05.05.2013 Views

Julie - Ngoverkruin.org.za

Julie - Ngoverkruin.org.za

Julie - Ngoverkruin.org.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Overkruiner

Maandblad van die NG Gemeente Overkruin

Julie 2010 Tel: 012 567 2177 e-pos: ngoverkruinadmin@telkomsa.net

Gemeenteraad 2010

Ds. Leon Forsman N. Roets A. Viljoen J. Schutte C. Forsman

S.J. van Wyk Ds. Heinrich Carstens R. Prinsloo Ds. Riaan Odendaal

Ada du Preez Manie du Preez Ds. Johan van Zittert M. Smith

J. van der Merwe M. Büre B. Rood Louw Smit

J.H. Riekert H. Mynhardt P. Wessels B. Minnie

R. van Heerden T. Beukes

C. Green

Awie Bosman

N. Vlok

H. Schuld H. Spies

H. Oosthuizen

J. van Vuuren

P. Swart

2

Met “facebook”- tegnologie oor grense

Anonieme Lidmaat

Op 22 Januarie was ek in 'n groot motorongeluk betrokke. Die Here het my bewaar en ek is nie ernstig beseer nie, maar my motor is

afgeskryf.

ʼnWeek later ry ek in Marijastraat, en skielik is hier ʼnstamp

aan my bakkie se linkerkant. Ek het groot geskrik en was dadelik vies

omdat iemand weer eens in my vasgery het. Ek klim uit en hier sit ʼn jong seun in sy pa se viertrekvoertuig. “Het ek Oom gestamp?”

kom die vraag. Ek bevestig dit, maar sien toe ‘n bottel Black Label bier tussen sy bene. Toe verloor ek myself heeltemal en begin die

polisie bel.

Die seun, Herman, sê hy gaan net uit die pad draai, dan kan ons verder gesels. Hy jaag toe weg, maar word opgehou by ʼnminisirkel

en

ek haal hom in en trek hom van die pad af. Nou kook my bloed eers, maar ek sukkel om die polisie se nommer te kry. Hy klim uit,

soebat en smeek en trek sy T-hemp uit en begin die merke van my bakkie afvee. Gelukkig is dit meer rubbermerke en hy kry dit

afgevee.

My hart word sagter en ek vra vir hom: “Herman, as jy vandag sou sterf, waar gaan jy heen?” Hy antwoord: “Hel toe, Oom.” Ek vra vir

sy meisie: “En jy, Sharon?” “Seker ook, Oom.” Ek het toe mooi met hulle gepraat, besonderhede gekry en hulle laat gaan.

Herman het my uitgenooi om by hulle te kom vleis braai. Op my vraag hoe hy my kan uitnooi na sy pa se huis, was sy antwoord dat sy

pa in elke geval nooit tuis is nie. Ek het nie weer van Herman iets gehoor nie.

Na ʼn week of wat, spoor ek vir Herman op “facebook” op en ook sy vriendin, Sharon. Ek nooi hulle uit as vriend op “facebook” -

Sharon reageer, maar Herman nie. Vir byna maande gesels ek met Sharon en bid saam met ander vir hulle. Sowat twee weke gelede

kom die boodskap van Sharon op “facebook” - JESUS IS MY SAVIOUR – WHO IS YOURS? Dit was absoluut wonderlik! Ek was

so bly! Ek het dadelik gereageer en haar laat weet hoe bly en dankbaar ek is.

Een van haar vriendinne op “facebook” het ook gereageer, maar haar antwoord op die vraag: JESUS IS MY SAVIOUR – WHO IS

YOURS? was: SATAN.

Groot was die skok en ontnugtering. Ek het die vriendin, Andrea, as vriend op “facebook” uitgenooi, maar sy antwoord nie. Ons bid

vir haar en nooi haar steeds uit om my vriend op “facebook” te word. Intussen het ek uitgevind dat 'n ander vriend van my op

“facebook” enAndrea ook vriende is. Bid asseblief saam datAndrea en Herman ook sal reageer en vriende op “facebook” word en dat

hulle ook Jesus as Verlosser sal aanneem.

