Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff ...
Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff ...
Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff ...
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid

van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk

10 November 2009

Daan van Wyk

Aftrede is ‘n ding wat jou bekruip soos ‘n dief in die nag. Dit gebeur mos net

met ander oor-die-muur mense, en ek is mos in elk geval beter voorberei

vir ingeval dit my ook gaan tref. So, ek slaap rustig. En dan skielik, asof uit

die bloute, is die dief daar. En dan is daar een van twee soorte reaksies: Óf

iets in die vorm van onsekerheid en selfs vrees, óf iets in die vorm van

verligting dat ek nou eindelik my regmatige versekeringuitbetaling (lees

pensioen) sal kry wat my nuwe vryheid en nuwe geopende deure sal

besorg.

Maar as jy gaan sit en mooi nadink, besef jy dat, sonder dat jy jou vinger

kan druk op die presiese begin, jy êrens langs die pad moes agterkom iets

is aan die verander. Want naderende aftrede is onlosmaaklik gekoppel aan

die ouerword-proses – by ‘n man, natuurlik; ek verwys nou hoegenaamd

nie na byvoorbeeld vroulike rektore nie.

As ‘n man op my leeftyd mooi gaan nadink en eerlik in die spieël kyk, is

daar verskeie tekens waaraan hy kan agterkom sy aftrede kom nader (en

dus dat hy ouer word). Jou aftrede is naby wanneer jy in die fase is waar jy

al die antwoorde het, maar niemand stel meer belang om jou die vrae te

vra nie. En ‘n man is oud wanneer hy in die laaste van die vier hoof-

lewensfases verkeer:
Fase 1 – Jy glo in Kersvader

Fase 2 – Jy glo nie in Kersvader nie

Fase 3 – Jy is Kersvader

Fase 4 – Jy lyk soos Kersvader.

Dis seker ook maar net menslik om by jou aftrede terug te dink aan jou

ervarings by die instansie waaruit jy aftree. En op die gevaar af dat dit julle

sal verveel, kan dit tog dalk iets beteken om ietsie daarvan te deel met julle

wat nog midde in die stryd staan.

In jou studentelewe beleef jy die oorgangsfase van “glo in Kersvader”,

“twyfel in Kersvader” en “glo nie in Kersvader nie”. En watter heerlike fase

is dit nie: Onbesorgde en lawwe koshuis- en ander pret, die leer van

lewenslesse in jou sportdeelname en ernstige debatte met medestudente

waarvan sommige nog glo in Kersvader en ander nie, getemper met die

groeiende besef dat jy self verantwoordelikhede het ten opsigte van

byvoorbeeld jou studies en dat Kersvader nie regtig daar is om te sorg dat

jy slaag nie. En as dit jou beskore is om op instansies soos die

Studenteraad te dien, leer jy ook die les dat verantwoordelikhede soms

pynlike konflikte bring, soos wanneer ‘n rektor met ‘n naam soos Klipoog

opdrag gee dat die totale afskaffing van ontgroening onmiddellik deur die

Studenteraad ten volle in die studentelewe bewerkstellig moet word. Ek

verwys hier na die laat 1960’s.

Wat ‘n heerlike voorreg het studente nie om hierdie fase van hul lewe

juis op die Puk te kan deurbring nie!

Jou lewe as dosent is die fase waar jy nie meer glo in Kersvader nie. Nou

is jy al bietjie van ‘n meneer, want jy is mos al geslyp deur lewenslesse, en

jy skryf al kwalifikasies agter jou naam wat (so is jy vertel en so glo jy
graag) jou een van ‘n relatief klein persentasie mense maak. Gelukkig word

die gevoel van selfbelangrikheid gou getemper deurdat jy in jou

navorsingskontakte met kollegas voortdurend besef hoe steek jy af by die

werklike slim mense in die wêreld! Ek onthou nog ‘n strokiesprent in ‘n

Engelse tydskrif uit daardie dae waar die navorser uit die oertyd

meegewerk het aan die uitvinding van die wiel. Hy het gemotiveer hoekom

sy jongste ontwerp, ‘n driehoekige wiel, ‘n groot verbetering was op die

vorige konsep van ‘n vierkantige wiel: “Because it eliminates one bump!”

Saam met die lewenslesse vat daar natuurlik ook ‘n roepingsbesef pos –

dis nou jou verantwoordelikheid om die leergierige en ontvanklike siele

voor jou in die klas tot die insig te bring dat Kersvader nie bestaan nie.

Dis ‘n groot tragedie as jy op hierdie stadium nie werklik besef nie dat om

‘n dosent aan ‘n universiteit te wees (en spesifiek aan die Puk)

loshande een van die lekkerste beroepe in die wêreld is – die interaksie

met studente, of dit nou binne die akademie is of in sport-, kultuur- of

koshuisverband, die interaksie met slim kollegas en vakgenote wat

gelukkig nie almal op een plek sit nie en jy dus gedwing word om oor die

hele wêreld rond te reis, akademiese vryheid en die gepaardgaande mate

van ‘n onafhanklike werksopset. Jou akademiese lotsbestemming hang

menslikerwys gesproke in ‘n groot mate af van jou eie toegewydheid.

As jy dit nie werklik besef en na reg waardeer nie, dan sit jy kort voor lank

in ‘n bestuursposisie. Aanvanklik ervaar jy die bestuurstake as ‘n byvoeging

wat jy met redelike gemak kan hanteer sonder dat dit jou dosentskap te

veel affekteer. Maar kort voor lank begin jy besef dat jy al dieper in die

lewensfase inbeweeg waar jy meermale Kersvader is in die sin dat jy in jou

werk ‘n rol moet speel waarby die lewensvreugde, werksbevrediging en
ontwikkeling van ander mense oorheersend is. Maar anders as met

Kersvader kan persente (lees “prestasiebelonings” in verskillende

betekenisse) nie sonder meer links en regs uitgedeel word nie, en soms

moet persente selfs teruggeneem word, met die gepaardgaande konflikte.

En hoe jy ookal terugverlang na die relatief onbesorgde vorige lewe as

dosent, die ongenaakbare akademiese wêreld sal jou nie toelaat om na ‘n

te lang afwesigheid ‘n gladde terugkeer te maak nie.

En dan, skielik een oggend, kyk jy in die spieël en jy besef nou lyk jy soos

Kersvader – al het jy nie die welige baard en (definitief nie) die welige bos

hare nie, al die ander tekens is daar. Natuurlik het die mense rondom jou

dit al lankal gesien, en jy moes dit besef het toe mense op die Institusionele

Bestuur jou naam vergeet het en verwys na “the old man”.

Dames en here studente, jong en ervare dosente, bestuurders uit die

akademie en sport- en ander ondersteuningsdienste, in watter van die vier

lewensfases jy ookal verkeer, ek sê vir jou jy is absoluut bevoorreg om aan

die Puk verbonde te wees. Nie omdat die plek en sy mense perfek is nie

(ver daarvandaan), maar oor die manier waarop die mense hier met

mekaar omgaan en vir mekaar (en vir die Puk) omgee.

Van my kant, baie dankie dat ek vir ‘n lang tyd deel van julle familie kon

wees.

Koester jou loopbaan by hierdie Universiteit, koester die Universiteit, want,

soos die advertensies vir Loreal-skoonheidsprodukte sê, “sy’s dit werd”!

Dankie!