05.05.2013 Views

24. Desember 2010 - Oukersaand - Felsisa

24. Desember 2010 - Oukersaand - Felsisa

24. Desember 2010 - Oukersaand - Felsisa

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

God red die wêreld Oukersaand

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat

in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy

Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die

wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie

nie glo nie is al reeds veroordeel omdat Hy nie in die enigste Seun van God glo

nie En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die

mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen

wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade

nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel,

kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan

God gedoen is. Johannes 3: 16 - 21

Ons is almal bly oor die geskenke wat ons Kersfees ontvang - ons is egter op

verskillende maniere daaroor bly. Die kinders is verheug oor die geskenke wat nou

heeltemal alleen aan hulle behoort, waarmee hulle kan speel en wat hulle volgens eie

goeddunke kan gebruik. Hoe ryper ons egter in die lewe word, des te meer verander die

rede vir die vreugde. Dit is nie meer die geskenke as sulks wat vir ons so baie saak

maak nie – die mens wat vir ons die geskenk gee word van al hoe groter belang omdat

ons daardeur die wonderlike en bemoedigende ervaring maak dat ons deur daardie

persoon geken, gewaardeer en aanvaar word. Wat egter nog belangriker is, is dat

mense wat vir ons geskenke gee, wys dat hulle ons liefhet.

Wat ons by geskenke so tasbaar belewe vind presies op dieselfde manier tussen

onsself en God plaas. Ons lewe nie in ’n yskoue en leë heelal en in ’n wêreld wat geen

plek vir ons het nie, maar ons is skepsels van God en sy geliefde kinders!

Ons behoort vanaand al ons aandag op hierdie liefde van God te vestig. Dit is dié

geskenk wat Hy vir ons wil gee. En hierdie geskenk wat God ons genadiglik gee, is by

verre belangriker en oortref aan waarde alle ander geskenke. Ja, hierdie geskenk is

alleenlik die rede vir alle geskenke wat ons Kersfees gee en ontvang.

God het die wêreld lief! Dit is ’n absoluut onverwagse en eintlik ongelooflike aspek van

God se liefde waarvan ons hier te hore kom. En die rede daarvoor is dat dit onbegryplik

is omdat daar nie ‘n manier is hoe die wêreld hierdie liefde verdien het nie.

Johannes het dit alreeds in die eerste hoofstuk van sy evangelie breedvoerig

verduidelik. Hier skryf hy dat die wêreld God nie geken en erken het nie, ten spyte

daarvan dat alles deur Hom tot stand gekom het. Die wêreld het nie vir God aangeneem

wat tog in sy wêreld ingekom het. “Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon

dit nie uitdoof nie” (1 Joh.1: 5). En in ons teksgedeelte staan daar geskrywe: ”die mense

het die duisternis meer liefgehad as die lig, want hulle dade was sleg.”

Dit beteken niks anders nie as dat God die Skepper in sy wêreld geen seggenskap

meer moet hê nie. Sy skepsels – dit is ons mense – leef so asof God glad nie meer

bestaan nie. Hulle kommunikeer nie met God nie, hulle is nie dankbaar nie, hulle lewer

geen bewys van vertroue meer in hom nie. En hoe reageer God op hierdie

onverskilligheid? Hy het hierdie wêreld lief!

1

Ten spyte van alles waaraan ons as mense skuldig geword het nadat ons van God

afvallig geword het, ten spyte van al ons ongehoorsaamheid, minagting en al ons

opstandigheid wat ons teenoor ons Skepper en Here aan die dag gelê het en nog lê,

en na alle oortredings wat teen sy wil indruis, behoort ons enige iets anders te wagte

gewees het, behalwe die feit dat hy die wêreld, ten spyte van alles wat ons so pas

opgenoem het, liefhet.

