03.05.2013 Views

Beleef jou sekerheid.indd - CUM Books

Beleef jou sekerheid.indd - CUM Books

Beleef jou sekerheid.indd - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

opgewonde daaroor dat ons sekerheid daarin lê dat ons glo in Jesus Christus.

En dié geloof is nie maar net ’n teorie nie. O nee, dit word sigbaar in die

liefde. Dit is ons liefhê vir mekaar wat God se bedoeling vir sy wêreld sigbaar

maak. Jesus het soos ons kom word voor sy Vader sodat ons soos Hy kon

word voor ons Vader!

1 Johannes gee beide uitsig en insig. Die uitsig bestaan daarin dat ons

terugkyk en die leë graf sien, en vorentoe kyk en die berg Sion sien waar die

144 000 die Lied van die Lam sing. Dit gee ook aan ons daaglikse insig om

met groter, dieper en absolute liefde te leef. Wanneer ons geleer het om só lief

te hê, kom ons baie naby aan God. Deur geloof vat ons aan Hom.

Die eerste Johannesbrief wil ons laat leef wat ons in Jesus Christus geword

het. En dan leef ons in blydskap omdat daar vir ons niks groter is as die

saamwees met Christus, die Gasheer, in die 1 Johannes-huis nie.

Het ons hier te doen met ’n brief of ’n preek?

Indien ’n mens weet met watter soort geskrif ons in 1 Johannes te doen het,

is dit ook makliker om te bepaal hoe ons dit moet lees. ’n Mens lees tog ’n

klein advertensie anders as ’n doodsberig in ’n koerant, of ’n gedig anders as

’n berig oor ’n noodlanding van ’n vliegtuig.

Alhoewel 1 Johannes besonder persoonlike trekke vertoon, is dit nie ’n tipiese

brief volgens die Griekse en Romeinse skryfstyl nie. ’n Briefaanhef met

die ge bruik like naam van die afsender, ontvanger(-s) en groet ontbreek. Dit

het ook nie die tipiese afsluiting nie. En tog maak 1 Johannes in die Griekse

grondteks dertien keer mel ding van “skryf” en 22 keer van “aan julle”

wanneer hy met die ontvangers kommunikeer.

Dit laat ons besluit dat 1 Johannes tog ’n persoonlike en intieme trant het.

Om soos sommige aan 1 Johannes te dink as ’n algemene, universele godsdienstige

referaat (Windisch), laat nie reg geskied aan die persoonlike aard

daarvan nie. Daar is eerder sprake van ’n besondere situasie waarin die lesers

hulle bevind (1 Joh. 2:19), met ’n skeuring wat plaasgevind het na aanleiding

van wat hulle geglo en bely het. Ander het weer aan 1 Johannes gedink as

’n algemene, letterkundige epistel of redevoering wat gerig is aan ’n groep

gemeentes (Gaugler), net soos die brief aan die Efesiërs. ’n Mens kry egter

die indruk uit 1 Johannes self dat die skrywer en eerste lesers in ’n besondere

verhouding met mekaar staan. Dit is die intimiteit wat die lees van 1 Johannes

meer as ’n fees maak.

JAN DU RAND 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!