04.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

Transkripsie van Kasset B 087B

Teksvers uit 1953 Vertaling.

Proeflees: Sarie le Roux.

Pas Op

Waak en Bid!

Is u gereed?

F.W.C. Neser M.Sc.

1

Pas Op Waak en Bid !

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: 012 379 8954

E-pos: ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

Webtuiste: www.israelmusthear.co.za

Kantoorure: Maandag tot Donderdag,

09h00-12h00

Drukker: Minit Print Pretoria Noord

Tel: 012 565 5288

Fax: 012 565 5289

E-pos info@minitprint.biz

Nuwe Druk 2010

ISBN 978-1-920298-41-8

2

Pas Op Waak en Bid

Ons lees uit die HERE se dierbare Woord, uit die Evangelie van Lukas.

Lukas 12:35-48;

35 LAAT julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.

36 En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy

van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak

as hy kom en aanklop.

37 Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as

hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan

tafel laat gaan en hulle kom bedien.

38 En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind

-- gelukkig is daardie diensknegte.

39 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou

kom, dan sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

40 Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens

kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

41 Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of

ook vir almal?

42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige

bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle

rantsoen op tyd te gee?

43 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig

sal vind.

44 Waarlik, Ek sê vir julle: hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom,

en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet

en drink en dronk word,

46 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit

nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom

pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.

47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie

klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae

geslaan word.

48 Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien,

sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is,

van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou

het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

Ons lees tot daar en mag die HERE sy Woord aan ons harte seën.

Geliefdes, ek wil met u ‘n paar gedagtes deel aangaande die waarskuwing

van onse Here Jesus omtrent sy Wederkoms.

3

Ek wil saam met u na ‘n paar van hierdie aspekte kyk. En dat die HERE

dan deur sy woord in u hart en in my hart kyk, en kyk of ons gereed is. Het

die HERE nie vir ons al baie voorregte en baie geleenthede gegee, om ons

saak in orde te bring, en so is ook hierdie aand nog so ‘n geleentheid.

Mag ons dan genade vind, dat na hierdie diens, sou die Here Jesus

miskien in hierdie nag kom of môre of dit is met sy Wederkoms of deur die

dood of een of ander manier dat ons tyd en geleentheid verby is, mag die

HERE genade gee dat ons vanaand sal weet ek is gereed om die HERE te

ontmoet!

Ons het gelees in die 37ste vers – “Gelukkig is daardie diensknegte vir wie

die Heer wakker sal vind as hy kom, Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom

omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien”.

Dit is vir my so wonderlik, die groot en die heerlike beloftes wat die Here

Jesus maak vir diegene wat gereed is wanneer Hy kom. Kom laat ons nie

kyk na die vrees aspek nie, maar laat ons kyk na die heerlike aspek,

daardie dag wanneer Hy kom, en ons is gereed.

Geliefdes, die HERE gee vir ons die genade, Hy het vir ons die Heilige

Gees gestuur om vir ons te help, om vir ons ‘n Helper te wees, vir ons ‘n

Trooster te wees om ons gereed te maak.

U weet baie keer voel ‘n mens so alleen, en baie keer as jy nie baie

versigtig is nie, kan jy jouself baie maklik oorgee aan selfbejammering. Dit

gebeur dikwels met my, dat ek net moet keer, dat ek net moet onthou

waaraan ek glo, dat jy so dikwels so alleen voel in die waarhede waarvoor

jy staan, dat jy so alleen voel my broer en suster in die Openbaring van

God.

Dan sê ek ag HERE, maar dankie die profete het daardie pad geloop, die

Here Jesus het self daardie pad geloop en U het gesê, en ek sê dit vir die

Here, ek dank die HERE daarvoor, Hy het gesê: “Ek sal julle nie as wese

agter laat nie, Ek kom weer na julle toe. Ek stuur vir julle die Trooster, die

Heilige Gees, Halleluja! Om by julle te bly vir altyd!”

As ons waarlik die Gees van God in ons lewens het, wat hoef ons te vrees,

waarvoor hoef ons bang te wees, waarvoor hoef ons hartseer te wees en

dis dieselfde Heilige Gees wat ons ook gereed maak, en gereed hou om

Hom te ontmoet.

Daarom ek wil saam met u na ons eerste punt kyk, in sy eerste

waarskuwing.

Ons lees in:

Openbaring 2:25;

4

[Sê die Here Jesus deur Johannes daar in sy brief aan die gemeente van

Thiatíre: ]

25 Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.

“Hou maar net vas wat julle het totdat Ek kom!”

My broer en suster, wat het hierdie mense in daardie tyd nie gehad nie, die

HERE sê hou net vas wat julle het, totdat Ek kom.

Geliefdes, wat het u vandag?

Het u die redding van u siel?

Het u die geloof in God?

Het u die geloof in die ganse Raad van die HERE?

Dan wil ek vanaand vir u ook sê: “Hou maar net vas wat u het totdat Jesus

kom!”

Daar is magtige invloede aan die werk in die wêreld vandag, om van ons

weg te neem dit wat ons het! Ek dink so baie keer, as omstandighede vir u

moet uithaal, sê uit hierdie gemeenskap waar ons die HERE nog so vry kan

dien en u moet miskien in eensaamheid kom, geliefdes, dan sal u

agterkom, wat u het, u sal agterkom wat God vir ons gegee het.

