06.05.2013 Views

FORUM 29 - AfriForum

FORUM 29 - AfriForum

FORUM 29 - AfriForum

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Beste AfriForum-lid

Die jaar is sowaar halfpad. Hiermee die afgelope ses weke se nuus en soos altyd ons dank

aan elke lid wie se getroue ondersteuning ons aksies moontlik maak! Die afgelope tyd het

ons sake mooi gevorder, soos julle onder sal lees. Ons waardeer alle kommentaar en

terugvoer hieroor. Skryf gerus aan ons by afriforum@afriforum.co.za.

PRETORIA

Spotprent: Beeld, 2009-07-02.

AfriForum wen saak teen SAUK TV se gebruik van “Tshwane”

Die tribunaal van die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het op 30 Junie 2009

in AfriForum se guns beslis dat die SAUK TV-nuus se gebruik van “Tshwane” om na Pretoria

te verwys, op onbillike verslaggewing neerkom en derhalwe strydig met die UKKSA se kode

is. Dié beslissing volg nadat AfriForum vroeër vanjaar ʼn klag hieroor by die UKKSA ingedien

het en die UKKSA-tribunaal op 18 Junie 2009 ʼn verhoor gehou het om aan beide die SAUK

en AfriForum se regspanne die geleentheid te bied om hulle onderskeie standpunte te stel.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die UKKSA se uitspraak nie net ʼn

oorwinning vir AfriForum en die ondersteuners van Pretoria se naam nie, maar vir almal in die

land wat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder. “Die

1

ondermyning van Pretoria se naam, is ʼn daad van disrespek teen ʼn groot deel van die

gemeenskap,” het hy gesê. Volgens hom word die versoenende oplossing deur Pretoria as

stadsnaam te behou, en die Metroraad Tshwane te noem, van die tafel gevee deur Pretoria

se naam te misken. Kallie het die hoop uitgespreek dat die UKKSA-uitspraak daartoe sal

bydra om die Tshwane Metroraad te laat afsien van ideologies-gedrewe pogings om die

publiek te mislei dat die hoofstad se naam nie meer Pretoria is nie.

Volgens die UKKSA-uitspraak loop die SAUK die gevaar om herhaaldelik skuldig bevind te

word van oortredings van die UKKSA se kode, indien hulle sou voortgaan om na Tshwane te

verwys. AfriForum het in reaksie hierop ʼn beroep op die publiek gedoen om klagtes by die

UKKSA in te dien, indien die SAUK sou voortgaan om na Tshwane te verwys. “Indien die

SAUK die UKKSA se uitspraak ignoreer en weer skuldig bevind word, kan die UKKSA die

SAUK swaar beboet en aanhou om hulle te beboet vir elke oortreding,” het Kallie bygevoeg.

AfriForum is tydens die verhoor op 18 Junie vanjaar deur prof. Marinus Wiechers en Kallie

verteenwoordig, terwyl Fakir Hassen, die SAUK se bestuurder van Uitsaai Nakoming

(Broadcast Compliance), die openbare uitsaaier se saak gestel het. AfriForum het aangevoer

dat die gebruik van die naam Tshwane op onbillike verslaggewing en ongelyke behandeling

neerkom, omdat Tshwane die enigste munisipale naam is wat deurlopend tydens

nuusbulletins gebruik word, terwyl alle ander dorpe en stede in die land se plekname, en nie

munisipale name nie, gebruik word. Dit is volgens AfriForum onprakties om deurgaans

munisipale name te gebruik, aangesien die meeste munisipaliteite meer as een dorp of stad

beslaan. AfriForum het aangevoer dat alle stede en dorpe – insluitend Pretoria – se

plekname om dié rede ter wille van billikheid eerder gebruik moet word. Die UKKSA se kode

bepaal in Artikel 34.1 dat uitsaaiers verplig is om nuus “billik” weer te gee. AfriForum het

tereg aangevoer dat die woord “billik” gelyke behandeling beteken en dat die feit dat Pretoria

anders behandel word, gevolglik direk strydig met Artikel 34.1 van die UKKSA se kode is.

Die UKKSA se uitspraak is by www.afriforum.co.za beskikbaar.

ZIMBABWE

AfriForum-hoof skotvry oor “Mugabe, go home!”-plakkate by Uniegebou

Die Tshwane Metropolisie in Pretoria se pogings om Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van

AfriForum, te vervolg oor hy voor die presidensiële inhuldiging plakkate met die boodskap

“Mugabe, go home!” op lamppale in die omgewing van die Uniegebou opgesit het, het misluk.

Die staat het besluit om alle klagtes teen Kallie onvoorwaardelik terug te trek.

2

Dit volg nadat Kallie vertoë aan die staatsaanklaer gerig het, waarin hy aanvoer dat sy

vervolging kwaadwillig en polities gemotiveerd is. Hy het ook aangevoer dat sy grondwetlike

reg op vryheid van spraak onbillik ingeperk is; dat AfriForum alle wettige kanale gevolg het

om Mugabe se besoek aan Suid-Afrika te probeer keer; dat ʼn menseregteskender soos

Mugabe nie in Suid-Afrika hoort nie; en dat die skriftelike weergawes van die boetes wat aan

hom (m.a.w. Kallie) oorhandig is, vaag en verwarrend is.

