04.05.2013 Views

Sawubona Gestremdheid - Qasa

Sawubona Gestremdheid - Qasa

Sawubona Gestremdheid - Qasa

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

Sawubona Gestremdheid

’n Publikasie van die QuadPara Vereniging van Suid-Afrika (QASA)

“Myths, Manners, Do’s & Don’ts” van Gestremdheid

AfrikAAnS

Met trots geborg deur Barloworld en die Nasionale Lotery Trust

Saamgestel deur Carla-Jane Haines

Geredigeer deur Joanne Pohl & Monica Guy

Vertaal deur Lucia Smith

Strokiesprente deur Robert Crisp

Ontwerp en uitleg deur Nicky Wenhold

Gedruk deur TUGELA PRESS

Uitgegee deur QASA

inhoud

Brief van die Nasionale Direkteur van QASA . . . . . . . . . . . . . . . .2

(Kwadruplegiese Vereniging van Suid-Afrika)

Het jy geweet? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .3

Wat is Gestremdheid? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5

Mites oor Gestremdheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6

Die Wet en Gestremdheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .7

Die Taal van Gestremdheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .9

Rolstoelgebruikers en Persone met Bewegingsgestremdheid . . . 13

Persone met Dwergisme (klein liggaamsbou) . . . . . . . . . . . . . . . 14

Persone met Siggestremdheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 15

Persone wat Doof of Hardhorend is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 16

Persone met Spraakgestremdheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .18

Psigiatriese en Intellektuele Gestremdheid . . . . . . . . . . . . . . . . .20

Persone met Gesiggestremdheid (Gesigverminking) . . . . . . . . . . 21

QASA . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .22

Erkennings . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .23

Die Gestremdheidsverbond . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .24

Brief van die nasionale Direkteur van QASA Ari Seirlis

Hoe kommunikeer jy met persone met

gestremdheid? Watter taal moet jy gebruik

om oor hulle te skryf of te praat? Wat is die

gepaste optrede as jy ’n persoon wat blind

is of ’n persoon wat ’n rolstoel gebruik

ontmoet? Wat kan jy van ’n persoon met

’n gestremdheid verwag en hoe kan so ’n

persoon gehelp word?

Persone sonder gestremdheid voel soms

skaam en ongemaklik as hulle ’n persoon

met ’n gestremdheid ontmoet, omdat

hulle nie weet hoe om op te tree nie .

Dikwels veroorsaak onbeholpenheid en

onkunde ’n verleentheid vir persone met

gestremdheid .

Daarom is QASA trots daarop om

Sawubona Gestremdheid uit te gee . Dit

bevat ’n kort oorsig oor die mites, asook

die moets en moenies rakende persone

met gestremdheid . Dit wil persone sonder

gestremdheid bemagtig in hul optrede

teenoor persone met gestremdheid . Baie

dankie aan elkeen wat ’n bydrae gemaak

2

het om hierdie publikasie moontlik te

maak . Geniet die strokiesprente! Besin

oor die kwessies wat aangeraak word

en gee asseblief ook die boekie vir jou

vriende . Ons doelwit is om riglyne

te verskaf, maar ook om negatiewe

persepsies en houdings teenoor persone

met gestremdheid af te breek, omdat

die samelewing se houding teenoor hulle

dikwels ’n groter struikelblok is as die

gestremdheid .

Ari Seirlis

Het jy geweet?

Ongeveer 8% van Suid-Afrikaners is

persone met gestremdheid .

Die wyse waarop ’n gestremde persoon

sy of haar wêreld ervaar, kan vir niegestremdes

moeilik wees om te begryp .

Soms kry ons ’n kykie in hulle wêreld

as ons dalk krukke of ’n rolstoel moet

gebruik, ’n oog- of oorbesering het of

só oud is dat ons nie meer gemaklik

kan beweeg nie . Waarskynlik sal ons nie

blootgestel word aan die vooroordele wat

gestremdes ervaar nie, maar ons sal tog ’n

mate van insig verkry in sommige van hul

alledaagse probleme .

Alledaagse aktiwiteite, soos inkopies doen

of reis, is dikwels vir gestremde persone

moeilik . Wat dikwels moeiliker is om te

hanteer as die liggaamlike hindernisse, is

die samelewing se gebrek aan begrip . Dit is

baie moeilik om gevestigde persepsies en

houdings te verander . Dit neem moontlik

’n paar dae om ’n fisieke omgewing te

verander om meer toeganklik te wees,

maar in sommige gevalle kan dit dekades

neem om ’n persoon se houding en

persepsies te verander .

Die meeste mense het min dag tot dag

ervaring met persone met gestremdheid .

Ongelukkig, en verkeerdelik, word

persone met gestremdheid dikwels

beskou as:

• slagoffers wat bejammer moet word

• aaklig of grotesk

• ’n las, óf op die samelewing óf op

hulle gesinne en versorgers

• persone wat niks kan doen nie

• persone met veelvuldige

gestremdhede (bv . die aanname

dat iemand in ’n rolstoel ook

intellektueel gestremd is)

• “spesiaal” of “anders”

• agterlik

Die samelewing aanvaar dat rolstoelgebruikers

altyd siek is en in hospitale

hoort . Die gestremdheidsektor is gretig

om te oortuig en te demonstreer dat

gestremdheid nie net ’n mediese kwessie

is nie, maar veral ook ’n sosiale en

omgewingskwessie .

Gestremdheid is nie altyd sigbaar nie .

Sekere gestremdhede, soos byvoorbeeld

outisme, epilepsie of disleksie, is verskuil .

Sulke gestremdhede kan ’n persoon se

interaksie met ander beïnvloed, asook sy/

haar leervermoë of mobiliteit .

3

Het jy geweet?

4

Gestremdheid: Wees bewus hiervan:

kwadruplegie

(ook bekend as

tetraplegie)

’n Persoon in ’n rolstoel wat beperkte beweeglikheid

of gebruik van die arms en bene het . Iemand wat

moeite het om klein voorwerpies vas te hou .

