06.05.2013 Views

KUNSVOEDING* - SAMJ Archive Browser

KUNSVOEDING* - SAMJ Archive Browser

KUNSVOEDING* - SAMJ Archive Browser

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

720

N 34

S.A. MEDICAL JOURNAL

(Supplement-SoUTh African Journal of Nutrition)

KUNSVOEDING*

P. J. PRETORIUS, M.MED. (PAED.), M.D., Departement Kindergeneeskunde, Universiteit van Pretoria

Sedert die kunsmatige voeding van babas in vorige publikasies,,2

bespreek is, het daar verskeie nuwe ontwikkelinge

op die gebied plaasgevind. So het daar onder andere

verskeie nuwe babavoedings gedurende die afgelope paar

jaar hul verskyning gemaak. Een of 2 produkte is uit

die handel onttrek en mineraal- en vitamientoevoegings

is in die geval van sommige babavoedings gedoen.

Verder staan metrisering voor die deur en dit is wenslik

dat geneeshere en verpleegsters, ook wat die voorskryf

van babavoedings betref, so gou moontlik na die metrieke

stelsel oorskakeI. Trouens, die dosente aan universiteite is

reeds in kennis gestel dat aile onderrig van studente voortaan

(vanaf begin 1970) deur middel van die nuwe stelsel

moet geskied.

Om hierdie redes is gevoel dat dit moontlik 'n nuttige

doel kan dien om die onderwerp weer .eens te bespreek.

Die eenvoudigste voeding om voor te skryf is gekookte

beesmelk. Hoewel daar aangetoon is dat dit dikwels

moontlik is om babas reeds tydens die eerste paar dae

na geboorte met onverdunde melk te voed, is dit m.i.

wenslik om by die tradisionele gebruik te bly, nl. om die

melk te verdun in die verhouding van 2 dele melk tot

1 deel water. Suiker word dan bygevoeg om 5% van die

voeding uit te maak sodat die kaloriewaarde teruggebring

word na die oorspronklike 70 kaloriee/ 100 ml (20 kaloriee/

ons) wat deur moedersmelk (asook beesmelk) verskaf word.

Daar is aangetoon dat onverdunde beesmelkvoedings

kan bydra tot die ontwikkeling van neonatale tetanie:"

Tydens die neonatale tydperk bestaan daar 'n tydelike

fisiologiese hipoparatireose en voedings bestaande uit onverdunde

beesmelk kan, vanwee die groot hoeveelheid

fosfor wat dit bevat, aanleiding gee tot 'n verhoging van

die serumfosfor inhoud wat hipokalsemie en die ontstaan

van neonatale tetanie tot gevolg kan he. Dit is betekenisvol

dat die voorkomssyfer van neonatale hipokalsemie en

tetanie oor die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem

het."· Die waarskynlikste rede vir hierdie toename is die

hedendaagse neiging om baie groter voedings aan babas

tydens die eerste week na geboorte aan te bied as wat

vroeer die geval was:

Tydens die eerste paar weke na geboorte is die niere

funksioneel onryp en die vermoe om opgeloste stowwe

afkomstig van prote"ien en minerale uit te skei is beperk."

Die mineraalinhoud van beesmelk is ongeveer 4 maal hoer

as die van moedersmelk en dit bevat amper 3 maal soveel

proteien. Na bewering is hierdie verskil tussen moedersmelk

en beesmelk onder gewone omstandighede nie van

praktiese belang nie. Die verskil kan egter belangrik wees

as daar groot ekstra-renale verlies van water plaasvind,

soos gedurende 'n aanval van diarree, by koorstoestande

of tydens baie warm weer die geval is' Toediening van

groot hoeveelhede onverdunde melkvoedings kan, onder

hierdie omstandighede, meewerk tot die ontstaan van

hipertoniese dehidrasie (hipernatremie).· Hierdie toestand

is baie ongewens want dit kan onder andere 'n diffuse

ensefalopatie en veelvuldige klein breinbloedinkies of

trombose in die bloedvate van die brein veroorsaak wat

'Ontvang op 29 April 1970.

20 June 1970

permanente breinskade tot gevolg kan he.'

Daar is ook aangetoon dat melkvoedings wat nie genoegsaam

verdun is nie die uitskeiding van silinders in die

urien van prematuurbabas kan veroorsaak.' Van hierdie

babas het ook verskeie kliniese manifestasies ontwikkel,

insluitende lomerigheid, anoreksie, hipotonie, aanvalle van

asemhaiingstilstand en dikwels edeem. Die bloedureum het

ook verhoog en metaboliese asidose het ingetree.' Al

hierdie verskynsels is opgehef nadat oorgeskakel is na

voedings met 'n laer mineraalinhoud.

Oor die algemeen blyk dit dus wenslik te wees om, ten

minste tydens die eerste paar lewensweke, by die tradisionele,

verdunde voedings te hou. Die veranderinge wat

by jong babas kan intree a.g.v. die inname van onverdunde

vars beesmelk kan vanselfsprekend ook ontstaan indien

ingedampte melk en melkpoeiers (vol-, halfroom- en

afgeroomde melkpoeiers) in volsterkte aangemaak word.

Die elektrolietgebalte van die meeste van die gemodifiseerde

melkpoeiers (o.a. SMA, S-26, Nan, Bremil, Lactogen)

is egter baie laer as die van beesmelk en word in votsterkte

voorgeskryf.

