VOL 49-1 JANUARIE/FEBRUARIE 2005
VOL 49-1 JANUARIE/FEBRUARIE 2005
VOL 49-1 JANUARIE/FEBRUARIE 2005
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
VOL 49-1 JANUARIE/FEBRUARIE 2005

OTKANER DEEL VAN NUWE AFGRI-TYDSKRIF

GROEI IN TUSSENTYDSE WESENSVERDIENSTE
Techniland, ‘n afdeling van

AFGRI Produsente, versamel

regdeur die groeiseisoen

inligting wat aan die boer ‘n

volledige prentjie van sy

boerderyomstandighede gee

en hom so bystaan met die

neem van belangrike

besigheidsbesluite.

Lees die volledige artikel op

bladsy 8 vir meer inligting oor

Techniland.

ADVERTENSIES

Johan Strydom

Tel: (012) 362 1382/5

Faks: (012) 362 0113

E-pos: otkaner@afgri.co.za

jstrydom@afgri.co.za

POSADRES

OTKANER

Posbus 2779

Brooklyn Square

0075

GEDRUK EN GEBIND DEUR

Business Print Centre

Tel: (012) 349 2295

Faks: (012) 349 2299

AFGRI Bedryfs Bpk aanvaar geen

verantwoordelikheid vir aansprake wat in

advertensies gemaak word deur ander liggame

of organisasies nie. Standpunte en menings in

artikels hierin vervat, word nie noodwendig deur

AFGRI Bedryfs Bpk of enige van sy filiale

onderskryf nie.

Geen artikel, foto of reproduksiemateriaal hierin

mag sonder verlof van AFGRI Bedryfs Bpk

gereproduseer word nie, ingevolge Artikel 12

(7) van die Wet op Outeursreg van 1978.

OTKaner, Januarie/Februarie 2005

INHOUD:

AFGRI FOKUS 4

• AFGRI rapporteer groei in tussentydse wesensverdienste 4

• Verhandelingsafdeling se hande versterk 6

TEGNIES 8

• Techniland – Die oplossing vir die boer 8

• Topbemesting – Is dit werklik nodig op mielies? 10

FOTONUUS 12

PROFIEL

LANDBOUFOKUS

• Oesskattingsprojek vir somergraan in Februarie 2005 18

RUBRIEKE

1

14

• OTKaner word deel van nuwe AFGRI-landboutydskrif 14

18

19

• Markneigings USA corn crop’s effect on prices in 2004 19

• Hendrik gee Raad ‘n Nuwe norm vir speenpersentasie by vleisbeeste 20

• Finansies Versekeringsmakelaars – Is die kool die sous werd? 22

Development expenditure and capital gains tax relief 23

BOEREDAGBOEK 24
WATERSKEIDINGSTRANSAKSIE

VIR SEB IN LANDBOU

'n Breëbasis SEB-konsortium, die Agri Sizwe Bemagtigingstrust, gaan 26,77% van AFGRI

Bedrywighede teen R502 miljoen verkry.

AFGRI se besturende direkteur, Jeff Wright, sê die transaksie

verteenwoordig 'n deurbraak vir breër SEB-deelname in

die landbousektor en bied aan AFGRI die geleentheid

om nuwe markpotensiaal te ontwikkel.

"Ons is baie opgewonde oor die feit dat ons die transaksie

deurgesien het. Gedurende die 18-maandelange

onderhandelings het AFGRI en Agri Sizwe sinergieë

geïdentifiseer en 'n stewige vennootskap op grond van

'n gemeenskaplike visie gesmee. Die gehalte van die

leierskap en talent in die Agri Sizwe Bemagtigingstrust

deel 'n karakter en werksetiek wat dieselfde is as dié van

AFGRI. Ons vaste doelwit met die transaksie en iets

waaraan ons baie hard gewerk het was dat ons SEBvennoot

die breedste moontlike landbou- en

besigheidsbelange moes verteenwoordig. Die doelwit is

verwesenlik en die Trust verteenwoordig duisende historiesbenadeelde

Suid-Afrikaners.

