06.05.2013 Views

Desember - Kandelaar

Desember - Kandelaar

Desember - Kandelaar

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ek is die HERE jou God wat jou

uit Egipteland, uit die slawehuis,

uitgelei het.

kerk en woord

Maandblad

van die

Gereformeerde Kerk

“Die Kandelaar”

te Pretoria

Menings uitgespreek in artikels wat

verskyn word nie noodwendig deur die

kerkraad of redaksie onderskryf nie

Redaksieadres:

Posbus 31527

Totiusdal 0134

56ste Jaargang Desember 2008 No 12

Inhoudsopgawe

Ampsdraer .......................................................................Neels de Klerk 2

Skrifoordenking

Rut 2: 1-2 – Iemand in wie se oë

ek genade sal vind .................................................. H. L. J. Momberg 2

Rut 3: 9 – God lei die kinderlose weduwee Rut

na die losser Boas ................................................... H. L. J. Momberg 8

Uit die Kerkraad

Kerklike stand November 2008 .......................................................... 14

Pretoria streeksfees 150 jaar ................................................................ 15

Pretoria streeksfees 150 jaar – Feesalbum ............................................ 17

Pretoria streeksfees 150 jaar – Musiek en koor .................................... 19

Regstelling in verband met GK Pretoria .................... H. L. J. Momberg 20

Ons het gelees

Binnekort ’n ander kerklike prentjie ............Ds. Jopie van der Linden 21

Vir die jeug

Kersfees ........................................................... R. J. W. van der Kooy 24

Die Dordtse leerreëls:

’n Maklik verstaanbare grafi ese uiteensetting ................Ds. J. le Roux 25

Boekenuus ............................................................... Folmer Boekhandel 27

Kerk en Woord verskyn elke eerste Sondag van die maand behalwe Januarie.

Kopie moet twee weke vroeër by die eindredakteur wees.

Redaksie: Ds. H.L.J. Momberg, S.H. Salomons, R.J.W. van der Kooy,

W.I. Boersema (eindredakteur)

Administrasie: Mev. Mia van Lochem

Kerkkantoor

Uitleg en druk: Printburo, Winkel 4

Louis Trichardtstraat 181, Mayville, Pretoria.

Telefoon 012 335 9134, Faks 012 335 9135

E-pos: printbur@mweb.co.za

Kerk en Woord • Desember 2008 1

2 Kerk en Woord • Desember 2008

Ampsdraer

Ek was nog nooit vir U

’n regte ouderling:

In wysheid skiet ek ver tekort,

my insig is beperk,

my lewenswandel is ook nie

’n voorbeeld vir U kerk.

My huis het ek maar swak beheer,

vol sonde is my werk,

U kan wel iemand beter kry

as dienaar in U kerk.

Ek ken jou onbekwaamheid, maar

wat swak is, maak Ek sterk.

Ek wil jou in My diens gebruik,

gaan dan, regeer my kerk.

Neels de Klerk

Iemand in wie se oë ek genade sal vind

Rut 2: 1 – 2

Wanneer ’n mens Rut 2 oppervlakkig

lees, sou jy kan dink dat bloot mense

en hulle interaksie die onderwerp van

hierdie boek is. Jy lees voortdurend van

Rut se aksie en waartoe dit lei. Dis ’n

innemende verhaal soos ’n roman, van

’n landelike toneel daar in Palestina

teen die begin van die gars-oes. Rut

kom toevallig uit by ’n stuk land wat

aan Boas behoort. Dis nie opsetlik vol-

gens ’n vooropgesette plan nie. Vooraf

weet Rut niks oor hierdie Boas nie.

Sy kom toevallig uit by die stuk land

wat aan Boas behoort. Daar ontmoet

sy hom vir die eerste keer. Daardie

kontak lei uiteindelik tot ’n huwelik

tussen Boas en Rut en daarmee ook tot

die lossing van Elimeleg se huisgesin.

Ons ontvang ’n pragtige verhaal van

die edele en nederige jong vrou Rut.

Maar is dit waaroor alles hier gaan?

Hier in Rut 2 onthul die geïnspireerde

skrywer die geheim onmiddelik aan

die begin van die verhaal. Die hoofstuk

begin met die opmerklike woorde:

“Naomi het ’n bloedverwant gehad aan

haar man se kant, ’n vermoënde man,

uit die geslag van Elimeleg, wie se naam

Boas was.” Voordat die skrywer die

geskiedenis van Rut se optel van are

beskryf, vestig hy ons aandag op Boas.

Hy wag nie daarmee totdat Boas op

die toneel verskyn nie. God wil hê dat

ons reeds vooraf iets van Boas moet

weet. Waarom? Sodat ons God se

beplanning, sy leiding en sorg in hierdie

geskiedenis sou raaksien. Sodat wanneer

Rut later vir Boas ontmoet op ’n

manier wat vir haar toevallig lyk, ons

die waarheid mag weet. Agter die skynbare

toevallighede van gewone daaglikse

ontmoetings, is God besig om sy

voorsienigheid tot uitdrukking te bring.

Sy genade aan ons te bewys. Vanaf die

begin het God iemand reeds in die oog

wat in hul nood sal voorsien.

Eintlik kon dit op geen treff ender

manier gesê word as wat Rut vir haar

skoonma sê nie, “ek gaan kyk in wie se

oë ek genade kan vind.”

Genade! Dit is deur hierdie ingrypende

woord dat die hele geskiedenis

van Rut vir ons ontvou.

Genade is daardie leerstuk wat ons

goed verstaan wanneer ons met al ons

skuld voor God vrygespreek word.

Ons kom met al ons skuld voor God

se regterstoel en weet dat ons alleen

die swaarste straf en die vonnis van die

ewige verdoemenis verdien. Dan reik

Hy uit vrye guns na ons toe uit met

erbarmende liefde en hoor ons pleitrede

aan. Vir die Ou Testamentiese gelowige

kon hulle vergiff enis ontvang by

die bloed van die skuldoff er, die dier

wat in hulle plek gesterf het. Daardie

skuldoff er het vooruit geroep na

die een off er van die Messias wat Hy

vir ons sondaars sou volbring. Hierdie

hele geloofsverwagting van die genade

van God vir ons, binne die geloofsgemeenskap

van sy kerk is alles opgesluit

in die betekenis van die woorde

wat Rut vir haar skoonma sê: sy wil

genade gaan vind. Ons sien hier dat

om genade te soek nie slegs ’n abstrakte

sielshunkering is nie. Dis nie maar net

’n droomverlange nie! Om die genade

van God te soek is juis ’n praktiese

ding. Dit aktiveer mens en dit sit ook

om in dade. Want jy gaan na God

se genade vir jou soek tussen God se

Kerk en Woord • Desember 2008 3

mense. Jy gaan God se genade soek

deur na sy Woord en sy bepalings te

luister en daarvolgens jou aksies aan

te pak, selfs ook daardie aksies soos

die sorg vir die lewe van elke dag, die

soeke na ’n lewensmaat en alles wat

daarmee saamgaan. Jy gaan op soek

na die weë van die HERE soos jy dit

uit sy Woord tussen die mense vir jou

blootlê.

Die eerste vers van Rut 2 wys dus

dat God hier aan die werk is, God wat

die eenvoudige dade van ’n jong vrou

gebruik om sy planne uit te werk. So

is God self die onderwerp van hierdie

hoofstuk.

Terug in Betlehem sê Naomi: “Leeg

het die Here my laat terugkom.” Daarmee

bedoel sy eerstens: die Here het my

man en kinders van my weggeneem en

my as ’n kinderlose weduwee agtergelaat.

Dit beteken ook: ek is nou sonder

bestaansmiddele. Naomi en Rut

is arm. Hulle het niemand wat vir

hulle sorg nie en hulle kan hulleself

nie onderhou nie. Vir Naomi is dit

in haar benarde situasie so uitsigloos.

Haar oë is verblind, haar gemoed is

swart en haar hart is bitter. Wat moet

hulle doen?

In hierdie situasie kom Rut in aksie.

In geloof het Rut haar belydenis vir

die enige ware God en sy volk gemaak.

In sy genade het God haar die geloof

gegee. Hy het haar uitverkies, sodat

sy as gevolg daarvan haar beslissende

4 Kerk en Woord • Desember 2008

keuse kon maak. Ondanks al die

terugslae, ondanks die onsekere toekoms

wat haar in Kanaän wag, was

Rut vasbeslote om by Naomi te bly,

by haar volk en haar God. Sy wil die

genade van die HERE soek!

Eenmaal in Betlehem bly Rut die

Here volg, ondanks die ontmoedigende

verwelkoming onder God se

volk. Wanneer die kosprobleem duidelik

word, neem Rut die inisiatief. Sy

sê vir Naomi: “Laat ek tog die land

ingaan en are optel agter die een in wie

se oë ek genade sal vind.”

