05.05.2013 Views

Sanlam Futura Sambreel Aftreefonds

Sanlam Futura Sambreel Aftreefonds

Sanlam Futura Sambreel Aftreefonds

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sanlam Futura

Sambreel Aftreefonds

2011 Trusteeverslag

Inleiding

Hierdie verslag is op belanghebbers in die Sanlam

Futura Sambreel Aftreefonds gerig en dit vorm

deel van die afsonderlike verslag wat aan die

Sanlam Sambreel Pensioenfonds en Aftreefonds se

belanghebbers beskikbaar is.

Sanlam Futura Sambreel

Aftreefonds

Die Sanlam Futura Sambreel Aftreefonds is

gerig op die verskaffing van ’n oplossing vir

aftreebefondsing en versekerde voordele

wat maklik verstaanbaar, kostedoeltreffend

en administratief doeltreffend is en wat vir

mense met ’n laer inkomste bedoel is. Dit

is ’n sambreelvoorsorgfonds waaraan talle

werkgewers en hul werknemers deelneem om die

kapasiteitsbesparings tot hul voordeel te benut.

Hierdie kostebesparings lei uiteindelik tot

versterkte aftree-uitbetalings aan lede. Dit is ’n

struktuur wat werkgewers in staat stel om verpakte

en aanpasbare aftreespaarfondse en versekerde

voordele aan hul werknemers te bied.

Raad van trustees

Die Sanlam Futura Sambreel Aftreefonds word

deur ’n raad van ses trustees bestuur. Drie van die

trusteelede word deur Sanlam aangestel en drie

word deur die lidverteenwoordigers uit ’n paneel

van toepaslike gekwalifiseerde professionele mense

uit die bedryf verkies – almal onafhanklik van

Sanlam. Die huidige raad dien sedert ons algemene

jaarvergadering op 29 en 30 Julie 2009, en daar

was slegs een verandering nadat Elias Masilela

effektief vanaf 31 Januarie 2011 by Sanlam bedank

het. Ons is uiters trots daarop dat die Kabinet Elias

as die nuwe uitvoerende hoof van die Openbare

Beleggingskorporasie aangestel het – dit is ’n groot

eer en uitdaging vir Elias en ons wens hom net

die beste toe met sy nuwe verantwoordelikhede.

Die drie Sanlam-aangestelde trustees is Derek

Smorenburg, Marius Jonas en Phelisa Ngonyama,

met Marius Saayman as die alternatiewe Sanlamaangestelde

trustee. Die lede van die Sanlam

Futura Sambreel Aftreefonds het Ian McDonald,

Dalene Willemse en Alex Paterson as hul verkose

Sanlam Futura 2011 Trusteeverslag / FLITSFEIT Augustus 2011

verteenwoordigers op die raad van trustees

aangestel met Henry Dul as hul alternatiewe

verteenwoordiger.

Die trustees het Marius Jonas as hul voorsitter

verkies.

Fondsbeamptes en

subkomitees

Die hoofbeampte (Marida Botha) en Simeka

Consultants & Actuaries bestuur die dag-tot-dag

bedrywighede van die Fonds se bestuurstoesig

en verseker voldoening aan al die regulatoriese

vereistes.

Een van die eerste groot inisiatiewe van die

nuwe trusteeraad was die implementering van

subkomitees om na die dag-tot-dag kwessies

van spesialisaangeleenthede om te sien en om

formeel verslag te doen aan die volle raad wat vir

die uiteindelike besluitneming verantwoordelik bly.

Die volgende subkomitees funksioneer ten volle en

vergader gereeld:

• Administratiewe Subkomitee met Marius Jonas

as voorsitter

• Ouditsubkomitee met Marius Jonas as voorsitter

• Bestuurstoesig & Risiko-subkomitee met Kobus

Hanekom as voorsitter

• Kommunikasiesubkomitee met Dalene Bennett

as voorsitter

• Klagtesubkomitee met Marius Jonas as

voorsitter

• Toewysing van Sterftevoordele-subkomitee met

Marida Botha as voorsitter

• Bestuur van Versekerde Voordele-subkomitee

met Mike O’ Donovan as voorsitter

• Beleggingsubkomitee met David Gluckman as

voorsitter.