Dr Martin Luther het in ‘n preek (1532) gesê: “Dat daar ’n God sou wees wat die wêreld

liefhet en haar goedgesind sou wees, dit is bo ons denke, bo ons gedagtes, verstand

en vermoë. Ek sou die wêreld die helse vuur toegewens het en dit sou ek veral dan

gedoen het as ek God was wat die wêreld deur en deur ken en weet hoe die wêreld

werklik is. Dit is wat ek sou gedoen het. Maar wat doen God? Pleks daarvan om die

wêreld in sy toorn te vernietig soos die wêreld dit wel verdien het, het hy die wêreld

lief.... en bowendien is sy tog haatlik en verfoeilik. ’n Plek vol bose, skandelike mense

wat die hele skepping op die skandelikste wyse denkbaar misbruik. En God het hierdie

skandelike en verfoeilike mense nogtans lief.”

Maar hoe kan ons met sekerheid weet dat God ons liefhet? Op watter manier kan ons

sy liefde erken? Is dit dalk die materiële dinge van hierdie lewe, waaraan ons so graag

die maatstaf vir ons geluk meet, sodat ons rede het om te kan sê: Hoe meer sukses,

voorspoed en gesondheid ons het, des te groter die liefde van God vir ons is? Nee, so

mag ons nie sê en dink nie want dan sou baie van ons in ’n bedrieglike sekerheid

beland omdat ons materieël voorspoedig is.

Dit moes dan ook so wees dat baie van ons - en dit sou baie erger wees - aan God se

liefde vertwyfel omdat ons hierdie materiële dinge nie noodwendig het nie, en met baie

sorge en bekommernisse moes worstel. Ja, dan moet ons, as ons sien in watter

toestand die wêreld homself bevind, in groot beproewinge gedompel word wat God se

liefde vir ons betref.

Dit is dan ook wat met baie mense gebeur. Hulle is van mening dat, as God die wêreld

liefhet, dit nie so ’n tranedal sou gewees het nie, dan sou alles wat ons so beswaard

maak, nie plaasvind nie. God se liefde tot die wêreld kom nie daarin tot uiting dat Hy

die bose in die wêreld, die brutaliteit, die ellende, leed en smart ophef en dit beëindig

nie. Dit is die skuld van mense en dit is nie God se skuld nie.

God se liefde word egter elders sigbaar. Dit word daarin waarneembaar “dat hy sy

enigste Seun gegee het”. God se liefde is nie net ’n vriendelike gemoedstemming

teenoor ons nie, maar ’n daadwerklike liefde. God het vanuit hierdie liefde iets groots

vir ons gedoen. Hy het sy Seun laat mens word sodat ons deur Hom gered word. In die

Here Jesus Christus, die Seun van God, wie se geboorte en koms na die wêreld ons

tydens Kersfees vier, kan ons God se liefde vir ons waarneem. Deur die Kind van die

krip sien ons hoedat God se hart vir ons oop is en dat ons vir hom belangrik is en dat

hy graag by ons as sy kinders wil wees. Dit: is die liefde wat God vir ons het.

Ons wil nog eenkeer hoor wat Martin Luther hieroor gesê het: “Dit is ’n liefde bo alle

ander liefdes. Dit moet werklik ’n vroom God wees en sy liefde moet ’n groot,

onbegryplike vuur wees, baie groter as die vuur wat Moses in die brandende doringbos

gesien het, ja ook baie groter as die helse vuur. Wie van ons wil dan nog vertwyfel as

die gesindheid van God so onbeskryflik is teenoor ons?!”

2

Wie God se liefde wil ontdek moet dit nie op enige plek soek nie, ook nie by homself nie.

Hy moet na die krip van Bethlehem gaan. Dit is net daar waar hy God se liefde kan

ervaar wat so groot is, dat hy sy Seun in die ellende van hierdie wêreld gestuur het - nie

net om ’n kort kuiertjie te maak nie, maar om vir ons versoening met God vir ons

sondes te ly en te sterf.