In vorige publikasies,,2 is die aandag gevestig op die

bevindings van Amerikaanse werkers"'o wat daarop gedui

bet dat aangesuurde melkvoedings nadelig vir premat'llurbabas

\i;on wees. Daar is gevind dat die gewigstoename van

die babas wat aangesuurde melk ontvang het, swakker was

as die van kontrolegevalle en dat daar 'n metaboliese asidose

ingetree bet. Europese ondersoekers",12 kon egter nie

die resultate van die Amerikaanse werkers bevestig Die en

bet die aandag daarop gevestig dat die suurgraad van die

voedings wat in die V.S.A. uitgetoets was, veel boer was

as die wat gewoonlik vir prematuurbabas voorgeskryf

word. Hoewel die metaboliese asidose wat by prematuurbabas

in die neonatale tydperk voorkom ook wei by hulle

pasientjies vererger het, is geen nadelige kliniese geVQlge

waargeneem nie en was die gewigstoename bevredigend.

Dit kom dus voor asof daar geen rede is waarom bierdie

tipe voedings nie aan 'gesonde' prematuurbabas voorgeskryf

kan word nie. Daar bestaan, na my wete, egter

geen oortuigende bewyse dat aangesuurde voedings enige

besondere voordele vir .prematuurbabas inhou nie. Indien

daar egter probleme a.g.v. gastroi"ntestinale infek;sies in

gevalle van prematuurbabas en pasgeborenes in hospitale

en kraaminrigtings bestaan, kan aangesuurde melkvoedings

moontlik van waarde wees vir die voorkoming van kruisinfeksies.

Daar moet egter onthou word dat hoewel aangesuurde

voedings, volgens die bevindings van die Europese

werkers,",12 nie nadelig was vir 'gesonde' prematuurbabas

nie, dit nie noodwendig so in die geval van siek prematuurbabas

hoef te wees nie. Dit lyk onwaarskynlik dat

hierdie tipe voedings voordelig sal wees vir prema·tuurbabas

wat reeds 'n erge asidose het as gevolg van by. die

respiratoriese noodsindroom of gastroenteritis.

Dit is twyfelagtig of aangesuurde melkvoedings enige

besondere voordele vir gesonde babas inhou, aangesien

daar nie oortuigende bewyse bestaan nie dat hierdie

voedings beter verteerbaar is as die ander geprosesseerde

20 Junie 1970

melksoorte (melkpoeiers en ingedampte melk). Daar bestaan

egter geen rede waarom 'n moeder nie van aangesuurde

melkvoedings gebruik kan maak nie indien sy

verkies om haar baba daarmee te voed. Na bewering bied

die suurgehalte van hierdie voedings 'n mate van beskerming

teen gastroIntestinale infeksies. 13 Daar kan dus

'n saak uitgemaak word vir die gebruik van aangesuurde

voedings soos Pelargon vir babas wat onder swak higieniese

omstandighede verkeer.

Wanneer 'n kunsvoeding voorgeskryf word, moet die

geneesheer 3 vrae' aan homself beantwoord, nl.: Hoeveel

vog (totale voeding) rooet die baba ontvang? Watter soort

voeding moet voorgeskryf word? Watter vitamien- en

ander supplemente moet die baba ontvang? Dit is belangrik

dat die geneesheer moet weet watter voedings reeds

toegevoegde vitamiene en yster bevat.

Die normale, gesonde baba benodig ongeveer 150 - 180

ml vogjkg liggaamsgewigjdag (by benadering 2t - 3 onsej

lbjdag). As 'n baba dus 4 kg (l kg = 2·2 lb) weeg sal sy

behoeftes waarskynlik tussen 600 ml (4 x 150 ml) en

720 ml (4 x 180 ml) wissel. Die syfer 150 ml (of 180 ml)

dien slegs as rigsnoer. Sommige babas sal meer wil he

en ander sal met minder tevrede wees.' Die belangrikste

maatstawwe van suksesvolle kunsvoeding is of die baba

se eetlus bevredig word en of daar bevredigende gewigstoename

is. Vanaf die tyd waarop die baba sy geboortegewig

herwin het (ongeveer 10 - 14 dae na geboorte) tot

aan die einde van ongeveer die 3e of 4e maand behoort

die baba gemiddeld nagenoeg 30 g (ongeveer Ions) per

dag in gewig toe te neem. Hierdie syfer is egter slegs 'n

gemiddelde wat baie van baba tot baba kan wissel.

Dit is raadsaam om die voedings vir gesonde babas

so aan te maak dat dit, net soos moedersmelk, ongeveer

70 kaloriee/lOO ml (20 kalorieejons) verskaf. As die

voeding dan aangebied word in 'n hoeveelheid van 150

mljkg liggaamsgewigjdag, sal die baba ongeveer 105

kaloriee per kg liggaamsgewig ontvang, m.a.w. daar sal

dan outomaties aan sy kaloriebehoeftes (100 - 115 kaloriee

jkg liggaamsgewigjdag) voldoen word.

