04.05.2013 Views

Kragpunt Individuele Aktiwiteite

Kragpunt Individuele Aktiwiteite

Kragpunt Individuele Aktiwiteite

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kragpunt

Indiwiduele Onderwys Materiaal

Ouderdomme 10-12 or 14

Jaar B, Tweede Kwartaal 2013

‘n Aanvullend Sabbatskool Bronmateriaal vir Leiers/Onderwysers van Juniors

GraceLink Sabbatskool Leerplan

Kragpunt Jr B K 2 Les 1

Gereedheidsaktiwiteit

Dink in groepe van nie meer as vier nie aan ten minste 10 eienskappe wat julle in ‘n vriend

waardeer en selfs verwag. Nommer hulle dan in volgorde van belangrikheid en begin by 1 (vir die

belangrikste) tot 10 (vir die minste belangrike).

Belangrikheid

Volgorde

Eienskappe wat julle in ‘n vriend waardeer en selfs verwag

Kragpunt Jr B K 2 Les 1

Gebed: Plaas in ’n Veseëlde Boks

Op ‘n stukkie papier , laat die studente die name van hulle vriende en geliefdes

wat dalk deur moeilike tye gaan skryf.

Kragpunt Jr B K 2 Les 1

Bybelontdekking: “Goeie Ondersteuning” of “Swak/Geen

Ondersteuning”

Vind waarin iemand goeie ondersteuning aan iemand anders verleen het en twee

voorbeelde waar iemand nagelaat het om goeie ondersteuning aan andere te gee.

Watter voorbeelde het julle gevind?

“Goeie Ondersteuning” “Swak/Geen Ondersteuning”

Lukas 5:17-26 Johannes 5:1-7

Lees hardop: Hoe hou die verse verband met die gevalle wat ons hierbo gelees

Romeine 15:1, 2

Galasiërs 6:10

Prediker 4:9-12

Kragpunt Jr B K 2 Les 2

Gereedheidsaktiwiteit: Siekte Opname

Vra die studente om ‘n opname onder hulleself te doen oor hoe hulle gevoel het

toe hulle siek was en watter soort dinge hulle gedoen het en waaroor hulle gedink

het.

Hoe siek was jy?

Hoe lank was jy siek?

Siekte Opname

Opname Opname Reaksies

Wat het jy lus gehad om te doen?

Waarvoor het jy nie lus gehad om te

doen nie?

Waaroor het jy gedink?

Wat het jy gedoen?

Wie het vir jou gesorg?

Wat het jy gedoen om vir andere te

sorg?

Kragpunt Jr B K 2 Les 3

Ervaar die Verhaal: Kruisiging

Lees Lukas 24:1 –12. Skryf neer (of teken ’n prent) hoe julle voel oor wat julle nou

net gehoor en gesien het.

Dagboek Inskrywing:

Prent:

Kragpunt Jr B K 2 Les 3

Ervaar die Verhaal: Bybel Toneeltjie

Hy Leef!

[Ervaar die Verhaal, Les 3]

Storieverteller: Die aarde het teen dagbreek daardie Sondag, die eerste dag van die week, geskud. Maria

Magdalena, Maria die moeder van Jesus, en Salome het hulle speserye gedra en was oppad

na die graf buitekant Jerusalem. Hulle was oppad om die liggaam van die Here te

gaan salf.

Maria Magdalena: Susters, wie gaan die klip vir ons wegrol?

Storieverteller: Niemand het ‘n antwoord gehad nie, maar toe hulle die graf kon sien, het hulle gesien dat

die klip alreeds weggerol was. Die ingang was oop: donker, oop, en leeg. Senuweeagtig

het hulle ingegaan. Dit was leeg! Die liggaam was weg! Skielik het twee manne in wit

klere verskyn. Die vroue was vreesbevange.

Eerste Engel: Waarom soek julle die lewende tussen die dooies?

Tweede Engel: Kom kyk na die plek waar Hy gelê het. Kyk, Hy is nie hier nie. Hy het opgestaan, net soos

wat Hy vir julle gesê het.