AfriForum het die besluit van die staatsaanklaer om die klagtes terug te trek, verwelkom. Dit

bevestig dat die aggressiewe wyse waarop direkteur Ndumiso Jaca van die Tshwane

Metropolisie tydens die voorval teen AfriForum opgetree het, onregmatig en onbillik was.

“Jaca het soos Mugabe se polisie optree,” het Kallie bygevoeg. Dit is bitter ironies dat ʼn

skender van menseregte, naamlik Robert Mugabe, met ope arms in die land ontvang is,

terwyl daar gepoog is om diegene wat op ʼn vreedsame wyse protes daarteen aanteken, te

vervolg. As daar iemand is wat vervolg moet word, dan is dit Mugabe.

AfriForum se plakkaat-aksie is aangepak uit protes teen die feit dat Mugabe na die

presidensiële inhuldiging genooi is, terwyl die Dalai Lama onlangs ʼn visum geweier is om

Suid-Afrika te besoek. Die feit dat die rooi tapyt vir Mugabe in Suid-Afrika uitgerol is, pas

nadat 18 aktiviste in Zimbabwe gearresteer is, stuur ʼn slegte boodskap rakende die Suid-

Afrikaanse regering se houding jeens menseregte uit. Dit is nog meer ironies dat die Suid-

Afrikaanse regering onlangs visum-vereistes vir Zimbabwiërs wat weens die Mugabe-regime

na Suid-Afrika stroom, geskrap het, maar terselfdertyd die oorsaak van die probleem, naamlik

Robert Mugabe, met ope arms in Suid-Afrika ontvang het.

DEELNAME AAN DIE WÊRELD EKONOMIESE FORUM (WEF)

Herontplooiingsbeleid kniehalter dienslewering in SA, sê AfriForum by WEF

In Junie 2009 is Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, genooi om saam met onder

andere Trevor Manuel, Pat Davies en adjunk-president Kgalema Motlanthe aan ʼn

paneelbespreking oor die toekoms van Suid-Afrika by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF)

se konferensie oor Afrika in Kaapstad deel te neem.

Tydens die sessie het Kallie die ANC se herontplooiingsbeleid geïdentifiseer as die

belangrikste rede waarom die Suid-Afrikaanse regering nie daarin slaag om probleme soos

armoede, werkloosheid, misdaad en swak dienslewering suksesvol aan te pak nie. Die

herontplooiingsbeleid lei daartoe dat mense om politieke redes in sleutelposte aangestel

word, selfs al beskik hulle nie oor die nodige vaardighede wat die poste vereis nie. Dié

toedrag van sake het tot gevolg dat die Suid-Afrikaanse regering nie oor die nodige

uitvoerende vermoë beskik om die land se probleme op te los nie.

Kallie het daarop gewys dat die aanstelling van munisipale bestuurders en ander

staatsamptenare op grond van politieke redes, grootliks daartoe bygedra het dat verskeie

munisipaliteite en staatsdepartemente nie meer basiese dienste effektief kan lewer nie. Daar

is mense uit alle gemeenskappe wie se kundigheid tans nie benut word nie, bloot omdat hulle

nie deel van die regerende party se binnekring vorm nie. Hy het die hoop uitgespreek dat

politieke redes nie die hoofoorweging sal wees wanneer die nuwe kommissaris van Polisie

binnekort aangestel word nie. Behalwe vir die klein elite-groepie wat deur die

herontplooiingsbeleid bevoordeel word, hou dit katastrofiese gevolge vir alle ander

landburgers in.

MISDAAD

AfriForum loods Netwerk vir Gemeenskapsveiligheid

Op 21 Mei 2009 het AfriForum tydens ʼn konferensie in Pretoria ʼn netwerk vir

gemeenskapsveiligheid geloods om onderlinge skakeling en inligtingsuitruiling tussen

bestaande gemeenskapsgedrewe veiligheidsinisiatiewe te bevorder. Die konferensie is deur

3

verteenwoordigers van gemeenskapsinisiatiewe teen misdaad bygewoon. Die inisiatiewe het

die stigting van die netwerk eenparig ondersteun.

AfriForum se Netwerk vir Gemeenskapsveiligheid sal ook die beste praktyke van die

bestaande plaaslike teen-misdaadinisiatiewe identifiseer vir die daarstelling van

gemeenskapsveiligheidsaksies waar dit tans nie bestaan nie. Die kontakbesonderhede van

bestaande plaaslike teen-misdaadinisiatiewe sal ook as deel van die netwerk aan lede van

die publiek wat graag by sodanige aksies wil inskakel, beskikbaargestel word op die webwerf

www.afriforum911.co.za. Die konferensie is die eerste van ʼn reeks landswye konferensies

om die netwerk uit te bou.

Nantes Kelder.

