonder skriftelike toestemming voor 19H00 saans ophou

handeldryf nie.

7. VOERTUIE: Geen voertuie sal op die terrein toegelaat word 21, 22 EN 23

MAART 2013 nie. Die voertuie moet op die aangewese en gewysde

plekke geparkeer word, anders mag die voertuie weggesleep word vir

koste van Applikant. Die Applikant mag geen ander voertuig toelaat op

die aangewese gebied van die Applikant nie. LET WEL : EEN VOERTUIG

WORD PER STALLETJIE AANGEWYS. Sou ‘n aansoeker ‘n verdere

voertuig wil bring, sal sodanige aansoeker ‘n fooi van R 500-00 per

voertuig betaal vir goedgekeurde aansoeke, en vir welke voertuig ‘n plek

aangewys word binne diskressie van die organiseerders. Tydens die

fees mag daar ‘n “shuttle service” beskikbaar wees teen ‘n fooi om u

benodigdhede in en uit die feesterrein te vervoer. U moet asb vooraf reël met

die fees komitee as u van die diens gebruik wil maak. Die organiseeders

behou die reg voor, om sonder kennisgewing, toegang van voertuie te weier,

of indien reeds toegelaat, die vertrek daarvan op te skort en / of die tye van

toegang / uitgang te verander, ten einde die veiligheid van publiek en

uitstallers te beskerm. Alle voertuie wat nie deel uitmaak van u stalletjie

uitstalling nie, moet Woensdagaand 20 MAART 2013 teen 19H00 verwyder

word vanaf die feesterrein, na die aangewese plek van die Applikant.

Uitstallers / besoekers mag met geen voertuig op die terrein rondbeweeg,

anders as hierin ooreengekom nie, welke insluit “gholfkarretjies”, fietse,

“quad” fietse, of enige ander voertuig / rytuig. Die organiseerders behou die

reg voor om enige voorwaarde aan individuele uitstallers op te lê.

8. UITSTALRUIMTE: Stalletjies wissel van grootte soos wat u dit bespreek het

op aansoekvorm. Stalletjies word van ‘n raamwerk voorsien. Waentjies moet

deel van die stalletjie vorm of verwyder word na die toegewysde parkeerarea.

SOU U GEBRUIK MAAK VAN VOORAFVERVAARDIGDE TOERUSTING

(BV. SLEEPWA), EN U DIE GROOTE VAN DIE UITSTALSPASIE

OORSKRY, MOET U VOOR 15 FEBRUARIE 2013 DIE INLIGTING &

SPESIFIEKE MATES VAN DIE TOERUSTING, DEURGEE AAN DIE

ORGANISEERDERS. Die grootste sorg word aan die dag gelê om stalletjies

uit te meet volgens aangeduide groottes.

Uitstallers kan vanaf 20 MAART 2013 stalletjies voorberei. Geen

voorbereiding van stalletjies mag plaasvind na 09h00 op 21 MAART 2013

nie, en na 07h00 op 22 en 23 MAART 2013 nie. Geen stalletjies mag voor,

sonder skriftelike magtiging van die organiseerders, Saterdag 23 MAART

2013 om 23h00 opgeruim en ontruim word, en sodanige toestemming

onderhewig aan die diskressie soos in klousule 7 vermeld.

Stalletjies kan ook Sondag 24 MAART 2013 opgeruim word. Geen stalletjies

mag die terrein voor die tyd verlaat nie. STALLETJIES WAT VOOR DIE TYD

OPPAK EN VERTREK IS NIE GEREGTIG OP ENIGE TERUGBETALINGS

NIE EN HET DIE ORGANISEERDERS DIE REG OM DEELNAME VAN

TOEKOMSTIGE FEESTE TE WEIER. Alle stalletjies moet teen 22 MAART

2013 om 17H00 ontruim wees.

GEEN PERSONE WORD SONDER MAGTIGING TOEGELAAT OM OP DIE

TERREIN TE OORNAG NIE.

Geen troeteldiere word by die stalletjies toegelaat nie. Stalletjiehouers is

verantwoordelik vir die netheid van hul stalletjies.

Stalletjies mag word voorsien van een 220V – kragpunt vir 5 ampere. Die

organiseerders sal ‘'n kragbepaling doen nadat alle aansoeke ingedien

is, en kan dan krag en ampere aan kragstalletjies toeken. Daar mag

geen verwarmers, ketels of elemente getrek word op die kragpunt nie.

Stalletjiehouers is verantwoordelik daarvoor om hul eie krag-

verlengingskoorde te verskaf. Indien u meer krag verlang moet ‘n

spesiale reeling getref word met die organiseerders en sal daar ‘n ekstra

fooi gehef word.

