eKampusnuus - Potchefstroom University
eKampusnuus - Potchefstroom University
eKampusnuus - Potchefstroom University
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
eKampusnuus

Personeelblad Personeelblad vir vir die die Potchefstroomkampus

Potchefstroomkampus

Twee nasionale navorsingsleerstoele is pas deur die

departement wetenskap en tegnologie aan die

Noordwes-Universiteit se Pukkampus toegeken.

Prof. Okkie de Jager het die leerstoel in astro- en

ruimtefisika ontvang en dr. Holger Bettinger in

toegepaste molekulmodellering. Die leerstoele is deel

van die departement se landwye navorsingsleerstoelinisiatief

(SARChI).

De Jager is reeds verskeie kere vir sy navorsingswerk

bekroon. Hy het reeds twee keer (in 1988 en

1992) die presidentstoekenning van die nasionale

navorsingstigting (NRF) ontvang en was vroeër

vanjaar in die internasionale span navorsers wat met

die Descartes-prys vir wetenskap van die Europese

Lees Lees binne:

binne:

Greyvenstein

kry gesogte

toekenning

p 2

Spring vir jou

nuwe toegangskaart

p 3

Oktober Oktober 2007 2007 - - Uitgawe Uitgawe 9

9

Puk Puk ontv ontvang ontv ang tw twee tw ee

leer leerstoele

leer stoele

Kommissie bekroon is.

Bettinger is tans verbonde aan die departement

chemie en biochemie van die Ruhr Universiteit in

Duitsland. Hy is ook reeds verskeie kere vir sy

navorsingswerk in Duitsland bekroon en is lid van die

Duitse en Amerikaanse chemie-verenigings.

Volgens prof. Manie Vosloo van die NWU-Puk is dit

vir hulle ’n besondere eer om die leerstoel te ontvang

en is hulle opgewonde oor wat dit vir uitbou van die

navorsingsveld kan beteken. Hulle hoop dat Bettinger

die aanbod om sy navorsing hier voort te sit, sal

aanvaar.

Die leerstoele word vir 'n tydperk van vyf jaar

befonds en kan moontlik twee maal hernu word,

waarna dit selfonderhoudend behoort te wees.

Die departement het onlangs 51 nuwe leerstoele

aangekondig om navorsing te bevorder en menslike

potensiaal te ontwikkel in die land se nasionale

innovasiestelsel. Die doel van die leerstoele is ook om

die getal navorsers van wêreldgehalte in die land te

verhoog, om gekwalifiseerde wetenskaplikes na die

hoëronderwys sektor te lok en om stategiese navorsing

te stimuleer.

Die SARChI-model word wêreldwyd aanvaar om

navorsingsmoontlikhede te ontwikkel om wêreldklas

navorsers na die land te lok.

Die departement beoog om 210 leerstoele teen

2010 te vestig.

NWU-Puk sorg vir nog ‘n tegnologiese deurbraak

’n Toestel wat metaal vinnig en koste-effektief smelt

en induksieverwarmingstegnologie verbeter, het vir

Monique Coffee, 'n vierdejaarstudent in elektriese

ingenieuswese op die Potchefstroomkampus, die

eerste prys in die Nasionale Innovasiekompetisie en

R50 000 prysgeld besorg.

Die prys is onlangs tydens 'n glansgeleentheid op die

kampus aan haar oorhandig. Haar weninskrywing, ’n

mikro-induksie-oond, is 'n toestel wat metaal vinnig

en koste-effektief smelt sonder enige element, vlam

of ander verhitting, maar deur middel van elektromagnetiese

induksie. Hierdie tegnologie word algemeen

gebruik in onder meer die tandarts- en juweliersbedrywe.

Wat Monique se werk uniek maak is dat sy,

deur gebruik te maak van ‘n skakelelektronika-patent

wat deur die NWU gehou word, die effektiwiteit van

bestaande induksieoonde aansienlik kan verbeter.

Oonde sal ook goedkoper en ligter raak aangesien haar

tegniek meebring dat die aantal komponente wat

gebruik word drasties verminder kan word.

Die tweede prys, ter waarde van R30 000, is

verower deur Pieter Vergeer, Gareth Stott en

Wynand Cilliers. Hulle het ’n proses ontwikkel

waarmee die saadstrook, bekend as UNBUNTape,

vervaardig kan word. UNBUNTape bevat reeds die

regte hoeveelheid saad, kunsmis en insekdoder in elke

papiervakkie en kan net so in die grond gesit word.

Dit is veral gemik op gemeenskapsgroentetuine waar

persone nie oor die nodige tuinmaakvaardighede en

middele beskik nie. Dit sal ook aan hulporganisasies

Van links is Ruan

van den Heever,

Monique Coffee

(eerstepryswenner),

Pieter Vergeer,

dr. Theuns

Eloff, visekanselier,

prof. Annette

Combrink, rektor,

Gareth Stott, Wynand

Cilliers, en

prof. Mariëtte

Lowes, viserektor

vir akademie.

bemark word.

Die derde prys van R20 000 is toegeken aan Ruan

van den Heever wat die APMS Real Time Heart

Monitor ontwerp het. Dit is ‘n intydse afstandmonitor

waarmee die toestand van die hart - die elektrokardiogram

- van atlete gemeet kan word terwyl hulle

op die veld deelneem.

Hierdie drie wenners dring nou deur na die tweede

fase van die Nasionale Innovasiekompetisie en sal te

staan kom teen die wenners wat deur ander hoëronderwysinstellings

in Suid-Afrika aangewys is.

Dr Theuns Eloff, visekanselier van die NWU, het

gesê dat die wenners deur hul innovasies meehelp om

die visie van die universiteit - om ’n toonaangewende

universiteit in Afrika te wees, gedryf deur die strewe

na kennis en innovasie - waar te maak.

Die Nasionale Innovasiekompetisie (NIC) word deur

die Innovasiefonds van die departement wetenskap

en tegnologie geloods ter bevordering van tegnologiese

innovasie in Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings.
Kampusnuus - 2

Voor is proff. Attie de Lange, direkteur van die navorsingseenheid vir tale en literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks en Wannie Carstens, direkteur van die skool vir tale.

In die middel is mee. Alice Motsei, Christine Marais, dr. Mbulelo Jokweni (almal van departement kuns en kultuur), proff. Jan Swanepoel (dekaan van fakulteit lettere en

wysbegeerte), Amanda Lourens (direkteur van navorsingsondersteuning) en Mariëtte Lowes (viserektor, akademie). Agter is prof. Gerhard van Huyssteen, hoof van CTexT.

Regeringsde eringsde eringsdepar

eringsde par partement par tement besoek

besoek

Regeringsamptenare van die departement kuns en

kultuur (DKK) het die sentrum vir tekstegnologie

(CTexT) op die Potchefstroomkampus verlede week

besoek waar hulle bekend gestel is aan fasiliteite en

infrastrukture binne die sentrum.

