05.05.2013 Views

Beginner_Les 2_LOG_Jaar A_Kwartaal 4 - Transvaal Conference ...

Beginner_Les 2_LOG_Jaar A_Kwartaal 4 - Transvaal Conference ...

Beginner_Les 2_LOG_Jaar A_Kwartaal 4 - Transvaal Conference ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GENADE

Beginner - Jaar A – 4de Kwartaal - Les 2

Bybelverhaal: Die Goeie Herder

Tema vir die Maand: God bring Sy liefde na ons

Verwysings: Lukas 5:4-7; Christ’s Object Lessons. Bl. 186-192: Die Koning van die Eeue. bl. 404-

409

Geheueteks: "Wees saam met my bly, want ek het my skaap….weer gekry"(Lukas 15:6)

Doelstellings

Die kinders sal:

Weet dat God hulle liefhet soos wat die herder Sy skape liefhet

Veilig voel omdat God vir hulle omgee

Reageer deur vir Jesus dankie te sê

Maak Gereed om die Les aan te bied

Die Boodskap: Jesus gee om vir my en jou.

Die Bybelles in ‘n Oogopslag

‘n Herder het baie skape. Maar eendag ontdek hy dat hy weg is. Hy soek oral totdat hy dit kry. Hy is

so bly om die skaap huistoe te neem sodat dit saam met al die ander kan wees!

Hierdie is 'n les oor genade

God se gawe van genade sluit in om oor ons die wag te hou waar ons ookal gaan en wat ons ookal

doen. Jong kinders kan God se liefde verstaan en voel deur die liefde van hulle ouers terwyl die

ouers op elke manier oor hulle die wag hou.

Verry king vir Onderwyser

"Van alle skepsels is die skaap die bangste en hulpeloosste, en in die Ooste sorg die herder

onvermoeid vir sy kudde.”

"Soos die aardse herder sy skape ken, so ken die Goeie Herder Sy kudde wat deur die hele wêreld

versprei is…Jesus ken elkeen van ons afsonderlik, en het medelye met ons swakhede. Hy ken ons

almal op ons name. Hy ken die huis waarin ons woon, die naam van elke inwoner…

“Hoe lief 'n herder sy skape ook mag hê, het hy sy eie seuns en dogters liewer. Jesus is nie net ons

Herder nie. Hy is ons ewige Vader.” (Die Koning van die Eeue. bl 406,407,408).

Hoe wys u die liefde van die Herder aan u familie en studente?

Organisasie van Klaskamer

Laat die kinders in 'n halfsirkel sit met hulle ouers langs hulle.

Klaskamerversierings

Versier u klaskamer met ‘n buitemuurse toneel. Indien moontlik, maak berge wat geklim kan word

(kan klippe of houtkaste wees), ‘n stroom (papier of materiaal), iets om gras voor te stel (groen

papier of materiaal, nagemaakte gras). Maak ‘n grot vir die skaapkraal met ‘n laken of bou dit met

dose, stoele, bamboes of iets wat maklik beskikbaar is waar u bly.

Programoorsig

Les Afdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

Verwelkoming Deurlopend Groet studente

1. Ouertyd Deurlopend

2. Aankomsaktiwiteite Tot 10 A. Diere Opgestopte diere,bloke/dose

/laken; groen papier

B. Waar-is-jy Doos Doos,handdoek/materiaal,speel

goed

C. Nesmaak Diere Speelgoed skape,nesmaak

poppe, dose/bakke

Les Afdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

D. Troeteldiere Lewendige troeteldier

E. Wegkruipertjie Klein voorwerp/speelgoeddier

F. Wieg die Baba Poppe,komberse,sagte

speelgoed

G. Skommelstoel Volwasse groot skommelstoel

3. Begin Tot 10 Verwelkoming Spieël/opgestopte speelgoed

skape,klokkies

Gebed

Besoekers Plakkers/ander klein geskenkies

(opsioneel)

Offergawe Offergawehouer

Verjaarsdae Nagemaakte verjaarsdagkoek,

kersies, vuurhoutjies, klein

geskenkies (opsioneel)

4. Ervaar die Verhaal Tot 30 A. Geheueteks Vilt of Karton Bybels

B. Noem Name en tel Speelgoed opgestopte/plastiese

skape/skaapmaskers;volwassene

om herder te speel;eenvoudige

kostuum vir volwassene

C. Skaapvelletjie Skaapvelletjie of iets soortgelyks

D. Skaapkraal Blokke of dose of stoele;laken

E. Gee die Skape kos Gras/stukkies groen

papier/stroke groen

materiaal/hooi

F. ‘n Bietjie water Bak water/Individuele glase

water

G. Skape wat

Handeroom/babaroom;verband

seergekry het e/maskeerband (opsioneel)

H. Aand Ouer en kind om op

voorafbeplande tyd weg te kruip

I. Soek die skaap

J. Geheueteks

K. Die Goeie Herder Prent van Jesus/figuur van Jesus

wat uit karton uitgesny is wat

regop staan

L. Gesinne Prent van Jesus/figuur wat kan

regop staan; plastiek, vilt ens.