DIE VERSKILLENDE VOEDINGS WAT GEBRUIK KAN WORD

S.-A. MEDIESE TYDSKRIF

(Byvoegsel-Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Voeding)

Beesmelk

Soos reeds gemeld, word beesmelkvoedings aangemaak

deur die melk te verdun in die verhouding van 2 dele melk

tot 1 deel water en 5% suiker toe te voeg. As 'n baba 6 kg

weeg, kan sy daaglikse vogbehoefte bereken word op

ongeveer 900 ml (6 x 150 ml)jdag. Die voeding sal dan

soos volg saamgestel word:

Melk: 600 ml (ongeveer 20 vloeibare onse)

Water: 300 ml (ongeveer 10 vloeibare onse)

Suiker: 45 g (ongeveer It ons) (9 afgeplatte teelepels)

Om 'n voeding aan te maak wat 5% suiker bevat, moet

daar vanselfsprekend 5 g (ongeveer 1 plat teelepel) suiker

by elke 100 ml van 'n voeding gevoeg word. Daar moet

toegesien word dat daar van die regte grootte teelepel gebruik

gemaak word, nl. die 'groot' teelepel wat 5 ml water

hou. Nadat die metrieke stelsel in werking tree, sal die

standaard maat (waarskynlik genoem 'n minimaat of

-lepel) wat vir die toediening van medisyne gebruik sal

word 'n volume van 5 ml he. Van hierdie mate sal seker

in elke huishouding beskikbaar wees en dit sal misverstand

voorkom as dit gebruik word om die suiker mee af te

6

ldealmelk

6·5

8-0

10·0

1·5

74-0

Geen

Camationmelk

6·8

8·0

9·7

1·5

74-0

Vitamiene A

en D-, yster

Til

V 35

meet. In plaas van suiker kan daar ook van dekstrienmaltose

gebruik gemaak word. Hierdie preparaat, wat

duur is, hou m.i. egter geen voordele bo gewone rietsuiker

in nie.'" Indien dit voorgeskryf word, moet daar

egter op gelet word dat dit byna die helfte ligter as suiker

is en dat 2 plat teelepels by elke 100 ml van die voeding

gevoeg moet word om 'n 5% oplossing te verkry. In plaas

van vars beesmelk kan gesteriliseerde melk soos Sterovita

gebruik word. Dit hoef nie weer gekook te word nie.

Babas wat vars- of gesteriliseerde melkvoedings ontvang,

moet 'n daaglikse vitarniensupplement ontvang. Daar moet

toegesien word dat die baba daagliks ten minste 30 mg

vitamien C en 400 I.B. vitamien D kry. Soos reeds bespreek

in vorige publikasies,'" is dit egter wenslik dat die

baba, afgesien van vitamiene C en D, ook addisionele

vitamiene A en B-kompleks moet ontvang. Daar behoort

dus toegesien te word dat die baba 'n t - 1 teelepel van

een van die multivitamienstrope (of 0·3 - 0·6 ml in die

druppelvorm) ontvang.

lngedampte Melk (ldeal-melk, Carnation-melk) (Tabel I)

Ingedampte melk is eintlik dubbelsterkte beesmelk aangesien

dit beesmelk is waarvan die volume deur middel

van hittebehandeling met ongeveer die helfte verminder

isY Dit is goed verteerbaar en baie geskik vir babavoeding.

Dit word met gelyke hoeveelhede water verdun

om die ekwivalent van gewone beesmelk te verkry. 'n

Voeding bestaande uit 1 deel (en nie 2 dele nie soos in die

geval van gewone melk) ingedarnpte melk en 2 dele water.

is dus die ekwivalent van 'n voeding wat uit 2 dele vars

melk en een deel water bestaan. As 'n baba 4 kg weeg sal

sy daaglikse vogbehoefte ongeveer 600 ml (4 x 150 ml)

wees. Die voeding kan dan soos volg bereken word:

Ingedampte melk: 200 ml (die ekwivalent van 400 ml

vars melk)

Water: 400 ml

Suiker: 30 g (6 plat teelepels; 1 teelepelj 100 ml om 'n

5% oplossing van suiker te verkry)

Volgens die vervaardigers word die vitamiengehalte van

die melk glad nie of slegs minimaal deur die vervaardigingsproses

beinvloed. Geen addisionele vitamiene of yster

word tydens die vervaardigingsproses by Ideal-melk gevoeg

nie. Elke blikkie Carnation-melk (inhoud 411 g)

bevat egter 'n supplement van 2000 I.E. vitamien A, 400

vitamien D en 12 mg yster. Indien hierdie produk voorgeskryf

word, moet daar toegesien word dat die baba ten

minste vitamien C en liefs ook vitamien B-kompleks in

die vorm van 'n supplement ontvang.

TABEL 1. PERSEl'.'TASIESAMESTELLING VAN INGEDAMPTE MEIX

Bestanddeel

Proteien (%)

Vet (%)

Koolhidraat (%)

Minerale (%)

Water (%)

Vitamien- en mineraaltoevoegings

Versoete

ingedam]ite

melk

8·0

7·6

56·]

1·8

26·5

Geen

Gemodifiseerde lngedampte Melk

Hierdie tipes ingedampte melk is gemodifiseer deur die

toevoeging van 45% rietsuiker (Tabel 1). Aangesien dit

722

N 36

ook 11·1 % laktose bevat is die totale koolhidraatinhoud

56·1 %. As gevolg van hierdie groot hoeveelheid suiker

wat toegevoeg word, is die kaloriewaarde (ongeveer 430

kalorieej 100 ml) meer as 3 maal hoer as die van gewone

ingedampte melk. Versoete ingedampte melk is 'n ongebalanseerde

voeding en m.i. nie geskik vir babavoeding

me.

Melkpoeiers (Tabel II)

Die melkpoeiers wat vir babavoeding gebruik kan word,

bestaan uit die volgende 3 tipes:

1. Die volroommelkpoeiers (bv. Klim, Nespray):

kaloriewaarde nagenoeg 500 kalorieej 100 g droe poeier.