Nou sien ons in die res van die hoofstuk

hoe God sy genade aan ons wil

bewys tussen die mense wat ook daadwerklik

uit sy genade lewe.

Luister na wat God oor Boas sê. In

die eerste plek is Boas ’n bloedverwant

van Elimeleg, uit sy geslag. Dis presies

die praktiese genade wat Naomi

en Rut nodig het. Hulle het alleen uit

Moab aangekom, sonder mans. Ook

al het Naomi nog niks in gedagte nie

en al weet Rut nog niks daarvan nie,

het God ’n persoon gereed vir haar: ’n

bloedverwant. Deur die woord bloedverwant

kom die losser in die prentjie:

die man wat Elimeleg se familie besit en

die familienaam kan red, die man wat

die grond terug in die familie kan bring

en wat kan sorg vir ’n erfgenaam, ’n

seun om die familienaam voort te sit.

Die tweede ding wat ons oor Boas

leer, is dat hy ’n vermoënde man is. Dis

ook iets van die praktiese genadebewys

van God wat Naomi en Rut nodig het.

Hulle is nie net alleen nie, maar ook

arm weduwees. God het ’n vermoënde

man gereed vir hulle, ’n familielid wat

oorvloedige middele het om die erfdeel

terug in die familie te kry en om die

arm weduwees te versorg.

Daar is nog meer: wanneer ons lees

van die geskiedenis hoe Israel begin

het om die beloofde land in te neem

met die beleg teen Jerigo, was daar ’n

begenadigde vrou van die stad, Ragab,

en haar gesin wat weens haar geloof

gered is van die banvloek. Volgens die

geskiedenis is Ragab opgeneem in die

verbondsvolk. ’n Man uit die geslag

van Juda met die naam Salmon het met

haar getrou. Boas was ’n seun wat uit

Ragab en Salmon se huwelik gebore is.

Hierdie Boas was dus ook ’n belangrike

skakel in die heilsgeskiedenis, in die

geslagsregister van Jesus Christus wat

deur God se voorsieningheid vir hierdie

oomblik in Rut se lewe voorberei is. So

is die praktiese genadebewys van God

wat hierin vir hulle opgesluit was in

alle waaragtige terme niks anders nie

as die genade van die ewige lewe van

God vir Rut, en ook vir alle gelowiges,

berei het.

In sy wet het die Here vir die armes

voorsiening gemaak. Die Here het

homself gewys as ’n sorgsame God,

wat niemand verwaarloos nie. Hy het

reëlings getref sodat elkeen in Kanaän

versorg sou kan word. Daarom het

Hy bepaal dat snyers op die land ’n

deel van die oes moes los, insluitend

die rande van die graanvelde, sodat die

armes iets het om op te tel. Die snyers

mag nie teruggaan vir die graan wat

hulle gemis of laat val het nie. Dit

was bestem vir die ellendige, die arme

en die vreemdeling. Hulle mag dit

wat oorskiet vrylik optel. Dit was ’n

reg wat God vir die armes in sy land

gegee het.

Hierdie reg van die armes was tegelykertyd

’n plig vir die boere. Hulle moes

hierdie voorsiening van God waarmaak

en die armes die geleentheid gee om

die oorgeblewe graan op te tel. Julle

sal verstaan dat dit nie altyd gebeur

het nie. Veral nie in die tyd van die

Rigters, toe elkeen gedoen het wat goed

was in sy eie oë nie. Die armes het dit

geweet en Rut is ook bewus daarvan.

Wanneer sy haar wens uitspreek om

op pad te gaan om are op te tel, voeg

sy daaraan toe: “agter die een in wie se

oë ek genade sal vind.” Sy besef dat dit

nie vanselfsprekend is dat sy welwillend

bejeën sou word nie en dat sy in

groot mate afhanklik is van die guns

van die boer.

Rut het nie geweet waar sy die guns

van die boer sou ontvang nie. Die

teks sê nadruklik dat sy gelukkig

op ’n stuk land afkom wat aan Boas

behoort. Menslik gesproke ’n toevalligheid,

maar volgens God se openba-

Kerk en Woord • Desember 2008 5

ing, deur God beplan. Hy het dit so

gelei. ’n Blye verrassing vir Rut. Wat

’n ontvangs! ’n Wonder.

Hoe wonderlik is dit om die goeie

gemeenskap van die heiliges te sien

funksioneer. Onthou dit was in die tyd

van die Rigters. ’n Tyd van geestelike

verval en selfsug: elkeen het gedoen wat

goed was in sy eie oë. Die vrees van

die Here was skaars.

Hoor hoe Boas sy werkers groet: “Mag

die Here met julle wees!” Hoor hoe hulle

hom antwoord: “Mag die Here u seën.”

Waar hoor jy nog sulke erkenning

van die Here in die kontakte tussen

werkgewers en werknemers? Die groet

waarmee Boas en sy werkers mekaar

begroet, wys dat God betrokke is by

die alledaagse lewe en werk. Hy wil

in alles erken word.

Nee, ons hoef dit nie te idealiseer nie.

Dit was normale arbeiders wat daar op

die land gewerk het. Sondige mense.

Later waarsku Boas hulle om Rut nie

lastig te val nie. So ’n opmerking sê

genoeg. Tog groet hulle mekaar in die

naam van die Here. Hulle groet wys

dat hulle broers in die Here is. Hulle

band met die Here gee diepte aan hul

band met mekaar. Daar is geen klassestryd

tussen werkgewer en werknemer

nie. Albei weet dat hulle voor die aangesig

van die Here en in diens van die

Here lewe. Hy gee aan elkeen sy eie verantwoordelikheid.

In sy diens is hulle

een, aan mekaar verbind in liefde.

6 Kerk en Woord • Desember 2008

Dit gaan verder: nadat Boas sy werkers

gegroet het, wys hy dat hy ook aandag

vir ander op sy land het. Ook vir

die vreemdeling. Dis wat die Here van

hom vra. Sy volk moet die vreemdeling

liefhê, want hulle self was vreemdelinge

in Egipteland (Deuternomium 10: 18,

19). So gee Boas aandag aan Rut. Wie

is daardie vreemdeling...? Nadat hy

’n goeie getuienis oor haar gehoor het,

gaan hy na haar toe en praat met haar

op ’n vriendelike en bemoedigende

manier.

Bly hier, sê hy, hier is jy veilig. Moenie

bang wees vir die jongmanne nie.

Ek het hulle aangesê om jou nie lastig

te val nie. Wanneer jy dors is, gaan

na die waterkruike toe en drink van

die water wat die werksmense vir hulle

geskep het.

Wat ’n bewys van liefde en deernis vir

die ellendige. Rut weet nie wat haar

oorgekom het nie. Wat ’n genade! Sy

is een en al nederigheid. Sy erken Boas

se grootmoedigheid. Sy buig haar diep

voor Boas en sê: “Waarom is u so goed

vir my en stel u belang in my, ’n buitelander.”

Sy besef dat sy niks verdien nie,

sy is net ’n vreemdeling. Maar Boas

korrigeer haar. Hy vertel haar wat hy

oor haar gehoor het. Hy het gehoor

van haar keuse vir die Here en sy volk.

Hy het gehoor van haar toegewyde sorg

vir haar skoonma. Sy het haar familie

en vriende, haar gode en land verlaat

om by Naomi te bly. Boas verwelkom

haar as ’n lid van God se gesin onder

wie se vleuels sy kom skuil het.

Dit lê opnuut weer die appél op ons:

Waar gaan ons heen in ons soektog om

die genade van die HERE te belewe?

Daar waar die ware kerk is. Daar

waar die mense in hulle woorde en

ook in hulle dade aan die HERE en

ons koning Jesus Christus gehoorsaam

wil wees.

Dan die derde treff ende saak waarop

ek u moet wys is die wyse waarop gelowiges

optree teenoor diegene by wie

hulle die genade van die HERE soek.

U weet, dit is so maklik om met ’n

soort menseregte mentaliteit teenoor

mekaar op te tree. Ek het mos die

teenprestasie gelewer. Ek het mos die

kontrak geteken. Ek het mos my staanplek.

Daar is mos die wette wat julle

voorskrywe hoe om te maak met die

minder bevoorregtes! Nou moet julle

maar opdok!

So iets is nie die gesindheid wat die

wet van die HERE in ons wek nie.

Eiegeregtigheid is nie die houding wat

die heilige Gees in ’n mens kweek nie.

So op eiebelang behep - dit is nie die

gesindheid van die Here Jesus wat in

ons moet wees nie.

Rut neem die inisiatief om die land

in te gaan om are op te tel. Sy aanvaar

nederig die voorsiening van die Here

vir die armes. Sy deins nie terug vir

harde werk nie.

Moenie hierdie daad van Rut onderskat

nie. Dit was vernederende werk.

Dit was die weg van die armes: oorgelewer

aan die welwillendheid van ander.

