05.05.2013 Views

Kliek hier - Hoërskool Kempton Park

Kliek hier - Hoërskool Kempton Park

Kliek hier - Hoërskool Kempton Park

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

W W W . K E M P I E S . C O . Z A 17 Januarie 2013

Uitgawe 1

Uit die Hoof se kantoor . . .

Geagte Ouers

Baie w elkom in 2013. Die

tempo w aarteen ons afgeskop

het, is sommer lekker stew ig,

en daar is nie tyd vir voete

sleep nie. Ons vertrou dat

2013 vir u baie vreugde en

goeie gesondheid inhou.

Aan die nuw e ouers van alle

grade w at by ons aansluit, rig

ons ook ‘n hartlike w oord van

welkom. Mag hierdie eerste

jaar vir u en u kind aangenaam

w ees. Ons w il graag

met elk van u ‘n aangename

verhouding bou, en nooi u om

enige saak w at u belangrik ag,

met ons te kom bespreek.

Matrieks 2012

Die klas van 2012 het die

Kempies trots gemaak met hul

matriekuitslae. Tussen die

305 leerders het hulle altesaam

343 A-simbole verw erf –

dit gee ons 1.12 A’s per matrikulant.

Voorw aar pragtig.

Ons het reeds op die Communicator

die leerders w at 10/9

ens. onderskeidings behaal

het, se name aan u bekend

gemaak. Die gemiddeld van

die matriekgroep is 63,5%.

Die laaste syfer wat ek graag

met u deel, is die slaag met

Baccalaureustoelating

(universiteitstoelating) -

62,4%. Dit beteken dat 2 uit

elke 3 leerders kw alifiseer om

vir ‘n graadstudie by die universiteite

aansoek te doen.

Geluk ook aan die ouers en

personeel w at by hierdie

kinders betrokke w as – u het

as span ‘n skitterende stukkie

werk gedoen.

Nuwe personeel

Drie nuw e personeellede het

by die Kempies aangesluit.

Me Liza Heunis en me Madeleine

van Staden is beide in

die Wiskunde departement, en

mnr. Bernard Boshoff is as

RTT-onderw yser aangestel.

Hulle het reeds mooi ingeskakel

en ek vertrou dat die

kinders w at by hulle in die klas

ingedeel is, dit baie gaan geniet.

In die administratiew e kantoor

het me Marissa Reineke as

debiteure klerk begin, en mnr.

Frans van Jaarsveld as terreinbestuurder.

Waar u met

hulle te doen gaan kry, w eet

ek u gaan hulle aangenaam

beleef.

Oueraande Gr 8 – 12

Teen die tyd w at u die Kempie

Klets lees, is ‘n paar van die

oueraande reeds afgehandel.

Mag ek enkele van die belangrike

administratiew e sake w at

daar behandel is, hier onderstreep.

• In die leerdergids is ruimte

geskep w aar ouers kan motiveer

w aar n leerder vroeg

moet vertrek. Voltooi asseblief

– dit bespoedig die

administrasie.

• Kinders moet nie self vir hul

ouers bel as hulle siek is

nie. U gaan by die skool

opdaag en die tyd om die

kind te roep en uit te laat

teken, gaan u ongelukkig

maak. Die kinders moet

net by kantoor kom aan-

meld en ons sal die kontakwerk

doen.

• Graad 8’s en 9’s moet

asseblief in die middae by

die Palmlaanhek opgelaai

word.

• Ouers w ord versoek om

bedagsaamheid in die middae

voor die skool aan die

dag te lê. Hier is baie motors

en ons kan nie bekostig

dat humeurigheid

veroorsaak dat kinders raakgery

w ord nie.

• Akademies gaan die druk

op al die leerders bietjie

meer w ord. Selfdissipline

en w erkywer is

voorvereistes vir goeie

prestasie. U as ouer moet

ons asseblief hiermee help.

Dit gaan n goeie vertrekpunt

w ees om u kind se

boek gereeld te kontroleer.

• Indien ‘n kind van skool afwesig

is, verloor hulle

akademiese onderrig, help

asseblief dat ons hierdie

spook hokslaan.

Ten slotte

Nadat die Bulle verlede jaar ‘n

rustige (pow er?) jaar gehad

het, hoop ons dat die voer dié

vakansie iets gedoen het, en

die silinders almal vuur! Dan

word die glimlag bietjie breër.

Groete tot 31 Januarie w anneer

die volgende Kempie

Klets verskyn.