Die besoek het gespruit uit twee ooreenkomste wat

CTexT verlede jaar met die departement gesluit het,

waarvan die vernaamste uitkoms van een is om

speltoetsers te ontwikkel vir tien van Suid-Afrika se

elf amptelike landstale, en die ander vir die ontwikkeling

van masjienvertalingshulpmiddele.

Dr. Mbulelo Jokweni, direkteur van die eenheid vir

mensetaaltegnologie van DKK, sê die toekenning van

die kontrakte is ’n weerspieëling van die departement

se volgehoue verbintenis tot die implementering van

die regering se nasionale taalbeleid deur die daarstelling

van tegnologieë waardeur skriftelike kommunikasie

in meerdere tale geskep kan word. “Hierdie

tegnologieë sal dan ook pasgemaak word vir die

regeringsdomein, sodat regeringsliggame die voortou

kan neem in veeltaligheid.”

Die besoek het onder andere lig gewerp op die

vordering tot op datum rakende die produkontwikkeling.

Speltoetsers wat CTexT reeds vir vyf Suid-

Afrikaanse landstale ontwikkel het, is aan DKK

gedemonstreer. 'n Woordvertaler is ook bekendgestel;

dit is 'n elektroniese kitshulpmiddel waarmee ’n

eindgebruiker byvoorbeeld ’n dokument of webblad

wat in Engels gepubliseer is, in Afrikaans, Setswana

of Sesotho kan lees. Voorts is daar ook tegnologie

wat ontwikkel is vir die versamel van teksdata van

CT CTexT CT xT

die internet bekendgestel. Laasgenoemde verteenwoordig

'n noemenswaardige bydrae tot Suid-

Afrikaanse taaltegnologie-ontwikkeling, wat dikwels

weens 'n tekort aan teksdata aan bande gelê word.

Die vertaalprodukte sal na verwagting op Oopbronbasis

beskikbaar gestel word om sowel die vertaling

van dokumente te stimuleer, asook verdere navorsing

en ontwikkeling te fasiliteer.

“Deur DKK se belegging in hierdie projekte

bevorder hulle nie net veeltaligheid in Suid-Afrika nie,

maar stimuleer ook baanbrekersnavorsing en –

ontwikkelingswerk op Suid-Afrikaanse tale,” sê prof.

Gerhard van Huyssteen, hoof van CTexT.

Prof. Annette Combrink, rektor, het gesê die

Noordwes-Universiteit erken die realiteite van ’n

veeltalige samelewing.

“Vennootskappe soos dié een tussen CTexT en DKK

vergemaklik die implementering van funksionele

veeltaligheid op gediversifiseerde wyse, wat die

taalbeleid en –benadering van die universiteit

reflekteer en bydra tot die uitbou van die veeltalige

realiteite van die land.”

44 ontvang doktorsgrade

Altesame 44 nagraadse studente het tydens

die lentegradeplegtigheid hul doktorsgrade

ontvang.

Die fakulteit ekonomiese bestuurswetenskappe

en die fakulteit teologie het vir twintig van die

nuwe doktore gesorg terwyl die fakulteit gesondheidswetenskappe

sewe opgelewer het. Lettere

en wysbegeerte en natuurwetenskappe het

elk vyf doktorsgrade toegeken en opvoedingswetenskappe

en ingenieurswese elk drie.

Regte het ook vir ‘n nuwe doktorsgraad gesorg.

Soos tydens die herfsgradeplegtigheid vroeër

vanjaar is sowat ‘n kwart van die nuwe doktore

personeellede van die universiteit.

Die nuwe doktore van die Puk is drr. Karin

Minnie, Averalda van Graan (albei van gesondheidswetenskappe),

Marianne Matthee, Stephanié

Rossouw en Sha Ran (almal van ekonomiese

en bestuurswetenskappe), Sarina Claassens,

Rita Jordaan en Pieter van Zyl (almal van

natuurwetenskappe), Flip Schutte (regte) en

Marlies Taljard en Kotie Kaiser (lettere en

wysbegeerte). Kaiser is ‘n dosent by die fakulteit

opvoedingswetenskappe.
Prof. Gideon Greyvenstein, direkteur van die nagraadse skool vir

kernwetenskap en ingenieurswese, het ’n tegnologietoekenning van die

departement van handel en nywerheid (DTI) ontvang by ’n spesiale

geleentheid wat onlangs by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

in Port Elizabeth gehou is.

Greyvenstein is as die wenner in die Program vir Tegnologie en Menslike

Hulpbronne vir die Bedryf (THRIP) se kategorie vir menslikehulpbronontwikkeling:

kwaliteit en kwantiteit van studente aangewys. Hy het die

toekenning ontvang vir die korrelbed modulêre reaktor tegnologie-projek

(KBMR), wat in vennootskap met die PBMR Maatskappy en M-Tech Industrial,

’n multidissiplinêre ingenieursmaatskappy in Potchefstroom, ontwikkel

en bedryf word.

As die wenner van ’n DTI-tegnologietoekenning voldoen die projek aan

die doelwitte van die THRIP-program om die getal en gehalte van mense

met toepaslike vaardighede in die ontwikkeling en bestuur van tegnologie

vir die bedryf te verhoog. Die projek bevorder ook groter samewerking

tussen hoëronderwys- en wetenskap- en ingenieurstegnologie-instellings.

“KBMR-tegnologie is ’n hoë-gehalte ingenieurs- en tegonologienavorsingsprojek

en die uitsette van hierdie projek sal ’n beduidende bydrae tot

die ontluikende kernkragbedryf lewer,” sê Greyvenstein.

Die projek betrek meer as twintig voltydse nagraadse studente en bestaan

uit drie PBMR-geborgde toetsfasiliteite. Hierdie fasiliteite is die korrelbedmikromodel

(KBMM), die hoëdruk-toetseenheid (HDTE) en die hoëtemperatuur-toetseenheid

(HTTE).

Prof. Gideon Greyvenstein word gelukgewens deur dr. Rob Davies,

adjunkminister van die departement van handel en nywerheid.

Kampusnuus - 3

Gr Greyv Gr yv yvenstein yv enstein v vver

v er erower er erDTIDTI- te tegnolo te gnolo gnologietoek

gnolo gietoek gietoekenning

gietoek enning

Vakgroep bied sesde TT Cloete-erelesing aan

Die vakgroep Afrikaans en

Nederlands by die skool vir tale het

vanjaar die sesde TT Cloete-erelesing

aangebied.

Hierdie prestige erelesings word

elke twee jaar aangebied waartydens

die vakgroep aan vakkundiges van

statuur die geleentheid gee om 'n

bydrae te maak tot die akademiese

gesprek oor die literatuur en die

literatuurstudie.

Die lesing is vanjaar gelewer deur

prof. Hein Viljoen, tans vakvoorsitter

van Afrikaans en Nederlands, oor die

onderwerp Kreolisering van die

Simbolisme in die poësie van TT

Cloete.