Administratiewe Subkomitee

Beduidende pogings word deurgaans aangewend

om die administratiewe stelsel te versterk

met spesiale klem op die kwitansieproses van

maandelikse bydraes, die uittreebetalingsproses,

die voordeelstaatproses en die Aftreefondsweb

1

(Retirement Fund Web). Daar word ook spesiaal

moeite gedoen om die Artikel 14-oordragproses

vaartbelyn en vinniger te maak. Dit is veral

belangrik gesien in die lig van voortgesette

massiewe groei. Ons is uiters trots op die uiters

gereguleerde proses wat ons in werking gestel het

en waaroor die Fondssekretariaat se span toesig

hou.

Ouditsubkomitee

Die geouditeerde finansiële state vir die jaar

geëindig 31 Mei 2009 is formeel op 8 Desember

2010 deur die trustees goedgekeur, en is op 13

Desember 2010 by die Finansiëlediensteraad

ingedien.

Die eksterne ouditeure het bevestig dat die

finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 31 Mei

2009 volgens hul mening in alle wesenlike opsigte

voorberei is volgens die voorbereidingsbasis wat

op Suid-Afrikaanse aftreefondse van toepassing

is. Wat ook belangrik is, is dat die eksterne oudit

se bevindinge geen beduidende sake aan die lig

gebring het waaroor daar aan die lede verslag

gedoen moet word nie.

Hierdie geouditeerde finansiële state toon aan

dat die Fonds se totale bates tot R103 miljoen

toegeneem het en dat dit 13 464 aktiewe lede

verteenwoordig.

Die geouditeerde finansiële jaarstate vir die jaar

geëindig 31 Mei 2010 is gefinaliseer en sal voor

31 Augustus 2011 deur die Raad van Trustees

afgeteken en ingedien word.

Kommunikasie Subkomitee

Ons lewer vanaf 2009 gereelde

kommunikasiemateriaal en verbeter dit ook waar

moontlik – soos die maandelikse flitsfeite vir die

beleggingsportefeuljes en die jongste weergawe

van die Produkgids.

Klagtesubkomitee

’n Klein aantal klagtes (vier) is by die

Pensioenfondsberegter ingedien. Hierdie klagtes

was in wese administratiewe navrae wat sonder

komplikasies verduidelik of opgelos kon word.

Sanlam Futura 2011 Trusteeverslag / FLITSFEIT Augustus 2011

Ter opsomming: Alle klagtes is spoedig via ’n

formele proses hanteer wat nougeset bestuur

word. Daarby beskou ons klagtes as konstruktiewe

terugvoer van kliënte en ’n deurlopende

geleentheid om areas vir verbetering uit te ken.

Toewysing van Sterftevoordelesubkomitee

Die subkomitee vir die toewysing van

sterftevoordele het ten minste twee maal per

maand oor die verslagtydperk vergader om die

verspreiding van voordele onder die afhanklikes en

genomineerdes van gemiddeld 12 afgestorwe lede

per maand te bepaal.

Bestuurstoesig en Risikosubkomitee

Die Sanlam Sambreelfonds voldoen aan

die vereistes van PF 130, ’n riglyn vir goeie

bestuursgedrag wat spesiaal vir aftreefondse deur

die Finansiëlediensteraad voorberei is.

Bestuur van Versekerde

Voordele-subkomitee

Ons is tevrede met die eise-ervaring van

versekerde voordele danksy die omsigtige bestuur

van prysbepaling en risiko om teen anti-seleksie

te beskerm. Dit is positief vir ons lede omdat ’n

goeie eise-ervaring die risiko van toekomstige

premiekoersverhogings verminder. Die gevolg van

hierdie versigtige benadering tot risikobestuur

kan ook gesien word in die onderliggende

premiekoerse wat deur Sanlam as ons aangestelde

versekeraar gehef word.