’n Welwillendheid wat nie oral teenwoordig

was nie. Hoe sou hulle Rut,

’n Moabitiese, behandel? Bowendien,

wat ’n vermoeiende werk, dikwels met

slegs ’n skrale opbrengs. Om die hele

dag in die warm son te werk en voortdurend

vooroor te buk om are een vir

een op te tel.

Maar Rut aanvaar hierdie moeilike

en vernederende werk, sonder om te

kla, dankbaar. Sy sit nie agteroor en

wag totdat ander na haar toe kom met

ondersteuning nie. Sy keer ook nie

terug na Moab toe, waar sy dalk in

haar ouerlike huis voldoende sou kon

ontvang nie. Sy volhard in haar geloof.

In geloof volg sy die pad wat God vir

die armes beskik het, maak nie saak

hoe moeilik en vernederend dit vir die

vlees is nie.

Bowendien, wanneer sy uitgaan om

haar God gegewe regte toe te eien,

doen sy dit in nederigheid. Sy eis nie

haar regte op nie. Sy vra eers beleefd

vir toestemming aan die snyers en sy

wag vir hulle gunstige antwoord. Sy

sien selfs die optel van die oorgeblewe

are as ’n guns, as ’n genadige voorsiening.

Dit is nie net ’n normale sosiale

reël wat sielkundiges uitgevind het dat

’n mens wat die goedgesindheid van

andere soek dit in nederige respek moet

Kerk en Woord • Desember 2008 7

doen nie. Dit is ook die geloofsreël van

altyd af. Wie opreg na God se genade

soek by die mense wat Hy jou gegee

het, moet ook daardie soeke in nederige

respek en oorgegewenheid soek.

Dan sien jy ook hoedat die Here

deure oopmaak waar dit lyk asof alles

doodloop. Dan sien jy God se genade

8 Kerk en Woord • Desember 2008

vir jou in aksie! Die Here baan die weg

na die heerlike toekoms vir die huis

van Elimeleg. Hy baan die weg vir die

koms van sy Seun. Hy doen dit deur

die eenvoudige en nederige dade van

Rut, die Moabitiese, en deur die liefde

en trou van sy lidmaat Boas.

God lei die kinderlose weduwee

Rut na die losser Boas

Rut 3: 9

Ons moet oplet hoe ons die geskiedenis

in Rut 3 lees. Soos geestelike mense

wat die dinge van die Gees verstaan?

Of bloot as natuurlike mense met die

verduisterde verstand? Die natuurlike

mens lees hierdie verhaal soos hy

enige ander liefdesverhaal lees. Dan is

Naomi bloot ’n vindingryke ‘matchmaker’.

Tot groot vernedering van Rut.

Dit verander as jy die hoofstuk benader

met gedagtes wat deur die Gees

gesuiwer is. Dit is heeltemal anders

wanneer jy besef dat jy hier te doen

het met goddelike openbaring. Dan is

daar geen rede om daaroor te spot of

jou daarvoor te skaam nie. Jy sien dan

God se werk wat twee van sy uitverkorenes

by mekaar bring vir die uitvoering

van sy Raad. Jy sien dan gelowiges

H. L. J. Momberg

in aksie, wat nederig die weg van die

Here volg.

Die volgende hoofsake kom in die

hoofstuk voor:

- Die gelowige se plan gegrond op die

Woord van God (1 – 4)

- Die gehoorsame uitvoering van God

se plan (5 – 15)

- Die afwagtende oorgawe van die

plan (6 – 18).

Die gelowige se plan gegrond op

die Woord van God

Om die teks te verstaan moet jy eers iets

weet oor twee wette wat God in sy liefde

aan sy Ou Testamentiese kerk gegee het.

Ek bedoel nou die wet oor die lossing van

mense en grond en die wet aangaande

die leviraatshuwelik of swaerhuwelik.

Eers die wet van die lossing. Wanneer

’n Israeliet arm geword het en ’n

deel van sy grond moes verkoop moes

die naaste manlike familielid (indien

moontlik) daardie grond terugkoop

sodat die grond in die familie bly. Die

losser was verplig om in die situasie

van nood op te tree om te voorkom

dat die grond aan die familie sou verlore

gaan.

Dan was daar die leviraatshuwelik.

Wanneer ’n getroude man sonder

kinders sou sterf, moes sy broer sy

weduwee tot vrou neem. Die eerste

seun uit daardie huwelik is dan gereken

as die seun en erfgenaam van die

oorlede man.

Deur hierdie wette van lossing en

leviraatshuwelik het God gewys hoe

bedagsaam en sorgsaam Hy vir sy volk

is. In sy liefde het God die Israeliete

gekies om sy volk te wees. God het die

land Kanaän tot ’n erfdeel aan hulle

gegee. Hy het aan elke familie ’n eie

stuk grond as erfdeel toegeken. Dit was

’n afskaduwing van die ewige erfenis in

die hemel (Petrus).

Die Israeliete moes dit probeer verhinder

dat ’n familie weens armoede

van sy familiegrond geskei sou word.

Deur die wet van die lossing het God

daarvoor gesorg dat alles moontlik

gedoen sou word om dit te voorkom.

Daardie gesinne en geslagte van Israel

was dierbaar vir die Here. Ondanks

hul sondes en gebreke. Die Here wou

nie hê dat enige van die families sou

verdwyn nie. Daarom kon mense hulle

nie daarby neerlê dat ’n familie lyn sou

doodloop nie. Deur die leviraatshuwelik

het God reëlings getref om dit

te voorkom. Hoe wonderlik is God in

sy liefde en sorg vir sy kinders.

Broers en susters, wanneer jy Naomi

in aksie sien, sien jy hoe sy hierdie

barmhartige wette respekteer en toepas.

Naomi is bekommerd oor Rut se

welsyn. Sy het uitgegaan na die land

van Boas om are op te tel. Die Here

het ruim voorsien. Maar dit is geen

toekoms vir Rut nie. Sy behoort nie ’n

kinderlose weduwee te bly wat van die

welwillendheid van ander afhanklik is

nie. Bowendien sal op hierdie manier

Elimeleg se erfdeel uiteindelik in die

hande van ander val en sal Elimeleg se

huis en naam uit Israel verdwyn.

Daarom bedink Naomi ’n plan. ’n

Plan wat beide die nood van Rut en die

van Elimeleg se geslag aanspreek: Rut

moet weer trou. Sy moet trou met een

wat ’n losser van Elimeleg se erfdeel kan

wees en wat wetlik die plek van Rut se

oorlede man kan inneem.

So gebeur dit dat Naomi aan die

einde van die oes haar plan aan Rut

bekendmaak. Let daarop hoe sy oor

die huwelik met Rut praat. Sy sê: “Sal

ek nie vir jou ’n rusplek soek, dat dit goed

met jou kan gaan nie?” Naomi sien die

huwelik as ’n rusplek vir Rut, as geluk

vir haar, geborgenheid en beskerming.

Kerk en Woord • Desember 2008 9

Oor die algemeen vind vroue daarin

hul vervulling, hul bestemming in die

lewe, in hul rol as vrou en moeder in

die gesin. Dis die algemene reël wat

God vanaf die begin in plek gesit het.

Ondanks al die uitsonderings asook

die hartseer, is die algemene patroon

deurgaans dat vroue hul plek en vervulling

in hul rol as vrou en moeder in

die gesin vind. Hoe outyds klink dit

in ons moderne ore. Maar wat ’n seën

was dit in die verlede en is dit nog in

die hede vir godvresende mense. Laat

ons dankbaar wees vir die rol wat God

aan die meeste vroue toebedeel het as

vrou en moeder. Laat ons dit bewaak

tot heil van ons samelewing.

Nadat Naomi oor ’n rusplek gepraat

het in die huis van ’n man, verwys sy na

Boas. “Nou dan, is Boas nie ons bloedverwant

nie?” Naomi noem nie die feit

dat hy ’n vermoënde man is nie. Beslissend

is dat Boas hul bloedverwant is,

want die wet van die Here praat van ’n

bloedverwant. ’n Bloedverwant wat met

die kinderlose weduwee kan trou en so

die familienaam en grond kan red.

Naomi het ’n wyse en goed uitgedinkte

plan. Vannag is dit die geleë

oomblik om ’n persoonlike ontmoeting

tussen Boas en Rut te reël. Vannag is

Boas aan diens by die dorsvloer om

gars te dors en om daar die nag deur

te bring om die graan teen diefstal te

bewaak. Laat Rut hierdie geleentheid

aangryp. Was jou dan, salf jou en trek

10 Kerk en Woord • Desember 2008

jou netjies aan, sê sy vir Rut. Dit word

nie genoem met onsedelike bedoelings

om Boas tot sonde te verlei nie. Nee,

dit is ’n passende manier vir een wat

’n huweliksaansoek moet doen volgens

God se wet, vir een wat haar regte as

kinderlose weduwee van ’n wettige losser

mag opeis. Rut moet heimlik na die

dorsvloer gaan en wag tot Boas klaar

geëet en gedrink het. Sy moet sorg dat

sy weet waar hy gaan lê. Daarna as hy

slaap moet sy soontoe gaan en aan sy

voete onder die kombers gaan lê.