U mag miskien in vyandige hande val, ons het verlede Sondag gehoor van

broer Allexie, hoedat hy gearresteer was, hoedat sy Bybel van hom

weggeneem was. Hoedat hulle ou teksies moes opskryf op stukkies

papier. Dit is al wat hulle gehad het, dit was vir my so aandoenlik, waar hy

sê as daar nuwe gevangenes inkom, nuwe mense wat gearresteer is, en

hulle mekaar groet en hulle hoor dit is ‘n Christen, (het dit my so diep in my

hart getref) en die eerste wat ons vir mekaar sê is, watter teks kan jy nog

onthou? Laat ek net sien of daar nog ‘n teksie is, wat ek nog op my

papiertjie kan skryf, want ek het nie meer ‘n Bybel om te lees nie. Daar is

nie meer vrye aanbidding nie.

O, Geliefdes wat het u en ek nie nog vanaand nie? Ons het die voorreg om

nog hierdie ou Bybel te lees, ons het die voorreg om te bid. Hou u vas? Is

u besig om vas te hou wat u het? Dan wil ek vir u sê wanneer Jesus kom:

kyk wat Hy belowe! O, Geliefdes, ek voel so baie van God se kinders

begin verloor in hierdie dae, (their’ beginning to lose out) omdat hulle God

se beloftes nie in hulle harte in, vasklem nie!

Openbaring 2:25-27;

Kyk wat sê Hy:

25 Hou maar net vas wat julle het totdat Ek kom.

26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar sal

Ek mag oor die nasies gee,

27 en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; - - - - -”

5

Is dit nie wonderlik nie!

En dan gee Hy dieselfde waarskuwing in die 5de brief aan die gemeente

van Sardis.

En ek lees vir u ook:

Openbaring 3:2-3;

2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om

te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.

3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en

bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom

soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.

Geliefdes toets vanaand u lewe by die maatstaf van God se Woord, luister

weer:

Word Wakker!;

Is u wakker!;

Of is u aan die slaap?

Word wakker en versterk die wat oorbly, geliefdes, daar is magte aan die

werk wat dit wil afneem by ons, wat wil wegneem van ons af, dit wat ons

nog het!

Ek wil vandag vir u sê: Ek dank die HERE vir getuienisse wat ons hoor van

daardie klompie van die NG Kerk; ek dank die HERE, bid ons dan nie al vir

jare daarvoor nie, laat ons die HERE dan dank, dit is maar die eerste liefde;

ons het dit ook gehad. Prys die HERE! Ons het ook aangehou tot na

middernag, ons het die HERE ook geloof en geprys! Maar dit is juis wat die

Woord van die HERE ‘n mens teen waarsku, dat jy moet vashou wat jy het,

en dat jy jou daarop moet toelê om vas te hou wat jy het, want die HERE

Jesus waarsku ons, dat wanneer Hy kom dat Hy vir ons wakker sal vind.

Laat dit dus vir ons ‘n waarskuwing en ‘n aansporing wees, dat ons sal

vashou wat ons het!

Dan die tweede waarskuwing van die HERE in sy Woord vind ons daar in

die gedeelte wat ons gelees het in die veertigste vers.

Lukas 12:40;

40 Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens

kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

Geliefdes julle moet ook gereed wees! Ons hoor in hierdie dae baie van

weerbaarheid.

Ons moet fisies, ekonomies, moreel en geestelik moet ons paraat wees!

Ons moet weerbaar wees. En dit is presies wat die HERE vir ons hier oor

waarsku!

Wanneer die Here Jesus kom. Hy sê: “Julle moet gereed wees!”

Is ons geestelik gereed?

6

Ons sien hoedat ons jongmanne opgelei word. Ons sien hoedat hulle vir

hul tydperke van opleiding gaan. Ons weet die strawwe oefeninge wat

hulle kry, hoedat hulle liggame opgebou word. Hoedat hulle vermoëns om

hulle self te verdedig, hoedat dit geoefen en in hulle ingedril word. Die

HERE wys vir ons, dat ons ook so in die gees moet wees! Is u gereed

geliefdes?

Ek wil vanaand vir u ‘n paar punte wys waarop u gereed en uself geestelik

weerbaar moet maak met die oog op die Wederkoms van die HERE en die

HERE vanaand dank dat ons nog die kans en die geleentheid het. Ek sou

sê nommer een; om jouself weerbaar te maak, om jouself gereed te maak,

moet jy bid! Geliefdes, ons moet weer die gebedslewe in ons eie lewens

herstel. Ek dink ons is almal skuldig, myself ingeslote.

Ek het eenkeer in een van die “Herald of His Coming” wat ons daar op ons

tafel vir u aanbied om te lees, (‘n wonderlike blad van die HERE). As u nog

nie begin het om daardie blaaitjie van die “Herald of His Coming” te lees

nie, moet u tog gerus daarvan neem, daar is nog baie ou uitgawes, ek

noem dit oud sover dit die datum betref maar die boodskap daarin word

nooit oud nie. O, vir daardie mense wat daardie blad saamstel en uitgee

moet u voor bid. Dit is een van God se kanale wat Hy gebruik om vir ons

reeds gereed en weerbaar te maak in hierdie dae.

