Kliek hier - Hoërskool Kempton Park
Kliek hier - Hoërskool Kempton Park
Kliek hier - Hoërskool Kempton Park
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
W W W . K E M P I E S . C O . Z A 14 Maart 2013

Uitgawe 5

Uit die Hoof se kantoor . . .

Geagte Ouers

Die gemeenskap en skool

dra swaar aan die hartseer

wat so gereeld op ons pad

kom. Me. Anneke du Plooy,

onderwyseres by die skool,

se man, Jako, is verlede

week aan ‘n hartaanval

oorlede. Ons verstaan hierdie

swaar nie en het nie insig

in die groter plan van

God met ons lewens nie,

maar ons hou net vas aan

sy belofte dat Hy met ons

is, al loop ons deur ‘n dal

van doodskaduwee. Ons

bid vir die Du Plooy-familie

met die hartseer wat hulle

moet hanteer.

Fondsinsameling

Met die NuPower/Tuksreeks,

wat ons nou speel, is

daar ‘n aardige prys of twee

te wen met die kaartjies wat

die kinders verkoop. Eerstens

is daar die kontantbedrag

wat ‘n gelukkige

leerder kan wen, tweedens

is daar die Harley

Davidson-motorfiets wat die

houer van die gelukkige

kaartjie kan wen. As u nie

motorfiets ry nie, sal daar

verseker iemand wees wat

dit by u sal oorneem. Elke

leerder in die skool het ‘n

boekie met 10 kaartjies

gekry wat verkoop moet

word. Bring elke kind sy

kant, sal ons ‘n maklike

R140 000 vir die skool

insamel.

Dié geld wil ons aanwend

om die badkamers vir die

publiek agter die pawiljoen

op te gradeer. As u al van

die badkamers gebruik gemaak

het, sal u verstaan

dat dit ‘n nodige opgradering

is. Help ons deur u kind

aan te moedig om die kaartjies

van die hand te sit.

Sportwinkel

Die voorraad wat die sportwinkel

vir die sportspanneaanhou,

word deur Canterbury

gelewer. Die skool het

al sy bestellings betyds geplaas,

maar ongelukkig het

ons ‘n probleem met Canterbury

se afleweringsdatums

gehad. Hulle het net

laat weet die voorraad gaan

laat wees. Daarvoor bied

ons verskoning aan – dit is

buite ons beheer. Die twee

dames in die sportwinkel

kan net die boodskap

oordra en is nie verantwoordelik

dat Canterbury laat is

nie. Dit is onbillik om hulle

hieroor aan te vat. U geduld

in die verband sal waardeer

word. Ons probeer die

saak so spoedig moontlik

oplos.

Gideons besoek die skool

Die afgelope Maandag het

die Gideons die skool besoek

en aan elke nuwe

leerder in die skool ‘n gratis

Nuwe Testament oor-

handig. Ons is die beweging

opreg dankbaar dat hulle ons

elke jaar getrou besoek.

Rapporte

Met die toetsreeks wat

Woensdag eindig, kan u nou

reeds kennis neem dat die

leerders hulle rapporte op

18 April sal ontvang en die

oueraand is 23 April van

17:00 tot 19:00 by die skool.

Ten slotte

Die eerste kwartaal is so te

sê iets van die verlede. As

ons terugkyk, is daar baie om

voor dankbaar te wees, maar

net so is daar ‘n klomp aanslae

teen die skoolgemeenskap

wat ons in geloof moet

afweer. Bid saam met my vir

die Here se hand van beskerming

en bewaring vir elke

Kempie, personeellid en ouer

– vir elke gesin betrokke.

Ons is van sy genade afhanklik

vir elke dag se oorlewing.

Die volgende Kempie Klets

verskyn op 18 April in die

tweede kwartaal .