Broeders en susters, is dit nie ’n bose

voorstel van ma aan dogter nie? Om

’n jongvrou in die nag uit te stuur om

onder die kombers van ’n man, wat

daar by die dorsvloer slaap, te kruip?

Dit klink ongepas en onsedelik.

Tog is daar in die lig van God se

woord niks onvanpas hierin nie. Onthou,

Rut moet ’n beroep doen om haar

God gegewe regte. Sy moet Boas herinner

aan God se wet aangaande die

leviraatshuwelik en die lossing. Rut

moet dit ook doen onder die beskerming

van die duisternis sodat die eer

en goeie naam van Boas en haarself

nie in gevaar kom nie. Dis beter dat

niemand iets sou weet van so ’n ontmoeting

nie.

Rut moet sy voetenent oopmaak en

daar gaan lê. Dit beteken ’n huweliksaansoek.

Sy wys dat sy sy vrou wil wees

en dat sy die bed met hom wil deel. In

hierdie stadium ontbloot sy sy voete

en lê sy aan sy voete. Dit beteken: op

hierdie oomblik kan ek nog nie u vrou

wees nie. Ek onderwerp my nederig

aan u besluit.

In hierdie lig is daar niks onbehoorlik

met Naomi se advies nie. Naomi

handel wys en versigtig. Sy wil Rut en

Boas se eer beskerm. Dit sou onvanpas

gewees het as Naomi ronduit vir

Boas sou gevra het om met Rut te trou.

Dit sou Boas se eer aangetas het. Nee,

Naomi moet baie subtieler te werk gaan

sodat Boas die eer aan homself kan hou.

Die samelewing moet besef dat Boas uit

geloofsroeping optree en dat die idee

van ’n huwelik so tot hom gekom het

dat hy self die eerste inisiatief daarin

in die openbaar neem. Wat meer is:

Naomi handel in geloof, in vertroue op

God se woord, op die voorsiening wat

God in sy wette gemaak het.

Die gehoorsame uitvoering

van God se plan

Gehoorsaam volg Rut Naomi se goddelike

raad. Probeer om te dink wat dit

vir hierdie jong vrou moes beteken het.

Sy laat haar nie lei deur haar gevoelens

nie. Sy loop nie agter meer aantreklike

jongmanne aan nie. Sy onderwerp haar

nederig aan Naomi se instruksies en gaan

na ’n man wat baie ouer as sy is. Sy is

bereid om haar nuwe familieverpligtinge

na te kom. Sy weet dat sy deel van God

se volk is. Sy waardeer hoe belangrik ’n

mens se erfdeel en ’n manlike nakome-

ling vir God se volk is. Daarom is sy

gewillig en bereid om haar deel te doen

ter wille van die Here en Elimeleg se

huis. Sy bly lojaal aan haar skoonouers

en haar eerste man. In geloof en gehoorsaamheid

buig sy haar hoof en belowe:

alles wat u sê sal ek doen.

Ouers sowel as jongmense kan uit hierdie

geskiedenis leer. Eerstens ouers, wat

kinders of jongmense in hulle sorg het:

besef jul roeping om jul kinders in die

weg van die Here te lei ook met betrekking

tot die keuse van ’n lewensmaat.

Die hedendaagse situasie is baie anders

as diè van Naomi en Rut. Maar die

beginsel bly dieselfde. God se woord

wys die norm aan. God sê duidelik dat

sy volk net in die Here moet trou, dit wil

sê dat albei aan die Here moet behoort

en die Here moet dien. Daarom sal julle

as ouers jul kinders moet lei en waarsku

teen ongewenste verhoudings en hulle

begelei na ware geluk in gehoorsaamheid

aan die Here.

Seuns en dogters: luister tog na die

goeie leiding en waarskuwings van jul

ouers. Laat julle gevoelens nie jul vernaamste

gids wees nie. Die druk en

die eise van die moderne lewe is swaar

op ons kinders. Gevoelens kan kom

en gaan. Laat God se woord jul gids

wees wanneer julle ’n lewensmaat soek.

Onderwerp jul gevoelens aan dit wat

God as die beste vir jou beskou. Wees

nie wyser as God nie. Volg nederig die

pad wat Hy vir jou wys.

Kerk en Woord • Desember 2008 11

Rut volg Naomi se instruksies. Sy

gaan stilletjies na die dorsvloer, let op

waar Boas gaan lê en wanneer Boas

slaap, gaan sy stilletjies na hom toe en

gaan aan sy voete lê. In die middel

van die nag word Boas wakker. Tot

sy skok ontdek hy ’n vrou by sy voete.

“Wie is jy en wat soek jy?” Rut wys haar

kenmerkende houding. “Ek is Rut, u

dienares.” ’n Nederige woord. Sy erken

haar afhanklikheid van hom. Sy is

daar tot sy diens. Rut probeer hom nie

te verlei nie. Rut eis ook nie vrypostig

haar regte op nie.

Rut vra nederig haar beslissende

vraag: “brei dan u vleuel oor u dienares

uit, want u is die losser.” Goed gekose

woorde. Die woord vleuel herinner

Boas aan wat hy self vir Rut gesê het toe

hulle die eerste keer ontmoet het. Toe

het Boas vir Rut gesê: “Mag jou loon

volkome wees van die Here, die God

van Israel, onder wie se vleuels jy kom

skuil het.” Rut herinner Boas aan sy

eie woorde en stel hom voor die gevolge

van daardie woorde: “brei u vleuel oor

my uit.” Eers is daar gepraat van die

vleuels van die Here. Nou praat Rut van

Boas se vleuel. Daarmee bedoel Rut

nie net dat sy wil hê dat Boas vir haar

sal sorg en haar sal beskerm nie. In die

konteks beteken dit ook: trou met my,

neem my as u vrou, want u is die losser.

Dit is die grond vir haar versoek.

Rut konfronteer Boas met die Woord

van God, die wette van lossing en die

12 Kerk en Woord • Desember 2008

leviraatshuwelik. Dit is nie ’n saak

waaroor twee mense volgens hul eie

voorkeur kan besluit nie sodat die persoonlike

gevoelens of die gebrek daaraan

deurslaggewend sou wees. Nee,

beslissend is dat albei hul verantwoordelikhede

teenoor die Here verstaan.

Dat hulle Hom volgens sy woord wil

dien. Dit vra altyd die off er van jouself:

selfverloëning. Dis vandag nog so. As

jy die Here wil volg en dien, moet jy

jouself verloën, ja selfs jou kruis op jou

neem, het Christus later gesê.

Rut het haar versoek gedoen. Nou

kyk ons na Boas se reaksie. Die derde

gedagte.

Boas se reaksie is baie bemoedigend.

Daar is geen teregwysing of verwyt nie.

Eerder: “Geseënd is jy deur die Here, my

dogter. Jy het jou laaste liefde beter gemaak

as die eerste; omdat jy nie agter jongmanne,

arm of ryk, aan geloop het nie.” Met die

eerste liefde bedoel Boas die lojaliteit wat

Rut teenoor Naomi en haar huis bewys

het deur haar eie familie en land te verlaat

om Naomi na Kanaän te volg. Dit

was ’n daad van liefde wat teen vlees en

bloed ingegaan het. Rut het haarself

verloën uit lojaliteit teenoor haar skoonmoeder.

Wel, die tweede liefde is nog

groter. Dit sou heel natuurlik gewees het

as sy haar eie gang sou gegaan het en die

geselskap van jongmanne sou gesoek het

om ’n ander man onder hulle te vind.

Maar Rut volg die weg wat die Here in sy

wet bepaal het. Boas prys haar daarvoor.

Sy is bereid om ’n huwelik met die losser

te soek ter wille van Naomi se familie.

Om daardie geslag te laat voortleef. Om

die familienaam en grond te behou. Dit

is ware liefde en lojaliteit.

Boas erken Rut se toewyding aan haar

nuwe familieverpligtinge. Hy prys

haar daarvoor en stel haar gerus. Sy

hoef nie bang te wees nie. Hy sal die

saak behartig. Haar saak het sy saak

geword. Die lossing sal kom. Wie dit

gaan doen, is nog nie seker nie. Daar

is ’n familielid wat nog nader as Boas

is. Boas gaan hom, wat die eerste regte

het, nie ignoreer nie. Hy moet eers

betrokke wees. Boas sal onmiddellik

werk daarvan maak. Rut mag verseker

wees dat as die man weier, Boas self

die take van ’n losser op hom sal neem

en haar sal trou. Hy bevestig dit selfs

met ’n eed. Hierin toon Boas groot

welwillendheid, geloof en liefde. Hy

onderwerp hom aan die barmhartige

wette van die Here. Hy sou homself

volgens die letter van die wet kon onttrek

het. Hy is mos nie die broer van

Rut se oorlede man nie. Maar Boas

verstaan die gees van die wet en wil dit

nakom. Hierdie gesin in nood moet

gehelp, gelos word. Die feit dat Rut

’n Moabitiese is, is geen beswaar nie.