Vorige sprekers by die geleentheid

was prof. TT Cloete self, prof. André

P. Brink van die Universiteit van

Kaapstad, prof. Elize Botha, emeritus

professor van Unisa en tans kanselier

van die Universiteit van Stellenbosch,

prof. Ina Gräbe van Unisa en prof.

Joan Hambidge, ook van die

Universiteit van Kaapstad.

Die erelesings dra die naam van

prof. TT Cloete wat buitengewone

professor in Afrikaans en Nederlands is. Cloete het

in sy loopbaan wye erkenning geniet as Afrikaanse

Proff. Betsie van der Westhuizen, TT Cloete, Hein Viljoen, Heilna du Plooy tydens die TT Cloete-erelesing.

literator en literatuurwetenskaplike maar is ook

bekend as digter en Psalmomdigter. Sy agtste

digbundel het vroeër vanjaar verskyn pas nadat hy

sy 83ste verjaarsdag gevier het.
Kampusnuus - 4

Skryf in vir NWU sosiale dag

Werknemerwelstand se hoogtepunt op vanjaar se

kalender vind vanjaar op 9 November plaas tydens

die eerste interkampus sosiale dag wat op die

Fanie du Toit-sportterrein gehou word.

Die sosiale dag is deur die institusionele bestuur

goedgekeur en die doelwit daarvan is om ‘n

geleentheid te bied aan personeellede van die

institusionele kantoor sowel

as die drie kampusse om

mekaar op sosiale vlak beter

te leer ken.

Die sportsoorte waaraan

deelgeneem kan word is

vlugbal, kruiwa-stoot,

eierhardloop, blinddoekwedren en toutrek.

Altesame twaalf personeellede (ses mans en ses

vroue) van die Potchefstroomkampus kan

registreer vir deelname in die vlugbalspan terwyl

twintig (tien mans en tien

vroue) kan registreer vir die

kruiwa-stoot.

Vir die eier-hardloop sowel as

die blinddoekwedren is ook

twintig deelnemers (tien mans en tien vroue vir

elk) van die Puk nodig en sestien deelnemers kan

registreer vir die toutrekkompetisie.

Dit is gratis om aan die dag deel te neem en die

eerste 120 registrasies ontvang ‘n gratis

middagete.

Alle personeel wat wil registreer moet eers die

goedkeuring van hul hoofde kry.

Die eerste 120 personeellede

wat registreer sal nie verlof hoef

in te sit nie maar wel die tyd af

kry om deel te neem (hierdie

TM besluit is geneem deur die

institusionele bestuur insluitend

die visekanselier en kampusrektore). Indien daar

meer as 120 personeellede van die Potchefstroomkampus

is wat graag die dag sou wou bywoon, kan

hulle van hul jaarlikse verlof gebruik of tyd afneem

vir oortyd gewerk.

Belangstellendes hoef nie noodwendig die dag as

deelnemer by te woon nie, maar kan ook as

toeskouer ‘n draai by die sportterein maak. Bring

gerus kameras saam – daar gaan baie pret-

WWWWWelstand elstand elstand elstand elstand

VVVVVan an an an an die die die die die rektor rektor rektor rektor rektor se se se se se tafel tafel tafel tafel tafel

Kollegas,

Die jaar is besig om soos gewoonlik met asembenemende

spoed na sy einde toe te kom. Maar voor ons

gaan uitspan is daar nog heelwat oor om te doen.

Gelukkig is daar net so baie dinge wat gedoen

gekom het, en ek nooi graag al die kollegas om die

amptelike afsluiting van die klasse by te woon op 31

Oktober in die ouditorium, want by dié geleentheid

sal ek graag bietjie voorraadopname doen en met julle

kommunikeer hieroor. Dit gaan gelukkig goed met

meeste aktiwiteite op die kampus – ons kernbesigheid

verloop goed en ons uitsette lyk regtig belowend

sodat ons trots en dankbaar kan wees vir wat ons

vermag en bereik op die kampus en ook binne bestek

van die hele Universiteit.

Ongelukkig is dit ook so dat probleme op die kampus

voorgekom het in die onlangse verlede. Dit is waar

van personeel en studente. Ons het in die geval van

die personeel baie vinnig opgetree en mediaverklarings

uitgereik oor die sake omdat die Universiteit baie

negatiewe en sensasionele publisiteit rakende hierdie

sake kon kry. Dit was ‘n goeie weerligafleier, maar

ons hanteer tans nog die sake. Een hiervan is groot

finansiële oneerlikheid in ‘n ondersteuningsdepartement

wat tot die ontslag van ‘n personeellid en die

skorsing van ‘n student op die VDK gelei het. Die

ander behels ‘n akademiese personeellid wat onder

die Universiteit se naam kursusse aangebied het wat

nie goedgekeur was nie, maar diplomas laat toeken

het met die Universiteit se logo. Die personeellid is

geskors hangende die uitslag van die ondersoek – dit

is ‘n ernstige saak met groot potensiële beeldskade

en ander probleme.

Op die VDK en in Mafikeng is groot ongerymdhede

met nagraadse kwalifikasies ontbloot wat ook

dringende aandag kry – die VDK-saak is ook reeds in

die mediaverklarings genoem. Dit is baie jammer dat

sulke dinge gebeur (dit laat mens ernstig wonder oor

integriteit onder personeel!) maar dit is van die

uiterste belang dat mense kan sien dat ons dit ernstig

opneem en onmiddellik optree.

Ons is ook ernstig besig met die opname oor

personeel se buitewerk. Dit is nogal verstommend

om te sien watter werk deur personeel na buite

gedoen word – met of sonder verlof! Die doel van

hierdie oefening is nie om mense hulle regmatige

deelname aan ander aktiwiteite te ontneem nie, maar

om seker te maak dat buitewerk binne die beleidsraamwerk

van die Universiteit gedoen word – en dat

ons kliënte, die studente, nie afgeskeep word in die

proses nie. Dit is ongelukkig so dat in sommige

gevalle die buitewerk, in samewerking met die Mammon,

mense bietjie laat kop verloor. Dit is daardie

gevalle waar ons weer moet kyk na die smal

paadjie...

In studentegeledere was daar weer publisiteit oor

wandade in ‘n koshuis wat tans formeel ondersoek

word voordat opgetree sal word. In hierdie konteks

wil ek graag noem dat daar op die kampus hard

gewerk word aan die opleiding van SR- en HK-lede

om hulle voor te berei vir hulle werk, veral tydens

die O & B-tydperk. Daar was byvoorbeeld verlede

week ‘n diepgaande werkwinkel met alle HK-lede

gehou oor die hele kwessie van menseregte en hoe

oortredings daarvan op enige vlak impakteer op

mense - en ook wat die gevolge sou kon wees van

oortredings. Daar is die ewige stryd tussen tradisie

en vergrype wat mens versigtig moet bestuur om nie

lekker studentepret in die stof te laat byt omdat

mense nie weet waar die grens tussen boewery en

sadisme aan die een kant en pret en dissipline aan

die ander kant loop nie. Maar ons bly probeer – dis

deel van die opvoedingstaak van die Universiteit.