U MOET U LYS VAN KRAGTOERUSTING WAT U WIL GEBRUIK EN U

BEHOEFTE VIR ADISSIONELE KRAG DEURGEE VOOR 15 FEBRUARIE

2013.

Aangesien ons ‘n buitelug fees aanbied, is u verantwoordelik vir u eie afdak

(sou u nie onderdak of onder tentspasie toegeken word nie), tafels,

stoele, en ander uitstaltoerusting. Die Organiseerders aanvaar geen

verantwoordelikheid vir produk(te) wat bederf of nie verkoop nie. “'n

Verhoogde stalletjie tarief mag toepaslik wees waar die Organiseerders

versoek word om oorhoofse tent beskikbaar te stel, of vir addissionele

krag en waterpunte.

Neem kennis dat daar ‘n toegangsfooi vir die publiek & uitstallers

(werkers) gehef word by die Naboom Windpompfees gehou te Euphoria

Gholf Landgoed. Geen drank of kos mag op die perseel gebring word

nie, anders as per uitstaller magtiging nie.

9. SIGBARE LOGO’S & KLANKTOESTELLE: Uitstallers word toegelaat om

hulle eie naamborde aan te bring by die stalletjies. Dit mag egter nie u

buurman se sig versper of in sy area wees nie. Die gebruik van Naboom

Windpompfees logo of naam is streng verbode en mag nie sonder

goedkeuring van die organiseerders gebruik word nie. Aansoeke in die

verband kan direk aan die organiseerders gerig word by

windpompfees@gmail.com / FAKS : 086 695 1806 /

SEL : 076 533 4513. Die gebruik van enige borge, of die tentoonstelling

van enige borge se logo’s, promosies, ens. is verbode. Indien enige

aansoeker geborg word deur enige instansie / entiteit, en daar word

verlang dat enige borde, kennisgewings of advertensie aan die borg

gegee word, moet die aansoeker vooraf skriftelike magtiging verkry vir

die vertoning, uitstalling of advertering van die voorgenome borg.

Sou geen skriftelike magtiging in besit wees van die uitstaller nie, kan die

organiseerders die aansoeker versoek om die items te verwyder en / of om

die terrein onmiddellik te verlaat. Enige inbetaling of voordeel sal verbeur

word deur die uitstaller. Indien 'n borg van die organiseerders as borg

onttrek, of gedeeltelik onttrek, weens die vertoning, advertensie en / of

promosies van ‘n borg van 'n uitstaller, of 'n verskaffer in kompetisie met die

organiseerder se borg, sal die uitstaller aanspreeklik wees vir enige verlies

wat die Organiseerders mag ly.

Die gebruik van enige klanksisteme, of aankondigingsisteme, is streng

verbode en mag geensins gebruik word sonder vooraf verkreë skriftelike

toestemming van die organiseerders nie. ALLE aankondigings moet

deur die organiseerders gedoen word, en wie dit binne uitsluitlike

diskressie doen.

10. SEKURITEIT: Naboom Windpompfees verskaf voltyds sekuriteit, maar kan

nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese of skade nie. ‘n Persoonlike

wag vir u stalletjie kan met die Fees se amptelike sekuriteitsdiens, vir u eie

rekening, gereël word. Die firma se besonderhede is op aanvraag

eskikbaar. Geen foto`s of videos van kunstenaars / optredes mag gemaak

of gebruik word sonder die toestemming van die organiseerders nie.

11. VERBLYF: Stalletjiehouers is verantwoordelik vir hul eie reis-en

verblyfreëlings. Vir hulp in die verband skakel die feeskantoor by

windpompfees@gmail.com .

12. REGISTRASIE: Alle gekeurde stalletjiehouers kan vanaf WOENSDAG

20 MAART 2013 tussen 09h00 en 17h00 op die terrein registreer.

DIE TOEGANGSHEKKE SLUIT OM 18H00 OP 20 MAART 2013 EN

NIEMAND SONDER TOEGANGSREëLINGS SAL TOEGELAAT WORD

NIE.

LW : GEEN REGISTRASIE KAN NA 09H00 OP 21 MAART 2013 OP DIE

FEESTERREIN GEDOEN WORD NIE. By registrasie word toegangskaartjies

uitgereik / oorhandig vir die uitstaller en soveel werkers as waarvoor betaling

ontvang is. Gekeurde aansoekers wat nie op hierdie dag registreer nie,

verbeur hul fooie en hul stalletjies waarna Naboom Windpompfees dit sal

herverhuur. Na registrasie kan stalletjiehouers uitpak. Stalletjiehouers se

gedrag mag nie steurend vir ander stalletjies wees nie. Geen uitstaller mag in

‘n bakleiery betrokke raak, enige onaangenaamheid veroorsaak, of na ure op

ongemagtigde plekke beweeg of slaap nie. Enige dispuut moet na die

Organiseerders verwys word wat ’n finale besluit sal neem wat op die

betrokkenes van toepassing sal wees.