Bessie Dempers

05.05.1929 – 02.06.2010

ARRIE NEL

APTEEKGROEP

TEL : 012 543 0615/25

FAKS : 012 543 1324 *

Jan Booysenstraat, Annlin

Maandag - Vrydag : 08:00 - 20:00

Saterdae : 08:00 - 13:00 en 17:00 - 20:00

Sondae : 09:00 - 13:00 en 17:00 - 20:00

Vakansiedae : 09:00 - 13:00 en 17:00 - 20:00

Ter nagedagtenis

Hennie Louw

25.04.1940 – 26.05.2010

Phillipina Steyn

08.06.1935 – 17.05.2010

Instituut vir Gehoor

Suné Ferreira

Oudioloog

Tel: 012 567 0157

Marijastraat 194B, Sinoville

Pta-Noord: 012 565 4619

Gehoortoetse

Beproef verskeie gehoorapparate sonder kostes

Ingekontrakteer by alle mediese fondse

Tuisbesoeke aan aftree-oorde

Wasverwydering

Mislukkings?! – By God is daar altyd 'n tweede kans!

Ds. Riaan Odendaal

Iemand wat sê dat hy nog nooit in die een of ander saak misluk het nie, is óf 'n leuenaar, óf baie gelukkig. In die meeste van

ons se lewensboekie is daar 'n hele klompie mislukkings opgeteken. Daar is so baie terreine waarop 'n mens kan misluk...

Miskien in jou huwelik... Jy het soveel ideale gehad, maar dié het soos 'n kaartehuis inmekaar getuimel. Miskien is jy 'n

ouer wat begin wonder of jy nie misluk het in die opvoeding van jou kind nie... Jou kind het soveel anders ontwikkel as

wat jy beplan het. Miskien is dit in jou werk waar jy besig is om te misluk... Jy het met soveel verwagtinge begin, maar

beleef dit nou as 'n teleurstelling en wonder selfs of jy reg gekies het. Miskien in jou geloofslewe... Jy wil God met soveel

oorgawe dien en verheerlik, maar verslaap telkens jou stiltetyd en kan maar net nie tyd kry om meer aktief by die

gemeente betrokke te raak nie.

Mislukking kan mens so half in die woestyn bring: jy wil ander mense glad nie in die oë kyk nie. Die mens wat misluk, is

dikwels eensaam. As jy te dikwels misluk, word jy uitgerangeer en eenkant gebêre soos 'n ding wat nie meer sy doel dien

nie...

In Jeremia 18:4 lees ons van die pottebakker vir wie dinge maar net nie wou vlot nie. Op sy pottebakkerswiel het hy die

klei gebrei en gevorm na die beste van sy vermoë – so het hy gedink – maar toe is die ding wat hy aan die maak was uit die

klei, 'n mislukking! Die mislukking eindig egter nie met 'n punt nie, maar met 'n komma! Die sin gaan aan!: "..., EN HY

HETTOE IETSANDERS (uit dieselfde klei!) GEMAAK SOOS HYDITWOU Hê."

Hier hoor ons die boodskap van die tweede kans! Indien jy die eerste keer misluk, wil God jou nie sommer maar net

afskryf nie. In sy genade gee God 'n tweede kans. Mense het die neiging om mekaar ongenadiglik te veroordeel. Ons stal

mekaar se mislukkings uit soos klere in 'n vertoonvenster: "Het jy gehoor..?" "Hou dit maar so tussen ons..."

God werk egter anders! Hy bind ons nie vas aan ons vorige mislukkings nie, maar gee 'n tweede kans! Die klei word nie

vernietig nie, maar word weer gevorm – gevorm na die hand van die pottebakker.

Só is God: Die vyeboom uit die Bybelse gelykenis kry nog 'n jaar kans om te wys waartoe dit in staat is: "Meneer, laat hom

nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes... (Luk.13:8). Die verlore skaap word na die kudde

teruggebring (Matt.18:12). Die verlore seun kry 'n tweede kans (Luk.15:20, 24).