Paraplegie ’n Persoon in ’n rolstoel met slegs die

gebruik van die arms of bolyf .

’n Rolstoel is ’n beweeglikheidstoestel, dis nie iets wat enigiemand

beperk nie – dit mobiliseer alle gebruikers daarvan – hulle is

dus nie “beperk tot” of “gebonde aan” ’n rystoel nie.

’n Verswakking of

algehele verlies van sig

Siggestremdheid

’n Verswakking of

algehele verlies

van gehoor

Gehoorgestremdheid

Moeite om te praat

Spraakgestremdheid

intellektuele

Gestremdheid

Psigiatriese

Gestremdheid

’n Persoon sal moontlik nie op gebare reageer nie .

Sommiges sal moontlik nie kan lees nie en alternatiewe

metodes sal nodig wees vir nie-verbale kommunikasie .

’n Persoon sal moontlik nie reageer wanneer hy/

sy aangespreek word nie . Gehoor sal ook

bemoeilik word deur agtergrondgeraas .

Iemand wat sukkel om inligting tydens ’n gesprek te verstaan .

’n Persoon mag dit moeilik vind om begrippe

tydens kommunikasie te verstaan .

Dit kan moeilik wees om persone met psigiatriese

gestremdheid van ander mense te onderskei .

Hulle siektetoestand is in sommige gevalle medies

behandelbaar, maar nie altyd geneesbaar nie .

Gesiggestremdheid ’n Persoon se verminking het gewoonlik geen

effek op sy/haar intellektuele vermoë nie .

Wat is gestremdheid?

’n Paar definisies …

Persone met gestremdheid sluit diegene

in wat langtermyn fisieke, verstandelike,

intellektuele of sintuiglike gestremdheid

het . Talle hindernisse kan hul volledige

en doeltreffende deelname aan die

samelewing, op gelyke vlak met persone

sonder gestremdheid, verhinder .

VN Konvensie 2006

Gestremdheid is die benadeling en

inperking van aktiwiteit, veroorsaak deur

’n gemeenskap wat min of geen begrip

het vir die behoeftes van persone met

gestremdheid nie . Gevolglik word hulle

van hoofstroomaktiwiteite uitgesluit .

Gestremdheidsbeweging

Gestremdheid is ’n sosiale konstruksie en

nié net die beskrywing van die mediese

toestand van ’n individu nie . Dit verteenwoordig

die uitkoms van die interaksie

tussen die fisiese gestremheid en die

omgewings- of samelewingsimpak op

die individu . Met die samelewing word

bedoel die fisiese eienskappe

en funksionering daarvan, PLUS

bestaande houdings en persepsies

wat kan lei tot beperkte geleenthede

vir gelyke deelname vir

persone met gestremdheid .

Dit sluit ook die samelewing se

onvermoë in om aanpassings

te maak, sodat persone met

gestremdheid volwaardig lid van

die samelewing kan wees .

DPSA Stigting 2006

Gestremdheid beteken die matige tot

ernstige beperking van ’n persoon se

vermoë om te funksioneer of daaglikse

aktiwiteite uit te voer as gevolg van ’n

fisieke, sintuiglike, kommunikatiewe,

intellektuele of verstandelike hindernis .

Departement van Maatskaplike

Ontwikkeling

Gestremdheid is ’n langtermyn, herhalende

fisieke of verstandelike hindernis wat die

vooruitsig van toegang tot, of vordering in

die werkplek wesenlik beperk .

Departement van Arbeid

Gestremdheid kan nie meer beskou

word as ’n stilstaande kenmerk van ’n

individu nie, maar eerder as ’n dinamiese

en veranderende ervaring wat bepaal

word deur die veranderende aard van

die omgewing . Hierdie verandering, van

’n fokus op die individu alleen, na ’n fokus

op die omgewing plús die individu, het

belangrike gevolge .

Watermeyer, et al, 2006

5

Mites

Persone met gestremdheid is

AnDErS as “normale” mense

Wat is normaal? Persone met gestremdheid

dink, voel en reageer net soos

ander mense .

nie-gestremde persone moet

persone met gestremdheid

VErSOrG

Enigiemand kan hulp aanbied, maar

die meeste persone met gestremdheid

verkies dit om vir hulself verantwoordelik

te wees of om geraad pleeg te

word oor die ondersteuning wat hulle

benodig .

Mense met gestremdheid het

ALTYD hulp nodig

Baie mense met gestremdheid is

onafhanklik en kan ander persone help .

rolstoelgebruikers is BrOOS, sieklik

en ongesond

Mense gebruik rolstoele vir verskeie

redes . Nie al hierdie redes het enigiets

met siekte of algemene gesondheid te

make nie .

Mense met gestremdheid is

DAPPEr, manmoedig en vertoon

verbasende karaktersterkte

Die aanpassing by ’n gestremdheid

vereis die aanvaarding van ’n sekere

lewenstyl . Moenie vir ’n persoon met ’n

gestremdheid sê: “Jy is so besielend en

dapper nie.”

Almal met gehoorprobleme kan

lippe lees

Die lees van lippe verskil van gebruiker

tot gebruiker en misverstande kan

voorkom .

6

Persone wat blind is het ‘n “sesde

sintuig”

Alhoewel die meeste blinde mense hulle

oorblywende sintuie ten volle ontwikkel

het, het hulle nie ’n “sesde sintuig” nie

en is hulle nie psigiese mediums nie .

Mense met psigiatriese gestremdheid

is mal, kranksinnig of verstandelik siek

’n Psigiatriese gestremdheid kan ver oorsaak

word deur ’n emosionele ver steuring

of ’n psigiatriese siekte . Dit sluit

siekte toestande soos angs, depressie

of ’n bipolêre versteuring in . Hierdie

toestande is behandelbaar en kan

volkome onder beheer wees .

