n bestaansboer
n bestaansboer
n bestaansboer
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LANDBOU Grootvee Andries Gouws agouwss@landbou.com

Vorder,ofword

’n bestaansboer

Onderwyl Suid-Afrikaners rondgeskarrel het voor die

algemene verkiesing van 1994, het De WetJacobs van

Wasbank in KwaZulu-Natal die geleentheid gebruik

om uit feitlik niks ’n onderneming te vestig wat vandag

werk skep deur waarde tot al sy produkte toe te voeg.

Dit was onseker tye toe mnr. DeWet

Jacobs in 1990 besluit het om te gaan

boer.Dit was egter juis dié onsekerhede

wat hom laat besef het die probleme van

die tyd was eintlik uitdagings en geleenthede.

Grensboere was bekommerd oor die toekoms

en bereid om die grond wat hulle nie

verkoop kon krynie, te verhuur.Swart mense

was net so onseker en het van hul vee vir kosgeld

verkoop. De Wethet van die grond gehuur,met

die beeste gespekuleer en later ook

mieliemeel waarvoor daar ’n groot vraag was,

Die diereloop op natuurlikeweiveld met’n

goeie aanvullende lek. Vanelkekoei word

verwag om elkejaar ’n kalf watbeter as sy

self is,teproduseer.

26 | Landbouweekblad 27 April 2012

verskaf.Terselfdertydhethy sybesgedoenom

die welwillendheid van die mense in sy omgewing

te wen, want dit is waar hy sy toekomstige

mark gesien het.

Vandag bedryf hy saam met sy pa, David, en

twee broers, David jr.enHendrik, ’n geslaagde

boerdery indie omgewing van Wasbank

in KwaZulu-Natal waar hulle waarde tot elke

produk toevoeg en jaarlikse vooruitgang die

wagwoord is.

“As’nmens nie voortdurend groei nie, stagneer

jou bedryf en raak dit ’n bestaansboerderywat

’n klein groepie mense ál moeiliker

onderhou. Ons wil groei tot voordeel van ons

onderneming en die gemeenskap waarin ons

bedrywig is,” sê De Wet.

De Wetbedryf die beesboerdery, Hendrik

die graanvertakking, David jr. sorg vir die

• •Wasbank

Dundee

•Wasbank

Ladysmith

Durban

administrasie en die bemarking van die verwerkte

produkte. Pa David is die mentor en

die standvastige hand om die skip van die

woelige drie knape op koers te hou.

“Ons voortvarendheid is een van ons groot

probleme, maar ook een van ons groot bates.

Ons waag berekende kanse. Ons het van

meet af aan net mekaar gehad, ons vertroue in

mekaar gestel, saamgestaan en hard gewerk.

Die een se welslae is die ander se voordeel,”

sê De Wet.

Hoewel elke vertakking van die boerdery

selfstandig funksioneer, hou hulle elke

maand ’n vergadering en moet elke besluit

wat ’n groot bedrag geld verg of rigtingveranderend

binne enigeen van die bedrywe kan

wees, deur almal goedgekeur word.

Pa David was in die bakkersbedryf en het

’n deeltydse boerdery op600 ha bedryf. De

Wethet huis toe gekom om oor sy toekoms te

besluit en aangebied om op die grond te gaan

woon om veediefstal te probeer hokslaan.

Hy het met beeste begin spekuleer en toe ’n

plaas in die omgewing in die mark kom, het

De Wetensypakoppe bymekaargesit met

die twee broers, wat toe al betrekkings
gehad het.

“’nGesinsonderneming was ons plan. Ons

hetdie200ha-plaasgekoop.Daarwas’nmeule

en slaghuis op en ons het besef daar is groot

moontlikhede met die gevestigde mark vir

mieliemeel wat vir ’n goeie kontantvloei gesorg

het. Ons wou dit met ’n melkeryaanvul.

“Die melkery was bestuursintensief en het

te veel van ons aandag geverg wat ons elders

produktiewer kon aanwend, dus het ons dit

gelos.

‘Nikswat ons produseer,word

onverwerk verkoop nie.’

“Vandag verbou ons sowat 1300 ha mielies

en bedryf ons ’n kommersiële beeskudde

van 3500 teelkoeie, ’n Simbra-stoetery van

350 teelkoeie, ’n Simmentaler-stoetery van

150 teelkoeie en ’n Brahman-stoetery van

80 teelkoeie wat voldoende bulle vir ons

kommersiële kudde voorsien.