En in een van daardie blaaie het ek gelees, jare gelede het hy gesê:

“If you are too busy to pray, you are too busy!”

Is dit nie waar nie geliefdes?

As ons te besig is om te bid, is ons te besig.

Dan moet ons party van daardie dinge wat ons besig hou laat staan want

gebed is prioriteit nommer een! O, geliefdes, dank God ek weet in hierdie

diens is daar baie wat daarvan kan getuig, o, as jy daardie oomblik van

gebed met die HERE gehad het, daardie oomblik van alleen wees met die

HERE en jy kom daaruit; watter krag het jy nie in jou lewe nie, o, hoe het

die HERE Homself nie aan jou geopenbaar nie! Ag, hoe het jou siel nie

kontak gemaak met God nie! Kan u nie met my saamstem as u daaruit

kom, uit daardie gebed is jy gereed! Halleluja! Prys die HERE! As jy dan

voel jou gereedheid vervaag; bid, gaan terug op jou knieë, soek die

aangesig van die HERE! Gebed maak jouself gereed en wat daarmee

saamgaan, die Woord van God maak jou gereed!

Geliefdes, sonder tyd af om die Bybel te lees, om sommer baie daarvan te

lees, o, ek sê vir ons vriende in verskillende dele van die land en wat die

bande van ons kry, my vriend al het ek jou nog nooit ontmoet nie, vat jou

Bybel en begin om hom te lees en vra die HERE deur die krag van die

7

Heilige Gees, om God se Woord vir jou oop te maak. Ag hoe wys die

HERE nie vir ons sy krag en sy Majesteit nie. Hoe wys die HERE nie hoe

Hy vir ons tot hulp en ons beskerming sal kom nie! My broer en my suster

hoe wys die HERE vir jou, ons hoef nie bang te wees vir die toekoms nie!

Die HERE se Woord wys vir ons dat ons dit onbevrees tegemoet kan gaan,

Halleluja! God is nie ‘n leuenaar nie, Hy is ‘n Waarmaker van sy Woord.

En as Hy sê moenie vrees nie, glo net, laat julle harte nie ontsteld wees en

bang wees nie, “glo in God en glo ook in My”. O, die HERE se Woord maak

jou sterk! En die HERE se Woord maak jou weerbaar en maak jou gereed!

Ek wil vir u nog ‘n ander punt noem, waardeur u uself gereed moet maak,

my broer en my suster, versaak nie die onderlinge byeenkoms nie. Die

skrywer aan die Hebreërs sê in:

Hebreërs 10:25;

25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige

die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te

meer namate julle die dag sien naderkom.

“Versaak nie die onderlinge byeenkoms”, en laat ons bymekaar kom,

geliefdes, mekaar opbou in die allerheiligste geloof en laat ons vir mekaar

bid in die Heilige Gees, mekaar bemoedig, mekaar vermaan, mekaar

versterk uit die HERE se Woord!

Versaak nie die onderlinge byeenkomste nie.

En dan my laaste punt om jouself gereed te maak; om gereed te wees vir

die koms van die Here Jesus. Hy het gesê: “salig is daardie dienskneg dat

wanneer sy heer kom, hy hom besig sal vind”.

Werk vir Jesus! Werk vir die uitbreiding van sy koninkryk, wees besig met

die saak van God. Dit maak nie saak wat nie, moenie dat die duiwel jou

ontmoedig en vir jou sê, ag dit wat ek doen, al is dit ook die geringste vir

die HERE, geliefdes, dit is nodig, dit is deel van die HERE se werk. Al is dit

ook ‘n werk wat jy vir die HERE doen waar niemand jou sien nie. Prys die

Naam van die HERE, dan sien die HERE dit. En Hy wat in die geheim sien,

Hy sal in die openbaar vergeld! Al kan jy dan ook net werk vir Jesus deur

te bid vir die ander wat meer aktief is.

Ek wil vir u sê een van die swaarste werke is om te bid, dis waarom so min

mense bid. Dit is ‘n inspanning om te bid. Jesus op die krisis oomblik van

sy lewe, het Hy gebid dat sy sweetdruppels verander het in druppels van

bloed! Prys die Here! Luister dan, ek herhaal dit net:

Die Here het gesê: “Julle moet gereed wees! (Dit is my 2de punt van

waarskuwing wat die HERE gesê het; ons moet gereed wees deur te bid!

8

Ons moet gereed wees deur die HERE se Woord te lees. Ons moet gereed

wees, ons gereed hou, deur die onderlinge byeenkomste by te woon, Ons

moet gereed wees deur besig te wees om vir Jesus te werk!)

Daar is nog ‘n derde waarskuwing en ‘n derde vermaning; ons vind dit ook

in hierdie gedeelte wat ons gelees het in die eerste twee verse naamlik

Lukas 12:35-36;

Luister!

35 LAAT julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.

36 En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy

van die bruilof terug kom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak

as hy kom en aanklop.

“Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand”.

Daardie nag toe Israel uit Egipteland moes uittrek, daar toe die HERE

daardie laaste plaag stuur, het die HERE vir hulle gesê hulle heupe moet

gegord wees en daar moet skoene aan hulle voete wees, hulle moet

gereed wees, en hulle moet klaar staan om daardie nag uit te trek.