Kan jy jou voorstel hoe die lewe sou wees sonder 'n tweede kans? Ons is almal maar produkte van die tweede kans. Ons

het maar almal ons mislukkings. Maar God gee nie op met ons nie. Hy gee ons 'n tweede kans en help ons om dit reg te

gebruik. Sukses is dalk nie op elke dag se program nie, maar ons kan soos Paulus sê: " ... een ding doen ek: ek maak my los

van wat agter is en strek my uit na wat voor is..." (Fil.3:13).

Wat agter jou lê, weet ek nie. Elkeen ken sy eie verhaal die beste. Maar wat agter ons lê, is nie die belangrikste nie.

Belangriker is wat die toekoms bied! Hoor dan die Woord van die Here: Daar is vir jou 'n toekoms, selfs al het jy voorheen

misluk! In Christus ontvang jy 'n tweede kans. Dít is die blye evangelie van die Pottebakker...

M.C.K.

AUTO-ELEKTRISIËNS

spesialiste in alle motorelektriese

herstelwerk

Koos de la Reystraat 294,

Pretoria-Noord 0182

Tel: 012 546 6019

Eienaar: Manie Kleynhans

JD FRIDGES &

APPLIANCES

ONS HERSTEL

STOWE, MIKROGOLFOONDE,

TUIMELDROËRS, WASMASJIENE,

YSKASTE, ENS.

Beste pryse en kwaliteitdiens gewaarborg.

Ons haal en lewer af Gratis kwotasies

Jan of Dewald 012 546 2570

3

4

Overkruin hou konsert...

Op Vrydag 28 Mei is daar sommer gróót konsert gehou. 'n Konsert sonder pretensie; 'n konsert met

ewigheidsvisie. Gemeentelede het gespeel, gesing, gelag en dit sommer net so, saam met die

toeskouers, geniet. Liberace was daar, Jan Spies en sowaar: selfs Saartjie Brightman. Oud en jonk

het kom speel. Dit was 'n aand van ontspan; van lag en geniet. 'n Aand vol verrassings en kwinkslae.

'n Aand wat die gemeente nog lank gaan onthou!

V&R

Drukkery Printing Works

Ons hanteer alle soort drukwerk van klein tot groot

kaartjies brosjures bindwerk

nuusbriewe tydskrifte duplisering

sagte- en hardebandboeke, ens

volkleur digitale werk

Skakel Henk of Derick Badenhorst vir enige navrae

Paul Krugerstraat 39 Pretoria (tussen Bloed- en Strubenstraat)

Tel: (012) 328-7180 Faks: (012) 323 1274

E-pos: vrdruk@mweb.co.za

Reeds 64 jaar in die drukkersbedryf

B

Koop en verkoop

van eiendom.

1ste en 2de

verbande

Tersia Beukes

082 6060 447

Prinsipaal (MIEASA, CEA)

BEUKES PROPERTIES (012) 543 1309

MA(SW) SEA

in ligte luim met 'n sprankie erns

Verwys ’n kliënt na my en as hy/sy suksesvol

eiendom deur my koop/verkoop,

betaal ek u R2 000-00!

Johann van Niekerk

Tel: 012 543 3687 Sel: 082 788 1421

Foto’s: Marius Viljoen (Bls: 1,4,5)

Annlin R760 000 Alleenmandaat. Uiters netjiese 2 slk. teëldak klinker meenthuis, 2

badk., 3 leefareas, dbl. m/huis, private tuin, swembad in kompleks.

Annlin R875 000 Dolphin Park 3. Netjiese 3 slk. meenthuis in rustige area, 2 badk., 2

leefareas, mooi kombuis, dubbel m/huis, onderdak stoep met ingeboude braai, private tuin.

Montana Slegs R770 000!! Moderne 3 slk. meenthuis, 2 badk., 2 leefareas, dbl. m/huis.