Die begroting vorder baie goed, en dit lyk of ons

hierdie jaar ‘n hele paar van ons strategiese doelwitte

sal kan befonds. Die ander twee kampusse is ook in

‘n baie beter posisie, en selfs Mafikengkampus doen

beter as gelykbreek, aansienlik vroeër as wat die

beplanning was. Dit is regtig uiters bemoedigend

binne die groter prentjie van die Universiteit. Die

oomblikke wees om af te neem.

Registrasie is belangrik. Belangstellendes kan

registreer vir ‘n spesifieke sport deur ‘n e-pos te

stuur met die woord “sosiale dag”, u naam, u

kampus, personeelnommer en sport van keuse na

Ina.vanderwatt@nwu.ac.za

Mense wat aan meer as een sport wil deelneem

moet asseblief hul eerste keuse ook aandui.

begroting moet nog na die Raad gaan in November

vir finale goedkeuring. Die institusionele bestuur het

reeds op 17 Oktober daarna gekyk.

Die bouwerk aan nuwe projekte vorder ook goed,

met die nuwe Institusionele Kantoor wat voltooiing

nader, die nuwe gebou vir die afkampusprogramme

(B11) wat amper klaar is en die kantoorkompleks van

die dekaan opvoedingswetenskappe wat ook voltooi

is.

Aan die fasiliteitekant op kampus is verdere nuus

dat die Amfi se dak fluks aan die gang is – die stukke

word in ‘n fabriek aanmekaargesit om dan op terrein

gemonteer te word. Die voltooiingsdatum van Fase

1, die dak met klank en beligting, is einde November.

Die ander bemoedigende ontwikkeling is die

daarstelling van ‘n kampusgesondheidsdiens vir

studente en personeel wat nie toegang tot ‘n mediese

fonds het nie. Dit is ‘n primêre gesondheidsorgkliniek,

met beroepsgesondheidsdienste en ‘n maatskaplike

werker, sowel as skakeling met huidige dienste soos

die vigskantoor en beradingsdienste. Die fasiliteit sal

geleë wees in Meyerstraat 19. Studente en personeel

sal ‘n klein konsultasiefooi betaal wat medikasie

sal insluit – toegang tot die stelsel sal wees deur ‘n

studentekaart of ‘n personeelkaart.

Bevorderings op al die kampusse word tans

afgehandel deur die kampuskomitees, en op 27

Oktober vind die finale standaardiseringsvergadering

plaas waartydens die kampusrektore hulle bevorderings

toets teen die kriteria en teen mekaar. Die

aankondiging oor die bevorderings sal dan laat op 27

Oktober gemaak word.

Ek is tans besig met besoeke aan bestuurseenhede

op die kampus. Weens die baie druk program van

die visekanselier is dit nie meer vir hom moontlik om

al die besoeke mee te maak nie, maar waar moontlik

vergesel hy my. By hierdie geleenthede kan kollegas

ons peper met enige vrae wat hulle mag hê oor sake

wat die Universiteit raak – berei dus maar voor!
NWU-Puk NWU-Puk by by simposium simposium van

van

wêr wêreldk wêr eldk eldker eldk er ernkr er nkr nkrag-v nkr g-v g-ver g-v er ereniging

er eniging

Die Noordwes-Universiteit se leierskap in kernwetenskap-onderrig

en sy innoverende dryfkrag was in

die kollig tydens die onlangse Wêreldkernkragvereniging

se 32ste jaarlikse simposium wat by die

Queen Elizabeth II-konferensiesentrum in Londen in

die Verenigde Koninkryk gehou is.

Die NWU was die enigste Suid-Afrikaanse universiteit

wat by hierdie internasionale simposium

teenwoordig was, en is ook die enigste Suid-

Afrikaanse universiteit wat lid is van die Wêreldkernkragvereniging

sowel as van die Wêreld-Kernkrag-

Universiteit.

Afgevaardigdes van die nagraadse skool vir

kernwetenskap en -ingenieurswese op die Potchefstroomkampus

het die universiteit by die simposium

verteenwoordig. Tydens die simposium het kenners

die volgende onderwerpe bespreek: sienings van leiers

in die kernkragbedryf, die wêreldbrandstofmark –

vraag en aanbod 2007-2030, die rol van kernkrag in

die verskaffing van veilige energie, die skep van ?

betroubare bedryfstruktuur vir die kernkrag-renaissance,

uraanmarkte en die slotfase van die brandstofsiklus.

Die nagraadse skool vir kernwetenskap en -

ingenieurswese is daartoe verbind om kerningenieurs

te lewer wat aan internasionale standaarde voldoen

en dit selfs oortref.

Die simposium het internasionale samewerkingsgeleenthede,

spesifiek gerig op navorsing en opleiding,

Die skool vir verpleegkunde op

die Pukkampus het in samewerking

met die Universiteit van

Malawi, die sewende jaarlikse

kongres van die Tau Lambda-at-

Large Chapter gereël.

Die kongres is aangebied vir

akademici, verpleegspesialiste,

vroedvroue en nagraadse studente

in Llongwe, Malawi. Die

tema was Delivering Evidence-

Based Nursing and Midwifery in

Africa.

Tau Lambda is deel van Sigma

Theta Tau International (STTI)

en is die grootste ere-organisasie

vir verpleegkundiges. Lede van

die organisasie word genooi om

lidmaatskap te aanvaar en sluit

in die boonste dertig persent van

top presteerders, asook leiers in

die verpleegkunde.

Die ledetal is tans meer as 400

000 uit 92 lande wêreldwyd,

waarvan ongeveer 135 000

aktiewe lede is. Tau Lambda

deel STTI se visie om leierskap

en wetenskaplikheid in die praktyk,

onderrig en navorsing te

bevorder.

Tydens die kongres is prof. Sebi Lekalakala-

Mokgele van die Puk se skool vir verpleegkunde

verkies as visepresident van Tau Lambda (2007 –

2009). Prof. Hester Klopper, direkteur van die skool,

is sedert 2005 die sekretariaat-tesourier van Tau

Kampusnuus - 5

Afgevaardigdes van regoor die wêreld het die Wêreldkernkragvereniging se simposium bygewoon. Tweede van

regs is me Elmarie Bester, die kommunikasiebeampte van die skool vir kernwetenskap en ingenieurswese.

uitgebrei. Die NWU se teenwoordigheid by die

simposium getuig nie slegs van die Universiteit se

leierskap in kernwetenskapopvoeding in Suid-Afrika

nie, maar bevestig ook sy volgehoue strewe om op

die voorpunt van nuwe ontwikkelinge in die kernenergiebedryf

te bly.

