05.05.2013 Views

inhoudsopgawe - Canning Fruit Producers Association

inhoudsopgawe - Canning Fruit Producers Association

inhoudsopgawe - Canning Fruit Producers Association

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NR

NO 200 SEPTEMBER 2011

INHOUDSOPGAWE - CONTENTS BLADSY / PAGE

BESONDERE MYLPAAL VIR KRAT 2

CANNING INDUSTRY REPORT - SUPERCAN 3

FINALE TONNEMAAT VAN DIE 2010/2011 SEISOEN 4

DIE HANTERING VAN NUWE PERSKE KULTIVARS 5

CHEMIESE SPUITSTOWWE VIR NUWE SEISOEN 6

STRATEGIESE BEPLANNINGSESSIE 6

VRUGTEVLIEG MONITERING EN BEHEER 7

GREEK CANNING INDUSTRY 7

BASIESE VEREISTES VAN DIE DIENSKONTRAK 8

WERK MET FEITE TERWYL PERSEPSIES WERKLIKHEDE DRYF 10

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS 12

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the

INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Hoofstraat 258 258 Main Street

Posbus 414 P O Box 414

PAARL 7620 PAARL 7620

TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401

FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675

E-pos: inmaak@mweb.co.za Web page: http://www.canningfruit.co.za

REDAKTEUR / EDITOR : WIEHAHN VICTOR

Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author.

Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

2.

BESONDERE MYLPAAL VIR KRAT

As Nuusbrief vir sy produsente is hierdie uitgawe van die KRAT ‘n besondere mylpaal vir die

Vereniging: KRAT NR 200. Vir 35 jaar word nuus en inligting aan die Inmaakvrugteprodusent

deurgegee deur middel van die KRAT. Die Vereniging gebruik die Nuusbrief as een van die

hulpmiddele om sy produsent ingelig te hou oor aangeleenthede in die Bedryf.

KRAT kan ook elektronies gelees word by: www.canningfruit.co.za

HOEKPALE OOR JARE

1951 - Stigting van die Appelkooskwekersvereniging by ‘n vergadering op die plaas La

Plaisante te Wolseley

1953 - Stigting van die Perskekwekersvereniging

1954 - Samestelling van dié twee Verenigings en die Appelkoos- en Perskevereniging

kom tot stand

1967 - Stigting van die Inmaakappelkoos- en Perskeraad

1969 - Inmaakpeerprodusente word lede van die APKV

1976 -

1985 -

1993 -

1997 -

1997 -

2003 -

Eerste uitgawe van die APKV Nuusbrief DIE KRAT

KRAT NR 50

KRAT NR 100

Inmaakvrugteraad word saam met talle bemarkingsrade toegemaak en APKV

neem produsente funksies oor

2011 - KRAT NR 200

Die APKV verander sy naam na Inmaakvrugte Produsente Vereniging (IPV)

Die Vereniging word 50 jaar oud

TONNEMAAT OOR JARE

JAAR TAAIPITPERSKES APPELKOSE BON CHRETIEN PERE

1954/1955 26023 22493 -

1959/1960 45134 19586 -

1964/1965 91841 26203 38490

1974/1975 122119 15360 46423

1979/1980 137552 24179 52257

1989/1990 87167 36530 57515

1999/2000 107026 38708 58776

2005/2006 159064 53944 87830

2010/2011 153972 35431 98733

GELUKWENSE AAN DIE KRAT!!

3.

WHO CAN YOU RELY ON ANYTIME?

SUPER CAN. The name that says

“I can do anything”

We are proud to announce the launch of our SUPERCAN generic marketing campaign that aims to

increase the demand for South African canned fruit and thereby grow the industry and associated job

opportunities.

The SUPERCAN campaign has been formulated to remind consumers how versatile, convenient and

nutritious canned fruit can be. The campaign emphasizes that this super food is an everyday treat

that can be used straight from the can or in numerous sweet or savoury recipes.

to promote South African canned fruit

The key objectives are:

to increase awareness of canned fruit;

to generate sustained growth in the canned fruit

consumption;

to change negative perceptions, real or imagined

about canned fruit;

to enhance consumer mindsets by ingraining its

positive features and benefits;

SUPERCAN is supported by the PPP Fruit Canning Initiative Project and the Department of Trade &

Industry. Our key participating partners are SAFVCA, CFPA, Langeberg & Ashton Foods, Rhodes Food

Group, Dining In/Denny and Nampak.

