04.05.2013 Views

Lees meer oor Volkskool Orania

Lees meer oor Volkskool Orania

Lees meer oor Volkskool Orania

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Klassieke onderwys,

vernuwend aangebied

Volkskool Orania se missie:

Om jong Afrikaners op Christelike grondslag en deur selfgedrewe onderwys toe

te rus met die kennis, houdings en vaardighede wat selfstandige en

verantwoordelike handeling vereis.

Volkskool Orania se visie:

Ontmoet

VOLKSKOOL

ORANIA

Die beste van twee

wêrelde!

Volkskool Orania lewer met sy selfgedrewe werkswyse en doelgemaakte

leermateriaal ʼn sleutelbydrae tot:

• die oordrag en uitbouing van ons Christelike geloof, Afrikaanse kultuur en

Westerse tradisie;

• ʼn florerende Orania en ʼn vrye Afrikanervolk; en

• elke leerder se volle ontplooiing in die gees van ons leuse

Word jou beste self.

VOLKSKOOL ORANIA - WAAR KINDERS ‘N VOORSPRONG KRY!

Skakel 053 207 0161 of vonkpos oraniaakademie@oranet.co.za

VOLKSKOOL ORANIA IN AKSIE

Kleurvol op Orania se skou Leerlinge ontdek lewenswetenskappe

Juffrou, help asseblief! Opstelwenners wen ʼn vliegrit

Noord-Kaap skaakspan! Matriekafskeid - James Bond-aand!

Eskom Ekspo nasionale pryswennersprojek Skoonmaak kan pret wees!

Atletiek: skree vir jou span! Matriekeksamen is ernstige sake

Gaan ons eksperiment werk? Kieliepensie is ons kleuterskool

Klein-klein al tuis op die rekenaar! Volkskoolentrepreneurs by die aandmark

Sport is belangrik - solank jy dit geniet! Ons sing saam

Hulp is altyd byderhand Konsentrasie!

Wat Volkskool bied

So lyk ons skoolgebou

Toegewyde onderwysers en studiemateriaal van hoë standaard wat aan UMALUSI

se vereistes voldoen

ʼn Matriekkwalifikasie wat nasionaal erken word en universiteitstoelating bied

Twee skriftelike eksamens in Junie en November en twee toetsreekse in Maart en

September

Doelwitvelle met weeklikse opdragte om aan leerlinge leiding te gee en die regte

werkstempo te verseker

Deurlopende rekenaartoetse om leerlinge se vordering te monitor en onmiddellike

terugvoering te gee

Weeklikse vorderingsverslae wat leerlinge en ouers op hoogte hou van leerlinge se

vordering

Uitstekende intreefase-onderwys – gee jou kind ʼn vroeë voorsprong

Individuele aandag aan elke kind vanaf graad O tot 12

Cambridge wiskunde as aanvullende keusevak

Deelname aan ʼn verskeidenheid Olimpiades en Ekspos

Rekenaar- en tikvaardigheid vir alle leerlinge vanaf graad 1

Verrykingsaktiwiteite soos elektronika, joernalistiek, Duits, Latyn en skaak

Verskeidenheid sportsoorte tot op die hoogste vlak

Studiebeurse

Agtergrond en filosofie

Tye het verander . . . maar ons konvensionele onderwysstelsel is steeds baie soos dit 50 jaar

gelede was.

Vandag word groot eise aan ons jeug gestel. Wanneer ons ons kinders die wye wêreld

instuur om universiteit toe te gaan of om die arbeidsmark te betree moet hulle:

Selfstandig kan dink en werk

Eie doelwitte kan stel EN dit deurvoer

Oor basiese rekenaar- en tikvaardigheid beskik

Nie net dissipline nie, maar ook oor selfdissipline hê.

Daarom het VOLKSKOOL ORANIA nuut gedink oor onderwys en ʼn opvoedingstelsel

ontwikkel wat aan kinders ʼn voorsprong in die lewe gee. Die selfgedrewe,

rekenaargesteunde onderwysstelsel van VOLKSKOOL het al selfs internasionale

onderwyskenners beïndruk.

Natuurlik vorm lees, skryf en syfervaardigheid steeds die grondslag waarop VOLKSKOOL se

onderwys berus. Maar deur die metode waarop verdere kennis verwerf word leer die kinders

vaardighede wat dit vir hulle moontlik maak om met selfvertroue die toekoms in te gaan.