Broer en suster ons lewe behoort so te wees, en hier in die onderlinge

byeenkoms vanaand, terwyl u hier is en luister na die HERE se Woord is dit

dus ook die geleentheid om hierdie vermaning te ontvang, om altyd so te

lewe; soos iemand wat in die Gees gegord is en reg is, dat wanneer die

Meester kom, dat ons kan uitgaan Hom tegemoet.

Prys sy wonderlike Naam!

Halleluja!

Dank die HERE!

Dit herinner my aan daardie gelykenis wat die Here Jesus vertel het van

daardie tien maagde, wat uitgegaan het. Al tien van hulle het uitgegaan.

Al tien het hulle lampe opgesteek, maar net vyf van hulle het ekstra olie

met hulle saamgeneem. En uiteindelik het hulle almal aan die slaap

geraak en dit is juis die gevaar, luister geliefdes, as ek die regte woord

gebruik, dit is juis die gevaar!

Geliefdes, om mekaar te vermaan, want daar kan dalk ‘n tyd kom, wat jy

sê, ag, ek is nou so lank in ‘n toestand van paraatheid, ek word nou moeg.

Ek wil vir u waarsku, die HERE se Woord wys ook vir ons in dit, deur hierdie

gelykenis, hierdie maagde was gereed, hulle het hul lampe aan die brand

gesteek, daar was groot opgewondenheid! Want hulle gaan nou die

Bruidegom tegemoet, en Hy het getalm!

9

Geliefdes ek dank die HERE dat Hy talm, as die Here Jesus teen hierdie

tyd gekom het, dan was daar baie van ons wat vanaand nie gered was nie.

O, Geliefdes die HERE sê Hy vertraag nie sy beloftes nie! Maar die HERE

is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat een moet verlore gaan nie, maar

dat almal tot bekering moet kom. Die HERE stel uit, tot op die uiterste toe,

sodat diegene gered kan word, wat nog gered kan word.

Maar vir u en vir my wat wag en vir u en my wat ons gereed gemaak het, is

dit ‘n toets, is dit ‘n beproewing en ons is geneig om aan die slaap te raak.

Maar luister dan na die HERE se Woord, neem daardie ekstra olie met u

saam, o, word vervul met die Heilige Gees sodat as die roepstem kom,

gaan uit, Hom tegemoet, dan het jy jou ekstra kannetjie olie by jou!

Halleluja!

Die Here Jesus gee so ‘n ernstige waarskuwing in Markus se verslag van

sy antwoord op die vraag van sy dissipels aangaande sy Wederkoms.

Markus 13:33-34;

33 PAS op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is.

34 Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en vir sy

diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die

deurwagter bevel gegee het om te waak.

Alles, die hele beskrywing, is ‘n beskrywing van wakkerheid, van

waaksaamheid, wagstaan, van verwagting! Sal die HERE vir my vanaand

die genade gee om u op te wek, sodat wanneer ons mekaar ontmoet, in

hierdie dae, dat ons mekaar sal opwek deur te sê: ‘my broer en my suster,

Jesus kom!

Halleluja!

Kom laat ons gereed wees!

Kom laat ons nie die ou dinge van die wêreld, wat dit ook al mag wees, ons

berowe van ons kroon nie! Ons berowe van daardie heerlike voorreg dat

wanneer die roepstem kom: “Die Bruidegom kom, gaan uit; Hom

tegemoet!” Dat ons gereed sal wees! Ons lamp en ons kannetjie olie om

Hom tegemoet te gaan en in te gaan na daardie bruilof!

Geliefdes die beloning sal groot wees!

“It will be worth it all, when we see Jesus!

Lifes’ trials will seem so small, when we see Christ!

One glimpse of His dear face,

all sorrow will erase, so boldly run the race,

till we see Christ!”

Halleluja!,

10

Voel u nie sommer beter nie, my broer en suster?!

Voel u nie nou sommer vanaand of u ekstra gereed wil wees nie, om die

HERE te ontmoet nie.

Ek sal julle nie as wese agterlaat nie, Ek kom weer na julle toe! Ek stuur vir

julle die Heilige Gees en Hy sal by julle bly.

Geliefdes nog die volgende punt.

Ons lees dit in:

Lukas 21:34;

(Nog ‘n punt van bemoediging en vermaning om gereed te wees).

Jesus sê daar:

34 MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word

deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié

dag julle nie skielik oorval nie.

Luister weer, maar pas op vir julle self dat julle harte nie miskien beswaar

word, ‘n beswaarde hart deur wat, luister; deur swelgery en dronkenskap.

Daardie swelgery, ‘n ryk oordadige lewe, geliefdes waar jy nog jou maag

vol kan eet, waar jy nog daardie lekkernye sommer vrylik bekom wat jy wil

hê, pas op! Pas op, dat jy nie vrye teuels aan die luste van die ou vlees

gee nie. Julle weet my broer en suster, hierdie liggaam van ons, dit is

ongelukkig so. Hier is ‘n groot waarheid in, hierdie liggame van ons is die

grootste vyande van onse siel, het u dit geweet?