"Die transaksie is ook besonder voordelig vir AFGRIaandeelhouers

en -kliënte," voeg Wright by.

Die Trust sal twee verteenwoordigers op AFGRI se direksie

en twee verteenwoordigers op die uitvoerende komitee

aanstel, wat onderskeidelik sal help met transformasieinisiatiewe

en nuwe besigheidsgeleenthede in AFGRI

Bedrywighede sal identifiseer. "Ons is oortuig dat dié

transaksie ons aansien, as 'n Suid-Afrikaanse organisasie

wat al sy mense verteenwoordig, aansienlik sal verbeter.

Die nuwe vennootskap sal ook beter leierskap en 'n ryk

pyplyn nuwe sakegeleenthede insluit, veral in die

snelgroeiende ontwikkelende mark vir kommersiële

boerdery."

Die transaksie is deur AFGRI Bedrywighede op R2 miljard

waardeer en die Landbank het onderneem om die SEBkonsortium

se verkryging van 26,77% (R502 miljoen) te

befonds. AFGRI Beperk sal R100 miljoen as verhaalbare

2

aanvullende sekuriteit aan die Landbank sedeer ter

ondersteuning van die transaksie.

Aandeelhouers sal baat by 'n uitkering van R367 miljoen

van die opbrengs van die transaksie.

AFGRI sal die besigheid steeds bestuur ingevolge 'n

vennootskapsooreenkoms wat met die Trust gesluit is.

Die Trust is geregtig op 26,77% van AFGRI Bedrywighede

se netto inkomste en die kontantuitkering aan die Trust is

gestruktureer om AFGRI se dividendverhoudingsbeleid te

weerspieël. Dit sal AFGRI na verwagting in staat stel om

die Landbank-lening binne agt jaar terug te betaal. Wright

sê die voorneme is om die Trust se belang in AFGRI

Bedrywighede in 'n regstreekse aandeelhouding van

25,1% in AFGRI Beperk te omskep, sodra die Landbanklening

terugbetaal is.

In sy soeke na 'n SEB-vennoot, het die AFGRI-direksie 'n

stel kriteria as 'n riglyn in sy samesprekings met

belangstellende SEB-partye gebruik. Hulle het besluit dat

die SEB-partye 'n breëbasis-verteenwoordiging moet hê

en waarde tot die besigheid moet toevoeg, die transaksie

moet teen 'n markverwante prys afgehandel word, die

SEB-vennoot moet aktief betrokke wees by die aktiwiteite

van AFGRI en AFGRI se voorheen-benadeelde werknemers

moet op 'n betekenisvolle wyse daaraan deelneem. Die

SEB-vennoot moes toegang hê tot befondsing en die

transaksie moes AFGRI in 'n swart bemagtigde onderneming

omskep, soos in die SEB-wet uiteengesit word.

Die AFGRI-direksie sê dat die Agri Sizwe Bemagtigingstrust

aan elkeen van die kriteria voldoen. Op sy beurt hou die

Trust weer die volgende voordele vir AFGRI in:

• Toegang tot nuwe markte: ontwikkelingsboere, nuwe

kliënte en nuwe netwerke, insluitende staatsdepartemente

en semi-staatsinstellings;
• Toegang tot geleenthede soos die wat voortvloei uit

besluite oor grondeise en kontrakboerdery, sowel as

advies oor SEB-transaksies;

• Bystand met die lok van vaardige swart talent vir

AFGRI en die versnelling van transformasie;

• Die versterking van die befondsingsbasis, verbetering

van bestaande verhoudings en toegang tot

befondsingsinstellings soos die Landbank; en

• Die voordele verbonde daaraan om eerste te wees in

die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste, veral

in die mark vir die ontwikkelende boer.

