STRUKTURE
Naam: __________________________
'n Struktuur bestaan uit dele wat saamgevoeg is om 'n taak te verrig. 'n Stuktuur behou sy vorm en
val nie uitmekaar nie.
Strukture kan in die natuur voorkom, maar kan ook mensgemaak wees. Daar is drie soorte strukture:
1. 'n Raamstruktuur se steun is aan die binnekant,
byvoorbeeld 'n fiets, of 'n mens se ruggraat.
2. 'n Dopstruktuur beskerm en ondersteun van buite, byvoorbeeld 'n eierdop of 'n koeldrankblikkie.
3. 'n Soliede (of vaste) struktuur bestaan heeltemal uit materie. Hulle is gewoonlik swaar en verskuif
nie maklik nie, byvoorbeeld 'n muur.
Hoë strukture moet stabiel wees. lets wat stabiel is, val nie maklik om nie.
Daar is kragte wat 'n struktuur kan stoot of trek. Geboue moet hierdie kragte
kan weerstaan, sodat dit nie omval of ineenstort nie.
Wind is een krag wat teen 'n toring kan stoot. Hoë strukture word ontwerp
om nie om te val wanneer die wind waai nie.
As daar gapings in die gebou is waardeur die wind kan waai, kan dit die
gebou meer stabiel maak. Die Eiffeltoring swaai effens wanneer die wind
waai.
Liniale wat kan buig, breek nie so maklik as dié
wat glad nie kan buig nie. Argitekte ontwerp hoë
geboue wat effens kan buig of meegee.
Swaartekrag of gravitasie 'trek' voorwerpe na die middelpunt van die aarde.
Sonder swaartekrag sou alles rondsweef. In videos wat in die ruimte geneem
word, kan ons sien hoe moeilik dit is om plat te lê sonder swaartekrag (of om
tande te borsel!)
Boumateriaal is baie swaar en die gewig hiervan stoot 'n gebou
ondertoe. Daarom moet die argitek fyn beplan sodat die fondament (die
gedeelte onder die grond) sterk genoeg is om hierdie swaar gewig te
dra.
Elektrisiteitstorings word gebou met metaalstawe. Hoe hoër die toring is,
hoe swaarder raak dit. Die staalstawe by die basis word van 'n baie sterk
materiaal gemaak sodat die swaar gewig dit nie kan buig nie.
Hoë strukture moet ook rigied wees. lets wat rigied is, is
stewig en verander nie maklik van vorm nie. As 'n vorm gedruk
kan word om 'n ander vorm aan te neem, is dit nie stewig nie.
'n Gebou se basis is
die laagste deel, wat
dit ondersteun.
Staal is 'n mengsel
van yster en koolstof
wat hard, sterk en
smeebaar is.
'n Vierkant is nie stewig nie, want dit kan redelik maklik
in 'n nuwe vorm gedruk word, soos 'n ruit.
Driehoeke is baie stewiger en sal nie so maklik van vorm verander nie.
Driehoeke word dus dikwels in strukture gebruik om dit te verstewig: ons noem
dit triangulasie of driehoeksverstewiging.
Strukture kan beskadig of vernietig word in natuurlike rampe, soos aardbewings of
tsunami's. Mense kan strukture ook doelbewus vernietig, byvoorbeeld tydens oorloë en terroristeaanvalle.
'n Argitek moet hierdie dinge in gedagte hou wanneer die gebou ontwerp word.
Vandag is daar 'n sterk klem op die omgewing en geboue word ontwerp sodat die omgewing so min as
moontlik skade ly tydens die bouwerk en ook latere gebruik.
Afrikaanse werkvelle en aanlyn-speletjies by www.thinkonline.co.za/afrikaans.htm, of e-pos thinkonline13@gmail.com 1
HOË STRUKTURE IN DIE WÊRELD
Stede spog graag
met hul hoogste
geboue en dit lok
baie toeriste.