Our campaign extends across a number of marketing initiatives. In the print media, you can find us in

several of your favourite magazines, namely True Love, Sarie, Fair Lady, Food & Home, Rooi Rose,

Your Family, SA Garden & Home – to mention but a few. Tune into television – Kyknet and Home

Channel – to view our advert and some exciting cooking features.

Visit our SUPERCAN website on www.supercan.co.za for interesting news, views and delicious

recipes using canned fruit.

”You can taste the goodness, anytime!”

For further information and details, contact Jill Atwood-Palm at SAFVCA: 021-8711308 or jill@safvca.co.za.

4.

FINALE TONNEMAAT VAN 2010/2011 SEISOEN

Die finale tonnemaat van appelkose, taaipitperskes en pere vir die 2010/2011 seisoen verwerk in vergelyking

met die vorige vier jaar, word in die onderstaande tabel gegee. Die tonnemaat, wat in die vars- en droogbedryf

gebruik is, word geskat om die totale tonnemaat te bereken.

Gedurende Oktober 2010 was die geskatte oes vir die 2010/2011 seisoen as volg:

Appelkose .……………. 38 600 ton

Taaipitperskes ……….. 162 000 ton

Bon Chretien pere …… 100 000 ton

Dit is dus duidelik dat in al drie vrugsoorte die finale oes kleiner was as die geskatte oes.

Bulida appelkose het sy duidelike tendens van aan- en afjaar voortgesit, terwyl taaipitperskes die swakste jaar in

vyf jaar gehad het.

VRUGSOORT 2006/2007 2007/2008 2008/2009 2009/2010 2010/2011

BULIDA APPELKOSE

Ingemaak

Sap en Pulp

Sub-Totaal

Vars

Gedroog

TOTAAL

TAAIPITPERSKES

Ingemaak

Sap en Pulp

Sub-Totaal

Vars

Gedroog

TOTAAL

BON CHRETIEN PERE

Ingemaak

Sap en Pulp

Sub-Totaal

Vars: Plaaslik

Gedroog

TOTAAL

Uitvoer

25384

7954

33338

800

800

34938

100921

25409

126330

26000

10000

162330

52438

10558

62996

5000

23750

5000

96746

38898

12300

51198

800

800

52798

97835

28105

125940

25000

9000

159940

51703

13652

65355

4000

29000

4500

102855

31190

11123

42313

800

800

43913

95481

27751

123232

24000

9000

156232

45467

16613

62080

3000

30257

4000

99337

BRON: INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING

35438

11754

47192

800

1500

49492

99119

21396

120515

26000

10000

156515

51190

13790

64980

3000

28000

4000

99980

24938

8193

33131

800

1500

35431

88559

29413

117972

26000

10000

153972

41924

18809

60733

4000

30000

4000

98733

5.

DIE HANTERING VAN NUWE PERSKE

KULTIVARS

OM OPTIMALE DRAG

TE VERSEKER

Die nuwe perske kultivars het sterk basale eienskappe met rame wat redelik styf en regopgroeiend is. Lote se

groei is geneig om nou hoeke met die rame te vorm. Cascade, Fantasy, Supreme en Golden Pride kan met

Sandvliet vergelyk word, terwyl Fiesta Gold en Autumn Crunch met Keisie se groeiwyse vergelyk word.

Die nouer boomvorm leen die nuwe kultivars tot hoër digtheid aanplantings van 1100 tot 1700 bome per

hektaar. Dit gee hoër inkomste in die beginjare en eenvoudiger en meer arbeidsvriendelike bome.

Plantwydtes kan van 3,5 tot 4,5 meter tussen rye en in die ry van 1,5 tot 2 meter wissel. „n Stutstelsel is

wenslik om jong bome te manipuleer en is dit veral belangrik vir vinnige raamgroei in winderige

omstandighede. Swak groei en wind maak bome meer basaal dominant.