Die Trust bestaan uit 'n kombinasie van swart sakeleiers

en breëbasis-SEB-entiteite. Die Trust se begunstigdes is

Agri Sizwe, AFGRI Bedrywighede Bemagtigingskema,

die National African Farmers Union (NAFU), die South

African Agriculturual Plantation and Allied Workers Union

(SAAPAWU) wat deur Basebenzi Investments

verteenwoordig word, die National Emergent Red Meat

Producers Organisation (NERPO) en 'n vrouegroep,

Bunang Sizwe Investments.

OOR DIE AGRI SIZWE BEMAGTIGINGSTRUST

Agri Sizwe is die grootste begunstigde van die Trust. Dit

is gestig deur prominente sakepersone in die landbou- en

ander sektore en sluit in Dominic Sewela, Khomotso Thoko,

Moji Mogari, Lehlohonolo Andrew Makenete en Mable

Mathlare. Hul belange sluit onder meer direksies van

finansiële instellings en organisasies wat deur die staat

besit word, in. Twee van Agri Sizwe se stigters was ook

stigters van Exel Petroleum.

OORDENKING

IETS NUUTS GAAN GEBEUR!

Ons ken almal die opgewondenheid van verwagting. Ons

koester die idee van iets nuuts wat met ons gaan gebeur.

Deel van ons diepgewortelde oorlewensdrang is die droom

en verwagting dat dinge in die toekoms gaan verbeter, iets

nuuts wat die bekende, onwelkome of saaie sal vervang.

Veral aan die begin van ‘n nuwe jaar is die gedagte aan

die nuwe en die iets nuuts wat voorlê baie prominent.

Dit is die belofte wat die teks vir ons bied. Ons moet dit in

ons gedagtes notuleer en dit telkens weer oproep: iets goeds

gaan gebeur! Dit is die verwagting en hoop wat ons dra

3

SAAPAWU is 'n uitvloeisel van COSATU en is gestig om

die belange en regte van plaaswerkers en grondlose

huurders te bevorder en te beskerm. Die vakbond is in

1995 gestig en het 250 000 ingeskrewe betaalde lede

wat vir 42 000 kommersiële boere en 32 000

kleinskaalboere werk. SAAPAWU het sedertdien

saamgesmelt met die Food and Allied Workers' Union

(FAWU). Hulle sal hul aandeel in die transaksie besit deur

Basebenzi, 'n beleggingsmaatskappy van FAWU en

SAAPAWU.

NERPO is in 1998 gestig om die toetrede van

ontwikkelende boere en swart sakepersone tot die

kommersiële rooivleisbedryf te bevorder. NERPO het tot

dusver 'n aantal gesamentlike ondernemings gesluit,

waaronder een met Vleissentraal, wat op die opleiding

van swart beesboere fokus.

NAFU, wat in 1991 gestig is, word in al nege provinsies

verteenwoordig en bied 'n volledige spektrum dienste

aan die ontwikkelende kommersiële boere en mense wat

by die landboubesigheid betrokke is. NAFU het bygedra

tot die versnelling van die program vir grondherverdeling

vir landbou-ontwikkeling en het die regering bygestaan

met die formulering van sy SEB-raamwerk vir die landbou.

Die SEB-bemagtigingsgroep vir vroue, Bunang Sizwe

Investments, is gestig om besigheids- en werksgeleenthede

vir vroue in plattelandse gebiede te skep. Die vroue is

betrokke by boerdery-aktiwiteite soos die produksie van

braaihoenders, vars vrugte en groente.

“Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien sien kom.” Jesaja 43:19

en ons krag gee, want Hy kan. 2005 kan die jaar wees

waarin die Here wonderwerke in ons land en lewens gaan

verrig. Laat ons dit die jaar maak waarin ons alle negatiwiteit

agterlaat en, gereed vir God se wonderwerke, hande vat

om die nuwe, die grotere, die mooiere en die beste tegemoet

gaan.

Gebed: As ons in nederigheid en afhanklik voor

U staan dra ons 2005 aan U op om aan ons ‘n

wonderlike jaar van vrede, liefde en voorspoed

te gee.