By VOLKSKOOL ORANIA kan leerlinge teen hulle eie tempo vorder. Vinnige leerders word

nie teruggehou deur die res van die klas nie en kan selfs ekstra vakke as verryking neem.

Stadiger leerders vorder teen hulle eie pas en behaal ook sukses - wat tot ʼn positiewe

selfbeeld lei.

Geskiedenis

Volkskool Orania en Orania as volkstaatdorp het saam-saam in 1991 hulle eerste treetjies

gegee. Negentien jaar later is Volkskool steeds ʼn belangrike skakel in Orania se strewe na

selfstandigheid. Die skool is gestig met die doel om ʼn onderwysstelsel te ontwikkel wat

uiteindelik tot ʼn selfstandige onderwysbestel vir Afrikanerkinders binne die volkstaatgebied

kan lei.

Gedurende die afgelope twee dekades is ʼn unieke onderwysstelsel by die skool ontwikkel en

verfyn. Dit is ʼn selfgedrewe, rekenaargesteunde onderwysmetode wat daarop gerig is om by

Orania-kinders selfstandigheid en identiteitstrots te kweek. Die prestasies van leerlinge wat

aan Volkskool gematrikuleer het, is ʼn bewys daarvan dat die skool suksesvol is.

Volkskool Orania streef na uitnemendheid en kwalifikasies wat selfs internasionaal erken sal

word. So word daar tans aan die skool se leerlinge die geleentheid gebied om die

Cambridge Internasionale Eksamen in wiskunde af te lê, aanvullend tot die gewone

skoolleerplan. Die eerste groep skryf reeds hierdie jaar al hulle eerste eksamen. As ʼn

“Cambridge Attached Centre” is Volkskool ook ʼn geregistreerde eksamensentrum wat dit vir

ons leerlinge moontlik om in Orania ʼn internasionaal erkende kwalifikasie te verwerf.

Opvoeding is meer as net die verwerwing van feitekennis. Daarom word daar elke kwartaal

ʼn verrykingsprogram aangebied om leerlinge se ervaringswêreld te verbreed. Dit sluit

onderwerpe soos elektronika, webwerfontwerp, praktiese Duits, basiese motoronderhoud en

skaak in.

Die besonderse aard van Volkskool se onderwysmetode het ook die deur geopen vir die

aanbied van afstandsonderrig. Vanaf die begin van verlede jaar bied die skool dus

ondersteuningsdienste aan gr. 10 tot 12 tuisskolers en leerlinge van kleiner skooltjie aan. En

in 2012 word dit uitgebrei tot graad 9-leerlinge (sien www.afstandsleer.co.za ). So word hoë

kwaliteit onderwys ook aan Afrikaners buite die grense van Orania moontlik gemaak.

Tydens die opvoedingsproses word klem op Afrikaneridentiteit en ʼn waardering van ons

geskiedenis gelê. Die Bybel word deurlopend as riglyn geneem en erken.

As onafhanklike skool ontvang die skool geen staatsbefondsing nie. Daarom word finansiële

hulp van ondersteuners van buite altyd waardeer! Goeie onderwys kos geld!

Aan die einde van hulle skoolloopbaan verlaat leerlinge Volkskool met meer as net ʼn

erkende matrieksertifikaat - hulle is ook gebalanseerde, selfgedissiplineerde jongmense

wat die lewe met selfvertroue binnegaan.

Vakkeuses

Leerlinge kies vanaf graad 10 sewe van die onderstaande vakke vir matriek (enige

kombinasie is moontlik):

Afrikaans Eerste taal *

Engels - Eerste addisionele taal *

Lewensoriëntering )

Wiskundegeletterdheid of wiskunde *

Besigheidstudies

Ekonomie

Rekeningkunde

Fisiese Wetenskappe

Geografie

Lewenswetenskappe

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

Gasvryheidstudies

Toerisme

* Verpligte vakke

Leerlinge skryf die nasionale departementele matriekeksamen wat universiteitstoelating bied.

VOLKSKOOL ORANIA - WAAR KINDERS ‘N VOORSPRONG KRY!

Skakel 053 207 0161 of vonkpos oraniaakademie@oranet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!