Die nuwe onderstamme wat saailinge vervang, gee beslis beter groei en opbrengste. Hulle is egter grond en

area sensitief en die regte keuse moet gemaak word.

Ongeag die opleistelsel moet sylote in die eerste jaar tot op „n hoogte van 80 sentimeter kort gehou word

deur die groeipunte een tot twee keer te top om basale groei te vertraag. Bokant hierdie hoogte moet lote

met wye hoeke gelos word om ongehinderd te groei. Hierdie lote sal die eerste oes dra. Sytakke moet eers

in die tweede seisoen op „n minimum hoogte van 70 sentimeter gebou word. Geen skerphoekige of

sterkgroeiende lote moet gebuik word nie. Sterkgroeiende lote moet voor Desember effens teruggesny word

om groei te vertraag. Omdat sytakke vinniger as die leiers verdik, moet hulle vir die eerste drie jaar nie

dikker as een-derde van die hoofstam wees nie. Eers wanneer volle boomhoogte bereik is, kan sytakdikte tot

die helfte van die hooftak toegelaat word. Spasiëring van sytakke is baie belangrik om oorskaduwing van

nuwe groei te voorkom. Takke reg bo mekaar moet liefs „n spasie van nie minder as 40 sentimeter kry.

Dit is belangrik dat in die tweede jaar elke loot van 15 sentimeter en langer ten minste een vrug moet dra.

Dit moedig groei aan (wortelstimulering) en verhoed dat lote te dik raak. Vir die eerste drie tot vier jaar sal

genoeg lote uit die leiers groei. Dit is egter noodsaaklik om vanaf die derde jaar goed geplaaste lote te

ontwikkel vir toekomstige sytakke, wat dan toekomstige jare se lote moet produseer. Kultivars byv. Fantasy

en Supreme se rame raak later kaal en dan is produksie afhanklik van die sytakke.

Somersnoei by alle kultivars moet net tot sterk regop lote beperk wees. Moenie wintersnoei in die somer

doen nie. Die klem moet op goeie lighuishouding wees. In die winter moet lighuishouding voorkeur kry.

Die aantal lote wat gelaat word vir die oes, sal afhang van boomvolume en dravermoë. Spasiëring is

belangrik om nie toekomstige lootgroei te benadeel nie. Die aantal lote wat gelos word vir drag, moet tussen

vier en nie meer as agt per sentimeter stamomtrek wees nie. Nog „n beter metode is om die aantal vrugte

volgens uitdun riglyne te tel en daarvolgens die snoei aan te pas. Vir draende bome moet ten minste tien

vrugte per sentimeter stamomtrek gelaat word. Beter praktyke en onderstamme kan tot vyftien gelaat word.

Eerste uitdun kan op variëteite, wat swaar set, gedoen word deur die knoppies bo of onder of albei uit te vryf

tussen knopswel en pienkblom. Voordele is dat dit goedkoper is as latere uitdun en dat die boom baie

energie spaar, wat in lootgroei en vruggrootte gesien kan word. Vruguitdunning moet so vroeg as moontlik

gedoen word om boomenergie te spaar. Sommige geilboorde en warmhellings het partykeer „n natuurlike

speen waarvoor toegelaat moet word.

Die goue reël is om die boom so met vrugte te laai dat daar genoegsame groei sal wees vir die volgende oes.

Konstante oorladings lei uiteindelik tot lae tonnemate.

Johan Joubert – Raadgewende Pomoloog

6.

CHEMIESE SPUITSTOWWE

VIR NUWE SEISOEN

Die maksimum residu limiete (MRL) en voorgestelde onthoudingsperiode vir die gebruik van

chemiese spuitstowwe vir die 2011/20112 siesoen word in die Vereniging se dokumet Nr

25/2011 omskryf. Hierdie dokument is op die Vereniging se webwerf:

www.canningfruit.vco.za beskikbaar en sal ook deur die verwerkers aan produsente

gekommunikeer word. Maak ook seker dat u chemiese spuitstof konsultant volgens die

opgegradeerde dokument aanbevelings doen.

