05.05.2013 Views

WSKT 212 PAC

WSKT 212 PAC

WSKT 212 PAC

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

FUNKSIES, TRIGONOMETRIE EN ELEMENTêRE

STATISTIEK VIR VOO TEGNOLOGIE

STUDIEGIDS EN HANDLEIDING VIR

WSKT 212 PAC

*WSKT212PAC*

FAKULTEIT OPVOEDINGSWETENSKAPPE

Studiegids saamgestel deur:

Mnr. Rudi van de Venter

Bladuitleg deur Rudi van de Venter, Vakgroep Wiskunde-onderwys van die Skool vir

Kurrikulumgebaseerde Studies

Hantering van drukwerk en verspreiding deur die Verspreidingsentrum

Gedruk deur The Platinum Press (018)294 8879/(016) 981 9401

Kopiereg © 2011 uitgawe. Hersieningsdatum 2013.

Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Kopiereg voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek, mag in enige vorm of op enige

manier, sonder skriftelike toestemming van die publiseerders, weergegee word nie. Dit sluit

fotokopiëring van die hele, of gedeeltes van die boek, in.

Inhoud

Inhoud ..................................................................................................................................... 1

0 Algemene inligting ......................................................................................................... 3

0.1 Verwelkoming ............................................................................................................ 3

0.2 Kontakpersoon .......................................................................................................... 4

0.3 Waarom bestudeer ons Tegniese Wiskunde? .......................................................... 4

0.4 Voorvereistes ............................................................................................................ 6

0.5 Studiemateriaal ......................................................................................................... 6

0.6 Hoe om die studiegids te gebruik .............................................................................. 8

0.7 Monitering van vordering ......................................................................................... 10

0.8 Assessering ............................................................................................................. 11

0.9 Waarskuwing teen plagiaat ..................................................................................... 14

0.10 Die moduleplan ....................................................................................................... 15

0.11 Tydskedule en student-werkprogram ...................................................................... 16

0.12 Module uitkomste .................................................................................................... 16

0.13 Belangrike Afsprake ................................................................................................ 17

1 Wiskundige modelle en funksies ................................................................................ 19

1.1 Radiaalmaat ............................................................................................................ 21

1.2 Poolkoördinate ........................................................................................................ 22

1.3 Funksies .................................................................................................................. 23

2 Polinoomfunksies ......................................................................................................... 38

2.1 Lineêre funksies ...................................................................................................... 41

2.2 Kwadratiese funksies .............................................................................................. 61

2.3 Kubiese funksies ..................................................................................................... 82

3 Rasionale funksies, eksponensiële funksies en logaritmiese funksies ................ 100

3.1 Rasionale funksies ................................................................................................ 105

3.2 Eksponensiële funksies ......................................................................................... 119

3.3 Logaritmiese funksies ............................................................................................ 129

4 Trigonometriese funksies .......................................................................................... 138

1

5 Kegelsnitte .................................................................................................................. 158

6 Trigonometrie ............................................................................................................. 174

7 Elementêre beskrywende statistiek .......................................................................... 202

7.1 Frekwensieverspreidings ....................................................................................... 203

7.2 Mediaan, modus, rekenkundige gemiddelde en standaardafwyking ..................... 221

7.3 Die administrasie van gerekenariseerde puntestate ............................................. 232

7.4 Regressie met behulp van Microsoft Excel ........................................................... 234

2

0 Algemene inligting

0.1 Verwelkoming

Baie welkom by hierdie module. Dit is die tweede van drie Tegniese Wiskunde-modules,

waarvan u een per jaar sal neem vir die eerste drie studiejare van die B.Ed. (VOO

Tegnologie)-program. Die inhoude van hierdie drie modules fokus op werklikheidsgetroue

toepassings van Wiskunde binne die tegniese vakgebied en die natuurwetenskap.

Aangesien u op Hoërskool met Wiskunde kennis gemaak het, sal sekere van die onderwerpe

wat ons gaan bestudeer vir u reeds bekend wees. Dit is egter so dat Hoërskoolwiskunde

baie wyd fokus en dat u baie dinge geleer het wat u waarskynlik nooit weer nodig gaan kry

nie – daardie kennis was as agtergrond vir u verdere studie bedoel.

Terselfdertyd het 'n onderwyser wat by die tegniese vakgebied of natuurwetenskap betrokke

is egter wel redelik gevorderde Wiskunde-kennis oor sekere onderwerpe nodig. Voorbeelde

van hierdie onderwerpe is:

• Meeteenhede en getalle

• Basiese algebraïese bewerkings

• Die oplos van verskillende soorte vergelykings (formules)

• Vektore en komplekse getalle

• Funksies en wiskundige voorstellinge van werklikheidsgetroue prosesse (wiskundige

modelle)

• Grafiese en meetkundige voorstellinge van inligting

• Driehoeksmeting

• Differensiaalrekene

• Integraalrekene

Skoolwiskunde het nie naasteby genoeg aandag aan al hierdie onderwerpe gegee om u

voldoende as tegniese vakonderwyser toe te rus nie. Sekere van hierdie onderwerpe is ook

nie eers op skool behandel nie, omdat slegs mense wat in die tegniese en

natuurwetenskaplike vakgebiede werk, daarmee te doen sou kry.

3

Daarom bied die Noordwes-Universiteit drie modules Tegniese Wiskunde vir u aan. Die

doel daarvan is om u as tegniese vakonderwyser te bemagtig sodat u die Wiskunde

waarmee u in u vakgebied te doene gaan kry, met selfvertroue sal kan hanteer.

0.2 Kontakpersoon

Mnr. Rudi van de Venter

Kantoor G 07

Educamus-gebou (B10, die gebou reg langs die hek in Presidentstraat)

018 2991859

10086013@nwu.ac.za

0.3 Waarom bestudeer ons Tegniese Wiskunde?

Daar is baie verskillende idees oor wat presies Wiskunde is. Indien 'n mens 'n paar persone

vra wat hulle dink Wiskunde is, kom veral twee verskillende gedagtes gewoonlik na vore:

• Sommige mense meen (soos die Griekse wysgeer Plato geglo het) dat Wiskunde iets

bonatuurlik is wat deur die gode gegee is – dit is reeds "daar buite", versteek in die natuur.

Buitengewoon slim, begaafde mense wat spesiaal geseën is, kan dit dan "ontdek" en op so 'n

wyse formuleer dat gewone mense dit kan gebruik sonder dat dit nodig is om dit te verstaan.

Hierdie mense meen dat Wiskunde moeilik en ontoeganklik is en dat dit normaal is dat min

mense dit verstaan. Hulle glo ook dat 'n mens 'n spesiale aanleg nodig het om Wiskunde te

doen, aangesien dit altyd met moeilike en abstrakte begrippe te doen het, en ver van die

alledaagse lewe verwyder is en nie veel vir die alledaagse bestaan beteken nie.

• Ander mense meen (soos die Griekse wysgeer Aristoteles geglo het) dat Wiskunde iets is wat

die mens self maak, of "uitvind". Hulle meen dat Wiskunde 'n poging van die mens is om dit

wat hy beleef en waarneem, te beskryf en te verstaan. Dit is 'n stelsel van kennis, idees, reëls

en vaardighede wat gedurig aan die groei en verander is, soos wat die mens in die alledaagse

lewe met wiskundige idees soos getalle, metings, sketse, vergelyking en verwantskappe werk.

4

Omdat almal van ons in 'n wêreld woon waar lengte, breedte, hoogte, temperatuur, tyd, geld

en al die maniere waarop hierdie en ander meetbare groothede met mekaar saamwerk ons

lewens elke dag beïnvloed, reken hierdie mense dat geen spesiale aanleg nodig is om

Wiskunde te doen nie – want elkeen van ons doen dit in elk geval reeds onbewustelik die hele

dag lank.

U moet maar besluit met watter een van bogenoemde beskouings u die beste saamstem.

Wees egter gewaarsku: Hoe u oor Wiskunde dink, bepaal grootliks hoe u op die leer van

Wiskunde ingestel sal wees. Met ander woorde: As u 'n negatiewe idee van Wiskunde het,

sal dit u leer van Wiskunde nadelig beïnvloed. Die goeie nuus is egter dat enige houding

op aarde verander kan word, solank 'n mens net doelbewustelik die keuse maak om

daardie houding te verander.

Ons vra u om baie goed oor bogenoemde, en oor die volgende gedagtes, te gaan nadink:

Reeds toe u baie klein was, het u begin om u eie Wiskunde-kennis te ontwikkel. As 'n baba

kon u al tussen verskillende hoeveelhede onderskei (honger, dors, warm, koud, plesier, pyn,

baie, min) al kon u nog nie 'n waarde aan hierdie hoeveelhede toeken nie. U het op 'n plat

vlak (die vloer) leer kruip, driedimensionele voorwerpe (speelgoed) leer hanteer, en in 'n

ruimte leer loop. U het van getal en hoeveelheid bewus geword toe u geleer het om u hande

en vingers te gebruik. U kon ook van jongs af die verbande tussen oorsaak en gevolg

uitredeneer. Met die verbetering van u hand-oog-koördinasie het u deur deelname aan sport

en speletjies geleer om prosesse te reguleer deur van meting (skatting) gebruik te maak.

Die vrae waarmee ons u laat, is die volgende:

• Is die abstraksies waarmee "gevorderde Wiskunde" te doene het, nie maar net

uitbreidings van die idees waarmee elke gewone mens van jongs af te doene kry nie?

• Indien elke mens wat doeltreffend in die alledaagse lewe kan funksioneer en 'n

normale lewe lei dan wel oor "innerlike" basiese Wiskundige vaardighede beskik –

behoort dit dan nie vir elkeen moontlik en maklik te wees om Wiskunde te doen nie?

• Hoeveel van die idees dat Wiskunde moeilik is en net deur sekere, begaafde

enkelinge verstaan kan word, is gewoon bygeloof?

5

Waarvoor word Tegniese Wiskunde gebruik?

Die tegniese vakgebied maak op 'n baie groot skaal van wiskundige idees en bewerkings

gebruik. U sal in die loop van hierdie module sien hoe Wiskunde 'n kragtige gereedskapstuk

is waarmee 'n groot aantal probleme uit die tegniese en natuurwetenskaplike vakgebiede

opgelos kan word.

Alle Wiskunde in hierdie module sal met werklikheidsgetroue voorbeelde toegelig word,

sodat u die Wiskunde binne werklikheidsgetroue kontekste sal kan beleef. Ons sal u help

om, net soos wat u u basiese Wiskunde-kennis deur ervaring met die alledaagse lewe gebou

het, ook u gevorderde Wiskunde-kennis deur ervaring met tegniese en natuurwetenskaplike

kontekste te bou.

In hierdie Tegniese Wiskunde-module sal u dus leer om:

• Wiskundig te lees

• Wiskundig te skryf

• Wiskundig te dink.

U moet hierdie Wiskunde-module slaag om u graad suksesvol te voltooi.

0.4 Voorvereistes

Studente wat vir hierdie module inskryf, moet ingeskryf en gekeur wees as ‘n voornemende

onderwyser in die een of ander tegniese rigting. Dit beteken dus dat die student Wiskunde tot

op graad 12-vlak moes geneem het. Vir verdere voorvereistes wat mag geld, word u na die

Programleier vir die B. Ed. (VOO Tegnologie)-kursus verwys.

0.5 Studiemateriaal

• Voorgeskrewe handboek

WASHINGTON, Allyn J. 2005. 8ste uitgawe. Basic technical mathematics with calculus: SI

version. 8 th edition. Pearson Addison Wesley: Toronto

6

• Addisionele studiemateriaal

Enige ander Wiskundehandboek, en natuurlik die Internet, kan gebruik word om verdere

voorbeelde, toepassings en oefeninge te bekom.

Dit sal miskien handig wees indien u toegang het tot 'n Graad 11- en Graad 12- Wiskundehandboek,

alhoewel die inhoude in die voorgeskrewe boek van Washington vanaf 'n redelik

basiese vlak aangebied word.

Die Ken En Verstaan-reeks waarmee baie van u bekend sal wees, mag ook nuttig te pas

kom.

• ‘n Wetenskaplike sakrekenaar

Vir elkeen van die drie Tegniese Wiskunde-modules benodig u 'n goeie wetenskaplike

sakrekenaar wat met trigonometriese funksies, eksponensiële funksies en logaritmiese

funksies kan werk. Die sakrekenaar wat u vir Matriekwiskunde gebruik het, behoort

heeltemal voldoende te wees.

Indien u 'n sakrekenaar het wat oor grafiese vermoëns beskik (dit is die soort wat grafieke

kan teken en gewoonlik ook programmeerbaar is) dan is u welkom om dit in kontaksessies

en by huiswerkoefeninge te gebruik om u antwoorde na te gaan – let net asseblief daarop

dat u in toetse en eksamens nie toegelaat sal word om 'n programmeerbare

sakrekenaar te gebruik nie, aangesien ons spesifieke rekenvaardighede by u wil toets.

• Toegang tot The Geometer’s Sketchpad 4 en Microsoft Office Excel

The Geometer’s Sketchpad 4 is ‘n grafiese rekenaarprogram wat op alle

rekenaarlaboratoriums van die NWU-PUK beskikbaar is. Die program kan ook vir ongeveer

R350 deur die vakgroep Wiskunde-onderwys aangekoop word. Microsoft Office Excel is

deel van die Office-pakket wat op die meeste Windows-gebaseerde rekenaars beskikbaar is;

ook hierdie program is op alle rekenaarlaboratoriums van die NWU-PUK beskikbaar.

• Toegang tot Groupwise-e-pos en eFundi

Die dosent kommunikeer feitlik daagliks met u deur middel van e-pos en eFundi; dit is u

verantwoordelikheid om te sorg dat u vanaf die eerste dag van die semester toegang tot

hierdie fasiliteite het.

7

0.6 Hoe om die studiegids te gebruik

Hierdie studiegids is 'n voorbeeld van 'n gids wat interaktief geskryf is, met ander woorde dit

is ontwerp om saam met u te werk en u deur die module te begelei, amper soos wat 'n

lewende persoon sou doen. Die studiegids speel die rol van die dosent wanneer u op u eie

werk.

Die rede waarom die studiegids so ontwerp is, kan as volg verduidelik word:

Hierdie module is 'n 8 krediet-module, wat beteken dat dit ongeveer 80 studie-ure sal neem

om die module te voltooi. Hierdie 80 ure sluit in:

• Voorbereiding vir deelname aan kontaksessies (wat besprekings, groepwerk, die

skryf van vorderingstoetse en tutoriaalaktiwiteite insluit)

• Bywoon van kontaksessies waartydens die dosent as fasiliteerder van onderrig-leer

optree

• Onafhanklike deurwerk van voorbeelde en probleme, onder meer met die oog op

inhandiging

• Voorbereiding vir toetse en die eksamen

• Die aflê van toetse en eksamens

Let egter daarop dat die totale kontaktyd (lesings of ook kontaksessies genoem) slegs

ongeveer 33 uur uitmaak van die 80 uur wat hierdie module vereis. Dit beteken dat die

ander 47 uur opgemaak moet word deur dít wat u in u eie tyd doen. Die hoofdoel van

die studiegids is om u hiermee te help.

Vir u gerief bevat hierdie studiegids 'n gedetailleerde tydskedule en student-werkprogram.

Ons beveel sterk aan dat u streng volgens hierdie skedule werk.

U moet die groen handboek van Washington as primêre bron van leermateriaal benut.

Die gids bevat verwysings na die paragrawe in die handboek waaroor elke leereenheid of

leergedeelte handel. U moet hierdie verwysings gebruik om voor te berei vir lesings. U moet

hierdie verwysings ook gebruik indien u oefeninge of opgawes doen en vir toetse of

eksamens studeer. Die studiegids bevat ook sekere aanvullende besprekings en voorbeelde

om u met u vordering te help.

8

Die studiegids is ontwerp om onder meer die volgende vir u te doen:

• om die spesifieke leeruitkomste van elke leergedeelte vir u uit te lig sodat u presies kan

weet wat akademies van u verwag word;

• om struktuur en orde aan die leerinhoude te verskaf;

• om u te help om by die werkstempo van die dosent te hou;

• om u in staat te stel om die leerinhoude grootliks op u eie te bestudeer;

• om op 'n ordelike en gereelde basis te werk sodat u opgawes betyds kan voltooi en

betyds vir toetse kan begin voorberei.

Die volgende studieriglyne kan u baie help om suksesvol te studeer:

• Werk volgens die tydskedule en student-werkprogram in hierdie studiegids;

• Sorg altyd dat u studie-aktiwiteite gerig word deur die leeruitkomste wat hierdie

studiegids aan die begin van elke leergedeelte stel;

• Lees die handboek, veral wanneer hierdie studiegids na die handboek verwys;

• Moenie direk probeer om die oefeninge te doen nie – lees eers vinnig deur die

aangetoonde gedeeltes in die handboek, en let veral op die voorbeelde.

• Maak notas (in u handboek en studiegids, as u wil, of hou 'n notaboek) van alles wat u

nuut leer;

• Hou vir u eie beswil 'n lêer by waarin u al u notas, oefeninge, nagesiende opgawes,

nagesiende antwoordstelle, ens. by mekaar hou

• Dink altyd na oor die betekenis van elke uitkoms;

• Vorm groepies (al werk u net saam met een ander persoon) waarin u die werk bespreek

en vir mekaar verduidelik en saam deur die oefeninge werk, veral voor toetse en

eksamens;

• Woon fasiliteringsessies by (daar is op aanvraag fasilitering beskikbaar vir hierdie

module)

Neem onmiddellik die vrymoedigheid om die dosent persoonlik te gaan sien wanneer u

probleme met die bemeestering van enige uitkoms ondervind.

9

0.7 Monitering van vordering

Hieronder volg nou ‘n lys van tipiese moontlike vrae wat u uself moet afvra om u werk

deurentyd te beplan, te monitor en terug te kyk op die voltooide studietaak:

• Beplan altyd eers hoe u die probleem gaan benader. Waaroor gaan die probleem?

• Wat weet ek hiervan?

• Waaraan is dit verwant?

• In watter rigting wil ek hê my denke moet gaan?

• Wat word van my vereis om te doen?

• Wat moet ek eerste doen?

• Watter strategieë en tegnieke moet ek gebruik?

• Weet ek waar om die kennis of inligting wat ek benodig te verkry?

• Wat is die stappe om te voltooi?

• Is daar ‘n ander manier?

• Hoe sal ek weet as ek ‘n fout maak?

• Wanneer is 'n oplossing nie van toepassing nie?

• Verstaan ek volledig wat ek doen?

• Lyk dit reg?

• Oorweeg ek alle moontlikhede?

• Hoe sal ek aanpassings maak as ek vind dat ek op die verkeerde pad is?

• Waar sal dit my bring?

• Het ek dit volledig en korrek gedoen?

• Hoe vergelyk myne met die van ander?

• Het ek die leeruitkoms bereik?

• Wat het ek hieruit geleer?

• Wanneer sal ek nodig hê om iets soortgelyks te doen?

• Hoe kan ek dit in die toekoms gebruik?

10

0.8 Assessering

Assessering sal soos volg gedoen word:

Self- Assessering

U moet elke dag die oefeninge wat gegee word, voltooi en dit self merk aan die hand

van die antwoorde wat voorsien word, selfs al word nie alle werk formeel ingeneem en

deur die dosent of assistente nagesien nie.

Formatiewe assessering

Sekere oefeninge moet voltooi en op die tyd wat die dosent met u sal afspreek, ingehandig

word vir assessering. Hierdie opgawes word meestal aan die einde van 'n leergedeelte in

hierdie gids aangegee. Net na inhandiging word die memorandums beskikbaar gestel.

Ook sal vorderingstoetse gereeld gebruik word om u vordering te monitor. Raadpleeg die

Tydskedule en Student-werkprogram vir meer inligting hieroor.

Summatiewe assessering

Aan die einde van die semester word 'n eksamenvraestel geskryf wat oor al die werk in die

module handel.

Groepwerk

Die hoeveelheid werk in hierdie module is gewoon te veel vir een persoon om deur te werk.

Daarom beveel ons aan dat u en minstens een ander persoon saam deur die oefeninge

werk. Dit sal kosbare tyd spaar.

U word individueel geassesseer – veral in die vorderingstoetse, maar ook in die eksamen

– so dit maak geen sin om iemand anders se werk klakkeloos af te skryf nie. Die kere wat

die dosent oefeninge of dele van oefeninge as opgawes gaan inneem om formeel na te sien,

sal dit maar ‘n klein persentasie van u deelnamepunt tel. Die daaropvolgende

vorderingstoets sal altyd egter heelwat uitmaak van u deelnamepunt.

11

In hierdie module beteken groepwerk dus nie iets wat u saam met ‘n ander persoon

inhandig om dan ‘n gesamentlike punt te kry nie – Nee, in hierdie module beteken

groepwerk dat u op minstens een ander persoon se medewerking aangewese is ten einde

die uitkomste self te bereik. Die dosent sal selde indien ooit ‘n gesamentlike punt vir

groepwerk toeken – die uitkomste vir hierdie module word individueel geassesseer.

Niemand gaan vir ‘n ander persoon se werk punte kry nie.

Eksamentoelating

Die Algemene Reëls van die Universiteit bepaal in hierdie verband die volgende:

Geen student word toegelaat om eksamen af te lê nie, tensy die student op grond van

'n deelnamebewys tot die bevrediging van die dosent, vakgroep en skooldirekteur kan

aantoon dat hy aan die minimum vereistes voldoen aangaande die bemeestering van

sekere kennis, vaardighede en gesindhede soos deur die module-uitkomste bepaal.

As deelnamebewys vir hierdie module word vereis:

‘n Deelnamepunt van ten minste 40%

Die volgende aktiwiteite tel vir u deelnamepunt:

1. ‘n Aantal oefeninge wat as opgawes vir nasiendoeleindes ingeneem mag word.

2. ‘n Aantal vorderingstoetse wat tydens kontaksessies geskryf sal word.

U deelnamepunt sal ongeveer volgens die volgende gewigte bereken word:

1. Werkkaarte en Oefeninge (Opgawes): 30%

2. Vorderingstoetse en Prakties: 70%

Eksamen

Een twee-uur eksamenvraestel word aan die einde van die Semester geskryf. Hierdie

Eksamenvraestel handel oor die hele Semester se werk. ‘n Subminimum van 40% moet in

die eksamen behaal word om hierdie module te slaag, ongeag hoe hoog u deelnamepunt

is.

12

Modulepunt van ten minste 50%

U finale punt vir die module word bereken deur die deelnamepunt tot die eksamenpunt in ‘n

verhouding van 60:40 te bereken. U benodig ‘n modulepunt van 50% om hierdie Module te

slaag, mits u natuurlik 40% of meer in die eksamenvraestel behaal het.

Berekening van modulepunt:

Modulepunt= ( 0,6×Deelnamepunt ) + ( 0,4×Eksamenpunt )

Indien u dus 'n deelnamepunt van 40% het, sal u in die eksamen minstens 65% moet behaal

om die module te slaag.

Onreëlmatighede tydens assessering

Amptelike regulasies plaas die verantwoordelikheid op die student om opgawes betyds op

die afgespreekte tye in te handig.

Opgawes wat laat ingegee word kan nie aanvaar word nie, aangesien die memorandums

van opgawes net na die inhandigingstyd beskikbaar gestel word. Laatkommers sou dus tot

die opgawes se uitgewerkte oplossings toegang hê.

Dit is van allergrootste belang dat elke student te alle tye sy/haar eie werk doen, en

hom/haarself daarvan weerhou om 'n ander student se werk af te skryf en as sy/haar eie in

te handig vir assessering. (sien die volgende gedeelte oor Plagiaat vir meer inligting

hieroor).

Dit is wel moontlik dat studente in groepe van twee of meer kan saamwerk om die uitkomste

te bemeester, en ons beveel dit ook aan. U mag net nooit presies dieselfde eindproduk as 'n

ander student ingee nie; sorg dus dat u nooit na 'n ander student se finale eindproduk kyk

nie. U eie werk moet u eie persoonlike skryf- en redeneerstyl weerspieël.

Toetse word vooraf aangekondig by wyse van aankondigings tydens die lesings asook epos/

eFundi. Indien ‘n student nie ‘n toets skryf nie, het hy gewoon ‘n nulpunt vir daardie

toets. “Geldige verskonings” dien dus nie as plaasvervanging vir punte nie. Toetse is

natuurlik individuele aktiwiteite.

13

0.9 Waarskuwing teen plagiaat

WERKSTUKKE IS INDIVIDUELE TAKE EN NIE GROEPAKTIWITEITE NIE (TENSY DIT

UITDRUKLIK AANGEDUI WORD AS ‘N GROEPAKTIWITEIT)

Kopiëring van teks van ander studente of uit ander bronne (byvoorbeeld die studiegids,

voorgeskrewe studiemateriaal of direk vanaf die Internet) is ontoelaatbaar – net kort

aanhalings is toelaatbaar en slegs indien dit as sodanig aangedui word.

U moet bestaande teks herformuleer en u eie woorde gebruik om te verduidelik wat u

gelees het. Dit is nie aanvaarbaar om bestaande teks/stof/inligting bloot oor te tik en die

bron in 'n voetnoot te erken nie – u behoort in staat te wees om die idee of begrip/konsep

weer te gee sonder om die oorspronklike skrywer woordeliks te herhaal.

Die doel van die opdragte is nie die blote weergee van bestaande materiaal/stof nie, maar

om vas te stel of u oor die vermoë beskik om bestaande tekste te integreer, om u eie

interpretasie en/of kritiese beoordeling te formuleer en om 'n kreatiewe oplossing vir

bestaande probleme te bied.

Wees gewaarsku: Studente wat gekopieerde teks indien sal 'n nulpunt vir die opdrag

ontvang en dissiplinêre stappe mag deur die Fakulteit en/of die Universiteit teen

sodanige studente geneem word. Dit is ook onaanvaarbaar om iemand anders se werk

vir hulle te doen of iemand anders in staat te stel om u werk te kopieer – moet dus nie

u werk uitleen of beskikbaar stel aan ander nie!

14

0.10 Die moduleplan

Leereenheid Onderwerp Uur Assessering

1 Wiskundige modelle en funksies 14 Toets 1

2 Polinoomfunksies 14 Toets 2

3

Rasionale funksies, eksponensiële funksies

en logaritmiese funksies

4 Trigonometriese funksies 10

5 Kegelsnitte 8

6 Trigonometrie 12

7 Elementêre beskrywende statistiek 10

15

12

Toets 3

Toets 4

Toets 5/

Prakties ?

Tipies vorm bogenoemde onderwerpe ‘n geïntegreerde geheel – kennis, vaardighede en

bevoegdhede uit een leereenheid word in een of meer van die ander leereenhede toegepas.

Die module werk dus soos ‘n masjien waarin al die ratte in die verskillende dele van die

masjien gelyktydig nodig is vir die masjien om te kan werk.

In u studie van die tegniese en natuurwetenskaplike studievelde sal u gedurig vind dat

Wiskunde nie regtig in kompartemente verdeel kan word nie, al verdeel ons dit

gerieflikheidshalwe wel in Wiskundemodules wat self weer onderverdeel word in

Leereenhede en leergedeeltes; ons maak hierdie verdeling gewoon om struktuur aan die

leerinhoude te gee en om sodoende u studie van Wiskunde te vergemaklik.

In hierdie sin kan gedra die studieveld Wiskunde homself soos ‘n lewende organisme met

verskillende ledemate – elke ledemaat is tegelyk vas aan die res van die liggaam, en geen

deel kan op sy eie alleen funksioneer nie. Die bestaan en werking van elke ledemaat is tot ‘n

mindere of meerdere mate betrokke by die bestaan of werking van een of meer van die

ander ledemate.

0.11 Tydskedule en student-werkprogram

Leereenheid Onderwerp

1 Wiskundige modelle en funksies

2 Polinoomfunksies

3

Rasionale funksies, eksponensiële funksies

en logaritmiese funksies

16

Hoofstuk in

die boek

van

Washington

4 Trigonometriese funksies 10

8

21

3

5

21

7

15

3

13

Paragrawe

8.3

21.9 – 21. 10

3.1 – 3.6

5.1 – 5.3

21.1 – 21.2

15.2 – 15.3

3.4

13.1 – 13.2

10.1 – 10.3

10.5 – 10.6

5 Kegelsnitte 21 21.3 – 21.6

6 Trigonometrie

7 Elementêre beskrywende statistiek 22

0.12 Module uitkomste

4

8

4.1 – 4.5

8.1 – 8.4

22.1 – 22.2

22.6 – 22.7

Na voltooiing van hierdie module moet die student in staat wees om die volgende te

doen:

• grondige kennis, begrip en insig te demonstreer ten opsigte van die verband tussen

wiskundige modelle en funksies, Cartesiese en poolkoördinaatstelsels, eenvoudige

poolkrommes, Cartesiese krommes, kegelsnitte in terme van hul lokusse en Cartesiese

vergelykings, trigonometrie asook elementêre beskrywende statistiek;

• grondige vaardighede te demonstreer ten opsigte van die beperkte modellering van

werklikheidsgetroue situasies, die toepassing van basiese analitiese meetkunde, die

teken van poolkrommes deur middel van geskikte rekenaarprogrammatuur, Cartesiese

krommes van ‘n verskeidenheid van funksies, grafiese oplossing van stelsels

vergelykings, die oplos van probleme waar trigonometrie betrokke is asook die gebruik

van basiese beskrywende statistiek;

• bevoeg te wees ten opsigte van die praktiese toepassing van bogenoemde

vaardighede en om werklikheidsgetroue situasies vanuit die tegniese en

natuurwetenskaplike studievelde te modelleer en verwante probleme op te los; asook

om elementêre beskrywende statistiek deur die gebruik van geskikte

rekenaartegnologie toe te pas ten einde data te administreer en te interpreteer;

• in staat wees om die betekenis, geldigheid en akkuraatheid van wiskundige modelle en

berekenings soos toegepas op werklikheidsgetroue situasies uit die tegniese en

natuurwetenskaplike studievelde te evalueer.

0.13 Belangrike Afsprake

Om onnodige onsmaaklikheid en wedersydse bittere gevoelens tussen dosent en student te

voorkom, maak die dosent die volgende afsprake met die student:

1. Kommunikasie met die dosent geskied per e-pos, per landlyn-telefoongesprek

(gedurende kantoorure!) of per persoonlike gesprek tydens die dosent se spesifieke

spreekure – so nie, per afspraak via die skoolsekretaresse.

2. Spesiale reëlings of verskonings i.v.m. toetse, werkopdragte en lesings word per epos

aan die dosent gekommunikeer, en wel binne ‘n redelike tyd vanaf, of waar

moontlik, voor die noodgeval.

3. Sport-, Sosiale- en Kultuuraktiwiteite word nie as noodgevalle geklassifiseer nie –

indien sodanige aktiwiteite ernstig met ‘n student se akademiese verpligtinge inmeng,

is dit gewoon vir daardie student nodig om weer oor sy of haar prioriteite te besin.

4. Die dosent verkeer onder geen morele of ander verpligting om ‘n student tegemoet te

kom d.m.v. ‘n spesiale reëling nie – indien die dosent ‘n student wel tegemoet kom, is

dit ‘n gebaar van welwillendheid vanaf die kant van die dosent.

17

5. In die lig van punt 4. hierbo, wil ons dus vra dat geen studente met tragiese relase en

fantastiese verskonings vorendag kom en sodoende probeer om op die dosent se

gevoelens te speel nie. ‘n Student wat so iets doen, is ‘n verleentheid vir homself en

vir die beroep waarin hy beplan om homself te begeef.

6. 'n Week het wel vyf werksdae, en dit sluit die hele Vrydag in.

7. Ons versoek ook alle studente ernstig om die dosent nie onnodig te kom lastig val

tydens eksamens en semestertoetsreekse nie, aangesien groot hoeveelhede

nasienwerk tydens hierdie tye gedoen moet word.

8. Die nasien en verwerking van punte tydens semestertoetse en veral eksamens duur

7 werksdae. Dit is omdat die vraestelle gemodereer word, die punte gekontroleer

word, grensgevalle heroorweeg word, en die inlees van die punte gekontroleer word.

Al hierdie meganismes neem tyd, maar is daar tot voordeel van die student.

9. Deelnamepunte en eksamenuitslae sal op die amptelik geskeduleerde datums per epos

aan die studente deurgegee word. Studente moet asseblief nie voor hierdie tye

die dosent met navrae kom lastig val nie, aangesien dit die punteverwerkingsproses

vertraag.

10. Geen onderhandelinge i.v.m. deelnamepunte sal ná die finaliseringsdatum vir

deelnamepunte gevoer word nie. ‘n Deelnamepunt is volgens die A-Reëls ‘n punt

wat die student gedurende die semester opbou deur deelname aan en prestasie in

klasaktiwiteite, vorderingstoetse en werkopgawes. ‘n Dosent kan nie “deelname gee”

nie, en ook nie "voorwaardelike eksamentoelating" nie.

11. Tweede Geleentheid-eksamendatums en –reëlings val buite die pligte en take van

die dosent. Geen dosent is dus by magte om aan hierdie datums of reëlings te

verander nie. Derhalwe wil ons met alle respek voorstel dat oorsese reise,

buitelandse besoeke en so meer liefs so gereël word dat dit ná afloop van Tweede

Eksamen-geleentheid plaasvind.

Ons sou ‘n groot aantal anekdotiese verhale kon voorhou om te illustreer hoe

misverstande rondom bogenoemde aangeleenthede al tot kwade gevoelens tussen

mense gelei het. Laat ons asseblief probeer om sulke situasies te vermy en liewer

probeer om op ‘n beskaafde wyse in harmonie saam te werk.