“Niks wat ons produseer,word onverwerk

verkoop nie,” sê hy.Hulle maal al die mielies

in die gemoderniseerde meule, verkoop sowat

1000 ton meel per maand en die semels

Stoetbulle,soosdié een, word as jong, tweejarige

bulle self gebruik om te kykofhulle in

ekstensiewe toestande kanpresteer voordat

hulle as driejarige dekbehendige bulle verkoop

word.

word in die voerrantsoen vir die voerkraal op

die plaas gebruik, sê hy.

Die beeste, skape en varke wat op die plaas

markklaar gemaak word, laat hulle by die

plaaslike slagplaas slag, bring die karkasse na

die slaghuis op die plaas waar hulle die vleis

ontbeen, verwerk en verpak, en dit deur verskillende

plaaslike afsetpunte, soos kettingwinkels

en braairestaurante, bemark.

Die karkasse is effens swaarder as gewoonlik,

maar dit is ’n nismark waar die volhoubare

lewering van ’n eenvormige produk ’n

vername rol speel. “Dié kopers is puntenerig

en ons laat ons mense deur die kopers oplei

sodat hulle presies kan verstaan wat kopers

se behoeftes is.

“Aanvanklik het ek swaar op Brahmantipes

geleun omdat dié diere gehard en aangepas

is vir ons omgewing. By dié koeie het ek

bulle van feitlik al die bekende vleisbeesrasse

gebruik. Simmentaler-bulle het ons egter die

Phb 32B07 BR Phb 32B10 Phb 32A05 B

grootste hupstoot gegee deur goeie melk- en

ander produksie-eienskappe in die nageslag

te vestig sodat die gemiddelde speengewig

van die kalwers met sowat 30 kg gestyg het.

“Swaarder speenkalwers uit dieselfde koeie

op dieselfde oppervlakte weiding is die enigste

manier om produksie per hektaar te verhoog

en die onderneming te laat groei.

“Maar dié bulle het veral in ons bergwêreld

en doringveld gesukkel en daarom het ek besluit

om die stoeterye te begin om bulle te teel

wat die konstitusie het om in ons harde omgewing

volhoubaar te presteer,” sê hy.

Die kommersiële koeikudde het na ’n Simbra-tipe

begin neig en hul nageslag presteer

puik in die voerkraal. By sulke koeie gebruik

hy Simbra-bulle en Simmentaler- en Brahman-bulle

by koeie wat meer na die een of die

ander ras neig.

u

LANDBOUWEEKBLAD VRA ...

Watisdie grootste fout

watjulle as boereal

gemaak het?

Waarskynlik

oorywerigheid, maar dit

wasjuis ook ’n bate,want

dit hetons aangespoor om

dinge aan te pakwaarvan

ander weggeskram het.

Besproeiing

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com

Vroeë leweringspremie? Behaal ‘n goeie prys en ‘n puik opbrengs met hierdie ultra-kort wit basters van Pioneer.

Uiters hoë potensiaal onder besproeiing en veral geskik vir aanplantings na koring.

Mnr.DeWet

Jacobs

Wathet die grootste

impak op die boerderygemaak?

Simmentaler-bulle hetons

beesboerdery op die wenpad geplaas

deurdat ons ons speenkalwersse

gemiddelde gewig metsowat 30 kg (dit

is bykans R1 000 per kalf) konopstoot.

Wiewas jul mentor?

Ons pa,David, is ons grootste mentor,

raadgewerenleermeester.Die besteraad

hetook vanhom gekom.

L/3120/P2_A

27 April 2012 Landbouweekblad | 27
LANDBOU Grootvee

“Ons mikpunt is dat ’n koei elke jaar ’n

beter kalf as syself moet produseer.Envir ’n

bul wat nie sy kant bring nie, is die voerkraal

sy voorland. Ons vereis dat ons bulle hulself

moet kan handhaaf en in ekstensiewe toestande

presteer.”

Al die beeste loop net op natuurlike weiding

en kry goeie somer- en winterlekke. Hulle

gebruik beskikbare oesreste op die lande om

groot getalle jong beeste te dra om die weidingdruk

op die veld te verlig.

Die dektyd vir verse is van November tot Januarie

en die koeie se dektyd begin ’n maand

later en duur tot einde Februarie.

In die somermaande loop die jong diere op

’n gemengde soet-suurveld op die hoërliggende

dele en in die wintermaande op die soetveld

onder die berge. Sedert hulle die eerste

keer as dragtig gesertifiseer is, bly die koeie op

soetveld en hulle word nie verskuif nie.

Vervangingsverse word uitgesoek uit dié

diere wat vroeg aangekom het en wat uit bulle

en koeie kom waarvan die nageslag al bewys

het dat hulle in die ekstensiewe toestande volhoubaar

kan produseer.