Volgens Nantes Kelder, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, bestaan daar letterlik

honderde positiewe inisiatiewe landswyd waar plaaslike gemeenskappe binne die raamwerk

van die wet hulle gemeenskappe teen misdaad help beveilig. Die sukses van hierdie

inisiatiewe kan volgens Nantes nog verder verbeter indien daar onderling skakeling tussen

gemeenskappe is oor watter aksies werk en wat nie werk nie. “Dit is tyd dat die burgerlike

samelewing ʼn gesamentlike front vorm teen die misdaadvlaag wat die land teister,” het

Nantes bygevoeg.

Tydens die konferensie het doktor Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies en

doktor Rudolph Zinn van Unisa, ʼn kort oorsig oor die misdaadprobleem en die modus

operandi van misdadigers gee, waarna verteenwoordigers van verskeie suksesvolle teenmisdaad

gemeenskapsaksies in die Pretoria-omgewing hulle werksaamhede met

konferensiegangers gedeel het. ʼn Bespreking het gevolg oor hoe onderling skakeling tussen

die onderskeie aksies volhoubaar aangepak moet word, hoe hulle mekaar kan bystaan en

hoe die publiek in groter getalle betrek kan word. Die onderskeie aksies skakel reeds op

plaaslike vlak met die SAPD, maar tydens die konferensie is besluit om gesamentlik op

provinsiale en nasionale vlak met die SAPD te skakel.

Gemeenskapsveiligheidsaksies wat deel wil word van AfriForum se landswye Netwerk vir

Gemeenskapsveiligheid, kan Nantes by nantes@afriforum.co.za of telefoonnommer

086-10-200-30 kontak.

Is julle al lid van AfriForum 911? Dit is ʼn diens waarmee ʼn mens met die druk van ʼn

selfoonknoppie blitsig SMS’e aan ses van jou bure, vriende of familielede kan laat stuur om

hulle in te lig dat jy hulp benodig. Geen maandelikse fooie geld nie. Die R5-00

aktiveringskoste sal ook nie verval as jy die diens ʼn tyd lank nie gebruik nie. Die stelsel is vir

alle selfoongebruikers toeganklik. Al wat jy hoef te doen om AfriForum 911 te gebruik, is om

4

op die webblad www.afriforum911.co.za te registreer en die maklike instruksies te volg.

Navrae kan ook aan Nantes by nantes@afriforum.co.za of telefoonnommer 086-10-200-30

gerig word.

WAPENWET

AfriForum verwelkom Hooggeregshof se uitspraak oor Wapenwet

AfriForum het die Hooggeregshof in Pretoria se besluit om ʼn tydelike interdik aan die SA

Jagtersvereniging toe te staan – in terme waarvan vuurwapenlisensies wat onder die vorige

wet uitgereik is, voorlopig steeds geldig sal bly – verwelkom. Dit sal geld totdat die SA

Jagtersvereniging se aansoek om sekere gedeeltes van die nuwe Wapenwet ongrondwetlik

te laat verklaar, aangehoor word.

AfriForum doen verder ʼn beroep op die eienaars van wettige vuurwapens wat nog nie in

terme van die nuwe wet gelisensieer is nie, om nie hulle wapens by die SAPD in te handig

nie. Sodanige eienaars moet eers wag totdat daar finaal oor die grondwetlikheid van die

nuwe Wapenwet beslis is.

Die toestaan van die interdik dien as bevestiging dat die SAPD nie oor die uitvoerende

vermoë beskik om die lisensie-aansoeke in terme van die nuwe wet te hanteer nie. ʼn Groot

aantal polisiebeamptes op stasievlak is weens ʼn gebrek aan kennis van die wet nie in staat

om die publiek te help nie. AfriForum ontvang verskeie navrae per dag van

vuurwapeneienaars wat raad vra omdat lede van die SAPD nie geweet het hoe om hulle

navrae te hanteer nie.

Wat dink besoekers aan AfriForum se webwerf van die Wapenwet?

Volgens die peiling wat tans op AfriForum se webwerf gehou word, meen 97% van die

deelnemers dat die nuwe Wapenwet ongrondwetlik is en hersien moet word. Besoek gerus

www.afriforum.co.za om ook u stem by die peiling te voeg.

SPORT

Komphela se heraanstelling ʼn terugslag vir SA-sport

AfriForum het Butana Komphela se heraanstelling as voorsitter van die parlementêre

portefeuljekomitee vir Sport en Ontspanning as ʼn terugslag vir Suid-Afrikaanse sport beskryf.

Die suksesse wat Suid-Afrikaanse sportspanne in die komende vyf jaar behaal, sal nie

danksy Komphela se invloedryke posisie wees nie, maar ten spyte daarvan. Komphela se

volgehoue ondeurdagte uitsprake en optrede oor die afgelope jare, het nie net ʼn bespotting

van sy amp gemaak nie, maar het ʼn verleentheid vir die land as geheel geword. In die

aanloop tot die 2010-Sokkerwêreldbeker, is die wêreld se oë op Suid-Afrikaanse sport gerig

en is dit onhoudbaar dat iemand soos Komphela ʼn hoëprofiel sportposisie beklee.