Roelof Roelof Burger

Burger

(Skoolhoof)

Die jaarlikse interhuis het Vrydag

plaasgevind.

Die atlete het weer hope talent uitgestal.

Die volgende trofees is oorhandig:

1 Geesbeker: Blou

(Nicolene v Heerden)

2 Spanprestasie

Seuns

1. Rooi 867.5

2. Blou 809

3. Geel 732

4. Groen 690.5

Dogters

1. Blou 753.5

2. Geel 707

3. Groen 703.5

4. Rooi 450

Algeheel

4. Rooi 1317.5

3. Groen 1394

2. Geel 1439

1. Blou 1562.5

Ystermankompetisie

5 JP Boer O/17S 3077

4 Johnic Smith O/14S 3437

3 Tiaan Jacobs O/19S 3486

2 Jeandre Breytenbach O/14S 4510

1 Hanno v Tonder O/19S 4586

Ystervroukompetisie

5 Eloise Dreyer O/16D 3398

4 Adri Nel O/16D 3513

3 Nadine Teesen O/19D 3812

2 Clarise de Klerk O/14D 3887

1 Sherica v Graan O/16D 4342

Bladsy 2

ATLETIEK : INTERHUIS 2013

MUURBAL

Die muurbalseisoen skop weer hierdie kwartaal vroeg af . Die 1ste

en 2de spanne het reeds ‘n muurbalkliniek vanaf 7-10 Januarie

bygewoon, wat deur ’n provinsiale afrigter, Renier Cronje, aangebied

is.

Muurbalproewe vind op16-17 Januarie na skool plaas.

Kempies het hierdie jaar vier spanne vir die liga ingeskryf:

Kempies 1 (A-liga) Kempies 2 (B-liga)

Kempies 3 (C-liga) Kempies 4 (C-liga)

’n Paar van ons spelers gaan ook in die Oos-Gautengtoernooi van

25-27 Januarie deelneem.

RUITERSPORT

Rachel Wepener het in Desember 2012 aan die SA Kampioenskappe

deelgeneem en haar O/14 SA-kleure verwerf vir

“tentpegging”! Baie geluk!

Trofee vir die beste prestasie per item Dogters en Seuns

Dogter ABSA Seun ABSA

1 Verspring Luzandre v Zyl 709 Jordan Vosloo 802

2 Driesprong Nadine Theesen 709 Jimmy Mpailane 741

3 Hoogspring Christal v Rensburg 903 Sinquin Wolke 817

4 Spiesgooi Zane Spruyt 747 Martin Louw 747

5 Diskus Elzaan v Tonder 951 Ryno Blom 861

6 Gewigstoot Monique Wagner 969 Ryno Blom 873

7 100m atleet Cindy v Ahlenfeldt 882 Eckardt Rossouw 872

8 200m atleet Cindy v Ahlenfeldt 879 Eckardt Rossouw 901

9 400m atleet Cindy v Ahlenfeldt 921 Eckardt Rossouw 853

10 800m atleet Natash Steinberg 837 Cohann Smith 735

11 1500m atleet Michaella Tyrel 704 Warno Potgieter 666

12 3000m atleet Jessica Bezuidenhout 494 Tiaan Jacobs 486

13 Hekkies kort Chrizanne Sonnekus 716 Kevin Hinton 675

14 Hekkies lank Aascan Sonnekus 726 Niel Fourie 712

Veelsydigste Junior dogtersatleet Clarise de Klerk O/14

Veelsydigste Junior seunsatleet Jeandre Breytenbach O/14

Veelsydigste Senior dogtersatleet Sherica v Graan O/16

Veelsydigste Senior seunsatleet Niel Fourie O/16

Beste Algehele dogtersatleet: Monique Wagner

Beste Algehele seunsatleet: Eckhardt Rossouw

KRIEKET

Na die afgelope vakansie het van ons seuns hul provinsie op die nasionale

weke gaan verteenwoordig. ‘n Uitblinker, Zander Els, het teen die einde van

die week met ‘n gemiddeld van 51 lopies en totaal van 154, sewende algeheel

geëindig!

Die 1ste span skop goed af met ‘n vriendskaplike wedstryd teen Garsfontein.

Kempies kolf eerste en teken 304 lopies aan.

Zander Els teken 142 lopies van 122 balle aan.

Divan Stander teken 95 lopies van 78 balle.

Die twee het ‘n vennootskap van 246 lopies gehad. ‘n nuwe rekord vir die

vierde paaltjie.

Weens reën eindig die wedstryd onbeslis!