Wanneer jy weer gebore word, word jou gees weer gebore (jou

wedergeboorte), maar nie jou liggaam nie. In hierdie liggaam van ons, bly

die kiem van die dood tot op dié dag van die verandering in ‘n oogwenk,

wanneer ons Jesus tegemoet gaan, en wanneer hierdie sterflike beklee

word met onsterflikheid en hierdie onverganklike beklee word met

onverganklikheid; dan sal die ou luste en begeertes, of dit nou ‘n lus is in ‘n

liefde vir kos of wat se lus, of wat se liefde dit ook al mag wees, dan sal dit

verdwyn, maar eers dan. Of as ek dan alreeds gesterwe het in die

opstandingsliggaam.

Daardie liggaam sal dan in ooreenstemming wees met siel, maar tot op

daardie dag, is my grootste stryd, is teen hierdie liggaam. Dit is hierdie ou

liggaam wat kan siek word met sy pyne en sy gebreke en sy

tekortkominge. Waar die ou duiwel vir my die maklikste kan sê: En toe

waar is jou God nou? Dis hier waar die ou begeertes en al hierdie dinge en

die ou stryd in woel en in woed, my liggaam en ook in my siel, dit is alleen

my gees, wat die wedergeboorte ontvang het. Dit is daarom dat die stryd

aan die gang is, en sal bly tot die dag dat ons verander word. My broer en

suster daarom; ‘swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe’, en ‘die

11

dag julle nie skielik oorval nie’. Een van die grootste gevare en wat ek nie

genoeg teen kan waarsku nie, is teen daardie ou sorge van die lewe!

Ag, ons kyk na mekaar, ons kan sommer sien die laste van die hele lewe

rus op ons. Ag, dit gaan so swaar, ek is so bekommerd, ag, en dit is so

moeilik hier en so moeilik daar. Ek stem met u saam, dit is nie maklik nie.

Daar is groot hartseer in die lewe, maar sal u vir die HERE genade vra

vanaand, dat u nie miskien met al die hartseer, en dat daardie hartseer u

miskien weghou van ‘n toestand van paraatheid en van gereedheid van

wanneer Jesus kom nie, is u dalk nie gereed om Hom te ontmoet nie.

Ek wil vanaand vir u sê, is die Evangelie dan nie die blye Boodskap nie? Is

God dan nie die God van alle vertroosting nie? Het Hy dan nie gesê: “Kom

na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal vir julle rus gee nie?”

Wat is jou las vanaand, miskien baie groot, my broer en suster, sekerlik die

vyand sal sy laaste probeer, maar ek wil vanaand vir u sê, al voel u nie

miskien so nie, probeer dit. Probeer die Here Jesus, neem sy uitnodiging

aan, kom na Hom toe met al jou laste –

“Al my kommer en al my swaar bring ek na Jesus en laat dit daar, daar is

geen las wat Hy nie kan dra, daar is niemand soos onse Here Jesus nie!”

“Kom na My toe!” Neem vanaand die HERE se belofte aan en moenie laat

die sorge van die lewe vir u só hou, dat u ongereed sal wees wanneer die

Here Jesus kom nie.

U ken daardie gelykenis wat die Here Jesus vertel het, die een het gesê, ek

het ‘n span osse gekoop ek moet dit uit probeer, die ander een sê ek het ‘n

vrou getrou, die ander een sê ek moet eers my Pa gaan begrawe, die

HERE het gesê al daardie mense is ongeskik om uit te kom na die maaltyd

waarheen Hy hulle uitgenooi het. Maak jou gereedheid, om gereed te

wees vir Jesus, die nommer een voorsiening in jou lewe.

Die Here Jesus vertel in die gelykenis van die saaier wat uitgegaan het om

te saai.

Matthéüs 13:22, - Van die 4 tipes grond waarin hy die saad gesaai het, in

die derde tipe het die saad tussen die dorings en die distels geval en dit het

daardie saad verstik sodat dit niks kon oplewer nie. Luister nou wat sê die

Here Jesus: Hy sê: En by wie dit in die dorings gesaai is --- dit is hy wat die

woord hoor maar die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die

rykdom verstik die woord en hy word onvrugbaar.

12

Miskien is daar nie baie rykes onder ons nie, miskien is daar dalk nie een

wat vanaand kan sê Pastoor, dank die HERE ,sover dit die rykdom betref,

(en die verleiding van die rykdom verstik die woord) dat u miskien kan sê

dank die HERE, Pastoor, daar is nie rykdom in my lewe wat die woord kan

verstik nie. Maar dit is nie al nie, dit is nie net rykdom wat die woord verstik

nie, dit is die sorge van die lewe! En die HERE vergelyk dit met daardie

saad wat in daardie stuk grond geval het waar daar dorings was.

U kan maar kyk geliefdes, hierdie ou parasiet plante en die dorings hierin

jou mielielande en hierin jou groente tuin, hoedat daar waar daar onkruid is,

hoe verstik hy daardie saad en as jy volgende keer weer daarna kyk, kyk

na u eie hart. Kyk of dit nie miskien met u ook so is dat u is lief vir die

HERE se Woord, en God se Woord word gesaai en u versuim nie die

onderlinge byeenkomste nie en u is by die bidure en al hierdie dinge, maar

daar is sorge in u lewe. En dit verstik God se Woord en dit maak u

onvrugbaar. Die HERE sê: Pas op sulke persone sal ook nie gereed wees

om Hom te ontmoet nie.