13.VERBREKING : Indien enige uitstaller enige voorwaarde verbreek, of aan

wangedrag skuldig is, sal die organiseerders geregtig wees om die uitstaller

te versoek om enige item te verwyder, enige handeling, aktiwiteit of gedrag te

stop of te verrig, of gehoor te gee aan enige reel, versoek, of opdrag, die

uitstaller versoek om die terrein en stalletjie onmiddellik te ontruim, of dit te

laat ontruim. Sou ander produkte verkoop word kan dit verwyder word en /of

kan die uitstaller versoek word om die terrein te verlaat. As kos / drank nie

aan standaarde voldoen nie, mag die kos / drank verwyder word en /of die

uitstaller versoek word om die terrein te verlaat. Die uitstaller sal ook enige

voordeel en / of betaling verbeur, en mag die organiseerders ook enige

verbode items konfiskeer. Die uitstaller mag ook registrasie van toekomstige

feeste geweier word. Sou enige voertuig in die terrein beweeg of staan

sonder magtiging, sal dit weggesleep word en sal die betrokke persoon

aanspreeklik wees vir wegssleep en pandkostes.

14. VRYWARING: Naboom Windpomp Feesterrein gehou te Euphoria Gholf

Landgoed word betree op eie risiko en onderworpe aan die Reëls van die

Organiseerders en Euphoria Gholf Landgoed. Die Organiseerders,

Euphorbia C.O. Skool, Euphoria Gholf Landgoed, die borge, asook die

bestuur en werkers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies,

dood en / of besering nie. Die applikant vrywaar werknemers, die

organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Euphoria Gholf Landgoed, die borge

asook die bestuur en werkers vir enige skade, verlies, dood en / of besering.

Met betreding van perseel word toegestem in persoon, as ouer / voog, en

behoorlik daartoe gemagtig deur enige gade, word onherroeplik toestemming

verleen dat ek / ons / die minderjarige aan al die aktiwiteite van die Fees mag

deelneem. Die werknemers, organiseerders Euphorbia C.O Skool, Euphoria

Gholf Landgoed, die borge en kunstenaars word gevrywaar en indemniseer

van enige eis wat ek / ons / die minderjarige mag verkry voortspruitend uit, en

opgedoen op enige wyse, hetsy voortspruitend uit die betreding, deelname

aan aktiwiteite, bywoning van verrigtinge, besoek aan diere, of andersins op

enige ander wyse opgedoen, ingesluit verlies of besering of dood, en hou die

entiteite skadeloos. Ek / ons is bewus dat diere contra naturam mag optree,

ongeag of hulle opgeleide diere is, en moet te alle tye as gevaarlik beskou

word.

Ek / ons is bewus dat daar geen diensverhouding tussen die uitstallers,

kunstenaars, verskaffers van vermaaklikheid, eienaar van die eiendom en die

Organiseerders van die Fees bestaan nie. Ek / ons / die minderjarige betree

die eiendom en neem deel aan aktiwiteite op eie risiko, en welke risiko ek

namens myself / onsself en die minderjarige aanvaar. Ek stem gevolglik toe

tot moontlike benadeling, en is bewus dat ek / ons die minderjarige skade,

verlies en of besering, asook lewensverlies mag ly uit deelname aan

aktiwiteite en / of uit betreding van die eiendom.

Ek / ons is vertroud met die gevolge van hierdie afstanddoening, verstaan dit

en doen dit uit vrye wil en sonder enige beïnvloeding of oorreding. Die

Aansoeker sal sy eie regsaanspreeklikheidsversekering uitneem en voor

verantwoordelik wees. Afskrifte van versekering sal aan die Organiseerders

verskaf word.

Die Organiseerders behou die reg voor om te eniger tyd die Reëls en

Voorwaardes sonder kennisgewing te wysig.

Let asseblief daarop dat met ondertekening van aansoek word bevestig dat

die applikant vertroud is met die voorwaardes en reëls, en dit aanvaar. Alle

voltooide aansoeke asook die bladsy, moet behoorlik onderteken en

teruggefaks word na 086 695 1806 of per e-pos gestuur word na

windpompfees@gmail.com

OP LAS, ORGANISEERDERS .

DATUM GETEKEN

BANK EN KONTAKBESONDERHEDE:

Bank: Eerste Nasionale Bank

Takkode: 260-348

Naam van Rekening: Windpompfees

Rekeningnommer: 62 171 395 984 (Spaarrekening)

Verwysing: Naam van besigheid

Webblad: windpompfees@gmail.com

Faksnommer: 086 695 1806

Selfoonnommer: 076 533 4513

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!