04.05.2013 Views

draaiboek - LitNet

draaiboek - LitNet

draaiboek - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

ET SAMPLE /SAMPLE

DRAAIBOEK

D.J.Opperman

TRIPPEL-H-HULPBRONNE

KEN DIE GEDIG

Transkribeer die gedig. Gebruik die”spookvorm” hieronder.

VRYE VERTALING

Maak gebruik van die onderstaande Engelse woorde en probeer om jou eie vertaling

te skryf.

Take a shot / exposed / strangled / rope / neck / Eine kleine Nachtmusik /

fainter/ change scenes / house and court /why / hang / night / girlfriend / eldest /

ignored / girls / didn’t take notice / father / argue / hiding /good boy / play piano /

Madam / tell us anything / Your Honour / commit / deed /skin / dark / brothers

photograph / four children / white / brown

Agtergrond

BESPREKING

In die gedig klink dit aanvanklik asof daar ‘n fliek (rolprent) geskiet word. Daar is instruksies

aan die man wat die kamera beheer om met ‘n spesifieke skoot te begin. Daar word

musiek bygevoeg wat mettertyd al hoe sagter word en daar word beweeg van een na die

ander situasie. Soos met elke fliek is die musiekklankbaan baie belangrik en ‘n mens kan

verwag dat dit variasies van “Eine kleine Nachtmusik “ van Mozart sal wees, aangesien dit

waarskynlik die seun, wat dood is, se gunsteling musiekstuk was.

Strofe 1

In die eerste, tweede en negende strofe is daar spesifieke instruksies aan die

kameramanne. Hierdie drie strofes is anders as die ses wat tussenin staan. In die eerste

sien ons dofweg iets vreesliks: ‘n seun wat in ‘n badkamer opgehang is. Dit bly steeds ’n

beeld wat skok al is die beligting doelbewus sagter om die impak van die selfmoordtoneel te

verminder. Badkamerligte is gewoonlik redelik skerp en die badkamer self gewoonlik koud

en klinies.

Strofe 2

In dié koeplet speel twee sintuie veral ’n groot rol. Die spesifieke musiekstuk dra by tot

stemming en die kameralens bepaal wat ons sien. Die kamera dek hier twee tonele: ‘n huis

en ‘n geregshof. Die musiek wat verdof, is moontlik ’n voorbereiding op die oorgang van

die huis tot die hoftoneel en die begin van dialoog. (Die instruksies in die negende strofe sal

ná die ander behandel word, maar dis belangrik om te let dat dit ook slegs ‘n koeplet sonder

dialoog is en dat dit bloot die kamera is wat ons toelaat om na ‘n toneel te kyk.)

Strofe 3

Hier word die moeder tydens die nadoodse ondersoek gevra om die rede vir haar kind

se dood te gee. Die lewenswyse regter/magistraat maak voorstelle sodat die oorstelpte

moeder net deur “ja” of “nee” te sê, sy vrae kan beantwoord. Die algemeenste oorsaak—

verhouding wat skeef loop word dus eerste voorgestel. Was dit ‘n meisie wat sy dood

(indirek) veroorsaak het?

Strofe 4

Ons hoor dat dit nie so was nie. Die moeder vertel dat haar seun in die beste jare van sy

lewe was, maar hom tog nie aan meisies gesteur het nie. Die leser mag dalk hier wonder

hoekom ‘n jong man nie na meisies gekyk het nie, maar die aangeleentheid is nog nie

opgeklaar nie.

Strofe 5

Die magistraat dink aan die tweede mees algemene rede waarom ‘n jongmens dalk sy eie

lewe sou neem: sy wanverhouding met sy pa. Dis egter ook nie dit nie.

Strofe 6

Uit die moeder se antwoord leer ons meer oor die seun: hy was maklik om mee te praat,

want hy was nie onredelik of vol nukke en grille nie en hy het graag alleen voor die klavier

gesit en speel. Die woord “alleen” verduidelik aan die leser dat die seun moontlik ’n

alleenloper of enkeling was en dat hy sy gevoelens in sy musiek kon uitleef. Alhoewel dit

nie gesê word nie, is dit moontlik dat die seun “Eine kleine Nachtmusik” gespeel het. Die

leser kry meer insig in die karakter van die seun.