18

1 Wiskundige modelle en funksies

Geskatte tyd benodig om die leeruitkomste te bemeester

14 ure

Noodsaaklike voorkennis

1. Definisies van die ses trigonometriese funksies (Paragrawe 4.2 tot 4.4 in die

handboek)

2. Die Stelling van Pythagoras

3. Reghoekige assestelsels (Paragraaf 3.3)

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Radiaalmaat met selfvertroue te gebruik om hoeke te beskryf;

2. Hoeke in grade om te skakel na radiaalmaat en omgekeerd;

3. Reghoekige koördinaatstelsels en poolkoördinaatstelsels te gebruik om inligting voor

te stel en te interpreteer;

4. Reghoekige koördinate om te skakel na poolkoördinate en omgekeerd;

5. Eenvoudige poolkrommes deur middel van ‘n tabel en potlood-en-papiermetodes

asook deur middel van geskikte rekenaarprogramme te teken;

6. Die begrip “funksie” te definieer en aan die hand van ‘n voorbeeld te verduidelik hoe

funksies gebruik word om wiskundige modelle te beskryf;

7. Funksienotasie korrek te gebruik;

8. Die begrippe “definisieversameling” (“domain” in Engels) en “waardeversameling”

(“range” in Engels) korrek te gebruik om die gedrag van ‘n funksie te beskryf;

19

9. Die grafiek van ‘n gegewe datastel (tabel) op papier te teken;

10. Die grafiek van ‘n gegewe datastel (tabel) met behulp van Microsoft Excel te teken;

11. Geskikte rekenaarprogrammatuur te gebruik om die grafieke van gegewe funksies te

genereer

20

1.1 Radiaalmaat

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Radiaalmaat met selfvertroue te gebruik om hoeke te beskryf;

2. Hoeke in grade om te skakel na radiaalmaat en omgekeerd

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

8.3 244 - 248

Oefening 1.1 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

8.3 248 5, 7, 9, 11

21

13, 15, 17, 19

21, 25

45, 47 (stel u sakrekenaar in radiale)

63, 67

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

1.2 Poolkoördinate

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Reghoekige koördinaatstelsels en poolkoördinaatstelsels te gebruik om inligting voor

te stel en te interpreteer;

2. Reghoekige koördinate om te skakel na poolkoördinate en omgekeerd;

3. Eenvoudige poolkrommes deur middel van ‘n tabel en potlood-en-papiermetodes

asook deur middel van geskikte rekenaarprogramme te teken

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

21.9 596 - 598

21.10 600 - 602

Oefening 1.2 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

21.9 599 5, 7, 9, 13

21.10

Doen vrae 13 – 21 met

behulp van GSP

602

22

17, 19

21, 23

1

5, 7, 9 ( secθ

= ), 11, 13, 15, 17,

cosθ

21

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

1.3 Funksies

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Die begrip “funksie” te definieer en aan die hand van ‘n voorbeeld te verduidelik hoe

funksies gebruik word om wiskundige modelle te beskryf;

2. Funksienotasie korrek te gebruik;

3. Die begrippe “definisieversameling” en “waardeversameling” korrek te gebruik om die

gedrag van ‘n funksie te beskryf;

4. Die grafiek van ‘n gegewe datastel (tabel) op papier te teken;

5. Die grafiek van ‘n gegewe datastel (tabel) met behulp van Microsoft Excel te teken;

6. Geskikte rekenaarprogrammatuur te gebruik om die grafieke van gegewe funksies te

genereer

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

3.1 82 - 84

3.2 85 - 88

3.4 92 - 96

3.5 98 - 102

3.6 103 - 105

23

Die Geometer’s Sketchpad-program (GSP) werk soos ’n grafiese sakrekenaar. Dit kan

die grafiek van ’n gegewe funksie direk skets. Microsoft Excel, daarenteen, vereis dat

’n tabel van waardes ingevoer moet word; slegs dan kan Excel ’n grafiek daarvan

skets. Albei programme is kragtig en nuttig; ons gee vervolgens ’n lys van die aksies

of fasiliteite wat GSP bied. Hierdie lys is saamgestel deur Mev. Heleen Coetzee van

die vakgroep Wiskunde-onderwys.

U moet met die program eksperimenteer wanneer u ook al tyd het.

Merk elke aksie in die kolom hieronder af sodra u seker is hoe dit werk.

AKSIE Verduideliking Merk af

Selection Arrow Tool Selekteer of “sleep” figure

Point Tool Teken punte

Construct -segment Teken ’n lynstuk(ke)

Indien op “wit” kliek, word niks geselekteer.

Hierdie “Tool” moet altyd gekies word, anders

sal u aanhou met punte plot of doen dit wat u

laaste gekies het. as iets nie wil werk nie, kyk

eers of die regte voorwerpe geselekteer is.

Measure-Angle Meet die hoek by die middelste hoekpunt van

drie hoekpunte wat in volgorde geselekteer

word.

Measure-Calculate Vir berekeninge, waar vorige metings as

veranderlikes geselekteer kan word.

Measure-Length Meet lengte van ’n geselekteerde lynstuk

Measure -Distance Meet afstand tussen twee geselekteerde

punte

Display-Animate point Selekteer ’n punt wat onwillekeurig moet

beweeg.

Straightedge Tool Konstrueer lynstukke (Punt moet verlig wees

om lynstukke aan mekaar te bind.)

Construct-

Perpendicular Line

Punt waardeur loodlyn moet gaan en lyn(stuk)

waarop die loodlyn getrek moet word moet

beide geselekteer wees.

24

Construct-Intersection

Construct-(Triangle)

Interior

Measure-Perimeter

(Area)

Selekteer twee meetkundige voorwerpe en

verkry dan die snypunt of

Kliek met muis naby snyding

of

Plaas punt met Point Tool op snyding as

beide voorwerpe verlig is. (Laasgenoemde is

’n onveilige metode)

Selekteer hoekpunte van veelhoek en kies

hele veelhoek hiermee.

Met veelhoek geselekteer (fyn rooster) kan u

nou die omtrek of oppervlakte meet.

File-New Sketch Gaan na skoon dokument.

Graph-Grid Form-

Square Grid

Graph-Grid Form-

Rectangular Grid

Graph-Grid Form-Polar

Grid

Vir vierkantige grafiekpapier.

Sleep die oorsprong om meer of minder van

’n spesifieke kwadrant te sien.

Plaas die muis op ’n getal op die asse. As die

muis-pyltjie na ↔ of verander, kan u die

muis kliek en sleep en beide asse se skaal

verander, maar bly steeds vierkantig.

Vir grafiekpapier met verskillende skale op die

asse.

Plaas die muis op ’n getal op die asse. As die

muis-pyltjie na ↔ verander, kan die skaal op

die horisontale as onafhanklik van die

vertikale as verander. As die muis-pyltjie na

verander, kan die skaal op die vertikale as

verander word sonder dat die horisontale as

beïnvloed word.

Vir grafiekpapier wat in poolkoördinate werk.

U funksies is dan van die vorm r = f ( θ ) .

Graph-Hide(Show) Grid Om die rooster weg te steek om weer na vore

te bring.

Graph-Snap Points Punte naby die rooster-kruisings word presies

op die snyding geplot.

Display-Hide Axis(Axes) Selekteer ’n as(se) en steek dit weg.

25

Display-Hide Points (of

ander figure)

Display-Line

Width(dashed, Thin,

thick)

Selekteer eers die figuur en steek dit dan

weg.

Selekteer ’n lyn(stuk) of funksie en verander

die voorkoms.

Display-Color Selekteer ’n voorwerp en verander dan die

kleur daarvan.

Graph-Plot New

Function

sin

cos

tan

sqrt

ln

log

Sorg dat niks vooraf geselekteer is nie.

^ vir eksponente

* vir vermenigvuldiging

π en e is by “Values”

By Equation kan u kies tussen f ( x)

x = f ( y)

. Laasgenoemde is nodig om

26

y = en

vertikale lyne as funksies te teken; bv. x = 3 .

Oppas vir die trigonometriese funksies. Indien

u in grade werk, moet u die asse vooraf reg

rek of krimp.

U kan nie ’n sirkel soos x + y = 25 direk

teken nie, want dit is nie ’n funksie nie. Teken

dus y

2

25 − x

− f x .

= en daarna ( )

Edit Function Regs-kliek op die vergelyking van die funksie

om korreksies of wysingings aan te bring

sonder om alles weer oor in te sleutel.

Properties- Plot-Domain Regs-kliek op ’n grafiek om die

definisieversameling te stel.

Measure- Coordinates

Meet ’n geselekteerde punt se koördinate

Measure-Abscissa Meet slegs die x − koördinaat van ’n

geselekteerde punt.

Measure-Ordinate Meet slegs die y − koördinaat van ’n

geselekteerde punt.

2

2

Edit-Merge Point to

Function Plot

Selekteer ’n punt baie na aan ’n grafiek en die

grafiek om die punt op die grafiek te plaas. As

die grafiek verkleur as u die punt daarop

plaas, is die “merge” onnodig. Die punt kan

nou op die grafiek gesleep word.

Text Tool Benoem punte met naam daaraan gekoppel

deur met handjie (wat swart word) op punt te

kliek. Verander die naam deur met handjie

met A binne-in te dubbelkliek.

Edit-Select All

Edit-Copy

Edit-Paste of

Edit- Paste Special –

Picture (vir beter

kwaliteit)

Selekteer eers alles en kliek op dit wat u nie

wil selekteer. Plaas dit dan op die “Clipboard”.

Dit kan dan in WORD of enige ander

dokument ingetrek word.

Trek in WORD in.

Kan prent net rek of krimp deur met in een

van die hoeke met ’n diagonale pyltjie te

sleep.

File-Save As Stoor as ’n .gsp lêer op ’n plek van jou keuse.

File-Document Options-

Add Page-

Blank/Duplicate

File-Document Options-

Add Page-

Blank/Duplicate-Page

name.

File-Print Preview-Fit to

Page

Voeg verskillende bladsye by in dieselfde

dokument. Dit help om sketse wat saam hoort

onder een lêernaam te stoor.

Benoem die bladsye sinvol in die boonste van

die twee wit dele.

Druk skets om op ’n A4-bladsy in te pas. Dit

werk goed vir die skep van transparante.

Edit-Preferences Stel jou eenhede en noukeurigheid.

Measure-Slope Selekteer reguit lyn en meet die helling.

Measure-Equation Selekteer ’n lyn en bepaal die vergelyking

daarvan.

27

Graph-Plot Points-

Plot/Done

Sleutel ’n punt se koördinate in wat nie sal

verander as u aan die asse stel nie.

Edit-Paste Picture Dupliseer iets (soos ’n prent of Equation

Editor-vergelyking ) vanuit ’n ander program.

Transform-Mark Centre Merk punt vanwaar u gaan roteer of verdeel

Transform-Mark Mirror Merk die simmetrie-as

Transform-Mark Vector Kies die vektor waarvolgens u kan transleer

Transform-Translate Transleer die geselekteerde objek

Transform-Rotate Roteer die geselekteerde objek m.b.t. die punt

(mark centre)

Transform-Dilate Verdeel die lynstuk vanaf die punt (mark

centre)

Transform-Reflect Reflekteer die geselekteerde objekte m.b.t.

die simmetrie-as

Nog vele ander. Eksperimenteer gerus en leer by mekaar.

Onthou die beste van alles...

Edit Undo Maak ’n glipsie ongedaan.

28

Oefening 1.3 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

3.1 84 5, 7, 9

3.2

29

13, 15, 17 (wat as x = 0 ?), 19

41

88 7, 8, 13, 15

(sê net elke keer by watter waardes van

die onafhanklike veranderlike is die

funksie nie gedefinieer nie)

31, 33, 41

3.4 96 Teken op papier:

5, 7, 9, 13, 15, 17, 21, 25, 31

Kontroleer u antwoorde deur ‘n

rekenaarprogram te gebruik om die

krommes te skets en met u potlood-enpapier-sketse

te vergelyk.

Teken met behulp van ‘n

rekenaarprogram:

39, 43, 46, 47, 57

3.5 102 Doen met behulp van ‘n

rekenaarprogram:

37, 43, 44, 50

U beantwoord dan die vrae deur

aflesings vanaf die grafiek te maak.

3.6 106 Met potlood en papier: 1, 3, 5, 7

Met Microsoft Excel: 2, 4, 6, 8

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

Die res sal tydens lesings bespreek word.

‘n Elliptiese masjienonderdeel word in

die volgende diagram getoon; die

punt O is die middelpunt van die

onderdeel en hierdie punt word as

oorsprong van ‘n XY-assestelsel

gekies:

1.1 Skryf die vergelyking van die ellips in

algemene vorm neer.

1.2 A, B, C en D is gate wat in die

onderdeel geboor is. Bereken die

afstand AD.

1.3 Bereken die grootte van θ , dit is

∠ DAB .

1.4 MPQR is ‘n reghoekige opening wat

in die onderdeel gesny is. Indien M

die middelpunt is van AD, bereken die

oppervlakte van die opening MPQR.

Opgawe 1

Vraag 1/ Question 1

30

An elliptical machine part is shown

in the following diagram; the point

O is the centre of of the part and

this point is chosen as the origin of

an XY-system of axes:

Write down the equation of the ellips in

general form.

A, B, C and D are holes which were

drilled through the part. Calculate teh

distance AD.

Calculate the magnitude of θ , that is

∠ DAB .

MPQR is a rectangular hole that was

cut into the part. If M is the midpoint of

AD, calculate the area of the hole

MPQR.

1.5 Bereken die gradiënt (helling) van AB. Calculate the gradient (slope) of AB.

2 Twee vliegtuie, A en B, nader die

lughawe, dit is die oorspong van die

assekruis:

2.1 Skryf die posisies van die twee

vliegtuie in poolkoördinate.

2.2 Bepaal die grootte van die hoek

tussen hulle vlugpaaie in grade.

2.3 Bepaal die grootte van die hoek

tussen hulle vlugpaaie in radiale.

2.4 Skryf die posisies van die twee

vliegtuie in reghoekige (Cartesiese)

koördinate.

2.5 Bepaal die afstand wat die twee

vliegtuie van mekaar af is.

Vraag 2/ Question 2

31

Two aircraft, A and B, are approaching

the airport, that is the origin of the

system of axes:

Write the positions of the two aircraft in

polar co-ordinates.

Determine the magnitude of the angle

between their flight paths in degrees.

Determine the magnitude of the angle

between their flight paths in radians.

Write the positions of the two aircraft in

rectangular (Cartesian) co-ordinates.

Determine the distance between the two

aircraft.

OA is ‘n minuutwyser wat vanaf punt A

tot by punt B beweeg. Die hoek θ is

die hoek tussen die wyser se

oorspronklike posisie en sy latere

posisie:

3.1 Bepaal die koördinate van die

wyserpunt A in poolvorm.

3.2 Bepaal die koördinate van die

wyserpunt B in poolvorm.

3.3. Hoeveel sekondes neem die wyser om

van A na B te beweeg?

Vraag 3/ Question 3

32

OA is a minute hand which moves from

point A to point B. The angle θ is the

angle between the original posision of

the hand and its later position:

Determine the co-ordinates of the tip of

the hand A in polar vorm.

Determine the co-ordinates of the tip of

the hand B in polar vorm.

How many seconds does the hand take

to move from A to B?

3.4 Bepaal die grootte van θ in grade. Determine the magnitude of θ in

3.5 Skakel θ om na radiale; rond dit af tot

vyf desimale plekke, aangesien u dit

hieronder in ander berekinge moet

gebruik.

degrees.

Convert θ to radians; round it to five

decimal places, since you need to use

it below in other calculations.

3.6 Bepaal die hoeksnelheid van die

wyser, in radiale/sekonde.

33

Determine the angular velocity of the

hand, in radians/second.

3.7 Bereken die lengte van boog AB. Calculate the length of arc AB.

3.8 Bereken die oppervlakte van die

sirkelsektor wat deur boog AB

onderspan word (dit is die

geskakeerde gedeelte).

3.9 Bepaal die afstand AB in cm.

(ons bedoel die lynstuk wat A en B

verbind)

4.1 Skets r = 2cos θ deur die tabel te

voltooi en die punte te plot:

θ in radiale/ radians 0

r in lengte-eenhede /

distance units

4.2 Skets r 2cos θ

4.3 Skets

Vraag 4/ Question 4

π

4

2

= en r = 4sin(

θ )

met behulp van ‘n rekenaarprogram.

y x

2

= 2 − 9 met potlood en

papier. Kontroleer u grafiek met

behulp van ‘n rekenaarprogram.

4.4 Dit is moontlik om die vergelyking

y x

2

= 2 − 9 na poolvorm te

transformeer:

π

2

Calculate the area of the circle sector

subtended by arc AB (that is the

shaded region).

Determine the distance AB in cm.

(we mean the line segment connecting

A and B)

Sketch r = 2cos θ by completing the

given table and plotting the resulting

points:

3π

π

4

5π

4

Sketch r 2cos θ

3π

2

7π

2π

4

2

= and r = 4sin(

θ )

by means of a computer program.

Sketch

y x

2

= 2 − 9 using pencil and

paper. Check your graph using a

computer program.

It is possible to transform the equation

y x

2

= 2 − 9 to polar form:

Skets die kromme van

y = x −

2

2

9

2

rsinθ = 2 rcosθ − 9 uit/ from x = rcos θ en/ and y = rsinθ

2 2

∴rsinθ − 2r cos θ + 9 = 0

2 2

∴− 2r cos θ + rsinθ

+ 9 = 0

∴− cos ⋅ r + sin ⋅ r + =

2 2

2 θ θ 9 0

− b ±

∴ r =

2

b − 4ac

2a

− sinθ ±

2 2

sin θ − 4 −2cos

θ

2 2

9

2 ( − cos θ )

− sin ± sin + cos

∴ r =

−4cos

θ

θ

2

θ

2

72

2

θ

2 2

− sinθ ± sin θ + 72cos

θ

r =

met

2

−4cos

θ

behulp van GSP en vergelyk dit met

die grafiek wat u in 4.3 hierbo geteken

het.

Beskou die volgende grafiek wat toon

hoe die konsentrasie van ‘n

soutoplossing met verloop van tyd

verander:

Vraag 5/ Question 5

34

Sketch the curve of

2 2

− sinθ ± sin θ + 72cos

θ

r =

using

2

−4cos

θ

GSP and compare it to the graph which

you produced in 4.3 above.

Consider the following graph which

shows how the concentration of a salt

solution changes with the passing of

time:

5.1 Beskryf die grafiek in u eie woorde

deur na die volgende begrippe te

verwys:

• vorm of rigting van die kromme

• waardeversameling

• definisieversameling

5.2 Skryf enige twee afleidings

(gevolgtrekkings) neer wat u uit die

grafiek en u antwoorde op vraag 5.1

kan maak.

5.3 Bereken die konsentrasie na vyf

sekondes.

5.4 Skat die tyd wat die oplossing neem

om ‘n konsentrasie van 0,2 mol/liter te

bereik.

Stefan het sy kar se ligte aan vergeet

en toe hy by sy kar kom, wou dit nie

vat nie. Hy vra toe een van sy vriende

wat ‘n batterylaaier het om dit vir hom

te leen. Die spanningsfunksie van die

karbattery word hieronder grafies

aangetoon:

Vraag 6/ Question 6

35

Describe the graph in your own words

by referring to the following concepts:

• shape or direction of the curve

• range

• domain

Write down any two deductions

(conclusions) which you can make

from the graph and from your answers

to question 5.1.

Calculate the concentration after five

seconds.

Estimate the time the solution takes to

attain a concentration of 0,2 mole/liter.

Steven forgot to switch off his car’s

headlights and when he got to his car,

it refused to start. He then asked one

of his friends who owned a battery

charger to borrow it to him. The

voltage function of the car battery is

represented graphically below:

Beantwoord nou die volgende vrae

deur van die grafiek gebruik te maak:

6.1 Beskryf die grafiek in u eie woorde

deur na die volgende begrippe te

verwys:

• vorm of rigting van die kromme

• waardeversameling

• definisieversameling

36

Answer the following questions by

making use of the graph:

Describe the graph in your own words

by referring to the following concepts:

• shape or direction of the curve

• range

• domain

6.2 Hoe lank is die ligte aan gelaat? How long were the lights left switched

on?

6.3 Hoe lank het dit die vriend geneem

om die laaier te bring?

6.4 Wat was die spanning van die battery

twee en ‘n half uur nadat die laaier

aangeskakel is?

6.5 Op watter interval is die

spanningsfunksie stygend?

How long did it take the friend to bring

the charger?

What was the voltage of the battery two

and a half hours after the charger was

switched on?

On which interval is the voltage

function increasing?

6.6 Skryf die horisontale asimptoot van

die funksie neer en verduidelik wat dit

beteken.

37

Write down the horizontal asymptote of

the function and explain what it means.

Die oplossings van bogenoemde probleme word tydens lesings bespreek. Die

oplossings van sekere vrae sal op eFundi gepubliseer word.

2 Polinoomfunksies

Geskatte tyd benodig om die leeruitkomste te bemeester

14 ure

Noodsaaklike voorkennis

1. Die standaardvorme van lineêre (eerstegraadse) funksies, kwadratiese

(tweedegraadse) funksies en kubiese (derdegraadse) funksies soos op skool

behandel

2. Die skets van reguitlyn-grafieke, parabole en derdegraadse krommes soos op skool

behandel

3. Leereenheid 1

4. WSKT 111, Leereenhede 1 tot 4

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Lineêre vergelykings in die standaardvorm y = mx + c vir ‘n lineêre (eerstegraadse)

funksie te skryf;

2. Lineêre funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van geskikte

rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar lineêre modelle betrokke is, op te

los;

4. Kwadratiese vergelykings in die standaardvorm

(tweedegraadse) funksie te skryf;

38

2

y = ax + bx + c vir ‘n kwadratiese

5. Kwadratiese funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van

geskikte rekenaarprogrammatuur);

6. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar kwadratiese modelle betrokke is, op

te los;

7. Kubiese vergelykings in die standaardvorm

(derdegraadse) funksie te skryf;

39

3 2

y = ax + bx + cx + d vir ‘n kubiese

8. Kubiese funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van geskikte

rekenaarprogrammatuur);

9. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar kubiese modelle betrokke is, op te

los

Inleidende opmerkings

Uit Leergedeelte 1.3 volg:

‘n Funksie is ‘n spesiale soort reël waarvolgens ‘n waarde (die afhanklike veranderlike

genoem) bereken kan word deur ‘n ander waarde (die onafhanklike veranderlike

genoem) in ‘n sekere algebraïese vergelyking (die model) te vervang.

Funksies word gebruik om prosesse of situasies in die werklike lewe te beskryf. Ons

gebruik funksies om wiskundige modelle saam te stel.

Wat is ‘n wiskundige model?

Wel, dit is ‘n wiskundige voorstelling van ‘n fisiese situasie of probleem. Die werklike lewe

(en die meeste tegnologiese toepassings in fabrieke, werkswinkels of laboratoriums) het met

ingewikkelde probleme en situasies te doen.

Tog kan sulke situasies wiskundig vereenvoudig word deur slegs na twee of miskien drie

meetbare aspekte daarvan op ‘n keer te kyk. Hierdie meetbare aspekte word veranderlikes

genoem. Die manier waarop die een veranderlike van die ander afhanklik is, word in die

vorm van ‘n formule (wiskundige vergelyking) geskryf.

Hierdie formule word ‘n wiskundige model genoem.

Daar is minstens vyf maniere om ‘n werklikheidsgetroue proses (of die funksie wat dit

beskryf) voor te stel, naamlik

• ‘n numeriese beskrywing (‘n tabel van gemete of berekende waardes)

• ‘n grafiese beskrywing (‘n kromme op ‘n koördinaatvlak met ‘n assestelsel daarby)

• ‘n woordelikse beskrywing en/of ‘n skematiese beskrywing soos ‘n diagram

• ‘n algebraïese beskrywing (‘n formule of vergelyking)

• ‘n praktiese voorbeeld wat die gedrag van die proses of probleem illustreer

In hierdie leereenheid bestudeer ons werklikheidsgetroue probleme wat met behulp van een

van die volgende tipes funksies gemodelleer kan word:

1. Lineêre funksies (eerstegraadse funksies)

2. Kwadratiese funksies (tweedegraadse funksies)

3. Kubiese funksies (derdegraadse funksies)

Hierdie tipes funksies is voorbeelde van polinoomfunksies. .’n Polinoomfunksie is ‘n

n

funksie van die standaardvorm y = a x

n−1 n−2 + a x + a x

n−3

+ a x +

0

+ a x waar die simbole

0

1 2 3 ...

a 0 , 1 a , a 2 , ... numeriese koëffisiënte (konstante getalwaardes) voorstel en waar x die

veranderlike of onbepaalde is. Die natuurlike getal

polinoomfunksie genoem.

n word die graad van die

By eerstegraadse funksies reduseer die standaardvorm

n

y = a x

n−1 n−2 n−3

+ a x + a x + a x +

0

1 0

+ a x na y = a x + a x en dit skryf ons gewoonlik as

0

y = mx + c .

1 2 3 ...

n

By tweedegraadse funksies reduseer die standaardvorm

n

y = a x

n−1 n−2 n−3

+ a x + a x + a x +

0

+ a x na

2

y = a x

1 0

+ a x + a x en dit skryf ons

0

gewoonlik as

1 2 3 ...

2

y = ax + bx+ c.

n

40

0

1

0 1 2

Net so word derdegraadse funksies in die standaardvorm as

n

3 2

y = ax + bx + cx+ d geskryf.

Aangesien die waarde van y in enige polinoomfunksie bereken kan word vir enige moontlike

reële waarde van x , sê ons dat polinoomfunksies kontinu is vir alle reële waardes van

x .

2.1 Lineêre funksies

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Lineêre vergelykings in die standaardvorm y = mx + c vir ‘n lineêre (eerstegraadse)

funksie te skryf;

2. Lineêre funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van geskikte

rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar lineêre modelle betrokke is, op te los

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

5.1 – 5.3 138 – 149

21.1 – 21.2 560 – 567

Lineêre modelle en eweredigheid

Indien ‘n werklikheidsgetroue probleem of situasie beskryf kan word deur ‘n lineêre

vergelyking (of voorgestel kan word deur ‘n reguit lyn-grafiek) dan dui dit daarop dat die

grootheid op die vertikale as (die afhanklike veranderlike) aan die grootheid op die

horisontale as (onafhanklike veranderlike) eweredig is.

In die spesiale geval waar ‘n reguit lyn-grafiek deur die oorsprong van die assestelsel gaan,

sê ons dat die grootheid op die vertikale as direk eweredig is aan die grootheid op die

horisontale as.

41

Bestudeer ook die volgende bespreking wat illustreer hoe ons te

werk gaan om ‘n lineêre wiskundige model vir ‘n

werklikheidsgetroue situasie te ontwikkel

Om die druk onder die oppervlakte van ‘n reservoir (diep watertenk) as funksie van

diepte onder die oppervlak te bepaal

Beskou ‘n diep tenk, 20 meter diep en ‘n drukmeter wat onder die oppervlak van die water

laat sak word sodat elke 4 meter ‘n druklesing geneem word:

Let daarop dat die druklesing afhang van hoe diep onder die oppervlak van die water die

lesing geneem word. Die druk verander namate die diepte verander. Uit hierdie

waarneming kan ons sê dat die druk op elke diepte ‘n sekere waarde het en dat die druk dus

afhang van die diepte waarop dit gemeet word. Daar is dus twee veranderlikes betrokke,

naamlik druk en diepte. Die druk P word die afhanklike veranderlike genoem en die diepte

d word die onafhanklike veranderlike genoem.

Ons kan nou probeer om die verband (dit is die manier waarop P van d afhanklik is)

tussen die twee veranderlikes wiskundig uit te druk.

42

Daarvoor gebruik ons ‘n formule of vergelyking. Om hierdie vergelyking of formule in die

hande te kry, verg gewoonlik ‘n bietjie wetenskaplike of wiskundige insig – maar met ons

bestaande kennis van grafieke (reguit lyne, parabole, hiperbole, derdegraadse krommes,

ensovoorts) kan ons tog deur middel van ‘n heuristiek (‘n logiese, buigbare metode of

strategie) by die formule wat ‘n wiskundige verband beskryf, uitkom.

‘n Goeie manier om die verband tussen die afhanklike en die onafhanklike veranderlike te

ondersoek, is om ‘n tabel van metings op te stel:

Diepte d

(meter)

Druk P

(kPa)

0 4 8 12 16 20

101,3 140,5 179,7 218,9 258,1 297,3

Die inligting vorm ses stelle waardes, waar elke stel waardes uit ‘n diepte en ‘n bybehorende

druk bestaan. Die volgende stap is om die inligting grafies te gaan voorstel.

Om dit te doen, moet ons besluit waar ons die definisieversameling (Engels: “domain”)

en waardeversameling (Engels: “range”) gaan plaas (hoe ons die asse gaan kies).

• Ons spreek af om die definisieversameling (dit is die waardes wat die

onafhanklike veranderlike aanneem) altyd op die horisontale as te plaas. Dus sal

ons in hierdie geval die diepte d op die horisontale as voorstel.

• Net so spreek ons af om die waardeversameling (dit is die waardes wat die

afhanklike veranderlike aanneem) altyd op die vertikale as voor te stel. Dus sal

ons in hierdie geval die druk P op die vertikale as voorstel.

Indien ons die grafiek met die hand op papier gaan teken, moet ons vervolgens aan die

skaal van die asse aandag gee.

43

Die gedagte is dat ons grafiek akkuraat genoeg moet wees dat ons goeie aflesings daarvan

af kan maak. Grafiekpapier kom dus handig te pas; so nie kan ons ‘n gewone vel papier

gebruik en op soortgelyke wyse te werk gaan.

Probeer altyd om soveel as moontlik van die beskikbare oppervlakte vir die grafiek te

gebruik. Hoe groter die voorstelling, hoe meer akkuraat kan u aflesings vanaf u grafiek

maak. Kyk dus dat die grootste waarde van die onafhanklike veranderlike (grootste diepte)

so ver as moontlik na regs op die horisontale as pas.

(Net so probeer ons die grootste waarde van die afhanklike veranderlike (hoogste druk) so

hoog as moontlik op die vertikale as pas.) Kies dus ‘n gerieflike waarde (“ronde getal”) naby

of gelyk aan die grootste waarde wat op ‘n as voorkom en merk dit af (sien onderstaande

assestelsel).

Dit is nie nodig om ‘n klomp kleiner merkies (in Engels: “ticks” op die asse te maak nie; dit

help egter om ons ‘n gevoel vir die skaal op elke as te gee. Maar die grootste waardes op

elke as moet op ‘n gerieflike (“ronde”) sentimeter- of millimeterafstand vanaf die

oorsprong (kruispunt van die asse) af lê.

Die skaal van elke as kan dan bepaal word.

Met “skaal van elke as” bedoel ons dat ons wil vasstel wat 1 cm of 10 mm (of watter afstand

ook al op elke as) werklik in terme van die as se eenhede beteken.

Die skaal op onderstaande grafiek is op die horisontale as 200 mm = 20 meter wat beteken

dat 10 mm = 1 meter . Ons kan dit natuurlik ewe goed skryf as 1mm = 01 , meter .

Net so is die skaal op die vertikale as 150 mm = 300 kPa wat beteken dat 10 mm = 20 kPa.

Ons kan dit natuurlik ewe goed skryf as 1mm = 2kPa.

44

Sodra ons die skaal van die asse bepaal het, is ons gereed om die inligting in die tabel as

punte op die plat vlak wat deur die asse gevorm word, voor te stel. Ons noem hierdie

tweedimensionele plat vlak wat deur die asse van ‘n grafiek gedefinieer word, die

Cartesiese vlak.

(sien onderstaande skets)

Om die punte op die Cartesiese vlak te stip (in Engels: “plotting the points”), beskou ons

elke stel waardes in die tabel as ‘n stel koördinate. Ons hanteer elke waarde van die

onafhanklike veranderlike as ‘n vertikale stippellyn wat die horisontale as loodreg sny;

net so hanteer ons die bybehorende waarde van die afhanklike veranderlike as ‘n

horisontale stippellyn wat die vertikale as loodreg sny. Waar die twee stippellyne mekaar

sny, stip ons ‘n punt.

Byvoorbeeld: Die tweede punt wat ons uit die tabel hierbo verkry, is dus die punt ( 4; 140, 5)

45

Ons noem die eerste getal in die hakie (dit is ‘n element van die definisieversameling)

die diepte-koördinaat en ons noem die tweede getal in die hakie (dit is ‘n element van die

waardeversameling) die druk- koördinaat. (op skool het hulle van die x - en die y -

koördinate gepraat – die X-as was altyd horisontaal en die Y-as altyd vertikaal.

Al wat ons hier doen, is om op presies dieselfde manier as op skool te werk te gaan; al wat

nou anders is, is dat ons die asse en veranderlikes name en simbole gee wat by ons

spesifieke probleemsituasie pas).

(Sien onderstaande skets)

46

Deur die proses vir elke stel waardes in die tabel te herhaal, verkry ons die volgende punte:

Die volgende stap is nou om te besluit watter soort kromme (reguit lyn, parabool,

hiperbool, derdegraadse kromme, ens) die beste deur die punte getrek kan word; ons wil ‘n

kromme bo-oor die punte teken sodat ons die kromme kan gebruik om afleidings en

voorspellings te maak omtrent die werklike situasie waarmee ons besig is.

Dit is met die eerste aanblik duidelik dat die punte in ‘n reguit lyn lê (ons kan dit toets deur ‘n

liniaal oor die punte te plaas).

47

Dus kan ons nou ‘n reguit lyn deur die punte trek – en ons doen dit op so ‘n wyse dat die lyn

“so goed as moontlik” deur al die punte gaan:

Ons noem hierdie lyn wat ons so goed as moontlik deur die data-punte trek, ‘n regressielyn.

Die feit dat ons ‘n reguit lyn verkry uit die grafiese voorstelling, impliseer dat die druk

in die watertenk eweredig is aan die diepte waarby dit gemeet word.

Ons kan die regressie-lyn gebruik om afleidings en voorspellings te maak omtrent die

werklike situasie waarmee ons besig is – dit is die hoofdoel van die hele oefening.

Voorbeeld 1:

Wat sou die druk wees op ‘n diepte van 10 m onder die oppervlak van die water?

48

Oplossing:

Trek ‘n vertikale stippellyn loodreg op die diepte-as opwaarts tot teen die regressie-lyn;

projekteer dan loodreg na regs tot teen die druk-as. Waar hierdie stippellyn die druk-as sny,

lees u die druk af wat op ‘n diepte van 10 m sou heers:

Die druk sou dus ongeveer 200,8 kPa wees op ‘n diepte van 10 meter. (afleiding)

Voorbeeld 2:

Hoe diep onder die water sou die dieptemeter ‘n druk van 160 kPa meet?

49

Oplossing:

Trek ‘n horisontale stippellyn loodreg op die druk-as na regs tot teen die regressie-lyn;

projekteer dan loodreg afwaarts tot teen die diepte-as. Waar hierdie stippellyn die diepte-as

sny, lees u die diepte af waar ‘n druk van 160 kPa sou heers:

Dit is duidelik dat die diepte ongeveer 6 m sal wees, waarop ‘n druk van 160 kPa gemeet sou

word. (afleiding)

Bogenoemde twee voorbeelde is goeie voorbeelde van interpolasie. Interpolasie is

wanneer ons ‘n regressie-lyn gebruik om af te lei wat die metings sou gewees het onder

omstandighede waarvoor ons nie werklike metings het nie.

50

Dit kom daarop neer dat u aflesings maak met behulp van die regressie-lyn aangaande

punte wat op die regressie-lyn lê.

Ons kan selfs voorspellings maak oor die druk indien die reservoir (opgaartenk) dieper as 20

m was.

Voorbeeld 3:

Wat sou die druk wees op ‘n diepte van 100m?

Oplossing:

‘n Diepte van 100 m is ‘n waarde wat nie op ons grafiek se horisontale as val nie (100 is nie

‘n element van die definisieversameling nie). Dus moet ons die regressie-lyn verleng totdat

dit lank genoeg is dat ons by 100 m op die diepte-as opwaarts en na links kan projekteer om

‘n aflesing te maak:

Dit is duidelik dat die druk 1081,3 kPa sou wees op ‘n diepte van 100 m. (voorspelling)

51

Voorbeeld 4:

By watter diepte sou die druk 700 kPa wees?

Oplossing:

‘n Druk van 700 kPa is ‘n waarde wat nie op ons grafiek se vertikale as val nie (700 is nie ‘n

element van die definisieversameling nie). Dus moet ons die regressie-lyn verleng totdat dit

lank genoeg is dat ons by 700 kPa op die druk-as horisontaal na regs en afwaarts kan

projekteer om ‘n aflesing te maak:

Dit is duidelik dat die diepte ongeveer 61,1 m sou wees waar die druk 700 kPa sou wees.