Gesinslede potte/plastiese bake

M. Goeie Kos

menglepels/nagemaakte kos in

‘n mandjie

N. Liefde

O. Jesus het my lief “Jesus het my lief”baniere of

reënboogstokkies of ritme-

P. Jesus Gee vir my

om

instrumente

Prente/plakkers van Jesus

Les Afdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

Q. Dankie Jesus Prent van Jesus/figuur van Jesus

wat uit karton gesny is wat kan

regop staan;vilt of papierharte

5. Klastyd (opsioneel) Tot 10

Week 1

Snoepietyd

(Opsioneel)

Vingerafdruk skape Dik

papier,stempelkussings/merker;

viltpen;watteballetjies;gom;

water en papierhanddoeke

Week 2 Skaapkraal Papierglase;konstruksiepapier,watteballetjies;swart

papier;gaatjiepons;gom

Week 3 Papiersak Lammertjies Middagete grootte papiersakke;

watteballetjies; merkers; gom;

afskrifte van skaapgesig patroon

Week 4 Stokskape Breë handwerkstokkies; papier;

watteballetjies; gom; merkers;

patroon wat gefotostateer kan

word; skêre; magnete

(opsioneel)

Week 5 Stokherder Breë handwerkstokkies;

sneesdoekies/klein stukkies

materiaal; lyn; merkers;

watteballetjies; pretzel stokkies;

gom; magnete wat kan vasplak

(opsioneel)

Ronde beskuitjies;

grondboontjiebotter of wit

versiersuiker; stukkies klapper;

pretzel stokkies; rosyne

servette

1. OUERTYD

Besige ouers daag dikwels moeg en uitgeput by die kerk op van die week se aktiwiteite en om die

familie gereed te kry vir die "dag van rus." Deel 'n woordjie van aanmoediging met hulle op ‘n tydstip

gedurende Sabbatskool (miskien gedurende Aankomsaktiwiteite), iets wat sal toon dat u vir hulle

omgee en oor hulle besorgd voel. Die volgende stellings was deur jong moeders en vaders voorberei

as voorstelle, en kan op enige tydstip volgens u diskresie gebruik word soos wat u verkies.

Week 1

Ek was 'n fatsoenlike, gerespekteerde mens. Ek het geweet om dinge te organiseer, dinge te bereik,

‘n projek te voltooi. Toe is my my seun gebore. Skielik het dit gelyk asof alles in my lewe chaos was!

My huis was in ‘n gemors, my Iiggaam was in 'n gemors, my lewe was een groot gemors. Hoe kon dit

wees dat ek op hierdie wonderlike tyd in my lewe so aaklig gevoel het? Ek het begin om ‘n

moedersgroep by te woon wat my lewenslyn geword het. Dit het slegs twee keer per maand

ontmoet, maar dit was twee keer ‘n maand wat ek geweet het dat ek nie alleen was nie! God het

ander mense wat deur dieselfde dinge gegaan het gebruik om my beter te laat voel en my te help

onthou dat Hy my geken het. God ken U! Hy voel elke emosie wat u ervaar. Hy sê vir u, "Ek sal jou

nie sonder vertroosting laat nie, ek sal na jou kom." Johannes 14:18

Wat is sommige van die dinge wat ons kan doen om mekaar te versterk en aan te moedig?

Week 2

Amy het geglimlag. Ek het nou regtig vanoggend iets uitgevoer! het sy gedink. Die vloer was gewas,

en twee-en-twintig koppies granola graankos was besig om in 'n bak op die kas af te koel. Sy het in

haar kamer ingegaan en die deur agter haar toegemaak. Terwyl die seuns geslaap het, kon sy 'n paar

telefoonoproepe maak en die wasgoed opvou. Sonder dat Amy dit geweet het, het haar tweejarige

NIE geslaap nie. Hy het kombuis toe gegaan, 'n stoel na die kas getrek en begin om die twee-entwintig

koppies granola op die vloer te gooi. Toe het hy 'n groot doos droë graankos bygegooi. Hy

het die avontuur voortgesit deur die hele vullisblik op die gemors om te keer. Omtrent daardie tyd

het Amy by die kombuis ingeloop ...

Het u al ooit so 'n soort dag gehad? Jesus verstaan. Hy roep u na Hom. Hy ken u frustrasie. En Hy sal

die stukke optel.

Deel 'n tyd toe u kind alles wat u gedoen het, ongedaan gemaak het en die frustrasies wat u gevoel

het. Wat kan u in daardie oomblikke help om God se liefde en sorg vir u te onthou?

Week 3

Een middag het ons gaan stap. Vir een of ander rede het ons byna driejarige besluit dat ‘n stappie

NIE was wat hy wou doen nie. Hy het gevra, “Pappa, sal jy my dra?” Ek het hom tergerig

geantwoord, “O seun, jy is te groot vir my, om te dra! ". Hy het sy arms styf oor sy bors gevou en

gedetermineerd geantwoord, “Wel, ek is NIE te swaar vir Jesus nie!”