Tydens Komphela se vorige ampstermyn, het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en

Olimpiese Komitee (Saskok) gedreig dat sportliggame nie verder voor die portefeuljekomitee

sou verskyn solank Komphela die voorsitter is nie. Die ontevredenheid het onder meer

verband gehou met Komphela se uitspraak dat Saskok “vol wittes en Indiërs” is wat nie

transformasie verstaan nie.

Komphela het nie net met sy uitsprake – soos dat hy die Springbok-rugbyspan se paspoorte

wil laat terugtrek – opslae gemaak nie, maar ook met sy optrede. Komphela was byvoorbeeld

verlede jaar deel van ʼn groep wat ʼn privaat sportterrein in Frankfort sonder toestemming

beset het, nadat die hekke oopgebreek is. Die polisie ondersoek tans ʼn klag van betreding

wat in dié verband deur AfriForum teen Komphela ingedien is.

5

Op ʼn ligter noot:

Curriebeker-rugbykompetisie – Slegs vir lede van AfriForum

AfriForum wil benewens ons amptelike kommunikasie met lede oor burgerregteaangeleenthede,

ook die geleentheid skep om lede op ʼn sosiale vlak by AfriForum te betrek.

ʼn Werknemer van AfriForum, Reinhardt Grobbelaar, het voorgestel dat AfriForum aan lede

met internettoegang die geleentheid bied om saam deel te neem aan ʼn Curriebekerrugbykompetisie.

ʼn Internetplatform, SuperBru, sal hiervoor gebruik word. Superbru se

stelsel behels dat deelnemers voor elke wedstryd aandui wie hulle dink gaan wen en wat die

telling gaan wees. Daar is geen koste aan verbonde nie. AfriForum kan sy eie groep op

SuperBru skep en daardeur kan ons bepaal wie aan die einde van die Currybekerreeks

AfriForum se BOBAAS rugbykenner is. Die wenner sal ʼn dokumentêre DVD oor generaal

Koos de la Rey ontvang. Deelname is natuurlik vrywillig. Maak soos volg om deel te neem:

Stap 1: Volg net die skakel (“link”) onder en registreer as ʼn deelnemende lid van AfriForum.

Stap 2: As jy al voorheen op Superbru was, tik dan net die wagwoord (“password”) wat ook

onder verskyn, in. As dit die eerste keer is wat jy van die fasiliteit gebruik gaan maak,

registreer eers en gebruik dan die wagwoord (“password”) wat onder verskyn om by die

AfriForum-groep aan te sluit.

Stap 3: Kies al die spanne wat jy dink gaan wen en met hoeveel hulle gaan wen. Jy moet

elke week jou keuses maak op Superbru (voor of op Vrydagaand).

Webtuiste skakel (“link”): http://www.superbru.com/curriecup

Kode: tidyfolk

Groepnaam: AfriForum

Geniet dit en sterkte met die kompetisie!

AFRIKAANS

Rondetafelconferentie over Afrikaans, Antwerpen, België

V.l.n.r.: Me Sara Claes, mnr. Ludo Helsen en prof. Wannie Carstens.

Op 19 Mei 2009 is ʼn rondetafelkonferensie oor Afrikaans in Antwerpen, België, gehou. Die

vernaamste doel met die byeenkoms was om beter koördinasie en samewerking tussen die

Vlaamse, Nederlandse en Suid-Afrikaanse organisasies wat Afrikaans probeer bevorder en

6

projekte vir Afrikaanstalige mense in Suid-Afrika aanbied, te bewerkstellig. Die konferensie

moet dus beskou word as die begin van ʼn proses wat as einddoel het om die verskillende –

reeds bestaande en nuwe – inisiatiewe en projekte van die deelnemende organisasies beter

te koördineer. So kan die skaars hulpmiddele wat vir Afrikaanse projekte beskikbaar is, meer

effektief gebruik word om beter resultate tot gevolg te hê.

By die konferensie is AfriForum deur Alana Bailey verteenwoordig. Van die Belgiese kant het

die belangrikste Vlaamse kultuurorganisasies deelgeneem, insluitend Vrienden van Zuid-

Afrika, de Vlaams-Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting, de Marnixring, Willem de Zwijgerstichting

en het Davidsfonds. Die Vlaamse regering het ʼn waarnemer gestuur en ʼn verteenwoordiger

van die Nederlandse Taalunie was ook aanwesig. Die Nederlands-Zuid-Afrikaanse

Vereniging was ook daar.

By die meerderheid mense in België en Nederland heers groot onkunde oor die geskiedenis

en posisie van Afrikaans, asook die Afrikaanse letterkunde en kultuur. Die aanwesiges het

dus besef dat dit noodsaaklik is om meer te doen om mense bewus te maak van die

verwantskap tussen Afrikaans en Nederlands.