Wonderboom R690 000. Netjiese sonnige 3 slk. dupleks, 1 badk., dubbele leefarea, ruim

oopplan kombuis, 3 m/afdakke, private tuin.

Wonderboom R1,3 m. Ruim 5 slk. woning naby hoërskool, 3 badk., 3 baie ruim

leefareas, kombuis met aparte opwas, wask., 4 m/huise, 2 m/afdakke, ruim onderdak

binnehof, besproeiing, dubbelgrootte Wendy, netjiese tuin, goeie beveiliging.

Wonderboom R1,3 m. Alleenmandaat. Netjiese 3 slk. woning in Braam Pretoriusstr., 2

badk., 3 leefareas, mooi kombuis, aparte wasarea, dubbele m/huis, 3 onderdakstoepe,

huishulpgeriewe, boorgat, besproeiing.

Wonderboom R2,36 m. Pragtige ruim 4 slk. direkteurswoning bokant Braam

Pretoriusstraat, PLUS volledige ruim woonstel en baie ekstras.

2

Annlin by laerskool. Netjiese 4 slk. woning, 1500 m . erf, 2 badk., 3 leefareas, studeerk.,

wask., ruim onderdakstoep, 2m/huise, 2m/afdakke, besproeiing, baie broodbome, netjiese

tuin, goeie beveiliging.

5

Die besluite hieronder is slegs kort samevattings. Vir volledige besluite moet die goedgekeurde notule geraadpleeg word.

Daar is met dank kennis geneem van die sukses tydens die 2009-dankfeesveldtog waar R380 000 ingevorder is. 'n Mandaat is aan die

Dissipelskaptaakgroep verleen om die dankfees vir 2010 te beplan en te organiseer.

Die Gemeenteraad het besluit dat daar in die toekoms slegs drie koeverte aan lidmate beskikbaar gestel sal word vir doeleindes van bydraes, nl. 'n

maandelikse Dankofferkoevert (groen), 'n jaarlikse Geloofsofferkoevert (rooi) en 'n maandelikse koevert vir Vrouebelange (pers). Die Taakgroep

sal die koeverte herontwerp en dit sal in gebruik gestel word sodra die huidige voorraad opgebruik is.

Daar is kennis geneem dat Diensgroep Vrouebelange beplan dat die jaarlikse gemeente-ete DV op 17 September 2010 sal plaasvind.

Die Gemeenteraad het goedkeuring verleen vir die beplanning van 'n fondsinsamelingsprojek in die vorm van 'n basaar wat bekend sal staan as

Overkruin-Markplein wat sal plaasvind DV op 23 Oktober 2010. 'n Taakgroep is saamgestel onder leiding van br. Faan van Wyk om die projek te

beplan en te organiseer.

Die geouditeerde finansiële state vir die jaar 1 Maart 2009 tot 28 Februarie 2010 is goedgekeur en is ter insae in die kerkkantoor beskikbaar.

Die volgende persone is aangewys as die Gemeente se afvaardiging na die vergadering van die Ring van Wonderboom wat hier by ons Gemeente

sal plaasvind, DV op 19Augustus 2010: Die vier leraars, brs. Mike Smith, Nico Roets en Henry Mynhardt en sr. Jaqueline van Vuuren as primarii en

brs. Hendrik Oosthuizen, Riaan Prinsloo, Faan van Wyk en Manie du Preez as sekundi. Ds. Heinrich Carstens sal tydens die Ringsitting as voorsitter

optree.

Die Gemeenteraad het besluit dat ds. Leon Forsman aanbly as voorsitter van die Gemeenteraad tot November 2010.

Daar is besluit dat 'n konsultasieproses moet plaasvind tussen die leraarspan en die Diensverhoudingekommissie ten einde duidelikheid te verkry

oor die rolverwagting van elke leraar, die Leierleraar, die Gemeenteraad en Dagbestuur binne die goedgekeurde prosesbenadering in terme van die

bedieningsfokus, prosesfokus en bedieningstake soos goedgekeur deur die Gemeenteraad op 31Augustus 2009.