Mense wat moeilik leer is

verstandelik vertraag

Intellektuele gestremdheid verskil van

leergestremdheid of leerprobleme .

Laasgenoemde sluit disleksie (lees-

en spelprobleme) in . Persone met

leergestremdheid se vermoë tot leer

word deur verskeie faktore gekniehalter .

Leergestremdheid kom ook by hoogs

intelligente en begaafde persone voor .

’n Paar mites:

• Ouers wat kinders met gestremdheid

grootmaak is engele .

• Persone met gestremdheid dagvaar

mense wat hulle ontstel voor die voet .

• Mense met gestremdheid is

lydende heiliges; lyding maak

jou ’n meer geestelike mens .

• As jy ’n gestremdheid het, kan jy nie

jou eie sake behartig, jou eie lewe

lei of jou eie besluite neem nie .

• Gestremdheid is straf op sonde.

• Gestremdheid is tragies en persone

met gestremdheid moet genees word .

Die Wet en Gestremdheid

Die Grondwet

(Verklaring van regte, Artikel 9)

Almal het die reg tot gelyke beskerming en

die volle gebruik van alle regte en vryhede .

Daar mag nie gediskrimineer word op

grond van ras, geslag, swangerskap,

gestremd heid, seksuele oriëntasie,

kultuur of taal nie .

Besoek www.info.gov.za vir ’n volledige

afskrif van die Grondwet, insluitend die

Verklaring van Regte .

Die Wet op die Bevordering van

Gelykheid en die Voorkoming van

Onbillike Diskriminasie

Hierdie wet beoog om onbillike diskriminasie

te verhoed wat op een of meer

gronde gebaseer is, insluitend geslag, ras

en gestremdheid, en poog om:

• gelykheid te bevorder

• menswaardigheid te beskerm

• onbillike diskriminasie en die gebruik

van haatspraak te voorkom

• ’n kultuur van demokrasie te bevorder.

Die verbod op onbillike diskriminasie is

daarop gerig om onmiddellike verligting

te bied aan individue of groepe wat aan

onbillike diskriminasie blootgestel word .

Besoek www.info.gov.za vir ’n volledige

afskrif van die Wet op die Bevordering van

Gelykheid en Voorkoming van Onbillike

Diskriminasie .

Die Wet op Gelyke indiensneming

Hierdie wet beoog om gelykheid in die

werkplek te verseker deur enige vorm van

diskriminasie te voorkom en gelykheid

7

Die Wet en Gestremdheid

in die werkplek te bevorder . Die wet

verbied alle diskriminasie op enige grond

(ras, geslag, gestremdheid, ens .) teenoor

iemand in die werkplek of iemand wat vir

’n pos aansoek doen . Die wet ondersteun

ook regstellende aksie en beskerm dus

diegene teen wie daar geskiedkundig

in die werkplek gediskrimineer is .

Regstellende aksie vereis dat werkgewers

stappe neem om die omstandighede van

persone van kleur, vroue en persone met

gestremdheid te verbeter .

Besoek www.info.gov.za vir ’n volledige

afskrif van die Wet op Gelyke Indiensneming

Praktykskode vir die Aanstelling van

Persone met Gestremdheid in terme

van die Wet op Gelyke indiensneming

Dit is ’n riglyn vir werkgewers, werkers

en vakbonde oor die bevordering van

gelyke geleenthede en billike behandeling

van persone met gestremdheid, soos

vereis deur die wet . Dit wil werkgewers

onderrig en inlig oor hulle regte en

verpligtinge en wil veiligheid bevorder

en dispute verminder, sodat persone met

gestremdheid hul regte by die werkplek

kan geniet en doeltreffend kan uitoefen .

Die Praktykskode wil ’n bewustheid

skep vir die bydrae wat deur persone

met gestremdheid gelewer kan word

en wil werkgewers aanmoedig om hulle

vaardighede te gebruik .

Besoek www.info.gov.za vir ’n volledige

afskrif van die Praktykskode .

8

Vn konvensie oor die regte van

Persone met Gestremdheid

Die Konvensie bevorder, beskerm en

verseker gelyke regte vir alle persone

met gestremdheid . Dit sluit kernbelange

in soos: toeganklikheid, persoonlike

beweeglikheid, gesondheid, onderrig,

indiensneming, behuising, rehabilitasie,

gelykheid en nie-diskriminasie .

Suid-Afrika het die VN Konvensie in 2007

bekragtig en al die wettige verpligtinge

verbonde aan die verdrag aanvaar . Dit

sluit die oorname van wetgewing, ten

einde die bepalings van die konvensie in

werking te stel, in .

Besoek www.un.org vir die volledige

dokument of vir meer inligting oor die

VN Konvensie .

nasionale Bouregulasies en die Wet

op Boustandaarde

Dit bepaal dat geboue voorsiening

moet maak vir die volgende toeganklike

fasiliteite vir persone met gestremdheid:

• Opritte

• Badkamers

• Deure

• Hysbakke

• Parkeerplekke.

regsbronne in Suid-Afrika:

Die Suid-Afrikaanse Menseregte

Kommissie

www .sahrc .org .za | info@sahrc .org .za

Die taal van gestremdheid

Die taal van gestremdheid verander

voortdurend en is ’n uiters belangrike

kwessie . Individue met gestremdheid

word beskou as gestremd as gevolg

van diskriminasie in die samelewing .

Taal maak, hoofsaaklik weens onkunde,

’n groot deel hiervan uit . Talle terme

en uitdrukkings word verkeerdelik

gebruik om gestremdheid en mense met

gestremdheid te beskryf . Mense raak

egter al hoe meer daarvan bewus dat

die manier waarop taal gebruik word om

na gestremdheid te verwys, negatiewe

stereotipes kan vaslê, selfs sonder dat die

spreker daarvan bewus is .