ʼn Tweede rede vir die konferensie, is die gewysigde posisie van Afrikaans in die

hedendaagse Suid-Afrika. Amptelik is Afrikaans één van die elf landstale wat in die grondwet

erken word, maar in die praktyk kom Afrikaans saam met die ander minderheidstale weens

die pro-Engelse beleid van die Suid-Afrikaanse regering steeds onder meer druk te staan.

Voorbeelde hiervan is dat Afrikaans volgens die sensus van 2001 naas Zoeloe en Xhosa die

derde grootste taal van Suid-Afrika is, aangesien 13,3% van die bevolking Afrikaans as

moedertaal gebruik. In getalle is dit 6-miljoen Afrikaanssprekendes. Engels is met 8,2% die

vyfde grootste taal van Suid-Afrika, maar tog word Afrikaans saam met die ander inheemse

tale steeds meer uit owerheidsinstansies gedring. In die praktyk het die meeste instansies

eentalig Engels geword, wat tot groot probleme lei. Van groter belang is die feit dat Afrikaans

besig is om uit die onderwys te verdwyn. In 1994 was daar nog sowat 3 000 enkelmedium

Afrikaanse skole, nou is daar minder as 300. Ook tersiêre instellings verengels steeds meer.

Die tweede gevolgtrekking wat by die konferensie bereik is, is dus dat die maatskaplike,

ekonomiese en kulturele funksies van Afrikaans gevaar loop om steeds meer

gemarginaliseerd te word weens ʼn gebrek aan politieke wil en ondersteuning. Die houding

ten opsigte van Afrikaans is ʼn houding van onverskilligheid.

Ten einde die probleme aan te spreek en toekomstige samewerking te struktureer, is ʼn

werkkomitee aangewys, bestaande uit mev. Ingrid Scholtz van Afrinetwerk; mnr. Ludo Helsen

– die eerste gedeputeerde van Provinsie Antwerpen; me Sara Claes – kabinetsmedewerkster

van mnr. Ludo Helsen; en prof. Wannie Carstens – voorsitter van die Afrikaanse Taalraad.

Dit was vir AfriForum ʼn voorreg om saam aan die gesprek te kon deelneem en daar word

gehoop dat daar met groot vrug op die basis voortgebou sal kan word om internasionale

steun vir AfriForum se Afrikaanse projekte te verkry.

EMIGRASIE

AfriForum sien terugkeer van burgers as gulde geleentheid vir SA

AfriForum se Kom Huistoe-Veldtog ondervind dat meer Suid-Afrikaners tans na Suid-Afrika

terugkeer, wat ʼn gulde geleentheid aan die land bied om die bestaande vaardigheidstekort

aan te spreek. Die Kom Huistoe-Veldtog word tans oorval met navrae van Suid-Afrikaners

wat na die land wil terugkeer. Hulle is in 95% van die gevalle hoog geskoold en hulle

internasionale ervaring maak van hulle gesogte kandidate vir Suid-Afrikaanse maatskappye.

Die terugkeer van ʼn groot aantal Suid-Afrikaners moet egter nie gesien word as ʼn mosie van

vertroue in die staat nie. Ekonomiese faktore soos die vroeë beëindiging van dienskontrakte

in die buiteland, of selfs afdanking en die bankrotskap van buitelandse werkgewers forseer

baie om terug te keer. Dit is nog gans te vroeg om hulle terugkoms as ʼn positiewe reaksie op

die nuwe regering te beskou en hulle is beslis steeds ewe bekommerd oor die faktore wat

hulle in die eerste plek gedwing het om die land te verlaat, naamlik veral misdaad.

7

Indien hulle terugkeer optimaal benut moet word, is dit noodsaaklik dat dringende aandag aan

hierdie faktore geskenk moet word. ’n Hersiene beleid van migrasiebeheer is nou ook van die

allergrootste belang. Elke hooggeskoolde terugkerende kan werk skep vir tot tien ander

individue, maar as mense aanhou om ongekontroleerd teen ʼn tempo van duisende per dag

oor die grens te stroom, gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie net verder verswak, wat eerder

nog meer geskooldes uit die land sal dwing.

Dienslewering moet afname in belangstelling in emigrasie benut

In aansluiting hierby het AfriForum ʼn beroep op die staat gedoen om nie die geleenthede wat

die huidige afname in emigrasie aan die land bied, te laat verlore gaan weens ʼn gebrek aan

dienslewering nie. Dié reaksie volg op statistiek wat pas deur die internasionale

marknavorsingsmaatskappy, Synovate, bekendgemaak is, wat daarop dui dat 56% van die

Suid-Afrikaners wat dit ernstig oorweeg om te emigreer, hulle planne gaan uitstel tot die

wêreldwye ekonomiese krisis oorwaai.

Volgens navorsing wat deur AfriForum se Kom Huistoe-Veldtog onder Suid-Afrikaanse

emigrante onderneem is, is die vernaamste redes waarom mense die land verlaat, in die

eerste plek die hoë vlak van geweldsmisdaad in die land, tweedens die gebrek aan

geleenthede om ʼn volhoubare loopbaan te vestig en derdens die frustrasies en vrese

veroorsaak deur die verval van dienslewering deur staatsinstellings op alle vlakke.