2. Halfroommelkpoeiers (bv. Semilko, Dryco, Eledon):

kaloriewaarde ongeveer 370 kaloriee j 100 g droe poeier.

3. Afgeroomde melkpoeiers (bv. Instamel, Skimco):

kaloriewaarde ongeveer 370 kaloriee/ 100 g droe poeier.

Dit is baie maklik om melkpoeiervoedings voor te

skryf as onthou word dat melkpoeier uit melk bestaan

waarvan feitIik al die water afgedamp is. Om die ekwivalent

van vars beesmelk te verkry, moet daar 1 deel

melkpoeier by 7 dele water gevoeg word, m.a.w. melkpoeier

is ongeveer 7 keer meer gekonsentreerd as vars

beesmelk.

Waar melkpoeiers voorgeskryf word, is dit die maklikste

om die voeding eers uit te werk asof 'n mens vars

melk gaan gebruik en die resuItaat dan om te reken.

Veronderstel 'n baba weeg 6 kg en 'n volroommelkpoeier

word voorgeskryf. Aanvanklik word die totale daaglikse

voeding dan bereken op 900 ml (150 ml x 6). As dit vars

rnelk was, sou die voeding bestaan het uit 600 ml melk en

300 ml water met 5% (45 g) suiker daarby. Al wat dus

gedoen moet word, is om die ekwivalent van 600 ml vars

melk in die vorm van melkpoeier te gee. Aangesien I

deel melkpoeier per 7 dele water ongeveer die ekwivalent

van vars melk is, beteken dit dat ongeveer 86 g melkpoeier

die ekwivalent van 600 ml vars melk (86 gram x 7) is.

Die voeding word dus soos volg voorgeskryf:

Volroommelkpoeier: 86 g (kaloriee: 430)

Water: 900 ml

Suiker: 45 g (kaloriee: 180)

Aangesien 1 g volroommelkpoeier ongeveer 5 kaloriee en

1 g suiker ongeveer 4 kaloriee verskaf, sal die voeding dus

ongeveer 100 kaloriee/kg liggaamsgewig verskaf. Die

volume van hierdie mengsel sal ietwat meer as 900 ml

wees, maar dit maak natuurlik glad nie saak nie. Soos

reeds gemeld, sal party babas meer neem as 150 ml of

selfs 180 mljkg liggaamsgewigjdag. Indien dit die geval

is, word die voeding in dieselfde verhouding vermeerder.

(a) Volroommelkpoeiers (bv. Nespray, Klim). Net soos

in die geval van babas wat vars melk ontvang, moet 'n

S.A. MEDICAL JOURNAL

(Supplement-Soueh African Journal of Nutrition)

20 June 1970

daaglikse vitamiensupplement saam met die volmelkpoeiervoedings

gegee word. Klim bevat geen toevoegings

nie. By Nespray word 1500 I.E. vitamien A en 322 I.E.

vitamien Dj 100 g poeier gevoeg sodat daar sorg gedra

moet word dat die baba wat hierdie voeding ontvang ten

minste addisionele vitamien C en liefs ook- vitamien Bkompleks

ontvang.

'n Nadeel van die volroommelkpoeiers is dat daar geen

maat in die blik ingesluit word nie. In die geval van

Nespray is daar egter 'n spesiale maat op aanvraag van

die NestIernaatskappy beskikbaar. Die maat bestaan uit

2 gedeeItes wat aanmekaar verbind is. Die klein maat se

volume is 5 ml (wat 2·5 g poeier hou) en die groot maat

se volume is 20 ml (wat 10 g melkpoeier hou). Hierdie

maat is dus groter as die gewone huishoudelike eetlepe1

wat 'n volume van 15 ml het en ongeveer 7·5 g melkpoeier

hou. Daar moet dus gewaak word teen misverstand tussen

die geneesheer of verpleegster en die moeder wanneer

Nespray voorgeskryf word indien daar van eetlepels gebruik

gemaak gaan word om die hoeveelheid melkpoeier

af te meet. Een afgeplatte huishoudelike teelepel (die tipe

wat 5 ml water hou) bevat ongeveer 2·5 g melkpoeier,

terwyl een afgeplatte eetlepel (die tipe wat 15 ml water

hou) ongeveer 7·5 g melkpoeier hou. Huishoudelike Iepels

verskiI baie in grootte; daar moet dus seker gemaak word

dat die regte grootte gebruik word anders sal die voeding

te flou aangemaak word. Die voeding vir die baba van

6 kg behoort dus soos volg voorgeskryf te word:

Volmelkpoeier: 86 g (ongeveer 11 plat eetlepels aangesien

1 eetlepel ongeveer 7·5 g melkpoeier hou)

Water: 900 ml

Suiker: 45 g (9 plat teelepels d.w.s. I plat teelepelj 100 mI

water)

Die 86 g melkpoeier is die ekwivalent van ongeveer 600 mI

vars melk (86 g x 7). Hierdie voeding is dus die ekwivalent

van 'n voeding wat uit 2 dele vars melk (600 mI) en

1 deel water (300 ml) met 5'% toegevoegde suiker bestaan.