Deel 'n tyd toe die laste van ouerskap baie swaar gedruk het. Draai na iemand naby u en herinner

hulle, “Niks is te swaar vir JESUS nie!"

Week 4

Hier is 'n kosbare gedagte van aannmoediging vir vandag! Voeg u naam in elke oop spasie in : "Jesus

ken die laste van ………………….. se hart. Hy is …………………. se beste vriend in nood. Sy ewige arms

ondersteun …………………………….” (Ellen White, Bible Echo, 1 September 1893). (Lees dit meer as een

keer deur om elkeen die geleentheid te gee om die gedagte werklik diep in hulle harte te laat insink.

Week 5

My vriendin, 'n verpleegster, was daaraan gewoond om nagdiens te werk. Na haar baba se geboorte

het sy haar gevoelens van uitputting, en verbasing uitgedruk oor hoe baie tyd dit neem om ‘n

pasgebore baba te versorg. "Ek doen goed met die baba deur baie in die nag op te staan, maar ek

hou aan wonder wanneer die dagskofpersoneel dan gaan kom!" Onthou dat in tye soos hierdie Jesus

u gevoelens ken.

Deel van ‘n tyd toe u uitgeput gevoel het en 'n ruskansie nodig gehad het.

2. AANKOMSAKTIWITEITE

Beplan eenvoudige aktiwiteite op 'n kombers, laken of reisdeken vir kinders wat vroeg aankom. Die

kinders neem in hierdie aktiwiteite deel onder die toesig van 'n volwasse persoon totdat die program

begin. Die kind se spel, behoort met materiaal te wees wat op die program betrekking het en wat

gebaseer is op die maandelikse Bybelverhaal.

Kies uit die volgende voorgestelde aktiwiteite vir hierdie maand. Maak seker om iets vir die

aandagspan van die kinders se ouderdomme in te sluit:

A. Diere

Voorsien opgestopte speelgoeddiere (sommige wat geluide maak) vir kinders om vas te hou. Indien

moontlik, voorsien volwasse en baba diere vir die kinders om bymekaar te pas. Bou ‘n grot vir die

diere met blokke of met 'n laken en twee stoele. Voorsien groen papier vir die kinders om op te

skeur of op te frommel en dan die dierekos te gee.

B. Waar-ls-Jy Doos

Sit 'n stuk materiaal of 'n handdoek en speelgoed soos blokke, ratels, balle, opgestopte diere, ens, in

‘n doos. Ouers kan ‘n voorwerp onder die materiaal wegsteek en die kinders “waar-is-jy" laat speel

om iets wat weggesteek is te vind, terwyl die ouer die volgende rympie sê:

Wie is daar

Kom ons kyk

Soek 'n (naam van voorwerp)

wat weggeraak het (Kind tel die voorwerp op)

(Naam) het dit gedoen! (Druk die kind. Prys die kind.)

C. Speelgoed wat in mekaar pas

Steek 'n klein voorwerp (kan ‘n klein speelgoed skaap wees) binne in speelgoed wat in mekaar pas

weg. (Poppe wat in mekaar pas, verskillende grootte dose of plastiese houers werk almal goed.)

Kinders sal die nesmaak speelgoed oopmaak totdat hulle die verlore skaap of ander voorwerp kry.

D. Troeteldiere

Bring ‘n klein troeteldier (skilpad, voël, vis, marmotjie, katjie of klein hondjie) in sodat die kinders

daarna kan kyk, daaran voel en dit kan voer. Vra hulle om die naam van die dier te sê, die geluid te

maak wat die dier maak, en wat dit eet.

E. Wegkruipertjie!

Steek voorwerpe of diere in ‘n doos weg, onder 'n stoel, of op 'n ander plek in die kamer. Vra die

kinders om dit te soek. Wanneer hulle die dier kry, sê: Hoe bly is ons dat ons die verlore (naam van

die dier of voorwerp) gekry het. Opsie: Laat kinders onder 'n tafel wegkruip. Laat die ander kinders

of ouers hulle soek.

F. Wieg Die Baba

Voorsien kindergrootte skommelstoele, poppe en kombersies vir die kinders om vas te hou en te

wieg terwyl hulle sing of na musiek luister.

G. Skommelstoel

Voorsien 'n volwasse grootte skommelstoel vir die ouers om hulle kinders wat te moeg is of te

skaam is om aan die aktiwiteite deel te neem, te sus.

A. Verwelkoming

3. BEGIN

U

B.

Benodig:

handspieëltjie of opgestopte speelgoedskape

klokkies

Sê: Goeiemôre, seuns en dogters, en mammas en pappas! Kan ons vir mekaar goeiemôre sê?

Verwelkom elke kind persoonlik terwyl julle die volgende liedjie sing: (Voorstelle: Hou ‘n spieël voor

elke kind se gesig sodat hulle hulself daarin kan sien , of neem 'n kind se hand, ens. Moedig

volwassenes aan om mekaar met 'n drukkie of 'n handdruk te groet, ens.)

Sing: Goeiemore (Kleuterliedjies, No, 20).

Goeiemôre al die maats,

Goeiemôre al die maats,

Hoe gaan dit vandag?