KEMPIE SPORTWINKEL

Ouers moet asb. hulself van die volgende vergewis:

• Ons dogtersnit Kempioenhempie sal die begin

van Februarie beskikbaar wees.

• Kempioenhempie = R150 ; kortbroek = R90 en

die langmouhempie = R160

• Alle atletiekuitrustings is beskikbaar, skooluniforms

is ook beskikbaar.

• Weens onvoorsiene omstandighede sal die

skoolsweetpakke eers vanaf middel Maart

beskikbaar wees.

BUSGELDE

LET DAAROP dat die atletiekseisoenkaartjie vir busritte R200

is, dit sluit alle busvervoer vir die atletiekseisoen in.

Enkelritte is R40.

Gelde word by die kantoor inbetaal en die kwitansie sal vir die

afmerk van name op spanlyste gebruik word.

K E MPIE K LE TS

MUSIEKAKADEMIE

Die musiekakademie van Hoërskool Kempton

Park funksioneer reeds vir ‘n paar jaar

en ‘n waardevolle bydrae word op kultuurgebied

aan die gemeenskap in en om

Kempton Park gelewer.

Die volgende instrumente word aangebied:

klavier, viool, tjello, individuele sang, kitaar,

klawerbord.

Die leerlinge word ekstern

geëksamineer en daar

word aan kunswedstryde

deelgeneem.

Voorskoolse tot volwasse leerlinge word

toegelaat.

Vir enige navrae skakel Me Senekal by

011 972-5061(h)/079 516 8908(s) of by die

skool 011 970-2102.

GESINSPITKOS

Liefdestale vir tieners

‘Lawrence Steinberg, ‘n senior navorsingsgenoot

by die sentrum vir navorsing in menslike

ontwikkeling en opvoeding in Amerika,

is ‘n nasionaal erkende deskundige op die

gebied van adolessensie. Hy het opgemerk:

“ Adolessensie is nie ‘n inherent moeilike tyd

nie. Sielkundige probleme, probleemgedrag

en gesinskonflik is nie meer algemeen in adolessensie as in

enige ander stadium van die lewensiklus nie. Dit is waar dat

sommige adolessente probleme het, maar die werklikheid is dat

die meeste van die dinge waarvan ons in die koertante lees,

handel oor 10% ongelukkige tieners, waarvan meeste ook ongelukkige

tieners was.”

Wanneer tieners veilig voel in die liefde van hul ouers, sal hulle

vertroue hê om die negatiewe invloede in ons kultuur te hanteer

wat hulle sou kon verhinder om volwasse, produktiewe volwassenes

te word. Sonder die ouers se liefde is dit baie meer

waarskynlik dat die tiener gaan swig voor die bose invloed van

dwelms, seks en geweld.

Diep binne-in die tiener se siel is daar die begeerte om in kontak

met sy ouers te wees en deur sy ouers aanvaar en gekoester

te voel. As dit gebeur voel die tiener geliefd. Anders as

wat die deursnittiener aan sy ouer kommunikeer, het hulle die

liefde en aanvaarding van hul ouers broodnodig. Dit maak die

verskil wanneer tieners voor moeilike keuses te staan kom om

te kies tussen reg en verkeerd. Dit maak ook die verskil wanneer

‘n kind wel verkeerde keuses gemaak het, maar weet alhoewel

sy ouers die gedrag afkeur hy/sy steeds hul liefde sal

hê.

Daar is vyf liefdestale en gedurende die eerste kwartaal se

Kempieklets sal ek afsonderlik na elke liefdestaal kyk sodat

ouers die geleentheid kry om te bepaal wat die liefdestaal van

hul kind is en op die manier jou tiener se taal te praat en sy/haar

behoefte vervul aan liefde en aanvaarding.

Verwerk uit: Vyf tale van die liefde van tieners, Gary Chapman.

“COMMUNICATOR”

Ons hier by die Kempies wil graag ons ouers op hoogte van belangrike

nuusberigte of datums van gebeure by die Kempies .

Ons vra u samewerking met die volgende: Ouers wat die Communicator

op hulle rekenaars afgelaai het, moet asseblief die volgende instruksie

volg:

Kliek op “BESONDERHEDE” aan die linkerkant en voltooi die inligting

volledig. I ndien u reeds verlede jaar die communicator afgelaai het,

moet u weer die bes onderhede voltooi. Ons rekords toon dat daar

slegs ‘n pers entas ie van 46% ouers is wat die communicator gebruik.