Kempie-groete

Roelof Burger

(Skoolhoof)
NUPOWER/

TUKSREEKS

Kempies se eerste wedstryde

in dié reeks het

baie goed teen H/S

Ermelo afgeskop. Die uitslae

is as volg:

Rugby

O/14B wen 80-0

O/14A wen 40-0

O/15B wen 45-0

O/15A wen 65-0

O/16B wen 75-0

O/16A wen 72-0

Derdes wen 45-0

Tweedes wen 35-0

Eerstes wen 24-6

Atletiek

Bladsy 2

Netbal

O/14A verloor 14-20

O/14B wen 19-6

O/15A wen 29-12

O/15B wen 14-8

O/16A wen 32-5

O/16B wen 31-1

O/17A wen 21-5

O/19A wen 29-16

O/19B wen 19-10

Hokkie –dogters

O/14A verloor 1-3

O/14B wen 4-0

O/15A wen 0-7

O/15B verloor 0-1

O/16A verloor 0-4

O/16B wen 4-0

1stes verloor 0-1

2des verloor 0-7

Hokkie-seuns

O/14 verloor 0-8

O/16 verloor 0-4

1stes verloor 0-4

SPORT

INTERHOËR : ALGEHEEL DERDE

Verlede week is die jaarlikse Super-interhoër vir die onderskeie

bonde afgehandel. Kempies neem in die A-bond deel

en Kempies se dogterspan kon daarin slaag om die Abond

te WEN. Die skool was algeheel derde in die Abond.

Kempies het ’n totaal van 62 medaljes verower wat

bestaan uit 21 goues, 19 silwer en 22 brons medaljes.

Eckhardt Rossouw het ’n besondere prestasie verwerf toe

hy as senior victor ludorm van die kompetisie aangewys is .

GAUTENG KAMPIOENSKAPPE

Kempies het vanjaar weer skitterend op die atletiekbaa

vertoon. Na die Gauteng kampioenskappe is 11 atlete ingesluit

in die Gautengspan wat in Oos-Londen aan die SA

skolekampioenskappe gaan deelneem.

Hulle is:

Nadine Teesen DO/19 Verspring, 5,31

Cindy von Ahlenfeldt DO/15 200m 25.4 en 400m 56.16

Echardt Rossouw SO/17 200m 21.92 en 400m 48.01

Tiffani Bell DO/17 2000mHindernis 8,05.21 en 3000m

Ryno Blom SO/15 gewigstoot 15,82m

Elzaan van Tonder DO/15 gewigstoot 13,3 en diskus 37.42

Geraldine Duvenage DO/19 gewigstoot 14.10 en diskus

48.45

Anuschka J van Vuuren DO/17 200m en 100m 12,67

Teneal Nel DO/15 100m 12.79 en 90mH

Monique Wagner DO/17 gewigstoot 15.70

Chrizanne Markram DO/19 100m 12.77 en 100mH 14.67

MUURBAL

In die ligawedstryde was die uitslae as volg:

Kempies 3 verloor Springs Boys 1 : 6-8

Kempies 4 verloor Springs Boys 3 : 5-10

Kempies 1 wen Woodlands 1: 12-0

Kempies 2 wen Hans Moore 1 :8-7

TENNIS

Die eerste spanne speel in ’n vriendskaplike wedstryd

teen Volkskool Heidelberg. Die tellings is as volg:

Dogters enkels verloor 16-29

Seuns enkels wen 35-10

Dubbels gemeng wen 44-27

LUGGEWEER SKIET

Ons het vanjaar reeds 25 skuts wat oefeninge bywoon, en

klaar 18 skuts wat reeds geaffilieer het by SA Skole skutters,

wat ons op die stadium die grootste Skole span vir

Oos-Gauteng gaan deelneem. Die eerste kompetisie is

die 16de Maart.

Die afgelope naweek het twee skuts aan die SAARA

Noord – Kaap kampioenskappe in Douglas,

Tanya Snyders het haar Protea kleure ontvang en is deel

van die Junior Protea span wat 8 – 17 Junie in Duitsland

gaan deelneem.

Chantelle Botha is gekies vir die Ontwikkelingspan wat

saam gaan toer Duitsland toe.

SENTRAAL GAUTENG KAMPIOENSKAPPE

By die Sentraal-Gauteng Kampioenskappe het die volgende

Kempies medaljes verower:

1ste plekke

Monique Wagner DO/17 gewigstoot 14.95 1200

Tiffani Bell DO/17 2000mhindernis 7.09.20 870

Echardt Rossouw SO/17 200m 21.90 945 en 400m 48.08

1000

Cindy von Ahlenfeldt DO/15 200m 25.08 980 en 400m

57.02 1005

Elzaan van Tonder DO/15 gewigstoot 13,6 1030 en diskus

36.52 1010

Chrizanne Markram DO/19 100mH 14.2 885

Geraldine Duvenage DO/19 diskus 49.96 960

Tiaan Jacobs SO/19 800m 1,15.96 985

2de plekke

Yster Louw SO/17 800m 1,54.06 1110

Geraldine Duvenhage DO/19 gewigstoot 14,14 915

Johan Marais SO/15 diskus 50.10 1005

Monique Stander DO/19 800m 2,12.14 940

3de plekke

Michaella Tyrell DO/15 1500m

Ryno Blom SO/15 Gewigstoott 15.91m 955

Carla du Randt DO/15 800m 2.17.43 955

Sherica van Graan DO/17 400mH 66.21

K EM PIE K LET S
Die derde liefdestaal:

GESINSPITKOS

GEHALTETYD

Om vir jou tiener gehaltetyd te gee, is om vir hom/haar ‘n stukkie van jou lewe te gee. Gehaltetyd beteken

om vir jou tiener jou onverdeelde aandag te gee. Die belangrikste aspek van gehaltetyd is saamwees.

Saamwees het te make om in voeling wees te wees met mekaar.

Wat beteken dit om ‘in voeling’ te wees met jou tiener? Dit beteken dat jou tiener voel dat hy die middelpunt

van jou aandag is. Dit beteken nie dat elke gesprek met jou tiener diep en indringend moet wees

nie. Dit beteken egter dat die ouer doelbewus deur oogkontak, woorde, aanraking en lyftaal kommunikeer

dat die tiener belangriker is as wat die gebeurtenis is.

Gehaltetyd sluit gehaltegesprekke in. Met gehaltegesprekke word bedoel dat daar ‘n gesprek tussen

ouer en kind plaasvind waar elkeen vry is om hulle belewenisse, gevoelens, gedagtes en begeertes met

mekaar te deel in ‘n atmosfeer van vriendelikheid en aanvaarding. Dit beteken dat ouers moet leer om

regtig met hul tieners te praat en nie bloot te praat in die teenwoordigheid van die tiener nie.

Riglyne vir gehaltegesprekke:

• Behou oogkontak terwyl jy met jou tiener praat.

• Moenie iets anders doen terwyl jy na jou tiener luister nie.

• Probeer agterkom hoe jou tiener voel.

• Let op na jou kind se lyftaal.

• Moenie jou kind in die rede val nie.

• Maak seker dat jy reg verstaan om misverstande te vermy.

• Kommunikeer aanvaarding.

Gehaltetyd en gehaltegesprekke kan weer die gehalte in ouers en hul tiener se verhouding terugbring.

Dit is die moeite werd om die tyd te neem en werklik te luister as jou tiener praat!

Verwerk uit: Vyf tale van die liefde van Tieners, Gary Chapman.

ENGELSE DEBAT

Die Engelse debat het Saterdag aan die Engelse skole se debatliga deelgeneem

Die volgende leerlinge het deelgeneem:

Anri Swanepoel, Lian Smith, Twane Bester, Dylan Mogridge, Marissa Erlank.

Hulle het die eerste rondte teen Masithwalensane High gewen, tweede rondte

teen Waterstone College verloor en die derde rondte teen Benoni High gewen.

MNR. & MEJ. KEMPIE

Ons mnr. en mej. Kempie-kompetisie vind môre-aand, 15 Maart 2013, in die skoolsaal plaas. Kaartjies

is binne twee dae uitverkoop.

Ons wens ons 42 finaliste baie sterkte vir die geleentheid toe en bedank solank graag al die organiseerders,

borge, ouers en ondersteuners wat ons help om van dié aand ‘n sukses te maak.

UIT GAW E 5 Bladsy 3
FINANSIES

Dankie aan al die ouers wat so pligsgetrou

hul skoolfonds betaal.

Betalings kan geskied via die internet,

kontant inbetalings of selfs die kaartfasiliteit

by die skool se finansieskantoor

te gebruik.

Ouers moet daar op let om

GROOT ASSEBLIEF die leerders se

TOELATINGSNOMMER as verwysing

met interbetalings te gebruik .

Ons verwelkom ook

vir René Meyer by

die finansies.

ADVERTENSIES & ALLERNEI

BRIEWE VIR

LEERLINGE EN

BESTUURSAFSPRAKE

Die Verkeersdepartement het ‘n projek

spesiaal vir die skoolleerlinge van Kempton

Park geloods. Indien hul ‘n brief van die skool

saam met hul neem, kan hulle op Saterdae

toetsdatums vir hul leerlinglisensies en

bestuurstoetse kry.

Leerling kan dié briewe by

Me Maryke Joubert in die kantoor

kom afhaal.