Beleggingsubkomitee

Ons is tevrede met die langtermynopbrengs aan

ons lede ondanks die skommelinge wat deur

die wêreldwye ekonomiese krisis van 2008 en

2009 veroorsaak is. Ons jongste maandverslag

toon byvoorbeeld die volgende geannualiseerde

opbrengste oor verskillende tydperke wat op 30

Junie 2011 eindig:

2

Sanlam Futura 2011 Trusteeverslag / FLITSFEIT Augustus 2011

Gelykmatige Bonus-reeks 3 maande 6 maande 1 jaar 3 jaar 5 jaar

Sanlam Maandelikse Bonus 2.2% 4.8% 9.3% n.v.t. n.v.t.

Indeksnavolgingsreeks 3 maande 6 maande 1 jaar 3 jaar 5 jaar

SIM Enhanced Tracker Balanced Fund 0.2% 1.9% 17.1% n.v.t. n.v.t.

Sanlam Futura Sambreel Aftreefonds 3 maande 6 maande 1 jaar 3 jaar 5 jaar

Fondsopbrengs 1.6% 3.8% 14.8% 5.8% 8.4%

Die doel van aftreefondsbeleggings is om

langtermynwaarde aan lede te bied en daarom

bly ons belangrikste doel die lewering van

opbrengs wat inflasie op lang termyn klop. Die

inflasiekoers, soos dit deur die toename in die

Verbruikersprysindeks gemeet word, was effens

minder as 7% per jaar oor die metingstydperk van

vyf jaar. Die beleggingstrategie het inflasie oor

hierdie tydperk gerieflik geklop.

Die Fonds was sedert Oktober 2010 op ’n

50/50-grondslag tussen die SIM Enhanced Tracker

Balanced Portfolio en die Sanlam Maandelikse

Bonusfonds verdeel. Om aan lede nóg groter

beskerming teen potensiële onbestendigheid

te bied, het die Fonds sy strategie gewysig na

75%-blootstelling aan die Sanlam Maandelikse

Bonusfonds en 25%-blootstelling aan die SIM

Enhanced Tracker Balanced Portfolio.

Die beweging van die Fonds se bates moet gesien

word teen die agtergrond van:

• Lede se redelike voordeelverwagtings

• Lede se bewegings en demografiese tendense

• Die heersende beleggingstoestande

• Regulatoriese vereistes, en

• Historiese posisionering.

As ons die veranderlikes wat ’n impak op die

Fonds se beleggingsomgewing het in ag neem,

glo ons dat die hersiene beleggingsoplossing

’n betreklik stabiele maar steeds markverwante

blootstelling aan die beleggingsmarkte bied om

aan lede se redelike verwagtings ten opsigte van

langtermynvoordele te voldoen.

Die 75/25-blootstelling aan ’n gewaarborgde

portefeulje en ’n gebalanseerde navolgingsvermoë

plaas die Fonds in ’n goeie posisie om voordeel uit

markbewegings te trek sonder volle blootstelling

aan die elemente indien die mark negatief presteer.

Hierdie nuwe strategie is op 1 Maart 2011

geïmplementeer.

Hersiening van Algemene

Reëls

Daar was twee reëlwysigings wat die volgende

aangeleenthede gedek het:

• Om die Fonds se aanspreeklikheid te bepaal

ten opsigte van ’n voordeel wat nie geëis is nie

en wat so klein is dat die normale koste van

die Fonds ten opsigte van hierdie voordeel dit

uiteindelike tot nul reduseer.

• Om die kennisgewingstydperk van drie tot twee

maande te verminder in geval van werkgewers

wat hul deelname aan die Fonds kragtens Artikel

14 en 28 wil beëindig.