Enkele nuwe handelsname van chemiese spuitmiddels is op die lys geplaas, terwyl daar ook

bykomende chemiese produkte beskikbaar is. In die geval van Endosulfan sal die middel slegs

tot in April 2012 gebruik mag word. Die lys is met die hulp van die chemiese spuitstofbedryf

opgegradeer en op datum gebring met die vereistes van die internasionale kopers. Die lys is

dan ook die strengste vereistes tussen Europa en Suid-Afrikaanse standaarde.

Die Inmaakvrugtebedryf sal die komende seisoen weer eens van Hearshaw and Kinnes

Analytical Laboratory te Kaapstad gebruik maak vir chemiese spuitstofontledings. Die

Laboratorium toets vir die volledige reeks van beskikbare chemiese middels en gebruik die

gewone GC, asook die LCMSMS masjiene vir ontledings. Daar word ook addisioneel vir

Dithiocarbamates getoets. Verder sal die Bedryf vir Swaarmetale toets by Bemblab te

Somerset Wes.

Soos in die verlede word produsente se ernstige aandag gevra vir die veilige en regte gebruik

van chemiese spuitmiddels vir die beheer van siektes en plae op vrugtebome. Die bedryf het

„n trotse rekord vir die verantwoordelike gebruik van spuitmiddels en moet dit handhaaf.

7.

VRUGTEVLIEG MONITERING EN BEHEER

Tydens die Vereniging se Tegniese Inligtingsdag te Robertson het Tom Labuschagne van Chempac „n

insiggewende lesing oor die monitoring en beheer van vrugtevlieg gegee. Hy is van mening dat die

toename van vrugtevliegskade toegeskryf kan word aan:

(1) Klimaatsverandering

(2) Verlies aan breë spektrum insekdoders

(3) Verlies aan chemiese spuitmiddels as dekbespuitings vir vrugtevlieg

Die implikasie van die voorafgaande is dat die fokus met die beheer van vrugtevlieg weg is van

skadebeperking na bevolkingsbestuur. Om die vrugtevlieg bevolking te bestuur, moet daar gemeet

word, gesamentlik opgetree word, op alle fronte aangeval word en beheer betyds begin word.

Vir suksesvolle beheer van vrugtevlieg stel hy voor:

Moniteer hele jaar

Onthou beheer in huistuine

Beheer alternatiewe gashere (ook winter)

Sanitasie van boorde

Koördineer spat toedienings

Begin spat betyds – moet nooit ophou nie

Die volgende lokaas grond bespuiting word aanbeveel:

Dosis: 1 liter proteïen lokaas per ha ongeag van tipe

Volume: 20 – 50 liter per ha

Druppel grootte: 1 – 4mm in deursnee (kopspeld kop)

Wanneer: - Weekliks, area-wyd op dieselfde dag

- Vroeg in oggend

- Dwarsdeur die jaar – op groen plante

Waar: - Onder blare beste (tafeldruiwe bokant troslyn)

- Aanlokking nie verder as ongeveer 6 meter

GREEK CANNING INDUSTRY

Greek canned apricot production will continue to decline this season, following the trend of the past

two years, while higher sugar, tinplate and fuel prices will push up production costs.

Greece will produce a similar volume of canned peaches this year to 2010 despite a reduced output of

raw material. But increased production costs will almost certainly result in higher selling prices for

finished product this season, while the financial crisis in the country could also have an impact on the

industry‟s access to credit. Raw material peach prices have increased by around 25% this year

compared with the 2010 processing season.

FOODNEWS

8.

DISSIPLINE IN DIE WERKSPLEK:

BASIESE VEREISTES VAN DIE DIENSKONTRAK

Gedurende die afgelope tydperk is ek dikwels genader vir advies oor wat die basiese vereistes is

waaraan „n Dienskontrak moet voldoen en wat die minimum inhoud van so „n ooreenkoms/kontrak

moet wees om veral die Werkgewer te beskerm. Dit wil dus voorkom asof sommige Werkgewers

steeds heelwat onseker is oor die aangeleentheid en dikwels skugter is om „n volledige dienskontrak

aan Werknemers beskikbaar te stel.

