Boek resensie: Challenges of teacher development
Boek resensie: Challenges of teacher development
Boek resensie: Challenges of teacher development
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
Challenges of teacher development.

An investigation of take-up in South Africa

A Adler & Y Reed (eds). 2002. Pretoria: Van Schaik Publishers.

Prof LW Meyer

Nagraadse Skool vir Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus

Sedert die tagtigerjare was daar ‘n dramatiese toename in die aantal formele

indiensopleidingsprogramme vir onderwysers in Suid-Afrika. Die meeste

hoëronderwysinstansies wat onderwysersopleiding aanbied, het verdere

opleidingsprogramme vir diensdoende onderwysers begin aanbied. Daarvoor bestaan

daar twee redes: eerstens was daar ‘n geweldige behoefte aan beter gekwalifiseerde

onderwysers in Suid-Afrika, veral onder swart onderwysers en tweedens het die

opleidingsinstansies hierdie behoefte as ‘n finansiële reddingsboei aangegryp. Die

ontwikkeling en daarstelling van afstandsonderrigprogramme vir diensdoenende

onderwysers het in baie gevalle daartoe bygedra dat residensiële opleidingsinstansies se

deure kon oopbly.

Teen die agtergrond van bogenoemde, ontstaan die vraag: “In watter mate het

hierdie formele indiensopleidingsprogramme bygedra tot onderwyskundige

veranderinge en verbeteringe in Suid-Afrika?” Dit is juis een van die vrae wat die

skrywers van hierdie boek probeer beantwoord. In 1996 het die Universiteit van die

Witwatersrand ‘n Verdere Diploma in Onderwys (VDO) vir wiskunde-, wetenskap- en

Engelse taalonderrig van stapel gestuur. Die doel van hierdie program was onder andere

om onderwysers se vak- en opvoedkundige kennis te verbreed en om ‘n bydrae te lewer

tot hulle professionele ontwikkeling.

Die boek vertel die storie van hierdie VDO-program in 8 hoofstukke. Hoofstuk 1

dien as oriëntering en fokus op die kompleksiteite en uitdagings van

onderwyserontwikkeling. In hoofstuk 2 word ‘n historiese oorsig verskaf van

onderwyseropleiding in Suid-Afrika, as vertrekpunt en rasionaal vir die ontwikkeling

van die VDO-program by Wits. Die navorsingsmetode wat gevolg is om te bepaal of die

VDO-program bygedra het tot die groei en ontwikkeling van die studente (hoofsaaklik

onderwysers van tradisioneel stedelike en plattelandse swart skole), word in hoofstuk 3

beskryf. Hoofstukke 4 tot 7 dek aspekte wat verband hou met die inhoud en aanbieding

van die VDO-program en die navorsing oor die effektiwiteit daarvan. Infrastrukturele

tekorte en leemtes in swart skole, die problematiek van ’n tweede taal as

onderrigmedium, die implementering van leerdergesentreerde onderrigstrategieë en die

ontwikkeling van refleksiewe onderrigvaardighede is aspekte wat in hierdie hoofstukke

aangeroer word. In hoofstuk 8 word die debat rondom vakkennis as voorvereiste vir

suksesvolle onderrig, teenoor onderwysgerigte vakkennis (“teachers’ conceptual

knowledge in practice”), verder gevoer en kom die skrywers tot die gevolgtrekking dat

‘n verbetering in vakkennis alleen nie noodwendig tot meer doeltreffende onderrig

aanleiding gaan gee nie. Volgens die skrywers bestaan daar nie ‘n generiese resep vir

suksesvolle onderwyserindiensopleidingsprogramme nie, omdat daar te veel

agtergrond-, opleiding- en kontekstuele verskille tussen die onderwysers bestaan.

Die skrywers beveel aan dat konseptuele, praktykgerigte kennis ‘n kritiese

komponent van voortgesette onderwyseropleidingprogramme moet uitmaak. Dit

impliseer dat onderwysers vakgerigte konsepte en vaardighede moet kan bemeester,

maar dat hulle ook moet weet hoe individuele leerders hierdie konsepte en vaardighede

verwerf binne die bevorderende of beperkende konteks van die skoolsituasie en die

leefomgewing waarin hulle hulleself bevind.
Afgesien van Tessa Welch se eensydige en ongegronde stelling op bladsy 20 dat

die Apartheidsregering die Fundamentele Pedagogiek as filosofiese werktuig gebruik

het om swart knegskap af te dwing, asook sekere metodologiese leemtes van die

ondersoek (wat die skrywers self erken), lewer die boek ‘n besliste bydrae tot die veld

van voortgesette onderwysersopleiding. Die ontwikkelaars en implementeerders van die

VDO by Wits het die effektiwiteit van hulle program onder die soeklig geplaas en deel

die lesse wat hulle daaruit geleer het met die leser. Hierdie lesse het waarde vir almal

wat betrokke is by voortgesette onderwysersopleiding.