04.05.2013 Views

Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 3 Ontstaan_van_Afrikaans.pdf - Think Online

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEES / LITERATUUR

• Luister goed na die volgende uittreksel.

• Maak notas langs die kantlyn wanneer jou

opvoeder iets verduidelik.

PIETERNELLA VAN DIE

KAAP

- Dalene Matthee -

Almal en alles het vir die skepe gewag. Elke dag het

die uitkykers op die Leeuberg se rug, aan die

westekant van die Tafelberg, gaan sit om die see dop

te hou van die oggend tot die aand. Vreugde en

vooruitsien was wanneer hulle ver agter op die water

'n seil gewaar en kanonskote skiet vir elke skip wat

aan die kom was: een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe,

agt, nege, tien. Partykeer minder. Partykeer meer.

Dan het almal gejuig en rondgehardloop - Hollander, Hottentot, slaaf en kneg.

Elke asem op die skepe het gekom om te eet en te drink, te koop en te verkoop.

Dit was lewe, dit was vrolikheid, nuus, familie en vriende. Dit was elke taphuis se

oestyd, want daar was duisende dors matrose op pad.

Dis nou die matrose wat nog geleef het. Dooies was klaar oorboord gegooi.

Die see het in beroering gekom. Houtganse groet met kanonskote dat die rook

swart bollings trek. Die Kasteel groet terug. Een-en-twintig skote vir die groot

blydskap as dit die retoervloot was. Laaste is die vlerke opgerol en die ankers

uitgegooi - die groot houtlywe tot ruste gebring op die ankerplek.

Landsbote wat haastig van die kaai af vertrek. Heel eerste moes die fiskaal, die

boekhouer, die sjirurgyn en die man met die hamer en die spykers van skip tot

skip geneem word om die Kompanjie se wette teen die maste te gaan spyker:

Daar mag aan geen Hottentot geslaan of geskop of gestamp word nie. Niks mag

van Hottentotte gekoop word behalwe volstruiseierdoppe en vis nie. Mag nie

messe uitpluk nie. Mag nie in die land in loop nie. 'n Man met 'n harde stem roep

die wette uit vir almal wat nie kan lees nie.

Die sjirurgyn moes die siekes op die skepe deurkyk en saam met die skip se

sjirurgyn besluit watter siekes moet wal toe en watter kan op die skip bly.

Honderde siekes, gewoonlik. Hulle word met toue van die skepe af laat sak en

kaai toe gebring met die bote. Heen en weer. Heen en weer. Hulle word na die

siekehuis in slaapmatte of stukke seil gedra, nes halfdooie robbe, uitgeteer.

Monde oop, tande toegeswel van blou tandvleis. Die meeste tande klaar uitgeval:

skeurbuik. Kan nie roer nie, kreun net, alles seer. Meester sny die vrot vleis in

hulle monde weg.

"Hoe kom hulle weer reg, Mamma?"

"Party sterf net daar by die kaai. Ander in die siekehuis. Die res kry vars kos wat

slap gekook is tot hulle weer kan kou."

• 'n Roman is 'n lang prosaverhaal.

• In 'n historiese roman het iemand uit die

geskiedenis die hoofrol.

Pieternella van die Kaap is 'n historiese roman

wat die verhaal vertel van Pieternella, dogter

van 'n Deense sjirurgyn en die Khoi-meisie

Krotoa-Eva. Hierdie roman is die resultaat van

drie jaar se deeglike navorsing.

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!