Sommige moeders verkies om elke voeding afsonderlik

aan te maak. Aangesien een afgeplatte standaard medisynemaat

of teelepel (met 'n volume van 5 rnl) ongeveer 2·5 g

melkpoeier hou, sal 'n verhouding van een teelepel melkpoeier

tot ongeveer 27 ml water die ekwivalent wees van

twee dele vars melk en een deel water. Om praktiese

redes word daar egter aanbeveel dat daar van 'n verhouding

van een teelepel melkpoeier tot 30 mI water

gebruik gemaak word. Die mengsel sal wet 'n bietjie flouer

wees as die ekwivalent van twee dele beesmelk en een

deel water, maar dit is nie van praktiese belang nie. As

'n baba dus 'n voeding van 180 mI op 'n keer moet ontvang,

kan die voeding soos volg voorgeskryf word:

Volmelkpoeier: 6 teelepels (die ekwivalent van 15 g

TABEL 11. SAMESTELLING VAN HALFROOM- EN VOLROOMMELKPOEIERS

Kool- Kaloriee/

Proteien Vet hidraat ·Minerale 100 g droe Vitamien-

Naam Tipe (%) (%) (%) (%) melkpoeier toevoegings

Semilko Halfroommelkpoeier 31·5 13 45·5 7 420 Vitamiene A en D

Dryco Halfroomrnelkpoeier 31·5 13 45·5 7 420 Vitamiene A en D

Eledon Aangesuurde halfroommelkpoeier

30·8 14 40 6·5 420 Geen

Nespray Volroommelkpoeier 26·2 28 38 5·8 500 Vitamiene A en D

Klirn Volroomrnelkpoeier 26·2 28 38 5·8 500 Geen

20 Junie 1970

melkpoeier en die ekwivalent van ongeveer 105 m]

(I5 g x 7) vars melk)

Water: 180 ml

Suiker: 2 plat teelepels (eintlik sal 1·8 teelepel 'n

5% oplossing verskaf maar die hoeveeIbeid word gerieflikheidshalwe

afgerond na 2 teelepels)

Hierdie voeding sal 64 kalorieeI 100 ml verskaf wat net

effens minder is as die 70/100 ml wat deur onverdunde

beesmelk voorsien word.

(b) Halfroommelkpoeiers (bv. Semilko, Dryco, Eledon).

In die houers van al 3 soorte is daar spesiale mate. Semilko

bevat 'n klein maat wat ongeveer 4 g melkpoeier hou. Dit

word aangemaak deur 1 maat melkpoeier by 30 ml (ongeveer

Ions) water te voeg wat dan die ekwivalent is

van halfafgeroomde vars melk. Dryco en Eledon bevat

elk 'n groot maat en om die ekwivalent van half afgeroomde

vars melk te verkry, moet een maat melkpoeier

by 60 ml water gevoeg word.

Aangemaak in volsterkte, word die ekwivalent van

halfafgeroomde vars melk verkry, m.a.w. melk waarvan

die helfte van die meIkvet verwyder is. Die mengsel sal

dus slegs ongeveer 55 kaloriee/100 ml verskaf in vergelyking

met die 70 kaloriee wat deur sowel moedersmelk

as beesmelk verskaf word. Gevolglik moet suiker of

dekstrien-maItose selfs by die volsterktemengsel gevoeg

word om die verIangde kaloriewaarde te verkry. Soos

reeds genoem, bevat een plat teelepel (wat 5 ml water hou)

ongeveer 5 g suiker. Een huishoudelike eetlepel (volume

15 ml) hou ongeveer 15 g suiker. Om 'n voeding te verkry

wat 70 kaloriee/100 m] verskaf, moet daar dus ongeveer

een plat teelepel suiker by elke 100 mI van die voeding

gevoeg word.

Semilko en Dryco bevat reeds die nodige aanvuIIende

vitamiene A en D sodat die baba wat hierdie voedings

S.-A. MEOltSE lYOSKRlf'

(Byvoegsel-511id-Afrikaanse Tydskrif vir Voeding)

723

V 37

ontvang addisioneIe vitamien C en liefs ook vitamien Bkompleks

moet ontvang. Semilko bevat ook toegevoegde

yster (4'4 mg/lOO g melkpoeier).

Eledon is 'n halfroommelkpoeier wat aangesuur is deur

inenting met melksuurbakteriee. Dit bevat geen toegevoegde

vitamiene nie sodat die baba daagliks 'n multivitamiensupplement

moet ontvang.

(c) Afgeroomde melkpoeiers. Daar is m.i. geen voordeel

in die gebruik van afgeroomde melkvoedings vir babas

nie.'" Baie geneeshere skryf afgeroomde melkvoedings

dikwels voor, onder andere vir babas met gastroenteritis.

Hierdie gebruik berus op die wanopvatting dat babas

dikwels onverdraagsaam teenoor vet is. Die aandag is

daarop gevestig dat die toediening van afgeroomde melkvoedings

aan babas met gastroenteritis, vanwee die hoe

elektrolietinhoud daarvan, die ontwikkeling van hipernatremie

kan bevorder. H

Daar is egter geen rede waarom afgeroomde meIk nie

aan ouer babas wat reeds 'n gemengde dieet ontvang,

voorgeskryf kan word nie, veral as die baba vetsugtig is.

Die verspreiding van afgeroomde melkpoeier onder

Bantoekinders bly ook steeds 'n belangrike maatreel vir

die bekamping van wanvoeding.'

Die Gemodifiseerde Melkpoeiers (Tabel Ill)

Die gemodifiseerde melkpoeiers sluit al die produkte in

wat uitsluitlik as babavoedings gebruik word. 'n Kenmerk

van al die produkte is dat daar, in teensteIIing met die

volmelkpoeiers en haIfroommelk:poeiers, geen addisionele

suiker of dekstrien-maItose bygevoeg hoef te word nie.