Wanneer 'n mens bid, sê die groot godsman: “Biddende Hyde”(Amerikaanse sendeling) kom die hemele in werking. 'n Werking

waarin die mens dikwels beskaamd staan oor sy eie ongeloof, hierin.

In Maretha Maartens se boek: Die beste ding since popcorn,

lig sy hierdie waarheid uit. Teken sy die verhaal van Rocher, 'n

verslaafde wat bo alle menslike hoop in, deur God hieruit verlos word en dit, omdat mense vir hom gebid het.

Ons lees van Rocher die seun, wat vroeg reeds met dwelms eksperimenteer as uitvlug uit sy ongelukkigheid tuis. In sy soeke na 'n pa

word hy tekens teleurgestel en leer hy dat “drugs” 'n mens se prioriteite vinnig in plek laat val. In die aanslae van die lewe leer Rocher

dat dwelms 'n hoër prioriteit vir hom inhou as om al die gemors in sy lewe in die gesig te staar. Dit bring 'n salige ontvlugting. 'n

Ontvlugting waarin sy verslawing die grense van menswees oorskry en hy in die tronk beland. In hierdie “hel” is daar net een

uitkoms: selfmoord. 'n Beplanning wat skeefloop omdat iemand 'n traktaatjie van die “Verlore seun” op sy bed beplaas het.

Sy Christen-ma, broer en derde stiefpa, het nooit ophou bid vir hom nie. In die YMCA waarin hy uiteindelik beland, is daar drie

biddende kombuispersoneellede. Hulle nooi hom een aand saam na hul kerk. 'n Kerkie waar Rocher uiteindelik in algehele oorgawe

tot God kom wanneer hy huilend bid: “Jesus... Vader... sien U kans vir my? Sal U my met my hele history ook vat en liefhê?” En dan,

die wonderwerk: Hy is vry. Los van die god van verslawing sonder enige onttrekkingsimptome. Hy wat Rocher is, is vry omdat drie

eenvoudige mense ook vir hom gebid het. Drie kombuispersoneellede wat bereid was om God se hande te wees. Drie werkers wie se

name nooit in enige koerant sal verskyn nie. Wanneer Rocher maande later die reënboog-boek Esegiël lees, weet hy dat die genade

van God wyd span, maak nie saak hóé ver jy afgedwaal het nie.

Hierdie ware verhaal ruk mens aan die hart en lê 'n grootse waarheid bloot: God gebruik elkeen van ons, hoe nietig en klein ook al, sou

ons net maar bereid wees om soos 'n ewigdurende stroom water, sy hande in hierdie vervalle wêreld te wees.

MAARTENS, M. saam met H. Rocher: Die beste ding since popcorn, CUM, Vereeniging, 2006. R90.

6

Gemeenteraadsbesluite 31 Mei 2010

BOEKEWARUBRIEK God se hande Rosa Wessels

OPERANDI ESTATE

MARIE VORSTER

SEL: 082 902 2364

TEL: 012 567 4773

KOOP EN VERKOOP VAN

EIENDOMME

VERHURINGS

LAE KOMMISSIE

Sel: 083 304 5758

Tel: 012 567 3229

Justin Deetlefs

(Lid)

Deetlefs Projects

Moerbeistraat 104

Wonderboom, 0182

* Elektriese herstelwerk en installasie

* Sertifikaat van nakoming

* Geoutomatiseerde hekke

* Geëlektrifiseerde heinings/interkomstelsels

* Beligting (binnens- en buitenshuis)

* Gratis prysopgawes

Salf vir die eina Jacqueline van Vuuren

Toe ek klein was, het my ouma altyd Germolene op my seerplekke gesmeer en glo vir my, daai salf sal selfs hartseer

kan beter maak!

As dit maar net kon... ja, soms sit ons met einas waar geen salf kan bykom nie.