(voorspelling)

Bogenoemde twee voorbeelde is goeie voorbeelde van ekstrapolasie. Ekstrapolasie is

wanneer ons ‘n regressie-lyn gebruik om te voorspel wat die metings sou gewees het onder

omstandighede wat buite die omstandighede val waarvoor ons metings geneem het (sien die

tabel hierbo, etlike bladsye gelede). Dit kom daarop neer dat u aflesings maak met behulp

van die regressie-lyn aangaande punte wat buite die regressie-lyn lê.

52

Dus moet die regressie-lyn verleng word wanneer ons ekstrapolasie doen.

Die vraag ontstaan nou: kan ons die antwoorde op die vrae in bogenoemde vier

voorbeelde bereken, in plaas van aflees? Is daar ‘n manier om die antwoorde op die vier

vrae hierbo algebraïes uit te reken?

Die antwoord is: JA – definitief. Ons benodig net die vergelyking van die reguit lyn wat

ons deur die punte getrek het (die vergelyking van die regressie-lyn, dus).

Om dit te doen, benodig ons voorkennis uit Hoërskool-algebra:

Die vergelyking van enige reguit lyn is altyd y = mx + c waar m die gradiënt van die lyn is en

c die afsnit op die vertikale as is. y en x is die groothede wat onderskeidelik op die

vertikale en die horisontale as voorgestel word.

Nou, deur na die grafieke hierbo te kyk, is dit duidelik dat die afsnit op die vertikale as

101, 3 kPa is; dus is c = 101, 3 .

53

Net so kan ons die gradiënt van die regressie-lyn verkry deur enige reghoekige driehoek op

die regressie-lyn te konstrueer en gewoon die lengte van die teenoorstaande sy deur die

lengte van die aangrensende sy te deel:

ΔP

vertikale verskil tussen twee punte

m = Altyd: gradiënt =

Δd

horisontale verskil tussen twee punte

196

20

= 98 , kPa/m

Die vergelyking van die regressie-lyn is dus:

y = mx + c So vir enige reguit lyn

∴ P = 9, 8d +

101, 3 Vervang die toepaslike simbole en waardes

54

Let daarop dat P = 9, 8d + 101, 3 die wiskundige model is wat die werklike situasie beskryf:

Dit is ‘n funksie (formule, dus) waarmee ons die druk P kan uitreken vir enige gegewe

waarde van d .

Laat ons nou die wiskundige model (dit is in gees en in wese die vergelyking van die

regressie-lyn) gebruik om die druk te bereken wanneer die diepte 10 m is:

P = 98 , d + 1013 ,

∴ P = 9, 8 10 + 101, 3 Die skryfwyse P beteken P wanneer d = 10 m

d = 10 m d = 10m

= 199, 3 kPa

Let op dat dit baie naby is aan die afgelese waarde wat ons op p. 7 hierbo verkry het.

Hier het ons interpolasie gedoen met behulp van ons wiskundige model.

Laat ons nou die wiskundige model (dit is in gees en in wese die vergelyking van die

regressie-lyn) gebruik om die diepte te bereken waarop die druk 700 kPa sou wees:

P = 98 , d + 1013 ,

∴ 700 = 9, 8d + 101, 3

∴− 9, 8d = − 700 + 101, 3 Manipuleer die formule; dit is eerstejaarswerk

−598,

7

∴ d =

−98

= 61, 092 m

Let op dat dit baie naby is aan die afgelese waarde wat ons grafies hierbo verkry het.

Hier het ons ekstrapolasie gedoen met behulp van ons wiskundige model.

55

Iets meer oor definisieversameling en waardeversameling

Noudat ons die vergelyking van die regressie-lyn het, kan ons na die funksie P = 9, 8d + 101, 3

verwys en vrae vra soos:

• Wat is die definisieversameling van die funksie?

• Wat is die waardeversameling van die funksie?

Die definisieversameling van die funksie is die werklike gemete waardes wat tussen

die kleinste werklike diepte en die grootste werklike diepte lê waarby werklik metings

gemaak is en wat die kleinste diepte en die grootste diepte insluit. (sien onderstaande

skets)

Ons skryf dit as Df{ d 0 d 20; d }

Dit beteken letterlik in woorde: “Die definisieversameling van die funksie is die

versameling van alle d -waardes sodat d lê tussen 0 en 20 m, maar d kan ook gelyk wees

aan 0 of 20 m; d kan enige reële getal wees binne die interval vanaf en insluitende 0 tot by

en insluitende 20 m).”

Die waardeversameling van die funksie is die werklike gemete waardes wat tussen die

kleinste werklike druk en die grootste werklike druk wat gemeet is lê waarvoor werklik

metings gemaak is en wat die laagste druk en die hoogste druk insluit. (sien

onderstaande skets)

Ons skryf dit as Wf{ P101, 3 P 297, 3;

P }

Dit beteken letterlik in woorde: “Die waardeversameling van die funksie is die versameling

van alle P -waardes sodat P lê tussen 101,3 en 297,3 kPa, maar P kan ook gelyk wees aan

101,3 kPa 297,3 kPa; P kan enige reële getal wees binne die interval vanaf en insluitende

101, 3 kPa tot by en insluitende 297,3 kPa).”

56

Ten slotte

Die bespreking op die voorafgaande bladsye illustreer stap vir stap die heuristiek waarmee

ons die formule waarmee aspekte van ‘n werklike situasie of proses beskryf kan word,

bepaal kan word. Hierdie heuristiek geld vir alle soorte modelle, nie slegs vir lineêre

modelle nie.

Ons som die stappe van die heuristiek op:

1. Verkry twee stelle waardes (data) deur meting. (Die een stel waardes is die onafhanklike

veranderlike; die ander stel waardes is die afhanklike veranderlike)

2. Stel die waardes (gewoonlik metings) in ‘n tabel voor

3. Gebruik die tabel om ‘n akkurate grafiek te verkry

4. Gebruik die patroon waarin die data-punte op die grafiek voorkom en trek ‘n beste lyn of

kromme deur die punte.

57

5. Gebruik hierdie “beste lyn” of kromme om interpolasie en ekstrapolasie te doen deur

middel van aflesings.

6. Indien akkurate inter- en ekstrapolasie verlang word, verkry die vergelyking van die

“beste lyn” of kromme wat u in Stap 4 verkry het. Hierdie vergelyking is die funksie

(wiskundige model) wat die probleemsituasie wat u ondersoek, beskryf.

7. Sodra u die vergelyking van die regressie-lyn of regressie-kromme het, kan u dit gebruik

om inter- en ekstrapolasie te doen, deur middel van vervanging en berekening.

8. Die gedrag van die funksie kan nou vanaf die grafiek en vanaf die vergelyking (formule

vir die grafiek) beskryf word in terme van begrippe soos:

• Stygend/ dalend

• Konkaaf na bo/ konkaaf na onder (sien Fig. 24.31 (a) op p. 709 van die handboek)

• Maksimumwaarde/ minimumwaarde(s) soos uit draaipunte en randwaardes verkry

• Vertikale asimptote (ons bespreek dit later – dis waar die grafiek “spronge” maak

• Horisontale asimptote (dit is horisontale lyne waarna die grafiek streef, maar nooit

verbysteek nie)

• Definisieversameling

• Waardeversameling

Ons sal bogenoemde heuristiek gebruik om enige eksperiment of ondersoek of gepaste

probleemsituasie of fisiese proses uit die tegnologiese studieveld te ontleed. By elkeen van

die besprekings in Leergedeelte 2.1 tot 3.3 word hierdie heuristiek net so gebruik.

Soos uit Stap 8 gesien kan word, kan ons sodoende ‘n ongelooflike goeie begrip van die

situasie of proses kry – dit stel ons in staat om interpretasies en evaluasies omtrent die

situasie of proses te maak.

Byvoorbeeld:

1. Wat is die waarde van atmosferiese druk? (dit is die druk op die oppervlakte van die

water in die tenk)

2. Probeer uitvind wat die waarde van atmosferiese druk in werklikheid is (soek sommer op

Google “atmospheric pressure”). Wat lei u af?

58

3. In handboeke gee hulle die formule vir die druk P onder die oppervlakte van ‘n vloeistof

as P = ρ gh + Patmosferies

. Vergelyk hierdie formule met die wiskundige model wat ons hierbo

2

ontwikkel het. Indien die waarde van g = 98 , m/s , bepaal die waarde van ρ (dit is die

digtheid van water, gemeet in

3

kg/m )

4. Wat is die werklike digtheid van suiwer vars water? (soek sommer op Google “density of

fresh water”.)

5. Sou u sê dat ons wiskundige model akkuraat is? Gee soveel redes as moontlik.

Oefening 2.1 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

5.2 144 Toets al u antwoorde met behulp van

GSP:

59

5, 7, 9, 11

21, 23, 25, 27

29, 31, 33

5.3 148 11, 15 (met potlood en papier)

23, 27, 31 (slegs met GSP)

33, 35

21.1 563 Bepaal die lengtes van die lynstukke

deur die punte gegee in nr 5 en nr 7

Bepaal die gradiënte van die lynstukke

deur die punte gegee in nr 5 en nr 7

25, 27

21.2 568 45, 51, 53, 55

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

60

2.2 Kwadratiese funksies

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Kwadratiese vergelykings in die standaardvorm

(tweedegraadse) funksie te skryf;

61

2

y = ax + bx + c vir ‘n kwadratiese

2. Kwadratiese funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van

geskikte rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar kwadratiese modelle betrokke is, op

te los

Noodsaaklike voorkennis

1. Paragrawe 7.1, 7.3 (afgehandel in WSKT 111, Leereenheid 4)

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

7.4 228 – 232

Bestudeer ook die volgende bespreking wat illustreer hoe ons te

werk gaan om ‘n kwadratiese wiskundige model vir ‘n

werklikheidsgetroue situasie te ontwikkel indien die vorm van die

vergelyking (formule) bekend is

Om ‘n rubberbal wat opwaarts gegooi word, wiskundig te modelleer

Ons het as voorbeeld in die klas vandag gekyk na ‘n rubberbal wat vertikaal opwaarts gegooi

word en terugval grond toe (om miskien weer opwaarts te bons, of op die grond tot stilstand

te kom). Ons wou hierdie situasie, dit is die beweging van die bal, wiskundig voorstel. Die

rubberbal het natuurlik baie meetbare eienskappe, byvoorbeeld volume, massa, digtheid,

kleur en posisie bokant die grond (hoogte). Die manier waarop die bal egter beweeg indien

dit gewoon opwaarts gegooi word en weer terugval grond toe, het egter min of niks met

bogenoemde eienskappe te doen nie – enige voorwerp wat gewoon vertikaal opwaarts

gegooi word en terugval grond toe, beweeg maar op ongeveer dieselfde manier.

(behalwe voorwerpe met spesiale vorms, soos valskerms en vliegtuie of sekere tipe sade –

die vorm van hierdie voorwerpe laat hulle grond toe sweef en dan speel die lug ‘n rol). Al

hierdie gewone voorwerpe (soos balle, klippe, bakstene, kanonkoeëls, ens.) het egter

minstens een saak in gemeen, naamlik dat hulle hoogte tydens die beweging gedurig

verander totdat hulle tot rus kom (of vir praktiese doeleindes ophou bestaan, soos in die

geval van ‘n kanonkoeël).

Uit hierdie waarneming kan ons sê dat die voorwerp op elke tydstip ‘n sekere hoogte het en

dat die hoogte van die voorwerp dus afhang van die tydstip waarop dit gemeet word. Daar is

dus twee veranderlikes betrokke, naamlik hoogte en tyd. Die hoogte h word die afhanklike

veranderlike genoem en die tyd t word die onafhanklike veranderlike genoem.

Ons kan nou probeer om die verband (dit is die manier waarop h van t afhanklik is) tussen

die twee veranderlikes wiskundig uit te druk.

62

Daarvoor gebruik ons ‘n formule of vergelyking. Om hierdie vergelyking of formule in die

hande te kry, verg gewoonlik ‘n bietjie wetenskaplike of wiskundige insig – maar in die

meeste tegnologie-toepassings waarmee u te doen sal kry is die formules of vergelykings

egter bekend en hoef u dit nie self af te lei nie.

Die volgende paar paragrawe verduidelik hoe ons kennis wat uit Fisika kom, kan

gebruik om ‘n formule vir die hoogte van die bal in terme van tyd op te stel. Dit is ‘n

stukkie toegepaste wiskunde. Die mense wat Wetenskap op skool gehad het, sal die

redenasies herken. Ter wille van almal wat nie op skool Wetenskap gehad het nie, sit

ek die argumente en redenasies wat gevolg word om die formule saam te stel, so

volledig as moontlik uit.

By voorwerpe wat gewoon opwaarts gegooi word sonder dat lugweerstand ‘n rol daarby

speel (soos balle, klippe, bakstene, kanonkoeëls, ens. maar nie valskerms, vliegtuie en

ballonne nie) geld daar sekere bewegingsvergelykings (wat ons in u derde jaar sal aflei).

Hierdie bewegingsvergelykings sou sommige van u op skool teëgekom het, byvoorbeeld die

vergelyking

1 2

s = s0 + v0t + at .

2

Let daarop dat die formule uit simbole bestaan, waar elke simbool ‘n sekere fisiese betekenis

het. Sekere simbole het vir elke situasie ‘n sekere vaste waarde. Ons noem sulke simbole

konstantes.

In die geval van ‘n voorwerp wat opwaarts gegooi word, speel die hoogte waarvan die

voorwerp gegooi word, die snelheid waarmee dit begin beweeg en die versnelling waarmee

dit beweeg ‘n belangrike rol, want dit sal bepaal hoe hoog die voorwerp kan beweeg voordat

dit terugval grond toe en ook hoe gou die voorwerp ‘n sekere hoogte bereik. Daarom noem

ons hierdie eienskappe konstantes.

1 2

In die bewegingsvergelyking s = s0 + v0t + at stel die simbool s die afstand voor wat ‘n

2

bewegende voorwerp op ‘n sekere tydstip t sekondes nadat die beweging begin het vanaf ‘n

verwysingspunt af is, s 0 stel die afstand voor tussen die voorwerp en die verwysingspunt op

die oomblik dat die beweging begin het, v 0 stel die beginsnelheid van die voorwerp voor en

a stel die versnelling van die voorwerp voor.

63

By skoolwetenskap-probleme was die aanvangsposisie van die voorwerp gewoonlik op die

1 2

verwysingspunt, sodat s 0 = 0 en dat het die vergelyking soos volg gelyk: s = vt 0 + at.

2

Sommige handboeke het ook die simbool u in plaas van v 0 gebruik en dan het die formule

soos volg gelyk:

1 2

s = ut + at .

2

Nou, aangesien ons ‘n rubberbal vertikaal opwaarts gooi, is die afstand wat die bal bokant

die grond is eintlik sy hoogte, so in plaas van s kan ons h skryf:

1

h= h0 + v0t + at

2

2

Maar aangesien die persoon wat die bal gooi, se arms tog nie tot op die grond hang nie,

beweeg die bal op die oomblik wanneer dit opwaarts gegooi word nie vanaf grondvlak nie,

maar wel vanaf ‘n hoogte van omtrent een meter bokant die grond, tensy hy die bal vanaf

skouerhoogte (omtrent 1,5 m bo die grond) opwaarts gooi. Kom ons neem vir die doel van

die bespreking dat die bal se hoogte op die oomblik dat dit die hand verlaat, een meter bo

die grond is. Dan is die aanvangshoogte h 0 = 1:

1

h= 1 + v0t + at

2

2

Kom ons neem aan dat die spoed waarteen die bal die persoon se hand verlaat, 12 m/s is;

dan is v 0 = 12 :

1 2

h= 1+ 12t

+ at

2

Alle voorwerpe naby die oppervlak van die aarde word egter deur swaartekrag (gravitasie)

na benede versnel teen ongeveer -9,8 m/s 2 . Die negatiewe teken wat soms gebruik word,

beteken maar net dat die versnellende krag teen opwaartse beweging werk en na onder

werk. (Hierdie waarde word swaartekragversnelling genoem en word soms met ‘n simbool

g in plaas van a aangedui). Nietemin, vir alle voorwerpe wat vry naby die aarde beweeg,

geld dan dat a =− 9,8 :

1

h= 1+ 12t + −

9,8 t

2

( ) 2

64

Die formule wat die rubberbal se hoogte bo die grond op enige tydstip t gee, lyk dus so:

h= 1+ 12t − 4,9t

2

Ons kan wiskundig sê dat h ‘n funksie van t is; sommige wiskundiges skryf dit so:

h= f ( t)

wat maar net beteken dat h bereken kan word as ons ‘n waarde vir t het deur

bloot net die t -waarde in die formule te vervang.

Opmerking: Let daarop dat alle posisies (afstande en hoogtes) in meter uitgedruk word,

alle snelhede in m/s, alle versnellings in m/s 2 en alle tydwaardes in sekondes – dit geld altyd

wanneer ons met bewegingsvergelykings werk.

Dit is interessant dat die wiskundige model

2

65

2

h= 1+ 12t − 4,9t

geskryf kan word as

h=− 4,9t + 12t + 1.

Let daarop dat hierdie formule in die standaardvorm vir ‘n parabool

staan, naamlik

2

y = ax + bx+ c.

In hierdie situasie het ons net nie vir y en x nie, maar in

plaas daarvan vir h en vir t . Dus lyk dit soos volg:

2

h= at + bt + c waar a =− 4,9 en b = 12 en c = 1

Natuurlik kan ons nou ‘n grafiek teken van hoogte teenoor tyd. Dit beteken ons plaas die

afhanklike veranderlike h op die vertikale as en die onafhanklike veranderlike t op die

horisontale as. U het reeds voorheen geleer hoe om grafieke te skets.

Ons kan van enige van ‘n aantal nuttige metodes gebruik maak om ‘n grafiek van

2

h=− 4,9t + 12t + 1 te skets; wat ons verkry sal soos volg lyk:

2

Die kromme van die funksie h( t) = − 4,9t + 12t + 1 is duidelik konkaaf na onder.

Let daarop dat die grafiek NIE die baan van die bal toon nie; dit toon die hoogte van die bal

op elke oomblik vanaf t = 0 tot by t = 2,530 . So gee die draaipunt van die kromme se

horisontale koördinaat die tyd wat dit die bal neem om sy maksimumhoogte te bereik en die

vertikale koördinaat van die draaipunt gee die maksimumhoogte.

Dit is interessant dat die definisieversameling van die funksie

word as D f { t 0 t 2,530; t R}

f

66

2

h= − 4,9t + 12t + 1 geskryf kan

= ≤ ≤ ∈ en dat die waardeversameling geskryf kan word as

{ 0 8,347; }

W = h ≤h≤ h∈ R . Onthou u nog wat dit beteken en hoe ons dit uit die grafiek

verkry?

Nou kan ons die hoogte van die bal op enige tydstip binne die definisieversameling

0 ≤t≤ 2,530 bereken.

Voorbeeld: Hoe hoog is die bal na 2 sekondes?

Oplossing:

2

67

2

Stel t = 2 in die formule h=− 4,9t + 12t + 1: h=−

4,9 2 + 12 2 + 1

∴ h = −4,9 = 5, 4 m

⋅ 4 + 12 ⋅ 2 + 1

Let daarop dat enige woordprobleem se antwoord ‘n korrekte eenheid MOET hê.

Let ook op dat u hierdie waarde van die grafiek af sou kon aflees:

Ons kan ook die tyd uitreken wat dit die bal neem om enige hoogtewaarde binne die

waardeversameling 0≤h≤ 8,347 te bereik.

Voorbeeld: Hoe lank neem dit die bal om ‘n hoogte van 7 m te bereik?

Oplossing:

2

Stel h = 7 in die formule h = − 4,9t + 12t + 1en

los op vir t:

2

7 =− 4,9t + 12t+ 1

⎧Dit

is 'n kwadratiese vergelyking wat ons deur middel van

2

− b± b −4ac

die formule t =

kan oplos, mits die

2a

⎨vergelyking

natuurlik in die

standaardvorm vir 'n

⎪kwadratiese

vergelyking geskryf is, dit wil sê die

2

⎪ vergelyking moet in die vorm at + bt + c = 0 geskryf

⎪⎩ wees.

⎧Ons

het alle terme aan die een kant van die vergelyking

2

∴ 0= − 4,9t + 12t−6 ⎪

⎪geskryf

sodat die een kant van die vergelyking nul is;

⎪nou

is die vergelyking in die standaardvorm en kan die

⎩formule

volkome sonder insident toegepas word.

− b± ∴ t =

2

b −4ac

2a

waar a = − 4,9 b = 12 c =−6

− ( 12) ±

∴ t =

2

( 12) −4( −4,9)( −6)

2( −4,9)

⎧Maak

altyd seker van die berekening binne die vierkants-

− 12 ±

∴ t =

144 −117,6

−9,8

⎪wortel;

veral die teken tussen die twee terme. MOENIE

⎪AAN

DIE SLAAP GEVANG WORD NIE. Een fout, en

⎩die

hele som is verder in sy peetjie in!

−12 − 26,4

∴ t =

−9,8 of

− 12 + 26,4

t =

−9,8

∴ t = 1, 749 sekonde of t = 0, 7 sekonde

Let daarop dat enige woordprobleem se antwoord ‘n korrekte eenheid MOET hê.

Interessant dat daar twee tydstippe is waarop die bal 7 m hoog is; en tydstip is terwyl die bal

besig is om tot sy maksimumhoogte te styg; die ander tydstip is wanneer die bal besig is om

na benede te daal en weer op ‘n hoogte van 7 m kom op pad grond toe.

68

Let ook op dat u hierdie waarde van die grafiek af sou kon aflees:

Opmerking: Die bal val grond toe; die persoon wat dit opwaarts gegooi het, vang dit nie uit

die lug uit nie. Kan u uit die grafiek sien waarom ek dit kan sê?

Daar kan nog baie interessante vrae oor die bal gevra word, soos:

Voorbeeld: Bereken die tyd wat die bal neem om sy maksimumhoogte te bereik en bereken

ook hierdie maksimumhoogte. (sien die eerste grafiek hierbo waarop hierdie waardes reeds

afgelees en aangetoon is)

69

Oplossing:

Daar is verskeie maniere om dit te doen. Miskien ken sommige van u differensiasietegnieke

om dit te doen; vir die res kan ons die volgende wenk gee:

Bepaal die koördinate van die draaipunt van die parabool.

2

b

Vir die parabool h= at + bt + c is die draaipunt altyd op die vertikale lyn, t =− , wat ons

2a

die simmetrie-as noem, geleë. Dit gee die horisontale koördinaat van die draaipunt.

b

t =−

2a

met a =− 4,9 en b = 12

12

∴ t = −

2( −4,9)

= 1, 224 sekondes

Om die vertikale koördinaat van die draaipunt te kry, vervang gewoon vir t = 1,224 in die

formule

2

h =− 4,9t + 12t + 1 en bereken h :

2

h =− 4,9 1,224

= 8,347 meter

+ 12 1, 224 + 1

(U kan ook die haatlike formule

oplewer)

2 ( b 4ac)

h = gebruik, wat gewoonlik ‘n yslike gemors

4a

Dit neem die bal dus 1,224 sekondes om sy maksimumhoogte van 8,347 m te bereik.

(die waardes stem goed ooreen met die waardes op die grafiek hier bo – die klein

verskilletjies wat u sien is maar omdat die waardes op die grafiek AFGELEES is)

70

Voorbeeld: Bepaal die totale vlugtyd van die bal (hoe lank dit in die lug was)

Oplossing:

Bereken gewoon hoe lank die bal neem om die grond te bereik, met ander woorde hoe lank

dit neem voordat h = 0 .

Stel h = 0 in die formule h = − 4,9t + 12t + 1en

los op vir t:

2

0=− 4,9t + 12t+ 1

2

− b± ∴ t =

b −4ac

2a

waar a = − 4,9 b = 12 c = 1

∴ t =

( 12) 2

( 12) 4( 4,9)( 1)

2( −4,9)

2

− 12 ± 144 + 19,6

∴ t =

−9,8

⎧Maak

altyd seker van die berekening binne die vierkants-

⎪wortel;

veral die teken tussen die twee terme. MOENIE

⎪AAN

DIE SLAAP GEVANG WORD NIE. Een fout, en

⎩die

hele som is verder in sy peetjie in!

−12 − 163,6

∴ t =

−9,8 of

− 12 + 163,6

t =

−9,8

∴ t = 2,530 sekonde of t = −0,081 sekonde

Tyd kan nie negatiewe waardes aanneem nie, dus is die negatiewe wortel wat ons nou net

verkry het, ‘n ongeldige oplossing (dit val in elk geval buite die definisieversameling van die

funksie). Slegs die positiewe wortel is dus ‘n geldige oplossing.

Die bal neem dus 2,530 sekondes om die grond te bereik vanaf die oomblik wat dit die

gooier se hand verlaat het; dit is dus die totale vlugtyd.

U kan gerus op die grafieke hierbo nagaan of ons berekende waarde met die parabool se

snypunt op die tyd-as ooreenstem.

71

Bestudeer ook die volgende bespreking wat illustreer hoe ons te

werk gaan om ‘n kwadratiese wiskundige model vir ‘n

werklikheidsgetroue situasie te ontwikkel wanneer ‘n tabel van data

beskikbaar is

Voorbeeld: Bepaal die vergelyking van die parabool wat die beste deur die volgende

stel data gepas kan word

Dit kan met gevorderde wiskunde aangetoon word dat die vorm van ‘n kabel of ketting wat

net sy eie gewig dra, nie heeltemal ‘n parabool is nie. Indien ‘n kabel of ketting egter belas

is, dit wil sê wanneer daar een of ander verspreide massa onderaan die kabel hang, dan

vorm die kabel wel ‘n parabool.

Dit is die geval met ‘n hangbrug se hoof-draagkabels, soos by die Golden Gate-brug in San

Francisco. Die ry-vlak (pad) hang onderaan die hoof-draagkabels:

Die draagkabels van die hoofspan hang in die vorm van ‘n perfekte parabool.

72

Gestel nou dat die koördinate van vyf punte op die brug se hoof-draagkabel gegee is:

Bogenoemde voorstelling verteenwoordig ‘n eenvoudige grafiese model en ‘n beperkte

numeriese model vir die vorm van die kabel. Die Y-as gaan deur die linkerkantste toring en

die X-as stel die ry-vlak van die verkeer voor.

Gestel egter ons wil die vergelyking van die paraboliese kromme ABCDE bepaal. Hierdie

vergelyking (formule) sal dan ‘n algebraïese model wees vir die vorm van die kabel. Ons

bespreek vervolgens hoe die vergelyking van ‘n parabool met die hand bepaal kan word,

asook hoe dit met behulp van Microsoft Excel bepaal kan word.

Hoe om die vergelyking van ‘n parabool te bepaal indien minstens drie punte op die

kromme gegee is (met die hand en pen en papier)

In wese kom dit daarop neer dat ons die waardes van a , b en c wil bepaal in die formule

2 ( ) = + + . In hierdie spesifieke geval geld dat y f ( x)

f x ax bx c

73

= die hoogte van die kabel

bokant die ry-vlak voorstel en dat x ‘n horisontale afstand regs van die linkerkantste toring

voorstel.

Aangesien ons probleem vereis dat ons vir drie onbekendes, naamlik a , b en c , moet oplos

volg dit dat ons ‘n stelsel van drie lineêre vergelykings in drie onbekendes moet opstel.

Hierdie drie vergelykings verkry ons deur die koördinate van enige drie punte op die kromme

in die vergelyking

2

y = ax + bx+ c te vervang. Daarna los ons gewoon die resulterende

stelsel vergelykings op vir die onbekendes a , b en c .

Hier volg dan nou ‘n uiteensetting van hoe hierdie berekening dan nou sou kon verloop:

Oplossing:

Kies enige drie gerieflike punte in die tabel (indien moontlik, kies ‘n punt waarvan die

onafhanklike koördinaat nul is – so ‘n punt stel die afsnit van die parabool op die vertikale as

voor – indien u so ‘n punt kan identifiseer, dan het u reeds die c -waarde in die vergelyking

2

y = ax + bx+ c).

Ons kan dus uit die gegewens byvoorbeeld die volgende drie punte kies

(om die krag van die metode te illustreer, kies ek doelbewus nie die punt A ( 0; 152)

nie):

B ( 320; 39, 5)

, ( 640 2)

C ; en E ( 1 280; 152)

Vervang nou die x - en y -koördinate van B in die formule

2

39, 5 = a 320 + b 320 + c

∴ 102 400a+ 320b+ c = 39, 5 [ 1]

Vervang ook die x - en y -koördinate van C in die formule

2

2 = a 640 + b 640 + c

∴ 409 600a+ 640b+ c = 2 [ 2]

Vervang ook die x - en y -koördinate van E in die formule

2

152 = a 1 280 + b 1 280 + c

∴ 1 638 400a+ 1 280b+ c = 152 [] 3

74

2

y = ax + bx+ c;

dit lewer:

2

y = ax + bx+ c;

dit lewer:

2

y = ax + bx+ c;

dit lewer:

Die derde-orde lineêre stelsel wat uit vergelyking [1], [2] en [3] bestaan kan nou maklik

opgelos word op enige een van ‘n verskeidenheid maniere; ek illustreer die metode bekend

as substitusie en ook die metode bekend as die Reël van Cramer:

Metode 1: Substitusie (Bespreek in WSKT 111, in 2007 en 2008)

Strategie:

Gebruik substitusie en elimineer een veranderlike uit die eerste twee vergelykings om ‘n

nuwe vergelyking [4] te verkry wat slegs twee onbekendes bevat. Gebruik weer substitusie

en elimineer dieselfde veranderlike as voorheen uit die laaste twee vergelykings om nog ‘n

nuwe vergelyking [5] te verkry wat slegs twee onbekendes bevat. Los die stelsel bestaande

uit [4] en [5] op en gebruik die oplossings om die ander onbekende uit vergelyking [1] te

bereken.

Die strategie verloop soos volg wanneer dit in aksie gestel word:

Kombineer [1] en [2] deur soos volg te werk te gaan:

Uit [1] is c =−102 400a− 320b+ 39, 5

Uit [2] is c =−409 600a− 640b+ 2

Dus: −102 400a− 320b+ 39, 5 = −409 600a− 640b+ 2

∴ 307 200a+ 320b = −37,

5 [ 4]

Kombineer [2] en [3] deur soos volg te werk te gaan:

Uit [2] is c =−409 600a− 640b+ 2

Uit [3] is c =−1638 400a− 1 280b+ 152

Dus:

−409 600a− 640b+ 2 = −1638 400a− 1 280b+ 152

∴ 1 228 800a+ 640b = 150 [] 5

Los op vir a en b op enige manier van u keuse; ek gebruik weer substitusie:

Uit [4] is

Uit [5] is

Dus:

−320b −37,

5

a =

307 200

a =

− 640b + 150

1 228 800

−320b−37, 5 − 640b+ 150

307 200 1 228 800

−320b−37, 5 − 640b+ 150

307 200 1 1 228 800 1

∴( −320b− 37, 5)( 1 228 800) = ( − 640b+ 150)( 307 200)

∴−393 216 000b− 46 080 000 = − 196 608 000b+ 46 080 000

∴− 196 608 000b = 92 160 000

92 160 000

∴b

−196

608 000

∴ b = −0,

468 750

( 307 200)( 1 228 800) ( 307 200)( 1 228 800)

Vervang vir b =− 0, 468 750 in [4] en los op vir a :

Uit [ 4 ] is

−320b − 37, 5

a = met b = −0468750

, sodat

307 200

−320( −0, 468 750) −37,

5

a =

307 200

Dus: a =

0, 000 366 211

75

Vervang a = 0, 000 366 211 en b =− 0, 468 750 in [1] en los op vir c :

102 400 0, 000 366 211

∴ c = 151, 999 994

+ 320 − 0, 468 750 + c = 39, 5

Uit bogenoemde analise blyk dit dat a = 0, 000 366 211,

b = − 0, 468 750 en c = 151, 999 994 .

Die algebraïese model vir die vorm van die kabel is dus

y = x − x+

2

0, 000 366 0, 468 750 151, 999 994

(Let daarop dat ons in hierdie geval, waar sommiges van die waardes bitter klein is, nie tot

slegs drie desimale plekke kan afrond nie – dit is ook wiskundig wenslik om al ons antwoorde

in dieselfde probleem tot dieselfde aantal desimale af te rond, alhoewel dit eintlik duidelik is

dat c = 152 (dit is die hoogte van die linkerkantste toring).)

Dit word aan die leser oorgelaat om bogenoemde berekeninge self na te gaan; kies een of

meer ander punte, byvoorbeeld die punte A, B en C.

Kyk of u kan agterkom hoe eenvoudig die hele berekening is wanneer een van die

punte wat u gebruik, die afsnit op die vertikale as (punt A in hierdie geval) is.

Metode 2: Reël van Cramer (Bespreek in WSKT 111, in 2009)

Strategie:

Bereken met die hand of deur middel van Microsoft Excel die determinante Δ , a Δ , b Δ

en Δ c . Bepaal dan met behulp van die hand of deur middel van Excel die waardes van a ,

b en c op die volgende manier:

a

a Δ

Δ

b

b Δ

Δ

c

c Δ

Δ

Die strategie verloop soos volg wanneer dit in aksie gestel word:

76

102 400a+ 320b+ c = 39, 5 [ 1]

409 600a+ 640b+ c = 2 [ 2]

1 638 400a+ 1 280b+ c = 152 [] 3

Die toegevoegde matriks van die stelsel is dan

⎡ 102 400 320 1 39, 5⎤

⎢ 409 600 640 1 2 ⎥

⎢1638 400 1 280 1 152 ⎥

Die waardes van die vier determinante kan nou maklik verkry word:

102 400 320 1

Δ= 409 600 640 1 =− 196 608 000

1 638 400 1 280 1

39, 5 320 1

Δ a = 2 640 1 = − 72 000

152 1 280 1

102 400 39, 5 1

Δ b = 409 600 2 1 = 92 160 000

1 638 400 152 1

102 400 320 39, 5

Δ c = 409 600 640 2 = − 29 884 416 000

1 638 400 1 280 152

Die waardes van die determinante kan nou in die finale formules vervang word:

Δa −72

000

a = = = 0, 000 366 211

Δ −196

608 000

b 92 160 000

b 0468750 ,

196 608 000

Δ

Δ −

Δc −29

884 416 000

c = = = 152

Δ −196

608 000

Uit bogenoemde analise blyk dit dat a = 0, 000 366 211,

b = − 0, 468 750 en c = 152 .

Die algebraïese model vir die vorm van die kabel is dus

y = x − x+

2

0, 000 366 0, 468 750 152, 000 000

77

Hoe om die vergelyking van ‘n parabool te bepaal indien minstens drie punte op die

kromme gegee is (regressie met behulp van Microsoft Excel)

Tik gewoon die drie punte in tabelvorm in Excel en selekteer al ses selle. Kies dan “Insert”

“Scatter plot” en selekteer al die punte op die grafiek. Kies “Add Trendline” en soek die tipe

kromme wat die beste deur al die punte gaan (dit sal “polynomial order 2” wees indien al die

geselekteerde punte wel op ‘n parabool lê). Merk dan “Display Equation on chart”. Excel

vertoon dan die vergelyking van die kromme vir u.

Opmerking: Excel maak van uiters ingewikkelde numeriese metodes (wat uit gevorderde

wiskunde volg) gebruik om regressie te doen.