Sekere woorde of uitdrukkings kan

beledigend wees . Vermy die gebruik

van taal wat te kenne gee dat persone

met gestremdheid altyd broos is, van

ander afhanklik is of ’n voorwerp van

bejammering is, soos byvoorbeeld iemand

“ly aan” of is ’n “slagoffer van”. Dit is

aanvaarde praktyk dat sinsnedes, indien

moontlik, die persoon eerste plaas deur

byvoorbeeld “persoon met gestremdheid”

eerder as “gestremde” te sê.

Alhoewel daar geen vaste reëls is nie, sou

dit nuttig wees om te verstaan hoekom

sekere terme bo ander verkies word:

(sien tabel op volgende bladsy)

Ander onvanpaste terme en

sinsnedes:

Vermy die volgende woorde en frases

• Verontrief

• Ongeskik of onbevoeg

• Spesiaal

• Ten spyte van sy gestremdheid

• Sy gestremdheid oorkom

Onthou ook:

• Vermy clichés.

• Moenie jou bewondering of bejammering

uitspreek bloot weens

iemand se gestremdheid nie .

• Elke persoon wat jy ontmoet is ’n

individu en verkies dalk die gebruik

van ander of spesifieke terminologie .

• Terminologie oor gestremdheid en

die gestremdheidsgemeenskap is

voortdurend besig om te ontwikkel .

• Behandel ’n persoon met ’n

gestremdheid onbevooroordeeld .

• Bedwing jou nuuskierigheid! As jy

’n persoon met ’n gestremdheid

vir die eerste keer ontmoet,

moenie onmiddellik vra wat met

hom/haar gebeur het nie .

Wees selfversekerd en ontspanne – As

jy verleë voel of onseker is oor presies wat

om te doen, moenie jou daaroor kwel nie .

Dit is normaal om bang te wees om die

verkeerde ding te doen - maar jou pogings

sal heel waarskynlik waardeer word .

Wees altyd geduldig – Sommige

gestremde persone het ’n bietjie meer tyd

as gewoonlik nodig om alledaagse take te

verrig, soos om by ’n gebou in te gaan of

’n vraag te beantwoord .

kyk by die gestremdheid verby

– Daar is ’n persoon voor jou, nie ’n

gestremdheid nie .

Belangrik! Die omgewing waarbinne ’n

persoon met ’n gestremdheid funksioneer,

is dikwels die vernietigende element .

9

Die taal van gestremdheid

Moenie gebruik nie: HOEkOM? Gebruik eerder:

Gestremdes, kreupeles,

onbevoeg, invalide,

“die gestremdes”

’n Parapleeg, ’n

kwadrupleeg, ’n

albino, ’n mongool

Sipho ly aan serebrale

gestremdheid

Sipho is aangetas deur

serebrale gestremdheid

Sipho is ’n slagoffer van

serebrale gestremdheid

Sipho is getref deur

serebrale gestremdheid

Rolstoel gebonde of

beperk tot ’n rolstoel

Vigs-slagoffer

Sy’s ’n diabeet

10

Die woorde “invalide” en “kreupele” kan

negatief wees . Mense met gestremdheid

beskou hulself as persone met ’n mediese

toestand wat deur die samelewing

gekniehalter word omdat die nodige

hindernisse nie aangespreek word nie .

’n Gestremde persoon moenie in terme

van sy/haar gestremdheid of mediese

toestand gedefinieer word nie . Elke mens

is ’n persoon en nie ’n gestremdheid

nie . Verwys altyd eers na die persoon

en dán na die gestremdheid .

Al vier die sinsnedes beskou gestremdheid

in ’n negatiewe lig. “Ly aan” dui op

voortdurende pyn en marteling, wat

nie die geval is vir die meeste persone

met gestremdheid nie. “Aangetas

deur” dui op ’n siekte, wat die meeste

gestremdhede nie is nie. “Slagoffer

van” en “getref deur” veronderstel dat

’n onreg teenoor die persoon gepleeg

is en laat hulle magteloos klink .

Mense wat rolstoele gebruik beskou dit

as ’n beweeglikheidstoestel en nie as ’n

soort gevangenskap nie. Die “beperk

tot”­frase weerspreek die feit dat baie

mense met beweeglikheidsprobleme

in rolstoele aan aktiwiteite deelneem,

insluitend om te ry of te slaap . Fokus op

die persoon, nie op die rolstoel nie .

Sekere siektes word volgens wetlike

definisie as ’n gestremdheid beskou . Dit

is onvanpas om ’n persoon op grond van

siekte te definieer of te viktimiseer .

Gestremde

persone, of

iemand met ’n

gestremdheid

of persone met

gestremdheid

’n Persoon met

paraplegie,

kwadruplegie,

albinisme of

Downsindroom

Sipho is ’n kind

met serebrale

gestremdheid

Sipho het

serebrale

gestremdheid

Rolstoelgebruiker

of

Sizwe gebruik

’n rolstoel

Iemand wat

met Vigs leef

Iemand met

diabetes/

suikersiekte

Die taal van gestremdheid

Moenie gebruik nie: HOEkOM? Gebruik eerder:

Doofstomme, stom,

“die dowes”

Siggestremdes,

“die blindes”

Mal, getik,

kranksinnig, domkop

Dom, stupid,

stadig, vertraag

Doofheid het geen invloed op die

persoon se intelligensievlak nie . Die

term “stom” verwys na die onvermoë

om te praat, maar baie mense met

gehoorprobleme kan wel praat .

Mense wat deel uitmaak van die dowe

kultuur beskou hulself as “Dowes”

met ’n hoofletter “D”. Hulle kultuur

het ontstaan as gevolg van hulle

taal, net soos die Shangaan-kultuur

Shangaan-sprekers identifiseer .

“Blind” of “siggestremd” is die

korrekte terme om te gebruik .

Dit is alles neerhalende woorde

met negatiewe konnotasies .

Hierdie woorde het negatiewe

konnotasies . Iemand met ’n

leerprobleem is dikwels ongelooflik

intelligent, behalwe dat hy/sy probleme

ervaar om, byvoorbeeld op skool te leer .