Storieverteller: Maar Maria Magdalena het nie gaan kyk nie. Sy het haar speserye neergegooi, haar rok

opgelig en sonder ‘n woord teruggehardloop na die stad.

Maria Magdalena: (Storm by die bovertrek in) Petrus, hulle het die Here gesteel, en ons weet nie waarheen

hulle Hom geneem het nie.

Petrus en Johannes: Petrus hardloop uit die kamer na die graf, met Johannes kort op sy hakke. Maria volg

hulle terug na die graf.

Petrus en Johannes: (Kom uit die graf, knip hulle oë en skud hulle koppe in verwondering)

Petrus: Weg! Dis snaaks. Die begrafnisdoeke is deurmekaar, maar die doek wat om Sy kop was is

in die hoekie, netjies opgevou. Dit is baie snaaks!

(Petrus en Johannes gaan uit die graf en terug na die stad. Maria bly agter. Met

trane wat oor haar wange rol, struikel sy na die graf, en draai dan snikkend weg.)

Jesus: (Verskyn naby die graf) Vrou, waarom huil jy? Wie soek jy?

Maria Magdalena: Asseblief, Meneer, as jy Hom weggeneem het, sê tog net vir my en ek sal Hom wegneem.

Jesus: Maria.

Maria: (Steek haar arms na Hom uit en roep uit) Meester, my Meester!

Jesus: Staan terug) Maria, moenie aan my raak nie. Ek het nog nie na My Vader opgevaar nie.

Gaan terug na My vriende, My dissipels, en sê vir hulle dat ek na My Vader en jou Vader

gaan, na My God en jou God.

Maria: (Storm die bovertrek binne) Hy het opgestaan! Hy het opgestaan! Ek het Hom met my eie

oë gesien!

(Aangepas uit Walter Wangerin, Jr., The Simple Truth A Bare Bones Bible [Indianapolis, Ind.: Nickel Press, 1996], bl.

137-141.

Kragpunt Jr B K 2 Les 3

Bybelontdekking

Tien verskillende verskynings van die opgewekte Here word in die Nuwe Testament

opgeteken.

Skryf neer aan wie Jesus verskyn het en wanneer.

Bybel Verwysings Aan wie Jesus verskyn Wanneer

Johannes 20:11-18;

Markus 16:9-11

Matthéüs 28:1-10

Lukas 24:34;

1 Korinthiërs 15:5

Lukas 24:13-35;

Markus 16:12, 13

Johannes 20:19-24

Markus 16:14-18; Lukas 24:33-

40; Johannes 20:26-28

Johannes 21:1-23

1 Korinthiërs 15:6;

Matthéüs 28:16-20

1 Korinthiërs 15:7

Markus 16:19; Lukas 24:50-52;

Handelinge 1:4-10

Kragpunt Jr B K 2 Les 4

Gereedheidsaktiwiteit: Bybelse Sendelinge

Vra elke student om ‘n lys te maak van ten minste drie Bybelse karakters wie

sendelinge was, in hulle eie gemeenskappe of in vreemde lande.

No Bybel Karakter Wat het hulle gedoen...

1 Paulus, Preek

2

3

4

5

6

Kragpunt Jr B K 2 Les 4

Deel die Les

Beeswagter van Soedan

[Ervaar die Les, Les 4]

Josef het baie kort swart hare en ‘n pragtige blink swart vel. Josef behoort aan die Dinka stam in suidelike Soedan. Hierdie stam trek van plek tot

plek om weiding vir hulle beeste te vind. Beeste is hulle waardevolste besittings.

Sewe Jaar Oud

Toe Josef 7 jaar oud was, het hy in ‘n klein dorpie in Suid Soedan gewoon nie ver van die Wit Nylrivier nie. [Kry dit op die kaart.] Dit is ‘n gebied

waar daar met beeste geboer word, omdat dit wye, groen grasvlaktes, hoë bosse, en koel, skaduagtige plantasies het.