Burj Khalifa in Dubai (in
die Verenigde Arabiese
Emirate) is 828 m hoog
en tans die hoogste
gebou ter wêreld.
Konstruksie het in 2004
begin. Die toring het
1,5 biljoen dollar gekos
om te bou en is in
Januarie 2010 amptelik
geopen. Dit het 160
verdiepings en spog
met die wêreld se
hoogste en vinnigste
hysbakke (64 km/h). 'n
Mens kan die 2 909
trappe uitklim tot
heelbo. Dit het ook die
hoogste swembad en
moskee ter wêreld.
Dit bied ook baie
vloerspasie vir
ondernemings.
Die 110verdieping
tweelingtorings
van die World
Trade Centre in
New York is in
1973 voltooi,
maar is vernietig
in 'n terroristeaanval
op 11
September 2001.
Die Burj Al
Arab-hotel in
Dubai lyk soos
'n seiljag.
Vandag is Dubai
een van die
rykste en mees
moderne stede,
en het van die
wêreld se
hoogste hotelle.
Die
pragtige
Petronastorings
is
in Kuala
Lumpur,
Maleisië.
Die Groot
Zimbabwe-
kliptoring naby
Masvingo is
heeltemal
solied. Dis
meer as 600
jaar gelede
gebou as deel
van die
Koninkryk van
Zimbabwe.
Die pragtige Taj
Mahal in Agra, Indië,
is in 1653 voltooi. Die
hartseer keiser Shah
Jahan het dit laat bou
na die dood van sy
geliefde vrou tydens
die geboorte van hul
14de kind.
Die Space Needle is 'n
bekende baken in
Seattle, VSA . Die toring
is in 1961 gebou en is
184 m hoog en het 'n
roterende restaurant.
Die Sydney-operahuis
en die Sydneyhawebrug
trek baie
toeriste na Sydney,
Australië. 'n
Kompetisie vir die
beste ontwerp is
gehou, en Utzon, 'n
Deense argitek, het
gewen.
Die Groot Piramide in Giza,
Egipte is meer as 4500 jaar
gelede gebou as 'n graf vir
Farao Khufu. Die Gizapiramides
is gebou oor 'n
tydperk van 80 jaar deur
ongeveer 25 000 werkers.
Die Vryheidstandbeeld (Statue of
Liberty) is op 'n klein eilandjie in
die hawe van New York (VSA).
Dis gebou deur Gustave Eiffel in
Frankryk in 1886 en is na Amerika
gestuur as simbool van vriendskap
en vryheid.
Die Leunende Toring
van Pisa in Italië is in
1173 gebou as
kloktoring oor 'n
tydperk van 180 jaar.
Die toring is nie
stabiel nie en een
kant het begin insak,
omdat dit op sagte,
vogtige grond
gebou is.
Die Eiffeltoring is in 1889
uit yster gebou vir 'n groot
uitstalling in Parys,
Frankryk. Dit het net 2
jaar geneem om te bou en
die plan was dat dit na 20
jaar afgebreek sou word,
maar dit staan steeds. Tot
1930 was dit die hoogste
gebou in die wêreld.
2
BEGRIPSTOETS:
1. Hoe hoog is die Space Needle?
Naam: __________________________
Lees die leesstuk goed deur en beantwoord die volgende vrae in vol sinne:
Dink mooi oor elke sin: a) Dit moet die vraag beantwoord.
b) Daar moenie spel-, taal- of punktuasiefoute wees nie.
c) Sinne moenie te lank wees nie.