Twee Pukke deel van ere-organisasie vir verpleegkundiges

Hier is prof. Judy Bruce (verkose president van Wits), me. Marjorie Ngaunje (minister van gesondheid van Malawi), prof. Hester Klopper

(NWU-Puk) en dr. Naomi Seboni (president van die Universiteit van Botswana).

Lambda. Haar termyn verstryk in 2010.

Een van die belangrikste uitkomste van die kongres

is die Malawi Verklaring rakende ontwikkeling van

verpleegkunde en vroedvroukunde in Afrika. Die

verklaring is uitgereik aan alle Afrika-regerings en

organisasies van belang. Die verklaring stel 'n

strategie voor vir implementering om verpleegkunde

en vroedvroue te behou in Afrika asook die ontwikkeling

van die verpleegkundiges om kundige sorg

aan gemeenskappe te lewer.

Die volgende kongres van Tau Lambda vind in Julie

2008 in Eldoret, Kenia plaas.
Kampusnuus - 6

Departement Engels se vernaamste gaste tydens hul

prysuidelingsgeleentheid. Voor is me. Michèle du

Plessis-Hay, lektor, Francois Oosthuizen en prof.

Annette Combrink, rektor. Agter hulle is Esté Hefer,

Lize Terblanche, Tarryn Herbert, proff. Marita Wenzel,

en Jan Swanepoel, dekaan van lettere en wysbegeerte.

TTTTTaalwenk aalwenk aalwenk aalwenk

Netwerk as werkwoord

Die woord netwerk as selfstandige naamwoord, in

bv. Die universiteit se netwerk is onder druk, of:

Hy het ’n uitgebreide netwerk van akademiese

vriende regoor die wêreld is bekend aan almal.

Die gebruik van netwerk as werkwoord skyn

egter nog nie gevestig te wees nie en ’n onlangse

navraag hieroor het van my kant af ’n navraery

ontlok en ’n gesoek afgegee.

Dit laat blyk dat netwerk glad nie as werkwoord

voorkom in woordeboeke nie – beide die HAT

(2005) sowel as die Woordeboek van die Afrikaanse

Taal (WAT, deel XI, 2000) gee nie een

netwerk in hierdie verband aan nie. Dit kom ook

nie in hierdie funksie in naslaanbronne voor nie.

Wat maak ’n mens dan? Jy toets dan jou netwerk

kennisse in die taalwêreld...

Hieruit blyk dit dat netwerk al as werkwoord sy

pad begin vind het na die taalgebruik van sprekers

van Afrikaans. Voorbeelde is: Die rekenaars by die

skool is genetwerk, of: Ek gebruik altyd die

geleentheid om tydens kongresse te netwerk. ’n

Verdere navraag toon dat netwerk in hierdie

funksie al in databasisse begin voorkom. Ek sou

dus sê dat ons moet vrymoedigheid netwerk in sy

werkwoordfunksie kan gebruik. Die woordeboeke

en naslaanbronne sal dit mettertyd so opneem.

Netwerk dus gerus verder!

WAMC

Beste Beste Engels- Engels- Engels-

studente studente beloon

beloon

Die jaarlikse prystoekenningsgeleentheid van die

departement Engels was vanjaar ‘n geleentheid wat

niemand gou sal vergeet nie.

Benewens die top studente wat aangewys is, was

veral die honneursstudente wat in samewerking met

musiekstudente Haiku’s (kort Chinese gedigte)

voorgedra het die sterre van die aand wat gesorg het

vir skreeusnaakse vermaak.

Saam met die tientalle studente het prof. Jan

Swanepoel, dekaan van lettere en wysbegeerte, en

prof. Annette Combrink, rektor van die Pukkampus,

byna van hul stoele geval soos wat daar gelag is.

“Ek was beïndruk met die standaard van die werk

wat uitgestal is en meer as gelukkig met die vlak van

gesofistikeerde humor wat die vermaak voortgebring

het. Ek bestempel ‘n sin vir humor as ‘n intelligensietoets

en die standaard daarvan was suiwer genot,”

het Combrink die aand opgesom.

Die geleentheid was ‘n inisiatief van prof. Johann

van der Walt, ‘n voormalige voorsitter van die

departement Engels. Die doelwit was om derdejaarstudente

die geleentheid te gee om hul werk uit

te stal. Voorts is die geleentheid geskep dat studente

en dosente mekaar op sosiale vlak beter leer ken en

meer blootstelling aan die departement Engels te

verseker.

“’n Departement met ‘n lang en uitstaande

geskiedenis van uitmuntendheid – deur middel van

‘n prestige-geleentheid,” het Van der Walt die aand

opgesom.

Volgens me. Michèle du Plessis-Hay, ‘n lektor wat

gehelp het met die reëlings, is studente wat Engels

op derdejaarvlak voltooi het reeds deel van die Engelsfamilie.

“Die geleentheid word ingespan om hulle bekend

te stel aan groter familie (die nagraadse studente),

om dankie te sê en om hul aan te spoor om te bly vir

nagraadse studie.”

Sy het benadruk dat die bestudering van Engels glad

nie uit die mode is nie. An analysis of The Great

Gatsby and Fight Club as metafictional novels deur

Francois Oosthuizen, een van die vier studente wie

se werk voorgestel is, is maar net een voorbeeld van

die geldigheid daarvan.

Die ander studente wie se werk van nader beskou

kon word, is Lize Terblanche met A comparative

study of nominalisation in first and second language

writing and speech, Esté Hefer met Virginia Woolf,

The Hours and Mrs. Dalloway en Tarryn Herbert met

Female Deviancy in Jane Eyre and Jude the Obscure.

Herbert het die trofeë gewen vir die beste

voordrag.

Volgens die organiseerders was die aand ook die

ideale geleentheid om afskeid te neem van prof.

Marita Wenzel, ‘n geliefde kollega, dosent en mentor

wat vanjaar aftree.

Redakteur: Lieze du Preez • e-pos: Lieze.Dupreez@nwu.ac.za • Tel: (018) 299-2382 • Sel: 082-776-

7522 • eKampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus
Na Navor Na or orsing or sing b bby

b y m mmusiek

m usiek só

só

Die skool vir musiek het vroeg in Oktober ‘n

navorsingswerkswinkel by die konservatorium

aangebied. Dit is deur dertien studente en nege

personeellede (waarvan sommige ook nagraadse

studente is) bygewoon.

Hoewel die geleentheid hoofsaaklik gemik was

op nagraadse studente, is senior voorgraadse

studente wat potensiaal toon vir nagraadse studie

ook daarby betrek.

Die eerste deel van die werkswinkel is gelei en

op ‘n vermaaklike wyse aangebied deur prof. Allan

Munro, navorsingsprofessor in die kunstefakulteit

aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Sy

werksessie het gehandel oor die skryfproses in

navorsingsdokumente.

Tydens die tweede helfte het studente hulle

lopende navorsing bekendgestel en waardevolle

kommentaar en wenke daaroor ontvang.

Die navorsingskomitee van die skool vir musiek

reël minstens een navorsingswerkswinkel per

semester om die kwaliteit van navorsing en

nagraadse studie te bevorder.