Vandat Josef kan onthou, het hy elke oggend voor sonop opgestaan, sy broek en hemp aangetrek en na buite gegaan. Josef het gehou van die

vroeg oggend reuke en geluide. Die lug het na rook van brandende hout geruik en ontbyt wat in die klein kookskerm gekook word. Hane het

gekraai, en die beeste het sagte geluide gemaak terwyl hulle wakker geword het.

Josef se huis wat ‘n tukul [TOO-kul], genoem was, was ‘n hut wat van pale wat met modder bedek was en met ‘n grasdak. Die vloer was harde

grond. Hy en sy familie het op geweefde matte wat op die vloer gelê het, geslaap.

Josef se pa het ‘n groot trop beeste gehad - meer as ‘n duisend. Net nadat hy ‘n stukkie brood geëet en ‘n warm drankie gedrink het, het hy

gehardloop om die ander seuns te ontmoet wat die koeie uitgeneem het om te gaan wei.

Josef se broers en nefies het gehelp om die beeste na die vars groen gras te lei om te gaan wei.

Twee jaar later, toe Josef 9 was, het hy begin skoolgaan en geleer om te lees en te skryf. Hy het net deeltyds skool toe gegaan en deeltyds die

beeste opgepas.

Veertien Jaar Oud

Toe Josef 14 was, het die oorlog in Soedan na sy gebied versprei. Die dorpskool is gesluit en Josef was gestuur om die beeste voltyds op te pas.

Omdat hy die oudste van sy neefs en broers was, was hy in beheer van al die beeste en al die ander beeswagters.

Josef het die beeste na ‘n weiveld gelei en ‘n plek gekies waar daar baie gras vir die trop beeste was. Daarna het hy en die ander seuns rondom

die trop beeste uitgesprei sodat hulle nie kon wegdwaal waar daar gevaar was nie. Hulle het hulle oë oopgehou vir wilde diere; leeus, hiënas, en

luiperds.

Om homself en die beeste te beskerm, het Josef ‘n knopkierie en ‘n spies, wat ‘n kokap, genoem was, gedra. Josef het die spies gebruik om vis in

die rivier of meer dood te maak. As ‘n wilde dier hom aangeval het, kon hy dit ook gebruik om die dier dood te maak.

Josef het nie vir hom middagete na die weiveld saamgeneem nie. In plaas daarvan het die seuns enigiets wat hulle kon vind of vang, geëet. Soms

het hulle vis gevang met hulle spiese en dit oor ‘n vuur gebraai. Soms het hulle in ‘n klapperboom geklim en van die vrugte gepluk en geëet. Josef

het geweet watter wortels hulle kon eet. Een wortel wat hy geniet het, was kai genoem. Dit het amper soos ‘n wortel geproe. Nog ‘n wortel wat

die seuns uitgegrawe het, was alos. Hulle het hierdie vars groente geëet terwyl hulle gewerk het.

Josef het die son dopgehou soos wat dit deur die blou lug beweeg het, en wanneer die naby die horison gekom het, het hy die seuns geroep en

het hulle die beeste teruggeneem na die dorpie en hulle vir die nag in die stalle gejaag. Dikwels terwyl hulle vir aandete gewag het, het die seuns

adier gespeel, ‘n speletjie wat amper soos sokker of hokkie is. Hulle het in twee spanne verdeel en probeer om doele by die ander span se

doelpale aan te teken. Hulle het nie ‘n sokkerbal gehad nie, en het sommer met ‘n houtbal gespeel. Die bal was hard en kon regtig seermaak

wanneer dit een van die seuns getref het.

Na die speletjie, het die seuns huis toe gegaan vir ‘n aandete van mieliepap en melk.

Josef Word Groot

As gevolg van die oorlog moes baie mense uit hulle dorpies trek na ander gebiede waar dit veilig was. Baie van hulle het na Khartoum, die groot

stad in die noordelike deel van die land gegaan.

Josef het sy klein dorpie verlaat en ver van die huis weggegaan om veilig te wees van die oorlog. Hy het na Ethiopië gevlug. [Vind op die kaart.]