In die laaste leereenheid van hierdie module sal ons regressie weer teëkom as ‘n kragtige

statistiese berekeningsmetode waarmee die vergelyking van die kromme wat die beste deur

‘n gegewe stel datapunte pas, bepaal kan word.

78

Nou dat ons ‘n algebraïese model vir die vorm van die kabel het, kan ons interpolasie toepas

en die hoogte van die kabel by enige punt tussen die twee torings bereken. Ons kan

natuurlik ook bereken waar (hoe ver vanaf die linkerkantste toring) die kabel ‘n bepaalde

hoogte sal hê.

Voorbeeld 1: Bepaal die hoogte van die kabel 800 m links van die regterkantste toring.

Oplossing:

800 links van die regterkantste toring beteken tog dat x = 480 in die vergelyking

y x x

2

= 0, 000 366 − 0, 468 750 + 152, 000 000 gestel moet word, aangesien x in hierdie model

die horisontale afstand regs van die linkerkantste toring voorstel. (Onthou dat

1 280 − 800 = 480 m)

2

Dus: Stel x = 480 in y = 0, 000 366x − 0, 468 750x+ 152, 000 000 :

2

y = 0, 000 366 480

∴ y = 11, 326

− 0, 468 750 480 + 152, 000 000

Die kabel is dus 11,326 m bokant die ry-vlak by ‘n punt 800 m links van die regterkantste

toring.

Voorbeeld 2: Bepaal hoe ver vanaf die linkertoring die kabel 100 m bokant die ry-vlak sal

hang.

Oplossing:

2

Stel y = 100 in y = 0, 000 366x − 0, 468 750x+ 152, 000 000 :

2

100 = 0, 000 366x − 0, 468 750x+ 152, 000 000

2

∴ 0 = 0, 000 366x − 0, 468 750x+ 52, 000 000

Los enige kwadratiese vergelyking maklik op met behulp van die kwadratiese formule:

2

b b ac

x =

−4

2a

met a = 0, 000 366, b = − 0, 468 750 en c = 52

∴ x =

( 0, 468 750) (

2

0, 468 750) 2( 0, 000 366)

4( 0, 000 366)( 52)

0, 468 750 ± 0, 219 727 −0,

076128

0000732 ,

∴ x = 122, 686 of 1158, 052

Die kabel is dus 122,686 m regs van die linkertoring en ook 1 158,052 m regs van die

linkertoring 100 m bokant die ry-vlak.

79

Vir interessantheid:

In WSKT 311 sal ons ‘n metode teëkom waarmee ons die presiese lengte van die kabel sal

kan bepaal, deur Analise (differensiasie en integrasie) toe te pas op die vergelyking van die

paraboolkrommme:

0

1280

⎛dy ⎞

lengte van kromme = 1 + ⎜ dx

dx

dy

waar = 0, 000 732x − 0, 468 750

dx

wat verkry word deur

y x x

2

2

= 0, 000 366 − 0, 468 750 + 152, 000 000 te differensieer.

Dit is egter nie moontlik om van bogenoemde gevorderde berekening gebruik te maak nie,

tensy die vergelyking van die kromme bekend is – en dit volg uit gewone algebra.

80

Oefening 2.2 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

7.4 231 Doen met potlood en papier maar toets

al u antwoorde met behulp van GSP:

81

45, 47

Slegs met GSP: 49, 51

Doen met potlood en papier maar toets

al u antwoorde met behulp van GSP:

53, 55, 59, 61

Slegs met GSP: 67, 68

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

2.3 Kubiese funksies

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Kubiese vergelykings in die standaardvorm

(derdegraadse) funksie te skryf;

82

3 2

y = ax + bx + cx+ d vir ‘n kubiese

2. Kubiese funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van geskikte

rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar kubiese modelle betrokke is, op te

los

Noodsaaklike voorkennis

1. Leergedeelte 1.3

Blaai deur die volgende materiaal in die boek van Washington

U hoef net ‘n oorsigtelike idee te kry van waaroor hierdie afdeling gaan.

Paragraaf Bladsynommers

15.1 – 15.3 416 – 431

Bestudeer die volgende bespreking wat tersaaklike punte uit

bogenoemde leeswerk in die handboek opsom

Sekere prosesse of situasies uit die tegniese of natuurwetenskaplike studievelde kan met

behulp van kubiese (derdegraadse) funksies gemodelleer word.

Kubiese funksies lei tot grafieke wat as kubiese krommes of derdegraadse krommes bekend

staan. So ‘n kromme kan hoogstens drie afsnitte op die horisontale as besit – in daardie

geval besit die kromme twee draaipunte. Dit is ook moontlik dat so ‘n kromme net twee

afsnitte op die horisontale as (en dus een draaipunt) besit, of selfs net een afsnit op die

horisontale as.

Hoe om ‘n kubiese vergelyking op te los

Wanneer ons ‘n kubiese vergelyking

3 2

ax bx cx d

+ + + = 0 wil oplos, kan ons dit algebraïes

probeer doen deur van faktorisering en langdeling gebruik te maak (sien vir interessantheid

Paragraaf 15.10). In die meeste gevalle is dit ‘n redelike omslagtige proses wat teorie

vereis wat ons nie in die Tegniese Wiskunde-modules bestudeer nie. Die enigste geval

wat ons wel met ons bestaande kennis kan hanteer, is die geval waar d = 0 in die

vergelyking

en ook die formule

3 2

ax bx cx d

+ + + = 0 – in hierdie geval kan ons van faktorisering gebruik maak

2

− b± b −4ac

x = .

2a

Voorbeeld van ‘n kubiese model wat maklik algebraïes gehanteer kan word:

Gestel dat ‘n sekere deeltjie heen en weer kan beweeg op ‘n plat vlak. Gestel verder dat die

afstand d (in meter) wat hy hom vanaf sy beginpunt bevind, gegee word deur die formule

3 2

2 15, 4 25, 44

d = t − t + t waar t in sekondes uitgedruk word. Indien d > 0 , is die deeltjie regs

van sy beginposisie. Bepaal op watter tydstippe (dit is, vir watter waardes van t ) bevind die

deeltjie homself by sy beginpunt indien die beweging 65 , sekondes lank aanhou.

Oplossing:

Let daarop dat ons vir t moet bereken wanneer die deeltjie by sy beginpunt geleë is, dit wil

sê wanneer d = 0 . Die vraag beteken dus eintlik:

Los op vir t indien

3 2

2t 15, 4t 25, 44t 0

Aangesien t ‘n gemeenskaplike faktor is, kan ons die vergelyking soos volg herskryf:

2 ( , , )

t 2t − 15 4t + 25 44 = 0

Let op dat dit beteken dat t = 0 of dat

2

2t 15, 4t 25, 44 0

83

Maar

oplos:

2

2t 15, 4t 25, 44 0

− + = is ‘n kwadratiese vergelyking, wat ons op die gewone manier kan

2

− b± b −4ac

t = met a = 2 , b =− 15, 4 en c = 25, 44 . Dus volg dit dat:

2a

( 15, 4) (

2

15, 4) 2( 2)

4( 2)( 25, 44)

t =

15, 4 ±

∴ t =

237, 16 −203,

52

4

15, 4 − 33, 64

∴ t =

4

of

15, 4 + 33, 64

t =

4

∴ t = 24 , of t = 53 ,

Let op dat daar drie waardes van t is, naamlik t = 0 , t = 24 , en t = 53 , .

Die deeltjie was dus aanvanklik (toe t = 0 sekondes) by die beginpunt van die beweging,

asook na 24 , sekondes en toe weer na 53 , sekondes .

Die deeltjie moes dus twee keer omgedraai het en terugwaarts beweeg het – dit moet iewers

tussen t = 0 en t = 24 , gebeur het en weer iewers tussen t = 24 , en t = 53 , .

Opmerking: Verdere vrae kan gevra word, soos:

1. Wat is die verste wat die deeltjie vanaf sy beginpunte beweeg?

2. Aan watter kant (links of regs) van die beginpunt gebeur dit?

3. Wat is die definisieversameling en waardeversameling van die funksie?

Die eerste twee van hierdie vrae kan algebraïes met behulp van differensiasie opgelos word

(differensiasie word in die volgende Tegniese Wiskunde-module eers ingevoer). Die derde

vraag kan ons reeds gedeeltelik beantwoord, aangesien die definisieversameling van die

funksie

3 2

= 2 − 15, 4 + 25, 44 in hierdie geval duidelik Df{ t 0 t 6, 5;

t }

d t t t

84

= ≤ ≤ ∈ is.

Om die waardeversameling te bepaal, moet ons egter ‘n manier kry om die grootste en

kleinste waardes van d te bepaal. Algebraïes kan dit met behulp van differensiasietegnieke

bepaal word.

Ons beskik egter nog nie oor daardie tegnieke nie. Daarom sal ons in hierdie module eerder

van ‘n grafiese ontleding gebruik maak. Dit kom daarop neer dat ons die funksie

3 2

2 15, 4 25, 44

d = t − t + t akkuraat sal skets en aflesings vanaf ons grafiek sal maak.

Hoe om ‘n kubiese vergelyking grafies op te los

Wanneer ons ‘n kubiese funksie

inligting bepaal:

• die afsnit op die vertikale as

3 2

y = ax + bx + cx+ d grafies voorstel, moet ons volgende

• die afsnitte op die horisontale as (dit word die wortels van die kubiese vergelyking

3 2

ax bx cx d

+ + + = 0 genoem)

• die posisie van die draaipunt(e)

Ons kan die funksie natuurlik ook akkuraat met behulp van ‘n tabel van waardes skets.

Om die akkuraatste grafiek moontlik te verkry, kan van die afsnitte, draaipunte asook ‘n tabel

gebruik gemaak word.

Voorbeeld van ‘n kubiese model wat grafies gehanteer kan word:

‘n Sekere deeltjie kan heen en weer beweeg op ‘n plat vlak. Die afstand d (in meter) wat hy

hom vanaf sy beginpunt bevind, word gegee deur die formule

85

3 2

2 15, 4 25, 44

d = t − t + t waar t

in sekondes uitgedruk word. Indien d > 0 , is die deeltjie regs van sy beginposisie. Bepaal

op watter tydstippe (dit is, vir watter waardes van t ) bevind die deeltjie homself by sy

beginpunt indien die beweging 65 , sekondes lank aanhou.

Oplossing:

Let daarop dat ons vir t moet aflees wanneer die deeltjie by sy beginpunt geleë is, dit wil sê

wanneer d = 0 . Die vraag beteken dus eintlik:

Lees op die grafiek van .

3 2

2 15, 4 25, 44

d = t − t + t af waar die grafiek die t -as sny.

Om die akkurate grafiek van ‘n kubiese funksie te teken, kan ons GSP of Excel gebruik.

Indien u potlood en papier gebruik, sou u ‘n tabel soos die volgende moes opstel (onthou:

hoe meer punte u in u tabel insluit, hoe akkurater die grafiek wat u kan teken):

Indien hierdie punte nou op papier gestip word, sou die grafiek soos volg lyk:

Indien u van ‘n tabel gebruik maak, kan bostaande grafiek kan ook met behulp van Excel

geteken word.

(metode: Genereer eers die tabel (u kan die formule in die sel waar die eerste d -waarde

moet verskyn, intik en dan gewoon die formule na die ander selle kopieer)

Dan selekteer u die hele datastel (albei rye getalle) en kies “insert” “chart”

“scatter plot”.

86

U moet maar met die ander keuses in Excel eksperimenteer om die asse te

benoem, ‘n kromme deur die punte te trek, die rooster (“grid lines”) te verstel,

ensovoorts)

Wanneer ons egter die vergelyking van ‘n grafiek het, is dit die maklikste om GSP te gebruik

om die kromme te skets. Dan kan ons ‘n punt op die kromme plaas, die koördinate meet en

die punt gewoon skuif na enige plek op die kromme waar ons ‘n aflesing wil maak.

Sodoende verkry ons:

Uit die grafiese analises hierbo is dit duidelik dat die deeltjie aanvanklik (toe t = 0 sekondes)

by die beginpunt van die beweging was, asook na 24 , sekondes en toe weer na

53 , sekondes .

Die deeltjie het dus twee keer omgedraai en terugwaarts beweeg – dit het iewers tussen

t = 0 en t = 24 , gebeur en weer iewers tussen t = 24 , en t = 53 , .

Bogenoemde stem ooreen met die resultate van die algebraïese metode.

87

Uit die bespreking hierbo blyk dit dat die oplossings van die vergelyking

3 2

2t 15, 4t 25, 44t 0

− + = dieselfde is as die wortels van die vergelyking. Die wortels word

grafies verkry deur die horisontale as-afsnitte af te lees.

In die algemeen: Wanneer ons ‘n vergelyking

dan teken ons gewoon die grafiek van die funksie

88

3 2

ax bx cx d

+ + + = 0 grafies wil oplos,

3 2

y = ax + bx + cx+ d en lees af waar

die horisontale as gesny word; hierdie horisontale as-afsnitte gee die oplossings van

die vergelyking

3 2

ax bx cx d

+ + + = 0 .

Let verder daarop dat dit vanaf die grafieke duidelik is dat die waardeversameling van die

funksie gegee word deur Wf{ d 16, 73 d 64, 3;

d }

Die verste wat die deeltjie dus na links beweeg is 16,73 m en die verste wat dit na regs

beweeg, is 64,3 m.

Oefening 2.3 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

15.3 432 Doen met behulp van GSP:

29, 31, 35

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

‘n Battery het ‘n emk (maksimum

moontlike vermoë om stroom te

lewer) van 16 Volt en lewer ‘n

konstante stroom van

I = 10 Ampere . Namate die battery

arbeid verrig, neem die interne

weerstand r (gemeet in Ω ) toe (die

die battery word pap).

Die klemspanning V (dit is die

werklike “sterkte” van die battery),

gemeet in Volt, word gegee deur die

formule V = E − Ir .

1.1 Gebruik die gegewe inligting en toon

aan dat die formule V = 16 − 10r

vir

hierdie battery geld.

1.2 Gebruik die volgende skaal en skets

die kromme met vergelyking

V = 16 − 10r:

1cm = 1Volt

1cm = 01 , Ω

1.3 By watter interne weerstandswaarde

sal die battery heeltemal pap wees?

Opgawe 2

Vraag 1/ Question 1

89

A battery has an emf (maximum

possible ability to supply current) of

16 Volt and supplies a constant current

of I = 10 Ampere . While the battery

does work, its internal resistance r

(measured in Ω ) increases (the battery

runs down or becomes “flat”).

The terminal voltage V (that is the

actual “strength” of the battery),

measured in Volt, is given by the

formula V = E − Ir .

Use the given information and show

that for this battery the formula

V = 16 − 10r

holds.

Use the following scale and sketch the

curve of the equation V = 16 − 10r:

1cm = 1Volt

1cm = 01 , Ω

At which internal resistance will the

battery be completely flat?

1.4 Wat is die klemspanning wanneer die

battery splinternuut is (wanneer die

interne weerstand nul is)?

Die temperatuur in grade Celcius op

‘n hoogte y meter bo die

aardoppervlak word soos volg

grafies voorgestel:

2.1 Bepaal die vergelyking van die

grafiek in standaardvorm.

2.2 Bereken hoe hoog bo die

aardoppervlakte sal die

temperatuur 13° C wees.

Vraag 2/ Question 2

90

What is the terminal voltage when the

battery is brand new (when the internal

resistance is zero)?

The temperature in degrees

Centigrade at an altitude y meters

above the surface of the earth is

represented graphically as follows:

Determine the equation of the

graph in standard form.

Calculate how high above the

surface of the earth the

temperature would be 13° C .

‘n Argitek ontwerp ‘n venster sodat dit

die vorm het van ‘n reghoek met ‘n

halfsirkel bo-op:

Die hoogte van die reghoekige

gedeelte is 10 cm meer as die wydte

van die venster.

3.1 Toon aan dat die omtrek P van die

venster as funksie van die radius r

geskryf kan word as:

( ) ( π )

P r = + 6 r+

20

3.2 Teken ‘n grafiek van P teenoor r vir

0≤ r ≤ 50.

Vraag 3/ Question 3

91

An architect designs a window such

that it has the shape of a rectangle

with a semicircle on top:

The height of the rectangular part of

the window is 10 cm more that its

width.

Show that the circumference

(perimeter) P of the window may

expressed as a function of the radius

r as:

( ) ( π )

P r = + 6 r+

20

Sketch a graph of P against r for

0≤r≤ 50.

3.3 Skryf die waardeversameling van die

funksie ( ) ( π )

P r = + 6 r+

20 neer.

3.4 Bereken die omtrek van die venster

indien die radius 35 cm is en toon

duidelik op die grafiek aan waar u

hierdie waarde sou aflees.

Die vorm van ‘n betonboog in die

struktuur van ‘n gebou word beskryf

deur die vergelyking

1

y x

4

2

=− + 7 .

Die vloer van die gebou (grondvlak)

word as die X-as gekies; alle

afmetings is in meter.

4.1 Skets die boog en toon sy hoogte en

die breedte van die basis duidelik

aan.

Vraag 4/ Question 4

92

Write down the range of the function

( ) ( π )

P r = + 6 r+

20.

Calculate the circumference of the

window when the radius is 35 cm and

clearly indicate on the graph where

you would read off this value.

The shape of a concrete arch in the

structure of a building is described by

1 2

the equation y =− x + 7 .

4

The floor of the building (ground

level) is taken as the X-axis; all

dimensions are given in meters.

Sketch the arch and clearly indicate its

height and the width of its base.

Die vorm van die draagkabels van ‘n

hangbrug word deur middel van ‘n

funksie h = f ( x)

voorgestel, waar

2

f x ax bx c

5.1 Bepaal die waardes van a , b en c in

2

die funksie f ( x) = ax + bx+ c.

Vraag 5/ Question 5

93

The shape of the supporting cables of

a suspension bridge is represented by

a function h = f ( x)

where

2

f x ax bx c

Determine the values of a , b and c

2

in the function f ( x) = ax + bx+ c.

Die hoogte van ‘n projektiel word deur

middel van ‘n funksie h= f ( t)

2

voorgestel, waar f () t = at + bt+ c:

6.1 Bepaal die waardes van a , b en c in

2

die funksie f () t = at + bt+ c.

'n Silinder wat

3

5m vloeistof kan hou

word vervaardig deur ‘n vel

plaatmetaal op te rol in ‘n buis en ‘n

sirkelvormige skyf vir die bodem te

sny en dit onderaan die buis vas te

sweis:

Vraag 6/ Question 6

Vraag 7/ Question 7

94

The altitude of a projectile is

represented by a function h= f ( t)

2

where f ( t) = at + bt+ c:

Determine the values of a , b and c

2

in the function f () t = at + bt+ c.

A cylinder which must be able to hold

3

5m of liquid is manufactured by

rolling a sheet of sheet metal in a tube

and cutting a circular disk for the

bottom and welding it onto the tube:

7.1 Van watter twee veranderlikes hang

die grootte van die buite-oppervlakte

af?

7.2 Bewys dat die buite-oppervlakte van

die silinder in die vorm van ‘n funksie

uitgedruk kan word as

2 10

( ) π

A r = r + .

r

7.3 Voltooi die tabel hieronder en gebruik

dit om ‘n netjiese, akkurate grafiek

r

te

skets. Gebruik ‘n skaal van

3 cm = 1eenheid op die x -as en ‘n

2 10

van die funksie A( r) π r

skaal van 1cm = 5 eenhede op die

vertikale as.

95

On which two variables does the

magnitude

depend?

of the surface area

Show that the surface area of the

cylinder may be expressed in the

form of a function as

2 10

( ) π

A r = r + .

r

Complete the table below and use it

to sketch a neat, accurate graph of

r

. Use a

scale of 3cm= 1uniton

the x -axis

2 10

the function A( r) π r

and a scale of 1cm = 5 eenhede on

the vertical axis.

U hoef nie die tabel in u skrif oor te

teken nie.

7.4 Gebruik u grafiek en skat die waarde

van r waarvoor die buite-oppervlakte

‘n minimum sal wees en dui dit

duidelik op u grafiek aan.

7.5 Gebruik u antwoord op vraag 2.4 en

bereken die minimum moontlike

buite-oppervlakte van die silinder.

Toon hierdie waarde duidelik op u

grafiek aan.

7.6 Wat is die grootste aantal draaipunte

wat ‘n tweedegraadse grafiek kan hê?

7.8 Noem enige vier maniere maniere

waarop ‘n werkliksgetroue situasie

wiskundig voorgestel kan word.

96

You do not need to copy the table into

your answering script.

Use your graph to estimate the value

of r so that the surface area is a

minimum and clearly indicate it on

your graph.

Use your answer to question 2.4 and

calculate the minimum possible surface

area of the cylinder. Clearly indicate

this value on your graph.

What is the highest number of turning

points that a quadratic curve can have?

List any four ways in which a real life

situation my be represented

mathematically.

'n Kartonhouer word vervaardig deur

'n reghoekige vel karton, 45 cm by 30

cm te neem en uit elke hoek 'n

vierkantige stuk karton te sny. Die

kante word dan boontoe gevou om die

wande van die houer te vorm:

8.1 Laat x die sylengte wees van elke

vierkant wat uit die karton gesny word.

Toon aan dat die volume van die

houer gegee word deur die formule

3 2

V 4x 150x 1350x

Vraag 8/ Question 8

97

A cardboard container is manufactured

from a rectangular sheet of cardboard,

45 cm by 30 cm. A square piece of

cardboard is cut from each of the four

corners and the sides are then folded

upwards to form the sides of the

container:

Let x be the side length of each of the

squares which are cut out of the sheet

of cardboard. Show that the volume of

the container is given by the formula

3 2

V 4x 150x 1350x

8.2 Dit is moontlik om die formule hierbo

soos volg te skryf:

( ) 3 2

V x = 4x − 150x + 1350x,

Wat presies beteken hierdie

skryfwyse?

Wenke:

• Wat is die onafhanklike

veranderlike?

• Op watter as van ‘n grafiek sal ons

die onafhanklike veranderlike

aandui?

• Wat is die afhanklike veranderlike

en hoe sien u dit?

• Op watter as van ‘n grafiek sal ons

die afhanklike veranderlike

aandui?

• Wat moet ons weet voordat ons

die volume-waarde kan bereken?

8.3 Wat word bedoel met die

definisieversameling van die

funksie?

(Wees spesifiek in u verduideliking)

98

It is possible to write the formula above

as follows:

( ) 3 2

V x = 4x − 150x + 1350x,

What is the precise meaning of this

notation?

Hints:

• What is the independent variable?

• On which axis of the graph shall we

indicate the independent variable?

• What is the dependent variable and

how do you see that?

• On which axis of the graph shall we

indicate the dependent variable?

• What must we know before we can

calculate the volume-value?

What do we mean by the domain of

the function?

(Be explicit in your explanation)

8.4 Skryf die definisieversameling van

hierdie funksie neer deur middel van

die korrekte notasie en simbole.

8.5 Voltooi die volgende tabel van

waardes en stip (“plot”) die grafiek van

volume teen x :

8.6 Gebruik die grafiek en skat watter

waarde van x lewer die grootste

volume.

Wat is die maksimum moontlike

volume van die houer?

8.7 Skryf die waardeversameling van

hierdie funksie neer deur van die

korrekte notasie en simbole gebruik te

maak.

8.8 Gebruik Microsoft Excel en doen nr

7.5 hierbo op rekenaar.

8.9 Gebruik GSP en teken die grafiek van

die funksie

( ) 3 2

V x = 4x − 150x + 1350x.

99

Write down the domain of this function

by utilising the correct natation and

symbols.

Complete the following table and plot

the graph of volume against x :

Use the graph and estimate which

value of x yields the highest volume.

What is the maximum possible volume

of the container?

Write down the range of this function by

utilising the correct notation and

symbols.

Use Microsoft Excel and do nr 7.8

above on the computer.

Use GSP and sketch the graph of the

V x = 4x − 150x + 1350x.

function ( ) 3 2

Die oplossings van bogenoemde probleme word tydens lesings bespreek. Die

oplossings van sekere vrae sal op eFundi gepubliseer word.

3 Rasionale funksies, eksponensiële funksies en

logaritmiese funksies

Geskatte tyd benodig om die leeruitkomste te bemeester

12 ure

Noodsaaklike voorkennis

1. Leereenheid 1

2. Hoe om ‘n vergelyking wat breuke bevat, op te los deur regdeur met die KGV van

noemers te vermenigvuldig (WSKT 111, Leergedeelte 3.5)

3. Hoe om eksponensiële en logaritmiese vergelykings op te los (WSKT 111,

Leereenheid 5)

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Eenvoudige rasionale vergelykings in die standaardvorm

funksie te skryf;

100

k

y = vir ‘n rasionale

x

2. Rasionale funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van

geskikte rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar rasionale funksie-modelle

betrokke is, op te los;

4. Eksponensiële vergelykings in die standaardvorm

kx ( 1 )

y A e −

= − vir ‘n eksponensiële funksie te skryf;

kx

y Ae −

= of

kx

y = Ae of

5. Eksponensiële funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp

van geskikte rekenaarprogrammatuur);

6. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar eksponensiële modelle betrokke

is, op te los;

7. Logaritmiese vergelykings in die standaardvorm y = klogb ax vir ‘n logaritmiese

funksie te skets (met die hand of met geskikte rekenaarprogrammatuur);

8. Logaritmiese funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van

geskikte rekenaarprogrammatuur);

9. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar logaritmiese modelle betrokke is,

op te los

Hersiening uit vorige leereenhede

Uit Leergedeelte 1.3 volg:

‘n Funksie is ‘n spesiale soort reël waarvolgens ‘n waarde (die afhanklike veranderlike

genoem) bereken kan word deur ‘n ander waarde (die onafhanklike veranderlike

genoem) in ‘n sekere algebraïese vergelyking (die model) te vervang.

Funksies word gebruik om prosesse of situasies in die werklike lewe te beskryf. Ons

gebruik funksies om wiskundige modelle saam te stel.

Wat is ‘n wiskundige model?

Wel, dit is ‘n wiskundige voorstelling van ‘n fisiese situasie of probleem. Die werklike lewe

(en die meeste tegnologiese toepassings in fabrieke, werkswinkels of laboratoriums) het met

ingewikkelde probleme en situasies te doen.

Tog kan sulke situasies wiskundig vereenvoudig word deur slegs na twee of miskien drie

meetbare aspekte daarvan op ‘n keer te kyk. Hierdie meetbare aspekte word veranderlikes

genoem. Die manier waarop die een veranderlike van die ander afhanklik is, word in die

vorm van ‘n formule (wiskundige vergelyking) geskryf.

Hierdie formule word ‘n wiskundige model genoem.

101

Daar is minstens vyf maniere om ‘n werklikheidsgetroue proses (of die funksie wat dit

beskryf) voor te stel, naamlik

• ‘n numeriese beskrywing (‘n tabel van gemete of berekende waardes)

• ‘n grafiese beskrywing (‘n kromme op ‘n koördinaatvlak met ‘n assestelsel daarby)

• ‘n woordelikse beskrywing en/of ‘n skematiese beskrywing soos ‘n diagram

• ‘n algebraïese beskrywing (‘n formule of vergelyking)

• ‘n praktiese voorbeeld wat die gedrag van die proses of probleem illustreer

In hierdie leereenheid bestudeer ons werklikheidsgetroue probleme wat met behulp van een

van die volgende tipes funksies gemodelleer kan word:

1. Rasionale funksies (magsfunksies waar die eksponent negatief is, tipies iets soos

1

y k x −

= ⋅ , wat maar presies dieselfde beteken as

konstante is)

2. Eksponensiële funksies (

verval-funksies voorstel)

kx

y Ae −

= of

3. Logaritmiese funksies ( y = klogb ax )

kx

= of y A( 1 e ) −

kx

y Ae

102

k

y = waar k enige reële

x

= − , wat groei-funksies en

Hierdie tipes funksies is nie polinoomfunksies nie. Hulle kan dus nie in die vorm

y = a x + a x + a x + a x + + a x geskryf word nie.

0

Die funksies

n n−1 n−2 n−3

0

1 2 3 ... n

k

y = ,

x

kx

y Ae −

= of

kx

= of y A( 1 e ) −

kx

y Ae

= − en y = klogb ax besit bepaalde

algebraïese en grafiese eienskappe wat hulle geskik maak om sekere tipes probleme voor te

stel waarvoor polinoomfunksies nie geskik is nie.

Voorbeelde van sulke probleme waarvoor polinoomfunksies nie geskik is nie, is die

volgende:

• Indirekte eweredigheid (ook genoem: omgekeerde eweredigheid)

• Situasies wat beskryf word deur diskontinue funksies (funksies wat so is dat daar

sekere waardes van die onafhanklike veranderlike bestaan, waarvoor ons nie ‘n

bybehorende waarde van die afhanklike veranderlike veranderlike kan bereken nie –

funksies waarvan die grafiek ‘n “sprong” of ‘n “oop punt” vertoon)

• Situasies waar gelykmatige groei of verval voorkom

• Situasies waar daar beperkte groei voorkom

In die volgende leergedeeltes word bogenoemde funksies bespreek. In elke geval beskou

ons ‘n tipiese situasie of probleem uit die tegniese of natuurwetenskaplike studieveld waar

die spesifieke tipe funksie gebruik word om die situasie of probleem te modelleer.

Let daarop dat die heuristiek wat in Leergedeelte 2.1 gegee is, steeds net so gebruik word

wanneer ons enige werklikheidsgetroue situasie of probleem modelleer.

Ter wille van hersiening, verskaf ons weereens die stappe van die heuristiek:

Die stappe van die heuristiek waarmee ons werklikheidsgetroue probleemsituasies

ontleed

1. Verkry twee stelle waardes (data) deur meting. (Die een stel waardes is die onafhanklike

veranderlike; die ander stel waardes is die afhanklike veranderlike)

2. Stel die waardes (gewoonlik metings) in ‘n tabel voor

3. Gebruik die tabel om ‘n akkurate grafiek te verkry

4. Gebruik die patroon waarin die data-punte op die grafiek voorkom en trek ‘n beste lyn of

kromme deur die punte.

5. Gebruik hierdie “beste lyn” of kromme om interpolasie en ekstrapolasie te doen deur

middel van aflesings.

6. Indien akkurate inter- en ekstrapolasie verlang word, verkry die vergelyking van die

“beste lyn” of kromme wat u in Stap 4 verkry het. Hierdie vergelyking is die funksie

(wiskundige model) wat die probleemsituasie wat u ondersoek, beskryf.

7. Sodra u die vergelyking van die regressie-lyn of regressie-kromme het, kan u dit gebruik

om inter- en ekstrapolasie te doen, deur middel van vervanging en berekening.

8. Die gedrag van die funksie kan nou vanaf die grafiek en vanaf die vergelyking (formule

vir die grafiek) beskryf word in terme van begrippe soos:

• Stygend/ dalend

103

• Konkaaf na bo/ konkaaf na onder (sien Fig. 24.31 (a) op p. 709 van die handboek)

• Maksimumwaarde/ minimumwaarde(s) soos uit draaipunte en randwaardes verkry

• Vertikale asimptote (ons bespreek dit later – dis waar die grafiek “spronge” maak

• Horisontale asimptote (dit is horisontale lyne waarna die grafiek streef, maar nooit

verbysteek nie)

• Definisieversameling

• Waardeversameling

Let gerus fyn op hoe ons in die gedeeltes wat volg, telkens van bogenoemde heuristiek in

een of ander vorm gebruik maak.

104

3.1 Rasionale funksies

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Eenvoudige rasionale vergelykings in die standaardvorm

funksie te skryf;

105

k

y = vir ‘n rasionale

x

2. Rasionale funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van

geskikte rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar rasionale funksie-modelle betrokke

is, op te los

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

3.4 92 – 96

Rasionale funksie-modelle en omgekeerde eweredigheid (ook

genoem: indirekte eweredigheid)

Indien ‘n werklikheidsgetroue probleem of situasie beskryf kan word deur ‘n magsfunksie met

‘n eksponent van − 1 (dit wil sê, ‘n vergelyking soos

1

y k x −

= ⋅ ) of voorgestel kan word deur ‘n

reghoekige hiperbool dan dui dit daarop dat die grootheid op die vertikale as (die

afhanklike veranderlike) omgekeerd eweredig is aan die grootheid op die horisontale

as (onafhanklike veranderlike).

k

Die vergelyking van so ‘n reghoekige hiperbool is op skool geskryf as . y = .

x

‘n Voorbeeld van omgekeerde eweredigheid uit elektriese stroomteorie

‘n Eenvoudige eksperiment word uitgevoer om vas te stel wat die verband is tussen die

stroomsterkte I en die weerstand R in ‘n elektriese stroombaan indien die potensiaalverskil

V konstant bly. Die eksperimentele opstelling bestaan uit ‘n battery (houer met selle wat in

serie verbind is), ‘n gloeilamp met verstelbare helderheid, ‘n ammeter (om stroom mee te

meet) en ‘n voltmeter (om spanning mee te meet).

Aanvanklik, by maksimum helderheid, besit die gloeilamp ‘n weerstand van 10 Ω sodat die

ammeter ‘n stroom van 0,6 A meet:

Die helderheid van die gloeilamp word nou geleidelikheid swakker gestel deur die weerstand

van die gloeilampie in stappe van 10 Ω te verhoog totdat die weerstand 70 Ω is.

Die ammeterlesing word telkens gemeet en saam met die weerstandwaardes in tabelvorm

voorgestel.

Die volgende resultate word verkry:

106

Om ‘n beter idee te kry van hoe die stroomsterkte in die stroombaan (helderheid van die

lampie) en die weerstand van die lampie verband hou, kan ons die inligting grafies voorstel.

Aangesien die weerstandswaardes waarby ons telkens die stroom gemeet het,

onafhanklik was van enige ander faktor buiten ons eie keuse, is die weerstand R die

onafhanklike veranderlike en sal dit op die horisontale as voorgestel word; volgens ‘n

soortgelyke redenasie moet die stroom I (waarvan die waarde afgehang het van die

weerstandswaarde waarby die stroomlesing geneem is) die afhanklike veranderlike wees

en sal dit op die vertikale as voorgestel word. Ons kan stroom dus beskou as ‘n funksie van

weerstand en dit soos volg skryf:

I = f ( R)

Dit is ook reeds uit die tabel van data duidelik dat die definisieversameling (“domain”) van die

stroomfunksie die volgende is:

f

{ 10 70; }

D = R ≤ R≤ R∈

Dit is ewe duidelik uit die tabel van data dat die waardeversameling (“range”) van die

stroomfunksie die volgende is:

f

{ 0,086 0,6; }

W = I ≤ I ≤ I∈

107

Die resulterende grafiek bevat sewe datapunte en ons kan interpolasie toepas deur die punte

met ‘n gladde kromme te verbind; die vorm van hierdie kromme laat ons vermoed dat dit ‘n

reghoekige hiperbool is:

Om te bevestig of ‘n gegewe kromme wel ‘n reghoekige hiperbool is of nie, kan ons ‘n

eenvoudige toets toepas:

Stel vas of die produk van die afhanklike en onafhanklike koördinate van elke punt op die

kromme ‘n konstante waarde k lewer; indien wel, het ons sonder twyfel met ‘n reghoekige

hiperbool te doen.

Dit is duidelik dat die produk van I en R telkens vir al sewe die datapunte in die tabel

dieselfde waarde lewer, naamlik 6. Die kromme is dus wel ‘n reghoekige hiperbool met

konstante k = 6 .