Goeiemôre al die maats,

Goeiemôre al die maats,

op hierdie Sabbatdag.

—Mildred Adair

Gee vir die kinders klokkies. Sê: Sabbat is ‘n spesiale dag! Ons is bly om by die sabbatskool te wees.

Kom ons lui ons klokkies terwyl ons sing. Sing "Blye Sabbatdag" {Kleuterliedjies, No 3}

Sabbat is ‘n blye dag,

blye dag, blye dag,

Sabbat is 'n blye dag.

Ek hou van die Sabbat.

—Margaret Kennedy

B. Gebedtyd

Sê: Ons praat met Jesus wanneer ons bid. Kom ons kniel neer terwyl ons nou met Jesus praat. Berei

voor vir die gebed deur die aangepaste vierde versie van "I Have Hands that Clap" (Little Voices

Praise Him; No, 215) te sing.

Ek net knietjies wat buig vir gebed.

Ek maak my ogies toe vir gebed,

Ek het handjies wat vou vir gebed.

Nou praat ek met Jesus.

—S. Vance. Aangepas

Kopiereg 1980 deur Review and Herald Publishing Association.

Bid 'n eenvoudige gebed en laat die kinders agter u aan herhaal, iets soos volg: Dankie Jesus, vir die

Sabbatskool. Dankie vir Bybelverhale. Dankie dat U na ons gebed luister.Ons is lief vir U. Amen.

Sing: "Tiny Tot Response" (Little Voices Praise Him, No. 21).

Amen

Dankie, Jesus vir alles.

— Joy Hicklin Stewart

Kopiereg 1980 deur Review and Herald Publishing Association.

C. Besoekers

D. U Benodig:

plakkers of ander Klein geskenkies (opsioneel)

E.

Groet die kinders en ouers wat besoek. U sal miskien vir die besoekers 'n plakker of ander klein

geskenkie wil gee. Sing "We're Glad You Came to our Sabbath School" (Little Voices Praise Him, No

25).

Ons is bly jy het gekom.

Sal jy nie weer kom?

Ons is bly jy het gekom.

Sal jy nie weer kom?

—Mary E, Schwab

Kopiereg 1980 deur Review and Herald Publishing Association

D. Offergawe

U Benodig: C.

offergawehouer

Sê: Jesus is lief vir almal. Jesus is lief vir seuntjies en dogtertjies. Jesus is lief vir mammas en pappas.

Ons help andere om te weet dat Jesus vir hulle lief is. Ons deel ons geld sodat andere van Jesus kan

hoor. Gebruik 'n mandjie, 'n kerkgevormde bank of 'n ander houer vir die offergawe. Nooi kinders en

ouers om hulle offergawe vir Jesus te gee. Sing "God Loves a Cheerful Giver" (Little Voices Praise

Him, No, 29).

God is lief vir een wat gee,

God is lief vir een wat gee,

Bly-moe-dig, Bly-moe-dig,

God is lief vir een wat gee.

—Janet Sage

Kopiereg 1918 deur Janet Sage.

Sê: Dankie, seuns en dogters, dat julle julle offergawe gebring het. Kom ons vra Jesus om die geld te

seën. Bid 'n eenvoudige gebed vir die offergawe.

E. Verjaarsdae

U Benodig:

Nagemaakte verjaarsdagkoek

kerse

vuurhoutjies

Klein geskenkies(opsioneel)

Sê: Dit is 'n spesiale dag vir ………………….Dit is hulle verjaarsdag! Lei die kind na die verjaarsdagstoel,

Sing “Veels Geluk" (Kleuterliedjies, No. 45).

Net twee* Jaartjies vandag,

Net twee* jaartjies vandag.

Veels geluk nou liewe [Jannie]

Jy is twee* jaartjies vandag.

*Voeg kind se ouderdom en naam in.

—Harold Lowden Kopiereg @ Heidelberg Press.

Steek die verjaarsdagkersies aan en lei die kinders dan om te sing "Veels geluk liewe maatjie,'

Veelsgeluk liewe maatjie

Omdat jy verjaar,

Mag die Here jou seën

En nog baie jare spaar.

Moedig die kind aan om die kersie(s) dood te blaas, Sê: Kom ons sê vir Jesus dankie vir jou

verjaarsdag. Bid ‘n kort gebed vir die verjaarsdag kind en hulle ouers, indien moontlik, gee die kind 'n

klein geskenkie van die Sabbatskool.

A. Geheueteks

U Benodig:

vilt of karton Bybels

4. ERVAAR DIE VERHAAL

Sê: Dit is tyd om in ons Bybels te kyk. Deel klein individuele vilt of karton Bybels vir die kinders uit,

Sing "Jesus Talks to Me" (Little Voices Praise Him, No, 51),

Bybel, Bybel, Jesus praat met my.

Bybel Boek, Iaat ek kyk, Jesus praat met my,

Bybel, Bybel, Jesus praat met my..

Bybel Boek, laat my kyk, Jesus praat met my,

—Susan Davis

Kopiereg 1980 deur Review and Herald Publishing Associaton.