Moenie beledigende taal gebruik nie .

Iemand wat doof is of

’n gehoorgebrek het

Gebruiker van gebaretaal

Dowe mense

Mense met

gehoorgestremdheid

Die persoon is

blind, siggestremd

of het swak sig

Blinde mense of persone

met siggestremdheid

’n Persoon met

’n verstandelike

probleem of siekte

’n Persoon met

psigiatriese

gestremdheid

’n Persoon met disleksie

of met ’n leerprobleem

Dwerg of pikkie Vermy hierdie negatiewe woorde . ’n Persoon met klein

liggaamsbou

Misvorm, gebreklik,

misskape, ‘n

geboortedefek

’n Persoon mag “sonder arms” gebore

wees, of “’n aangebore gebrek” hê,

maar is waarskynlik nie onvolkome

nie. “’n Defek” of “misskape”

is albei negatiewe woorde .

’n Persoon wat

sonder arms gebore

is, of’ n persoon

wat ’n aangebore

gestremdheid het

11

Die taal van gestremdheid

Groepsterminologie

Moenie gebruik nie: Gebruik eerder:

Die gestremdes Persone met gestremdheid

Gestremde regte Die beweging vir die regte van persone met gestremdheid

Gestremde gemeenskap Gemeenskap van persone met gestremdheid

Die gestremde inwoners Inwoners met gestremdheid

12

Terminologie vir fasiliteite

Moenie gebruik nie: Gebruik eerder:

Spesiale badkamer of paraplegiese badkamer Toeganklike badkamer

Die term “spesiaal” behels afsondering en het ’n negatiewe konnotasie.

Gestremde parkeerplek Toeganklike parkeerplek

Gestremde sitplekke Sitplekke vir diegene met rolstoele

/ toeganklike sitplekke

Toeganklike fasiliteite kan deur enigiemand gebruik word; dit is nie spesiaal,

afsonderlik of anders nie . Die beginsel van universele ontwerp is die

toppunt van toeganklikheid waarvolgens die omgewing en gebruiksartikels

ontwerp word om aan alle mense se behoeftes te voldoen .

olstoelgebruikers en mense met

bewegingsgestremdheid

Daar is talle redes waarom persone ’n

rolstoel gebruik .

Hoe om te help:

kOMMunikASiE

• Praat direk met die persoon in die

rolstoel en maak oogkontak . Moenie

na die rolstoel staar nie .

• Groet die persoon met ’n fisieke gebaar

(soos ’n handdruk), soos wat jy altyd

doen, selfs al het hulle beperkte nut van

hul arms en hande .

• Maak oogkontak as jy met ’n persoon

in ’n rolstoel gesels deur te gaan sit of

deur te buk – dit sal ’n stywe nek by die

persoon in die rolstoel voorkom .

• As iemand met ’n rolstoel vergesel

word deur ’n versorger, maak seker dat

jy direk met die persoon praat en nie

met die versorger nie .

• Moet nooit iemand in ’n rolstoel

welwillend op die rug of bobeen klop

nie . Dit kan veroorsaak dat die persoon

sy/haar ewewig verloor, of spierspasmas

kry en die persoon uit die rolstoel val .

• Indien van toepassing, is ’n drukkie

aanvaarbaar, aanraking toelaatbaar en

’n glimlag welkom .

• Moenie sensitief wees oor die gebruik

van woorde soos “stap” of “hardloop”

nie . Persone in rolstoele gebruik

dieselfde woorde .

rESPEkTEEr PErSOOnLikE

ruiMTE

• Moenie op iemand se rolstoel leun

of dit oorneem nie – die rolstoel is

’n uitbreiding van die persoon se

persoonlike ruimte .

• Dit is onvanpas om items soos baadjies

of handsakke aan iemand se rolstoel te

hang .

• Moet nooit ’n gebruiker se rolstoel stoot

sonder die persoon se instemming nie .

BiED HuLP AAn

• Vra altyd eers of die persoon hulp wil

hê . Indien hy/sy instem, moet jy vra

hoe hulle gehelp wil word voordat jy

voortgaan .

• Wanneer items aan ’n persoon in ’n

rolstoel oorhandig word, plaas dit binne

sy/haar bereik .

OM TE PArkEEr

• Moenie jou voertuig in ’n parkeerplek

vir rolstoelgebruikers parkeer nie .

Hierdie parkeerplekke is wyer as

gewoonlik (3 500mm) ten einde die

rolstoel gemaklik in of uit die voertuig

te laai en is gewoonlik naby die ingang .

TOiLETTE

• Moenie toeganklike toilette vir

rolstoelgebruikers gebruik as jy nie ’n

gestremdheid het nie .

13

Mense met wandelstokke, krukke of looprame

14

Hoe om te help:

rESPEkTEEr PErSOOnLikE

ruiMTE

• Looprame, krukke en wandelstokke

word beskou as ’n uitbreiding van die

gebruiker se persoonlike ruimte . Vra

dus eers vir toestemming voordat jy

daaraan raak of dit beweeg .

BiED HuLP AAn

• Bied altyd ’n sitplek aan. Bied ook aan

om deure oop te maak, omdat dit vir

die persoon moeilik is om te doen .

• Wees behulpsaam, maar maak seker

jy bied eers hulp aan voordat jy hulp

verleen .

• Vra die persoon of hy/sy ’n stoel met

armleunings of ’n hoër sitplek sou

verkies .

Mense met klein liggaamsbou (Dwergisme) *

Dwergisme verwys in die algemeen na

persoon wat korter is as 147cm . Daar

is verskillende soorte dwergisme wat

geneties of deur ander mediese toestande

veroorsaak kan word . Iemand met ’n klein

liggaamsbou is nie ’n kind of iemand van

die plaaslike sirkus nie!

* Inligting saamgestel met behulp van Engela Nel, APD Wes-Kaap

Hoe om te help:

kOMMunikASiE

• Dit is beter om op dieselfde vlak met

die persoon te kommunikeer . Neem

dus ’n tree terug of kniel om oogkontak

te maak .