Dit is verder uit die vorm van die kromme duidelik dat as die weerstand in ‘n sekere

verhouding toeneem, die stroom in dieselfde verhouding afneem. Indien, byvoorbeeld, die

weerstand vanaf 20 Ω tot 60 Ω toeneem (drie maal groter word), dan neem die stroom

van 0,3 A tot 0,1 A af (word drie maal kleiner). Hierdie tipe verband tussen afhanklike en

onafhanklike veranderlike word ‘n omgekeerde eweredigheid genoem.

108

Die voorstellings hierbo is egter slegs skematiese, numeriese, grafiese en woordelikse

modelle; om behoorlike interpolasie en ekstrapolasie uit te voer, benodig ons ‘n

algebraïese model vir die situasie – met ander woorde ons moet die vergelyking van die

kromme bepaal.

Nou is dit uit skoolwiskunde bekend dat die vergelyking vir ‘n reghoekige hiperbool

in terme van ons situasie is die vergelyking dus

109

6

I = .

R

k

y = is;

x

Dit is dus maklik om vergelyking van ‘n eenvoudige rasionale algebraïese model te bepaal.

Ons kan natuurlik ook van Microsoft Excel se ingeboude regressiefunksie gebruik maak om

die vergelyking van die kromme deur die stel datapunte op die grafiek te verkry. Soos

voorheen (in Leergedeelte 2.2) kan ons soos volg te werk gaan:

Tik gewoon die datapunte in tabelvorm in Excel en selekteer al die dataselle. Kies dan

“Insert” “Scatter plot” en selekteer al die punte op die grafiek. Kies “Add Trendline” en soek

die tipe kromme wat die beste deur al die punte gaan (dit sal “power function” wees indien al

die geselekteerde punte wel op ‘n reghoekige hiperbool lê). Merk dan “Display Equation on

chart”. Excel vertoon dan die vergelyking van die kromme vir u:

Opmerking: U sal uit u kennis van eksponentwette onthou dat die vergelyking

Excel vertoon, geskryf kan word as

k

y = .

x

110

y x −

1

= 6 wat

Let ook daarop dat Excel ongelukkig ook nie die vergelyking in terme van die simbole I en

R kan gee nie; dit gebruik die simbool x vir die onafhanklike veranderlike en die simbool y

vir die afhanklike veranderlike. In terme van ons simbole stem Excel egter saam dat

6

I = .

R

6

Noudat ons die algebraïese model I = tot ons beskikking het, kan ons interpolasie

R

uitvoer (bereken byvoorbeeld die stroomwaarde wanneer die weerstand 24 Ω , of bereken

die weerstandswaarde waarby die stroom 0,5 A is) asook ekstrapolasie (bereken

byvoorbeeld die waarde van die stroom indien die weerstand 1Ω sou wees, of bepaal die

weerstand waarby die stroom 0,0001 A sou wees).

Indien ons die funksie

6

I = egter met behulp van GSP gaan teken (ons sal dit natuurlik

R

6

moet inlees as y = ) en ons skets die grafiek op die interval −10 ≤ x ≤ 100 verkry ons die

x

volgende interessante grafiek:

Dit is duidelik dat die funksie

6

y = ongewone gedrag vertoon in die omgewing van die punt

x

x = 0 ; klaarblyklik “breek” of spring die kromme waar x = 0 en dit beteken dat daar geen y -

waarde bestaan waar x = 0 nie. So ‘n punt (in hierdie geval die punt x = 0 ) waar ‘n kromme

“breek” of “spring” word ‘n diskontinuïteit genoem.

Die vraag is egter nou: Watter inligting gee die voorkoms van ‘n diskontinuïteit vir ons

6

omtrent ons wiskundige model I = waarvolgens stroom omgekeerd eweredig is aan

R

weerstand?

Daar is minstens drie belangrike waarnemings wat ons kan maak:

• In die eerste plek moet ons daarop let dat dit beteken dat die weerstand fisies nooit

‘n nulwaarde kan aanneem nie; indien wel, sou die stroomwaarde na oneindig streef.

Enigiemand met ‘n bietjie wetenskaplike kennis weet dat die verwarmingseffek van ‘n

elektriese stroom sterk afhang van die stroomsterkte; ‘n baie groot stroom veroorsaak

tipies dat die geleiers smelt en die stroombaan vernietig word. Wiskundig skryf ons

I →∞ indien R → 0 . Ons kan ook skryf

lim I = ∞ ; dit beteken dieselfde.

• In die tweede plek moet ons daarop let dat die grafiek van ‘n rasionale funksie

R→0

111

k

I =

R

nooit deur die vertikale lyn R = 0 (in hierdie geval is dieselfde as die vertikale as)

sal breek nie. Daarom noem ons die vertikale lyn R = 0 ‘n vertikale asimptoot vir die

k

funksie I = .

R

• Wanneer R = 0 , kan ons nie ‘n bybehorende I -waarde bereken nie, aangesien die

6

vergelyking van die funksie I = dan sou vereis dat ons deur nul deel:

R

6

I R=

0 0

wat beteken oneindig groot, ongedefinieerde waarde

In wese beteken ‘n diskontinuïteit by ‘n sekere punt dus dat deling deur nul by daardie

waarde in die vergelyking van die grafiek sou voorkom.

Dit is egter ook duidelik dat die funksie

van x baie groot raak:

6

y = ongewone gedrag vertoon waar die waarde

x

Klaarblyklik streef die waarde van y na nul, maar bereik dit nooit nie (indien wel, sou ons die

kromme deur die X-as sien gaan). Dit lyk trouens asof die waarde van y bloot al hoe kleiner

word namate x groter word. Ons kan ook gerus met ‘n rekenaar nagaan wat met y sou

gebeur as x baie groot word:

112

Die tabel hierbo gee vir ons interessante insig in verband met algebraïese model

Die volgende twee opmerkings kan gemaak word:

113

6

I = .

R

• In die eerste plek beteken die feit dat die kromme altyd bokant die stroom-as lê, dat

I → 0 indien R →∞. Fisies beteken dit dat die stroom al hoe kleiner word namate die

weerstand groter word, maar dat die stroom nooit presies nul bereik nie. Ons kan dit

wiskundig skryf as lim I = 0 .

R→∞

• In die tweede plek moet ons daarop let dat die grafiek van ‘n rasionale funksie

k

I =

R

nooit deur die horisontale lyn I = 0 (in hierdie geval is dieselfde as die horisontale

as) sal breek nie. Daarom noem ons die horisontale lyn I = 0 ‘n horisontale asimptoot

k

vir die funksie I = .

R

Ons ondersoek het dus interessante aspekte van omgekeerde eweredigheid en rasionale

funksies aan die lig gebring.

Bestudeer ook die volgende bespreking wat illustreer hoe

ingewikkelder rasionale funksies vir wiskundige modelle gebruik

kan word

Gestel ‘n pasiënt word ‘n binne-aarse inspuiting toegedien en die konsentrasie C van die

medisyne in sy bloedstroom word halfuurliks gemeet vir die daaropvolgende tien ure. Die

metings word hieronder numeries asook grafies voorgestel:

Die asimmetriese vorm van die kromme verraai onmiddellik dat die algebraïese model vir

hierdie situasie nie ‘n lineêre funksie, kwadratiese funksie, kubiese polinoomfunksie of

eenvoudige rasionale funksie kan wees nie. Ingewikkelde wiskundige metodes (wat ons nie

in WSKT 221 bestudeer nie) moet gebruik word om die vergelyking van die kromme te

25t

bepaal. So kan vasgestel word dat die kromme van die funksie C() t = 2

t + 2t + 1

feitlik

perfek deur die gegewe datapunte pas.

Rasionale funksies kan dus ook ingewikkelder formules besit as

y

f ( x)

= waar beide ( )

g ( x)

114

k

y = , soos byvoorbeeld

x

f x en g ( x ) polinoomfunksies is. In die geval van ons voorbeeld

25t

is die vergelyking van die rasionale funksie-model C = 2

t + 2t + 1

Sulke ingewikkelde rasionale funksies het ook (soos by eenvoudige rasionale funksies,

6

byvoorbeeld I = ) die interessante eienskap dat daar waardes van die onafhanklike

R

veranderlike bestaan waarvoor ons gewoon nie ‘n waarde van die afhanklike veranderlike

kan bereken nie.

Dit is so dat alle rasionale funksies in terme van algebraïese breuke gedefinieer word; die

25t

funksie C() t = , byvoorbeeld, is gedefinieer in terme van ‘n teller (naamlik 25t ) en

2

t + 2t + 1

‘n noemer (naamlik 2

t + 2t+ 1).

Aangesien die deel-bewerking slegs uitgevoer kan word

25t

solank as daar nie met nul gedeel word nie, is dit duidelik dat die funksie C() t = 2

t + 2t + 1

slegs bestaan solank 2

t + 2t+ 1≠ 0;

indien 2

t + 2t+ 1= 0,

dan kom deling deur nul voor en dus

kan ons die waarde van C nie bereken nie.

Aangesien die waarde t =− 1 nie in die tabel hierbo voorkom nie, lyk dit asof die funksie

kontinu is (en dit is inderdaad kontinu vir t ≥ 0 ). Onthou ook dat tyd in werklikheid nie

25t

negatiewe waardes kan aanneem nie. Die model C() t = is dus geldig vir praktiese

2

t + 2t + 1

doeleindes.

Kyk gerus wat gebeur indien u probeer om C te bereken as t =− 1 in die funksie

() = 2

C t

25t

t + 2t + 1

25t

Ons sê dat die rasionale funksie C() t = 2

t + 2t + 1

115

ongedefinieerd is vir t =− 1.

Dit beteken

dat die funksie diskontinu is waar t = − 1 en daarmee bedoel ons dat die grafiek van die

25t

funksie C() t = 2

t + 2t + 1

‘n sprong of ‘n opening het waar t = − 1.

25t

Die vraag is nou hoe die grafiek van C() t = 2

t + 2t + 1

lyk waar t = − 1.

25t

Op die volgende bladsy het ons ‘n grafiek van C() t = vir 3 8

2

t + 2t + 1

t − ≤ ≤ geteken; die

grafiek is met behulp van GSP geskep:

Dit is duidelik dat die grafiek buitengewone gedrag vertoon in die omgewing van die punt

t =− 1 op die tyd-as.

Hierdie tipe gedrag word, soos voorheen, ‘n diskontinuïteit genoem.

• Grafies word ‘n diskontinuïteit gekenmerk deur ‘n plek waar die kromme gebroke is (of

waar die kromme “spring”)

• Algebraïes word dit gekenmerk deur ‘n ontoelaatbare bewerking met die vergelyking

van die kromme (in hierdie geval, vind deling deur nul plaas by t =− 1;

indien hierdie

25t

waarde in die funksie C() t = vervang word, verkry ons (soos reeds gesien):

2

t + 2t + 1

C

( 1)

25( −1)

2

− 1 + 2 − 1 + 1

−25

1− 2+ 1

25

0

Sommige rekenaars gee die antwoord van bogenoemde bewerking aan as C ( − 1)

dit is uit die grafiek maklik om te sien dat hierdie antwoord beteken dat die waarde van C

oneindig groot negatief raak as t se waarde naby − 1 kom.

116

Dit is ook interessant dat die tyd-as ‘n horisontale asimptoot is vir die funksie

25t

C() t = 2

t + 2t + 1

Daaruit kan ons die volgende afleidings maak:

• Grafies beteken dit dat die kromme al hoe nader aan die tyd-as kom namate die tyd ‘n

aanloop, maar dat die kromme nooit die as raak of daardeur breek nie.

• Fisies beteken dit dat die konsentrasie van die medisyne in die pasiënt se bloed al hoe

stadiger daal namate die tyd aanloop maar dat die konsentrasie (wiskundig gesproke)

nooit nul bereik nie.

117

Oefening 3.1 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

3.4 96 Teken met behulp van ‘n tabel en

potlood en papier en

118

gaan u antwoorde na met GSP:

29, 30, 31

53 (GSP alleenlik)

3.6 106 By die volgende vrae moet u die grafiek

in Microsoft Excel teken en die asse

korrek benoem. Laat die rekenaar ‘n

gladde kromme deur die punte trek.

3, 5, 7

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

3.2 Eksponensiële funksies

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Eksponensiële vergelykings in die standaardvorm

kx ( 1 )

y A e −

= − vir ‘n eksponensiële funksie te skryf;

119

kx

y = Ae of

kx

y Ae −

= of

2. Eksponensiële funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van

geskikte rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar eksponensiële modelle betrokke is,

op te los

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

13.1 370 – 372

13.2 373 – 377

Eksponensiële modelle as ‘n middel om groei en verval wiskundig

te modelleer

Die meeste mense is bekend met die konsep van saamgestelde rente – wanneer ‘n kliënt ‘n

sekere bedrag in ‘n spesiale rekening deponeer sodat die geld kan rente verdien, met ander

woorde: die bedrag “groei” teen ‘n tempo wat afhanklik is van die rentekoers. Die

eindwaarde van die belegging hang af van die grootte van die aanvanklike deposito, die

rentekoers asook die duur van die beleggingsperiode.

Die interessantste eienskap van ‘n belegging teen saamgestelde rente is die feit dat die geld

“rente” op “rente” verdien – so, hoe langer die geld in die rekening bly, hoe vinniger groei dit.

By enige tydstip is die groeitempo van die belegging eweredig aan die grootte van die

belegging op daardie oomblik.

‘n Tipiese grafiek van ‘n belegging teen saamgestelde rente word hieronder voorgestel:

Let op dat die kromme skynbaar lyk soos ‘n gedeelte van ‘n parabool of hiperbool; Nietemin

is dit nòg ‘n parabool nòg ‘n hiperbool, aangesien:

• Hierdie spesifieke werklikheidsgetroue situasie te doen het met geleidelike groei en nie

met ‘n situasie waar draaipunte (ekstreemwaardes) betrokke is nie.

• Verder, indien ons die gedrag van die funksie vir alle reële waardes van tyd ontleed, let

ons op dat die kromme geen draaipunte vertoon nie; so ook vertoon die kromme geen

spronge of onderbrekings nie, wat beteken dat die funksie inderdaad kontinu is vir alle

reële waardes van die onafhanklike veranderlike.

120

Terwyl dit waar is dat die model hierbo slegs fisiese betekenis het vir positiewe en nulwaardes

van tyd, is die grafiek heel oortuigend: Daar kom geen draaipunte voor nie – en

ook geen spronge of onderbrekings nie – so hierdie is nie ‘n kwadratiese funksie nie en dit is

ook nie ‘n rasionale funksie nie.

Net so, is die meeste mense bewus van die feit dat die waarde van sekere bates,

byvoorbeeld motorvoertuie, hul waarde teen ‘n sekere tempo verloor soos hulle ouer word.

Baie interessant is die feit dat die voertuig baie vinnig waarde verloor wanneer dit nuut is,

maar hoe ouer dit is, hoe stadiger daal die waarde daarvan.

‘n Tipiese grafiek van die waardevermindering van ‘n motorvoertuig word getoon:

Let weer eens daarop dat die kromme skynbaar lyk soos ‘n gedeelte van ‘n parabool of

hiperbool; Nietemin is dit nòg ‘n parabool nòg ‘n hiperbool, aangesien:

• Hierdie spesifieke werklikheidsgetroue situasie te doen het met geleidelike afname

(verval) en nie met ‘n situasie waar draaipunte (ekstreemwaardes) betrokke is nie.

• Verder, indien ons die gedrag van die funksie vir alle reële waardes van tyd ontleed, let

ons op dat die kromme geen draaipunte vertoon nie; so ook vertoon die kromme geen

spronge of onderbrekings nie, wat beteken dat die funksie inderdaad kontinu is vir alle

reële waardes van die onafhanklike veranderlike.

121

Weer eens: terwyl dit waar is dat ook die model hierbo slegs fisiese betekenis het vir

positiewe en nul-waardes van tyd, is die grafiek weer eens oortuigend: Daar kom geen

draaipunte voor nie – en ook geen spronge of onderbrekings nie – so hierdie is nie ‘n

kwadratiese funksie nie en dit is ook nie ‘n rasionale funksie nie.

Ons sien dus dat die funksies wat hierbo voorgestel word, radikaal verskil van enige van die

ander funksies wat sover bespreek is.

Die tipes gedrag wat ons in die twee voorbeelde hierbo teëgekom het, is nie beperk tot

ekonomiese kontekste nie; ons het die voorbeelde hierbo maar net gebruik om die konsep

van eksponensiële groei en eksponensiële verval in te voer, aangesien die meeste mense ‘n

intuïtiewe aanvoeling het vir hierdie situasies. Die volgende voorbeeld handel juis oor

ekonomiese toepassing van eksponensiële funksies:

122

Belegging teen saamgestelde rente

Indien u ‘n bedrag P by ‘n bank gaan belê vir t jare teen r % rente per jaar, jaarliks

bereken, dan gebruik die bank die volgende formule om die eindbedrag A te bereken:

⎛ r ⎞

A= P⎜1+ ⎟

⎝ 100 ⎠

t

(dit is ‘n wiskundige model – ‘n formule wat ‘n werklike proses beskryf)

Soos u kan sien, hang die waarde van die eindbedrag A van baie sake af, naamlik die

grootte van die aanvanklike deposito P , die rentekoers r en die tyd t wat die geld in die

bankrekening bly voordat u dit gaan opvra. Maar in die werklike lewe is P ‘n vaste bedrag

(byvoorbeeld R3000) wat u inbetaal en die rentekoers r (byvoorbeeld 10%) gee die bank vir

u op skrif. Dus is die tyd t die enigste veranderlike wat op die proses inspeel terwyl die geld

in die bank lê en rente verdien (tensy die bank op enige tyd die rentekoers aanpas, of ek een

of ander tyd van die geld gaan onttrek – maar vir die doel van ons bespreking laat ons sulke

interessanthede vir eers buite rekening).

Dus, met die bedrag R3000 en die rentekoers van 10%, kan ons die wiskundige model

⎛ r ⎞

(formule) A= P⎜1+ ⎟

⎝ 100 ⎠

t

soos volg skryf:

Natuurlik vereenvoudig dit tot: 3000( 11) t

A = ,

⎛ 10 ⎞

A = 3000⎜1+ ⎟

⎝ 100 ⎠ .

Let op dat die eindbedrag A dus in werklikheid vir ‘n sekere belegging slegs afhanklik is van

die veranderlike t (die aantal jaar); daarom kan ons sê dat A ‘n funksie is van t :

() 3000( 11) t

A t ,

Let nou op dat die regterkant van die funksie uit ‘n koëffisiënt (naamlik 3000) bestaan,

asook ‘n grondtal (naamlik 1,1) en ‘n simboliese eksponent of onafhanklike veranderlike

, naamlik t . Die regterkant is dus ‘n eksponensiële uitdrukking. Dit is waarom ons hierdie

funksie () 3000( 11) t

A t ,

= ‘n eksponensiële funksie noem.

123

t

Laat ons nou kyk hoe die grafiek van hierdie funksie lyk, vir die eerste 10 jaar:

Gestel ons kyk na die waardeverminderingsprobleem.

Waardevermindering op ‘n voertuig teen ‘n vaste koers, saamgesteld bereken

Indien u ‘n voertuig nuut koop teen ‘n bedrag P en u besit die voertuig vir t jare, dan vind

waardevermindering plaas teen ‘n koers van r % rente per jaar. Die waarde van r hang hier

af van ekonomiese faktore soos inflasie, maar ook die duursaamheid van die voertuig en

hoeveel u dit gebruik. Voertuighandelaars gebruik gewoonlik die volgende formule om die

waarde A van u voertuig na t jare te bereken:

⎛ r ⎞

A= P⎜1− ⎟

⎝ 100 ⎠

t

(dit is ‘n wiskundige model – ‘n formule wat ‘n werklike proses beskryf)

Soos u kan sien, hang die eindwaarde A van baie sake af, naamlik die grootte van die

verkoopprys P wat u vir die voertuig betaal het, die waardeverminderingskoers r en die tyd

t wat die voertuig in u besit was.

124

Neem nou aan dat die prys P ‘n bedrag van R110 000 was en dat die

waardeverminderingskoers r 10% per jaar was. Dan is die tyd t die enigste veranderlike

wat op die proses inspeel terwyl die voertuig in u besit is en waarde verloor (tensy u op ‘n

stadium verbeterings aan die voertuig aangebring het, of skade aan die voertuig gehad het,

of die voertuig meer gereeld begin gebruik het – maar vir die doel van ons bespreking laat

ons sulke interessanthede vir eers buite rekening).

Dus, met die prys van R110 000 en die verminderingskoers van 10%, kan ons die

⎛ r ⎞

wiskundige model (formule) A= P⎜1− ⎟

⎝ 100 ⎠

Natuurlik vereenvoudig dit tot: 110 000( 0 9) t

A = ,

t

soos volg skryf:

125

⎛ 10 ⎞

A = 110 000⎜1− ⎟

⎝ 100 ⎠ .

Let op dat die eindwaarde A dus in werklikheid vir ‘n sekere voertuig slegs afhanklik is van

die veranderlike t (die aantal jaar); daarom kan ons, soos voorheen, sê dat A ‘n funksie is

van t :

() 110 000( 0 9) t

A t ,

Let nou op dat die regterkant van die funksie uit ‘n koëffisiënt (naamlik 110 000) bestaan,

asook ‘n grondtal (naamlik 0,9) en ‘n simboliese eksponent of onafhanklike veranderlike

, naamlik t . Die regterkant is dus ‘n eksponensiële uitdrukking. Dit is waarom ons ook

hierdie funksie () 110 000( 0 9) t

A t ,

= ‘n eksponensiële funksie noem.

t

Laat ons nou kyk hoe die grafiek van hierdie funksie lyk, vir die eerste 10 jaar:

Deur nou bogenoemde twee gevalle te vergelyk, kan ons interessante opmerkings maak; dit

is onder meer duidelik dat ‘n eksponensiële funksie met ‘n grondtal groter as 1 ‘n stygende

funksie is (dink: “belegging teen saamgestelde rente”), terwyl ‘n eksponensiële funksie

met ‘n grondtal kleiner as 1 ‘n dalende funksie is (dink: “waardevermindering op ‘n

voertuig”).

Onthou net dat die eksponent t altyd groter of gelyk aan 0 moet wees – tyd kan nie

negatiewe waardes aanneem nie.

Ons kan hierdie gedagtes nou van toepassing maak op enige eksponensiële funksie van die

vorm

kx

y = a⋅ b waar a ‘n positiewe getal en kx ‘n positiewe getal is.

• Indien b < 1,

daal

• Indien b > 1,

styg

kx

y = a⋅ b

kx

y = a⋅ b

126

Vervolgens sal ons kontekste uit die tegnologiese en natuurwetenskaplike studievelde

beskou waar beperkte eksponensiële groei en eksponensiële verval voorkom; sodoende sal

ons die tersaaklike eienskappe wat eksponensiële funksies so nuttig maak, ontdek.

Eksponensiële funksies met die natuurlike grondtal e

U sal sien dat ons in die tegniese en natuurwetenskaplike kontekste gewoonlik verkies om

met eksponensiële funksies van die vorm

kx

y = Ae of

127

kx

= of y A( 1 e ) −

kx

y Ae −

= − te werk. In

hierdie formules is die grondtal van die eksponensiële funksie elke keer die natuurlike

grondtal e .

Hierdie getal (die natuurlike grondtal e ) is ‘n konstante in die natuur. Die presiese waarde

daarvan, akkuraat tot nege desimale plekke, word geneem as e = 2, 718 281828 . Hierdie

waarde word in gevorderde wiskunde-kursusse afgelei – ons is nie nou in die teorie agter die

natuurlike grondtal e geïnteresseer nie. Die waarde van e kan in elk geval vanaf u

sakrekenaar verkry word.

Vir ons doeleindes is e ‘n gerieflike grondtal om te gebruik wanneer ons met geleidelike

groei of afname in die natuur te doen het. Die hoofrede hiervoor is dat die grafieke van die

funksies

kx

y = Ae of

kx

= of of y A( 1 e ) −

kx

y Ae −

= − baie goed deur die datapunte pas wat uit

eksperimente verkry word wanneer daar geleidelike groei of afname ter sprake is.

Aangesien e > 1 sal die grafiek van die funksie

dit dui op eksponensiëke groei. Net so, sal die grafiek van

dalend wees; dit dui op eksponensiële afname:

kx

y = Ae met k > 0 altyd stygend wees;

kx

y Ae −

= met k > 0 altyd

Ons spreek dus af dat die konstante k in die formules altyd ‘n positiewe waarde sal

wees; hoe nader aan nul, hoe stadiger styg of daal die funksie. Hoe groter die waarde van

k , hoe vinniger styg of daal die funksie. Daarom word daar soms na k verwys as die

groeikonstante.

Eksponensiële modelle in die tegnologiese en natuurwetenskaplike

studieveld

‘n Voorbeeld van eksponensiële groei uit die natuurwetenskaplike studieveld:

Bakterieë wat in ‘n vrugbare medium groei

Hierdie, asook ander tersaaklike voorbeelde, sal tydens lesings as klasbesprekings behandel

word.

128

3.3 Logaritmiese funksies

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Logaritmiese vergelykings in die standaardvorm y = klogb ax vir ‘n logaritmiese

funksie te skryf;

2. Logaritmiese funksies grafies voor te stel (met die hand sowel as met behulp van

geskikte rekenaarprogrammatuur);

3. Eenvoudige werklikheidsgetroue probleme waar logaritmiese modelle betrokke is, op

te los

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

13.1 370 – 372

13.2 373 – 377

Agtergrond

Logaritmiese funksies kom in die tegniese en natuurwetenskaplike vakgebiede voor by die

volgende kontekste:

• Operasionele versterkers (elektronika)

• pH-waardes (Chemie van sure en basisse)

• die intensiteit van aardbewings

Wat goed is omtrent ‘n logaritmiese funksie, is dat dit ‘n wiskundige manier is om baie groot

en baie klein getalle hanteerbaar uit te druk.

129

Kyk byvoorbeeld na die volgende situasie:

Laat a die waarde

12

11

3, 456 × 10 hê en laat b die waarde 1,713 × 10 hê. Stel nou vir a en b

op skaal op dieselfde getallelyn voor. Laat 1 cm een eenheid voorstel.

Oplossing:

Goeiste! Indien 1 cm een eenheid voorstel sal a 34 560 000 km regs van die nulpunt lê en

b sal 1713 000 km regs van die nulpunt lê.

Dit is duidelik onmoontlik om die getalle op skaal voor te stel.

Logaritmes los hierdie probleem vir ons op. Kom ons stel die getalle loga en logb grafies

op dieselfde getallelyn voor. Laat 1 cm een eenheid voorstel.

12

loga = log 3,456 × 10

= 12,539 Met behulp van u sakrekenaar!

11

logb = log 1,713 × 10

= 11,234 Met behulp van u sakrekenaar!

Voorstelling:

U sien hoe ons nou maklik die posisie van die logaritmes van die twee getalle kan aandui.

Let egter daarop dat die skaal van die getallelyn nou die volgende is: 1 cm = 10, 2 cm = 100,

3 cm = 1000 en so aan.

By onder meer operasionele versterkers, pH-waardes en die intensiteit van aardbewings

werk ons ook met baie groot of baie klein getalle of metings wat moeilik voorgestel kan word;

daarom gebruik ons by hierdie tipe probleme logaritmes om die groot of klein getalle “te

verwerk” tot meer hanteerbare waardes.

130

Voorbeeld van ‘n logaritmiese funksie in elektronika: Operasionele

versterkers

Die versterkingswins A (gemeet in desibel, met die simbool dB) van ‘n operasionele

⎛P⎞ uit

versterker word gegee deur die formule A = 10log⎜ ⎟ waar P in die inset-sein van die

⎝ Pin

versterker (gemeet in Watt) voorstel en P uit die uitset-sein van die versterker voorstel.

Deur die sterkte van die inset-sein P in te reguleer, kan die versterkingswins A vir ‘n sekere

uitset-seinsterkte wat ons wil verkry, beheer word. Dus is die versterkingswins A die

afhanklike veranderlike en die inset-sien P in is die onafhanklike veranderlike.

Gestel nou dat ons vir ‘n sekere operasionele versterker ‘n uitset-sein van 3Watt wil verkry.

Die algebraïese model vir die gedrag van die versterker is dus:

131

⎛ 3 ⎞

A = 10log⎜

⎝Pin ⎠

Laat ons nou ‘n numeriese model vir die gedrag van die versterker verkry deur die volgende

tabel te voltooi (die waardes vir P in in die tabel is willekeurig gekies, aangesien dit mos in elk

geval die onafhanklike veranderlike is):

(Die waardes vir A is met ‘n gewone sakrekenaar bereken.)

Laat ons nou ‘n grafiese model vir die gedrag van die versterker verkry deur die waardes in

die tabel op grafiekpapier te stip (te plot); let op dat ons soos voorheen die afhanklike

veranderlike op die vertikale as plaas en die onafhanklike veranderlike op die horisontale as:

(Dit is nie nodig om die punte met ‘n gladde kromme te verbind nie, maar dit is ook nie

verkeerd om dit te doen nie.)

Laat ons nou ‘n woordelikse model vir die gedrag van die versterker saamstel.

• Definisieversameling (“Domain”): Df { Pin 0,5 Pin 6; Pin

132

= ≤ ≤ ∈ (Let op: P in mag

nie nul wees nie, want dan word daar met nul gedeel in die formule

Kyk weer na die tabel wat verkry is)

• Waardeversameling (“Range”) Wf= { A − 3,01 < A≤7,782; A∈

• Die kromme is oral konkaaf na bo

⎛ 3 ⎞

A = 10log⎜

⎝Pin ⎠

• Die kromme is dalend so die funksiewaarde A neem af soos wat die inset-sein P in

toeneem, maar die afname verminder geleidelik

• Die kromme het ‘n horisontale as-afsnit by P in = 3 so die funksie het ‘n wortel of

nulpunt by P in = 3

Gevolgtrekking:

• Vir inset-seine van kleiner as 3Watt lewer die versterker ‘n versterkingswins

(positiewe versterkingswins)

• Vir inset seine van groter as 3Watt lewer die versterker ‘n versterkingsverlies

(negatiewe versterkingswins)

• Indien die inset-sein en die uitset-sein ewe groot is (in hierdie geval 3Watt elk) dan

vind geen versterking (of verswakking) plaas nie ( A = 0 wanneer P = P = 3Watt)

Laat ons nou berekeninge doen met die model wat ons verkry het:

133

in uit

1. Bereken die versterkingswins indien ‘n inset-sien van 5Watt gebruik word.

Verduidelik wat u antwoord beteken.

Oplossing:

Stel P in = 5 in

⎛ 3 ⎞

A = 10log⎜

⎟ en bereken A :

⎝Pin ⎠

⎛3⎞ A = 10log⎜ 5

= 10log( 0,6)

= 10 ⋅( −0,221849)

=−2,218

dB en dit stem ooreen met wat u op die grafiek kan sien

Vir hierdie waarde van die inset-sein vind daar versterkingsverlies (“verswakking van

die sein” plaas) aangesien die teken van die antwoord negatief is.

2. Bereken die inset-sein wat ‘n versterkingswins van 4dB sal lewer

Oplossing:

Stel A = 4 in

⎛ 3 ⎞

A = 10log⎜

⎝Pin ⎠

en bereken P in :

⎛ 3 ⎞

4= 10log⎜

⎝Pin ⎠

4 ⎛ 3 ⎞

∴ = log⎜ ⎟

10 ⎝Pin ⎠

x

volgens die inligtingsblad: p = a beteken x = loga

p

Let nou op dat log eintlik log 10 beteken as daar "niks" langs die g staan nie:

⎛ 3 ⎞

∴ 0, 4 = log 10 ⎜ ⎟

⎝Pin ⎠

Verder lees ons nou gewoon die verwantskap op die inligtingsblad van regs

na links om die volgende te skryf:

3

Pin

3

Pin

= 2,511886 die tot-die-mag-bewerking

op u sakrekenaar!

∴ 3 = 2,511886 ⋅Pin

3

∴ Pin

2,511886

daar is weerskante met die noemer van die breuk gemaal

= 1,194 Watt en dit stem ooreen met wat u op die grafiek kan sien

0,4 0,4

10 die bewerking 10 word soms die "antilog van 0,4" genoem

Let daarop dat daar ‘n bietjie algebra ter sprake kom wanneer u die waarde van die

onafhanklike veranderlike wil uitreken vir ‘n gegewe waarde van die afhanklike veranderlike.

Hier is nog ‘n voorbeeld van dieselfde tipe berekening:

3. Bereken die inset-sein wat ‘n versterkingswins van − 1dB sal lewer

Oplossing:

Stel A =− 1 in

⎛ 3 ⎞

A = 10log⎜

⎝Pin ⎠

en bereken P in :

⎛ 3 ⎞

− 1= 10log⎜

⎝Pin ⎠

−1

⎛ 3 ⎞

∴ = log⎜ ⎟

10 ⎝Pin ⎠

⎛ 3 ⎞

∴− 0,1 = log 10 ⎜ ⎟

⎝Pin ⎠

x

volgens die inligtingsblad: p = a beteken x = loga

p

3

Pin

3

Pin

= 0,794 328

∴ 3 = 0,794328

⋅ Pin

3

∴ Pin

0,794 328

3,777 Watt en dit stem ooreen met wat u op die grafiek kan sien

−0,1 −0,1

10 die bewerking 10 word ook die "antilog van -0,1" genoem

134

Voorbeeld van ‘n logaritmiese funksie in Chemie: pH-waardes

(Lees gerus hierdeur – maar dit is ‘n moeilike voorbeeld wat ek nie sal assesseer nie)

Die pH-waarde (gemeet as ‘n eenheidlose getal vanaf 0 tot 14) van ‘n waterige oplossing

word gegee deur die formule pH log(

H ) +

Die simbool H + verwys na die waterstofioonkonsentrasie (gemeet in mol per liter of mol per

kubieke desimeter). Hierdie konsentrasie is ‘n baie klein getal – dit verwys na die aantal

waterstofione in een liter oplossing. Hoe meer waterstofione in ‘n oplossing, hoe meer suur

is die oplossing. Dus is die pH-waarde die afhanklike veranderlike en die

waterstofioonkonsentrasie H + is die onafhanklike veranderlike.

Daar is ‘n natuurwet wat bepaal dat die waterstofioonkonsentrasie van enige oplossing nie

hoër as 1 mol per liter kan styg nie nie en ook nie minder as ongeveer

kan word nie.

Met behulp van die gegewens kan ons ‘n numeriese model (tabel) opstel:

Let daarop dat 1.E-14 die volgende beteken:

14

1 10 −

Indien ons ‘n grafiek van die inligting gaan trek, verkry ons:

135

−14

10 mol per liter

Hierdie grafiek toon duidelik dat die pH van ‘n oplossing nie lineêr afhanklik is van die

waterstofioonkonsentrasie nie. Omdat die getalle op die horisontale as so bitter klein is, is

die grafiek eintlik onleesbaar vir die grootste deel van die definisieversameling. Ook is die

waardes op die horisontale af erg afgerond om in te pas op die grafiek.