Sê: Ons Bybelverhaal vandag is van 'n man wat een van sy skape verloor het. Hy was lief vir sy

skaap en daarom het hy gaan soek en soek totdat hy dit gekry het. Toe hy dit gekry het, het hy vir

sy vriende gesê, "Wees saam met my bly, ek het my skaap weer gekry." Dit is ons geheueteks vir

vandag .

Klap elke keer wanneer julle die woorde sing “my skaap gekry” op die wysie van, “I am so Small”

(Little Voices Praise Him, No 96).

Wees saam met my bly, ek het my skaap gekry,

Wees saam met my bly, ek het my skaap gekry,

Wees saam met my bly, ek het my skaap gekry,

Ons lees dit in Lukas 15 vers 6.

—Aangepas uit Lukas 15:6

Musiek Kopiereg 2000 deur General Conference Corporation of Seventh-day Adventists.

B. Noem die name van en Tel die Skape

U Benodig:

Vir elke kind, ‘n opgestopte of plastiese speelgoedskaap

OF skaapmasker (vergelyk hieronder)

Volwassene om die herder te speel

Bybeltydsekostuum vir herder

kierie

wit papierborde

pienk en swart konstruksiepapier

'n afskrif van die oor en neus patroonl

watteballetjtes

swart konstruksiepapier

skêre

gomstokkies

elastiese gare of rekkies

krammasjien

Aanwysings vir skaapmasker:

Sny gate vir die oë. Sny die ore uit pienk papier en die neus uit swart papier. Plak die neus en ore

vas. Voeg watteballetjies by. Kram die rekkie aan elke kant vas net bokant die ore.

Trek soos 'n herder aan en vertel die verhaal, of vra ‘n ander volwassene om die verhaal te vertel.

Die kinders sal die speelgoedskaap deur die hele program vashou of gebruik of maak asof hulle

skape is. Voordat u met die verhaal begin, vra een volwassene en 'n kind om die verlore skaap te

wees en op die gepaste tydstip in die verhaal weg te kruip.

Sê: Eenkeer was daar 'n herder wat baie skape gehad het. Nooi die kinders om hulle speelgoed

skape te bring of hulle skaapmaskers te dra en op die vloer naby die herder te kom sit. Die herder

was lief vir elkeen van sy skape. Hy het elkeen se naam geken. Daar is Hanna, Brian en Ragel en

Daniël. (Gebruik die name van al die kinders in u klas). Die herder het geweet wat spesiaal was aan

elke skaap. (Noem karaktertrekke van die kinder in u klas, soos die oudste, jongste, grootste,

kleinste, haarkleur, ens. Wees sensitief oor verskille wat hulle verleë kan maak. Elkeen van die

herder se skape was spesiaal en die herder was lief vir elkeen. Hy het die groot skape liefgehad en

hy het die klein babalammetjies liefgehad. Elke oggend het die herder die skape getel om seker te

maak dat al sy skape en lammertjies daar was. Een, twee, drie ... (Tel die kinders. Nooi hulle om

saam met u te tel.) Ja, hulle was almal daar. Die herder was baie bly.

Gee elke kind 'n drukkie of 'n kloppie op die skouer om te wys dat u hulle liefhet, terwyl u “The

Shepherd Loves His Lambs” (Little Voices Praise Him, No. 114) sing. (Pas tyd van musiek aan om

woorde in te pas)

Die Herder het Sy lammers lief, en Jesus het my lief

Die Herder het Sy lammers lief en Jesus het my lief

—Enid G. Thorson

Kopiereg 1988 deur Enid G. Thorson.

D. Skaapvel

U Benodig:

'n stukkie skaapvel of iets soortgelyk

Sê: Skape en lammers is baie sag. Mense boer met skape sodat hulle die sagte wol kan gebruik om

materiaal te maak. Elke lente sny die herder die skape se wol sodat hy hulle lekker, sagte wol kan

kry. Die skape hou daarvan om van hulle warm jasse ontslae te raak voordat dit somer word.

Gee vir elke kind 'n geleentheid om aan die skaapvelletjie te raak terwyl julle sing “Wooly, Wooly

Lamb” ( Little Voices Praise Him, No. 171),

Wollerige lam,

Wollerige lam,

Jesus het jou so sag gemaak;

Wollerige lam,

Wollerige lam,

Jesus het jou so sag gemaak.

—Janet Sage

Kopiereg 1990 deur Janet Sage.

D. Skaapkraal

U Benodig:

materiaal om 'n skaapkraal te bou

(Blokke, dose, of stoele wat met laken toegegooi is)

Sê: Die herder het in skaapkraal vir sy groot skaap en klein lammetjies gebou. Hy wou hê dat hulle ‘n

veilige plek moes hê waar hulle in die nag kon bly, waar hulle veilig van die wilde diere en storms sou

wees. Nooi die kinders om u to help om die blokke,dose,of stoele te gebruik om 'n skaapkraal te bou

en daar in te kruip. (U kan ook die "grot" wat in die Aankomsaktiwiteite gebruik is, gebruik.) Sing

'The Good Shepherd" (Little Voices Praise Him, No. 123) terwyl julle bou.