• Moenie die persoon doodpraat of

oorvriendelik probeer wees nie .

Dieselfde hoflikheid en respek word

vereis as by die eerste ontmoeting met

enigiemand anders .

• As die persoon ’n metgesel het, wend

jou direk tot hom/haar en nié tot die

metgesel nié .

ETikET

• Die persoon se ouderdom en/of

vermoëns word nie deur hul lengte

bepaal nie .

• Plaas items binne die persoon se

bereik .

• Moet nooit die persoon op die kop klop

of streel nie .

• Grappies oor Sneeuwytjie en die sewe

dwergies is nie snaaks nie .

BiED HuLP AAn

• Moenie aanbied om die persoon op

te tel as ’n voorwerp nie binne bereik

is nie . Gee die voorwerp aan of bied

’n bankie aan sodat hulle dit self kan

bykom .

• Vrá voordat jy ’n kussing op die stoel

sit . ’n Los kussing maak dit dikwels

moeiliker vir ’n persoon met klein

liggaamsbou om op die sitplek te kom .

• Vra die persoon altyd of hy/sy deur

jou gehelp wil word . Indien hy/sy hulp

aanvaar, vra hoe hulle gehelp wil word

voordat jy dit doen .

15

Mense met siggestremdheid *

Siggestremdheid verskil van persoon tot

persoon – dit kan wissel van beperkte sig

wat vaag of verbuig is, na geen sig nie .

16

Hoe om te help:

kOMMunikASiE

• Praat met ’n blinde persoon terwyl jy

hom/haar nader, sodat hy/sy kan weet

iemand kom nader . Sê duidelik wie jy

is, ingeval jou stem nie herken word nie .

Dit is nooit nodig om te skree nie .

• Praat direk met ’n persoon met ’n

siggestremdheid en nié deur ’n derde

persoon nie .

• Vra of jy ’n handdruk kan gee as jy jouself

voorstel in plaas daarvan om iemand

onkant te vang deur ’n hand te gryp .

• Sommige persone met siggestremdheid

het ’n gidshond . Dit is werkende honde

met ’n belangrike funksie wat nie die

persoon met die gestremdheid moet

oorskadu nie . Moet dus nie ’n ophef

maak asof die hond ’n troeteldier is nie .

* Inligting saamgestel met behulp van die Nasionale Raad vir Blinde Persone

Mense met siggestremdheid

BiED HuLP AAn

• Hulp word altyd waardeer. Die beste

benadering is om te vra hoe jy kan help .

Vra: “Mag ek my arm aanbied?” of “Mag

ek jou handsak dra?”, om te verhoed

dat jy die persoon onkant betrap .

• By die aankoms in ’n onbekende gebied,

gee ’n kort beskrywing van die uitleg .

• Wanneer ’n persoon rondgelei word,

moet die aanwesigheid van trappe

vooruit aangekondig word, asook of

julle op of af gaan klim .

• Wanneer ’n persoon ’n sitplek aangebied

word, is dit die beste as hy/sy self gaan

sit . Plaas die persoon se hand op die

rug- of armleuning van die stoel, sodat

hy/sy sekuriteit kan ervaar

• Wanneer ’n blinde persoon in ’n voertuig

ingehelp word, moet jy vir die persoon

sê in watter rigting die motor kyk en

die persoon se hand op die dak van die

motor, bokant die oop deur plaas .

• By die gebruik van publieke vervoer,

soos ’n bus of trein, moet die blinde

persoon eerste inklim . Moet nooit ’n

persoon met siggestremdheid voor jou

uitstoot nie .

• ’n Persoon met siggestremdheid sal

onafhanklik by ’n maaltyd regkom of sal

vir hulp vra .

ETikET

• Moet nooit ’n persoon met ’n siggestremdheid

op sy/haar eie agterlaat

terwyl julle nog gesels nie . Sê vir hom/

haar dat jy wegbeweeg en kondig weer

jou teenwoordigheid aan wanneer jy

terugkom .

• Vra voordat jy van hul besittings skuif

na ander plekke en verduidelik waarom

dit nodig is . Maak seker dat hy/sy hul

eiendom saamneem wanneer julle

wegbeweeg .

• Indien jy in ’n besigheidsituasie op

geskrewe wyse met ’n persoon met ’n

siggestremdheid moet kommunikeer,

maak seker dat dit in alternatiewe

formaat beskikbaar is, soos byvoor

beeld Braille, grootdruk of ’n

klankproduksie .

• Maak seker dat deure nie op skrefies

oop is nie . Vermy voorwerpe wat op

die grond rondlê, want die persoon kan

daaroor val .

17

Dowe mense (Dowes) of persone met

gehoorgestremdheid *

Nie almal wat hardhorend is, is heeltemal

doof nie . Daar is verskeie grade van

doofheid . Persone met ligte, matige,

ernstige of diepgaande verlies van gehoor

kan gehoorapparaat gebruik, maar vind

ook die lees van lippe nuttig of maak

van Suid-Afrikaanse Gebaretaal gebruik .

Daar is verskeie maniere om met dowe

mense of persone wat hardhorend is te

kommunikeer .

Elkeen van ons lees soms lippe,

veral in lawaaierige omstandighede .

Gesigsuitdrukkings kan ook tydens ’n

gesprek bydra tot begrip en om inligting

te verskaf .

• Die lees van lippe vereis vaardigheid

en konsentrasie en kan vir die

lipleser uitputtend wees

• Verskillende woorde lyk baie

na mekaar op die lippe .

• Sommige klanke word agter in

die keel gevorm en is dus nie

sigbaar op die lippe nie .

18

Hoe om te help:

kOMMunikASiE

• Om met ’n gesprek te begin, kan jy die

persoon se aandag trek deur liggies aan

sy/haar skouer te raak, te beweeg na

waar hy/sy jou kan sien, of deur ’n klein

handgebaar .