Dan klim ons op ons groot Trooster se skoot en hoor wat Hy vir ons wil sê in Efesiërs 4:32 (1933-vertaling): “Wees

vriendelik teenoor mekaar!”

Vir my is vriendelikheid die wondersalf wat God vir ons gee om mekaar se seer beter te maak.

Maar waaroor gaan vriendelikheid?

Leana Platt skryf so mooi “Vriendelikheid is 'n gesindheid – 'n ruimte wat jy skep sodat ander by jou kan asemhaal en

lééf. Dis 'n gebaar, 'n goeddoen, 'n tegemoetkom teenoor iemand wat dit soms nie verdien nie en heel dikwels nie

verwag nie.”

Vriendelikheid het net een beginpunt, en dis by 'n verhouding met God.As God

die middelpunt van jou lewe is, is vriendelikheid een van die vrugte van die

Gees wat mense in jou lewe sal kan

raaksien.

God gebruik jou, om met vriendelikheid, daai vriend met wie dit voos gaan

beter te laat voel, 'n totale vreemdeling aan te raak en selfs om 'n getuie vir Hom

te wees. Ja, as jy vriendelik is, gaan mense God in jou raaksien en hulle gaan

wil hê wat jy het!

Julle moes al gesien het watter wonderlike krag daar in 'n glimlag lê! Dit maak

nie saak of die persoon aan die ander kant van jou glimlag, jou taal praat nie,

hy/sy verstaan dadelik jou glimlag! Dis regtig iets kosbaars wat God vir ons

gee om 'n brug tussen mekaar te bou... om oor grense te gaan.

Ons moet dit net meer gebruik en onthou: “vriendelikheid kos niks”!

Gaan gebruik die salf wat God vir jou gee op die mense die naaste aan jou, maar

ook op dié wat jy glad nie eens ken nie.

Doen dit, en jy sal verbaas wees oor hoe jou “vriendelike salf” ook vir jou 'n stuk genesing en geluk bring!

Smeer met oorgawe jou vriendelikheidsalf!

Die regte woord op die regte tyd

EN MAKELAARSDIENSTE

Professionele Begrafnisondernemers

Kwaliteit Grafstene

Vooraf gereëlde Begrafniskontrakte

Ons verseker gemoedsrus

met bekostigbare pryse

* H/V Annie Botha- & Unionstraat, Riviera

Tel (012) 329 3682/3/4

* Makelaarsdienste - Tel: (012) 348 0018

* Glen Gables, Blok A, 1ste Vloer,

Lynnwood

Tel (012) 348 5556

24-Uur Diens: 082 413 5242

Besoek ons gedenktuin by die Riviera-kantoor

Hierdie lewe is vir die mens soos 'n renbaan:

ons ding hier mee om elders bekroon te word.

Hieronymus, die vertaler van die Bybel in Latyn

Dr. Mario Reiners

BChD (Pret) PPD Inpl (Stel) NDT (Stel) Pr. No. 5449332

TANDARTS / MONDHIGIëNIS

Raystr. 60, Wonderboom.

Tel: (012) 543 0594

Brooklyn: (012) 346 0456

Saterdae en na-uurse diens

beskikbaar

Noodpasiënte skakel

083 500 2488

7

Deel1: Ek wens.

Dit sal Len nooit vergeet nie.

Hulle was met vakansie in die Wildtuin. Vir hom het dit

maar baie vervelig gelyk.

“Ek willie saamry om diere te kykie!” kla hy.

“Ons wil liewerstes innie kamp bly en swem.Ag toeeee,”

probeer sy sussie Mart ook.

Mamma en Pappa wil niks weet nie.

Die eerste oggend toe hulle in die motor klim, brom Len:

“Kammakastig te klein. Netnou vang die skelms ons. Hmff! Ons

maggie lekker hê nie. Dis wat.”

Vinnig bly hy stil toe Pappa hom kwaai aankyk.

Nie lank nie, trek hy Mart se hare. Mart knyp hom. Hulle

begin skreeu op mekaar.