Prof. Allan Munro en prof. Jaco Kruger, programleier

vir nagraadse navorsing by die skool vir musiek.

be bevor be or order or der

Hentschel se Duitsstudente skitter

Twee studente van prof. Elizabeth Hentschel,

vakvoorsitter van die departement Duits, is die

afgelope tyd met prestige-beurse beloon vir hul

uitmuntende werk en prestasie in Duits.

Charl Pretorius, ‘n derdejaarstudent in bedryfswiskunde

en informatika, wat Duits as ‘n ekstra hoofvak

neem, het die DAAD-beurs (Deutscher Akademischer

Austauschdienst) ontvang wat hy kan gebruik vir

studiegeld. Dit is ‘n sur place-beurs ter waarde van

R15 000.

DAAD nooi jaarliks Duitsdepartemente aan Suid-

Afrikaanse universiteite uit om voorleggings oor hul

beste finalejaarstudente in te dien en Charl het die

gesogte beurs voor talle ander se neuse weggeraap.

Dit is die tweede beurs wat Charl van DAAD

ontvang. Die eerste beurs is toegeken vir ‘n studieverblyf

aan ‘n Duitse universiteit in Januarie en

Februarie vanjaar.

Volgens Hentschel het Charl ‘n besondere voorliefde

vir Duits en leer ook Spaans.

Die ander uitblinker van Hentschel is Gene Putter,

‘n tweedejaarstudent in taal- en literatuurstudie wat

die FOTIM-beurs ontvang het om in Januarie en

Die skool vir musiek se konsertreeks vir vanjaar word

op Donderdag 25 Oktober afgesluit met ‘n uitvoering

deur die Potch Trio, bestaande uit Piet Koornhof

(viool), Human Coetzee (tjello) en Albie van Schalkwyk

(klavier).

Hierdie laaste konsert in die skool vir musiek se

konsertreeks word opgedra aan prof. Jacques Malan,

die eerste departementshoof van die destydse

departement musiek van die voormalige PU vir CHO,

wat die dag ná die konsert sy 90ste verjaardag vier.

Getrou aan die tradisie wat die Potch Trio gevestig

het deur nuwe, dog toeganklike musiek vir hierdie

Februarie 2008 deel te neem aan die Suid-Afrika-

Tübingen-program.

Twintig Suid-Afrikaanse studente sal ses weke lank

aan die Universiteit Tübingen meer leer oor die Duitse

taal en kultuur. Gedurende hierdie tyd onderneem die

groep baie uitstappies sodat hulle die land en sy mense

eerstehands kan ervaar.

Gene het ‘n passie vir tale. Sy neem haar eerste twee

liefdes, naamlik Duits en Frans as hoofvakke, maar het

ook reeds klein lopies gemaak om Latyn, Setswana,

Nederlands en Spaans tot haar taallysie by te voeg.

• Die Duitse organisasie, DAAD, wat in 1925 in

Heidelberg gestig is, se doelwit is die bevordering

van akademiese wisselwerking en uitruilooreenkomste

tussen Duitse universiteite en ander tersiêre inrigtings

met akademiese instansies wêreldwyd. Sowat

230 universiteite en 126 studente-organisasies in

Duitsland werk saam met die DAAD om die wetenskaplike

interaksie tussen studente, dosente en navorsers

in ander lande te bevorder en te finansier

deur die beskikbaarstelling van beurse. DAAD het

reeds meer as ‘n miljoen studente en wetenskaplikes

van alle vakgebiede wêreldwyd by hierdie uitruilings

Nuwe en toeganklike musiek vir klaviertrio

besetting bekend te stel (soos met hulle eerste CD

van Babadjanian en Vasks), sal hulle ‘n program

aanbied met musiek wat heel waarskynlik heeltemal

nuut is vir Suid-Afrikaanse gehore.

Die eerste helfte van die program bestaan uit die

Kupkovic trio in klassieke styl, en die Sviridov trio met

‘n liriese, romantiese inslag. Die tweede helfte is pure

passie en panache met Astor Piazzolla se Vier

Seisoene en die Hiccup de Tango van die Kanadese

komponis, Cameron Wilson.

Die konsert begin om 19:30 in die konservatoriumsaal

en word ondersteun deur die Distell Stigting vir

Kampusnuus - 7

laat baat.

Een van die belangrike doelstellings van DAAD is

om Duits en Germanistiek in die buiteland te

bevorder. ‘n Verskeidenheid beurse word vir hierdie

doel beskikbaar gestel, enersyds om studie aan ‘n

Duitse universiteit moontlik te maak, andersyds om

die studie van verdienstelike studente aan plaaslike

universiteite te bevorder. Gedurende die afgelope

paar jaar is daar sterk gefokus op die bevordering van

Germanistiek aan universiteite in Afrika, veral deur

die sur place-beurse aan studente in Suid-Afrika,

Nigerië, Ethiopië en Tanzanië.

Die NWU het ‘n lang verbintenis met DAAD. Talle

wetenskaplikes en navorsers, veral op die terrein van

die natuurwetenskappe, regte, teologie, Germanistiek

en musiek het deur die jare beurse van DAAD

ontvang om in Duitsland te studeer en/of navorsing

te doen en selfs aan ‘n Duitse universiteit te

promoveer. Een van die groot voordele van ‘n DAADbeurs

is dat die organisasie kontak hou met alle

voormalige beurshouers en gereeld samekomste

organiseer of selfs die beurshouers weer na Duitsland

uitnooi om aan seminare deel te neem.

die Uitvoerende Kunste.

Kaartjies kos R40 vir volwassenes en R20 vir

studente/skoliere/pensioenarisse en kan tydens

kantoorure bespreek word by 018 299 1692 of epos

music@nwu.ac.za

Kaartjies is ook bedags beskikbaar by die konservatorium

en sal voorts die aand van die konsert by

die loket beskikbaar wees.

Konsertgangers kan vanaf ‘n halfuur voor die

konsert in die Pretorius-musiekateljee in die konservatorium

kom luister hoe Koornhof sy samestelling

van die konsertprogram verduidelik.
Kampusnuus - 8

Klipoo Klipoog- Klipoo g- en en Dr Draak-etes Dr aak-etes se

se

Hoewel die etepryse by die Klipoog-kafeteria onlangs

aangepas moes word weens die stygende kospryse

is die meeste van die etes steeds goedkoper as by

ander eetplekke in die stad.

Só sê mnr. Willie van der Walt, algemene bestuurder

van die kafeteria en die Drakenstein.

Volgens hom was hulle genoop om te besin oor die

bestaande pryse aangesien die kafeteria nie enige

subsidie kry nie en dus as ‘n kostesentrum bedryf

word wat sy eie uitgawes moet dra.

Aangesien studente slegs agt maande van die jaar

op kampus is, word alle uitgawes – waaronder

personeel se salarisse – oor ‘n periode van twaalf

maande bereken.