• Dit is noodsaaklik dat die persoon jou

sien voordat jy met die gesprek begin,

anders sal die eerste deel van die

gesprek verlore gaan .

• Maak oogkontak voordat daar met ’n

gesprek begin word .

• Dit is beter om nie ’n aanname te maak

oor hoeveel iemand wel kan hoor

nie – vra of hulle jou verstaan het en

hoe hard jy moet praat . Vra ook wat

die beste manier is om met hulle te

kommunikeer .

• Vermy dit om te hard te praat om gehoor

te word en moenie skree nie, veral nie

wanneer sensitiewe inligting ter sprake

is nie . As jy jouself nie verstaanbaar kan

maak nie, skryf neer wat jy wil sê .

• Handgebare kan nuttig wees, maar maak

daarvan gebruik soos in enige ander

gesprek . Dit is nie nodig

om te oordryf nie - dit

kan die betrokkenes in

die verleentheid bring .

• Maak seker dat jy verstaan

word – moenie

bang wees om te vra

nie . Dit is beter om die

dowe persoon te vra

of hy/sy verstaan het

of hulp benodig, as om

verkeerde aannames te

maak .

* Inligting saamgestel met behulp van NCPPDSA, NID en DOOFSA

Dowe mense (Dowes) of persone met

gehoorgestremdheid

• Hou sinne kort en gebruik volledige

sinskonstruksies . Verander die segswyse

eerder as om sinne te herhaal .

• Praat duidelik sodat die persoon kan

sien en jou lippe kan lees . Gebruik ’n

normale stemtoon .

• Gebruik gesigsuitdrukkings wat

ooreenstem met die onderwerp en

stemming van die gesprek .

• Gebruik eenvoudige gebare om jou

boodskap oor te dra .

• Dui onvoorsiene gebeure aan, bv. ’n

skielike geluid .

• Die dowe persoon kan ’n gebaretaalinterpreteerder

hê wat jou woorde sal

vertolk . Moet in hierdie geval nie die

tolk aanspreek nie, maar praat direk

met die dowe persoon .

ETikET

• Moenie rook, kougom kou of jou hare

oor jou gesig laat val tydens ’n gesprek

nie, aangesien dit die lees van lippe

bemoeilik .

• Moenie tydens ’n gesprek wegkyk nie,

aangesien dit die einde van die gesprek

aandui .

• Beperk agtergrondgeraas tot ’n

minimum vir diegene wat hardhorend

is . Dit sal hulle help om beter te hoor .

• Soms is dit nodig om harder te praat.

Respekteer altyd die persoon met

gehoorgegestremdheid se privaatheid .

Gesels op ’n stil plek buite hoorafstand

van ander as persoonlike of sensitiewe

sake bespreek word .

Baie mense kan aan gesprekke deelneem

deur ’n gehoorapparaat te gebruik of

lippe te lees:

• Maak oogkontak met die dowe persoon

wanneer jy met hom/haar praat .

• Hou jou gesig en lippe sigbaar deur

in die lig te bly . Moenie met jou

rug na die lig staan nie, aangesien

jy dan in die skaduwee sal wees .

• Moenie te vinnig praat nie. Die gesprek

moet duidelik en logies wees . Moenie

skielik van een onderwerp na ’n ander

spring nie . Wees natuurlik en moenie

op ’n oordrewe manier praat nie .

• Onthou dat die persoon jou gesig moet

kan sien terwyl julle kommunikeer . As

jy dus moet wegdraai, moenie aanhou

praat nie, sodat die persoon nie die

gang van die gesprek verloor nie .

Lê geduld aan die dag en neem tyd om te kommunikeer

MOEniE: oordrewe gebare gebruik of jou mond bedek terwyl jy praat nie

19

Mense met spraakgestremdheid

Verskeie faktore kan spraak- en taalgestremdheid

tot gevolg hê . Normaalweg

hou spraakgestremdheid nie verband

met verstandelike gestremdheid nie .

Moet dus nie aanvaar dat persoon met

’n spraakgestremdheid ook ’n leer- of

verstandelike gestremdheid het nie .

Behandel hom/haar net soos enige ander

persoon .

20

Hoe om te help:

kOMMunikASiE

• Die sleutel tot doeltreffende kommuni

kasie met persone met spraakgestremdheid

is om te fokus op dit wat

hulle sê en nie op die manier waarop

hulle dit sê nie .

• Geduld is baie belangrik. Toon dit

deur jou stem en lyftaal, maar moenie

neerhalend wees of jou aanmoediging

oordryf nie .

• Moenie die persone korrigeer of hulle

sinne namens hulle voltooi nie . Jy weet

dalk wat hulle wil sê, maar ontmoedig

hulle deur oor te neem . Laat hulle vir

hulself praat!

• Stel een vraag op ’n keer. As jy vrae stel

wat ingewikkelde antwoorde vereis,

kan jy dit in verskillende punte verdeel

wat kort antwoorde vereis .

• Praat duidelik en teen ’n rustige tempo,

maar nie op ’n oordrewe stadige wyse

nie . Onthou: Spraakgestremdheid

beïnvloed nie noodwendig begrip nie .

• Moenie maak asof jy verstaan wat

die persoon sê om hom/haar beter te

laat voel nie – eerlikheid is die beste

benadering . Vra eerder om verskoning

en vra hulle om te herhaal wat gesê is .

• Ten einde te verseker dat jy WEL

verstaan wat gesê is, sê hoe jy dit

verstaan het en vra of dit korrek is .

Psigiatriese en intellektuele Gestremdheid

Geestesversteurd, sielsiek of psigiatries

gestremd is verskillende benamings vir

dieselfde toestand . Dit kan ’n steurnis van

emosies, waarnemingsvermoë, gedagtes,

wilskrag, geheue of gedrag behels .

Psigiatriese gestremdheid kan enigiemand

affekteer en geen spesifieke oorsaak is al

geïdentifiseer nie .