Hierdie redes het nie verdwyn nie. Voornemende Suid-Afrikaanse emigrante stel slegs hulle

verhuising uit weens onsekerheid oor die internasionale impak van die ekonomiese krisis. Dit

bied aan Suid-Afrika, en veral die staat, ʼn unieke geleentheid om die redes waarom mense

wil emigreer, aan te spreek, sodat hierdie voornemende emigrante teen die tyd wat ʼn

ekonomiese opswaai kom, nie meer die land wil verlaat nie. Suid-Afrika kan nie bekostig om

meer hooggeskooldes te verloor nie en daarom is dit nou noodsaaklik dat bogenoemde

brandpunte so ver as moontlik uit die weg geruim word.

AfriForum beskou die ANC se herontplooiingsbeleid as die vernaamste rede waarom die

Suid-Afrikaanse regering nie daarin slaag om probleme soos misdaad, armoede,

werkloosheid en swak dienslewering suksesvol te kan aanpak nie. Gekombineer met die

toepassing van ʼn ondeurdagte regstellende aksiebeleid sonder ʼn afsnydatum, veroorsaak dit

dat mense nie meer ʼn toekoms vir hulleself in Suid-Afrika kan visualiseer nie, en dus

emigreer. Emosionele redes om in die land aan te bly, soos ʼn liefde vir vriende, familie, taal,

kultuur, mede-Suid-Afrikaners en die land se natuurskoon, waarborg nie dat iemand nooit sal

emigreer nie. Voordat meer mense emigreer en die land se vaardigheidstekort nog meer

ernstige afmetings aanneem, moet die staat realisties oor hierdie beleidsrigtings besin.

SWAK DIENSLEWERING DEUR DIE STAAT

Kommissie van ondersoek belowe na lyk reeds 9 maande vermis word

Die LUR vir Gesondheid in Noordwes, me Rebecca Kasienyane, het onderneem om dié

provinsie se premier, me Maureen Modiselle, te versoek om ʼn kommissie van ondersoek in te

8

stel oor ʼn lyk wat deur die staatslykshuis op Brits “verloor” is. Die verkoolde lyk van

Johan Nel (36), ’n geo-tegnikus van Louis Trichardt wat op 8 September 2008 in ’n

motorongeluk naby Brits oorlede is, word nou reeds vir 9 maande vermis.

Kasienyane het op 3 Junie 2009 tydens ʼn vergadering in Brits met Nel se ouers (Frik en

Sougnet) en Kallie Kriel van AfriForum, onderneem dat die Nel-familie ʼn verteenwoordiger op

dié kommissie kan aanwys. Kasienyane het verder onderneem om te betaal vir die berading

vir die Nel-familie en om vir die begrafniskostes in te staan, indien Johan Nel se oorskot

opgespoor word.

Dit is ʼn skreiende skande dat Johan se ouers en sy twee jong kinders na sy dood aan

bykomende trauma onderwerp word weens die onbeholpenheid en nalatigheid van die staat.

AfriForum het Kasienyane se beloofde kommissie van ondersoek verwelkom, aangesien die

Nel-familie reeds maande lank sukkel om antwoorde op hulle vrae uit die Noordwesgesondheidsdepartement

te kry. Die hoop is uitgespreek dat die kommissie van ondersoek

nie net duidelikheid sal bring oor waar Johan se oorskot is nie, maar ook oor wat gedoen kan

word om ʼn herhaling van die gebeure te voorkom. Johan se ouers het juis besluit om nie die

stryd gewonne te gee nie, omdat hulle wil toesien dat niemand anders deur dieselfde trauma

as hulle moet gaan nie.

In die proses om Johan se oorskot op te spoor, het die owerheid reeds twee lyke wat as

armlastiges begrawe is, opgegrawe, en is drie lyke reeds aan Johan se pa, Frik, gewys. Daar

word tans nog gewag op die uitslae van DNS-toetse wat op die derde lyk wat aan mnr. Frik

Nel uitgewys is, uitgevoer is. Die Nels het om verstaanbare redes hulle vertroue in die proses

verloor en daarom glo AfriForum dat slegs ʼn kommissie van ondersoek en onafhanklike DNStoetse

finaliteit sal kan bring.

JEUG

Eerste Nasionale Jeugkonferensie – 16 Junie 2009

Op 16 Junie 2009 (Jeugdag) het AfriForum Jeug ʼn nasionale jeugkonferensie by die

Universiteit van Pretoria aangebied. Die doel met die konferensie was om aan die

afgevaardigdes van verskeie jeugleiersorganisasies of -groepe die geleentheid te bied om op

ʼn nasionale vlak hulle standpunte en menings oor hedendaagse probleme en uitdagings wat

die jeug in die gesig staar, te stel.

Die Nasionale Jeugkonferensie was die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Jeugleiers van

feitlik al die politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word, was daar aanwesig,

asook verteenwoordigers van kultuurorganisasies soos die Voortrekkers en Rapportryers.