Strofe 7

Die magistraat klink moedeloos omdat hy aan geen verdere, voor die hand liggende redes

vir die seun se dood kan dink nie. Die woord “waarlik” (werklik / regtig) - in die vraag aan die

moeder - dui moontlik op sy ongeloof dat die moeder vir hom geen rede kan gee nie. Haar

antwoord verdiep die raaisel vir die leser: dis God se spel (speletjie).

Strofe 8

Die herhaling van die woord “Waarom... waarom” dui op die beklemtoning van die moeilike

saak waarvoor daar nie klinkklare antwoorde bestaan nie asook die druk wat van die

regbank kom om ’n oplossing vir die raaisel te vind. Die leser kry meer insig as die moeder

die probleem verduidelik: hierdie geliefde seun was donker terwyl sy broers lig gelyk

het! Die kontras in velkleur, swart en wit, lig en donker het nie net ’n fisiese verwydering

veroorsaak nie, maar ook ’n psigiese.

Strofe 9

Soos vooraf vermeld, bevat hierdie strofe slegs toneelaanwysings of kamera-instruksies.

Die kameramanne se plig is om vier kinders te verfilm: drie gaan na die plaaslike “wit” skool

en die seun wat selfmoord gepleeg het, word as gevolg van sy velkleur verplig om na ‘n

ander skool vir bruin kinders te gaan. In twee eenvoudige reëls, waarin die strakheid en

gevoelloosheid tasbaar is, word die sluier gelig. Die seun is dood as gevolg van apartheid

en die invloed wat dit op ‘n mens se lewe kon hê.

Dat soveel emosie en hartseer in slegs 9 koeplette ingebou kan word, is meesterlik. Daar is

egter nie net treurigheid nie, maar ook talle brokkies inligting wat die verloop en uiteindelike

lot van die karakter aan die leser skets.

Bou (struktuur)

Die titel skep die verwagting dat die vertelling dramaties sal wees.

Nege rymende koeplette; 18 versreëls. Min, maar goed gekose woorde word gebruik om

die tragiese lewensverhaal te vertel.

Ses strofes bevat die gesprek / dialoog tussen die oorledene se ma en die persoon wat die

nadoodse verslag moet afhandel. Die tipografie van hierdie gedeelte is ook anders as dié

van strofes 1, 2 en 9 en dra by tot die dramatise effek. Laasgenoemde gedeeltes vind by

die huis plaas en die gesproke gedeeltes by die hof. Die dialoog tussen die regter en die

moeder is effens skuins na regs gedruk. Dis alles belangrik, want dit help die leser om die

twee verskillende wêrelde te ervaar.

Gebruik die illustrasies en hoofmomente en stel self ‘n uitgebreide kopkaart saam.

Strofe 1: Selfmoordtoneel

SELFMOORDTONEEL

STROFE 3: REGTER STROFE 4: MOEDER

STROFE 5: REGTER STROFE 6: MOEDER

GOD

SE

SPEL

STROFE 7: RAAISEL

DIE

JOU EIE

HOFSAAK

STROFES

3-8

Strofe 2: Musiek en

flitstoneel

Strofe 3-7: Nadoodse ondersoek

waarom?

Strofe 8: Diskriminasie

STROFE 8:

DISKRIMINASIE

Strofe 9: Velkleur en skool - geen keuse

STROFE 9

000000

KOPKAART

GEKLEU

Menu 4 Menu 5 Menu 6

WIT SKOOL GEKLEURDE SKOOL

000000

GEBORE:1970

KLASSIFIKASIE:

GEKLEURD

GESTERF:1988

YOUR COMPANY NAME

LEERUITKOMSTE

LU1 LUISTER EN PRAAT

1. Sit in pare en lees hardop vir mekaar die gedig. Neem beurte om die rolle van regter en

moeder te lees. Probeer om die formele stemming van die hof te ervaar. Die hof is

die agtergrond (milieu) waar die nadoodse ondersoek plaasvind.