__________________________________________________________________________________________
2. Hoe is die World Trade Centre vernietig in 2001?
__________________________________________________________________________________________
3. Hoe lank het dit geneem om die Giza-piramides te bou?
__________________________________________________________________________________________
4. Hoeveel trappe het die Burj Khalifa?
__________________________________________________________________________________________
5. In watter jaar is die Burj Khalifa amptelik geopen?
__________________________________________________________________________________________
6. In watter jaar is die Leunende Toring van Pisa gebou?
__________________________________________________________________________________________
7. In watter land is die kliptoring naby Masvingo?
__________________________________________________________________________________________
8. In watter land is die Taj Mahal?
__________________________________________________________________________________________
9. In watter stad is die Eiffeltoring?
__________________________________________________________________________________________
10. In watter stad is die Petronas-torings?
__________________________________________________________________________________________
11. In watter stad se hawe staan die Vryheidstandbeeld?
__________________________________________________________________________________________
12. Lok hoë geboue baie toeriste?
__________________________________________________________________________________________
13. Oor wie se dood was keiser Shah Jahan baie hartseer?
__________________________________________________________________________________________
14. Van watter materiaal is die Eiffeltoring gebou?
__________________________________________________________________________________________
15. Waarom is die Leunende Toring van Pisa nie stabiel nie?
__________________________________________________________________________________________
16. Watter argitek het die Sydney-operahuis ontwerp?
__________________________________________________________________________________________
17. Watter gebou het die wêreld se hoogste swembad?
__________________________________________________________________________________________
18. Watter gebou in Dubai is in die vorm van 'n seiljag gebou?
__________________________________________________________________________________________
19. Die Eiffeltoring is deur Gustave Eiffel ontwerp. Watter ander gebou is ook deur hom ontwerp?
__________________________________________________________________________________________
20. Watter van hierdie geboue het 'n roterende restaurant?
__________________________________________________________________________________________
Afrikaanse werkvelle en aanlyn-speletjies by www.thinkonline.co.za/afrikaans.htm, of e-pos thinkonline13@gmail.com 3
20
HOEKOM HET DIE WORLD TRADE CENTRE INEENGESAK?
Op 11 September 2001 het 19 terroriste wat in groepe van vier
of vyf gewerk het, vier kommersiële Boeings geskaak en hulle
laat vlieg na sekere geboue wat hul wou vernietig. Twee van
hierdie vliegtuie, vol brandstof en passasiers, het met volle
spoed teen die tweelingtorings van die World Trade Centre in
New York vasgevlieg.
Die torings is ontwerp om die impak van 'n vliegtuig wat
daarteen bots, te weerstaan, en hulle het eers vir 'n ruk bly
staan. Die Boeing 767's was egter baie groter as die vliegtuie
van die 1960's, toe die geboue beplan is, en het baie meer
brandstof bevat.
Die intense hitte van die brandende vliegtuig-brandstof het die
binneste staalpilare gesmelt. Teen 9:59 vm. het die suidelike
toring ingeval. Die staalpilare het omgeval, die boonste
verdiepings het op die laer deel van die gebou geval, en die
swaar gewig het veroorsaak dat die onderste vloere soos 'n
pannekoek ineensak. 29 minute later het die noordelike toring
ook ineengesak.
Byna 500 reddingswerkers, insluitend meer as 300 brandweermanne, is platgedruk in die as en rommel.
Insluitend die mense wat in die World Trade Centre gewerk het, en die vliegtuie se bemanning en
passasiers, is 2800 mense dood.
Bron: Microsoft ® Encarta ® Reference Library 2005
PRAATWERK: SPERDATUM: ________________________
Kies 'n gebou en versamel inligting daaroor. Geen duplisering asseblief, net een leerder mag daardie gebou kies.
Versamel inligting en kom vertel die klas, bv.
1. Waar is die gebou geleë - stad en land?
2. Wanneer is dit voltooi? Hoe lank het dit geneem om te bou?
3. Hoe hoog is dit?
4. Watter materiaal is gebruik om dit te bou?
5. Wie was die argitek wat dit ontwerp het?
6. Is die omgewing in ag geneem met die ontwerp/bou van hierdie gebou? Hoe?
7. Was dit ooit die hoogste gebou ter wêreld? En indien wel, wanneer het dit hierdie titel verloor (indien wel)?
Hoeveelste is dit nou in die wêreld?