Die geskiedkundige gebeurtenis het op regstellende aksie gefokus en ʼn antwoord probeer

vind op die vraag: “Hoe moet regstellende aksie verander word?” Die gasspreker by die

geleentheid was dr. Dirk Hermann van Solidariteit en die oop gesprek tussen die

teenwoordiges is gefasiliteer deur adv. Leon Wessels van die Menseregtekommissie.

Ebert Grobler (AfriForum Jeug se regstellende aksie veldtogkoördineerder) het as voorsitter

opgetree.

Na ʼn lewendige debat, het die aanwesiges onder meer oor die volgende punte saamgestem:

• Almal stem saam dat regstellende aksie ’n sonsondergangsklousule moet bevat.

• Daar moet herbesin word oor die doelwitte van regstellende aksie en tot watter mate

hierdie doelwitte bereik word.

9

• Pertinente kwelpunte oor regstellende aksie sluit in:

o ʼn Gebrek aan vaardigheidsontwikkeling;

o Toeneming van armoede onder wittes;

o Rassedifferensiasie;

o Daarstelling van ’n swart elite, wie se kinders steeds bevoordeel word;

o Min word bereik om die demografie te verander; en

o Niks word bereik om die kultuur te verander nie.

• Die Wet op Gelyke Indiensneming moet ’n bepaling bevat wat verhoed dat persone op

grond van hulle politieke affiliasies bygestaan word.

• Dit is onaanvaarbaar dat ’n werk vir iemand gegee word as daardie persoon nie behoorlik

gekwalifiseerd daarvoor is nie.

• Rassekwotas kan nie armoede of vaardigheidstekorte aanspreek nie.

• Die bemagtigingsprogram moet nie beperk word tot ras nie.

• Die jeug het ’n verantwoordelikheid om op kwaliteit onderwys aan te dring.

• Regstellende aksie sonder behoorlike ontwikkeling en onderwys is onmoontlik.

• Die regering kan bogenoemde probleme nie alleen aanpak nie en het die hulp van die

publiek nodig.

Daar word beplan om ʼn jaarlikse instelling van die jeugkonferensie te maak en telkens ʼn

brandpunt wat die jeug ten nouste raak (soos byvoorbeeld regstellende aksie), as tema te

kies.

Jeugtakke

AfriForum Jeug wil graag takke stig op die kampusse van die Universiteite van Stellenbosch

en die Vrystaat. Indien julle weet van studente wat graag so betrokke sal wil raak, laat weet

asseblief vir Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, by ernst@afriforum.co.za

of 082-2640953.

DINSDAGFORUM OP SOLIDARITEIT RADIO

Onthou dat julle deur middel van die internet kan luister na Solidariteit Radio – besoek

www.solidariteitradio.co.za om in te skakel. ʼn Program van tussen ʼn halfuur en ʼn uur word

elke weeksdag vanaf 13:00 op die internet radiostasie aangebied. Op Dinsdae se

DinsdagForum praat AfriForum se Kallie Kriel en Alana Bailey oor burgerregte en meer

spesifiek oor AfriForum se veldtogte en sake soos misdaadbekamping, naamsveranderinge,

diskriminasie in sport, remigrasie, geskiedenis, ander Afrikaanse kultuurorganisasies en vele

meer. Ondersteun ons asseblief!

Alana en Kallie in die Solidariteit Radio-ateljee.

10

Al die programme van Solidariteit Radio wat reeds uitgesaai is, kan ook vanaf die webblad

www.solidariteitradio.co.za op ʼn CD of MP3-speler afgelaai word. Jy kan enige tyd na

Solidariteit Radio se programme luister deur www.solidariteitradio.co.za te besoek, op

“Luister Weer” te kliek en dan die programme af te laai. Die webwerf word tans aangepas

sodat besoekers kan sien presies met wie tydens elke program gesels is.

Kallie en Alana ken ook weekliks die Hoender- en die Bul-toekenning toe. Die Hoender gaan

aan die persoon of instansie wat die voorafgaande week getoon het dat hy/sy/dit vere voel vir

burgerregte, terwyl die Bul gaan aan iemand wat ʼn uitsonderlike bydrae op die gebied

gelewer het. Nominasies vir die weeklikse Hoender- en Bul-toekennings is welkom en kan

gestuur word aan afriforum@afriforum.co.za.

SPESIALE AANBOD VIR ONS LEDE

Professor Fransjohan Pretorius en Hennie van der Merwe se DVD oor Generaal Koos de la

Rey is steeds beskikbaar. Dit het ʼn tydsduur van 45 minute en is in PAL-formaat.

Normaalweg is die koste van die DVD R120-00 plus R20-00 posgeld elk, maar AfriForum

bied dit aan ons lede teen R80-00 as u dit self kom afhaal by ons in Kloofsig en R100-00

(posgeld en verpakking ingesluit) as ons dit aan u pos. AfriForum maak geen wins uit hierdie

verkope nie en bied dit teen kosprys aan u aangesien ons die DVD so wyd as moontlik

versprei wil sien.