As die brein beskadig is en nie meer optimaal

funksioneer nie, het die persoon ’n

intellektuele gestremdheid . Intellektuele

gestremd heid kan enige persoon affekteer .

Talle moontlike oorsake van intellektuele

gestremdheid is al geïdentifiseer, maar

dikwels kan geen spesifieke oorsaak

gevind word nie .

• Een uit vier van ons sal op die een

of ander stadium in ons lewe ’n

psigiatriese gesondheidsprobleem

ontwikkel en die meeste van

ons sal ten volle herstel .

• Die grootste struikelblok vir

persone met ’n psigiatriese

gesondheidsprobleem is die

houding van ander teenoor hulle .

• ’n Psigiatriese gesondheidsprobleem

is dikwels verskuil .

• Baie persone met psigiatriese

gesondheidsprobleme is in beheer van

hul lewe, terwyl ander voortdurende

ondersteuning nodig het .

Hoe om te help:

kOMMunikASiE

• Persone met psigiatriese gestremdheid

het nie noodwendig ’n intellektuele

gestremdheid nie . Moet dus nie aanvaar

dat hulle jou nie verstaan nie .

• Kommunikeer met die persoon soos

met enigiemand anders . Moenie enige

voorveronderstellings hê oor wat jy

meen hulle wel sal verstaan nie .

• Wees geduldig, maar nie neerhalend

nie .

• Vermy ingewikkelde woorde en termino

logie en hou die gesprek duidelik

en op die man af .

• Vra vrae op verskillende maniere en

kyk of jy dieselfde reaksie kry .

• Gebruik, indien nodig, kommunikasiehulpmiddels

soos simbole of prente .

ETikET

• Wees ontvanklik, ondersteunend en vol

begrip .

• Wees geduldig en moenie die persoon

onder druk plaas om jou vrae vinnig te

beantwoord nie .

• Probeer elemente wat spanning veroorsaak,

soos byvoorbeeld ’n ver trek

vol mense, flitsende ligte of raserige

musiek, uitskakel .

• As die persoon ’n versorger het, praat

eers met die persoon en daarna met die

versorger .

21

Mense met gesigverminking/gesiggestremdheid

Mense met gesigverminking ervaar dikwels

ongemak omdat die samelewing hulle nie

aanvaar soos hulle is nie . Hou in gedagte

dat hierdie persone dikwels angstig of

sensitief is en ’n lae selfbeeld het .

Jy kan ’n positiewe wisselwerking met

hulle teweegbring deur op die persoon

te fokus, eerder as op ’n persoon met ’n

verminking .

22

Hoe om te help:

kOMMunikASiE

• Moenie staar nie. Kyk na hulle net soos

jy na enige ander persoon sou kyk .

• Fokus op wat die persoon besig is om te

sê, eerder as op hoe hy/sy lyk . Moenie

wegdraai nie en gee jou volle aandag

tydens ’n gesprek .

• Moenie toelaat dat jou ongemak

die gesprek beïnvloed en hulle ook

ongemaklik maak nie .

• Mens se voorkoms is maar veldiep:

Onthou dat hulle buiten hul verminking

mense met normale behoeftes is .

Erkennings

Menseregte en Gestremdheid . Uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Menseregte

Kommissie (www .sahrc .org .za) .

Voorkeurterminologie. Uitgegee deur die Nasionale Raad vir Persone met Fisieke

Gestremdheid in Suid-Afrika (www .ncppdsa .org .za) .

Opleidingshandboek: Die integrasie van alle mense wat gehoorverlies ondervind.

Uitgegee deur die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdheid in Suid-Afrika (www .

ncppdsa .org .za) en die Nasionale Instituut vir Dowes (www .deafnet .co .za) .

Wat om te doen wanneer jy ‘n blinde persoon ontmoet. Uitgegee deur die

Nasionale Raad vir Blindes (www .sancb .org .za) .

Verwelkom gestremde kliënte. Uitgegee deur die Werknemersforum vir

Gestremdheid (www .employers-forum .co .uk) .

Gids vir kommunikasie met gestremde persone. Uitgegee deur die Werknemersforum

vir Gestremdheid (www .employers-forum .co .uk) .

Gestremdheid en Maatskaplike Verandering. ’n Suid-Afrikaanse Agenda.

Watermeyer, B ., L . Swartz, T . Lorenzo, M . Schneider en M . Priestly (redakteurs) . 2006 .

Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Kaapstad .

Gestremdheidsbewustheid – Doen dit reg! Die alles-in-een gids. Wenke,

tegnieke en riglyne vir ’n suksesvolle bewusmakingsdag deur Die ragged Edge-

Aanlyn-Gemeenskap. Johnson, M . (redakteur) . 2006 . Avocado Press Louisville .

Engela Nel . APD Wes-Kaap . engela@apd-wc .org .za .

Nasionale Instituut vir Dowes (NID) .Tel: (023) 342 5555 . http://www .deafnet .co .za/

23

Robert Crisp is in 1960 op ’n klein myndorpie in die hart van

Suid-Afrika gebore . Gedurende sy skooljare het hy gereeld sy

klasmaats met snaakse strokiesprente vermaak .

Nadat hy twee jaar lank Nasionale Diensplig, as lid van die

Valskermbataljon gedoen het, het hy ’n paar jaarlank met ’n

rugsak deur Europa getoer, waar hy sy vrou, Eilat, ontmoet

het . Robert is ook ’n persoon met gestremdheid – hy het in

1986 sy nek gebreek . Hy en Eilat woon in Johannesburg, waar

hy as professionele strokiesprentkunstenaar werk .

‘Ek neem mense voortdurend waar. Dít, saam met die begeerte

om te kyk presies hoe akkuraat ek ‘n magiese moment kan

vasvat op papier, is die dryfveer vir my voortdurende soeke na

nuwe idees’.

www .rjcrisp .co .za | crisp@artslink .co .za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!