Boas het haar toewyding aan die Here

en sy volk gesien. Hy mag hom nie

terugtrek nie, ter wille van die Here.

Op Boas se uitnodiging bly Rut daardie

nag naby hom onder sy kombers

aan sy voete. Sy moet nie in die midde

van die nag huis toe gaan nie. Dit sou

onverantwoordelik wees. Bowendien

sou die poorte van Betlehem gesluit

wees. Sy mag terwyl dit nog donker

is Boas se beskerming geniet.

Let daarop hoe eerbaar beide Boas en

Rut hulle gedra. Hulle bewys Christelike

selfbeheersing. Hulle gryp nie

vooruit op die huwelik nie. Hulle wag

totdat hulle pad oop is volgens die wil

van die Here. Dis ’n leuen wat die

moderne media ons voorhou, naamlik

dat alles toegelaat word solank jy van

mekaar hou. Laat ons tog ons gevoelens

en verlangens aan God se wil bly onderwerp

tot eer van God en tot ons heil.

Die afwagtende oorgawe van die plan

Dan beskerm Boas en Rut hulle van

enige verdenking deur die mense. In

die vroegoggend, voordat enige mens

hulle kan herken, vertrek hulle. Dis

beter dat niemand weet van hierdie

nagtelike besoek nie. Mense sou hulle

kan verdink van sedelose gedrag en dit

sou die pad vorentoe kan verhinder.

Voordat Rut vertrek gee Boas haar ses

mate gars as ’n waarborg van sy welwillendheid

teenoor altwee vroue. Rut

keer terug huistoe met gevulde hande.

’n Nuwe bemoediging vir beide Rut en

Naomi. ’n Waarborg dat die lossing sal

plaasvind, die verlossing van armoede

en die dood. So hoor ons Naomi die

gevolgtrekking maak: “hierdie man sal

Kerk en Woord • Desember 2008 13

nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel

het nie.” Die losser sal in aksie

kom. Die verlossing sal kom. So sien

ons geloofsoorgawe en geloofsafwagting

ook in die praktiese situasie van

die soeke na ’n huweliksmaat.

Wat ons betref, ons het die waarborg

dat die volkome verlossing naby is. In

sy dade as losser skadu Boas die verlossingswerk

van Jesus Christus vooraf.

Soos Boas die reg van lossing bedien het,

het Hy reeds die gesindheid van Christus

in hom omgedra. Soos Boas toe

bewoë was oor die nood van die arme

weduwees en tot hul redding gekom het,

so het Jesus Christus hom oor ons ontferm

en tot ons redding gekom. Soos

Boas hom daarin deur die Here en sy

wet laat lei het, so het die Here Jesus

hom in ons redding laat lei deur die wil

van die Vader te doen. Julle mag vandag

“die genade van onse Here Jesus Christus

(ken), dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter

wille van julle arm geword het, sodat julle

deur sy armoede ryk kan word” (2 Korintiërs

8: 9). Vanuit die hemel het Christus

ons kom soek, om ons as sy bruid te

werf. Hy het ons met sy kosbare bloed

losgekoop uit die mag van die sonde en

die dood. As ons opgestane Here rus

hy nie totdat hy ons as sy bruid tot hom

kan neem, onder sy vleuels, in sy arms

nie. Hy is besig met die laaste voorbereidings

vir die groot huweliksfees. Julle

volkome verlossing is naby.

H. J. L. Momberg

14 Kerk en Woord • Desember 2008

Kerklike stand

November 2008

Met attestaat ingekom

- Op 9 November 2008,

sr. Christina Catharina

Johanna du Preez, vanaf

die Gereformeerde Kerk

Silverton.

(Wyk J, posvakkie 89)

Opgeneem onder die sorg

van ons gemeente

- Op 9 November 2008,

sr. Hanna Goeimann,

voorheen by Eersterust.

(Wyk B posvakkie 89).

Met attestaat vertrek

- Op 9 November 2008, br.

Pieter de Ronde (posvakkie

89) na die Gereformeerde

Kerk Brooklyn.

Vertrek met doop-attestaat

- Op 16 November 2008, sr.

Th eresa Elizabeth du Plessis

na die Gereformeerde Kerk

Alkantrand.

Met reisattes het ingekom

- Op 16 November 2008, sr.

Trijnie Heemskerk vanaf die

Gereformeerde Kerk (Vrijgemaakt)

Rijnsburg, Nederland.

17 Julie 2008 Pretoria Feesdeputate

Posbus 23086

Gezina 0031

Aan alle Kerkrade,

Pretoria.

PRETORIA STREEKFEES 27 FEB. – 1 MRT. 2009

Geagte Voorsitter

Oor so ’n bietjie meer as sewe maande trek Gereformeerdes van Pretoria saam

om in dankbaarheid teenoor die Here die 150 jarige bestaan van ons kerke te

gedenk. Ons herinner u natuurlik ook aan die sentrale fees wat in Potchefstroom

gehou word van die 9de -12de April.

Hoogtepunte van ons Pretoria fees is die volgende:

• Op Vrydagaand 27 Februarie word ’n Feeskonsert gehou in die Stadsaal. Dit

sal hoofsaaklik ’n program wees van klassieke en gewyde musiek deur professionele

kunstenaars uit eie midde en enkele gaskunstenaars. Ons beplan om

die fees vooraf te open met ’n kort gewyde program, verkieslik in die historiese

“Paul Kruger kerkgebou”, waarna ons na die Stadsaal sal beweeg.

• Saterdag, deur die loop van die dag, word informeel feestelik verkeer op

die Joolplaas van Tukkies. Groepsaktiwiteite, en informele spele en musiek is

aan die orde van die dag.

• Saterdagaand word ’n feesprogram aangebeid in die groot Sportsentrum

van Tukkies. Elke gemeente sal ’n ruimte kry vir ’n uitstalling oor die geskiedenis

en werksaamhede van die gemeente. Ons werk tans aan ’n program om

op feestelike wyse terug te kyk op 150-jaar se Dopperwees in Pretoria. Wenke

en voorstelle in die verband is baie welkom.

Kerk en Woord • Desember 2008 15

• Sondagmiddag word ’n erediens in die Sportsentrum gelei deur Dr. Douw

Breed, terwyl Prof. Jaap Helberg die feesrede sal lewer.

U gemeente word versoek om op die volgende wyses aan ons fees deel te neem:

• Positiewe en volgehoue bekendstelling aan u lidmate en oud-lidmate;

• Gemeentes kan binnekort aansoek doen om Saterdag ’n kosstalletjie vir eie

wins te bedryf, @ R250 per stalletjie.

• Elke gemeente word versoek om ’n uitstalling te hou oor haar geskiedenis en

werksaamhede. Ruimte daarvoor sal in die Sportsentrum toegeken word, op

so ’n wyse dat dit ruimtelik die verloop van die ontstaan van elke gemeente

sal uitbeeld.

• Ons beplan om ’n gedenkwaardige Feesalbum uit te gee. Daarvoor sal ons

’n kort historiese verloop en oorsig oor elke gemeente en sy aktiwiteite nodig

hê asook foto’s oor toe en nou.

• Ons beplan ’n massakoor en daarvoor het ons elke gemeente se deelname nodig.

• Voorstelle en wenke van elke gemeente is noodsaaklik vir die sukses van ons fees.

Ten einde die betrokkenheid, kommunikasie en volle deelname van elke

gemeente te verseker, versoek ons die volgende:

• Soos in ons skrywe van 27 Maart versoek, is dit noodsaaklik dat elke gemeente

’n skakelpersoon sal aanwys vir die wedersydse deurgee van inligting en

bevordering van u gemeente se betrokkenheid. Voorsien ons asseblief so gou

moontlik van die naam en kontakbesonderhede van u skakelpersoon.

• U sal binnekort gekontak word deur een van ons deputate wat aan u gemeente

toegewys is. Die versoek is om die persoon geleentheid te gee om u gemeente

na ’n oggenddiens in te lig oor ons fees.

• Ons hou op DINSDAG 5 AUGUSTUS OM 19:00 ’n reëlings- en inligtingsvergadering

by die Gereformeerde Kerk Meintjeskop in Rosestraat. U

WORD VERSOEK OM TWEE VERTEENWOORDIGERS VAN U

GEMEENTE NA DIE VERGADERING TE STUUR. Verkieslik moet u

skakelpersoon een van die twee wees. Tydens die vergadering wil ons u insette

kry en daarna met verdere reëlings voortgaan.