Terwyl hy in Ethiopië was, het Josef van Jesus geleer. Hy het ontdek dat Jesus hom so lief gehad het dat Hy vir hom gesterf het. Hy het geleer dat

Jesus binnekort gaan terugkom om almal wat Hom liefhet te kom haal om saam met Hom in die hemel te gaan woon, waar daar nie meer oorlog

en vlugtelinge sal wees nie!

Toe die kerk vir vrywilligers gevra het om die boodskap van Jesus se liefde na dorpies te neem waar mense nog nooit van Jesus gehoor het nie, het

Josef ingewillig om te gaan. Vandag is hy ‘n werker vir Jesus in ‘n gebied wat die New Cush genoem word. Hy was gewoond daaraan om sy vader

se beeste op te pas, maar vandag pas hy God se skape en lammertjies op, om te sien dat hulle veilig is teen Satan

(Herduk uit Kindersending, Vierde Kwartaal, 15 November 1997)

Kragpunt Jr B K 2 Les 5

Bybelontdekking

Vind die teks en ontdek wie praat en wie hulle glo Jesus is.

Bybel Verwysings Wie is die persoon en wat het hul oor

Jesus geglo?

Lukas 1:30-35

Lukus 2:25-32

Matthéüs 3:17; 17:5

Markus 1:1

Johannes 1:34

Johannes 1:49

Johannes 11:24-27

Matthéüs 14:29-33

Markus 8:29

Markus 15:39

Kragpunt Jr B K 2 Les 5

Toepassing van Les:Scenarios

Lees en bespreek die volgende scenario’s met u studente.

1. Jy het vriende gemaak met Alexander. Alexander se godsdiens leer van God, maar nie

van Jesus as God nie. Hulle glo dat Jesus ‘n goeie man was, ‘n profeet. Eendag vra

Alexander vir jou waarom jy glo dat Jesus die Seun van God was. Hy wil weet waarom dit

so belangrik is om te glo dat Jesus die Seun van God is as jy slegs jou lewe deur goeie

Morele waardes leef en probeer om mense te help soos wat Jesus gedoen het. Wat sê jy

vir jou vriend?

2. Trisha se mamma is ‘n jaar gelede oorlede. Sy mis haar nog steeds baie. Voor Trisha se

Mamma dood is, het haar pappa nie kerk bygewoon nie, maar nou het hy begin om saam

met haar te kom en is besig met Bybelstudies. Trisha sê vir jou dat sy nog steeds kwaad

voel vir God omdat Hy haar mamma laat doodgaan het. Wat kan jy vir Trisha sê dat haar

dalk sal laat sien hoe God in hierdie situasie verheerlik kan word?

Kragpunt Jr B K 2 Les 5 Aktiwiteit 3

Deel die Les: Maak die Wêreld Gesond

Gee vir die studente elkeen ‘n hegpleister en vra hulle om ‘n gebed vir die wêreld

daarop te skryf.

Kragpunt Jr B K 2 Les 6

Gereedheidsaktiwiteit A: Opname Sê!

Maak ‘n opname van ten minste 25 persent van die student in u klas. Vra

elkeen wie hulle dink Jesus is, en hoekom. Tabuleer al die antwoorde dan in volgorde.

Begin by die mees algemeenste siening.

Wie dink jy is Jesus , en hoekom?

Kragpunt Jr B K 2 Les 6

Ervaar die Verhaal : Vra

Lees Matthéüs 16:19. Wat dink julle stel die sleutels voor wat Jesus oor praat?

Skryf Jesus se woorde op jou sleutels.

Kragpunt Jr B K 2 Les 8

Bybelondekking

Die Bybel gebruik verskillende simbole om te wys dat God vir ons omgee deur Sy

beskerming. Kom ons vind die tekste en ontdek wat hul beteken.

Psalm 9:9

Psalms 61:1,2

Alternatief

Soek die volgende verse in jou Bybel en besluit watter deel of dele van God se wapenrusting

Jesus gebruik het toe Hy versoek was:

Lukas 4:1-4

Lukas 4:5-8

Lukas 4:9-12

Kragpunt Jr B K 2 Les 8

Toepassing van Les

Manuskrip

(Joe raak wakker, gaap, rek, en krap. Staan op en maak kas se deur oop.)