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Artikel 29) stel dit baie duidelik dat die Werkgewer „n

verpligting het om aan die Werknemer die basiese besonderhede van diens beskikbaar te stel. Dit

impliseer nie noodwendig „n dokument as dienskontrak nie, alhoewel die minimum voorwaardes van

indiensneming in so dokument duidelik uiteengesit en aan die Werknemer verduidelik en beskikbaar

gestel behoort te word.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat alle Werkgewer/Werknemer verhoudinge sekere regte en

verpligtinge bevat. Hierdie regte en/of verpligtinge – van toepassing op beide die Werkgewer en

Werknemer – kom gewoonlik tot stand deur middel van „n mondelingse ooreenkoms tussen die twee

partye, of „n stilswyende ooreenkoms, wat ontstaan as gevolg van „n werkspraktyk oor tyd of dit kan

„n skriftelike ooreenkoms wees. Daar word egter sterk aanbeveel dat enige ooreenkoms met „n

Werknemer eerder op skrif gestel en deur beide partye onderteken moet word. Sodoende word

misverstande vermy en is beide die Werkgewer asook Werknemer van hulle onderskeie regte bewus.

In die gedeelte wat volg, word „n aantal basiese vereistes van die dienskontrak uiteengesit:

„n Dienskontrak is „n ooreenkoms tussen twee partye, naamlik die Werkgewer en Werknemer,

waarvolgens die Werknemer sy dienste aan die Werkgewer beskikbaar stel in ruil vir „n vasgestelde

en/of ooreengekome loon/salaris. Die Werkgewer verkry dan ook ingevolge hierdie ooreenkoms die

reg om beheer oor die Werknemer uit te oefen en om oor die lewering van dienste toesig te hou. Die

dienskontrak moet egter aan die volgende gemeenregtelike beginsels voldoen om geldig te wees:

a) Daar moet ooreenstemming tussen die partye wees;

b) Die sluit van die kontrak, die werk wat gelewer moet word, en die doel van die twee partye wat

die kontrak sluit, moet geldig wees;

c) Die partye moet bevoeg wees om die kontrak te sluit, m.a.w. „n minderjarige moet deur „n ouer

of voog bygestaan word. Dit impliseer dus dat geen persoon onder die ouderdom van 15 jaar

„n dienskontrak mag sluit nie, derhalwe die algemene verbod op die indiensname van kinders

onder die ouderdom van 15 jaar.

d) Die uitvoering van die kontrak moet moontlik wees wanneer die kontrak gesluit word.

Vervolgens kort kommentaar op drie baie belangrike aspekte wat beslis in die diensooreenkoms/kontrak

aangespreek moet word:

Vergoeding:

Dit is belangrik om op vergoeding ooreen te kom asook om die werk wat verrig moet word baie

duidelik aan te dui. Daarom is dit dan ook van belang dat daar „n posbeskrywing vir „n spesifieke pos

ontwikkel en aan die betrokke werknemer gekommunikeer word. „n Eensydige verandering van so „n

posbeskrywing deur die Werkgewer sonder die insette en instemming van „n werknemer staan dus die

moontlikheid om as kontrakbreuk gesien te word.

Dienstydperk en proeftydperk:

Die partye mag op „n vasgestelde termyn vir die kontrak ooreenkom, bv. „n dienstydperk van 1 jaar.

„n Dienskontrak kan ook vir „n onbepaalde termyn (d.w.s. permanent) ooreengekom word. Dit is

krities belangrik dat die kontrakperiode baie duidelik in die dokument uiteengesit word. Terselfdertyd

kan „n Werkgewer van „n nuut aangestelde Werknemer vereis om „n proeftydperk suksesvol te voltooi

alvorens die aanstelling van so „n Werknemer bekragtig sal word. Die doel van so „n proefperiode is

om aan die Werkgewer „n redelike geleentheid te bied om die werksprestasie van die Werknemer te

evalueer. Die proeftydperk moet egter vooruit bepaal word en moet van „n redelike duur wees. Die

lengte van die proeftydperk moet bepaal word met verwysing na die aard van die werk en die tyd wat

dit die Werknemer sal neem om die Werkgewer se verwagte prestasiestandaarde te bereik. Nie net

moet die Werknemer se prestasie geëvalueer word nie, maar behoort die Werkgewer ook aan die

Werknemer die nodige ondersteuning in die vorm van onderrig, opleiding, leiding of berading

gedurende hierdie tydperk te verskaf ten einde die Werknemer in staat te stel om bevredigende diens te

lewer.