Almal is ook aangevul met yster en die belangrikste

vitamiene (Tabel Ill). AI hierdie poeiers word aangemaak

in die verhouding van 1 maat (wat in die blik is) poeier

tot 30 ml (ongeveer 1 vloeibare ons) water. Die mengsel

TABEL Ill. SAMESTELLlNG VAN SOMMIGE GEMODlFISEERDE MELKPOEIERS

Kool-

Naam Proteien Vet hidraat Minerale

Lactogen 16·9 24·2 53·1 3·6

Pelargon 16·5 17·0 56·9 3·7

Cow and Gate se

melkvoedsel 27·0 IS·5 45·6 6·4

Nan 12·5 26·0 56·5 2·3

S-26 12·0 2S·0 56·0 2·0

SMA

Bremil

BonimiI

7

11·9

11·7

12-9

27·7

27·5

24·5

55·4

55·4

55·0

3

3·1

4·S

BelangriksTe viTamien- en

mineraalToevoegings

Yster, vitamiene A, C, D, E,

BI , B" B" B12 , niasien, Capantotenaat,

foliensuur

Soos Lactogen

Yster, vitamiene A, B., B"

C, D, niasien

Yster, vitamiene A, B" B"

B" B", C, D, E, niasien,

foliensuur, Ca-pantotenaat

Yster, sink, jodium, vitamiene

A, C, D, E, B" B" Bc,

B", niasien, pantoteensuur,

foliensuur

Soos 5-26

Yster, vitamiene A, C, D,

E, BI , B" B., B", niasien,

Ca-pantotenaat, foliensuur

Yster, vitarniene A, BI , B"

Bc, B", C, E, D, niasien

Verhollding

maat per 30 m! water

maat per 30 m! water

maat per 30 ml water

maat per 30 m! water

I maat per 30 ml water

maat per 30 ml water

maat per 30 ml water

maat per 30 ml water

20 J unie 1970

Naam

Nutramigen

(poeier)

Mull-Soy (poeier)

Neo-Mull-Soy (gekonsentreerde

vloeistof)

Sobee (poeier)

Soy-Easy

Allergilac (poeier)

TABEL IV. SAMESTELUNG VAN SOMMIGE HIPOALLERGENIESE VOEDlNGS

Aard

Gehidroliseerde kaseien, stystel,

sukrose, mielie-olie,

minerale en vitamiene

Sojaboontjiemeel, soja-olie,

sukrose, minerale en vitamiene

Sojaboontjie-isolaat, sojaolie,

sukrose, minerale en

vit'l.miene

Sojaboontjiemeel, soja- en

klapperolie, dekstrien-maltose,

sukrose, minerale en

vit'l.miene

Sojaboontjiemeel en -olie,

sukrose, lesitien, minerale

Aangesuurde melkpoeier

waarvan laktalbumien grootliks

verwyder is

Prote/en

24

22

3·6

24·5

26·8

vitamiene. Nutramigen is 'n hipoalIergeniese preparaat

omdat die proteien gehidroliseer is en dit ook geen laktalbumien

bevat me. Die voeding word aangemaak deur

1 maat (wat in elke blik is) by elke 60 ml water te voeg.

Sojaboontjiepreparate (Tabel IV)

Sojaboontjievoedings is steeds gewilde plaasvervangers

vir melk in die geval van babas wat melkalIergies is.

Albei die ingevoerde sojaboontjiepoeiers, MulI-Soy en

Sobee, bevat nou 'n volledige vitamiensupplement asook

toegevoegde yster en mineraalsoute. Dit word aangemaak

in die verhouding van 1 maat (wat in die blik is) poeier

tot 60 ml water, en die aangemaakte voeding verskaf ongeveer

70 kaloriee/100 ml. Daar is nou ook 'n sojaboontjiepoeier,

Soy-Easy, wat in Suid-Afrika vervaardig word,

beskikbaar. Rierdie voeding bevat toegevoegde minerale

insluitende yster, maar word me met vitamiene aangevul

nie. Dit word aangemaak deur 1 maat (wat in die blik is)

by elke 30 ml water te voeg, en die aangemaakte voeding

verskaf ook ongeveer 70 kaloriee/lOO ml.

Daar is ook 'n sojaboontjiepreparaat in die vorm van

'n gekonsentreerde vloeistof (Neo-MulI-Soy) beskikbaar.

Neo-MulI-Soy word aangemaak deur dit met 'n gelyke

hoeveelheid water te verdun en die aangemaakte voeding

verskaf ook ongeveer 70 kaloriee/100 ml. Dit bevat ook

toegevoegde yster asook 'n volledige vitamiensupplement.

Allergilac (Tabel IV)

Allergilac is 'n aangesuurde halfroommelk waarvan die

laktalbumien grootliks verwyder is en die kaseien gedenatureer

is. As dit aangemaak is (l maat per 30 ml

water), is die laktalbumien-inhoud slegs ongeveer 0·1%.

Dit is goed bekend dat laktalbumien die proteien is

waarteen melkallergiese babas meestal oorgevoelig is. Die

produk is aangevul met vitamien D (350 I.E./100 g), maar

nie met enige ander vitamiene of yster nie. Aangesien die

kaloriewaarde van Allergilac betreklik laag is (55 kaloriee/

100 ml) sal dit, net soos in die geval van ander halfroommelkpoeiers,

nodig wees om ongeveer 5% suiker by die

aangemaakte voeding te voeg om die kaloriewaarde te

verboog na ongeveer 70/100 ml.

