06.05.2013 Views

kda-onderwyskonferensie - Kids Development Academy Pty Ltd

kda-onderwyskonferensie - Kids Development Academy Pty Ltd

kda-onderwyskonferensie - Kids Development Academy Pty Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KDA-ONDERWYSKONFERENSIE

Protea Hotel, Techno Park, Stellenbosch

1 - 3 Junie 2012

Kids Development Academy (KDA) se jaarlikse onderwyskonferensie

vind van Vrydag 1 Junie tot Sondag 3 Junie 2012 in Stellenbosch

plaas.

Die konferensie sal geleentheid vir bespreking, debat en die verbreding

van vaardighede en sienswyses bied. Ook sal die konferensie aan

afgevaardigdes geleenthede skep om met ander onderwyskundiges in

Suid-Afrika te netwerk en om met kenners in kontak te kom.

Bywoning van The Great Escape IV word vir alle skole, onderwysers en

onderwyskundiges in Suid-Afrika, aanbeveel.

REGISTRASIEVORM AANGEHEG

Sluitingsdatum: 30 MAART 2012

(Alle dokumentasie is by www.kidsda.com beskikbaar.)

1

KONFERENSIETEMA

The Great Escape

KDA Education Conference for movers and shakers

Met die die tema, Creative Leaders, gaan die konferensie poog om

afgevaardigdes se gedagtes nuut te rig en horisonne oop te maak.

KONFERENSIEPROGRAM

Die 2012-program maak voorsiening vir ’n wye verskeidenheid

onderwerpe wat die afgevaardigdes se belangstelling sal prikkel.

Sprekers gaan tydens die kongres onder andere die volgende temas

aanraak: Globalisasie, Kreatiwiteit, Humor, Generasies, Leierskap,

Persoonlike welstand, Bemarking, Onderwyswetgewing, Netwerking,

Omgewing en nog vele meer.

Afgevaardigdes kan ’n opwindende en stimulerende program, met

genoegsame tyd vir ontspanning en die opbou van netwerke, verwag.

‘n Konsepkonferensieprogram is op die KDA-webtuiste beskikbaar.

SPREKERS

Verskeie kenners op hulle onderskeie gebiede sal tydens die

konferensie optree:

Sprekers wat reeds die uitnodiging aanvaar het om op te tree, is:

Dr. Gillian Arendse, Eloise de Jager, dr Braam Hanekom, Johan

Volsteedt, Tessa Kotze, Heindrich Wyngaard, André Schlemmer, prof

Erwin Schwella, dr Chris van der Merwe, prof Jan Heystek, Russel

Looms, Paul Treu, Beyers Truter en Braam Malherbe.

2

KONFERENSIE-BYEENKOMSPLEK

Die konferensie vind by die Protea Hotel, Techno Park, op Stellenbosch

plaas. Een van die doelstellings van dié konferensie is dat die plek

waar die konferensie plaasvind, moet bydra tot die professionaliteit

van die gebeurtenis. Die Protea Hotel het bewys dat dit met enige

internasionale ligging kan kersvashou.

Die Protea Hotel is in die hartjie van die Stellenbosch wynland geleë en

bied ’n 360 grade uitsig op Tafelberg, die Helderberg en die

Stellenbosch wingerde. Met die majestueuse berge as daaglikse

agtergrond, weet ons die konferensie gaan kongresgangers se

verwagtinge oortref.

Besoek gerus www.proteahotels.com/stellenbosch

DATUM

The Great Escape word doelbewus oor die verloop van die naweek 1

tot 3 Junie aangebied om die volgende voordele aan skole en

konferensiegangers te bied:

• Meer afgevaardigdes van ’n skool kan die konferensie bywoon.

• Minder verkeersprobleme vir plaaslike afgevaardigdes.

• Verminderde koste.

WIE MOET THE GREAT ESCAPE BYWOON?

Enige persoon wat met onderwys gemoeid is, sal baat deur hierdie

konferensie by te woon. Onderwysers wat nog wil move and shake.

Mense wat hul denkwyses uitgedaag en verskuif wil hê. Almal wat

energie soek.

Bywoning is nie beperk tot enige posvlak of posisie nie. Die gekose

onderwerpe is geskik vir onderwysers, beheerliggame en

onderwysowerhede.

3

WAT SÊ DIE MENSE VAN GREAT ESCAPE?

• Baie dankie vir ‘n naweek wat in alle opsigte die moeite werd was. Ons

het soveel stof tot nadenke gekry dat ‘n mens sidder aan die gedagte

dat die Great Escape jou kon ‘escape’ het. Ons gaan reeds oormôre op

‘n mini-bosberaad die heerlike voorreg hê om die naweek se vars

nuwe insigte by ons hoofdegroep tuis te bring. Ek is oortuig dat Great

Escape 2011 op elke onderwyser en Affie-leerling se lewe ‘n positiewe

impak gaan hê. Daarom, reeds by voorbaat dankie vir dit wat GE 2011

vir Affies gaan beteken. – Dr Pierre Edwards (Skoolhoof: Afrikaanse

Hoër Seunskool, Pretoria)

• Congratulations to the KDA team, for having organized what is one of

the best educational conferences I have ever attended (GE I), and I

have been to hundreds over the years. I laughed and cried, had fun

and became thoughtful and introspective, then laughed again. You

have mastered the Disney success formula to the T! The variety of

excellence you managed to source to present the talks is mindboggling.