16 Kerk en Woord • Desember 2008

Indien u op hierdie stadium enige voorstelle wil maak of insette wil lewer, kan

u met my of die voorsitter, Ds. Cassie Aucamp skakel. (012-372 0311 of 082-

377 1112). Ons wil van hierdie fees ’n dankbare geleentheid maak waaraan al

ons gemeentes ten volle sal deelneem.

Seën en sterkte word u toegebid.

U broer in Christus

Ds. Christiaan Jooste (Skriba) (012 331 1230)

6 Oktober 2008 Pretoria Feesdeputate

Posbus 23086

Gezina 0031

Aan alle Kerke,

Pretoria.

PRETORIA STREEKFEES 27 FEB. – 1 MRT. 2008 FEESALBUM

Geagte Broer/Suster.

Soos u reeds kennisgeneem het op die vergadering van die kerke aangaande

die 150 Jarige Fees vieringe in DV 2009, het die deputate dit goedgedink om vir

hierdie geleentheid ’n gedenk album uit te gee. Op ’n volgende vergadering het

die deputate besluit dat die gedenk album eerder die vorm van ’n fees album sal

aanneem waarin die naweek se aktiwiteite ook opgeneem sal word. Die deputate

verlang dus steeds, voor die sluitingsdatum van 31 Oktober, die nodige inligting

van u gemeente om hierdie publikasie ’n sukses te maak.

Die geskrewe inligting wat ons verlang is 1 A4 bladsy (ongeveer 500 woorde)

en 1 A4 bladsy foto’s. Die inligting kan in die formaat van ’n historiese artikel

geskryf word. Die volgende dien as riglyn.

Kerk en Woord • Desember 2008 17

Artikel:

1. Stigtingsdatum van die gemeente met verwysing na die gemeente waarvan

afgestig is. Hier kan interessante gebeure ook verhaal word.

2. Verloop van gemeente geskiedenis tot nou. Hoogtepunte en sekerlik ook

laagtepunte in die bestaan van die gemeente kan uitgelig word. Woordbedienaars

kan ook vermeld word.

3. Interessante gebeurtenisse in die gemeente.

4. Huidige gemeente samestelling en grense.

Foto’s.

1. Kerkgebou en ander geboue.

2. 1 ste Kerkraad.

3. Oudste lidmate of lidmate wat nog betrokke was by die afstigting van die

gemeente.

4. Hoeksteen.

5. Binnekant van die kerk, orrel preekstoel ens.

Ons vestig graag u aandag daarop dat oogmerk met hierdie publukasie nie

dieselfde is as die private inisiatief van ander lidmate wat ’n samestelling van die

verskillende kerkgeboue in Suid Afrika maak nie. Die doel van hierdie publikasie

is om ’n bondige, maar ook volledige bundel van die geskiedenis van die

gemeentes in die Pretoria Part-Sinode te gee. As die Here wil sal die publikasie

gereed wees wanneer die Sentrale Fees in Potchefstroom oor die Paasnaweek

plaas vind.

Die inligting kan voor 31 Oktober 2008 aan Ds C Jooste gestuur word by die

bogenoemde adres of per e-pos joosteci@gmail.com

Ons dank u by voorbaat vir die samewerking en bid u die seën van Here toe

U broer in Christus

Ds C Jooste (skriba)

18 Kerk en Woord • Desember 2008

150 Jaar fees in Pretoria

- Musiek en koor

Op DV die naweek van 27 Feb – 1

Mrt 2009 vier ons dankbaar die Pretoriase

150-jarige herdenking van die

herstigting van die Gereformeerde

Kerke hier te lande.

Ons vra u aandag vir die volgende:

Op Saterdag, 28 Feb 2009, beplan

ons ’n byeenkoms in die sportsaal van

UP. Wat onder andere gaan gebeur is

dat ons massakore wil laat optree die

aand – een volwasse- en een kindermassakoor.

Daarom wil ons graag hoor watter

bestaande kerkkore beskikbaar is hiervoor.

Volwassenes wat voorheen ook

koorgesing het, is welkom om deel te

wees van die massakoor.

Ons wil ook die name van kinders hê

wat graag sou wou deel wees van die

massakinderkoor. Dit moet asseblief

kinders wees wat reeds in skool- of kinderkore

sing. Dui ook die stemme wat

hulle sing met hul ouderdomme/graadjaar

aan. Die idee is dat dit kinders

moet wees wat nie van voor af opgelei

hoef te word nie – daar is gewoon nie

tyd en mannekrag om dit te doen nie.

Sulke kinders sou ook vooraf in staat

moet wees om die musiek in te oefen

voordat daar beperkte gesamentlike

oefeninge gehou sal word.

Daar moet in gedagte gehou word

dat die beplanning voorlopig ook gesamentlike

oefeninge op die Sondagmiddae

in Februarie 2009 asook in die

week voor die fees behels.

Vir verdere inligting kan u direk skakel

met Marcha Geyer by: 0832073080

of by: marchageyer@absamail.co.za.

Ons versoek is dat indien daar uit

u gemeente volwassenes is wat wil

deelneem, u asseblief so aanduiding

aan Marcha moet gee vóór of op 24

November 2008. Jammer dat ons u in

’n blik druk hieroor, maar die tyd loop

uit en ons wil graag die musiek beskikbaar

stel voordat die jaar om is.

Baie dankie! Ons hoop om van u te

hoor en as die Here se wil daarby is,

saam fees te kan vier!

Vrede.

Ds. Awie Verhoef (verhoefanm@telkomsa.net),

Marcha Geyer en Susan

Fourie (ds@kameeldrift.co.za)

13 November 2008

Kerk en Woord • Desember 2008 19

Regstelling in verband met die

Gereformeerde Kerk Pretoria (dolerend)

Hiermee ’n kort skrywe om ’n regstelling

te maak van ’n opmerking in my

skrywe in die uitgawe van Maart 2008

insake die gesprek oor kerkverband.

In Paragraaf 5 van my skrywe (Kerk

& Woord Maart 2008: 13-14) het ek

die vraagstelling van my gespreksgenoot,

broeder Rob van der Kooy, soos

volg weergegee: “Ongeag my standpuntverskil

met die professore oor

sekere terme of aspekte, is dit waar dat

die GK Pretoria met skeuring besig is

deur sonder goeie redes weg te breek

van die Klassis Pretoria- Moot na ’n

ander klassis toe.” Daarna het ek in die

res van dieselfde paragraaf reageer en

beredeneer dat so ’n opmerking nie geldig

kan wees nie aangesien dit nie deur

hoor en wederhoor getoets is nie.

Tog het die wyse waarop ek die

vraagstelling opgesom weergegee het,

by sommige lidmate van die Gereformeerde

Kerk Pretoria (dolerend) ernstige

besware na vore gebring. My

weergawe van die argument was nie

dieselfde as wat dit in die aanvanklike

skrywe van broeder van der Kooy aangevoer

was nie. Hy het beredeneer

of dit op skeuring neerkom ‘indien’

’n kerk elders klassikale inskakeling

sou soek. My weergawe was of dit op

skeuring neerkom ‘deur’-dat ’n kerk

20 Kerk en Woord • Desember 2008

(GK Pretoria - dolerend) elders klassikale

inskakeling soek. Dit blyk uit

die besware wat geopper is asof in my

weergawe nie meer maar net van die

hipotese uitgegaan word indien/as ’n

kerk op ’n sekere manier sou optree nie,

maar asof dit reeds ’n feit sou wees wat

openbaar rugbaar gemaak word.

Ek maak met berou en spyt bekend

dat dit glad nie my bedoeling was om

so ’n misverstand te ontketen deur die

voorwaardelike ‘indien’ weer te gee met

’n metodiese ‘deur’ asof dit alreeds ’n

bewese gebeurtenis sou wees nie. Dat

dit nie my intensie was nie, kan uit die

res van die betrokke paragraaf duidelik

afgelei word, want daar wys ek juis

hierdie moontlikheid af omdat dit nog

nie met hoor en wederhoor vasgestel

is nie.

Maar aangesien my woordgebruik

tesame met ’n ongelukkige redaksionele

vormgewing van my gesprek tot

hartseer misverstand aanleiding gegee

het, neem ek die opmerking met die

grootste graagte terug en versoek dat

lesers daardie paragraaf in sy geheel

skrap asseblief.

In die plek daarvan wys ek u graag na

die afsluitingsartikel wat ek en broeder

Rob gesamentlik geskryf het in die uitgawe

van Mei 2008, stelling 3 bladsy

20-21. Die tersaaklike paragraaf lui

soos volg:

“3. Kerke wat hulself samewerkend

in klassisse skaar of ’n bepaalde klassis

verlaat, het altyd redes om hulle

dade te verduidelik. Sulke redes moet

Skriftuurlik beoordeel word. ’n Blanko

uitspraak dat sulke kerke per defi nisie

kerkskeurders is, is nie geregverdig nie.