S.-A. MEDIESE TYDSKRIF

(Byvoegsel-Suid-AjrikaaTlse Tydskrij vir Voeding)

15

Vet

18

30

7·0

18

24·5

16

Koolhidraat

59

35·9

12·8

53

35

43-4

MiTlerale

4·2

6·2

1·0

4·5

5·2

8

Verhouding

maat per 60 ml water

maat per 60 ml water

Gelyke hoeveelhede

1 maat per 60 ml water

maat per 30 ml water

maat per 30 ml water

725

V 39

ANDER SPESIALE BABA VOEDINGS

Disakkariedvrye Voedings

Dit is nou goed bekend dat die afwesigheid van die

disakkariedsplitsende ensieme in die intestinale slymvlies

aanleiding kan gee tot hardnekkige gistingsdiarree."'·l'

Die toestand kan aangebore of verworwe wees. Daar is

2 aangebore vorms, nl. (i) afwesigheid van laktase met

gevolglik 'n onvermoe om laktose te hidroliseer en (ii) 'n

gekombineerde afwesigheid van sukrase en isomaltase en

dus 'n onvermoe om rietsuiker (sukrose) te hidroliseer.

Babas met 'n aangebore tekort aan laktase ontwikkel dan

gistingsdiarree sodra hulle laktose (d.w.s. moedersmelk of

beesmelk) ontvang. Babas met 'n aangebore tekort aan

sukrase en isomaltase ontwikkel weer diarree sodra hulIe

met rietsuiker in aanraking kom.

Afgesien van die aangebore disakkaridasetekorte in die

intestinale slymv!jes (d.w.s. van laktase of sukrase en

isomaltase) kan onverdraagsaamheid ook sekonder ontstaan

tot toestande wat die dermslymvlies beskadig, soos

by. infektiewe diarree, seliakie, giardiase en wanvoeding.'•

By hierdie gevalIe is daar dikwels 'n algemene disakkaridasegebrek,

m.a.w. die pasiente is onverdraagsaam teenoor

sowel laktose as sukrose.

Indien hierdie afwykings vermoed word, kan die pR

van die vloeibare gedeelte van die stoelgang met lakmoespapier

getoets word. As die pR minder as 5·5 is, dui dit op

oormatige uitskeiding van organiese sure wat aanduidend

van 'n disakkaridasetekort kan wees. Die diagnose kan

bevestig word deur middel van spesiale ondersoeke soos

die bepaling van die melksuurinhoud van die stoelgange,

deur toleransietoetse met verskillende suikers uit te voer

en, indien nodig, die kwantitatiewe bepaling van die disakkaridase-ensieme

in perorale dundermbiopsiemonsters. 15 ,l'

Daar is 'n spesiale voeding, genoem CHO-Free, wat

geen suiker bevat nie, beskikbaar. CHO-Free en Neo­

Mull-Soy is identiese preparate'behalwe dat CRO-Free geen

toegevoegde sukrose bevat nie. Dit is ook 'n gekonsentreerde

vloeistof en word aangemaak deur dit met 'n ge­

Iyke volume water te verdun. Dit bevat 'n volledige

vitamien- en mineraalsupplement. Aangesien die preparaat

suikervry is, word glukose Cn monosakkaried) bygevoeg

726

N40

om die kaloriewaarde van die voeding te verhoog. Saam

met elke 10 blikkies CHO-Free word 2 blikkies glukose

van 280 g elk deur die vervaardigers verskaf. Die inhoud

van 'n blikkie CHO-Free is 384 ml (13 onse) en dit word

dan gemeng met 'n gelyke hoeveelheid water waarby vooraf

6 plat eetlepels glukose (56 g) gevoeg is. Die mengsel

verskaf dan 67 kalorieej 100 ml.

Aangesien CHO-Free 'n ingevoerde sojaboontjiepreparaat

is wat duur is, word daar in die kinderafdeIings

van die H. F. Verwoerd-hospitaal in Pretoria gewoonIik

van 'n disakkariedvrye voeding gebruik gemaak wat deur

dr. J. G. Prinsloo van die S.A. Mediese Navorsingsraad

saamgestel is en wat 'n wysiging is van die formule wat

deur Bowie et af.'; in Kaapstad in gevalle van kwashiorkor

gebruik is. Dit word in die hospitaalkombuis aangemaak

en die samestelling is soos volg:

Kaselen (Casilan) 35 g

Glukose 60 g

Sonneblomolie 40 g

Spesiale mineraalmengsel 5 g

Water 800 ml

Die mineraalmengsel, wat in die hospitaalapteek opgemaak

word, bevat die volgende bestanddele: CaC03 10%, K,HPO,

45%, CaHPO,.2H,O 15%, MgSO,.7H,O 10%, NaCI 20%.

Indien daar van hierdie mengsel vir 'n lang periode gebruik

gemaak word, moet toegesien word dat die baba

'n vitamien- en ystersupplement daarmee saam ontvang.

Voedings vir Babas met Feniefketonurie

Daar is spesiale voedings beskikbaar vir babas wat aan

hierdie aangebore siektetoestand ly soos Lofenalac,

Cymogran en Minofen. Aangesien babas met hierdie

siektetoestand 'n onvermoe het om fenielalanien na

tirosien te omskep, verhoog die konsentrasie van eersgenoemde

aminosuur in die bloed met skadelike gevolge.