8. Soek prettige of interessante feite oor die gebou, byvoorbeeld:
8.1. Is dit in enige flieks of TV-reekse gebruik?
8.2. Het enigiemand daar afgespring met 'n valskerm?
8.3. Het enigiemand dit probeer klim?
8.4. Hoeveel hysbakke of trappe is daar?
9. Soek 'n duidelike prent op die internet en teken dit oor. Gebruik 'n skaal van 1:1 000 - 1 cm vir elke meter
wat die gebou hoog is (bv. die Taipei 101 is 509 m hoog: teken dit 50.9 cm)
Die klas skep nou 'n plakkaat of silhoeët deur al die geboue op 'n groot plakkaat te plak.
4
STRUKTURE EN DIE OMGEWING
Wanneer 'n wolkekrabber gebou word, word groot
hoeveelhede materiaal vervoer na 'n bouterrein, waar
duisende werkers met toerusting die struktuur
aanmekaarsit. Die omgewing ly groot skade,
byvoorbeeld:
1. Fauna en flora op en om die boupersoneel word
vernietig of versteur.
2. Vragmotors en bakkies wat boumateriaal vervoer, se
uitlaatgasse veroorsaak besoedeling.
Naam: __________________________
3. Die rou materiaal (yster, steen, ens.) wat gebruik word, word uit steengroewe of myne gehaal,
wat die landskap kan beskadig.
4. Fabrieke verwerk die rou materiaal, bv. ystererts word
verwerk tot staal. Baie energie word gebruik en die
atmosfeer word besoedel.
Soms bevoordeel strukture die omgewing. Brûe en
tonnels kan die pad baie korter maak vir motors en
vragmotors en só op die lang duur duisende liters petrol
bespaar. Besoedeling word ook verminder.
Bahrain se World Trade Centre het drie windturbines in die
middel wat 15% van die gebou se energie verskaf.
Hierdie elektrisiteit sou andersins opgewek moes word
deur olie of steenkool, wat die atmosfeer sou besoedel.
Afrikaanse werkvelle en aanlyn-speletjies by www.thinkonline.co.za/afrikaans.htm, of e-pos thinkonline13@gmail.com 5
TAAK:
Gebruik die inligting op die vorige blad.
Teken 'n diagram om te wys hoe die bou van strukture die omgewing kan beskadig.
6
Naam: __________________________
'Volhoubaar' beteken ons neem die omgewing in
VOLHOUBARE ARGITEKTUUR
ag voordat ons optree, sodat generasies ná ons
ook hul behoeftes kan bevredig.
Ons is “verbruikers” wat die hele tyd keuses maak.
Hierdie keuses beïnvloed ons lewens, maar ook die lewenskwaliteit van geslagte ná ons. Ons
moet "ligter" op die aarde beweeg, want ons omgewing gaan agteruit en baie spesies sukkel
om te oorleef.
Hoe ons ons huise bou, beïnvloed ons
toekoms. Hoeveel energie is nodig om
boumateriaal aan te ry en die gebou
aanmekaar te sit? As die huis klaar is,
hoeveel energie is nodig om die inwoners
gemaklik te hou?
Hier is 'n paar riglyne vir 'groener
huise' (volhoubare argitektuur):
1. Klein is pragtig. Groot
huise verg baie energie om
te verhit en te verkoel:
energie wat meestal van
fossielbrandstowwe kom en
besoedeling veroorsaak. 'n Huis behoort net groot genoeg te wees vir die inwoners. Spasie
moet goed beplan en gebruik word, en besittings moenie te veel wees nie - herwin en
hergebruik.
2. Verhit met die son. 'n Goed ontwerpte, noordfront huis gee net genoeg sonlig aan
vertrekke. Die huis is dus warm in die winter en koel in die somer. Goeie insulasie, wat die
hitte binne hou, is ook belangrik.