I loved every single talk, and learned something from each

presenter. There was nothing that wasn’t as good as perfect…– Karin

Horne (HED Crawford Pretoria)

• Ons kon ons koppe weer vir ‘n slag skoonmaak want ‘n mens verval mos

somtyds in ‘n soort van ’n groef (GE II). Jy moet eers weer wakker

geskud word om te besef dat jy in ‘n vinnig veranderende wêreld woon,

waar jy met die toekoms werk en voortdurend moet aanpas by nuwe

ontwikkelings.

Baie dankie vir die puik program en sprekers. ‘n Mens voel sommer weer

opge “charge” en lus vir die uitdagings van vandag. – Matt Minnie (Skool-

hoof: Alberton High School)

VERBLYF

Stellenbosch het ’n wye verskeidenheid van verblyf om van te kies –

so ook die omliggende dorpe.

Afgevaardigdes kan dus na gelang van eie behoefte en smaak hul

verblyf kies.

Neem asseblief kennis dat ons ’n spesiale konferensietarief met die

Protea Hotel beding het. Ons wil afgevaardigdes aanraai om van

hierdie spesiale pakket gebruik te maak. Indien u hierin sou

belangstel, moet u die die hotel self kontak.

4

Tariewe wissel van R1 060 per persoon (Bed en ontbyt: enkel) tot

R665 per persoon (Bed en ontbyt: dubbel). Pryse is gekoppel aan die

tipe kamer wat gekies word.

Vir meer inligting rakende die tariewe, kamers en besprekings, kontak

Carne (Besprekings) by die hotel (021) 880 9500. NB. Onthou om te

noem dat u die KDA-konferensie bywoon wanneer u ’n

bespreking maak.

Baie belangrik: Daar is ’n sperdatum (30 Maart 2012) by die hotel

vir die opneem van die spesiale aanbod vir verblyf. Kontak die hotel

so gou moontlik as u hiervan gebruik wil maak.

VERVOER NA EN VAN KONFERENSIE

Die Protea Hotel is net buite Stellenbosch geleë. Vir aanwysings

besoek gerus die volgende webtuiste:

www.proteahotels.com/stellenbosch

Afgevaardigdes is verantwoondelik vir hul eie vervoer vanaf Kaapstad

Internasionale Lughawe. Al die bekende verhuringsmaatskappye

voorsien voertuie vanaf die lughawe.

Protea Hotel kan ook vir afgevaardigdes vervoer van en na die

lughawe reël. Kontak Carne by (021) 880 9500.

KONFERENSIEKOSTE

Die konferensiekoste sluit alle konferensieaktiwiteite, soos op die

program uiteengesit, in. Etes en verversings, konferensiesak en met

konferensienota’s is alles by die prys ingesluit.

Konferensiekoste vir KDA-skole: R1 590

Ander: R 1 810

5

REGISTRASIE

Voltooi asseblief die registrasievorm en stuur dit terug aan Rian Truter

by KDA. KDA sal ontvangs van u registrasie per e-pos of selfoon

bevestig.

Faks: 086 567 6 576

E-pos: rtruter@kidsda.com

’n Deposito van R500 moet elke aansoek om registrasie vergesel. Die

volle bedrag moet teen 30 April 2012 betaal wees.

NAVRAE

Vir enige navrae kontak Rian Truter by rtruter@kidsda.com of

(021)910-0321. Besoek ook gerus www.kidsda.com onder die opskrif

Great Escape vir die jongste inligting oor die konferensie.

Bly op die hoogte met wat

by die KDA Great Escape

gebeur. Gaan na KDA Great

Escape op facebook en kliek

LIKE!

6

Naam: _________________________________________________

Van: _________________________________________________

Naam vir Konferensie ID: __________________________________

Skool/Instansie: _________________________________________

Posisie: ________________________________________________

Kontakbesonderhede:

Posadres:____________________________________________

Tel (W): _____________________________________________

Tel (H): ______________________________________________

Selnommer: __________________________________________

E-pos: _______________________________________________

‘n Vorige Great Escape bygewoon? 2009 2010 2011 (Omkring)

Bankbesonderhede:

Tjeks uitgemaak aan: Kids Development Academy

Registrasievorm

The Great Escape IV

KDA Education Conference for movers and shakers

Internetbankbesonderhede: Bank: Nedbank

Takkode: 118602

Rekeningno: 1186109858

NB. Gebuik eie voorletters en van as verwysing.

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!