OTKaner, Januarie/Februarie 2005
AFGRI FOKUS

AFGRI RAPPORTEER GROEI IN

TUSSENTYDSE WESENSVERDIENSTE

Hoogtepunte

• Inkomste styg met 14%

• Verdienste per aandeel styg met

69%

• Wesensverdienste per aandeel

bly onveranderd

• Kontant van R79 miljoen voortgebring

deur bedryfsaktiwiteite

• Tasbare netto batewaarde per

aandeel styg met 15%

• Agri Sizwe Bemagtigingstrust

verkry 26,77% van AFGRI

Bedrywighede teen R502

miljoen kontant

• Dividend en voorgestelde

spesiale uitkering van 128,8

sent per aandeel.

AFGRI het 'n

toename in

verdienste per

aandeel

aangeteken as

gevolg van 'n

styging van

14% in

inkomste vir

die ses

maande

geëindig

Jeff Wright, besturende

direkteur: AFGRI

31 Augustus 2004, asook 'n netto

kapitaalwins weens die verkoop

van Earlybird Farm en ander

besighede.

Die besturende direkteur, Jeff Wright,

sê hy is tevrede met die resultate. "Die

sterk rand het in die tussentydperk 'n

negatiewe uitwerking op kommoditeitspryse

en marge gehad. Ten spyte

hiervan was die groep se kontantskeppingsvermoë

merkbaar beter as die

vorige tydperk en ons is tevrede met

die algehele vertoning onder baie

moeilike omstandighede."

Omset vir die ses maande het met

14,2% tot R2,9 miljard (2003: R2,5

miljard) gestyg, aangehelp deur die

verkryging van Natal Landboukoöperasie

Beperk (Natalagri) en die

verkoop van boerderytoerusting in

Suid-Afrika, Australië en Zambië.

Inkomste in die groep se kleinhandelbesigheid

was marginaal beter as die

vorige jaar en die katoenbesigheid

is steeds onder druk as gevolg van

laer wêreldkatoenpryse, 'n surplus lint

en die sterker rand. Die beter

prestasies in die Veevoer en Proteïen

- en Finansiële Dienste-besighede het

meer as toereikend hiervoor vergoed.

Kontantskepping uit bedryfsaktiwiteite

is steeds stewig, teen R79 miljoen,

nadat dividende van R80 miljoen

betaal is. Dit verteenwoordig 'n

omswaai van R161 miljoen op die

vorige tydperk se negatiewe kontantvloei

van R82 miljoen. Die netto

kontantgedeelte vir die tydperk was

R162 miljoen, laer as die R235

miljoen op 29 Februarie 2004, na 'n

aantal sleutelverkrygings en -

beleggings.

Beleggings in die tydperk het bestaan

uit die verkryging van Natalagri teen

R29 miljoen op 1 Julie 2004, R16

miljoen wat belê is in 'n insolvente

lemoenolieverwerkingsbesigheid in

die Laeveld en sowat R50 miljoen wat

in fabriekopknappings, nuwe

tegnologie, 'n garnaalvoerfasiliteit en

'n veevoeronderneming, wat saam

met die Oos-Kaapse Landboukoöperasie

aangepak is, belê is.

4

Natalagri en die lemoenoliebesigheid

sal oor die volgende 12 maande weer

winsgewend wees.

Twee verkope is gedoen: die groep

het sy aandeelhouding van 50% in

Earlybird Farm aan Astral Foods

verkoop, en sy belang van 49% in

die Wes-Kaapse kommoditeitverhandelingsbesigheid,

Bester Voer en

Graanbeurs. Die netto wins met die

verkoop van die gesamentlike

ondernemings was R55 miljoen.

Wright sê die stadige groei in

wesensverdienste is as gevolg van

swak vertonings deur die groep se

Katoen- en Benodighede-besighede,

wat negatief beïnvloed is deur die

versterkende rand. Dié swak

vertonings is egter teengewerk deur

uitstekende resultate deur AFGRI

Finansiële Dienste, AFGRI Hantering

en Berging, AFGRI Veevoer en die

groep se Australiese bedrywighede.