In ’n onlangse opname van pryse van soortgelyke

ondernemings in die stad het die kafeteria sowel as

die Drakenstein loshande as die goedkoopste plek

uitgestaan.

’n Voorbeeld is ‘n gekookte ete (vleis, stysel en

twee groentes) waarvoor personeellede en studente

Personeellede van die Potchefstroomkampus word

vriendelik versoek om hul nuwe toegangskaart nog

vandeesmaand by die departement beskermingsdienste

te gaan afhaal.

As deel van die uitrolplan en implementering

van die nuwe handelsmerkstrategie en logo van die

Noordwes-Universiteit word die nuwe toegangskaarte

vir alle personeel eenmalig gratis uitgereik.

Die nuwe toegangskaart vir personeel sal

voldoen aan die vereistes van die nuwe NWU-

pr pryse pr yse aang aangepas

aang pas

R23,50 by die kafeteria betaal en wat by twee ander

ondernemings onderskeidelik R43,70 en R37,50

beloop.

Voorts dui ‘n opname waar 76 spyskaart-items van

nege ondernemings (waaronder drie supermarkte)

met dié van die kafeteria vergelyk is, dat die kafeteria

se pryse deur die bank 16% goedkoper.

Pryse in die Drakenstein is vergelyk met vier

soortgelyke eetplekke in Potchefstroom en van die

42 items op die spyskaart was pryse 24% goedkoper.

Die porsies groente, slaaie en skyfies is oor die

algemeen ook groter.

Die kafeteria en die Drakenstein het egter ’n paar

unieke verskille van ondernemings in die stad deurdat

die plekke ’n spesifieke mark bedien wat elke dag daar

eet.

Van der Walt sê klante raak “deur-geëet” aan die

spyskaarte, maar om sekere konsessiehouers op die

kampus toe te laat, is ook nie die antwoord nie.

“Dit sal ’n korttermynoplossing wees want dieselfde

Met die regte woorde vir ‘n slagspreuk wat ons

handelsmerk die beste beskryf kan jy ‘n lekker

bedrag in jou sak steek. Die NWU het pas ‘n

kompetisie begin in die soeke na ‘n kort en

kragtige slagspreuk om die nuwe handelsmerk

te komplimenteer.

Die wenner, wat die regte woorde uitdink om

die essensie van ons handelsmerk te omskryf,

probleem gaan ontstaan oor verskeidenheid. Pryse

van konsessies is ook baie duurder en kliente gaan

nie vir lank daarmee tevrede wees nie.

“Vir die mense wat wel ander etes verkies bied die

nabygeleë Bult-sakesentrum en Cachetpark ‘n

verskeidenheid van alternatiewe.”

Die bedienings- en sit-areas van die kafeteria word

tans vergroot en opgeknap en val saam met die

oprigting van die dak oor die amfiteater. Die

verwikkelings bied dus ook die moontlikheid om

opnuut na nuwe idees en spyskaarte te kyk.

Van der Walt het benadruk hul doelwitte is

deurentyd om ‘n groter verskeidenheid teen die

beste pryse te bied.

“Ons bly steeds oop vir voorstelle en aanvaar dat

ons foute kan maak, maar ons verseker klante dat

daar na hulle behoeftes gekyk word,” het hy gesê.

Enigiemand wat voorstelle wil maak of probleme

wil uitlig kan direk met die bestuur skakel by die

onderskeie uitbreidings: x1133/4 of x1113.

Spring gou vir jou nuwe toegangskaart

Tientalle personeellede en studente was deel van

‘n proepaneel vir studente van verbruikerswetenskappe

wat as deel van hul honneurskursus ‘n

nuwe voedselproduk moes ontwikkel.

Die paneel moes besluit watter een van twee

volstruisherderspasteie wat die studente

ontwikkel het, smaak die lekkerste.

Volgens dr. Hanli de Beer, dosent in

verbruikerswetenskappe, is besluit op die vleis

en aartappels omdat volstruis laer in cholesterol

is en aartappels ‘n stap weg is van die vetinhoud

van pasteie wat met deeg voorberei is.

Die proepaneel se sensoriese voorkeuranalise

het daarop gedui dat die herderspastei wat

voorberei is met onder meer sampioene die

gunsteling was. Sowat sestig mense het aan die

projek deelgeneem.

Die verbruikersproepaneel is deel van die

semester lange praktiese projek in die vak,

voedselprodukontwikkeling.

Die vernaamste doelwit was om leemtes in die

voedselmark te identifiseer en daarvolgens ‘n

nuwe produk te ontwikkel.

Die produk moes ook voldoen aan die huidige

behoeftes van verbruikers.

Volgens De Beer beplan hulle om die projek

aanstaande jaar uit te brei en onder meer

bekend te stel aan die plaaslike supermarkte.

Só lyk die nuwe toegangskaart van die Pukkampus.

Talle proe vir verbruikerswetenskappe

Een van die vrywilligers

wat aan die

verbruikersproepaneel

deelgeneem het.

handelsmerk en logo.

Personeellede het tot 31 Oktober tyd om hul

nuwe kaarte te bekom.

Alle ou kaarte sal dan gedeaktiveer word en

toegang tot die kampus sal vanaf 1 November

slegs met die nuwe toegangskaarte moontlik

wees.

Vir enige navrae skakel gerus André Viviers of

Corrie Bornman by x 2209 of Vincent Eastes by

x2562.

Dink, skryf en wen R5 000

sal R5 000 ontvang.

Die organiseerders sê mense moenie doekies

omdraai of gras onder hul voete laat groei nie.

So, spring gou en stuur jou voorstel na

nwu.logo@nwu.ac.za. Inskrywings moet

vergesel word deur jou naam en kontaknommer.

Enige navrae kan gerig word aan mnr. Theo

Cloete by x2769.
Verskeie personeellede van die Puk het hul met hul

kunswerk ‘n merk gelaat op die visuele-kunsteversameling

van Aardklop.

Die uitstalling, Streek, het onder meer die werk van

mnre. Steven Bosch, Richardt Strydom, Wessie van

der Westhuizen, me. Colette Lotz en prof. Paul

Schutte, ingesluit.

Bosch, dosent in korporatiewe media en ontwikkelingskommunikasie,

het foto’s en poskaarte gebruik

om die sogenaamde “erfenis” van Potchefstroom in

vervalle geboue uit te beeld.

Strydom, vakvoorsitter en hoof van die CI-Lab, het

met digitale afdrukke uitbeeldings van verskillende

terme op die Google-soekenjin uitgebeeld terwyl

Wessie van der Westhuizen, 'n grafiese ontwerpdosent,

die persepsie wat ons van liefde het,

uitgebeeld het in sy digitale afdruk, Thoughts on

square love.

Colette Lotz, dosent in illustrasiekuns, se pragtige

skildery getiteld Coming up Roses was ook by die

uitstalling te sien en prof. Paul Schutte se kwiltwerk

Bo: Thoughts on square love van Wessie van der

Westhuizen.