3. Wees energie-besparend. Gebruik die son om energie op te wek en kyk na
dagligtegnieke, wat krag bespaar. Gebruik energiebesparende toestelle:
voorlaai-wasmasjiene gebruik minder krag, water en seep. Energiebesparende
gloeilampies gebruik maar 'n derde soveel energie as standaard-gloeilampies. As
jy naby aan jou werkplek woon, kan jy baie energie bespaar.
4. Bespaar water. Gebruik lae waterkapasiteit-toilette en vloei-beperkende stortkoppe. "Grys"
water van bad, klere was, ens. kan gebruik word om plante nat te gooi. Reënwater kan
opgevang word en gebruik word. Plant inheemse, droogtebestande plante in jou tuin.
5. Gebruik plaaslike materiale. Die vervoer daarvan gebruik minder brandstof.
6. Spaar die woude. Hout is 'n natuurlike bron, maar ons gebruik te veel daarvan
en ruïneer ons ekostelsels hierdeur. Gebruik dit slegs vir verfraaiing.
7. Herwin materiale. As dit reeds bestaan, gebruik dit; jy veroorsaak nie dat meer
daarvan geskep moet word nie.
8. Bou om te hou. Mense het vandag die weggooi-houding dat 'n ou huis met 'n nuwe huis
vervang moet word. Ongelukkig is dit baiekeer waar, wanneer huise swak gebou is of nie
goed in stand gehou word nie. 'n Goedgeboude huis kan vir eeue bly staan.
9. Kweek jou eie kos. Kruie en slaai kan reg deur die jaar gekweek word.
Afrikaanse werkvelle en aanlyn-speletjies by www.thinkonline.co.za/afrikaans.htm, of e-pos thinkonline13@gmail.com 7
ANTWOORD NEER)
Hoogte
in m
DIE HOOGSTE GEBOUE IN DIE WÊRELD: (SKRYF NET DIE
Aantal
verdiepings
Rang Gebou Stad Land Jaar voltooi
1. Burj Khalifa Dubai Verenigde Arabiese Emirate 2010 828 160
2. Taipei 101 Taipei Taiwan 2003 509 101
3. Shanghai World
Financial Centre
Shanghai China
2008 492 101
4. Petronas Tower I & II Kuala Lumpur Maleisië 1998 452 88
5. Nanjing Greenland
Financial Centre
Nanjing China
2009 450 89
6. Willis Tower
(voorheen Sears Tower)
Chicago VSA
1974 442 108
7. Jin Mao Building Shanghai China 1998 421 88
8. Two International
Finance Centre
Hong Kong China
2003 415 88
9. CITIC Plaza Guangzhou China 1997 391 80
10. Shun Hing Square Shenzhen China 1996 384 69
11. Empire State Building New York VSA 1931 381 102
12. Central Plaza Hong Kong China 1992 374 78
13. Bank of China Hong Kong China 1990 367 70
14. Bank of America New York VSA 2008 366 54
15. Almas Tower Dubai Verenigde Arabiese Emirate 2008 360 74
16. Emirates Toring 1 Dubai Verenigde Arabiese Emirate 2000 355 54
17. Tuntex Sky Tower Kaohsiung Taiwan 1997 348 85
18. Aon Centre Chicago VSA 1973 346 83
19. The Centre Hong Kong China 1998 346 73
20. John Hancock Centre Chicago VSA 1969 344 100
21. Rose Tower Dubai Verenigde Arabiese Emirate 2007 333 72
22. Shimao International
Plaza
Shanghai China
2006 333 60
23. Minsheng Bank Building Wuhan China 2007 331 68
24. Ryugyong Hotel Pyongyang Noord-Korea 1992 330 105
25. China World Trade
Centre Tower 3
Beijing China
2008 330 74
26. Q1 Gold Coast Australië 2005 323 78
27. Burj Al Arab Dubai Verenigde Arabiese Emirate 1999 321 60
28. Chrysler Building New York VSA 1930 319 77
Nina Tower I Hong Kong China 2007 319 80
NY Times Building New York VSA 2007 319 52
Afrikaanse werkvelle en -aanlynspeletjies by www.thinkonline.co.za/afrikaans.htm, of e-pos thinkonline13@gmail.com
Gebruik die tabel om die volgende vrae te
beantwoord:
1. Watter gebou is tans die hoogste ter
wêreld?