2. Lees nou hieronder wat die boodskap en die tema is en verduidelik dit dan aan mekaar.

• Die boodskap: Die digter kies met groot sorg die woorde om die leser bewus te

maak van die lewenswaarhede (of insigte) — die boodskap — wat in die teks ingebed

is. Deur vraagstelling lei die regter ons na die realiteite waarmee die jong adolessent

te doen kry wat moontlike redes vir die skokdaad kan wees. Deur elke keer dieper

“te krap” ontrafel hy die raaisel. Die boodskap van dié gedig is die verskriklike

emosionele pyn wat verwerping en diskriminasie veroorsaak en die tragiese gevolge

daarvan.

• Die tema van ’n gedig bevat ’n universele waarheid en is nie karakter-, ruimte- (plek),

of tydgebonde nie. Die tema gaan oor selfmoord wat universeel is en nie ligtelik

opgeneem kan word nie. Die daad raak elke familielid en vriend wat agterbly op ’n

besondere manier.

3. Sit nou in gonsgroepies van ten minste ses leerders en bespreek die volgende.

Verslaggewing oor selfmoord, moord of verkragting in die algemeen. Is visuele

beelde sensitief genoeg? Word die emosionele ontsteltenis van familie, vriende en

die nagedagtenis van die oorledene in ag geneem? Gee voorbeelde uit koerante,

films en ander media om jou standpunt te ondersteun. Onthou visuele teks dra soms

’n kragtiger boodskap as geskrewe teks.

Vasgestelde kriteria by verslaggewing behoort te geld om die waardigheid van alle

mense te beskerm – veral weens ons geskiedenis.

4. Elke groep skryf nou ’n moontlike lys van kriteria neer wat kan dien as ’n riglyn vir

joernaliste of rolprentregisseurs by besluitneming oor wat eties korrek sal wees om te

openbaar. Hier volg ’n paar idees.

Individue het die reg om in privaatheid te rou.

Nabyskootfoto’s gedurende traumatiese tye dring die intieme leefwêreld van mense

binne. Dis onvanpas.

Waarom is dit in openbare belang? (Wat is die motivering: sensasie of inligting wat

in openbare belang is?)

Oorweeg verslaggewing wat so sensitief is dat dit trauma tot die minimum beperk.

Plaas jouself in die ander persoon se skoene. Hoe sal jou verslaggewing nou lyk?

LU2 LEES EN KYK

1. Dink krities terwyl jy die gedig vluglees. Kies dan telkens een van die gegewe woorde

om die stellings korrek te maak. Trek ’n streep deur die verkeerde woord.

1.1

Die badkamer is (sterk / swak) belig.

1.2 Die musiek (verdof / word harder).

1.3 Hy het in die (dag / nag) selfmoord gepleeg.

1.4 Sy pa het hom (dikwels / nooit) deurgeloop (nie).

1.5 Hy was die (jongste / oudste) kind.

2. Evalueer die hoofkenmerke van die gedig en beantwoord die onderstaande vrae.

2.1. Wat is ‘n draaiboek? ____________________________________________________

___________________________________________________________________(2)

2.2. Waaroor gaan die “fliek” wat in hierdie gedig “geskiet” gaan word? ________________

___________________________________________________________________(2)

2.3. Waarom is die spesifieke musiekstuk so gepas? Noem twee redes hiervoor.________

__________________________________________________________________ (4)

2.4. Noem ten minste twee moontlike oorsake vir die seun se dood.___________________

___________________________________________________________________(4)

2.5. Waarom stel die magistraat eerstens ‘n meisie voor as moontlike oorsaak? _________

___________________________________________________________________(2)

(5)

2.6. Waarom sal dit onnodig wees om deesdae selfmoord te pleeg oor die

kleurkwessie?_________________________________________________________

__________________________________________________________________(2)

2.7. Net soos ‘n klavierspeler op die note druk, speel God ook op____________________

__________________________________________________________________(2)

2.8. Waarom vind die leser eers aan die einde uit waarom die seun selfmoord

gepleeg het?__________________________________________________________

__________________________________________________________________(2)

2.9. Noem twee karaktereienskappe van die seun wat openbaar word.________________

__________________________________________________________________(2)

2.10. Watter moontlike bron van spanning is daar - volgens die vraagstelling van die

regter - in die huis? ___________________________________________________

_________________________________________________________________(2)

[24]

