05.05.2013 Views

notule van 'n spesiale vergadering van boland wedvlugduiwe ...

notule van 'n spesiale vergadering van boland wedvlugduiwe ...

notule van 'n spesiale vergadering van boland wedvlugduiwe ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

NOTULE VAN ‘N SPESIALE VERGADERING VAN BOLAND

WEDVLUGDUIWE VERVOER TRUST WAT GEHOU IS OP SATERDAG 08

DESEMBER 2012 TE UITVLUGT GASTEHUIS WORCESTER OM 09H00.

1. Verwelkoming

Die voorsitter, Paul de Wet heet almal welkom op die vergadering en

Andrè Theron open met gebed.

2. Verskonings en register

Geen verskonings. Elke unie is verteenwoordig deur 2 stemgeregtigdes nl.

NBHU – Erik van Zyl en Albert Lingenvelder

OPU - Danie Gilliomee en Andre Steenkamp

WBU - Andrè Theron en Gerhard Steenkamp.

Wynland – Willem Rossouw en Frans Viljoen.

Die ander lede teenwoordig is ook toegelaat om insette te lewer.

3. Byvoegings

a) Finansies

b) Kilometers na loslaatpunte

c) Dopesertifikate

4. Goedkeuring van vorige notules

Beide die laaste twee notules word goedgekeur en geteken.

Voorgestel Albert Lingenvelder en sekondeer Willem Rossouw.

5. Sake uit die notule

a) Toets van duiwe:(Antwoord op Byvoegings punt 3 ) Die voorsitter stel dit

weereens duidelik dat elke unie op die vervoertrust verplig is om ten minste

een lid se duiwe te laat toets per seisoen; soos deur die SANPO grondwet

bepaal; en’n afskrif van die sertifikaat moet dan die trok vergesel op elke

wedvlug.

6+7. Begeleier en wedvlugsekretaris verslag

Ronnie Esterhuisen word gevra om die Begeleier se verslag te behandel.

# Volgens oom Dana is die Strydenburg loslaatpunt baie moeilik en daar sal

gekyk moet word na’n meer geskikte plek.

# Volgens oom Dana is daar genoeg water op die trok vir die volle duur van die

toer.( Antwoord op WBU se punt 12 )

# Ronnie bedank ook vir Willem Rossouw vir die mielies wat hy by die trok

besorg.

# Oom Dana vra dat die boonste “levers“ op die trok verleng moet word

aangesien hulle sukkel om daar by te kom.

# Verder berig hy dat hulle bykans geen probleme met pogings om duiwe te steel

gehad het nie.

# Oom Dana bedank die bestuur en veral Ronnie Esterhuisen vir die goeie

kommunikasie deur die seisoen.

# Die aparte loslatings skep blykbaar probleme aangesien die duiwe baie vladder

in die mandjies as ander losgelaat word.

# Die loslatingsverslae wat die voorsitter ontvang het is oor die algemeen baie

gunstig en bykans geen duiwe gaan gedurende die loslatings grond toe nie.

# Die sms- stelsel het ook goed gewerk en vanaf die 2013 seisoen gaan daar geen

telefoon diens deur Ronnie Esterhuisen wees nie.

8. 8.1)Loslaat van duiwe (levers)

Allie Kotze van Noord Boland trek diè punt terug.

8.2) Herstelwerk

Johannes sal die sleepwaens deurgaan en klein herstelwerkies doen. Daar is

blykbaar heelwat krake in die raamwerk.

Een band vir die spaarwiel moet aangekoop word.

8.3 Kontrakteur se verslag

# Op navraag deel die kontrakteur die vergadering mee dat hy hulpvaardig is met

die versorging van die duiwe en die oopknip van die mandjies.

# Hy ry ook self elke naweek met die duiwe na die loslaatpunte.

# Hy gee ook die vergadering die versekering dat alle loslatings sonder probleme

verloop het.

# Hulle laat ook vanjaar die “Katwalks“ langs die kante van die trok sak.

# Hy voel ook dat ons op Strydenburg ’n ander loslaatpunt kry.

Victoria Wes en Bloemhof se loslatingspunte gee ook tot’n mindere mate

probleme. Die bestuur sal dit opvolg.

# Johannes deel die vergadering mee dat daar geen kosteverskil sal wees as ons

net die een wa sleep nie.

# Hy het ’n logboek met elke wedvlugpunt se presiese padkilometers.

(Antwoord op Byvoegings Punt 3 )

# Hy vra ook toestemming om nog’n slaapplek agter die watertenk te maak,

aangesien die spasie te min is vir twee mense om in die kop te slaap. Dit word

so goedgekeur.

# Johannes sal ook die wa se bande toemaak vir die son.

# Hy sal ook probeer om borge te kry om die onderste gate met deure toe te maak.

# Daar moet gekyk word na kettings op die mandjies wat te lank is, dit skep

probleme. Stickers moet weer in die toekoms op die mandjies geplak word wat

probleme gee.