Regs: Richardt Strydom by sy kunswerk, Bed.

Kampusnuus - 9

Str Streek Str eek v vvol

v ol v vvan

v an Pukk Pukke Pukk e se se kuns

kuns

Die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit

was onlangs die gasheer van die derde Beeld

Jeugberaad.

Dertig leiers van verskillende skole in die koerant

se verspreidingsgebied kom jaarliks byeen op die

plaas, Nooitgedacht, om hul rol as ”Toekomsvormers

van Afrika”, die tema van die beraad, te ondersoek.

Politieke, ekonomiese en maatskaplike kwessies

is met insette van verskillende kundiges, soos JP

Landman, Pieter Geldenhuys en Andries Bezuidenhout

bespreek. Verskillende modelle van leierskap

en gesprekvoering is saam met Rudi Buys en Danie

Marais, die fasiliteerders, ondersoek.

Die leerders het na afloop van die beraad aanbevelings

aan President Thabo Mbeki vir oorweging geformuleer.

Dié voorstelle beoog om werkbare oplossings vir

dringende maatskaplike vraagstukke daar te stel.

Die leerders het aangevoer dat hulle oortuig is van

die rol van die jeug om as toekomsvormers deel te

neem aan die vestiging van 'n gesonde Suid-Afrika

en ’n demokratiese kultuur.

getiteld Winter uit sy reeks Trees of life kon van

nader bekyk word.

Die werk van al hierdie kunstenaars is saam met

die werk van die Streek-erekunstenaar, Titia Ballot,

uitgestal.

Beeld Jeugberaad gehou by NWU-Puk

Fakulteit Gesondheidswetenskappe

• Prof. Hester Klopper, direkteur van die skool vir

verpleegkunde, is eenparig verkies as die nuwe

voorsitter van FUNDISA (Forum for University Nursing

Deans of SA). Een van haar vernaamste verantwoordelikhede

sal waarskynlik wees om die verpleegberoep

te herposisioneer.

• Twee senior lektore by skool vir fisiologie, voeding

en verbruikerswetenskappe se vakgroep fisiologie het

elk 'n hoofstuk bygedra tot die nuwe boek, Urbanization:

21st Century Issues and Challenges, wat tans

deur Nova Science Publishers in New York gedruk

word.

Dr. Leoné Malan het weens haar psigofisiologiese

navorsingsfokus die hoofstuk met die titel Coping disability

of Africans during urbanization a risk marker in

the development of lifestyle diseases? geskryf. Daarin

bespreek sy die probleem/meganisme van hoër simpatiese

aktiwiteit wat bestaan in die swart verstedelikte

Afrikaan wat ‘n wesentlike bydrae lewer om die

voorkoms van lewensstylsiektes soos hipertensie, tipe

2 diabetes en obesiteit beter te begryp.

Van links is Dirk Jordaan, senior assistentredakteur: Beeld, Danie Marais, bekroonde digter en gespreksleier

tydens die beraad, Vivian Claassen, departement bemarking en kommunikasie van die Puk, prof. Annette

Combrink, Pukkampusrektor, Andries Bezuidenhout, 'n spreker, en Rudi Buys, fasiliteerder van die beraad.

Die hantering van psigososiale stres (bv. verstedeliking)

en die persepsie van eie gesondheid in

verstedelikte groepe kan ‘n belangrike bepaler wees

van die gesondheidsreaksie van 'n individu op

omgewingsveranderinge of meer stres. 'n Dissosiëring

van fisiologiese reaksies in individue met

sekere copingstyle is tydens verstedeliking waargeneem

met klaarblyklike habituering van fisiologiese

reaksies. ‘n Gebrek aan kennis aan die unieke meganismes

waardeur chroniese lewensstylsiektes in

swart Suid-Afrikaners ontwikkel bly egter steeds 'n

ernstige probleem en die bydrae van copingstyle in

hierdie proses benodig nog heelwat navorsing.

• Prof. Johannes van Rooyen se hoofstuk handel

oor gesondheidsgevolge van verstedeliking soos die

verhoogde voorkoms van kardiovaskulêre siektes -

byvoorbeeld hoë bloeddruk - in die swart populasie.

Verstedeliking het wêreldwyd ‘n impak op die

mens en sy omgewing, daarom het die uitgewers

kundige persone genooi om ‘n bydra te lewer tot die

publikasie.

• Proff. Douglas Oliver en Tiaan Brink van farmako-

Spieël Spieël Spieël

Spieël Spieël

logie is verkies om op die bestuur te dien van die Suid-

Afrikaanse Vereniging vir Basiese en Kliniese

Farmakologie. Brink is die vereniging se nuwe

visepresident terwyl Oliver die uittredende president

is. Oliver is verkies as sameroeper van die 2014

Wêreld Farmakologiekongres en Brink as sekretaris.

Fakulteit lettere en wysbegeerte

• 'n Sangstudent van prof. Werner Nel is as die

kategorie-wenner vir sang aangewys by die onlangse

ATKV-Muziq kompetisie in Bloemfontein. Jaco

Klopper het ook ‘n toekenning ontvang vir die beste

vertolking van ‘n Suid-Afrikaanse werk in die

sangkategorie. Klopper is in Augustus aangewys as

die skool vir musiek se Sanger van die Jaar.

Kantoor van die Kampusrektor

• Prof. Annette Combrink, rektor, word in die

onlangse uitgawe van die tydskrif, DEKAT, genoem as

een van die honderd Afrikaanssprekendes wat mense

behoort te ontmoet. Die tydskrif sê hulle het die

parlement, sakekamers, verhoë, koerante en internet

gefynkam in hul poging om die “lys van nuwe geslag

Breyten Breytenbachs en Max du Preez’s" op te stel.
Kampusnuus - 10

Bo: Oudstudente van die Puk, wat vyftig jaar gelede (in 1957) as

eerstejaars ingeskryf het, het verlede week op die kampus gekuier.

Die groep van 24 is deur prof. Annette Combrink en dr. Theuns Eloff

verwelkom en het daarna bekende plekke op die kampus besoek voor

hulle met ’n heerlike middagete in die Galery getrakteer is. Daar is

hulle onder meer deur die Pukkoor vermaak. Dr. Theuns Eloff gesels

hier met ’n paar eerstejaars van 1957. Van links is mnr. Koos Coetzee

(eggenoot van Tannie Em by die SR-kantoor), dr. Theuns, ds. Piet

Venter en prof. Johannes Els.

Regs: Hier gesels prof. Annette met mnr. Koos Loots en prof. Tienie

Mans.

Personeel van bemarking en kommunikasie het hulle steun aan die Springbokke

betoon deur verlede Vrydag hulle groen en goud aan te trek. Agter is Edohan

Burger (PUKfm). Voor is Kiewiet Scheppel (media), Annemarié Hefer (direkteur

se kantoor) en Heleen Coetzee (adjunkdirekteur).