Dis dan dat Mamma sê: “Hier's vir julle elkeen 'n boek

van diere in die Wildtuin. Kyk bietjie watter dier jy wil wees en

kyk dan of jy dit sien.”

Vir Len klink dit simpel. Met 'n groot sug vat hy sy boek.

Hy kyk nie regtig nie. Af en toe blaai hy die bladsy om,

sodat Mamma moet dink hy doen wat sy gesê het.

Totdat 'n luiperd in 'n prentjie vir hom knipoog.

“Luiperd knipoog vir my,” roep hy uit.

“Jy's simpel,” laat Mart hoor.

“Issie. Jy's simpel!” stry hy.

“Ek wens jy word 'n luiperd,” snip sy terug. Dan roep sy

verbaas uit: “Haai, jakkals knipoog vir my!”

“Ek wens jy word 'n jakkals,” begin Len....

“Haai, waar's ons nou?” vra hy dan.

“Jy's 'n luiperd,” antwoord 'n fyn stemmetjie hom.

Verbaas kyk Len rond.

“Hier op jou voorpoot,” praat die stemmetjie weer.

Hy's sowaar in die veld en....

“Ek willie 'n luiperd wesie!” grom Len, terwyl hy na sy

luiperdpoot kyk.

'n Klein mannetjie in oranje, so groot soos..e.. sy duim

was, klou aan sy poot vas.

“Sal jy net stilstaan dat ek kan opklim,” raas die

mannetjie.

Aspris skud Len sy poot. Dáár trek die mannetjie, kaboef

teen 'n klip vas.

Dadelik spring hy op en vryf sy knieë.

Baie kwaad begin hy sy voorvinger op en af swaai. “Jy

mater, beter jou maniere onthou. Jy's nou 'n luiperd. Sonder my,

Mannetjie Luiperd, sal jy, binne 'n dag doodgaan!”

Len se luiperdoë gluur na Mannetjie.

8

SONDAG - BUFFET

Voorgeregte, ‘n verskeidenheid

beesboud, bredie, slaaie, gebakte

aartappels, rys en groente en

“Die kok se keuse” nagereg!

Net R65 per persoon persoon

Elke Sondag van 11:00

Hou jou funksie of byeenkoms saam met ons!

West End Lifestyle & Decor Sentrum

Hoek van Zambesiweg en Veronicastr.

Montana, Pretoria. Tel: (012) 543 0656

JY'S 'N LUIPERD

Petro

“Luister vent,” begin hy sis. Dan hou hy op.

Hy sis rêrig. Nie speel-speel nie, maar rêrig.

“Ja?” vra Mannetjie arms gevou, terwyl sy een voet teen

die grond tik.

“Ek's honger,” sê Len die eerste ding wat in sy kop

opkom, “ek's lus vir Kentucky Fried Chicken.”

Mannetjie begin lag. Hy buig eintlik vooroor soos hy lag.

Len wil net die ventjie met sy voorpoot klap, toe dié

ophou lag en hom antwoord.

“Hier's nie Kentucky Fried Chicken in die veld nie. Net

vleisies wat jyself sal moet vang.”

“Wie's jy om vir my te lag?” grom Len nou báie kwaad.

Hy klap Mannetjie dat hy weer dáár trek.

Mannetjie val reg voor 'n jakkalsmamma. Haar twee

kleintjies is honger en sy soek kos.

O nee, wat gaan nou gebeur?

Het julle geweet daar word van luiperde en jakkalse in die Bybel

gepraat?

Soek die verse in die prentjie op. Kyk watter ander diere

jy nog in die Bybel kan kry.

Mooi bly!

EBEN GERMISHUYS

KUNSATELJEE

TEL: 012-567 4031

KUNSKLASSE

ONGEAG OUDERDOM

Beeldhou-, Skilder-, Teken-, Grafiese &

Marionetkuns

Oggend-, Middag-, Aandklasse

Groep en individueel.

Hulpklasse vir toelating tot

tersiêre inrigtings

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!