Tog kan ons die gedrag van die pH van ‘n oplossing sinvol in woorde beskryf deur na die

grafiek te kyk:

+ − 14 + +

• Definisieversameling (“Domain”): Df= { H 10 ≤ H ≤1; H ∈ }

• Waardeversameling (“Range”) Wf= { pH 0< pH ≤14; pH ∈ }

• Die kromme is oral konkaaf na bo

• Die kromme is dalend so die funksiewaarde pH neem af soos wat die

waterstofioonkonsentrasie toeneem, maar die afname verminder geleidelik

• Die kromme het ‘n horisontale as-afsnit by H 1

+ = so die funksie het ‘n wortel of

nulpunt by H 1

+ = (dit is teoreties – so iets is fisies onmoontlik)

Gevolgtrekking:

Die pH-waarde is laag as die konsentrasie waterstofione hoog is – die oplossing is

dan suur; net so, as die pH-waarde hoog is (naby 14) dan is die oplossing alkalies.

Laat ons nou berekeninge doen met die model wat ons verkry het:

1. Bereken die pH van ‘n oplossing indien die waterstofioonkonsentrasie

is. Is die oplossing suur of basies?

Oplossing:

Stel H 0,003

+ = in pH log(

H ) +

=− en bereken pH :

pH =−

= 2,523

log( 0,003)

( 2,522 879)

136

3

0,003 mol/dm

Aangesien die pH ‘n klein waarde het (nie ver van nul nie) is die oplossing suur.

2. Bereken die H + -konsentrasie van ‘n oplossing indien die pH van die oplossing 7 is.

(Terloops: ‘n pH-waarde van 7 beteken dat ‘n oplossing neutraal is.)

Oplossing:

Stel pH = 7 in pH log(

H ) +

=− en bereken H + :

7 =−log

∴− 7 = log

10

+ −7

+ ( H )

+ ( H )

∴ H = 10 Volgens die inligtingsblad beteken x = log a p dat p = a

∴ H

3

= 0,000 000 1 mol/dm

Dit is maar ‘n baie klein konsentrasie waterstofione.

137

x

4 Trigonometriese funksies

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. ‘n Rotasiebeweging (draaibeweging van ‘n katrol of elektriese motor of generator of

dergelike masjien) as ‘n trigonometriese funksie te beskryf;

2. ‘n Periodiese beweging (reëlmatig-herhaalde beweging (dit is ‘n reëlmatige heenen-weer-

of op-en-af-beweging)) as ‘n trigonometriese funksie te beskryf;

3. ‘n Golf as ‘n trigonometriese funksie te beskryf;

4. kan verduidelik wat die betekenis is van elkeen van die begrippe amplitude,

hoekfrekwensie, periode, frekwensie en vertikale translasie (verplasing) soos wat dit

voorkom by rotasiebeweging, periodiese beweging en golwe;

5. die waardes van die amplitude A , die hoekfrekwensie ω , die periode T , die

frekwensie f en die vertikale translasie (verplasing) d uit ‘n gegewe grafiese

voorstelling van ‘n rotasiebeweging, periodiese beweging of golf te bepaal;

6. die periode, die frekwensie en die hoekfrekwensie in die korrekte meeteenhede kan

uitdruk;

7. die algemene vergelyking van die funksies y = Asin( ω t) + d en cos(

deur middel van ‘n tabel of andersins grafies voor te stel;

8. algemene vergelyking van die funksies y = Asin( ω t) + d en cos(

pas op werklike probleme in die tegniese vakgebied

138

y = A ω t + d

y = A ω t + d toe te

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

10.5 306 - 309

10.6 309

Bestudeer die PowerPoint-skyfiereeks “Betekenisvolle

Trigonometriese Grafieke” wat vooraf per e-pos na u toe

aangestuur is of op eFundi gevind kan word.

Werk ook deur die volgende voorbeelde:

Trigonometriese model vir die menslike hartklop

Gestel die menslike hart word beskou as ‘n bolvormige (sferiese) struktuur met ‘n radius r

wat tussen die waardes r = 4cmand

r = 6cmwissel

soos wat die hartspier saamtrek en

ontspan. Indien die menslike hart teen 58 slae per minuut klop, stel ‘n wiskundige model

saam waarmee die radius van die hart as funksie van tyd voorgestel kan word. Neem die

aanvangstoestand van die hart (as t = 0 minute ) as ‘n die gemiddelde van die maksimum-

en minumumradius (dus, ‘n neutrale stand). Teken ook die model as ‘n kromme van radius

r teenoor tyd t .

Oplossing:

Uit ons alledaagse ervaring weet ons dat die hartklop ‘n reëlmatig-herhaalde periodiese

proses is – daar is volgens die gegewe inligting 58 saamtrekkings per minuut. Aangesien

daar vir elke sametrekking (wat die “slag” van die pols verteenwoordig) ook een ontspanning

is, kan ons sê dat daar eintlik 58 saamtrek-en-ontspan-siklusse per minuut plaasvind.

Hierdie proses kan dus geredelik d.m.v. ‘n sinus- of cosinus-funksie gemodelleer word, want

hulle is reëlmatig-herhaalde periodiese funksies van ‘n veranderlike (in hierdie geval, t).

Laat ons nou ‘n hulpskets maak om ons te help om intelligente keuses te maak aangaande

die tipe funksie wat ons gaan gebruik, die amplitude, vertikale verplasing, faseverskuiwing en

hoeksnelheid:

139

max=6

gemiddelde= 6+4

2 =5

min=4

Radius r in cm

7

6

5

4

3

2

1

-0.2 0.2 0.4 0.6 0.8 1

-1

aanvangsradius as t=0

Is dit vir u duidelik dat die model () sin(

ω φ)

140

58 siklusse

rt = a t+ + d geskik sal wees?

1 minuut

Tyd t in minute

Die radius begin op die gemiddelde waarde van die maksimum- en minimumradius wanneer

t = 0 minute; indien die radius by ‘n maksimum- of minimumwaarde begin het wanneer

t = 0 minute, sou rt () = acos( ωt+ φ)

+ d meer geskik gewees het.

Laat ons nou besin oor die waardes wat ons vir a , ω , φ en d moet kies:

Amplitude a : Maksimum uitwyking vanaf die neutrale stand is 1 cm, aangesien die

Vertikale

radius tussen 4 cm en 6 cm wissel en ons die neutrale stand as die

gemiddelde van 4 cm en 6 cm (dit is 5cm, sien die skets) neem.

Dus is a = 1cm.

Verplasing d : Die gemiddelde radius van die kloppende hart is 5cm (ons het dit

hierbo die neutrale stand van die beweging genoem). By die basiese

sinusfunksie y= sin x en die basiese cosinusfunksie y = cos x het ons

gesien dat die neutrale stand die horisontale as is. By die gegewe

model het is die neutrale stand 5 cm, dus 5 cm bokant die horisontale

as. Die funksie waarmee ons werk is dus 5 cm bo die horisontale as

verplaas.

Dus is d = 5cm.

Faseverskuiwing φ : Die radius begin (volgens die voorskrif in die inligting hierbo) presies

6

5

4

O

op ‘n waarde van 5 cm wanneer t = 0 minute. Dan “klop” die hart

(sametrekking, dus radius verminder tot 4 cm) en daarna ontspan dit

tot 6 cm, ens. Die gedrag lyk dus so:

Let op die interessante manier waarop die gedrag van die proses van

die gewone sinusfunksie s’n verskil: Hierdie funksie daal, waar die

gewone sinus-funksie styg. Dit is dus “presies uit fase” met die

gewone sinusfunksie. Die begrip “presies uit fase” impliseer ‘n

faseverskuiwing van 180° wat beteken dat die teken voor die

amplitude moet verander:

a =− 1

Hoeksnelheid ω : Daar vind 58 siklusse per minuut plaas – dus is die frekwensie f van

die proses f = 58 siklusse per minuut. Hiervolgens kan die periode

T (die tyd wat een siklus duur) dan uitgedruk word as

141

1

T = minuut.

58

2

Per definisie is = 2 f of =

T

π

ω π ω (omwenteling gedeel deur

periode) en dus is

ω = 2π f = 2π 58 = 116π radiale/minuut

of

2π 2π

ω = = = 116π

radiale/minuut .

T 0,017

( ) = − 1sin 116 + 5

Ons hele model lyk dus soos volg: rt ( πt)

Laat ons hierdie algebraïese vorm van die wiskundige model nou skets en vasstel of ons

model saamstem met die inligting wat aan die begin gegee is omtrent die gedrag van die

radius as funksie van tyd; ons wil dus nou die geldigheid van ons model toets:

142

Hoe om die funksie met die hand op papier te skets:

Teken ‘n stippellyn waar die neutrale stand van die funksie is. In hierdie geval is die vertikale

verplasing 5 cm, so die funksie het 5 cm opgeskuif. Beskou hierdie stippellyn 5 cm bo die

horisontale as nou as ‘n getransleerde horisontale as wat halfpad tussen die

maksimum en minimum uitwyking van die grafiek loop. Die funksie se amplitude word

vanaf hierdie stippellyn (die neutrale stand) na bo of na onder afgemeet.

Aangesien die grootte van die amplitude 1 cm is, sal die waardeversameling van die funksie

dus as volg wees: { r 4≤r ≤6; r∈ R}

Die periode (tyd wat een volledige saamtrek-en-ontspan-siklus duur) is verder

1 minuut

T = = 0,017 minuut . Omdat die gewone sinus-kromme een maksimum en een

58

minimum en een nulpunt halfpad tussen die maksimum en minimum het, is een siklus in vier

gelyke kwarte verdeel, elkeen 0,017

= 0,004 minute (afgerond) lank.

4

Teken dus ‘n omgekeerde sinus-kromme met amplitude van 1 cm op die lyn r = 5cmasof

hierdie lyn die horisontale as is en neem die periode (“golflengte in minute gemeet”) as 0,017

minute.

6

5

4

O

radius r

in cm

143

r(t)=-1sin(116πt)+5

0,004 0,009 0,013

0,017

tyd t in minute

Gebruik ons Geometer’s Sketchpad 4 om ons skets hierbo te kontroleer, verkry ons die

volgende:

(Laat die program gewoon die funksie y ( π x)

hoekmaat in radiale gestel, teken.)

6

5

4

3

2

1

-1

-2

-3

= − sin 116 + 5 op reghoekige assestelsel met

0. 002 0. 004 0. 006 0. 008 0. 01 0. 012 0. 014 0. 016 0. 018

Ons sien dus dat ons model korrek is.

144

f x ( ) = -sin 116⋅π⋅x ( )+5

Ons kan GSP nou gebruik om die gedrag van die hart vir byvoorbeeld t=0 sekonde tot t=10

sekonde (een sesde van ‘n minuut) te ondersoek. Onthou egter om in ag te neem dat ons tas

in minute is en dat 10 sekondes 10

= 0,167 minute verteenwoordig:

60

6

5

4

3

2

1

-1

-2

-3

Tel gerus: net minder

as 10 volledige

siklusse in een sesde

van 'n minuut

0. 02 0. 04 0. 06 0. 08 0. 1 0. 12 0. 14 0. 16 0. 18

145

f x ( ) = -sin 116⋅π⋅x ( )+5

In ‘n volle minuut sal daar dus net minder as 60 siklusse wees (en ons inligting reg aan die

begin het gestel dat die hart 58 keer per minuut klop (saamtrek) en dus ook 58 keer per

minuut ontspan).

Verder trek die hart eers saam en dan ontspan hy – “klop, rus, klop, rus,…”. Die feit dat ons

‘n persoon se hartklop begin tel wanneer ons die eerste klop (sametrekking) hoor, vereis dat

ons model moet voorspel dat die radius eers afneem tot minimum en daarvan toeneem,

afneem ens. Ons model (sien die grafiek hierbo) voorspel presies dit.

Dus klop ons wiskundige model wanneer ons die woordelikse, numeriese, algebraïese en

grafiese weergawes daarvan kombineer en dit toets of dit korrekte voorspellings kan doen.

Mooi, nè?

Vergelyk nou wat ons hierbo gedoen het met die skema wat ons aan die einde van

Leergedeelte 2.1 bespreek het.

Nog voorbeelde

Voorbeeld 1:

Situasie-analise

Die gemiddelde minimum dagtemperatuur in Potchefstroom vir die afgelope 10 jaar

was 11°C en die gemiddelde maksimum dagtemperatuur vir dieselfde tydperk was

31°C. Die laagste gemiddelde dagtemperatuur het tussen die sesde en sewende

maand voorgekom en die hoogste gemiddelde dagtemperatuur het tussen die

twaalfde maand en die eerste maand van die volgende jaar voorgekom (In die tabel

beteken t=0 die begin van Januarie, dit betekend die einde van die vorige Desember.

t=1 beteken die einde van Januarie en dus die begin van Februarie, ens):

t (tyd in

maande)

T (gemiddelde

dagtemperatuur

in °C)

0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12

31 29 26 19 16 12 11 13 15 20 25 29 31

Verdere analise van die temperature toon dat die temperatuur die vinnigste gedaal

het tussen die derde en vierde maande toe die gemiddelde dagtemperatuur 19°C

was vir die derde maand en en dat temperature die vinnigste gestyg het tussen die

negende en tiende maande toe die gemiddelde dagtemperatuur 20°C was.

Probleemstelling:

Stel die inligting grafies voor en ontwikkel ‘n trigonometriese vergelyking om dit te

beskryf.

Oplossing:

Let daarop dat daar sprake is van ‘n sikliese, reëlmatige, herhaalde proses: Die

seisoene, naamlik somer, herfs, winter, lente, somer, herfs,...

Let daarop dat die temperatuurwaardes wat gemeet is afhang van die tyd van die jaar

(laag in die winter, hoog in die somer, ens)

146

Bogenoemde impliseer dat ons ‘n funksie nodig het wat die tipe verandering wat ons

in die temperatuurwaardes bespeur in sy eie gedrag sal weerspieël.

(Dink hoe die sinus- en cosinus-funksies se krommes lyk)

Kom ons plaas nou die getalwaardes wat in die probleemstelling hierbo gegee is, op

‘n temperatuur-tyd-assestelsel; laat ons afspreek dat Januarie by die punt t=0 begin

en dat Desember by die punt t=12 eindig:

45

40

35

30

25

20

15

10

5

-5

Temperatuur (°C)

Stylste daling

2 4 6 8 10 12

Laat ons nou die model () cos(

ω )

147

Steilste styging

tyd (maande)

Tt = A t + dprobeer

toepas (ons kies die cosinus-

funksie aangesien ons proses by ‘n maksimumwaarde (hoogste temperatuur by t=0,

dit is die begin van Januarie) begin):

Vrae om ons onsself af te vra:

• Wat is die amplitude A (grootste wisseling tussen die gemiddelde van die

hoogste en laagste waarde en die hoogste of laagste waarde)?

• Wat die die periode T van die siklus (hoe lank neem die proses om homself

te herhaal; ‘n tydwaarde in maande, dus?) sodat ons die waarde van ω uit sy

definisie kan bereken?

• Wat is die vertikale verplasing d van die kromme (hoe ver bo of onder die

horisontale as is die gemiddelde van die hoogste en laagste

temperatuurwaarde geleë?)

Kom ons skenk nou aan die beantwoording van hierdie vrae aandag:

• Wat die amplitude betref: Uit die definisie van amplitude en die gegewe

inligting (veral duidelik in die grafiese voorstelling) blyk dit dat die grootte van

die amplitude A = 10 °C . A het ‘n positiewe waarde aangesien die kromme

by ‘n maksimum begin en daarvandaan afneem soos die gewone cos-funksie

(LET DAAROP dat indien die vorm van die kromme andersom was (by ‘n

minimum begin het en daarvandaan toegeneem het) dan was die amplitude

A =− 10° C en sou ons gesê het die cos-funksie is 180° of π radiale uit fase.)

Wat die periode betref: Uit ons ervaring en die gegewe inligting (wat

besonder duidelik in die grafiese voorstelling blyk) weet ons dat dit 12

maande duur voordat die seisoene hulself begin herhaal. Die periode is dus

12 maande).

Ons het afgespreek om die periode en frekwensie van ‘n reëlmatig herhaalde

proses aan die begrip hoeksnelheid ω te koppel en wel deur die definisie

ω = 2π f in te voer. Aangesien ons uit die voorkennis van Graad 10 (Golwe,

uit die leerarea Natuurwetenskap) weet dat

148

1

f = kan ons hoeksnelheid op ‘n

T

1

meer bruikbare manier definieer as ω = 2π

⋅ wat natuurlik dieselfde is as

T

2π

ω = .

T

2π

π

Dus ω = = 0,524 wat u ook as ω = mag skryf as u so verkies.

12

6

• Uit die grafiese voorstelling is dit duidelik dat die gemiddelde van die hoogste

en laagste waarde, naamlik 21°C, 21 eenhede bo die horisontale as lê; dus is

d=21°C

⎛π⎞ Ons model is dus die funksie Tt ( ) = 10cos( 0,524t) + 21 (of Tt () = 10cos⎜ t + 21

6

as u verkies om dit so te skryf).

Skets ons nou die funksie Tt ( t)

ons:

( ) = 10cos 0,524 + 21 bo-oor ons data-punte, verkry

45

40

35

30

25

20

15

10

5

-5

Temperatuur (°C)

2 4 6 8 10 12

tyd (maande)

149

Dit is duidelik dat ons model nogal goed ooreenstem met die werklikheid. Lees weer deur

die situasie-analise en gaan na of u al die elemente van die situasie in die model kan herken.

Voorbeeld 2:

Situasie-analise

‘n Wisselspanning-seinopwekker word aan ‘n ossilloskoop verbind. Die skerm van die

ossilloskoop wys die volgende inligting:

Die skaal op die vertikale as is 3V per indeling en die skaal op die horisontale as is 5

millisekondes per indeling.

Probleemstelling:

Bepaal die volgende inligting:

1. Die piekwaarde (amplitude) van die sein (in Volt)

2. Die periode van die seinopwekker (in millisekondes)

3. Die frekwensie van die seinopwekker (in Hertz, waar 1 Hz=1 siklus/sekonde)

Skryf ‘n trigonometriese vergelyking (funksie) neer wat die gedrag van die sein beskryf;

neem in ag dat die tyd in millisekondes uitgedruk word.

Oplossing:

150

1. Dit is met die eerste oogopslag duidelik dat die gegewe grafiese voorstelling grootliks

ooreenstem met die gedrag van die gewone sin-funksie. Die amplitude is doodmaklik

om uit die grafiese voorstelling te bepaal: Die maksimum uitwyking vanaf die

middelstand is duidelik 4 vertikale as-indelings en dus 4× 3= 12 V (onthou dat elke

vertikale as-indeling 3 V verteenwoordig).

Die begrip “middelstand” beteken soos voorheen die gemiddelde van die maksimumen

die minimumwaarde wat die sein aanneem; in hierdie geval is die middelstand die

horisontale as (tyd-as)

Die amplitude A is dus 12 V. (LET DAAROP dat indien die kromme by nul begin het

en daarvandaan afgeneem het tot by ‘n minimumwaarde dan sou die amplitude

A =− 12 V gewees het en ons sou gesê het dat die funksie 180° of π radiale uit fase

is.)

2. Uit die grafiese voorstelling blyk dit dat een siklus (vol golf) van die sein twee-en-‘nhalf

horisontale as-indelings in beslag neem. Elke indeling verteenwoordig 5

millisekondes, so twee-en-‘n-half indelings beteken 2,5 × 5 = 12,5 millisekondes.

Die periode T van die sein is dus 12,5 millisekondes.

3. Die frekwensie f van die sein kan volkome sonder insident bereken word uit die

verwantskap f

1

1

= en dus is f = = 0,08 siklusse per millisekonde.

T

12,5

1

Maar ons is gevra om die frekwensie in Hz uit te druk, so f = = 80 Hz.

−3

12,5 × 10

Ons kon dit ewe maklik verkry deur gewoon te redeneer dat 0,08 siklusse per

millisekonde sou beteken 0,08 × 1000 = 80 siklusse per sekonde, aangesien 1

millisekonde tog per definisie een duisendste van ‘n sekonde is.

Ons is nou gereed om die sein as ‘n trigonometriese funksie Vt () Asin( t)

A = 12 en per definisie is ω= 2π f sodat ω = 2 ×π× 0,08 = 0,503 .

Dan is die funksie Vt ( ) 12sin( 0,503t) of Vt ( ) 12sin( 0,16 t)

= = π .

151

= ω te skryf:

LET DAAROP dat indien ons die funksie so wou skryf dat V in Volt en t in sekondes

uitgedruk word, die funksie so sou gelyk het:

Vt ( ) = 12sin 502,655t of Vt ( ) = 12sin 160π

t.

Voorbeeld 3

‘n Generator draai teen 60 revolusies per sekonde en wek ‘n piekspanning van 220V

wisselspanning op. Die wisselspanning wat opgewek word kan as volg wiskundig beskryf

word:

Vrae:

( ) = sin(

ω )

V t V t

maksimum

1. Bepaal die amplitude van die opgewekte spanning.

2. Bepaal die periode van een wisselspanningsiklus.

3. Bepaal die hoekfrekwensie ω in radiale per sekonde.

4. Skryf die vergelyking V ( t) V sin(

ωt)

= vir die opgewekte spanning.

maksimum

5. Stel twee siklusse van die spanning grafies voor. Gebruik ‘n vertikale as-skaal van 110

mm = 220 V en ‘n horisontale as-skaal van 50 mm = 0,017 s

6. Bereken wat die waarde van V is 0,005 s na die begin van ‘n siklus.

7. Bereken hoe lank na die begin van ‘n siklus die spanning ‘n waarde van 180 V bereik.

Oplossing:

1. 220 V (piekwaarde. Die opgewekte spanning wissel tussen -220 V en 220 V)

2. 60 revolusies per sekonde = 60 siklusse per sekonde en dit is die frekwensie.

i

1

1

Uit die verwantskap T = bereken ons die periode T as T = = 0,016 sekondes . Dit

f

60

is hoe lank een omwenteling duur en dus hoe lank dit duur om een siklus van die

wisselspanning op te wek.

3. Ons het ‘n formule vir hoekfrekwensie:

ω = 2π

f

= 2× π × 60

= 120π radiale/sekonde of 376,991radiale/sekonde

4. V ( t) = 220 sin( 376,991t) of V ( t) =

220 sin( 120π

t)

152

5.

6.

V (Volt)

220

-220

( ) = 220 sin( 120π

( 0,005) 220 sin( 120π 0,005)

V t t

∴ V =

= 209,232 V

7.

( ) = 220 sin( 120π

( πt

( πt

πt

−1

V t

∴ 180 = 220sin 120

t

∴ sin 120 = 0,81818

∴ 120 = sin 0,81818

= 0,958

0,958

∴ t = =

120π

∴ t =

0,00254 sekondes

0,017

153

T (sekonde)

0,033

Voorbeeld 4

‘n Krukas in ‘n groot masjien beweeg reëlmatig op en af volgens die volgende model:

ht ( ) = A⋅ f( ω t) + d waar h die hoogte van die bopunt van die dryfas bo die vloer van die

enjinkamer in meter, A die vertikale afstand is waardeur die punt van die as beweeg, ω die

hoekfrekwensie van die beweging in radiale/sekonde, t die tyd in sekondes en d ‘n vertikale

afstand in meter.

f ( ω t)

is ‘n trigonometriese funksie wat by die besondere situasie pas.

‘n Rekenaarsimulasie van ‘n paar siklusse van die beweging lyk soos volg:

1,8

1,6

1,4

1,2

1,0

0,8

0,6

0,4

0,2

O

h (m)

0,2

0,4

Analiseer die gedrag van die krukas deur die volgende vrae te beantwoord (toon alle

berekeninge wat u uitvoer):

1. Wat is die amplitude van die beweging?

2. Wat die die vertikale verplasing van die beweging?

154

0,6

0,8

1,0

t (s)

Wenk: Dit is die afstand wat die middelstand van die beweging bo of onder die

horisontale as verplaas is.

3. Is die funksie f ( ω t)

‘n sinusfunksie, of is dit ‘n cosinusfunksie? Verduidelik u

antwoord.

4. Wat is die periode van die beweging (hoe lank duur een volledige op-en-af-siklus)?

5. Wat is die frekwensie van die beweging?

6. Wat is die hoekfrekwensie van die beweging?

7. Skryf nou die model ht ( ) = A⋅ f( ω t) + d neer in terme van al die inligting wat u in

vrae 1 tot 6 versamel het.

8. Bepaal hoe hoog die punt van die krukas bo die vloer van die enjinkamer sal wees op

‘n tydstip 0,7 s nadat die beweging begin het.

155

Oplossings:

1.

maksimum vertikale verplasing − minimum vertikale verplasing

A =

2

1, 8 − 0, 2

∴ A =

2

= 0,8 m

U kon dit ook uit die grafiese voorstelling gesien het.

Maar die amplitude het ook 'n teken; indien die kromme presies uit fase uit is met die

gewone sinusfunksie of cosinusfunksie moet ons 'n negatiewe teken toeken. Aangesien

hierdie kromme kenmerkend is van 'n cosinusfunksie (let op dat die beweging nie op die

middelstand begin nie; indien dit die geval was dan het ons 'n sinusfunksie gehad) maar

by 'n minumumwaarde begin en dan toeneem, sien ons dat hierdie situasie 'n

"omgekeerde" cosinusfunksie is; dus is die amplitude negatief:

A =−0,8

m

2.

maksimum vertikale verplasing + minimum vertikale verplasing

middelstand =

2

1, 8 + 0, 2

∴ middelstand =

2

= 1m

U kon dit ook uit die grafiese voorstelling gesien het.

3.

Cosinusfunksie wat presies uit fase is met die gewone cosinusfunksie. Sien die opmerkings

by die tweede gedeelte van vraag 1 se antwoord.

4.

T = 0,4 sekondes . Dit is die tyd wat die beweging neem tussen twee gelykfasige punte.

5.

156

1

f =

T

1

0,4

∴ f = 2,5 siklusse per sekonde, wat ook geskryf kan word as 2,5 Hz.

6.

7.

ω= 2πf

= 2×π× 2,5

= 5πradiale/sekonde of 15,708 radiale/sekonde

ht =−0,8⋅cos 5π t + 1 of ht =−0,8⋅ cos 15,708t + 1

8.

h 0,7 =−0,8 ⋅cos 5π× 0,7 + 1

=−0,8⋅ cos 10,996 + 1

0,8

=1m

0 1 SAKREKENAAR IN RADIALE!!!

Stem die antwoord ooreen met wat u uit die grafiese voorstelling sou kon aflees?

Ja! (Dankie tog)

157

5 Kegelsnitte

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Die definisies van die vier basiese kegelsnitte as lokusse kan gee;

2. Die Cartesiese vergelykings van die vier basiese kegelsnitte in algemene vorm kan

identifiseer;

3. Die Cartesiese vergelykings van die vier basiese kegelsnitte vanuit algemene vorm

na standaardvorm oor te skakel (dit wil sê, u moet y die onderwerp van die

vergelyking kan maak);

4. Die vier basiese kegelsnitte met behulp van ‘n tabel of geskikte rekenaarprogram te

skets;

5. ‘n Getransleerde sirkel in terme van sy Cartesiese vergelyking in middelpuntvorm

kan beskryf, dit is die vorm

( x a) ( y b) r

2 2 2

6. Die Cartesiese vergelyking van ‘n getransleerde sirkel na die algemene vorm om te

skakel, dit is die vorm

2 2

x y px qy c

+ + + + = 0 ;

7. Eenvoudige probleme waar kegelsnitte betrokke is, op te los.

Agtergrond

Blaai na p. 595 van die boek van Washington en beskou die paragraaf bo-aan p. 595 tesame

met figuur 21.92. Dit verklaar waarom ons die sirkel, ellips, sentrale hiperbool en parabool

dikwels as kegelsnitte (“conic sections”) beskou.

Bespreking van kegelsnedes (Kegelsnitte)

Sirkels, ellipse, sentrale hiperbole en selfs parabole kan beskou word as figure wat verkry

word deur 'n reghoekige kegel (Engels: "cone") op verskillende maniere met 'n platvlak te

sny. Hierdie bespreking vervang paragrawe 21.3 tot 21.8 in die boek van Washington.

158

Ons sal vervolgens elkeen van die kegelsnedes vlugtig bespreek.

1. Sirkels

159

Let op dat die snyvlak parallel aan die

basisvlakke loop; die snykromme is ‘n

sirkel. Die snyvlak sny die simmetrie-as

van die kegel loodreg.

(Die aansig hiernaas is natuurlik isometries;

om die sirkelvorige snykromme te sien,

moet ‘n mens eintlik loodreg van bo op die

snyvlak afkyk)

'n Sirkel kan gedefinieer word as die lokus van 'n punt wat sodanig beweeg dat die

afstand tussen die punt en ‘n ander, vaste punt (die middelpunt genoem) konstant bly,

Hierdie afstand word die radius van die sirkel genoem (sien hieronder).

Die vergelyking van die sirkel in algemene vorm is

2 2

x y px qy c

+ + + + = 0 .

Hierdie vergelyking kan deur middel van kwadraatsvoltooiing so gemanipuleer word dat

dit in die sogenaamde middelpuntsvorm geskryf kan word:

( x − a) + ( y− b) = r

2 2 2

Hierdie vorm van die vergelyking is nuttig aangesien die koördinate van die middelpunt van

die sirkel dan gegee word deur ( ab ; ) en die radius se lengte deur r .

In die spesiale geval waar die middelpunt van die sirkel op die oorsprong van die assestelsel

( 0; 0 ) val, reduseer die vergelykings hierbo na

2 2 2

x + y = r .

Dit is belangrik om enige sirkel te kan skets indien sy vergelyking bekend is. Net so, is dit

net so belangrik om enige sirkel te beskryf in terme van sy vergelyking.

Om 'n bietjie agtergrond te gee oor hierdie twee prosesse, kan u deur die volgende

bespreking werk:

Probleem: Skets die grafiek van die volgende vergelyking:

Opmerkings:

160

2 2

x y x y

+ −6 −8 − 24= 0

Omdat dit gewoon nie moontlik is om hierdie vergelyking maklik in die standaardvorm

y= f( x)

te skryf nie, kan ons nie ‘n tabel van waardes gebruik nie. (Probeer gerus om

y die onderwerp van die vergelyking te maak – u sal dit nie weer doen nie!)

Ook kan mens nie gewoon die afsnitte op die asse bereken deur eers x nul te maak en vir y

op te los en dan vir y nul te maak en vir x op te los nie. (Kyk gerus wat gebeur as ‘n mens

dit probeer doen.)

Die enigste manier om hierdie vergelyking se kromme te skets, is om dit te herken as die

vergelyking van 'n sirkel in die algemene vorm

2 2

x y px qy c

+ + + + = 0 .

Dan sal ‘n mens dit moet manipuleer totdat ons die middelpunt en radius uit die vergelyking

kan verkry.

Laat ons nou ondersoek instel na hoe dit gedoen kan word (Vir interessantheid):

Let eers op hoe die vergelyking

2 2

x y px qy c

+ + + + = 0 ontstaan het:

Gewoonweg as ons ‘n sirkel se vergelyking in die algemene vorm het, lyk dit so:

2 2 2

x + y = r

(1)

Grafies voorgestel:

Maar dit is ‘n sirkel waarvan die middelpunt op die oorsprong (0;0) lê. Onthou nou dat ons

enige afstand tussen twee punte kan beskou as ‘n verskil tussen koördinate.

As daar dus ‘n punt P( xy) ; iewers op ons sirkel lê, sal die horisontale afstand tussen hierdie

punt en die middelpunt ( x − 0 ) eenhede wees en die vertikale afstand tussen hierdie punt en

die middelpunt sal ( y − 0 ) eenhede wees.

Dus sou ons die sirkel se vergelyking kon skryf as

( x 0) ( y 0) r

2 2 2

− + − = (2)

Gestel egter die sirkel se middelpunt skuif nou a eenhede na regs en b eenhede op, sodat

die middelpunt (noem dit punt C) se koördinate nou C( ab ; ) is:

Nou is die horisontale afstand tussen C en P gelyk aan ( x − a)

eenhede en die vertikale

afstand tussen C en P is gelyk aan ( y− b)

eenhede.

Gaan ons nou terug na die vergelyking (2) hierbo en herskryf dit vir ons nuwe middelpunt

C( ab ; ) , kry ons:

( x a) ( y b) r

2 2 2

− + − = (3)

Neem nou hierdie vergelyking en verwyder die hakies; dit lewer

2 2 2 2 2

x − 2ax + a + y − 2by

+ b = r

(4)

Maar dit is ‘n redelik deurmekaar vergelyking en dit val sleg op die oog – so,

gerieflikheidshalwe kies ons om (soos by alle kwadratiese vergelykings die gebruik is) dit in

orde van dalende magte te skryf en om die regterkant nul te maak:

161

2 2 2 2 2

x + y −2ax − 2by + a + b − r = 0

(5)

Onthou egter dat a ,b en r almal konstantes is en dus opgetel kan word; sodoende kry ons

‘n getal c wat ons in hulle plek kan vervang as ons c so kies dat

Dan word ons vergelyking (5) nou die volgende:

2 2

x y ax by c

+ −2 − 2 + = 0

(6)

Dit lyk al heelwat beter as vergelyking (4) hierbo.

162

2 2 2

c = a + b − r .

Verder, aangesien a en ook b konstantes is, kan ons getalle p en q invoer sodat p = − 2a

en q =− 2b

want dan vereenvoudig ons vergelyking (6) verder na

2 2

x y px qy c

+ + + + = 0

(7)

en dit is presies die algemene vorm van ‘n sirkel.

Bogenoemde vergelyking lyk presies soos die vorm van die vergelyking wat ons wil skets.

Wat ons nou net gedoen het, was eintlik om al die belangrike inligting omtrent die

sirkel (soos hoe lank sy radius is en waar sy middelpunt geleë is) in 'n enkele

kwadratiese vergelyking gekodeer het. (sien vergelyking 7 hierbo).

Indien ons egter 'n sirkel wil skets wanneer 'n vergelyking soos

gegee is, moet ons dus die proses in punt 4 hierbo terugwerk om by

2 2

x y px qy c

+ + + + = 0

( x − a) + ( y− b) = r

2 2 2

(vergelyking (3) in die paragraaf hierbo) uit te kom – want dan het ons die koördinate van die

middelpunt, wat natuurlik tipies ( ab ; ) sal wees en die radius r .

Dit is al die inligting wat nodig is om die sirkel te skets.

Ongelukkig verg dit wat ons in die vorige paragraaf sê, redelik drastiese algebra en meer

spesifiek, die toepassing van ‘n proses genaamd kwadraatsvoltooiing.

Ons gaan nou poog om hierdie proses so deursigtig as moontlik toe te pas op ons probleem.

Ons gaan dus die vergelyking

( x a) ( y b) r

2 2

x y x y

+ −6−8− 24 = 0 terugneem na die vorm

2 2 2

− + − = , waaruit ons volkome sonder insident die middelpunt en radius

kan verkry:

Oplossing:

2 2

x + y −6x−8y− 24= 0

2 2

∴x − 6x+ y − 8y = 24

−6 −8 −6 −8

∴x − 6 x+ ( ) + y − 8 y+

( ) = 24 + ( ) + ( )

2 2 2 2

2 2 2 2 2 2

(ons het beide kante van die = -teken die kwadraat van die helfte van die getal voor die x en

voor die y bygetel)

2 2

∴ x − x+ + y − y+

6 9 8 16 24 9 16

Faktoriseer nou gewoon beide drieterme en vereenvoudig regterkant:

Dit lewer die Cartesiese vergelyking van die sirkel

2 2

middelpuntvorm: ( x ) ( y )

− 3 + − 4 = 49

Vergelyk nou hierdie vergelyking met vergelyking (3) in punt 6 hierbo.