Leser: “Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van

onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.”

Joe: Julle weet, dit gaan vandag baie warm wees. Ek dink ek sal net dit dra wat ek aanhet. (Hy gryp ‘n

rugsak en gaan na die deur.)

(Vriend 1 kom in, dra ‘n rugsak en ‘n spuitbottel)

Joe: (Stop Vriend 1) Haai, wat doen ons vandag in Biologie?

Vriend 1: O, dit is regtig goed. Mnr Evers wys hierdie video oor evolusie en die groot ontploffing teorie. (Hy

spuit Joe in die gesig en kop met die spuitbottel.) Dan praat hy oor hoe ons uit ‘n vis ontstaan het.

(Hy spuit Joe se bors.) Nogal baie interessant.

Joe: Wel, ek glo nie in evolusie nie, maar miskien sal dit ‘n goeie video wees.(Vriend 1 gaan uit en loop

verby Joe. Joe bewe ‘n bietjie van sy klam T-hemp. Vriend 2 kom in, dra ‘n tydskrif en spuitbottel.)

Vriend 2: Joe, jy moet hierdie prent sien! (Hy wys hom die middel van die tydskrif. Joe neem die tydskrif en

Vriend 2 spuit hom met die spuitbottel.) Mooi, nê!

Joe: Ek weet nie ... ek bedoel, jy moet regtig nie hierdie soort goed lees nie. (Vriend 2 gee hom nog ‘n

spuit.) Maar sy is darem mooi!

Vriend 2: Ja, ek sal later vir jou die res wys! (Gaan uit.)

Joe: Brrrr. Dit word nogal ‘n bietjie koud. Ek het gedink dat dit vandag warm gaan wees!

(Vriend 3 kom in, dra spuitbottel.)

Vriend 3: Joe, jy moet hoor wat jou “vriend” Zach van jou sê! (Hy spuit Joe.) Dis nou kamma ‘n vriend, nê!

(Hy gee nog ‘n spuit.) As ek jy was, sou ek regtig kwaad gewees het! Wat ‘n skurk! (Hy spuit hom

weer voordat hy loop.)

Joe: (Bewe) Waarom kry ek so koud?

Leser: “Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van

onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.”

(Aangepas uit Youth Worker’s Encyclopaedia: NT [Loveland, Colo.: Group Publishing, Inc., 1994], bl. 265, 266. Met

toestemming gebruik.)

Psalm 34:10

Markus 9:23

Johannes 14:13

Markus 10:27

Titus 1:2

Psalm 84:11

Matthéüs 6:30

Jesaja 41:17

Jesaja 40:29

Matthéüs 11:28

Kragpunt Jr B K 2 Les 9

Bybelontdekking

Kragpunt Jr B K 2 Les 10

Gereedheidsaktiwiteit A

Lees Matthéüs 6:14, Jesaja 44:22, en Matthéüs 18:35, en sit dan ‘n regmerkie by die

definisie vir vergifnis waarmee u die meeste saamstem.

Regmerkie Definisie

Jy moet andere vergewe voordat God jou sal vergewe.

God vergewe en vergeet.

Jy sal vergewe word solank jy net nie weer dieselfde fout

maak nie.

Wanneer jy vergewe is, is dinge presies dieselfde soos

voordat jy sonde gedoen het.

Kragpunt Jr B K 2 Les 10

Bybelontdekking

Vind ander voorbeelde van genade in die Bybel en berei ‘n kort gebarespel daarvan voor. Laat

elke groep dan hulle gebarespel doen en kyk of die res van die klas kan agterkom wat die

gebeurtenis is. Gebruik die volgende teksverse om jou te help:

Bybel Verwysing Gebarespeel Karakters

1 Konings 18

Jona 1-4

Matthéüs 14:22-33

Markus 6:31-44

Lukas 19:1-10

Johannes 8:1-11

Kragpunt Jr B K 2 Les 11

Ervaar die Verhaal

Daar is dele van hierdie verhaal wat spesifieke betekenis het. Laat die studente

die betekenis opsoek en bepaal in:

Bybel Verwysing Die Betekenis

1 Konings 19:19-21 en 2 Konings 1:1- 8

Exodus 14:21 en Josua 3:13-17

Kragpunt Jr B K 2 Les 11

Toepassing van Die Les: Scenario

Gee vir elke groep een van die volgende scenario’s om te lees en as ‘n groep te bespreek.