2. Watter gebou is tans die tweede
hoogste ter wêreld?
3. Watter gebou in Dubai is in 2007
voltooi?
4. Watter gebou het tans die tweede
meeste verdiepings?
5. Watter land het die meeste van hierdie
geboue, en hoeveel? (2)
6. Watter land het die tweede meeste van
hierdie geboue, en hoeveel? (2)
7. Watter gebou is eerste voltooi?
8. Watter gebou is tweede voltooi?
9. Watter gebou is laaste voltooi?
10. Hoeveel geboue is in hierdie eeu
voltooi?
11. Hoe hoog is die hoogste gebou in die
wêreld?
12. Watter gebou is die hoogste in die
VSA?
13. Watter gebou is die hoogste in China?
14. Hoeveel van hierdie geboue is in die
Verenigde Arabiese Emirate?
15. Gee die naam van die gebou in Gold
Coast City, Australië.
16. In watter land is Nanjing?
17. In watter land is Pyongyang?
18. Hoeveel geboue is hoër as 400 meter?
H
Burj Khalifa
Taipei 101
Shanghai
World
Financial
Centre
Petronas
Tower I & II
Nanjing
Greenland
Financial
Centre
Willis Tower
(voorheen
Sears Tower)
Jin Mao
Building
Two
International
Finance
Centre
CITIC Plaza
Shun Hing
Square
Empire State
Building
Central Plaza
Bank of China
Bank of
America
Almas Tower
Emirates
Toring 1
Tuntex Sky
Tower
Aon Centre
The Centre
John Hancock
Centre
Rose Tower
Shimao
International
Plaza
Minsheng
Bank Building
Ryugyong
Hotel
China World
Trade Centre
Tower 3
Q1
Burj Al Arab
Chrysler
Building
Nina Tower I
NY Times
Building
VIR DIE OPVOEDER:
MEMO:
1. Watter gebou is tans die hoogste ter wêreld? Burj Khalifa
2. Watter gebou is tans die tweede hoogste ter wêreld? Taipei 101
3. Watter gebou in Dubai is in 2007 voltooi? Rose Tower
4. Watter gebou het tans die tweede meeste verdiepings? Willis Tower
5. Watter land het die meeste van hierdie geboue, en hoeveel? (2) China, 13
6. Watter land het die tweede meeste van hierdie geboue, en hoeveel? (2) VSA, 5
7. Watter gebou is eerste voltooi? Chrysler Building
8. Watter gebou is tweede voltooi? Empire State
9. Watter gebou is laaste voltooi? Burj Khalifa
10. Hoeveel geboue is in hierdie eeu voltooi? 15
11. Hoe hoog is die hoogste gebou in die wêreld? 828 m
12. Watter gebou is die hoogste in die VSA? Sears Tower
13. Watter gebou is die hoogste in China? Shanghai World Financial Centre
14. Hoeveel van hierdie geboue is in die Verenigde Arabiese Emirate? 5
15. Gee die naam van die gebou in Gold Coast City, Australië. Q1
16. In watter land is Nanjung? China
17. In watter land is Pyongyang? Noord-Korea
18. Hoeveel geboue is hoër as 400 meter? 8
Vir papiermodelle van geboue wat leerders kan maak, gaan na
http://www.papertoys.com
http://cp.c-ij.com/en/contents/2025/list_15_1.html
http://www.skyscrapermodels.us/models/model_main.html
Afrikaanse werkvelle en -aanlynspeletjies by www.thinkonline.co.za/afrikaans.htm, of e-pos thinkonline13@gmail.com
10