Kan u wel sien dat die middelpunt (3;4) en die radius 7 eenhede moet wees?

163

2 2

x + y −6x−8y− 24= 0 in

Indien wel, kan die sirkel nou volkome sonder insident m.b.v. ‘n passer en liniaal geskets

word.

U moet bloot die vergelyking van 'n gegewe sirkel in middelpuntvorm kan saamstel en

verwerk na die algemene vorm (geen hakies). Tweedens moet u in staat wees om 'n

sirkel te skets indien sy vergelyking in die middelpuntvorm gegee is; daar sal nie in

toetse of eksamens van u verwag word om deur middel van kwadraatsvoltooiing ‘n

vergelyking vanaf algemene vorm na middelpuntsvorm te herlei nie.

2. Ellipse

164

Let op dat die snyvlak ‘n hoek α van minder

as 90º met die simmetrie-as van die kegel

maak. Hierdie hoek is egter groter as die

tophoek θ van die kegel.

'n Ellips kan gedefinieer word as die lokus van 'n punt wat sodanig beweeg dat die

som van die afstande tussen die punt en twee ander vaste punte (die brandpunte

genoem), 'n konstante waarde aanneem (sien fig. 21.55 op p. 579 van die boek van

Washington).

Die planete en hul mane, asook mensgemaakte satelliete en ruimtetuie, beweeg in elliptiese

bane. Dit is onder meer as gevolg van die elliptiese baan van die aarde dat ons seisoene

beleef.

Vir die doel van WSKT 221 beskou ons slegs ellipse waarvan die middelpunt op die

oorsprong van die Cartesiese Assestelsel geleë is. Sulke ellipse word beskryf deur die

vergelyking

2 2

x y

+ = 1.

2 2

a b

So 'n ellips sny die X-as by –a en +a en die Y-as by –b en +b.

'n Ellips kan met behulp van bogenoemde inligting maklik geskets word indien sy vergelyking

in die algemene vorm

2 2

x y

+ = 1 gegee is.

2 2

a b

Indien 'n meer akkurate skets verlang word, kan die ellips met behulp van 'n tabel geplot

word.

In daardie geval moet die vergelyking

2

1 2

x

y =± b⋅−

omgeskakel word.

a

Dit verloop soos volg:

2 2

x y

+ = 1 eers na die algemene vorm, nl.

2 2

a b

2 2

x y

+ = 1

2 2

a b

2 2 2 2 2 2 2 2

x ab y ab ab

∴ × + × = 1× 2 2

a 1 b 1 1

Vermenigvuldig regdeur met KGV van noemers

2 2 2 2

∴ bx + ay

2 2

= ab

2 2

∴ a y

2 2 2 2

= a b −b

x

2 2 2 2

2 ab − bx

∴ y = 2

a

∴ y =±

2 2 2 2

ab − bx

2

a

Natuurlik kan ons hiermee volstaan, aangesien ons y die onderwerp gemaak het van die

vergelyking

2 2

x y

+ = 1 en dit is wat ons wou doen. Daarom is ons antwoord voldoende.

2 2

a b

Die laaste resultaat hierbo kan natuurlik tog verder vereenvoudig word tot die vorm

2

1 2

x

y =± b⋅−

. Dit is nie vir assesseringdoeleindes nie, maar vir intereressantheid.

a

Dit verloop soos volg:

y =±

2 2 2 2

ab − bx

2

a

ab

2

a

bx

− 2

a

2 2

2 bx

b −

2

a

2 2 2 2

165

2

2 ⎛ x ⎞

⎜12⎟ ∴ y = ± b −

⎝ a ⎠

2

2 ⎛ x ⎞

=± b ⋅ ⎜1− 2 ⎟

⎝ a ⎠

2 ⎛ x ⎞

⎜12⎟ ∴ y = ± b⋅

⎝ a ⎠

Ons kan nou bewys dat, wanneer ons die grafiek met ‘n tabel teken, ons slegs x -waardes

tussen − a en a in ons tabel hoef in te sluit. Hierdie bewys is nie vir assessering nie,

maar vir interessantheid:

Let daarop dat die getalle binne vierkantswortels nie negatief mag wees nie. Dus moet dit

2

x

geld dat 1− ≥ 0.

Hieruit volg dan:

2

a

2

x

1− ≥ 0 2

a

2 2

∴ a −x ≥ 0

∴ ( a− x)( a+ x)

≥ 0

∴ a−x ≥ 0 en a+ x ≥ 0 of a−x ≤ 0 en a+ x ≤ 0

∴ x ≤ a en x ≥ −a of x ≥ a en x ≤ −a

∴ −a ≤ x ≤ a

of geen oplossing

Dus kan u enige x-waardes tussen –a en +a kies en bybehorende y-waardes bereken. Hoe

meer punte u plot, hoe akkurater die skets.

Indien die vergelyking van die ellips in die standaardvorm

166

2 2 2 2

ab − bx

y =± of

2

a

2

1 2

x

y =± b⋅−

bekend is, kan die ellips ook met behulp van 'n rekenaarprogram geteken

a

word.

U moet die vergelyking van 'n gegewe ellips uit die skets kan aflei en tweedens moet u

in staat wees om 'n ellips te skets indien sy vergelyking gegee is.

3. Sentrale Hiperbole (moenie verwar met die Reghoekige Hiperbool nie)

167

Let op dat die snyvlak ‘n hoek α met die

simmetrie-as maak wat kleiner is as die

tophoek θ van die kegel. Die hoek α kan

selfs nul wees (dan is die snyvlak parallel

met die simmetrie-as).

'n Sentrale Hiperbool kan gedefinieer word as die lokus van 'n punt wat sodanig

beweeg dat die verskil van die afstande tussen die punt en twee ander vaste punte

(die brandpunte genoem),'n konstante waarde aanneem (sien fig. 21.67 op p. 584 van

die boek van Washington).

Wanneer ‘n positiefgelaaide deeltjie (soos byvoorbeeld ‘n proton) na ‘n swaar atoomkern

(baie groot massa en baie sterk positiewe lading in vergelyking met ‘n proton s’n) geskiet

word, veroorsaak die elektrostatiese afstotingskrag dat die proton in die vorm van ‘n sentrale

hiperbool gedeflekteer (weggestoot) word.

Vir die doel van WSKT 221 beskou ons slegs sentrale hiperbole waarvan die middelpunt op

die oorsprong van die Cartesiese Assestelsel geleë is en waarvan die wortels op die X-as

voorkom. Sulke hiperbole word beskryf deur die vergelyking

So 'n sentrale hiperbool sny die X-as by –a en +a.

2 2

x y

− = 1.

2 2

a b

Daar is geen snypunte met die Y-as nie. Die sentrale hiperbool het egter asimptote met die

b

b

vergelykings y =− x en y =+ x.

a

a

'n Sentrale Hiperbool kan met behulp van bogenoemde inligting maklik geskets word indien

sy vergelyking in die algemene vorm

2 2

x y

− = 1 gegee is.

2 2

a b

Indien 'n meer akkurate skets verlang word, kan die sentrale hiperbool met behulp van 'n

tabel geplot word. In hierdie geval moet die vergelyking

vorm, nl.

168

2 2

x y

− = 1 eers na die algemene

2 2

a b

2

2 1

x

y =± b⋅

− omgeskakel word (maak seker dat u dit kan doen); daarna kan u enige

a

x-waardes kleiner as of gelyk aan –a en groter as of gelyk aan +a kies en bybehorende y-

waardes bereken. Hoe meer punte u plot, hoe akkurater die skets.

2

Indien die vergelyking van die sentrale hiperbool in die standaardvorm

2 1

x

y =± b⋅

a

bekend is, kan die hiperbool ook met behulp van 'n rekenaarprogram geteken word.

U moet die vergelyking van 'n gegewe sentrale hiperbool uit die skets kan aflei en

tweedens moet u in staat wees om 'n sentrale hiperbool te skets indien sy vergelyking

gegee is.

4. Parabole

169

Let op dat die snyvlak ‘n hoek α met die

simmetrie-as maak wat gelyk is aan die

tophoek θ van die kegel. Dit beteken

dieselfde as om te sê dat die snyvlak parallel

is aan die sykant van die kegel.

Soos u kan sien, kan 'n parabool ook as 'n tipe kegelsnede beskou word.

‘n Parabool is die lokus van ‘n punt P wat so beweeg dat dit ewe ver vanaf ‘n vaste

punt (die brandpunt genoem) en ‘n vaste lyn (die riglyn genoem) bly (sien fig. 21.40 op

p.575 van die boek van Washington).

Ons werk egter meestal nie op hierdie manier met parabole in die Tegniese Vakrigtigting

nie; ons hanteer hulle eerder as die krommes van kwadratiese funksies van die vorm

2

y = ax + bx + c . Dit is reeds bespreek en ons volstaan daarby.

U mag dit egter interessant vind om op p. 574 tot 579 in die boek van Washington te gaan

kyk hoe ons ’n parabool se vergelyking aflei deur die kromme te beskou as die lokus van ’n

punt wat op ’n sekere manier (onder sekere voorwaardes) beweeg. Hierdie afleiding sal

egter nie geassesseer word nie en is vir blote interessantheid.

Opgawe 5

1 Skets die volgende kegelsnit in u

antwoordboek:

2 2

x y

+ = 1

25 49

Dui alle snypunte met die asse aan

en skryf die naam van die kegelsnit

neer.

2 Skryf neer die vergelyking van die

sirkelvormige dam naby die hoek van

Juliusstraat en Smithstraat.

Vereenvoudig die vergelyking totdat

dit geen hakies meer bevat nie:

Julius Str.

O

N

170

A

Sketch the following cone section in

your answering book:

2 2

x y

+ = 1

25 49

Indicate all intercepts with the axes

and write down the name of this cone

section:

Write down the equation of the circular

pond near the corner of Julius Street

and Smith Street. Simplify the

equation so that it contains no

brackets:

C (7; 6)

B (9; 9)

Smith Str.

E

3. Die vorm van ‘n betonsloot in ‘n

besproeiingskema word gegee deur

die vergelyking

2 2

x y

+ = 1 met y ≤ 0 .

144 , 064 ,

Die oppervlak van die grond

(grondvlak) word as die X-as gekies;

alle afmetings is in meter.

Skets die sloot en toon sy diepte en

breedte duidelik aan.

4. Gee die naam en vergelyking van die

volgende kegelsnede:

Wenk: Wat is die vergelyking van die

asimptote? Onthou die asimptote het

b

die vorm y =± x en die vergelyking

a

vir hierdie kegelsnit is

2 2

x y

− = 1.

2 2

a b

171

The shape of a concrete ditch in an

irrigation scheme is described by the

equation

2 2

x y

+ = 1 with y ≤ 0 .

144 , 064 ,

The surface of the ground (ground

level) is taken as the X-axis; all

dimensions are given in meters.

Sketch the ditch and clearly indicate its

depth and width.

Supply the name and equation of the

following conic section:

Hint: What is the equation of the

asymptotes? Recall that the

b

asymptotes have the form y =± x

a

and that the equation for this conic

section is

2 2

x y

− = 1.

2 2

a b

5. Die deursnit van ‘n besproeiingsvoor

word getoon. Die vorm van die

deursnit van die voor word gegee

deur die vergelyking

2

x

y = 6⋅ 1+ −8 met −17 , ≤ x ≤ 17 ,

3

5.1. Bereken die breedte van die

watervlak.

172

The cross-section of an irrigation ditch

is shown. The shape of the crosssection

of the ditch is given by the

equation

2

x

y = 6⋅ 1+ −8 with −17 , ≤ x ≤ 17 , .

3

Determine the width of the water level.

5.2 Bereken die diepte van die voor. Calculate the depth of the ditch.

6. Skryf die definisie van ‘n parabool

neer in terme van die lokus van ‘n

punt wat op ‘n sekere manier

beweeg.

7. Skryf in standaardvorm, met ander

woorde maak vir y die onderwerp

7.1

van die vergelyking en stel ‘n tabel

van minstens 8 waardes op om die

deel van die grafiek bo die X-as te

teken deur punte te stip:

2 2

x y

+ = 1

16 25

Write down the definition of a parabola

in terms of a locus which moves

according to a certain law.

Write in standard form, in other words,

make y the subject of the equation

and set up a table of at least 8 values

in order to sketch the part of the graph

above the X-axis by plotting points:

2 2

x y

1

16 25

7.2

2 2

x y

− = 1

9 36

7.3 Ons weet dat die basiese ellips en

sentrale hiperbool simmetries om die

X-as is. Gebruik hierdie feit en teken

die volledige grafieke (bo en onder

die X-as) van die kegelsnitte in 7.1 en

7.2.

173

2 2

x y

− = 1

9 36

We know that the basic ellipse and

central hyperbola are symmetrical with

respect to the X-axis. Use this fact and

draw complete graphs (above as well

as below the X-axis) of the conic

sections in 7.1 and 7.2

6 Trigonometrie

Geskatte tyd benodig om die leeruitkomste te bemeester

12 ure

Noodsaaklike voorkennis

1. Kennis en vaardighede in die toepassing van Pythagoras se stelling soos op skool en

in vorige kursusse behandel;

2. Trigonometriese kennis soos in vorige kursusse (onder meer WSKT 111) behandel

3. Leereenheid 1 van WSKT 221

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Radiaalmaat toe te pas om die lengte van ‘n sirkelboog en die oppervlakte van ‘n

sirkelsektor te bereken;

2. Die hoeksnelheid sowel as lineêre snelheid van ‘n voorwerp wat in ‘n sirkelbaan

beweeg, te bereken;

3. Trigonometrie toe te pas by probleme waar tweedimensionele vektore betrokke is;

4. Die sinusreël toe te pas by probleme waar nie-reghoekige driehoeke betrokke is;

5. Die cosinusreël toe te pas by probleme waar nie-reghoekige driehoeke betrokke is;

6. Die oppervlaktereël toe te pas by probleme waar nie-reghoekige driehoeke betrokke

is;

7. Eenvoudige trigonometriese vergelykings op te los

174

6.1 Toepassing van radiaalmaat

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Radiaalmaat toe te pas om die lengte van ‘n sirkelboog en die oppervlakte van ‘n

sirkelsektor te bereken;

2. Die hoeksnelheid sowel as lineêre snelheid van ‘n voorwerp wat in ‘n sirkelbaan

beweeg, te bereken

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

8.4 249 – 251

Belangrike voorbeelde in die boek van Washington

Voorbeeld nr Bladsynommers

1 249

3 250

4 251

5 251

Let daarop dat die toepaslike formules in die inligtingsblad vir

WSKT 221 voorkom.

175

Oefening 6.1 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

8.4 252 5, 7, 9, 11, 13, 15

176

17, 21, 23, 27, 37, 39, 45

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

6.2 Toepassing van trigonometrie by vektore

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Trigonometrie toe te pas by probleme waar tweedimensionele vektore betrokke is

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

9.2 263 – 265

9.3 267 – 270

9.4 272 – 273

Belangrike voorbeelde in die boek van Washington

Voorbeeld nr Bladsynommers

1 264

2 264

3 265

3 (BAIE BELANGRIKE VOORBEELD) 269

4 (BAIE BELANGRIKE VOORBEELD) 273

Die teorie van vektore en heelwat toepassings van trigonometrie is

volledig in WSKT 111 bespreek.

177

Oefening 6.2 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

9.2 265 3, 5, 7

178

17, 19, 23

9.3 271 7, 9, 25

9.4 275 20

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

6.3 Die sinusreël, die cosinusreël en oppervlaktereël

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Die sinusreël toe te pas by probleme waar nie-reghoekige driehoeke betrokke is;

2. Die cosinusreël toe te pas by probleme waar nie-reghoekige driehoeke betrokke is;

3. Die oppervlaktereël toe te pas by probleme waar nie-reghoekige driehoeke betrokke

is

4. Eenvoudige trigonometriese vergelykings op te los

6.3.1 Die sinusreël

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

9.5 277 – 282

Belangrike voorbeelde in die boek van Washington

Voorbeeld nr Bladsynommers

1 278

2 279

179

Addisionele voorbeeld

Probleem 32 op p. 283 van die groen boek

Punt P op die meganisme word horisontaal heen en weer gedryf.

Indien die minimum waarde van die hoek θ 32° is, wat is die afstand tussen die uiterste

posisies van P? Wat is die maksimum waarde van die hoek θ ?

Oplossing:

Geval 1 ( θ = 32°,

wat is die afstand x ?):

Let op dat P in enige een van die twee posisies P 1 of P 2 kan wees met AB en BP steeds

onderskeidelik 36 cm en 24,5 cm lank. Ons berekening vir die lengte van AP behoort dus

twee antwoorde te lewer. Die rede daarvoor is dat die hoek BPA een van twee moontlike

waardes kan besit. Laat ons hierdie waardes bereken:

sinBPA sinθ

AB BP

sinBPA sin32°

36 24,5 of ook in die ander notasie:

36 ⋅ sin32°

∴ sinBPA =

24,5

∴ sinBPA = 0, 778 657

180

sinP sinθ

p a

sinP sin32°

36 24,5

36 ⋅ sin32°

∴ sinP =

24,5

∴ sinP =

0778657 ,

Laat ons die moontlike oplossings vir hierdie vergelyking ondersoek:

Daar is dus twee moontlike oplossings vir die waarde van

BPA :

BPA = 51, 137 764° of BPA = 180°− 51, 137 764°

∴ BPA = 51, 137 764° of BPA = 128, 862 236°

Die twee moontlike waardes vir AP, dit is vanaf A tot by P 1 of P 2 , kan nou bereken word, uit

die feit dat daar ook twee moontlike waardes vir ABP moet wees:

ABP = 180°−32−BPA

∴ ABP = 180°−32− 51,137 764° of ABP = 180°−32 − 128,862 236°

∴ ABP = 96, 862 236° of ABP = 19, 137 764°

Dus:

AP BP

sinABP sinθ

AP 24,5

sin96,862 236° sin32°

24, 5 ⋅ sin96,862 236°

∴ AP =

sin32°

∴ AP = 45, 902 256 cm

of

AP BP

sinABP sinθ

AP 24,5

sin19,137 764° sin32°

24, 5 ⋅ sin19,137 764°

∴ AP =

sin32°

∴ AP =

15, 157 207 cm

181

Die afstand x wat ons wil bepaal, is die verskil tussen hierdie waardes, so:

x = 45, 902 256 −15,

157 207

∴ x = 30, 745 cm

Nou kan ons die maksimum waarde wat θ kan hê, uitreken (Geval 2, dis die tweede deel

van die vraag):

Dit gebeur klaarblyklik wanneer BPA = 90°

; dan is :

sinθ

a

p

24, 5

∴ sinθ

36

−1

∴ θ = sin 0, 680 556

= 42, 887°

Let uit die praktiese opstelling van die meganisme dat daar geen ander waarde van θ

moontlik is nie.

Dit was ‘n interessante voorbeeld wat die krag van die sinusreël goed geïllustreer het binne

‘n tegniese konteks.

Let daarop dat die toepaslike formule vir die sinusreël in die

inligtingsblad vir WSKT 221 voorkom.

182

Oefening 6.3.1 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

9.5 282 Maak ‘n rowwe skets by elkeen van die

volgende en bepaal al die onbekende

sye en hoeke:

183

3, 5, 7, 9

Doen ook:

29, 31

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

6.3.2 Die cosinusreël

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

9.6 284 – 287

Belangrike voorbeelde in die boek van Washington

Voorbeeld nr Bladsynommers

1 285

2 285

3 286

5 286

Addisionele voorbeelde

Voorbeeld 1

‘n Helikopter meet met ‘n laser-rigtingvinder die afstande na die hoofmaste van die Humber

Brug in Engeland. Die hoek tussen die twee laserstrale word gemeet as presies 15º:

Bereken BC, dit is die lengte van die hoofspan van die Humber Brug.

184

Oplossing:

Met behulp van die standaardnotasie volg in ΔABC dat

2

a

2 2

= b + c −2bccos

A

2 2 2

∴ a = 5 427, 091 + 5 365, 057 − 2 5 427, 091 5 365, 057 cos15°

= 58 237 153, 336 −56

249 053, 364

∴ a = 1 988 099, 972

= 1410

Dus, die lengte van BC, die hoofspan, is 1 410 m.

Voorbeeld 2

Bepaal die hoek tussen die bene van die trapleër:

Oplossing:

Benoem die driehoek, indien moontlik volgens standaardnotasie:

185

Aangesien die onbekende hoek tussen twee bekende sye geleë is, het ons met ‘n ingeslote

hoek te doen – dit is een kenmerkende aspek van die meeste probleme wat met die

cosinusreël (en die oppervlaktereël – sien later) te doen het.

So, ons kan die cosinusreël vir die situasie skryf en vir die onbekende hoek oplos.

Aangesien ons vir A wil bereken, moet ons die cosinusreël so formuleer dat a aanvanklik

links van die vergelyking staan; daarna kan ons vir cos A die onderwerp maak en A

uitreken:

2 2 2

a = b + c −2bccos

A

2 2 2

∴a −b − c = −2bccos

A

2 2 2

∴ 2bc

cos A = c + b −a

2 2 2

c + b −a

∴ cos A =

2bc

Vervolgens hoef ons slegs vir die waardes van a , b en c in te vervang:

195 , + 18 , −1

cos A =

218 ( , )( 195 , )

∴ cos A = 0, 860 755

2 2 2

(Natuurlik kon ons ook soos volg te werk gegaan het om die vergelyking cos A = 0, 860 755 te

verkry:

186

2 2 2

a = b + c −2bccos

A

2 2 2

∴1−1, 8 − 1, 95 = −2(

1, 8)( 1, 95)

cosA

∴− 6, 042 500 = −7,

02cosA

∴ 7, 02cos A = 6, 042 500

6, 042 500

∴ cos A =

702 ,

∴ cos A = 0860755 ,

Dit is egter u eie besluit hoe u te werk gaan – om simbole te manipuleer en later die waardes

in te vervang, of om van die begin af die waardes in te vervang, soos ons nou net gedoen

het)

Vervolgens moet ons die oplossing van die vergelyking cos A = 0, 860 755 ondersoek vir

geldige oplossings:

cos A = 0, 860 755

Daar is dus twee moontlike oplossings vir die waarde van A :

A = 30, 598 541° of A = 360°− 30, 598 541°

∴ A = 30, 599° of A = 329, 401°

187

Aangesien die som van die binnehoeke van geen driehoek 180° mag oorskry nie, is die

tweede oplossing (uit die vierde kwadrant) ongeldig; die grootte van die hoek tussen die

bene van die leër is dus 30, 599°

Let daarop dat die toepaslike formule vir die cosinusreël in die

inligtingsblad vir WSKT 221 voorkom.

Oefening 6.3.2 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

9.6 282 Maak ‘n rowwe skets by elkeen van die

volgende en bepaal al die onbekende

sye en hoeke:

188

3, 5, 7, 9

Doen ook:

27, 31

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

6.3.3 Die oppervlaktereël

Dikwels gebeur dit dat ons die oppervlakte van ‘n driehoek wil bereken. Die klassieke

formule

1

A driehoek = × basis × loodregte hoogte

2

oftewel

1

Adriehoek = b⋅⊥ h

2

behoort vir u bekend te wees. Die probleem is egter dat daar gevalle is waar die loodregte

hoogte van ‘n gegewe driehoek nie bekend is nie; wat dan?

Voorbeeld:

Bereken die oppervlakte van die driehoek ABC :

Let daarop dat alle inligting omtrent die driehoek ABC bekend is (die driehoek is met ander

1

woorde volkome opgelos) – en tog: indien u die formule Adriehoek = b⋅⊥ h probeer toepas,

2

dan werk dit gewoon nie.

Die probleem is natuurlik dat ons nêrens inligting het omtrent enige van die hoogtelyne van

die driehoek nie. Die lengte van enige van die hoogtelyne sou vir ons ‘n loodregte hoogte

gee; daardie waarde sou ons dan saam met die basis wat deur die hoogtelyn gesny word, in

1

die formule Adriehoek = b⋅⊥ h kon vervang.

2

189

Laat ons nou die hoogtelyne van die driehoek inteken en kyk of ons nie miskien genoeg

inligting het om die lengte van een van die hoogtelyne te bereken nie:

Beskou nou enige hoogtelyn, sê nou maar AE. Is daar miskien ‘n manier waarop ons die

lengte van AE kan bereken?

Wel, in ΔACE is

AE

sin ACE AE

= , so = sin 56, 251°

AC 7,191

Daaruit volg dat AE = 7, 191⋅ sin 56, 251°

Die lengte van AE kom dan uit as 5979168 , cm.

Ons kan AE net sowel met behulp van die ander driehoek (driehoek ΔABE ) uitreken:

In ΔABE is

AE

sin ABE AE

= , so = sin 44, 874°

AB 8,475

190

Daaruit volg dat AE = 8, 475 ⋅ sin 44, 874°

Die lengte van AE kom dan uit as 5, 979 537 cm.

Let wel: Die klein verskil in antwoorde het uit te waai met hoe akkuraat die hoeke en

sylengtes in die gegewe driehoek gemeet is. Dit is nie aan rekenfoute te wyte dat die twee

waardes vir AE se lengte so effe verskil nie. U hoef uself dus nie daaroor te ontstel nie.

Hoe dit ook al sy: ons het daarin geslaag om die lengte van hoogtelyn AE te bereken en dus

het ons nou die hoogte van ΔABC . Ons is nou gereed om die oppervlakte van ΔABC op

die gewone manier te bereken:

1

Adriehoek = b⋅⊥ h

2

⎧Ek

het met AE=5,979 cm gewerk aangesien albei

1 ⎪

= ( 10) ⋅( 5, 979)

⎨antwoorde wat ons vir AE gekry het, tot die derde

2

⎪⎩ desimaal ooreenstem

2

= 29, 895 cm

Gevolgtrekking:

• Wanneer ons die oppervlakte van enige driehoek wil bereken, is dit nie streng

gesproke nodig dat die loodregte hoogte van die driehoek bekend moet wees nie.

• Ons kan die loodregte hoogte uit trigonometrie bereken (dit het ons hierbo gedoen).

• Dit is egter interessant om die patroon hierbo raak te sien:

AE = 7, 191⋅ sin 56, 251°

en AE = 8, 475 ⋅ sin 44, 874°

Let op dat die sylengte 7,191 cm en die sylengte 8,475 cm die sye van die driehoek

ΔABC is, naamlik sy AC en sy AB.

Let verder daarop dat die hoek 56,251° en die hoek 44,874° die basishoeke is op die

1

basis BC wat ons in die oppervlakformule Adriehoek = b⋅⊥ h gebruik het.

2

Ons noem hierdie tipe hoek, wat tussen twee bekende sye geleë is, ‘n die

ingeslote hoek van die twee sye. So is die hoek 56,251° die ingeslote hoek van

sye AC en CB.

191

• Die loodregte hoogte wat ons uiteindelik in die formule

was dus die getal

ACsinACE of die getal

192

ABsinABE

• In simbole het ons die oppervlakte van ΔABC dus soos volg bereken:

1

Adriehoek = b⋅⊥ h

2

1

= ( 10) ⋅(

5, 979)

2

1

= ⋅BC ⋅ACsin

ACE

2

of = ( ) ⋅(

1

Adriehoek = b⋅⊥ h gebruik het,

2

1

Adriehoek = b⋅⊥ h

2

1

10 5 979

2

1

= ⋅BC ⋅AB

sin ABE

2

Laat ons nou, ter vereenvoudiging, die driehoek ABC se hoeke en sye in

dieselfde notasie skryf as wat ons by die sinusreël en by die cosinusreël

gebruik het:

Dan kan ons die formules hierbo soos volg skryf:

1

A driehoek = ab sinC of

2

1

A driehoek = ac sinB .

2

Bogenoemde staan as die sogenaamde oppervlaktereël bekend.

1

A driehoek = gegewe sy gegewe sy ⋅ sin ingeslote hoek tussen sy en sy

2

1 2 1 2

Let wel: Bogenoemde argument waarmee ons die oppervlaktereël ontdek het, kan wel nie

as ‘n formele bewys of formele afleiding beskou word nie. Dit werp egter baie meer lig op

hoe en waarom die oppervlaktereël werk, as wat ‘n formele bewys sou doen. Die formele

bewys van die oppervlaktereël kan in elk geval in skoolhandboeke of op die internet gevind

word – dit is nie vir ons nodig om die wiel weer van voor af uit te vind nie.

Belangrike voorbeelde

Voorbeeld 1

Bereken die oppervlakte van die volgende masjienonderdeel:

Oplossing:

Benoem eers die driehoek volgens die notasie waaroor ons afgespreek het; noem sommer

die hoekpunte P, Q en R (of wat ook al) en benoem die ooreenkomstige sye:

Let nou op dat die enigste hoek wat bekend is, tussen twee gegewe sye lê. Ons sien dus

dat hoek Q die ingeslote hoek is van sy p en sy r.

Die oppervlaktereël kan dus vir hierdie situasie soos volg geskryf word:

1

AΔPQR =

pr sinQ

2

193

Die berekening vir die oppervlakte verloop dus soos volg:

1

AΔPQR = pr sinQ

2

1

= ( 175)( 120) ⋅ sin 17, 5°

2

2

= 3157, 411mm

Voorbeeld 2

2

Die oppervlakte van ‘n driehoekige stuk grond (noem dit ΔLMN) is 3000m

. Indien die sye

MN en ML onderskeidelik 70 m en 90 m is, bereken die grootte van die hoek α wat deur

MN en ML ingesluit word. Bereken ook die lengte van die grensdraad regoor hoek α .

Oplossing:

Skets eers die driehoek volgens die notasie waaroor ons afgespreek het; soos voorheen

hoef dit nie ‘n skaaltekening te wees nie:

2

Aangesien die twee gegewe sye die hoek 3000m

insluit en die oppervlakte van die

driehoek gegee is, het ons hier met die oppervlaktereël te doen:

194

1

AΔLMN = ⋅l⋅n⋅sinα 2

1

∴ 3 000 = ( 70)( 90)

sinα

2

∴ 3000= 3150sinα

3000

∴ sinα =

Ek het net die kante omgeruil

3150

∴ sin α = 0, 952 381

Laat ons die oplossing van hierdie vergelyking ondersoek:

Daar is dus twee moontlike oplossings vir die waarde van α :

α = 72, 247 210° of α = 180°− 72, 247 210°

∴ α = 72, 247° of α = 107, 753°

Toets gerus: Indien enigeen van hierdie waardes in die formule

195

1

AΔLMN = l⋅ nsinα met

2

l = 70 m en n = 90 m vervang word, lewer dit in beide geval ‘n oppervlakte van

2

3000m

2

Vervolgens kan ons die lengte van die grensdraad teenoor hoek 3000m

bereken; daarvoor

benodig ons die cosinusreël, aangesien ons ‘n twee sylengtes en hul ingeslote hoek ken

(sien die eerste skets hierbo):

2

m

2 2

= l + n −2⋅l⋅n⋅cosα 2

∴ m

2 2

= 70 + 90 − 2( 70)( 90) cos 72, 247 210° of

2 2 2

m = 70 + 90 − 2( 70)( 90) cos 107, 752 790°

2

∴ m = 13 000 − 12 600cos 72, 247 210° of

2

m = 13 000 − 12 600cos 107, 752 790°

2

∴ m = 13 000 − 3 841, 874 509 of

2

m = 13 000 + 3 841, 874 509

∴ m = 9 158, 125 491

of m = 16 841, 874 509

∴ m = 95, 698 m of m = 129, 776 m

Geweldig interressant: Driehoeke met gelyke oppervlaktes het nie noodwendig dieselfde

vorm nie.

Let daarop dat die toepaslike formule vir die oppervlaktereël in die

inligtingsblad vir WSKT 221 voorkom.

Oefening 6.3.3 vir selfassessering

1. Bereken die volume van die volgende regte driehoekige prisma (wenk: volume is die

produk van basisoppervlakte en loodregte hoogte):

Antwoord: Volume =

45 466, 334 mm

3

196

2. Die skets toon ‘n gedeelte van ‘n sypaadjiewat uit ‘n betonlaag van uniforme dikte

bestaan:

Bereken die grootte van θ sodat

1690370

(wenk: θ is ‘n stomphoek, dit wil sê 90°< θ < 180°).

Antwoord: θ = 105°

Opgawe 6

3

, m beton benodig sal word om dit te gooi.

Vraag 1/ Question 1

1.1 ‘n Helikopter meet met ‘n laserrigtingvinder

die afstande na die

hoofmaste van die Humber Brug in

Engeland. Die hoek tussen die twee

laserstrale word gemeet as presies 15º:

197

A helicopter measures the distances to

the main pylons of the Humber Bridge

in England using a laser range finder.

The angle between the laser beams is

measured as exactly 15º:

Bereken die grootte van θ , dit is die

hoek wat die een laserstraal by die

oostelike mas maak.

1.2 ‘n Krag van 450 kN werk teen ‘n hoek

van 34º ten opsigte van die vertikale

as.

Maak ‘n diagram van die krag en

ontbind dit in onderling loodregte

komponente.

1.3 Vir ‘n kar wat teen ‘n snelheid v om ‘n

draai met ‘n radius r beweeg, geld dit

dat die ryvlak AB van die pad teen ‘n

hoek θ gekantel moet wees sodat

2

v

tanθ

gr

1.3.1 Bereken die grootte van θ indien

2

v = 33 m/s , g = 9,8 m/s en

r = 150 m .

198

Calculate the magnitude of θ , that is

the angle formed by one of the laser

beams at the eastern pylon.

A force of 450 kN acts at an angle of

34º with respect to the vertical axis.

Construct a diagram of the force and

resolve it in mutually perpendicular

components.

For a car travelling at a velocity v

around a curve of radius r , it holds that

the driving surface AB should be

inclined at an angle θ so that

2

v

tanθ

gr

Calcultate the value of θ if

2

v = 33 m/s , g = 9,8 m/s and

r = 150 m .

1.3.2 Gestel AC, die buitenste rand van

die ryvlak, is 4,762 m hoog.

Bereken AB, die breedte van die

ryvlak.

Vraag 2/ Question 2

2.1 Die grootte van die emk E in Volt wat

in ‘n generator opgewek word deur ‘n

draadlus wat teen ‘n hoeksnelheid ω

(in radiale per sekonde) in ‘n

magneetveld B roteer, word gegee

deur die formule E = NABω⋅ sinθ

waar

N die aantal windings in die lus, A die

oppervlakte van die lus en θ die hoek

in grade wat die normaalvektor met die

magneetveld maak:

Bereken die grootte van θ in

E = NABω⋅ sinθ

indien N = 3 ,

2

A = 0,02 m , B = 0,5 Tesla ,

ω = 157,08 rad/s en E = 4 V .

Gee twee oplossings.

199

Suppose AC, the outer edge of the

driving surface, is 4,762 m high.

Calculate AB, the width of the

driving surface.