1. Dawid wou altyd mense help wanneer hy groot word en dit het gelyk asof om ‘n dokter

te word die beste manier sou wees om dit te doen. Hy dink dat God wil hê dat hy

‘n dokter moet wees, maar hy raak naar wanneer hy bloed sien. Hoe kan God se Gees

vir Dawid die krag gee om vir Hom te leef en te werk?

2. Stella weet sy werk vir God wanneer sy haar mamma met haar drie jonger broers en

susters help. Party dae werk hulle egter so op haar senuwees dat sy net haarself in

haar kamer wil toesluit. Ander kere kan sy nie saam met haar vriende gaan en doen

wat sy wil doen nie, omdat sy by die huis moet help. Dit maak haar kwaad. Hoe kan

God se Gees vir Stella die krag gee om vir Hom te leef en te werk?

3. Michael gaan saam met sy mamma kerk toe omdat sy pa nie ‘n Christen is nie. Soms

probeer sy pappa dat hy nie moet kerk toe gaan nie en iets spesiaal saam met hom te

doen as hy by die huis sou bly. Hoe kan God se Gees vir Michael die krag gee om vir

Hom te leef en te werk?

Kragpunt Jr B K 2 Les 12

Bybelontdekking

Olie was in die Bybelse tyd ‘n belangrike ding. Laat die studente die volgende tekse opsoek om

te bepaal hoe olie gebruik was.

Bybel Verwysing Hoe was olie gebruik.

Exodus 27:20

1 Konings 17:12

Lukas 10:34

Exodus 29:7-9

1 Samuel 10:1; 1 Samuel 16:13

Jakobus 5:14

Kragpunt Jr B K 2 Les 12

Deel die Les

Sny die sirkel en plak dit op katon. Laat hulle dit versier met die kragpunt en gepaste ontwerpe.

Sit ‘n stuk magnetiese band aan die agterkant. Vra hulle om hulle skeppings hierdie week vir iemand

te gee wat moet verstaan en glo in God se voorsiening van genade wat nooit ophou nie.

‘n Sirkel het geen einde nie, net soos wat die voorsiening van

God se genade nie ‘n einde het nie.

Kragpunt Jr B K 2 Les 13

Gereedsheidaktiwiteit: Opname van Genade

Laat studente na die kerkingang gaan en ‘n kort onderhoude met ten minste drie volwasse lede

wat die kerk binnekom voer. Na vyf minute moet die studente terugkom na die klas, gereed om

hulle bevindinge te deel.

STEM STEM NIE OPNAME VRAE

1. Daar is niks wat ek kan doen om verlossing te verdien nie.

2. Hoe meer ek God se reëls gehoorsaam, hoe makliker sal ek

gered word

3. Ek weet dat God my liefhet, dit maak nie saak wat ek doen nie.

4. God het my lief selfs wanneer ek sonde doen.

Kragpunt Jr B K 2 Les 13

Ervaar die Verhaal

Lees die volgende skriftuurlike gedeeltes en bespreek dan wat hulle ons vertel van God en die

soort houding wat ons moet aanneem wanneer ons bid:

Psalm 145:18

Daniël 9:18

Matthéüs 6:5-13

Jakobus 5:13-18

Kinder-Sabbatskool Materiaal Ontwikkelings Departement

Transvaal Konferensie van die Sewendedag-Adventistekerk

Adventsentrum

Oxfordweg 131, Bedford Gardens, 2007

Tel (011) 6166800 Fak (011) 6166006

Epos: tc.gracelink@sdachurch.co.za

tc.chmin.dir@sdachurch.co.za

www.tcadventist.org.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!