Die tipe voedings wat vir hierdie babas gebruik word,

word gekenmerk deur hulle lae fenielalanieninhoud.

Gelukkig is hierdie siektetoestand seldsaam. Die dietetiese

behandeling is ingewikkeld en sodanige pasiente

behoort na groot mediese sentrums verwys te word vir

gespesialiseerde aandag.

Voedings Met 'n Lae Kafsiuminhoud

Voedings met 'n lae kalsiuminhoud (Locasol: Cow and

Gate Low Calcium Milk Food) is aangedui in gevalle van

hiperkalsemie. Die sg. idiopatiese hiperkalsemie van babas

is egter ook 'n baie seldsarne toestand.

Voedings met 'n Lae Natriuminhoud

Daar is spesiale voedings met 'n lae natriuminhoud

beskikbaar wat vir babas voorgeskryf kan word wat aan

hartversaking, hipertensie, lewersirrose en nierkwale ly,

soos by. Edosol en Lonalac. Die samestelling van hierdie

voedings kom baie ooreen met die van volmelk, maar die

natriuminhoud is baie laag. Dit kan ook voorgeskryf

word vir ouer kinders en volwassenes.

Voedings met 'n Lae Laktose-inhoud

Hierdie tipe voedings (bv. Galactomin; Cow and Gate

Low Lactose Milk Food) is aangedui vir babas wat

aan gaJaktosemie ly, aangesien die laktose-inhoud van die

poeier minder as 0'1 % is. Hierdie toestand is egter baie

seldsaam. Hierdie voedings kan ook voorgeskryf word vir

S.A. MEDICAL JOURNAL

(Supplement-Sollllz African Journal of Nutrilion)

20 June 197()'

babas met 'n gistingsdiarree a.g.v. 'n aangebore of verworwe

gebrek aan die ensiem laktase in die dunderm en

wat dus laktose swak verdra.

Spesiafe Voedings vir Babas en Kinders met Belemmerde

Vetabsorpsie

Die vet in die voedings van babas en ook -in die dieet

van kinders en volwassenes is hoofsaaklik saamgestel uit

vetsure met lang kettings. Lipase, afkomstig van die

pankreas, word benodig vir die vertering van hierdie tipe

vet waarna dit deur middel van die intestinale lirnfatiese

sisteem die bloed bereik. Vette waarvan die vetsure van

mediumlengte is, word direk in die portale sisteem opgeneem

en aansienlike absorpsie vind selfs in die afwesigheid

van pankreasIipase en galsoute plaas.

Daar is nou voeding, Portagen, beskikbaar waarvan

die vetsure oorwegend van 'n mediumlengte is. Hierdie

tipe voedings kan voorgeskryf word vir pasiente met

steatorree a.g.v. pankreasfibrose, obstruktiewe geeIsug, na

intestinale reseksie en waar daar aantasting van die intestinale

limfwee bestaan. Portagen bevat 'n volledige

mineraal- en vitamiensupplernent.

VASTE VOEDSEL

Daar bestaan nog steeds meningsverskille oor die ouderdom

waarop die baba vaste voedsel moot begin ontvangY

Tydens die vroee twintigerjare was dit gebruiklik om eers

met vaste voodsel te begin wanneer die baba al byna 'n

jaar oud was en teen die heIfte van die dertigerjare was

die leeftyd van 6 maande as die mees geskikte beskou."

Tydens die afgelope jare het daar 'n neiging ontstaan om

al vroeer en vroeer vaste voedsel in die baba se dieet in te

sluit en dit is al selfs aan babas wat slegs 3 - 4 dae oud

was, toegedien, blykbaar sonder nadelige gevolge.

'n Ondersoek wat deur Guthrie'• in die V.S.A. op die

babas van 'n professionele groep ouers uitgevoer is. het

aan die Iig gebring dat 32% van die babas teen 3 weke en

100% teen 9 weke alreeds vaste voedsel ontvang het. Daar

is gevind dat die inbring van vaste voedsel in die baba

se dieet op vroee leeftyd, uit 'n nutrisioneIe oogpunt beskou,

min voordeIe inhou. Die vaste voedsel het wel aansienlike

hooveeIhede yster verskaf, maar dit is in elk

geval twyfeIagtig of dit vir die normale, gesonde baba

besondere voordele inhou om voor die leeftyd van 3

maande addisionele yster te ontvang. Bowendien is dit

eenvoudig genoeg om, indien dit wenslik geag word,

yster in die vorm van druppels of 'n stropie toe te dien.

Oor die algemeen blyk dit dus steeds 'n redeIike beleid te

wees om tussen die ouderdom van 6 weke en die derde

maand met vaste voedsel te begin.'

Die voedselsoorte waaraan die baba gewoond rnoet

raak sluit die volgende in: vrugte, groente, graan- en

styselsoorte, eiers, vleis, vis en poedings.' Die insluiting van

voedselsoorte moet geleideJik, een op 'n keer, geskied.'

Die voedsel moet deur 'n sif gedruk word sodat dit baie

fyn is, maar·teen die tyd wanneer die baba begin kou

(teen 6 - 7 maande) kan dit meer klonterig wees. Daar

bestaan geen vaste reel oor die volgorde waarin die verskillende

voedselsoorte by die baba se dieet gevoeg moet

word nie. Die meeste moeders begin egter om die een of

ander rede met 'n papsoort.

Daar is verskeie spesiaJe babavoedseIs in die handel

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!