Veilige werksomstandighede:

Die Werkgewer het „n verpligting om „n gesonde en veilige werksomgewing te skep en in stand te

hou. Dit behoort ook as sulks in die dienskontrak uiteengesit te word. Terselfdertyd het die

Werkgewer ook „n verantwoordelikheid om die nodige beskermende klere en/of toerusting beskikbaar

te stel waar die veiligheid en/of gesondheid van die Werknemer in gedrang kan kom. Die Werknemer

het insgelyks „n verantwoordelikheid om die gesondheids- en veiligheidstandaarde van die Werkgewer

te alle tye te eerbiedig en enige probleme in dié verband aan die Werkgewer te rapporteer.

Bogenoemde is slegs enkele van die aspekte wat in detail binne die dienskontrak gehanteer behoort te

word. Deur nie aan hierdie aspekte aandag te gee nie, skep „n risiko vir die Werkgewer wat onnodig is

en liefs vermy behoort te word.

VIR BYSTAND EN/OF ADVIES RAKENDE ENIGE ARBEIDSAANGELEENTHEID,

SKAKEL DR. LEON BOSMAN GERUS BY SELFOON:

083-414-5679 OF e-pos: labosman@telkomsa.net

9.

10.

WERK MET FEITE TERWYL PERSEPSIES WERKLIKHEDE DRYF

- Deidré Eigelaar, Achtervlei, Piketberg

In `n gesprek oor persepsies noem my vriendin Annalies dat dit verstommend is hoe kinders, wat in

dieselfde huis grootword, met een ma en pa, kinderjare en gebeurtenisse so anders kan beleef en

onthou. In haar geval voel haar sus se belewenisse so al asof sy van `n ander huishouding praat en

herken sy nie eens die insidente nie. Haar sus het haar grootword jare as traumaties beleef met klomp

negetiewe herinneringe, terwyl sy net ongeklompliseerde en vrolike kinderjare onthou!

Persepsies dryf die werklikheid…in so `n mate dat feite ondergeskik raak aan wat persone ervaar. Die

boek van Gabriel Garcia Marques, 100 years of Solitude, beskryf die eerste fliek ervarings van die

mense in die boek as volg: “they became indignant over the living images that the prosperous

merchant Bruno Crespi projected in the theatre with the lion-head ticket windows, for a character who

had died and was buried in one film and for whose misfortunes tears of affliction had been shed would

reappear alive and transformed into an Arab in the next one. The audience, who paid two cents apiece

to share the difficulties of the actors, would not tolerate that outlandish fraud and they broke up the

seats. The Mayor, at the urging of Bruno Crespi, explained in a proclamation that the cinema was a

machine of illusion that did not merit the emotional outburst of the audience. With that discouraging

explanation many felt they had been victims of some new and showy gypsy business and they decided

not to return to the movies, considering that they had already had too many troubles of their own to

weep over the acted-out misfortunes of imaginary beings.” Laasgenoemde beskryf eenvoudige mense

van Columbië se dorpie Macondo. Helaas is die proses wat gebeur met die kyk van beelde nog

presies dieselfde en raak die verbeeldingsvlugte van die beelde wat ons daagliks deur die media in al

sy vorme gevoer word, mense nog presies dieselfde maniere. Die menslike onderbewussyn het geen

sin vir humor nie en wat ons sien deur die vensters van ons siel word deur ons brein gevoer en na die

onderbewussyn geneem as `n waarheid. Die probleme van die akteurs, die trauma van SABC, CNN

en SkyNews word via die „masjien van illusie‟ ook die kyker se probleme en die kyker se trauma, met

emosies wat onwillekeurig vloei. Al verskil tussen vandag en die mense van Gracia se boek is ons

sofistikasie en die ingeperkte vermoë om ons emosies tydelik te onderdruk – maar die emosies wat die

beelde meebring word alles gestoor in die onderbewussyn!