Verse word gepaar as hulle sowat twee jaar

oud is en gemiddeld 320 kg weeg om op driejarige

ouderdom te kalf. Alle verse en koeie

wat op enige tyd in hul leeftyd nie dragtig raak

nie, word uitgeskot en geslag.

Vandiesowat800versewatjaarliksteruggehou

word, raak van 90% tot 93% dragtig. Sowat73%tot75%raakdietweedekeerdragtig.

Die dragtigheidsyfer van die hele koeikudde

is gemiddeld sowat 89%.

Kalwers speen hy as hulle van sewe maande

tot agt maande oud is en die bulkalwers gemiddeld

260 kg weeg en die verse gemiddeld

240 kg.

Al die kalwers wat hy nie as vervangingsdiere

in die kommersiële kudde of stoeterye hou

nie, gaan voerkraal toe waar 1300 diere op ’n

u

Hulle slag die diereby’nplaaslikeslagplaas

en die karkasse word teruggebring plaas toe

waar dit verwerk word.Hier staan De Wetby

een vanhul koelvragmotors.

28 | Landbouweekblad 27 April 2012

Hulle verkiesomwaarde toetevoeg en daarom word speenkalwersnie verkoop nie,maar op die

plaas in ’n voerkraal afgerond om geslag te word.

slag gehou kan word. Hulle word vir sowat

120 dae gevoer met ’n rantsoen wat hulle self

meng en word dan geslag om ’n karkas van

280 kg tot 320 kg te lewer.

“Elke keer wat ons besluit het om produkte

verder verwerk, het ons eers deeglik somme

gemaak om te bepaal of dit haalbaar is. Ons

gevolgtrekking was dat as ’n boer die speenkalf

bemark, verdien hy net sowat 30% van

die rand wat die verbruiker vir die vleis betaal.

“Dus het ons besluit om nie speenkalwers

te bemark nie, maar hulle te laat uitgroei en

verder te verwerk. Waarde word tot die vyfde

kwart toegevoeg deur dit verder te verwerk.

“Die verwerking en bemarking kos geld,

preStaSie

Stoetbulle vir

kommersiële kuddes

Stoetboerebehoort

bulle aan kommersiële

vleisbeesboereteverskaf

watinekstensiewe

toestande volhoubaar

kanpresteer,sêmnr.De

WetJacobs, kommersiële

vleisbeesboer van

Wasbank.

Kommersiële boerewil

graag bulle hê watnie in die

veld “uitmekaar val” nie.

Hul mikpuntisombulle te

teel en nie te “voer”nie.

De Wethet toesyeie bulle

begin teel. Hy begin hulle

metspeentyd selekteer

wanneer hy kyknamanlike

eienskappe,die kop, nek,

bespiering en gehardheid.

Dankyk hy na die syfers

vandié wathom geval.

Daarna groei hulle

op die veld uit en word

voortdurend verder

geselekteer vir dierewat op

natuurlikeweiding met’n

goeie aanvullende lek kan

ontwikkel in ’n jong bul met

konstitusie,wat gehard

en aangepas is en wat

kanhelp om die kudde se

produksiepotensiaal verder

te verhoog.

Die uitskotbulle gaan

voerkraal toeendaar

hetvan hulle in pragtige

diereontwikkel. Om seker

te maak hy fouteer nie,

hethyvan die bulle weer

uitgehaal en veld toegevat,

maar hulle wasalmal twee

maar dit skep werk en maak dit moontlik

om ’n groter deel van die verbruiker se rand

te verdien. En danksy die goeie verhoudinge

wat my pa deur die jare in die bakkersbedryf

opgebou het, het ons bemarkingsmoontlikhede

verbreed,” sê De Wet.

Hy glo hul welslae is grootliks daaraan toe te

skryf dat hulle nie uit ’n gevestigde boerderyomgewing

gekom het nie. Hulle kan tegnieke

aanleer en gebruik, markte ontgin en daarvoor

produseer. Dit alles word volhoubaar

gedoen pleks van om in tradisies te verval.

Daarby kom genade, passie en harde werk

en kry hulle vandag terug wat hulle ingesit

het. LB

maande later terug in die

voerkraal.

“Ons hetdit herhaaldelik

beproefenelkekeer is

dit bewysdat ’n mens

eienskappe nie metvoer

kanmanipuleer nie,” sê De

Wet.

Hy gebruik sy jong bulle

as hulle tweejaar oud is vir

’n maand en ’n half by sy

kommersiële kudde.Indié

tyd word hul groei nog nie

belemmer nie,maar dit is

lank genoeg om te kansien

of hulle presteer en om te

kykofdie bulle hulself in

ekstensiewe toestande kan

handhaaf.

Dié bulle word dan as

driejarige,dekbehendige

bulle op hul jaarlikse

produksieveiling verkoop.