Dit wil egter ook nie sê dat sulke kerke

se optrede per defi nisie geregverdig is

nie. Kerke wat binne ’n bepaalde klassis

oorlewingsnood ervaar en na ’n ander

verskuif sonder om die broederlike

kontak met die kerke rondom hulle te

verbreek kan nie kerkskeurders wees

nie.

Wanneer ’n gemeente om bepaalde

naywerige groepsdruk deur die omrin-

gende kerke vervolg word is dit eerder

moontlik dat die omringende kerke

kerkskeurders is. Wanneer ’n gemeente

weens eiesinnigheid self die band van

broederskap met omringende kerke

verbreek en elders gemeenskap opsoek

omdat hulle met sulkes identifi seer,

maak hulle hul skuldig aan die trouelose

verlating van hulle godgegewe

roeping.”

Dit is my wens en bede dat die hartseer

misverstand hiermee uit die weg

geruim is, en dit bly steeds die strewe

dat ons gelowiges en kerke wat saam

soek na die waarheid in Christus, die

hartlikste broederlike gemeenskap met

mekaar bly onderhou.

Hennie Momberg

Ons het gelees

Binnekort ’n ander kerklike prentjie?

Daar word die afgelope tyd baie

gepraat oor die ekonomiese krisis

waarin die wêreld verkeer. In Suid-

Afrika voel ons dit ook aan eie lyf.

Maar wat is die gevolge hiervan vir

die kerklike situasie in ons land?

’n Mens sou na baie verskillende sake

kon kyk. Ek wil egter kortliks aandag

vra vir iets wat miskien nie so voor

die handliggend is nie. Ons land is vol

kerke wat die sogenaamde “prosperity

gospel” (voorspoeds/welvaarts-evangelie)

in een of ander vorm verkondig. In

hierdie huidige ekonomiese krisis kom

daar groot geloofsworstelings en vrae

op hierdie kerke af. Maar as God dan

rykdom belowe, hoekom begin ek al

hoe swaarder trek? En nie net ek nie,

maar almal hier rondom my in die kerk.

Dit is die groot verskil met ’n jaar of

Kerk en Woord • Desember 2008 21

twee gelede. Toe is fi nansiële agteruitgang

oor die boeg van persoonlike

geloof gegooi. “Jou geloof is te klein”.

Finansiële agteruitgang moes op die

persoonlike vlak gelê het. Daar kon

immers by genoeg ander gemeentelede

op fi nansiële groei gewys word!

Maar nou het dit tog anders geword.

Hele gemeentes begin saam swaar

kry. By die worstelings kan nie meer

na die individu gewys word nie. Dit

is nou ’n identiteitskrisis van die hele

gemeente. Wat glo ons en hoekom word

dit nie werklikheid in ons lewens nie?

Wie sy oor op die grond het, weet dat

hierdie vrae werklik op die oomblik

by baie mense leef. Selfs in die kerk

van Christus gaan die vrae oor God

se Vadersorg nie by ons verby nie.

Hoeveel te meer by mense wat glo

dat God se Vadersorg altyd inhou dat

Hy ons in hierdie lewe ryk wil maak?

Die tydskrif Time het in 2006 ’n

opname onder christene gemaak of

hulle glo dat God hulle in hierdie lewe

ryk wil maak. 60% van die christene

in Amerika het hierop bevestigend

geantwoord. Skrikwekkend! En sou

dit hier in ons land soveel anders wees?

Deur hierdie ekonomiese krisis is die

Here besig om miljoene mense wat

hulself christene noem in die hart

van hulle geloof te tref. In een keer

’n slag van enorme proporsies! Soveel

mense se selfgeboude fondamente

het verkrummel, hoe nou verder?

22 Kerk en Woord • Desember 2008

Die kerke wat hierdie welvaartsteologie

preek, kan hierin geen weg wys nie,

behalwe om die juk net nog swaarder

te maak. “Maar jy moet nog meer...

Jy wat in die geloofskrisis is, jy moet

’n groter geloof hê”. Daar word net

nog harder geroep dat God se liefde

vir jou gemeet word aan die materiële.

Hoeveel mense sal nie in hierdie tyd

deur so ’n “evangelie” (groot las!) geknak

word nie? Hoeveel sal nie totaal ontnugter

word deur hierdie kerke en dit verlaat

nie? Hoeveel sal nie al soekend en worstelend

die vrede van God begeer nie?

Hoeveel? Nee, ons weet nie. Ons kan na

die syfers kyk, ons kan kyk na wat ons

hoor op die straat, en ons kan hieruit

afl eidings maak. Maar hoe dit presies

alles sal verloop, weet die Here alleen.

Tog kan ons meer sê as net dit. Hierdie

is nie maar net ’n stukkie interessante

inligting wat ons van die kantlyn

af kan dophou nie. Ons glo en bely

immers dat God die wêreld regeer met

die oog op sy kinders en sy kerk. Ons

het almal die afgelope jare gesien hoe

die kerk van Christus lede verloor het

omdat hierdie mense gesmag het na

meer belewing. Hulle wou die werklikheid

van God in hulle lewe sien en

voel. Hulle wou die oorwinning van

die christelike lewe proe in hulle alledaagse

bestaan. Hoeveel van hierdie

mense was nie juis ernstige kinders

van God nie? En hoeveel van hulle is

nie na kerke waar onder andere hier-

die welvaartsteologie gepreek word

nie, juis as die proe en die sien en die

voel van God se hand in my lewe?

Ja, en hoeveel van hulle is nie nou deur

onse God weer soekend gemaak nie?

Ons glo immers aan die God wat ook

die verkeerde afbreek, juis met die oog

om dit weer reg op te bou (Jer 1:10)!

God wat ’n krisis in die lewe van sy

kinders bring, omdat hulle nie onder

goeie herdersorg staan nie, omdat hulle

Sy stem nie hoor nie, omdat hulle die

werklike groen weivelde nog nie ken nie.

Hierdeur kom daar tog weer vrae op

óns af. Hierdie kinders van God wat

in hierdie fi nansiële krisis soekende is,

vind hulle werklik iets anders by ons?

Of het ons net ’n ander vorm van “welvaarts-teologie”?

Byvoorbeeld deurdat

ons bly uitkyk na ander plekke of lande

waar dit vir ons beter is; deurdat ons

nou klouerig aan “ons” geld begin word

het; deurdat ons ook permanent angstig

praat oor fi nansies en versorging;

deurdat ons al ons energie spandeer om

nuwe planne te maak sodat ons ons

lewenstandaard kan handhaaf; deurdat

ons die werk van God wat gedoen kan

word, afhanklik maak van fi nansies.

Laat ons tog hierin bly worstel voor

die aangesig van die Here, dat ons

ook werklik in sy wese iets totaal

anders sal sigbaar maak as kerk van

Christus. Iets egs, iets wat werklik

spreek van ’n geloof ondanks...

’n Geloof dat die lewe in die woestyn

maar net beteken dat ons weer afhanklik

geword het van die manna wat

moet val, direk uit my Vader se hand.

’n Vertroue dat ek aan die kruis die

volheid van my God se liefde vir my

sien, en dat al die ander moeites aan

hierdie liefdesband moet meewerk.

Met blydskap kan sing: Geloofd sy God

met diep ontsag, want Hy oorlaai ons dag

en nag, met ryke seëninge, terwyl ons

die droeë brood onder mekaar verdeel.

In rus te kan praat oor my rykdom,

ook al het ek alles verloor. Want ek

ken Hom wat gekies het om arm te

word, sodat ek vir ewig ryk sal wees!

Hoe mooi kan die kerk van Christus

in hierdie tyd sigbaar maak wat

is egte geloofsbelewing: Ons vreugde

word nie bepaal deur ons omstandighede

nie, maar deurdat ons ’n God

in die hemel het! Hoe mooi sou ons

as kerk van Christus aan die “soekendes”

hierin kon wys wat die beteken

om “tuis te kom” by ons Vader.

Mag die Here hierdie fi nansiële verontrusting

gebruik om al sy skape in een

sigbare kraal te bring, onder leiding

van die Goeie Herder. Want dan sal

aan geeneen van ons iets ontbreek nie

(Ps 23:1)!

Ds. Jopie van der Linden

Hierdie artikel is oorgeneem uit die

Gereformeerde internet tydskrif VOX

VIVA se November 2008 uitgawe.

Kerk en Woord • Desember 2008 23

Vir die jeug

Wees nou eerlik . . .

Waarom vier jy Kersfees?

Kom nou, dink eers ’n bietjie voordat

jy die vraag antwoord. Hou jy van Kersfees

omdat jy dalk presente kry, lekker

eet, met familie en vriende kuier, op

vakansie is? Of vier jy Kersfees omdat

jy dan kerktoe gaan en die geboorte

van Jesus Christus herdenk?