Ons wil poog om hierdie getal na 100% te verhoog – maar u MOET

ass eblief die BESONDERHEDE voltooi s odat ons rekords op datum gehou

kan word.

Vir enige verdere hulp of inligting skakel vir Gertie Stander gedurende

skoolure op 011 970 2102 .

U kan ook die c ommunicator by die volgende webwerf aflaai:

www.s chool-communic ator.c om/downloads .

FINANSIËLE NUUSFLITS

Ons verwelkom me Marissa Reineke in die finansies-kantoor.

Rekeninge word volgende week aan leerders uitgedeel. Ons

waardeer u spoedige betaling.

Betaling kan soos volg geskied :

• Direk in die skool se bankrekening

• By die skool in kontant of per debiet/kredietkaart

• Per debietorder (aansoekvorm in kantoor)

• Eenmalige betalings met 5% korting

BANKBESONDERHEDE

ABSA, H/S Kempton Park, Tjekrekeningno: 260 391 992,

Takkode: 632005, Verwysing: Leerdernommer.

Aansoekvorms (Artikel 39 subsidie) kan vanaf 11 Februarie

by ontvangs afgehaal word. Alle navrae kan gerig word aan

Me Marissa Reineke by accounts@kempiefin.co.za.

Mnr. & mej. Kempie

Baie geluk aan die volgende leerders wat as mnr. en mej. Kempie-finaliste

verkies is. Die Prestigevertoning vind op 15 Maart plaas .

Marisché Botha, Uné Meyer, Nadiya Geldenhuys, Jennica Moller, Tersia

Jv Rensburg, Kyla Oosthuizen, Demi-Lize Shandos, Kay-Lee Avenant, JP

Boer, Cherize Botha, Marco Cartens, Dian Craven, Ruan de Witt, Annika

Esterhuyse, Fleur Gie, Marnus Gruber, Odette le Roux, Kylie Mars,

Stephan Martinaglia, Bianca Muller, Giani Oosthuizen, Angelique Peach,

Michelle Swanepoel, Ruben Swart, Inge vd Vyver, Juanre vd Walt, Rehardt

Wiese, Franco Benade, Marnus Benade, Zander Snyman, Zulekha

Botha, Jamie Campbell, Dylan Geel, Kevin Hinton, Martin Kruger, Heinrich

Rohde, Kobus Roux, Chene Smit, Lourin van Heerden, Kevin Visser, Zane

Wessels, Daniel Wolfaardt

LO-HANDBOEKE

Alle graad 8- en 9- Lewensoriënteringleerders en -ouers wat

reeds handboeke bestel het moet daarop let dat die handboeke

gekanselleer is. Die boekwinkel sal u gelde vir u

terugbetaal. Ons vra verskoning vir enige ongerief.

UI TG A WE 1 Bladsy 3

ADVERTENSIES & ALLERNEI

Belê nou al in u kind se toekoms!!

(Soos gesien op SABC 3 : 3 talk met Noeleen)

Doel

Verkort studietyd; verbeter studievaardighede en punte;

geniet studies.

Aandag word gegee aan o.a.:

Opsommings maak en korrekte studiemetodes met

langteryngeheue; memoriseringstegnieke; (GEEN

PAPEGAAIWERK) eksamenvoorbereiding; streshantering;

tydsbenutting; lees-en luistervaardighede; selfbeeld;

motivering; verbeterde konsentrasie en geheue; Wiskunde

Voordele

Individuele aandag deur gegradueerde opvoedkundiges;

klein groepe; 5 klasse van 2 ure elk - gratis opvolg na 3

maande; gratis ondersteuning tot ouderdom 21; kursu s

geredigeer deur Univ. Van Pretoria; alreeds 10 jaar

su ksesvol op Oos-Rand-verwysings beskikbaar; Alle

leerders baat daarby. Goedgekeur deur die Onderwysdepartement

en reeds deur die Vrystaatse Onderwysdept. in

se kere streke geïmplimenteer; afbetalingsopsies

Vir gratis evaluering by u huis kontak dr. Gerrit Jooste

082-923-1135

S.A. Geheue Instituut

NAALDWERK

Alle alterasies en herstelwerk op klere

• Nate, some, ritssluiters

• Bekostigbaar, netjies en vinnige diens

• Maak van gordyne, duvets, kussing ens.

Noem dit, ek doen dit!

Privaat tikwerk kan ook gedoen word.

Kontak my by : ronelharris@hotmail.co.za / 082 897 3687

Hulp word benodig met die broodjieprojek

by die skool. Kontak Liza by 083 316506

indien u belangstel om te help.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!