Die HERE sê in sy Woord: Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy

sorg vir julle. Die HERE sê maak julle behoeftes bekend by God met gebed

en smekinge. Mý God, sal in al julle behoeftes voorsien! Dit is die

waarheid! Laat ons die Here vertrou!

Geliefdes net nog ‘n paar verse.

Die Here Jesus sê ook inverband met sy Wederkoms in:

Lukas 17:31-32;

31 In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad

in die huis, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy

wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.

32 Dink aan die vrou van Lot!

Die HERE sê dit baie duidelik, dink aan die vrou van Lot. Nou aan wat

moet ek van die vrou van Lot dink. Geliefdes, u weet hoedat die HERE die

engele gestuur het en hoedat hulle vir Lot en sy familie met geweld aan die

hand gevat het en hulle uitgesleep het as te ware uit Sodom en Gomorra

voordat die vuur en die swael uit die hemel uitgereën het. En die engele

het vir hulle gesê: vlug!, en toe hulle buitekant die stad Sodom kom, toe

draai Lot se vrou om en sy verander in ‘n sout pilaar.

Jesus sê inverband met sy Wederkoms, dink aan die vrou van Lot. Wat

het Lot se vrou laat omkyk? Geliefdes, ek is daar seker van, een van die

dinge wat haar laat omkyk het, sy het seker ‘n pragtige huis gehad, sy het

seker lieflike huisraad gehad, sy het seker (vir haar) wonderlike vriendinne

13

kring gehad, miskien daardie vriendinne wat sy mee lekker tee gedrink het,

lekker mee gesit en gesels het. O, my broer en suster, daardie vloere van

haar wat so pragtig geblink het, daardie silwerware van haar, daardie

pragtige slaapkamer van haar. Daardie pragtige sitkamer, daardie pragtige

meubels. O, geliefdes, Lot se vrou het omgekyk, en die HERE sê: “dink

aan die vrou van Lot, waar jou skat is daar sal jou hart ook wees”.

Kom laat ons vanaand die HERE se waarskuwing aanneem en dink aan die

vrou van Lot. En geliefdes as ons, ons rug op die wêreld gekeer het, en

ons oë gevestig op Jesus;

Soos ons in daardie ou koortjie sing:

“No turning back,

Praise the Lord,

no turning back,

I have decided to follow Jesus.”

Die HERE sê hy wat sy hand aan die ploeg slaan en agter toe kyk, is nie

werd om sy dissipel genoem te word nie. Dink aan die vrou van Lot!

Die HERE het ook gesê in Markus 13, Matthéüs 24 en in verskillende

plekke het Hy gesê: “Laat niemand julle mislei nie”. Ek wil vanaand vir u

waarsku, my broer en suster, pasop dat niemand u mislei nie!

Dat niemand u selfs met die grootste vroomheid, o, u moet naby aan die

Here Jesus lewe, dat die Heilige Gees vir u kan wys wanneer ‘n persoon of

‘n prediker of ‘n organisasie of wie ook al vir u mislei. Daarom moet u die

HERE se Woord vir uself lees. Ek sê dit so baie keer in my Bybelklas, ek

sê dit baie keer waar ek by mense kom. Ek sê: “Lees die Woord van die

HERE!

Maar dan sê hulle, ja, maar Pastoor, daar is baie dele van die Bybel wat ek

nie verstaan nie, ek sê ja, dit is waar, daar is baie dele van die Bybel wat

ek ook nog nie verstaan nie. God se Woord is diep, maar lees die Woord

nogtans. Die Heilige Gees sal daarvoor sorg, dat wanneer daar ‘n vals

profeet, wanneer daar iemand kom wat jou mislei en hy sê vir jou iets, dat

daar ‘n herinnering by jou sal kom, dat jy sal sê maar wag, ek het mos iets

êrens gelees ek weet nie waar in die hoofstuk nie, ek weet nie in watter

deel van die Bybel nou op die oomblik nie, maar ek het êrens iets gelees

wat daardie ding wat daardie persoon nou vir my wil sê, weerlê.

Dit sal jou waarborg wees hier binnekant, dit sal jou red partykeer van ‘n

groot dwaling. Dan sal jy kan wal gooi, en jy sal stilstaan en jy sal vir

daardie persoon sê, ek kan miskien nie presies vir jou sê waar dit staan

nie. Maar daar is ‘n plek in die Bybel wat so sê en so sê, wat nie is soos jy

14

nou vir my probeer verkondig nie. Dan kan jy terug gaan na God se Woord

en gaan ondersoek, die HERE sal dit vir jou wys. Pas op dat niemand jou

mislei nie!

As daar ooit ‘n tyd is waar die vyand besig is om te mislei, is dit vandag.

Kyk die verskillende Godsdienste, die kultus en al hierdie dinge wat

ontstaan in hierdie dae, waarvoor is dit, dit is om te mislei, sodat wanneer

die Here Jesus kom, ons nie gereed is om Hom te ontmoet nie.

My laaste punt wat ek vir u wil noem en waarmee ek vanaand wil sluit:

Die HERE sê: “Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar kom

nie!” - Markus 13:35-37.