Die goeie herder kyk

dat sy skape kan eet .

Hy hou hul weg van gevaar

En gee hulle als wat hulle kort.

—Carol Greene

Woordekopiereg 1997 deur Carol Greene. Met toestemming gebruik.

E. Gee die Skape Kos

U Benodig:

gras of stukkies groen papier

of stroke groen materiaal of hooi

Sê: Elke dag het die herder sy skape na 'n plek geneem waar hulle goeie kos kon kry om te eet. Gee

vir elke kind van die nagemaakte gras om vir hulle skape te voer terwyl u die volgende woorde op

die wysie van "The Hungry Cow" (Little Voices Praise Him, No, 174) sing.

Jesus maak die gras vir die honger skaap.

Kom ons voer hom, kom ons voer hom.

Jesus maak die gras vir die honger skaap,

Kom ons voer die skaap. —Janet Sage. Aangepas. Kopiereg 1990 deur Janet Sage.

E. Vars Water

U Benodig:

'n bak water OF

individuele glase water

Sê: Die skape moes ook elke dag lekker baie water drink. Elke dag het die herder sy skape na 'n

lekker stil plek met skoon, vars water gelei. Die koel water was so verfrissend! Nooi die kinders om

hulle speelgoed skaap te bring en te maak asof hulle uit die bak drink, of gee vir elke kind 'n klein

glasie water om te drink. Terwyl u dit doen, sing "The Good Shepherd" (Little Voices Praise Him, No.

123).

Die goeie herder kyk,

dat sy skape kan eet.

Hy hou hul weg van gevaar

En gee hulle als wat hulle kort.

—Carol Greene

Woorde kopiereg 1997 deur Carol Greene. Met toestemming gebruik.

A. Skape Wat Seergekry Het

U Benodig:

handeroom of babaroom

verbande of maskeerband (Opsioneel)

Sê: Somtyds het die herder se skape seergekry. Hulle het miskien in die doringrige bosse

ingehardloop of 'n sny gekry of op 'n ander manier seergekry. Dan het die herder medisyne op

hulle wonde gesit. Vryf 'n druppel handeroom of babaroom aan elke kind se hand of arm. Indien

verlang, bedek die merk met 'n verband of klein stukkie maskeerband. Sing "The Good Shepherd"

(Little Voices Praise Him, No. 123).

Die goeie herder kyk,

dat sy skape kan eet.

Hy hou hul weg van gevaar

En gee hulle als wat hulle kort.

—Carol Greene

Woorde kopiereg 1997 deur Carol Greene. Met toestemming gebruik.

H. Aand

U Benodig:

Ouer en kind

Skakel die ligte af. Sê: Wanneer dit begin donker word, het die herder al sy skape teruggeneem na

hulle skaapkraal. Onthou julle nog waarom? Ja, sodat hulle veilig kon wees teen die storms en

wilde diere. Die herder wou hê dat sy skape veilig moes wees omdat hy hulle liefgehad het. Kom

ons neem ons skapies huis toe. Wys vir die ouer en kind om weg te kruip in plaas daarvan om na die

skaapkraal te kom. Lei die res van die kinders na die skaapkraal. Sê: Is al die skape en lammertjies

hier? Die herder wou seker maak dat hulle almal veilig was vir die nag. Hy het toe sy skape getel:

een, twee, drie. (Nooi die kinders om saam met u te tel. Noem die kinders op hulle name en onthou

sommige van die karaktertrekke wat u vroeër in die program genoem het) Maar wag! Iets is

verkeerd! Vroeër het ons (noem die getal) skape gehad en nou is daar net (een minder). lemand is

weg! Wie is dit? Kyk of die kinders u kan help om te sê wie weg is.

B. Soek die Skaap

Sê.: Wat dink julle het die herder gedoen toe hy uitgevind het dat een van sy skape weg was?

Het hy in die huis ingegaan en sy aandete gaan eet? Nee. Het hy in sy lekker warm bed gaan klim?

Nee. Die herder kon nooit rus so lank as wat een van sy kosbare skape weg was nie. Miskien het sy

skaap seergekry. Miskien was dit in gevaar. Die herder kon nie sy skaap alleen buite los nie. Die

herder het sy verlore skaap gaan soek. Maak asof u soek en soek vir die verlore kind. Roep na die

skaap terwyl u soek. Wanneer u die “verlore" ouer en kind kry; sê: O, ek het my verlore skaap gekry!

Ek is so bly! Ek was so bekommerd oor my verlore skaap, maar nou het ek dit gekry.

J. Geheueteks

Sê: Die herder was so bly. Hy het vir al sy vriende vertel dat hy sy verlore skaap gekry het. Hy het vir

hulle gesê, "Wees saam met my bly, want ek het my skaap weer gekry!"

Klap elke keer wanneer julle die woorde sing "my skaap gekry" op die wysie van, "I’m so small."

(Little Voices Praise Him, No. 96).

Wees saam met my bly, ek het my skaap gekry,

Wees saam met my bly, ek het my skaapgekry,

Wees saam met my bly, ek het my skaap gekry.