Die Donker Middeleeue was gekenmerk deur `n tekort aan inligting en die feit dat kennis net tot die

uitgesoektes beperk was. Klaarblyklik gaan die wêreld weer nou in `n periode soortgelyk aan die

Donker Middeleeue. Die verskil is dat die krisis nou `n onvermoë tot die ontsluiting van inligting is.

Inligting wat nou net te veel is om te hanteer, met werkers se onvermoë om sinvol met die inligting om

te gaan en `n onvermoë om feite van perspesies te skei. Die nuwe generasies van die negentigs en die

nuwe millenium het `n baie beperkte algemene en diepte kennis met `n totale onvermoë om inligting

sinvol te ontleed en aan te wend. Tussen die aandagafleibaarheid van die Blackberry generasie raak

analitiese denkers skaars en word alles geëvalueer volgens die onmiddellike bevrediging van die

sintuie! Die onderskeiding tussen die waarheid en die leuen raak al moeiliker en feite en persepsies

word gereken as dieselfde ding, met katastrofiese gevolge vir elke fasset van die burgerlike

samelewing. Soos koerante, politici, amptenary en advertensies met feite omgaan en met denke

smokkel is skreiend, dan praat ek nie eens van facebook, twitter en die ander sosiale media se impak

nie. Die braaksels van die media‟s word so aan die burgery opgedis, dat dit as gourmet disse verslind

word en daar `n braaksel verslawing is wat die norm word…

11.

Die effek wat dié verslawing in die toekoms op gemeenskappe en beskawings gaan hê, is nog

onbekend. Die vermoë om krities te kyk, inligting te evalueer en te analiseer is nie meer `n norm nie.

Persepsies dryf werklikhede met emosies as die sneller. Jonathan Jansen het so jaar of wat `n

artikel geskryf met die opskrif „Wat het geword van skaamte?‟. Dit het my aangegryp, want Suid-

Afrika word toenemend `n emosie gedrewe land, die deursnee landsburger het nie `n saak met die

waarheid nie en ons leiers is selfbehepte klonte met baie min ergenis met die langtermyn toekoms van

die burgers van Suid-Afrika. Skaamte, as jy roekeloos omgaan met die waarheid, is in baie gevalle nie

eens meer `n herkenbare emosie nie.

Die Human Rights Watch verslag is tipies en tekenend van ons tyd. Sonder wetenskaplike inslag word

emosie gedrewe eensydige persepsies as feite die wêreld ingestuur. My skoolvriend se pa, Oom John

Muir, het my geleer dat elke saak drie kante het: myne, joune en die waarheid. Met dié wysheid as

agtergrond is die verslag slegs die een kant van `n saak, maar is dit roekeloos vir ons land, vir die

bedrywe wat afgekraak word en speel die verslag in die guns van die wyn- en vrugtebedrywe se

kompetisie. Supermarkte is nie regtig in lande se politieke en sosio-maatskaplike kwessies

geïnteresseerd nie. Sommige supermarkte se ekonomiese skaal is groter as die Afrika kontinent se

ekonomie in totaliteit en indien die ongemak te hoog raak, gaan soek die supermarkte net kontinue

verskaffers in `n ander land. Soos gewoonlik is die partye wat aan die korste end trek nie die

verslagskrywers nie.