# Op navraag deel Johannes die vergadering mee dat hy vir ons teen die selfde

tarief op die N7 sal ry as op die N1/N12 roete.

9. OBU aandele kwessie

Dit sal in diepte op die jaarvergadering bespreek word. Op diè staduim bly dit

soos dit is ,veral aangesien daar gerugte die rondte doen dat van hulle klubs weer

van ons vervoer gebruik wil maak.

10. Koste van oefen mandjies

Die beskikbaarheid van oefenmandjies sal onderhewig wees aan die beskikbare

gate op die trok nadat die wedvlugmandjiegetalle bekend is. Die prys sal

R1000.00 per mandjie wees.

11. Beskadiging van mandjies

Op versoek van Gerhard Steenkamp van WBU sal die bestuur meer klem lê op die

oorlaai en hantering van mandjies.

12. Genoeg water

Op versoek van WBU – Klaar behandel.

Die voorsitter bedank Mnr.Giel van Scalkwyk wat elke week sorg dat die

watertenk volgemaak word.

Gerhard Steenkamp vra ook dat die tenk voor die seisoen ontsmet moet word.

Die wedvlugsekretaris sal aandag gee daaraan.

13. Subsidies / Fondsinsameling

Daar is verskeie voorstelle en opinies oor moontlike fondsinsamelings projekte.

Op voorstel van Erik van Zyl moet die oefenmandjies se inkomste afgetrek word

van die totale begroting(subvervoer ingesluit). Diè bedrag moet dan deur die

totale hoeveelheid wedvlugmandjies op die trok gedeel word, sodat alle unies

dieselfde betaal. Die voorstel word eenparig aanvaar.

Daar word ook besluit om ’n vaste bedrag per kilometer vir alle subtransport te

betaal, aangesien die prys per kilometer tussen die kontrakteurs heelwat verskil.

As die subvervoer kwotasie dan meer is as die subsidie is moet die betrokke unie

self die verskil opbetaal.

12 Finansies

Die tessourier, Bennie Wiggins, word aan die woord gestel om die finansies te

bespreek. (sien aanhangsel A )

Oor die algemeen lyk die finansies baie goed .Daar word besluit om vir John

Falck opdrag te gee om’n driepoot vir die videokamera te koop, sodat al die

loslatings op You Tube beskikbaar sal wees.

Bennie Wiggins vra ook dat unies hulle subvervoer rekeninge self hanteer en as’n

eenmalige eis indien. Op hierdie staduim kry hy aparte rekeninge vanaf klubs wat

soms verwarrend is.

15 Wedvlugprogram

a) Ander invalshoek (N7) JA of NEE

NBHU 2 stemme JA

WBU 2 stemme JA

OPU 2 stemme JA

Wynland 2 stemme NEE

Die voorstel om ook sekere vlugte op die Weskus roete te vlieg word

AANVAAR.

b) Hoeveelheid vlugte op N7

Daar word op 3 vlugte besluit nl. Van Ryhnsdorp, Springbok en Steinkoff.

c) Wedvlugprogram

( Sien aanhangsel B )

Unies kan self besluit op watter vlugte hulle wil dubbelvlugte vlieg. Die

voorsitter vra net dat daar so ver moontlik gepoog moet word om die jongduiwe

van die onderskeie unies saam te los.

Die JO duiwe sal eerste gelos word en’n halfuur later die ope duiwe.

Danie Gilliomee van OPU vra of hulle’n vergunning in die verband kan kry op

die langer vlugte. Dit word toegestaan.

Daar word ook eenparig besluit dat diè wedvlugprogram slegs vir die 2013

seisoen van krag sal wees.

Die bestuur sal op’n later stadium deurgee watter kleure elke loslating se

mandjies geverf moet word.

16 Sampo terugvoering

Die voorsitter gee terugvoering van die belangrikste punte wat op die afgelope

SANPO vergadering bespreek is.( Sien aanhangsel C )

Unies moet asb.voor einde Januarie voorstelle indien vir ’n SANPO

verteenwoordiger en 2 Sekundes. Voorstelle kan aan die vervoertrust sekretaris

gerig word.

17 Algemeen

Daar word eenparig besluit om Johannes se vervoerkwotasie vir die nuwe seisoen

voorkeur te gee, aangesien daar’n behoefte bestaan vir’n langtermyn kontrak.

Die feit dat Oom Dana oud is en die drywer hom help met die versorging v.d.

duiwe tel ook in sy guns.

18 Datum van jaarvergadering

Die datum vir die Algemene Jaarvergadering word vasgestel op Saterdag 16

Maart 2013. Unies word gevra om die datum vroegtydig deur te gee tot op

klubvlak, sodat lede hul program rondom dit kan reël.

19 Vergadering verdaag

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!