Jaarlikse hersieningsproses

Die jaarlikse hersiening van alle fooie en versekeringspremies

het op 1 Maart 2011 plaas gevind.

Omvattende kommunikasie oor hierdie

hersieningsproses is uitgestuur aan alle

deelnemende werkgewers en hul aangestelde

Gekontrakteerde Voordeelkonsultante.

Ons is baie tevrede met Sanlam Futura Sambreel

Aftreefonds se voortgesette lewering van uiters

goeie waardetoevoeging vir ons deelnemende

werkgewers en lede.

Administrasiefooie sluit nie die volgende in nie: die

normale koste en uitbetalings wat deur die Fonds

aangegaan word soos die Finansiëlediensteraad se

heffings en fooie, waarborgversekeringspremies,

3

aktuarieel, oudit, onafhanklike trustees,

ledekommunikasie en ander fooie en uitbetalings.

Die gebeurlikheidsreserwerekening se maandelikse

heffing is vanaf 1 Maart 2011 gelyk aan 0,5% per jaar

van die totale bates.

Kliëntefooie en versekeringspremies word eers

weer op 1 Maart 2012 hersien.

Opsomming van finansiële

state vir die tydperk

geëindig 31 Mei 2010

Die billike waarde van die Fonds se belegging, wat

deur die beleggingsadministrateur geadministreer is,

het aan die einde van die jaar soos volg daar uitgesien:

Totale waarde van

beleggings bestuur

GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

I388

2010 2009

R167 153 701 R103 352 030

LIDMAATSKAP Aktiewe lede Onopgeëiste

voordele

Getal aan begin van

jaar

13 601 1 371

Nuwe lede 4 937 -

Onttrekkings 2 501 5

Aftrede 92 -

Sterftes 113 -

Ongeskiktheid 32 -

Getal aan einde van

jaar

Gesamentlike Forums

15 800 1 366

Ons het in Februarie 2010 met ’n opleidingsprojek

begin vir soveel lede as moontlik van die

gesamentlike forums. Altesaam 605 deelnemende

werkgewers het tydens die verslagtydperk

gesamentlikeforum-opleiding ontvang en 102

het opleiding oor die Aftreefondsweb gekry. Ons

doel is om in 2011, en indien nodig ook daarna,

met hierdie belangrike projek voort te gaan. Ons

moedig alle deelnemende werkgewers aan om die

Aftreefondsweb vir die indien van vorms sowel as

maandelikse bydraeskedules te gebruik.

Sanlam Futura 2011 Trusteeverslag / FLITSFEIT Augustus 2011

Ter opsomming …

Ons vertrou dat bogenoemde ’n aanduiding is van

hoeveel werk oor die verslagtydperk gedoen is

om die Sanlam Futura Sambreel Aftreefonds se

aanbod tot voordeel van ons lede te verbeter.

Ons het pas met hierdie reis begin en ons sien

uit na die pad wat wag. Ons is trots op alles wat

ons oor die afgelope paar jaar vermag het en ons

verbind ons tot die voortsetting van ons diens in

die toekoms.

Die Raad van Trustees bedank graag al ons

belanghebbers – ons vordering tot dusver is aan hulle

te danke. Ons bedank ons borg, ons administrateurs,

ons hoofbeampte en fondssekretariaat, ons

subkomitees, ons ondersteunende tussengangers en

al ons ander diensverskaffers. ’n Spesiale woord van

dank gaan ook aan ons deelnemende werkgewers en

lede wat soveel van hul finansiële sekuriteit aan ons

toevertrou.

Uitgereik deur Sanlam Futura Sambreelfonds se

Raad van Trustees

Augustus 2011

Marius Jonas

(Voorsitter)

Ian McDonald

Derek

Smorenburg

Dalene

Willemse

Phelisa

Ngonyama

Alex Paterson

Marida Botha

(Principal Officer)

Alicia Fortein

(Fondssekretaris)

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!