Liewe gemeente, ek hoop dat God se liefde vir ons vanaand weer’n keer baie duidelik

word. Ek hoop ook van harte dat ons vanaand weer verstom sal staan oor hierdie

houding van God teenoor ons, sodat ons met vreugde sal kan uitroep: Hoe wonderlik

is dit tog dat God ons so liefhet en dit, ten spyte daarvan dat ons baiekeer paaie loop

wat ons van Hom laat weg dwaal en ten spyte van die enorme skuld wat ons by Hom

het. God het die wêreld lief – dit beteken dat Hy ook elkeen van ons liefhet. Sy Seun het

juis vir sulke mense soos, mens geword.

Al staan ons ook hoe verstom oor hierdie groot liefde van God, en al is ons hoe bly

daaroor, dit is egter nie voldoende nie. Sy verlossing is vir ons bedoel, maar ons moet

dit aanneem. Om gered word, is nie vanselfsprekend nie. God se handeling met hierdie

wêreld het ’n tweeledige doel: “Wie in Christus glo word nie veroordeel nie; wie nie glo

is al reeds veroordeel omdat Hy nie in die enigste Seun van God glo nie,” (v 18) so

betuig die apostel Johannes dit.

Sodoende eis God van ons ‘n beslissing. Die Here Jesus het met die besliste voorneme

na ons toe gekom om ons te verlos. Hy wil ons redding. Diegene wat nie gered wil word

nie, het hulle eie verderf gekies. Daar is nie ’n neutrale standpunt tussen lig en

duisternis nie. ’n Mens staan f aan die een, óf aan die ander kant. Die groot geskenk

wat God vir ons gee, behoort net aan ons as ons dit aanneem.

Ons instelling teenoor die kind is vir ons beslissend of ons gered word en die ewige

lewe beërwe, al dan nie. Wie hom wat God wil laat red moet aan die Here Jesus glo!

Wie aan Hom wil glo moet na Hom toe kom! Wie egter na Hom toe wil kom moet

opstaan en die duisternis van die wêreld verlaat en in die lig van onse Here Jesus

Christus kom.

Aan die begin is dit ’n baie moeilike pad. As ons in die duisternis lewe dan bly ons

verborge en onbekend, maar as ons in die lig van Christus inbeweeg, dan sal die

waarheid dit nie langer verborge bly nie. Ons word dan daarvan bewus dat ons

sondaars is wat teen die lig stry. Dit is om hierdie rede dat so baie mense huiwerig is

om in die lig te bly lewe en liewers die duisternis verkies.

Ons Here Jesus wil ons egter nie in die lig plaas om ons aan die kaak te stel nie. Hy

roep ons in sy lig omdat Hy ons van al ons sondes wil bevry. Hy roep ons in die lig sodat

ons vrede met God mag hê. Hy roep ons sodat ons van nou af tot in alle ewigheid in

hierdie lig sal lewe.

Dit is die wonderlike geskenk wat God vir ons wil gee en wat hy weer vanaand deur sy

genade vir ons aanbied. Ons het alreeds vasgestel watter vreugdevolle belewenis dit

is as ons by ’n geskenk waarneem dat die skenker ons liefhet. Hoeveel te meer is dit

waar as ons dit nie net van ‘n persoon kan sê nie, maar van God self.

3

En sedert hy sy eniggebore Seun as ’n geskenk vir ons aangebied het, mag ons ook

met sekerheid weet dat God ons ook baie lief het. Laat ons verstom staan oor hierdie

liefde vir ons. Laat ons sy heil en redding aanneem deur die geloof aan Christus. Kom

ons getuig ook met vreugde die reddende waarheid van God deur alles wat ons is, wat

ons dink en doen. Laat ons dit dan doen omdat ons bly is or hierdie onverdiende groot

geskenk wat hy ons deur die geboorte van sy Seun ontvang het.

Here Jesus, ons loof en prys U omdat U hierdie wêreld deur U koms verhelder het, en

dat U ons uit die duisternis na U wonderbaarlike lig geroep het. Maak dit vir ons

moontlik om U liefde te erken. Help ons dat ons as kinders van die lig in U lig lewe en

ook daarin bly lewe, hier op aarde en ook by U in die ewigheid. Amen

Peter Ahlers

24/12/2010

Vertaling: Helga en Conrad Hiestermann

met die hulp van Louis Engelbrecht

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!