Ek dink ek weet wat jy gaan antwoord.

Jy gaan sê altwee: omdat dit

lekker is en omdat jy die geboorte van

die Seun van God op aarde herdink.

Ek kan ook vir jou sê hoekom die hele

wêreld Kersfees vier, ook ongelowiges.

Want almal hou daarvan om presente

kry. Almal dink aan “vrede op aarde”

en hoe jammer dit is dat hierdie siek

wêreld vol is van oorlog en ellende. En

sakelui dink dit is ’n goeie geleentheid

om ’n bietjie ekstra te verkoop, meer

wins maak, ook al beteken dit meer

skuld vir baie kopers.

Eintlik wil ek nie daaroor praat nie.

Christene het ’n afsku van Kersfees

gekry omdat dit ’n wêreldse, materialistiese

en hedonistiese gebeure geword

het. Dink aan die volgende:

• Nêrens in die Bybel word Kersfees

genoem of word gesê dat die

geboorte van Christus gedenk moet

word nie.

24 Kerk en Woord • Desember 2008

• Niemand weet op watter dag Christus

gebore is nie, maar die kans

is meer as 99% dat dit nie op 25

Desember was nie.’

• In die kerk was dit altyd ’n vraag of

daar ’n erediens op Kersdag moet

wees of nie. Baie gelowiges is daarteen

omdat dit ’n wêreldse feesdag

geword het waarmee geen gelowige

iets te doen wil hê nie.

• Calvyn was ten gunste daarvan dat

op Kersdag eredienste gehou moes

word om mense van die straat en van

drank af weg te hou.

Waar kom die gewoonte vandaan?

Die ou Romeine het 25 Desember die

dag van die onoorwonne son genoem,

want dit was die dag dat die winter in

die noordelike halfrond op sy hoogtepunt

was en die dae weer langer begin

word het.

Die eerste keer dat Kersfees as kerklike

feesdag gevier is, was op 25 Desember

in die jaar 354 in Rome. Waar dit vir

eeue ’n fees slegs vir Christene was, het

dit nou ’n fees van die wêreld geword

– net nog ’n rede om ’n heidense fees

te vier.

Al verlede maand (Oktober) het

winkels begin met “Kersuitstallings”

en (vreeslike) Kersliedjies. Rêrig nie

omdat hulle die geboorte van ons Saligmaker

onder ons aandag wil bring nie.

Ook nie omdat hulle vrede op aarde

wil bevorder nie.

Voetnota: die engele het gesing

“vrede op aarde, in die mense van

die welbehae …” (Lukas 2: 14). Dus

vrede op aarde net vir die gelowiges, nie

vrede vir ongelowiges nie. Die Amplifi

ed Bible vertaal dit so: “ . . . and on

earth peace among men with whom

He is well pleased (men of goodwill,

of His favor).”

Dus as jy binnekort om die verkeerde

redes Kersfees gaan vier, moet liewers

nie. “Wie dan ’n vriend van die wêreld

wil wees, word ’n vyand van God:

(Jakobus 4: 4). Maar as jou gedagtes

op Kersdag eerstens by die ongeloofl ik

groot gebeurtenis is dat God sy Seun

na die aarde gestuur het om vir ons

sondes te betaal sodat ons gered kan

word, vier Kersdag dan in die geloof en

met dankbaarheid. Sonder presente en

te veel kos en drank en misbruik van

God se gawes. Maar met God se Woord

en met hande uitgestrek na diegene wat

minder bevoorreg as jy is, beide wat

betref die troos wat slegs God kan gee,

en ook wat betref kos en klere.

(Verskyn ook in

Die Waterstroom, November 2008)

Rob van der Kooy

Die Dordtse leerreëls:

’n Maklik verstaanbare grafi ese uiteensetting

Hoofstuk 2:

Die dood van Christus en die verlossing van die mens deur sy dood

Paragraaf 3

Hierdie dood het daarom so ’n groot krag en waarde, omdat Hy wat dit ondergaan

het, nie alleen ’n ware en volkome heilige mens is nie, maar ook die eniggebore

Seun van God. Hy is saam met die Vader en die Heilige Gees een en

dieselfde ewige en oneindige Wese. So moes ons Verlosser dan ook wees. Boonop

het sy dood so ’n groot krag en waarde, omdat Hy geweet het dat Hy die toorn

van God en die vloek, wat ons deur ons sondes verdien het, gedra het.

Kerk en Woord • Desember 2008 25

Paragraaf 4

Hierdie dood het so ‘n groot

krag en waarde:

Hoekom?

26 Kerk en Woord • Desember 2008

Hy wat dit ondergaan

het is:-

Hy is saam met die Vader en die Heilige Gees

een en dieselfde ewige en oneindige Wese

Hy wat dit ondergaan

het, het geweet:-

nie alleen ‘n ware en

volkome heilige mens nie

maar ook die eniggebore

Seun van God

So moes ons Verlosser dan ook wees

dat Hy die toorn van

God gedra het

en dat Hy die vloek

van God gedra het

ons het dit deur ons

sondes verdien

“Dordtse Leerreëls: ’n Maklik verstaanbare grafi ese uiteensetting”

is met toestemming van die skrywer Ds. Johan le Roux gepubliseer.

Kopieë van die boekie is by die skrywer te koop.

Boekenuus

Nauta, Reinder:

Psalm 119 - God se wet tot geloof en verlossing

’n Boek uit eie geledere!!! Br Reinder Nauta is lidmaat van die Vrye Gereformeerde

kerk Kaapstad. Hierdie boekie bevat 22 Skrifoordenkings oor die langste Psalm

in die Bybel, Ps 119. “Hierdie Psalm – ’n groot Oosterse literêre werk, maar voluit

ook deel van die onfeilbare Woord van God .....Want deur God se genade word aan

ons bekend: sy gebod, sy soewereine wil, sy verkiesing tot die verloste lewe.” Hierdie 22

Skrifoordenkings konsentreer op ’n aantal praktiese sake van die lewe. Christus

se verlossing beslaan die ganse lewe. Die digter van hierdie Psalm mag dan ook

op baie maniere en met baie herhalings ’n hele aantal verlossingsonderwerpe

behandel. Hierdie Psalm is dus meer as net ’n lang Psalm, want die HERE is

genadig oor die ganse spektrum van die lewe – juis wanneer sy genade en sy

wet in geloof aanvaar word.

(104 bladsye – Prys ongeveer R 70 – ’n tweede druk is in voorbereiding en sal

DV begin Desember 2008 gereed wees)

Oudiobybels

Die Afrikaanse 1933/53 vertaling van die Ou en Nuwe Testament is nou beskikbaar

op CD of MP3. Geniet nou die vryheid om enige tyd en enige plek

na die Bybel te luister. Selfs in die motor op pad werk toe in druk verkeer. Die

produksie is gedoen deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die stemkunstenaars

is uiters professioneel, maar die musiek op die agtergrond is, volgens

sommige resensente, te hard en kan op plekke hinderlik wees. Voorwaar ’n

aanwins vir swaksiendes, bejaardes en leesgestremdes.

Volledige Ou Testament op Oudio MP3 - R 290

Volledige Nuwe Testament met Psalms en Spreuke op Oudio MP3 – R 149

Stam, Clarence:

Ready for the rapture?

Devotional about the coming of the Lord

Ds. Clarence Stam bespreek in hierdie boekie die dinge wat aan die “einde van

die dae” gaan plaasvind. Hy gee aandag aan sake soos die duisendjarige ryk,

Kerk en Woord • Desember 2008 27

die wederkoms, die opstanding, wegraping en die lewe hierna. Hy fokus veral

op toepaslike Bybelgedeeltes in die brief aan die Th essalonicense. Geskik vir

persoonlike sowel as groepsbybelstudie.

(98 balsye – R 100)

Van Dam, Cornelis ed.:

The Liberation: Causes and consequences.

Th e struggle in the Reformed Churches in Th e Netherlands in the 1940s

Waarom aandag gee aan ’n kerkstryd wat meer as 50 jaar gelede in Nederland

afgespeel het? Hierdie boek bevat ’n aantal referate en besprekings gehou in

Kanada wat antwoorde op hierdie vraag gee. “ Reading about and refl ecting on

those tumultuous years in a country torn by war and church struggle will also make

you all the more grateful for the great things the Lord has done for his people. He

has set them free from bondage to Biblically unfounded doctrines which robbed the

churches of the comfort of the gospel. Th e Lord also set the churhces free from an

authoritarian church government. Th e Canadian Reformed Churches are heirs of

the ecclesiastical liberation of 1944” (asook die Vrye Gereformeerde Kerke van

Suid Afrika!)

(167 bladsye – R 100)

28 Kerk en Woord • Desember 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!