Soos Annalies verstom gestaan het oor haar sus se belewing van hul kinderdae en hoe dramaties

verskillend hul dit beleef het - so is die lewe en daarom is dit belangrik om met feite te werk en die

vermoë om weg te staan van emosies so onontbeerlik is. Ons geliefde land is “a country at war with

itself”. Indien Suid-Afrika nie `n Visie 2030 gaan kry nie, gaan die verslae soos die Human Rights

verslag heeltyd ons oog van die noodsaaklike dinge soos werkskepping, bou aan die ekonomie,

skoling aan kinders en al die ander noodsaaklike dinge weghou. Soos in die verhaal van Marques se

boek gaan dit nie help om die stoele van die flieksaal af te breek omdat `n mens emosioneel raak nie,

maar om te weet dat die akteurs in die verhaal môre weer `n ander rol speel en die geheim is om te

fokus op dit wat belangrik is en `n verskil gaan maak. Hierdie land, en ook die vrugte- en

wynbedrywe, kort `n Visie 2030 sodat Suid-Afrikaners kan begin fokus op die toekoms en nie

terugkyk na `n verspeelde jeug nie – te veel jare is vermors deur te ploeter in die verlede. Die aksie

gaan egter nie van die tenderpreneurs of politieke soustreinryers af kom nie, hul het te veel om te doen

met hul kitsrykdom…dit gaan die burgery se taak raak. Soos Tim du Plessis in Sondag, 4 September

2011 gesê het: dit is `n koppige land dié met `n wil van sy eie. Alhoewel ek meer dink dit is die

voetsoldate wat koppig is…laat ons koppig bly en fokus op die feite!

‘n Geveg word nooit gewen deur ‘n twis nie

Dit kan slegs gewen word deur oorreding

- Bertie van der Merwe

12.

GREEK CANNED APRICOT PRODUCTION

GREEK CANNED APRICOT PRODUCTION WILL CONTINUE TO DECLINE THIS SEASON, FOLLOWING

THE TREND OF THE PAST TWO YEARS, WHILE HIGHER SUGAR, TINPLATE AND FUEL PRICES WILL

PUSH UP PRODUCTION COSTS. AROUND FIVE COMPANIES ARE PLANNING ON CANNING

APRICOTS THIS YEAR. THE QUALITY OF THE FRUIT IS SAID TO BE GOOD, ALTHOUGH FINAL

PRODUCTION WILL BE LOWER THAN 500 000 CASES (A2,5).

- FOODNEWS

JAARLIKSE BOOMOPNAME

DIE JAARLIKSE BOOM- EN STOKOPNAME (TAFEL- EN DROOGDRUIWE) VIR 2011 IS REEDS AAN U

GEPOS. DIE KORREKTE INLIGTING IS VAN UITERSTE BELANG VIR DIE BEDRYF SE BEPLANNING.

KORTTERMYN, ASOOK LANGTERMYN BESLUITE WORD OP HIERDIE INLIGTING GEMAAK. DIT IS „N

GESAMENTLIKE OPNAME DEUR DIE ONDERSKEIE VRUGTE PRODUSENTE VERENIGINGS, WAT OP

EEN REKENAARDRUKSTUK VERSKYN. DIE DATABASIS WORD GESAMENTLIK HANTEER OM DIT

KOSTE EFFEKTIEF TE MAAK, MAAR OOK OM DIE AANTAL VRAELYSTE AAN DIE PRODUSENT TE

VERMINDER EN TE VEREENVOUDIG. U SAMEWERKING MET DIE INVUL EN TERUGSTUUR VAN DIE

OPNAME WORD WAARDEER!

CALIFORNIAN CANNED PEACHES

THE CALIFORNIA CANNING PEACH ASSOCIATION HAS RATIFIED A 2011 PRICE AGREEMENT.

THE $291 PER SHORT TON REPRESENTS A 1,4% INCREASE OVER THE PREVIOUS YEAR. THE

ESTIMATED CROP IS 417 067 SHORT TONS WHICH REPRESENTS A 3% DECREASE ON THE

PREVIOUS YEAR (0,9 METRIC TONS = 1 SHORT TON).

- PEACH FUZZ

SPANISH APRICOT CROP

SPAIN‟S PROCESSING APRICOT HARVEST THIS YEAR HAS BEEN DESCRIBED AS A “TOTAL

DISASTER” BY SOURCES IN THE INDUSTRY, WHILE FEWER PEACHES ARE EXPECTED TO GO FOR

CANNING DUE TO PULLED TREES AND WEATHER DAMAGE.

- FOODNEWS

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!