The magnitude of the induced emf

E in Volt which is generated by a

generator when a loop of wire rotates

at an angular velocity ω (in radians

per second) inside a magnetic field

B , is given by the formula

E = NABω⋅ sinθ

where N is the

number of windings in the loop, A is

the area of the loop and θ is the

angle in degrees between the normal

vector and the magnetic field:

Calculate the magnitude of θ in

E = NABω⋅ sinθ

if N = 3 ,

2

A = 0,02 m ,

B = 0,5 Tesla , ω = 157,08 rad/s and

E = 4 V .

Give two solutions.

2.2 Die diagram hieronder toon ‘n sekere

dakraam:

2.2.1 Bereken die lengte van balk BD, korrek

tot twee desimale plekke, deur slegs

gebruik te maak van die inligting in

driehoek ABD.

2.2.2 Gebruik slegs die inligting in driehoek

BCD en voer ‘n berekening uit om u

antwoord op vraag 2.2.1 te kontroleer.

(Benader u antwoord weer tot twee

desimale plekke)

Vraag 3/ Question 3

3.1 ‘n Krag van 350 kN werk in ‘n plat

horisontale vlak in ‘n rigting 37° wes

van suid.

3.1.1 Bereken die westelike komponent van

die krag.

3.1.2 Bereken die suidelike komponent van

die krag.

200

The diagram below shows a certain

roof frame:

Calculate the length of beam BD,

correct to two decimal places, using

only the information in triangle ABD.

Use only the information in triangle

BCD and perform a calculation to

check your answer to question 2.2.1.

(Once again, approximate your

answer to two decimal places)

A Force of 350 kN acts in a flat

horizontal plane in a direction 37° west

of south.

Calculate the westward component of

the force.

Calculate the southward component of

the force.

3.2 Beskou die volgende dakkap: Consider the following roof truss:

3.2.1 Bereken die lengte van balk PQ,

korrek tot twee desimale plekke.

3.2.2 Gebruik die cosinus-reël en bepaal

die lengte van PR.

201

Calculate the length of beam PQ,

correct to two decimal places.

Use the cosine rule and determine the

lenght of PR.

7 Elementêre beskrywende statistiek

Geskatte tyd benodig om die leeruitkomste te bemeester

10 ure

Noodsaaklike voorkennis

1. Opleiding in Microsoft Excel, soos behandel in CMPF 111 of soortgelyke kursus.

Leeruitkomste vir hierdie leereenheid

Na afhandeling van hierdie leereenheid moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. ‘n Frekwensieverspreidingstabel van data op te stel met behulp van Microsoft Excel;

2. ‘n Histogram te teken met behulp van Microsoft Excel;

3. Die modus van ‘n gegewe datastel te bepaal;

4. Die mediaan van ‘n gegewe datastel te bepaal;

5. Die rekenkundige gemiddelde van ‘n gegewe datastel te bepaal;

6. Die geweegde gemiddelde van ‘n stel data te bepaal waar verskillende waardes

verskillende gewigte dra;

7. Die standaardafwyking van ‘n stel data te bepaal;

8. Bogenoemde vaardighede te gebruik om ‘n gerekenariseerde punteboek te

administreer;

9. Excel se ingeboude regressiefunksie te gebruik om die vergelyking te bepaal van die

kromme wat die beste deur ‘n gegewe stel datapunte gaan

202

7.1 Frekwensieverspreidings

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. ‘n Frekwensieverspreidingstabel van data op te stel met behulp van Microsoft Excel;

2. ‘n Histogram te teken met behulp van Microsoft Excel

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

22.1 609 – 613

Definisies

Term of begrip Beskrywing

Rou data Inligting (getalwaardes) wat nog nie op enige manier georganiseer is

nie, byvoorbeeld ‘n vel papier waarop 30 kinders se name, vanne en

punte behaal vir ‘n toets aangeteken is.

Geordende data Rou data wat op een of ander manier gerangskik is, byvoorbeeld ‘n

puntelys met 30 kinders se inligting wat gerangskik is vanaf laagste

punt tot hoogste punt.

Gegroepeerde data Wanneer data in groepe (ook klasse genoem) verdeel word.

‘n Voorbeeld is wanneer 30 kinders toets geskryf het en die

toetsresultate in die volgende groepe (klasse) verdeel word:

Klas 1: alle punte onder 40%

Klas 2: alle punte vanaf 40% maar minder as 50%

Klas 3: alle punte vanaf 50% maar minder as 75%

Klas 4: alle punte vanaf 75% en hoër

203

Frekwensie Die aantal waardes wat in ‘n klas gegroepeerde data voorkom.

Frekwensieverspreidingstabel

Byvoorbeeld: Gestel uit ‘n klas van 30 kinders het 5 kinders onder

40% behaal, 11 kinders het 40% of meer maar minder as 50%

behaal, 10 kinders het 50% of meer maar minder as 75% behaal en 4

kinders het 75% of meer behaal.

Dan is die eerste klas se frekwensie 5, die tweede klas se frekwensie

is 11, die derde klas se frekwensie is 10 en die vierde klas se

frekwensie is 4.

‘n Tabel wat die klasse waarin ‘n gegroepeerde datastel verdeel is,

asook die frekwensie van elke klas, voorstel. Byvoorbeeld:

klas 1 2 3 4

klasinterval [0; 40) [40; 50) [50; 75) [75;100]

frekwensie 5 11 10 4

Let op die skryfwyse vir die klasintervalle:

Byvoorbeeld: By klas 2 beteken die klasinterval [40; 50) dat alle

punte vanaf 40 en insluitende 40 tot net minder as 50 in daardie klas

val; 50 is nie ingesluit nie. ‘n Punt van 50 sal in die derde klas val.

Histogram ‘n Histogram is ‘n grafiese voorstelling van gegroepeerde data in

terme van klasse en frekwensies. Effektief is dit maar ‘n visuele

voorstelling van ‘n frekwensieverspreidingstabel, byvoorbeeld:

204

Histogram Soms maak histogramme gebruik van die sogenaamde

klasmiddelwaarde (“class mark”) in plaas daarvan om die

klasintervalle op die horisontale as aan te dui:

Die klasmiddelwaarde is die gemiddelde van die klasinterval se

ondergrens en bogrens.

Frekwensieveelhoek ‘n Frekwensieveelhoek is ‘n grafiese voorstelling van gegroepeerde

data in terme van klasse en frekwensies, waar die frekwensiewaardes

die punte van ‘n veelhoek teenoor die klasmiddelwaardes vorm,

byvoorbeeld:

205

Hoe om ‘n frekwensieverspreidingsdiagram in Microsoft Excel te

genereer

Gestel u het ‘n datastel bestaande uit 10 kinders se name, vanne en punte vir ‘n sekere

assessering of evaluasie, byvoorbeeld ‘n Toets 1:

Bogenoemde verteenwoordig ‘n tipiese rou datastel. Dit kan op verskillende maniere

georden word, onder meer deur dit volgens van in alfabetiese volgorde te rangskik:

Selekteer (kleur in deur te linkskliek en die muis terwyl die linkermuisknoppie ingehou word

oor die selle te beweeg) al die data (nie die opskrifte nie).

Kliek dan op “Data” in die boonste horisontale taakbalk en kies “Sort”. Wanneer die

sorteringskeuselys oopmaak, selekteer u die kolom waar die vanne voorkom (dit is B):

206

Indien u nou “OK” kliek, sal Excel dan die datastel alfabeties sorteer volgens die vanne; let

daarop dat al die data wat by die vanne pas (voornaam en punt) saam met die vanne gedra

word – die data raak dus nie deurmekaar nie:

207

Om ons geordende datastel verder te verwerk, kan ons byvoorbeeld die persentasie bereken

wat elke kind behaal het. Ons kan dit in Excel doen deur ‘n formule in te voer in sel D6 tot

D15 – hierdie formule moet gewoon die punt in die C-kolom deur die totaal van die toets in

sel C4 deel en met 100 vermenigvuldig.

Ons kan die formule in sel D6 invoer en dit dan kopieer deur die muis op die regterkantste

onderste hoek van sel D6 te plaas totdat die merker ‘n plus vorm; dan linkskliek u en sleep

die formule in D6 af oor al die selle D6 tot D15.

Voordat ons dit egter kan doen, moet ons daarop let dat elke berekening wat in D6 tot D 15

plaasvind, deur dieselfde getal (die waarde in C4) gedeel word. Omdat C4 in elkeen van die

rye 6 tot 15 gebruik word, moet ons die sel C4 in die formule wat ons in D6 invoer “anker”

deur van die dollar-teken gebruik te maak. Voeg gewoon ‘n dollar-teken in voor die letter en

voor die nommer van die sel wat u wil anker:

$C$4

Die formule wat u dus invoer terwyl u merker op D6 staan, is: =C6/$C$4*100

208

Druk “Enter” en kopieer die formule vanaf D6 tot D 15.

Die volgende sal gebeur:

U kan die selle D6 tot D15 (of enige reghoekige deel van die sigblad) formatteer om getalle

tot ‘n sekere aantal desimale af te rond. Indien u byvoorbeeld wil hê dat die persentasie

afgerond moet word tot een desimaal, moet u die selle D6 tot D15 inkleur en op die

gekleurde gebied regskliek en “Format Cells” kies. Kies dan in die aftrek-keuselys “Number”

en stel die aantal desimale plekke op 1:

209

Indien u nou “OK” kliek, sal die volgende gebeur:

210

Die volgende stap is nou om die geordende datastel in ‘n gegroepeerde datastel te verander.

Let daarop dat die begrip “gegroepeerde data” daarop dui dat ons die data in groepe (klasse)

verdeel en dan die frekwensie van elke klas bepaal.

Ons wil ‘n statistiese prentjie kry van die persentasies wat die klas vir die toets behaal het.

Die vraag is dus nou: hoe groepeer ons die data?

In die eerste plek, let op dat ‘n persentasie ‘n getal is wat in die geslote interval [ 0; 100 ] lê.

Hiermee bedoel ons dat ‘n persentasie nul mag wees, maar nie kleiner as nul nie – dit mag

ook 100 wees, maar nie groter nie – en alle waardes tussen 0 en 100 is ook moontlike

persentasiewaardes. Dink nou aan die interval [ 0; 100 ] as ‘n horisontale getallelyn. Ons

kan hierdie getallelyn op baie maniere verdeel; een manier is om dit in vyf ewe breë dele te

verdeel:

Sodoende het ons vyf klasse van gelyke klaswydte (naamlik 20%) verkry. Om nou die

frekwensies te bepaal moet ons gewoon die persentasies wat behaal is in die klasse gaan

sorteer en tel getalle daar in elke klas beland:

Ons sal nou met die hand die volgende frekwensieverspreidingstabel kon konstrueer:

klas 1 2 3 4 5

klasinterval [0; 20) [20; 40) [40; 60) [60;80) [80; 100]

frekwensie 0 1 4 2 3

211

Die hele gedagte is egter om bogenoemde proses (die groeperingsproses) volledig met

behulp van Excel te doen. Om dit te doen, gaan ons gewoon soos volg te werk:

Maak vir uself drie bykomende kolomme regs van die bestaande kolomme:

Selle E6 tot E 10 kan u as “Text” formatteer; selle F6 tot G10 kan u as “Number” formatteer,

tot twee desimale plekke.

Nou moet ons die “Bin” kolom invul. Om dit te doen, moet ons aan elke klas in die selle E6

tot E10 as ‘n mandjie (in Engels: “Bin”) dink. In die “Bin”-kolom vul ons die bogrens van elke

klasinterval in. Omdat die bogrens van elke klas (behalwe die laaste klas) “oop” is (let op na

die ronde hakies), is die bogrens van elke klasinterval net kleiner as die getal voor die ronde

hakie. Dus vul ons in die “Bin”-kolom waardes in soos die volgende:

212

Die “Bin”-kolom moet dus waardes bevat wat net kleiner is as die “volgende” waarde wat in

die klas net regs daarvan gesorteer moet word. Indien die eerste klas, se “Bin”-waarde dus

20 was, sou dit beteken dat ‘n persentasie van 20% in hierdie klas gereken sou word – dit is

nie wat ons wil hê nie; 20% moet in die tweede klas gereken word. Dit is wat die skryfwyse

[0; 20) beteken – alle persentasies tot net kleiner as 20% word in hierdie klas gereken.

Ons is nou gereed om die ingeboude “Frequency”-funksie in Excel te gebruik om vir ons die

frekwensie van elke klas in die selle G6 tot G10 te vertoon.

Om dit te doen, gaan soos volg te werk:

• Kleur die selle G6 tot G10 (waar u die frekwensies wil sien) in

• Tik in die boonste formulevenster van die sigblad: =Frequency(

• U sal sien dat Excel nou verlang dat u twee kolomme moet inkleur, naamlik die kolom

waarin die data voorkom(die persentasies, dit is selle D6 tot D15) asook die “Bin”kolom

(selle F6 tot F10). Wanneer u klaar die kolom D6 tot D15 gemerk het, tik die

komma en merk dan die kolom F6 tot F10. Sluit die hakie in die boonste

formulevenster:

• Om die frekwensies in die ingekleurde gebied (selle G6 tot G10) te vertoon, druk

eers “CTRL” en “SHIFT” gelyk en dan, terwyl u hulle albei inhou, druk “Enter”.

Die volgende sal gebeur:

213

Dit is dieselfde resultate wat ons ‘n paar bladsye gelede met die hand verkry het.

Excel het dus nou vir ons ‘n frekwensieverspreidingstabel gegenereer.

Waarskuwing: U moet nooit self enige waardes probeer intik waar Excel frekwensies

vertoon nie. Indien u met u hand waardes probeer intik in enigeen van die selle G6 tot G10,

mag die program toemaak en u al u data verloor. Indien u die selle G6 tot G10 wil

skoonmaak, is dit ook gevaarlik om “Delete” te gebruik. Kleur liewer die hele gebied G6 tot

G10 in, regskliek op die gebied en kies “Clear Contents”. Dit is veiliger as “Delete”.

Die volgende stap is nou om ‘n histogram van die frekwensieverspreidingstabel te teken.

Om dit te doen, gaan soos volg te werk:

• Selekteer die frekwensies (selle G6 tot G10)

• Kies “Insert” in die boonste horisontale taakbalk en kies “Column”

214

• U kan enige van die tipes kolomgrafieke kies wat Excel aanbied; daar is egter niks

verkeerd met die heel eerste keuse heel bo nie (eksperimenteer gerus met die

ander). Kies die eerste keuse wat aangebied word. Die volgende behoort te

gebeur:

215

Regskliek op “Series 1” en “Delete” dit. Om die intervalle in selle E6 tot E10 onderaan die

horisontale as te skryf, gaan soos volg te werk:

• Regskliek op enige van die syfers onder die horisontale as

• Kies “Select Data”

• Linkskliek op “Edit” bo in die regterkantste wit venstertjie

• Wanneer die ander klein “Axis Labels”-venstertjie oopmaak, gaan kleur u gewoon

die selle E6 tot E10 in en kliek op die klein rooi pyltjie bokant “OK” op die “Axis

Labels”-venstertjie:

216

• Indien u twee keer “OK” kliek, sal die grafiek soos volg lyk:

• Om die stawe aan mekaar te laat raak, regskliek op enige staaf en kies “Format Data

Series”. Kies die “Gap width” as nul.

• Om die stawe se kleure te wissel, kies “Fill” aan die linkerkant en merk “Vary colours

by point”:

217

• Om die frekwensie op elke staaf te vertoon, regskliek op enige staaf en kies “Add

Data Labels”.

• Kies “Labels” in die heel boonste horisontale taakbalk en eksperimenteer met die

“Labels” en ander bykomstighede om die asse van die grafiek te benoem en die

grafiek ‘n titel te gee. Interessante dinge kan ook met die rooster (“grid lines”)

gedoen word:

218

Indien u enige plek op die wit oppervlakte van die grafiek regskliek en “Move Chart” kies, kry

u die keuse om die grafiek uit die sigblad te verwyder en as ‘n groot prent wat onderaan die

sigblad hang, te vertoon.

Dit sou nou relatief maklik wees om ook ‘n frekwensieveelhoek van die data te genereer; so

‘n voorstelling gee egter nie regtig nuwe inligting omtrent die data nie en ons vereis dit dus

ook nie in die leeruitkomste van hierdie leereenheid nie.

Belangrik:

Oefen gereeld om Excel as punteboek te gebruik. Dit spaar ure en help om u werk

professioneel en akkuraat te laat vertoon.

Onthou net altyd:

Bêre (“Save”) u data gereeld (elke dag!) op minstens twee veilige plekke. Die nadeel van ‘n

elektroniese punteboek is dat dit uiters kwesbaar is vir nalatigheid. As u data weg is, dan is

dit werklik weg en dan sal u dit nooit weer sien nie.

Hou rugsteunkopieë (“Back-up copies”) op minstens twee veilige plekke (twee verskillende

rekenaars of twee skywe wat nie tegelyk permanent aan dieselfde rekenaar behoort nie).

Oefening 7.1 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

22.1 612 Doen met Excel: nr 21

219

Teken slegs ‘n histogram. Benoem die

asse en versorg u grafiek tegnies.

Doen met Excel: nr 27

Maak ‘n frekwensieverspreidingstabel

met ses gelyke klasse en teken die

histogram.

Wenk: Die eerste klasinterval is

[25; 26,83), die klaswydte is 1,83

en die sesde klasinterval is

[34,15; 36]

Oplossings:

21 Let op na die wyse waarop die klasinterval geskryf word.

27. Let daarop dat die “Bin”-kolom waardes bevat wat net kleiner is as die regtergrens van

elke interval, omdat die regtereindpunt van alle intervalle (behalwe die laaste een) altyd

oop gekies word.

220

7.2 Mediaan, modus, rekenkundige gemiddelde en

standaardafwyking

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Die modus van ‘n gegewe datastel te bepaal;

2. Die mediaan van ‘n gegewe datastel te bepaal;

3. Die rekenkundige gemiddelde van ‘n gegewe datastel te bepaal;

4. Die geweegde gemiddelde van ‘n stel data te bepaal waar verskillende waardes

verskillende gewigte dra;

5. Die standaardafwyking van ‘n stel data te bepaal

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

22.2 613 – 616

22.3 617 – 618

Definisies

Term of begrip Beskrywing

Mediaan Gestel ‘n aantal datapunte is van klein na groot gerangskik. Indien

die aantal datapunte onewe is, dan is die mediaan die middelste

waarde van die skikking. Indien die aantal datapunte ewe is, is die

mediaan die rekenkundige gemiddelde van die twee middelste

waardes.

Voorbeeld: Gegee: 23; 44; 10; 7; 0; 15; 80; 70; 15

Rangskik die data: 0; 7; 10; 15; 15; 23; 44; 70; 80

Mediaan: 15 (die middelste waarde)

221

Voorbeeld: Gegee: 23; 44; 10; 7; 0; 15; 80; 70

Rangskik die data: 0; 7; 10; 15; 23; 44; 70; 80

Mediaan: 19 (gemiddelde van 15 en 23)

Modus Gestel ‘n aantal datapunte is gegee. Die waarde wat die meeste kere

voorkom, word die modus genoem. Indien elke waarde slegs een

keer voorkom, is daar geen modus nie. Daar mag meer as een

modus voorkom.

Rekenkundige

gemiddelde

(“arithmetic mean”

of “average”)

Die aantal kere wat die modus voorkom, word sy frekwensie genoem.

Voorbeeld: Gegee: 23; 44; 10; 7; 0; 15; 80; 70; 15

Modus: 15 (en sy frekwensie is 2)

Gestel ‘n aantal datapunte is gegee. Die rekenkundige gemiddelde is

dan die som van die datapunte gedeel deur die aantal datapunte.

Voorbeeld: Gegee: 23; 44; 10; 7; 0; 15; 80; 70; 15

som van datapunte

Rekenkundige gemiddelde =

aantal datapunte

xn

∴ x =

Dit is die formule in terme van simbole

n

23 + 44 + 10 + 7 + 0 + 15 + 80 + 70 + 15

9

264

9

= 29,333

Geweegde rekenkundige gemiddeldes (“weighted means”)

Soms wil ons die rekenkundige gemiddelde bereken van ‘n stel waardes, maar dan het die

waardes nie dieselfde gewig nie. Dit kan byvoorbeeld wees dat een of meer van die

waardes meer as een keer voorkom. In so ‘n geval kan ons die berekening aanpas deur die

x1⋅ f1+ x2 ⋅ f2 + ... + xn ⋅ fn

formule x =

te gebruik. Die frekwensie f van elke waarde is dan

f + f + ... + f

sy gewigswaarde.

1 2

n

222

Voorbeeld:

Gestel die volgende datastel is gegee: 23; 44; 15; 10; 7; 0; 15; 80; 70; 15; 44; 15

Let daarop dat elkeen van die datapunte 23; 10; 7; 0; 80; 70 slegs een keer voorkom; hulle

frekwensies is dus 1. Die datapunt 15 kom egter vier keer voor, so sy frekwensie is 4. Die

datapunt 44 kom twee keer voor, so sy frekwensie is 2.

Die gewig van die waarde 15 is dus 4 en die gewig van die waarde 44 is dus 2.

Die geweegde rekenkundige gemiddelde is dan:

x1⋅ f1+ x2 ⋅ f2 + ... + x8 ⋅ f8

x =

f1+ f2 + ... + f8

231 ⋅ + 101 ⋅ + 71 ⋅ + 01 ⋅ + 801 ⋅ + 701 ⋅ + 154 ⋅ + 442 ⋅

1+ 1+ 1+ 1+ 1+ 1+ 4+ 2

338

12

= 28,167

Geweegde gemiddeldes en punteberekeninge

Onderwysers en dosente moet in staat wees om kwartaalpunte, semesterpunte of jaarpunte

te bereken. Dikwels tel die assesserings of evaluasies waaruit hierdie punte opgemaak

word, verskillende gewigte. Die probleem is dan om die persentasies wat vir die verskillende

assesserings behaal is, volgens hul gewigte tot ‘n finale persentasie te verwerk.

Voorbeeld 1:

‘n Student het ‘n deelnamepunt van 43% en ‘n eksamenpunt van 58%. Bereken die

modulepunt indien die deelnamepunt en die eksamenpunt in die verhouding 2:1 tel.

Oplossing:

Die verhouding 2:1 beteken dat die finale punt uit derdes bestaan (2+1=3) en dat die

deelnamepunt twee-derdes (⅔) en die eksamenpunt een-derde (⅓) van die finale punt

uitmaak. Indien albei die punte in terme van persentasies uitgedruk is, kan ons die

berekening soos volg doen:

Modulepunt = w1⋅ Deelnamepunt + w2

⋅Eksamenpunt

2 1

= × 43 + × 58

3 3

48 %

223

Voorbeeld 2

‘n Student het ‘n deelnamepunt van 58% en ‘n eksamenpunt van 45%. Bereken die

modulepunt indien die deelnamepunt en die eksamenpunt in die verhouding 60:40 tel.

Oplossing:

Aangesien die gegewens persentasies is en die antwoord wat ons wil bereken ook in

persentasie is, kan ons die berekening gewoon soos volg aanpak:

Modulepunt = w1⋅ Deelnamepunt + w2

⋅Eksamenpunt

60 40

= × 58 + × 45

100 100

= 52,8 %

Voorbeeld 3

‘n Student se deelnamepunt bestaan uit drie evaluasies wat in die volgende verhouding tel:

35% van die deelnamepunt, 40% van die deelnamepunt en 25% van die deelnamepunt. Die

drie evaluasiepunte, uitgedruk as persentasies, is 81%, 62% en 95%. Bereken sy

deelnamepunt.

Oplossing:

Deelnamepunt = w ⋅ Evaluasie + w ⋅ Evaluasie + w ⋅Evaluasie

35 40 25

= × 81+ × 62 + × 95

100 100 100

= 76,9 %

Voorbeeld 4

1 1 2 2 3 3

‘n Student se deelnamepunt bestaan uit vier toetse wat uit die volgende totale getel het:

45; 55; 50; 40

Sy punte was soos volg:

39 uit 45; 40 uit 55; 19 uit 50; 29 uit 40

Bereken die student se deelnamepunt deur van ‘n geweegde gemiddelde gebruik te maak.

224

Oplossing:

• Verwerk eers die vier punte na persentasies; dit vereenvoudig in elk geval die

berekeninge wat volg:

39 uit 45 beteken 39 × 100% en dit lewer 86,667% Net so beteken 40 uit 55

45

dieselfde as 40 × 100% en dit lewer 72,727%; op soortgelyke wyse is die ander twee

55

punte dan onderskeidelik 38% en 72,5%.

• Nou moet ons die gewigswaardes vir elke toets uitwerk. Daarvoor gebruik ons die

groottotaal van al die punte waaruit die vier toetse getel het. Die som van hulle totale

is klaarblyklik 45+55+50+40 en dit is 190. Let nou daarop dat elke toets se gewig

beskou kan word as die breuk wat daardie toets se totaal van die groottotaal uitmaak:

45

190

w 1 = , 2

55 50

40

w = , w 3 = en w 4 =

190 190 190

• Die formule vir die deelnamepunt is dan gewoon:

Deelnamepunt = w1⋅ Toets1+ w2 ⋅ Toets2 + w3 ⋅ Toets3 + w4

⋅Toets4

45 55 50 40

= × 86,667 + × 72,727 + × 38 + × 72,5

190 190 190 190

= 66,842 %

Let net daarop dat die formule met die toetspunte as persentasies werk en dat die antwoord

wat dit lewer, outomaties ‘n persentasie is.

Term of begrip Beskrywing

Standaardafwyking Die standaardafwyking van ‘n stel data is ‘n maatstaf van hoeveel die

datapunte van die rekenkundige gemiddelde verskil. Datapunte wat

naby mekaar lê (min van mekaar verskil) sal ‘n klein

standaardafwyking hê. Net so, sal ‘n datastel waarvan die waardes

baie van mekaar verskil, ‘n groot standaardafwyking hê.

Die standaardafwyking s kan met behulp van ‘n sakrekenaar of

rekenaarprogram (Excel) bereken word.

225

Hoe om die mediaan, modus, rekenkundige gemiddelde en

standaardafwyking deur middel van Microsoft Excel te bepaal

Microsoft Excel beskik oor die funksies “Median”, “Mode”, “Average” en “Stdev” waarmee

bogenoemde eienskappe van ‘n datastel bepaal kan word.

Gestel u het ‘n datastel (die selle waar getalle voorkom, is geformatteer as “Number” en tot

een desimale plek en die “alignment” is gestel om die getalle te sentreer):

Om die mediaan van die getalle in selle B4 tot B9 in sel B11 te vertoon, linkskliek op B11 en

tik in die formulevenster: =median(

Merk dan gewoon selle B4 tot B9 deur hulle in te kleur (linkskliek met die muis op B4, hou

die linkermuisknoppie in en trek die merker oor die selle B4 tot B9). Sluit die hakie in die

formulevenster:

226

Druk nou “Enter” en die mediaan van die datastel sal in B11 verskyn.

Gaan op presies soortgelyke wyse te werk en laat Excel die modus, rekenkundige

gemiddelde (“average”) en standaardafwyking in die selle B12 tot B14 vertoon:

227

Die finale resultaat, behoort soos volg te lyk:

Let op hoe die rekenaar aandui dat daar geen modus voorkom nie (sel B12).

Hoe om die finale punt van ‘n aantal assesserings wat verskillende

gewigte tel, deur middel van Microsoft Excel te bepaal

Gestel u het die volgende datastel:

(Let daarop dat die wit selle geformatteer is as “Number” en tot 1 desimale plek met die

“alignment” so gestel dat die getalle in die selle gesentreer word).

Ons wil nou die finale persentasie van die student bereken.

228

Gaan soos volg te werk:

• Verwerk al die punte na persentasies. “Insert” ‘n kolom regs van elke punt sodat u

die persentasie van elke assessering daar kan bereken:

Om nou die punte as persentasies in die selle E5, G5, I5, K5 en M5 te bereken, hoef

u gewoon die formule “=Punt/Totaal*100” in die toepaslike selle in te sleutel. Om die

persentasie P1 van die eerste assessering in E5 te vertoon, kliek gewoon op E5 en

tik in die formulevenster: =D5/D3*100

Druk “Enter” en herhaal die proses om die persentasies P2 tot P5 op die regte plekke

te vertoon:

• Bereken nou die groottotaal van die assesserings in sel B7:

• Bereken nou die gewigte van die assesserings in selle B8 tot B12; om die eerste

gewig uit te reken, tik gewoon in sel B8 die formule “totaal gedeel deur groottotaal”:

229

• Herhaal die proses om al die gewigte te bereken:

• Om nou die geweegde gemiddelde van die assesserings in sel N5 te bereken, hoef u

gewoon op sel N5 te linkskliek en die volgende formule in die formulevenster in te tik:

=B8*E5+B9*G5+B10*I5+B11*K5+B12*M5

Die venster hierbo toon die resultaat nadat u “Enter” gedruk het.

Belangrik:

Bogenoemde proses verloop presies dieselfde wanneer u ‘n puntelys met ‘n groot aantal

studente het. U kan formules wat vir meer as een sel in ‘n kolom geld, na ander selle

kopieer. Onthou net om die $-simbool te gebruik wanneer die formule wat u kopieer elke

keer met ‘n vaste waarde werk wat in ‘n sekere sel staan.

230

Oefening 7.2 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

22.2 616 Doen met die hand sowel as Excel:

231

33, 34, 37, 38

(“mean” is die rekenkundige gemiddelde)

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

Addisionele vraag:

‘n Leerling se kwartaalpunt bestaan uit vier toetse wat uit die volgende totale getel het:

55; 45; 50; 35

Sy punte was soos volg:

32 uit 55; 38 uit 45; 34 uit 50; 21 uit 35

Bereken die leerling se kwartaalpunt as persentasie deur van ‘n geweegde gemiddelde

gebruik te maak. Toon alle stappe van u berekening.

(Antwoord: 67,568 %)

7.3 Die administrasie van gerekenariseerde puntestate met behulp

van Microsoft Excel

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. ‘n Gerekenariseerde puntestaat deur middel van Microsoft Excel te administreer

Laat ons nou na ‘n toepassing kyk van al die kennis en vaardighede wat ons tot dusver in

hierdie leereenheid teëgekom het.

Oefening 7.3 vir selfassessering

Gestel u het die volgende puntestaat:

Gebruik die kennis en vaardighede wat tot dusver in hierdie leereenheid ontwikkel is en

bereken die waardes in die geskakeerde selle.

Bepaal ook die frekwensieverspreiding van die kwartaalpunte deur van die volgende

klasintervalle gebruik te maak: [0; 50), [50; 80) en [80; 100].

Teken ‘n histogram van die frekwensieverspreiding.

232

Oplossing:

U resultate behoort ongeveer soos volg te lyk (u formattering en waar u kies om sekere

waardes te bereken, mag natuurlik verskil):

Opmerking: Sorteer gerus die data in die sigblad alfbaties volgens name of vanne.

Die resultate hierbo wys dat een kind druip, ses kinders deurkom en een kind ‘n

onderskeiding behaal het.

233

7.4 Regressie met behulp van Microsoft Excel

Leeruitkomste vir hierdie leergedeelte

Na afhandeling van hierdie leergedeelte moet die student in staat wees om die

volgende te doen:

1. Die vergelyking te bepaal van die kromme wat die beste deur ‘n gegewe stel

datapunte pas

Bestudeer die volgende materiaal in die boek van Washington

Paragraaf Bladsynommers

22.6 632 – 640

Agtergrond en hersiening

Ons het reeds in vroeëre leereenhede met die volgende probleem kennis gemaak:

Gestel ons het ‘n grafiek waarop datapunte grafies voorgestel is. Watter tipe kromme sou

die beste deur die punte pas en wat is die vergelyking van hierdie kromme?

Hierdie probleem word regressie genoem.

Regressie kan algebraïes gedoen word deur van redelik ingewikkelde analitiese metodes

gebruik te maak. Moderne tegnologie maak dit egter vir ons moontlik om regressie deur

middel van geskikte rekenaarprogrammatuur te doen; Microsoft Excel het ‘n redelik kragtige

regressie-funksie waarmee ons alreeds in vorige leereenhede te doen gekry het.

Ons hersien vervolgens net vlugtig die tegniek aan die hand van ‘n geskikte voorbeeld.

234

Voorbeeld

Gegee:

Bepaal die vergelyking van die kromme wat die beste deur die datapunte pas.

Oplossing:

• Voer die data in Excel in

• Selekteer al die waardes en kies “Insert” “Scatter”:

• Kies die eerste keuse in die aftrek-keuselys en Excel sal die volgende grafiek

vertoon:

235

• Regskliek op “Series1” en kies “Delete”.

• Regskliek nou op enige datapunt in die grafiek en kies “Add Trendline”

• ‘n Aftrek-keuselys sal oopmaak:

• Soek nou deur die lys van regressietipes deur met u muis op die verligte

moontlikhede te kliek.

236

• Indien ‘n ongewenste keuselys opkom (dit gebeur soms as u die “Logarithmic” tipe

kies), kliek gewoon op “Close” en kies “Undo” in die boonste horisontale taakbalk.

Regskliek dan weer op enige datapunt en kies “Add Trendline” sodat u die “Format

Trendline”-aftrek-keuselys terug kry.

• Indien u op die “Polynomial” tipe gekliek het, het u die keuse om die graad (“Order”)

van die polinoomkromme te stel. Eksperimenteer met ‘n reguit lyn (polinoomkromme

van die eerste graad), ‘n parabool (polinoomkromme van die tweede graad) en ‘n

derdegraadse kromme (polinoomkromme van die derde graad) ens. totdat u ‘n

kromme kry wat na u bevrediging deur die datapunte pas.

• Indien u nie geskikte polinoom-tipe vind nie, kan u in die lysie afbeweeg. (“Moving

Average” is nie ‘n tipe funksie waarmee ons vir ons doeleindes sal werk nie)

• In die geval van hierdie voorbeeld, behoort u te vind dat ‘n derdegraadse

polinoomkromme die beste deur die punte pas:

• Merk nou die blokkies “Display Equation on chart” en “Display R-squared value on

chart”. Die volgende sal gebeur:

237

• Indien u op die teks langs die kromme regskliek, kan u die lettertipe (“font”),

grootte ensovoorts verander. Indien u op die teks regskliek en “Format Trendline

Label” kies, kan u die wyse waarop die getalle in die teks vertoon word stel

(byvoorbeeld die aantal desimale plekke).

• Die R-kwadraat-waarde wat Excel bepaal, is ‘n statistiese maatstaf van hoe

akkuraat die kromme wel deur die datapunte gaan. Hoe nader aan 1 hierdie

waarde, hoe betroubaarder is die vergelyking wat Excel vir u bepaal het.

• Die vergelyking van die kromme wat die beste deur ons datapunte pas, is dus

(korrek tot drie desimale plekke)

x t t t

238

3 2

= 1,990 − 15,034 + 33,506 − 18,6 en dit is

volgens die R-kwadraat-waarde ‘n baie betroubare model vir die data.

Oefening 7.4 vir selfassessering

Oefening in die handboek Bladsynommer Probleme

22.6 636 Doen met behulp van Excel soos die

voorbeeld hierbo. Plot die punte, soek

die beste kromme en meet sy

vergelyking en R-kwadraat-waarde:

239

5, 7, 9

22.7 640 Doen met behulp van Excel soos die

voorbeeld hierbo. Plot die punte, soek

die beste kromme en meet sy

vergelyking en R-kwadraat-waarde:

5, 7, 9

Die finale antwoorde van die gegewe probleme verskyn agterin die handboek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!