Ons lees dit in Lukas 15 vers 6.

—Aangepas uit Lukas 15:6

Gee verskillende kinders die geleentheid om weg te kruip en gevind te word, terwyl die geheueteks

gesing word elke keer wat 'n kind gekry word. Dit sal help om die geheueteks te leer.

K. Jesus, die Goeie Herder

U Benodig:

'n prent van Jesus of 'n figuur van Jesus wat uitgesny is en kan regop staan

Sê: Jesus het ons Iief en nooi die kinders om hulle speelgoed skape of skaapmaskers te bring en dit

naby die prent van Jesus te sit. Sing “The Shepherd Loves His Lambs,” (Little Voices Praise Him, No.

114)

Die Herder het Sy lammers lief, en Jesus het my lief.

Die Herder het Sy lammers lief, en Jesus het my lief.

—Enid G. Thorson

Kopiereg 1988 deur Enid G. -Thorson.

L. Jesus Gee Ons Gesinne

U Benodig:

prent of 'n figuur van Jesus wat uitgesny is en regop kan staan

plastiese of vilt "gesinslede" van verskillende ouderdom

Sê: Net soos wat die skape 'n herder het om hulle op te pas, so het Jesus vir ons gesinne gegee om

vir ons te sorg, omdat Hy ons liefhet net soos wat die herder sy skape liefhet. Nooi die kinders om

hulle “gesinslede” te bring en dit langs die prente van Jesus neer te sit, terwyl u die volgende sing op

die wysie van "Jesus Gave Me A Mommy" (Little Voices Praise Him, No 251)

Jesus gee my ‘n gesin, Hulle het my lief

Jesus gee my 'n gesin, Hulle het my lief

—Joy Hicklin Stewart. Aangepas

Woorde kopiereg 2002 deur General Conference Corporation of Seventh-day Adventists.

M. Ons Gesinne Gee ons Kos

U Benodig:

Potte, panne, plastiese bakke., ens. (Speelgoed of regte)

hout of ander mengers

OF

'n verskeidenheid van nagemaakte kos

‘n mandjie

Sê: Een ding wat ons gesinne doen om vir ons te sorg, is om vir ons goeie kos te gee om te eet. Gee

vir elke kind 'n pot of bak en 'n menglepel om te maak asof hulle kook of 'n stukkie nagemaakte kos

in 'n mandjie sit. Sing "My Family" (Little Voices Praise Him, No. 252).

My gesin gee my goeie kos,

my gesin gee my goeie kos,

My gesin gee my goeie kos,

Ek is lief vir my gesin.

—Edith Smith Casebeer, Aangepas.

Woorde kopiereg 2002 deur General Conference Corporation of Seventh-day Adventists.

N. Ons Families Het Ons Lief

Sê: Kan julle aan 'n ander manier dink waarop ons gesinne aan ons liefde betoon? Druk julle

gesinne julle en gee vir julle soentjies? Moedig ouers aan om hulle kinders te druk en te soen terwyl

julle sing “My Family” (Little Voices Praise Him, No. 252).

My gesin druk en soen my,

My gesin druk en soen my,

My gesin druk en soen my,

Ek is lief vir my gesin.

—Edith Smith Casebeer, Aangepas.

Woorde kopiereg 2002 deur General Conference Corporation of Seventh-day Adventists.

O. Jesus Het My Lief

U Benodig:

"Jesus het my lief “ baniere OF

Reënboogstokke OF

ritme-instrumente

Sê: Ons gesinne het ons baie lief en vir elke kind 'n banier of reënboogstokkie om te waai of 'n ritme

instrument om te skud terwyl julle marsjeer en sing: "Hy Bemin My." (Kindertuinliedjies, No, 58)

Jesus is so lief vir my,

O dit maak my hartjie bly!

Kindertjies behoort aan Hom

Jesus nooi hul om te kom

Ja, Hy bemin my!

Ja,Hy bemin my!

Ja, Hy bemin my!

Die Bybel leer my so.

—William Bradbury

P. Jesus sorg vir my

U Benodig:

Prent van Jesus vir elke kind OF

Plakker van Jesus vir elke kind

Gee vir elke kind ‘n prent van Jesus om vas te hou of ‘n plakker van Jesus vir die agterkant van hulle

hand terwyl u sing “Yes, Jesus Cares for Me” (Little Voices Praise Him, No. 118)

Ja, Jesus sorg vir my,

Ja, Jesus sorg vir my,

O, ja, Jesus sorg vir my

—Enid G. Thorson. Aangepas

1988 by Enid G. Thorson.

Q. Dankie, Jesus

U Benodig:

Regop karton Jesusprent wat staan

Vilt of papier harte vir elke kind met hulle name daarop geskryf

Gee vir elke kind 'n hart met hulle naam daarop geskryf. Nooi hulle om hulle harte na Jesus te bring

terwyl julle sing "The Good Shepherd” (Little Voices Praise Him, No. 123). Indien u papier harte

gebruik, steek of plak hulle aan Jesus vas sodat hulle op hulle plek kan bly.