Ons weet nie presies wanneer Hy kom nie. Ons sien die tekens rondom

ons. Geliefdes, niemand van ons weet presies wanneer Hy kom nie.

Niemand van ons weet presies wanneer ons gaan sterf nie. Ons kan môre

miskien; môre kan die telefoon lui en ons kan vir mekaar sê, het julle

gehoor broer so en so is weg, suster so en so is weg, geliefdes dit kan ek

wees, dit kan u wees, ons weet nie. Daarom moet ons gereed wees! En

daarom het ons nie tyd om te sê, ek sal wag tot môre nie. Daarom het ons

nie tyd om te sê, ek sal wag tot later nie, daarom moet ons nou gereed

maak. Kyk die voorreg wat ons gehad het vanaand om hierdie paar

gedagtes met mekaar te deel. Hierdie aansporing, die aanmoediging, is u

gereed?

Terwyl ek die HERE se Woord soos ‘n waterpas voor u gehou het

aangaande die Wederkoms van die Here Jesus ook in hierdie aspek. In

die aspek alles van om gereed te wees, om paraat te wees. Dit was die

hele tema van my boodskap vanaand, en terwyl u so na my geluister het,

hoe het dit u geraak? Hoe was dit van toepassing op u lewe.

My broer en suster, het u beantwoord aan al hierdie vereistes?

En vanaand as hier miskien van u is wat uself nog nooit tot die HERE

bekeer het nie, miskien diegene wat na hierdie band luister wat uself nog

nooit tot God bekeer het nie, luister, aan watter kerk u ook al behoort,

miskien behoort u aan die beste kerk volgens u mening. Maar dit staan

nêrens in die Bybel dat ‘n kerk u sal red nie.

Daar is net Een wat ons red, en dit is die Here Jesus, my broer en suster

dit is om in Hom te glo en aan te neem, dat Hy inkom in jou hart en om

Hom te erken as jou HERE en as jou Saligmaker en jou nie te skaam vir

hierdie Evangelie nie. Jou nie te skaam vir Hom en vir sy Woorde nie,

sodat Hy hom ook nie hoef te skaam voor die Vader en die heilige engele

15

nie. Het u al vir Jesus aangeneem in u lewe, het u Hom al erken as u

HERE, oud of jonk in hierdie vergadering vanaand; die HERE sê jy moet

gereed wees!

Waak dan want julle weet nie wanneer die eienaar kom nie, jy weet nie

wanneer nie, daarom moet jy nou gereed wees.

Is u gereed?

Kom ons buig ons hoofde voor die HERE. Elke hoof gebuig, elke oog

gesluit. Kom laat ons besef ons begeef onsself op heilige grond. Is u

gereed? Ek wil vanaand vir u sê, as u nie gereed is nie, dan moet u God

dank dat Hy u vanaand na hierdie ou kerkie gebring het. Dan moet u nou

opspring van blydskap en sê ek is nie gereed nie maar ek wil nou myself

gereed maak en ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak. Die HERE sê

in sy Woord: Hy sê: Nou is dit die wel aangename tyd. Vandag is die dag

van saligheid! Vandag, vanaand as jy Sy stem hoor verhard jou hard nie!

Prys die HERE!

U het Sy Stem gehoor en u sê, bid vir my, ek besef ek was nie gereed nie

maar ek wil gereed wees. Wie gaan die eerste wees om sy of haar hand

op te steek; bid vir my Pastoor!

Is u almal gereed, is die boodskap vanaand terwyl u uself gemeet het

daarteen, pas u daarby, is almal gereed, dan dank ek die HERE daarvoor

en dan is die engele in die hemel bly.

Loof die HERE geliefdes.

Laat daardie broer wat sy hand opgesteek het hier na vore toe kom ek wil

vir hom ‘n gebed doen, hy weet waarom hy vanaand voel hy is nog nie

gereed nie en dat ons saam met hom sal bid.

Prys die Here!

Kom ons wees net biddend, as daar nog iemand is wat vanaand voel, dat u

ook graag wil uitstap en saam met u ‘n gebed doen, maak nou gebruik van

hierdie geleentheid. Dankie Here Jesus.

Halleluja.

Dankie my God, o, wonderlike Here Jesus, hoe dank ek U vanaand vir

hierdie plek en vir u goedheid. Hoe dank ek U HERE dat U vanaand hierdie

diens vir ons gegee het. O, HERE, hoe dank ek U vir die lieflikheid van U

Woord. Hoe dank ek U HERE, dat U in liefde en genade, vir ons

waarskuwing op waarskuwing, voorskrif op voorskrif, o, dierbare HERE, reël

op reël gee, O, God, sodat ons gereed kan wees. HERE ek bid dan

vanaand vir hierdie jongman in Jesus Naam. HERE vul vir Gerhard met U

Heilige Gees.

16

Halleluja! Halleluja!

O, wonderlike HERE, ontmoet hom vanaand my God en gee hom die volle

versekering HERE dat hy gereed sal wees om U te ontmoet. HERE, al

moet U dan vanaand op hierdie oomblik al, ontvang dit dan van die HERE.

HERE, U wat ons harte ken, U weet waar hierdie behoefte is, Jesus, Here

my God, ontmoet hom HERE, en dank ú God, daar is niks tussen hom en

U, my God nie. Wil U hom nou vul met U Gees, met U krag uit die

hoogste.