Linda Cronjé hanteer die bestellings van die

De la Rey-DVD.

Om te bestel:

• Skakel ons by 086-10-200-30 en reël om te kom haal & betaal by ons kantoor in Kloofsig;

• Betaal R100-00 in ons bankrekening in (Absa, “AfriForum”, takkode 632005, lopende

rekeningnommer 40-6681-9334), merk die deposito met “DVD” en u naam, en faks die

bewys van die betaling en u posadres aan ons by 012-6641281, of e-pos dit aan

afriforum@afriforum.co.za.

Onthou asseblief dat u “DVD” en u naam as verwysing by “Deposito verwysing” moet meld.

Alle deposito’s sonder verwysings sal as donasies beskou word. Dit is ongelukkig nie

voldoende om u naam by “Inbetaal deur” te meld nie, dit is vir Absa se doeleindes en ons het

nie toegang tot daardie inligting nie.

ALGEMENE NUUS

NUUT! KREDIETKAART BETAALOPSIE VIR LEDE

Lede kan nou ook reël dat hulle maandelikse debietorders van ʼn kredietkaartrekening afgaan.

Indien jy jou debietorder van ʼn tjek-, spaar- of transmissierekening na ʼn kredietkaartrekening

wil wysig, laat ons asseblief weet by afriforum@afriforum.co.za of 086-10-200-30.

11

LEDE-INLIGTING

Ons herinner lede om ons asseblief te laat weet as adres- of bankbesonderhede verander

deur ons by afriforum@afriforum.co.za, of tel: 086-10-200-30 te kontak. Noem asseblief jou

ID- of AfriForum-ledekaartnommer as verwysing.

INFINITY-LOJALITEITSPROGRAM

Die vennote van die Infinity-lojaliteitsprogram verander voortdurend. Jy kan altyd by

www.infinityrewards.co.za of 086-123-4000 uitvind wie tans vennote van die program is.

Enige vrae oor die eis van voordele, moet asseblief direk aan Infinity gerig word.

PROJEK 5 000 [2]

Nogmaals baie dankie aan al ons lede vir julle ondersteuning! Die reeks suksesse wat

AfriForum reeds behaal het, sou nie moontlik gewees het sonder maandelikse lede-bydraes

soos julle s’n nie. Hoe meer lede AfriForum het, hoe meer kan ons vermag. AfriForum se

eerste Projek 5 000, wat daarop gemik was om 5 000 bykomende lede te werf, was ’n reuse

sukses en die teiken is behaal! Na AfriForum se regspan se oorwinnings om onder meer te

verseker dat die SAUK TV-nuus weer na Pretoria (en nie “Tshwane” nie) verwys, die

hofuitspraak in AfriForum se guns dat die burgemeester van Standerton die Groot Trekgedenkplaat

moet herstel wat sy beskadig het en die oorwinning in die Konstitusionele Hof

wat verseker het dat Suid-Afrikaners in die buiteland aan vanjaar se verkiesing kon

deelneem, is daar nog ’n reeks veldtogte wat gevoer moet word. Dit sluit onder meer in:

• ʼn Veldtog teen misdaad, wat regsoptrede teen die regering insluit;

• ʼn Hofgeding teen die moontlike verandering van Pretoria en Potchefstroom se name;

• Aksies om volgehoue hoëgehalte onderwys in Afrikaans te verseker;

• Regsaksie teen politieke inmenging in sport;

• AfriForum 911 – ʼn gratis gemeenskapsdiens vir noodgevalle;

• Regsaksie oor die nuwe Wapenwet;

• Jeugaksies teen regstellende aksie; en vele meer.

Om hierdie veldtogte te finansier en nog meer aan te pak, het AfriForum besluit om ’n tweede

Projek 5 000 te loods om nog 5 000 bykomende lede te werf. Jy kan hiermee help! Dit is

natuurlik vrywillig, maar indien jy wil help, kan jy vir ons ’n lys name en telefoonnommers

stuur van vriende en familie wat na jou mening sterk voel oor die sake wat AfriForum aanpak,

en moontlik bereid sal wees om ook aan te sluit. Ons sal die persone self skakel en hulle

telefonies probeer aansluit. Stuur asseblief soveel name as wat moontlik is. Jy kan die name

onder invul en die vorm aan ons pos (Posbus 17216, Lyttelton, 0140), faks (012-664-1281),

of e-pos (afriforum@afriforum.co.za). By voorbaat baie dankie!

MOONTLIKE LEDE

Naam: Telefoonnommer (verkieslik selnommer):

1)............................................................................ ....................................................................

2)............................................................................ ....................................................................

3)........................................................................... ....................................................................

4)........................................................................... ....................................................................

5)........................................................................... ....................................................................

AfriForum se kontakbesonderhede:

Besoek www.afriforum.co.za – die webwerf word daagliks bygewerk!

Epos: afriforum@afriforum.co.za Telefoonnommer: 086-10-200-30 Faks: 012-664-1281

Posbus 17216, Lyttelton, 0140

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!