3. Ondersoek die volgende aspekte in die gedig en verduidelik die invloed wat elkeen

uitoefen om aan die gedig ‘n bepaalde karakter te gee: dialoog, musiek, beligting,

fokuspunte (keuse van kameraskoot) omgewing.

3.1. dialoog Verduideliking:

3.2. musiek Verduideliking:

3.3. beligting Verduideliking:

3.4. fokuspunte (keuse van

kameraskoot)

Verduideliking:

3.5. omgewing Verduideliking:

LU3 SKRYF EN AANBIED

1. Gebruik die inligting uit die gedig om die dagboekinskrywing wat die seun gemaak het, te

voltooi.

Beste Dagboek

Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek is so ongelukkig. Al wat my nog

vreugde verskaf, is om voor die (1.1) _____________ te sit en my gunstelinglied,

(1.2) ______________________________ te speel.

Ek is die (1.3) _____________ kind en het nog (1.4) _____________ broers, maar

ek voel uit, want hulle is (1.5) _____________ en ek is (1.6) _____________ .

Ons mag nie eers dieselfde (1.7) _____________ bywoon nie.

Ek is so eensaam, ek het ook nie ‘n (1.8) _____________ nie. Niemand wil met

my assosieer nie. Dit is alles (1.9) _____________ se skuld!

Ek sien net nie meer kans om verder te (1.10) _____________ nie. Ek dink ek

moet myself in die badkamer gaan (1.11) _____________ .

2. Musiek is klanktaal. Daar lê baie stories opgesluit in die verskillende klanke in ‘n lied,

ook in die subtieler klanke. Wek klanke bv. vrees, opgewondenheid, nostalgie of

avontuur, by jou op?. Skryf ’n kreatiewe paragraaf van 80 woorde oor klanke

in jou omgewing en die assosiasies daaraan verbonde.

[11]

[10]

LU4 TAAL

1. Belangrike woorde en uitdrukkings wat in die filmbedryf gebruik word, word in

verbandhoudende sinne gebruik. Voltooi die sinne volgens die instruksies. As

betekenisse van woorde onduidelik is , moet jy dit in die woordeboek opsoek.

1.1 Judi Dench het ’n briljante loopbaan op teaterverhoog (gee die meervoud) in Londen en

1.2

Broadway gehad.__________________________ (1)

Sy is een van die mees gesogte aktrises _____________________ (gee die voorsetsel)

die wêreld met ’n reeks internasionale treffers. (1)

1.3 Sy is veral bekend vir haar rolle in kostuumdramas waar sy koningin (gee die

1.4

1.5

1.6

1.7

1.8

1.9

meervoud) en ryk aristokrate gespeel het.______________________ (1)

Die fliekpubliek het ’n skynbare onversadigbare beheptheid ___________ (gee die

voorsetsel) aksietonele en vervolgflieks. (1)

Hollywood-lokettreffers / lokkettreffers (kies die korrekte spelling)__________________

is soms verbeeldingloos en die dialoog tussen die karakters niksseggend. (1)

Die regisseur / reggisseur ___________________ (gee die korrekte spelling) het

besluit dat die draaiboek ’n kultuurbotsing moet insluit. (1)

Baie akteurs vertolk nie slegs die hoofkarakter in ’n rolprent nie, maar wil ook kan

sê dat hulle ’n ___________________ (producer) (vertaal) van rolprente is. (1)

Baie regisseurs maak gebruik van oudio- en filmmateriaal uit vorige rolprente

__________________ (korrekte voegwoord) dit ongelooflike agtergrondinligting

bevat. (1)

In die 1930’s begin Walt Disney om animasierolprente te maak. (Skryf die sin in die

verlede tyd). ___________________________________________________________

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!