O Halleluja, Halleluja, Halleluja!

Prys die HERE!

Geliefdes, ek voel waarlik, as ons hierdie diens afgesluit het, gaan ek ‘n

oomblikkie nog met hom en elkeen wat saam met my wil bid, ook op

hierdie ou mat kom kniel, die HERE se aangesig soek, dat die HERE hom

toerus met krag uit die hoogte!

Amen.

17

Iets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen

vanaf sy kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf

Génesis tot Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes.

siektes en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en

aan hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van

hierdie rampe sou wees nie; en ook dat Israel as God se Demonstrasie

Volk op aarde is. Dit was egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die

Jood of die Kerk is of kan wees nie. Mettertyd het hy tot sy groot blydskap

ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en Germaanse nasies inderdaad

die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n

ware wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus

die Christus as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome

harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra

moet word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het

F.W.C. Neser die onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL

KAN HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar by Ekklesia kantoor:

No Titel

1 Die Afrikaner -- ‘n Unieke Volk

2 Ander Evangelie

3 Segregasie -- Wat sê die Skrif?

4 Die Bedienings Gawes van Jesus Christus

5 Die Bybel is Waar

6 Christendom en Kommunisme

7 Die Boek van Daniël

8 Daniël se 70ste Week

9 Die Derde dag Opstanding van Christus

10 Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

13 Die Doop, in watter Naam (pamflet)

18

No Titel

14 Die Duiwel

15 Engele

16 Die Fondament van die Christelike Lewe

17 Die Gawes van die Heilige Gees

18 God se Groot Week

19 Goddelike Genesing

20 Die Profeet Hoséa

21 In die Oppersaal

22 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Die Israelwaarheid - TV Onderhoud

25 Die Boek van Jesaja

26 Jesus van Nasaret

27 Die Boek van Joël

28 Die Kerk van Rome en die Mens van Sonde

29 Krag van die dwaling

30 Die Kruis

31 Moses en sy “Kusitiese” Vrou

32 Mure van Jerusalem

33 Na die Dood – Wat Dan?

34 Die Name van God

35 Die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde

36 Die Boek van Openbaring

37 Die Openbaringe van die Apostel Paulus

38 Die Opraping

39 Die Brief aan die Romeine

40 Rusland in Profesie

41 Die Sabbat

42 Die Slang van Génesis 3

43 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

44 Tempel van God

45 Terwille van die Engele

46 Troos, troos my Volk sê julle God

19

No Titel

47 Die Twee Sade op Aarde.

48 Die Tyd van die Heiden

49 Verblinding van Sinne

50 Verdrukking Die Groot

51 Die Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1

52 Die Verlore Tien Stamme van Israel

53 Versterk mekaar in ‘n tyd soos hierdie

54 Die Vrug van die Heilige Gees

55 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

56 Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

57 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

58 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

59 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

60 Die Wederkoms van Christus

61 Wêreldgebeure

62 Die Wet van die Here

63 Wie is my Naaste?

64 Wie was Hulle?

Nuwe Byvoegings:

No Titel

65 Hoe sal ons ontvlug

66 Wat ek vrees kom oor my

67 Laat U wil geskied

68 Die Arsenale van God

69 Die kinders van God

70 Noag die Opregte

71 Ken U Vyand

72 Die Groot Opdrag

73 Die wonderlike wêreld van môre

74 Die volk en verootmoediging

75 Die Troon van Dawid

76 Die Huidige Wêreldstelsel

77 Galásiërs 3

20

No Titel

78 Uitlander en Vreemdeling/Griek of Jood

79 Pas Op Waak en Bid

English books available

No Titel

1 After Death What Then?

2 Segregation – What saith the Scripture?

3 The Bible Predicts "Atomic War"

4 The Book of Joel

5 The Book of Revelation

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 The Great Tribulation

9 The Israel Truth T.V. Interview

10 The Lost Ten Tribes Of Israel Part 1

11 The Lost Ten Tribes of Israel

12 The New Heavens and the New Earth

13 The Origin, History and Destiny of the White Race

14 The Past the Present and the Future in the Light of Scripture

15 The Rapture

16 Russia in Prophecy

17 The Serpent of Genesis 3

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

New Additions:

No Titel

20 Sons of God

21 The Two Seeds Upon Earth

22 The Bible is True

23 Noah the Man without Blemish

24 Israel in the New Testament

25 Moses and his “Cushite” Wife

26 Unpublished Writings

21

No Titel

27 The Wonderful World of Tomorrow

28 The Book of Isaiah

29 Who is Thy Neighbour

30 The Book of Romans

Naslaan Biblioteek: Boeke oor verskillende onderwerpe is beskikbaar

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

Webtuiste:

Besoek ook ons webtuiste: www.israelmusthear.co.za waar u bykans

1500 preke/leringe van Pastoor Neser en ± 100 Afr. en Eng. boeke wat

deur Pastoor Neser geskryf is, volledig kan aflaai. Hierdie diens is gratis.

E pos Adres: ekklesiekassetfonds.neser@gmail.com

Gebruik die adres om u bestelling van boeke/CD’s/of DVD’s te plaas of om

met ons in die kantoor kontak te maak.

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!