Jesus, Goeie Herder,

dankie dat U vir my sorg,

Ons weet dat U ons liefhet,

Ons is veilig saam met U,

—CaroI Greene. Aangepas.

Week 1

Vingerafdruk skape

U Benodig:

dikpapier

stempelkussing of merker

viltpen

wattebatletjies

gomstokkie

klam papierhanddoeke

5.KLASTYD (OPSIONEEL)

Druk elke kind se wysvinger op die stempelkussing (of kleur die vinger met ‘n merker) en druk dan

op die papier. Dit sal die skaap se kop wees. Plak ‘n watteballetjie op die papier agter die kop vir die

skaap se lyf. Gebruik die viltpen om die gesig en bene te teken. Maak vingers skoon met die klam

papierhanddoeke.

Week 2

Skaapkraal

UBenodig:

papierglase

Konstruksiepapier wat in 5cm x 1 cm stroke gesny is

watteballetjies

swart konstruksie papier en 'n gaatjiepons

gomstokkies

Gee vir elke kind 'n’n papierglasie en ‘n paar stroke konstruksiepapier. Wys vir die kinders hoe om

stroke papier in vertikale stroke op die glas te plak om die “heining” rondom die skaapkraal te maak.

Gee elke kind 10 watteballetjies en klein swart papiersirkels wat uit die konstruksiepapier gepons is.

Plak twee “oë” op elke watteballetjie. Hierdie is die skape. Laat die kinders oefen om die skape te tel

terwyl hulle hulle in die skaapkraal sit.

Uit More than Mud Pies: Bible Learning Crafts & Games for Preschoolers: Group Publishing,

Loveland, CO 1998. Bl 88-89. Met toestemming gebruik.

Week 3

Papiersak Lammertjies

U Benodig:

middagete grootte papiersakke

watteballetjies

merkers

gomstokkies

skaapgesig patroon (vergelyk hieronder)

Week 4

Stokskaap

U Benodig:

breë handwerkstokkies of tongspatels

papier

watteballetjies

gomstokkies

merkers

lam se gesig patroon vergelyk hieronder)

skêre(stompneus)

magnete wat kan vas plak(opsioneel)

Fotostateer die lam se gesig op 'n vel wit papier. (Laat genoeg spasie vir 'n kind se handafdruk op

dieselfde bladsy. Gee elke ouer en kind een afskrif van die gesig. Vra die ouer om die kind se hand

op diestuk papier af te trek en die handafdrukke van die die lam se gesig aan ’n handwerkstokkie vas

te plak en sit dan watte balletjties by vir die wol. Heg ‘n magneet agter aan die stok vas indien

verlang.

Week 5 (opsioneel)

Stokherder

U Benodig:

breë handwerkstokkies of tongspatels

sneesdoekies

Iyn

merkers

watteballetjies

pretzelstokkies

gomstokkies

magnete wat kan vasplak (opsioneel)

Maak 'n hooftooisel vir die herder deur een punt van die sneesdoekie of materiaal oor die voorkant

van die handwerkstokkie te vou en die res daarvan na die agterkant van die stokkie te trek. Bind dit

met ‘n stuk lyn vas. Teken ‘n herder se gesig met die merker. Plak ‘n pretzel stokkie vir ‘n kierie vas

en ‘n watteballetjie vir ‘n lammetjie. Heg ‘n magneet agteraan vas, indien verlang.

Bybelaktiwiteite (opsioneel)

Indien daar nog tyd oor is, kan gesinne kies uit ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat hierdie maand

se Bybelverhaal sal versterk. Daardie aktiwiteite was as Aankomsaktiwiteite genoem is, kan weer

gebruik word. Miskien wil u ook ‘n versnappering by een tafel voorsien.

Snoepie Hoekie (opsioneel)

U Benodig:

Ronde beskuitjies

Grondboontjiebotter of ander smeer

stukkies klapper

pretzelstokkies

rosyne

Seëlbare plastiese sakke (opsioneel)

Smeer ‘n bietjie grondboontjiebotter op ‘n ronde beskuitjie. Maak ‘n gesig met rosyne. Gebruik

pretzel stokkies vir bene. Sprinkel klapper op die grondboontjiebotter vir skaapwol. (Kinders kan die

skaap in ‘n seëlbare plastiese sakkie sit wanneer dit klaar is, en dit huis toe neem.)

Afsluiting

Sê: Jesus het ons lief en sorg vir ons net soos wat 'n herder vir sy skape sorg. Jesus noem Homself die

Herder. Sluit af met ‘n kort gebed soos volg. Liewe Jesus, dankie dat U ons liefhet en vir ons sorg net

soos wat 'n herder vir sy skape sorg. Ons het U lief, Jesus. Amen.

Terwyl die kinders gered maak om die kamer te verlaat, sing “Totsiens” (Kleuterliedjies, No.91)

Kom ons sê "totsiens" aan almal,

Vou eers die handjies saam,

O, Jesus, hou oor ons die wag

en seën ons waar ons gaan.

—Kathleen Maguire. Aangepas.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!