Vooruitsig en dividend

Wright sê dat hulle die volgende ses

maande sal fokus op die integrasie

van Natalagri en die verlaging van

vaste bokoste in die groep se

kleinhandelsafdeling. "Die uitwerking

van die sterk rand en die gevolglike

lae kommoditeitspryse, sowel as die

laat somerreën, sal egter na

verwagting 'n negatiewe uitwerking

op die groep se verdienste in die

tweede helfte hê."

AFGRI sal 'n tussentydse kontantdividend

van 18,3 sent per aandeel,

sowel as 'n voorgestelde spesiale

uitkering van 110,5 sent per aandeel

(SEB-transaksie) betaal.
FOSFAATREEKS

Gesonde kudde,

meer wins.

Almal weet ons natuurlike weiding in Suid-Afrika het

fosfaat-tekorte. En ja, dis geen geheim nie dat ‘n goeie

fosfaataanvulling veeproduksie dramaties kan verbeter.

Smaaklik

Hierdie melasse-gebasseerde

produkte het ‘n ryk, aangename

geur en aangename reuk wat

uitstekende inname verseker.

Gebalanseerd

Voorsien al die noodsaaklike

minerale in ‘n beproefde formule

vir optimale groei, vrugbaarheid

en gesonde kuddes.

Unieke Gehalte

Slegs topgehalte roumateriale word

gebruik om beskikbaarheid en

optimale opname van minerale en

voedingstowwe te verseker.

Veelsydig

Voermol Rumevite P6 en P12 word

met groot sukses aan alle vee

gevoer. Dit kombineer uitstekend

met suiwelrantsoene om

bykomende voedingstowwe aan

produserende en droë koeie te

voorsien.

Beproefde Resultate

Deeglik beproef in alle streke

van Suid-Afrika en selfs in

Suid-Amerika. Voermol se

Fosfaatblok en sy P6- en

P12-formulasies het hulself

al deeglik bewys as die leiers

in dié veld.

Regnr: Fosfaatblok-V10264, Rumevite 6P-V11995, Rumevite 12P-V11994. (Wet 36/1947)

Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk, Posbus 13, Maidstone, 4380. Tel: (032) 439 5599. www.voermol.co.za

Wat die natuur kortsal

Voermol voorsien

Voermol Voere

Posbus 13, Maidstone, 4380

e-pos: info@voermol.co.za

www.voermol.co.za/voermol.htm

Tindrum 2/413R
Verhandelingsafdeling

se hande versterk

AFGRI het die bestuur van sy

Verhandelingsafdeling, een van die grootste

graanverhandelingsbedrywighede in Suid-

Afrika, versterk.

Die Verhandelingsafdeling

bestuur die risiko vir die

verbruiker sowel as vir die

produsent van die graan en

vergemaklik verhandeling

deur die Suid-Afrikaanse

Termynbeurs (SAFEX) deur

gebruik te maak van 'n

verskeidenheid

verhandelingsmediums, soos

opsie- en termynkontrakverhandeling.

Die doelwit van die afdeling is om kopers

en verkopers van graan te help om die regte prys vir

kommoditeite te verkry en hul prysrisiko te bestuur.

Wouter Mentz, hoof van AFGRI

Finansiële Dienste se

Verhandelingsafdeling.

Die handelaar en risikobestuurder, Wouter Mentz, is

aangestel as die nuwe hoof van AFGRI Finansiële Dienste

se Verhandelingsafdeling. Hy was voorheen sewe jaar

6

lank by die Cargill-groep, die wêreld se grootste

graanverhandelingshuis.

Ander nuwe byvoegings tot die AFGRI-verhandelingspan

sluit in Frans Lubbe, wat uitnemende kundigheid tov

graanverkryging het en Tom Meintjies, wat direkte kennis

en ervaring vanuit die verbruikerskant tot die afdeling

bydra. Tesame met die omvattende handelskennis van

persone soos Peter Watt, is die AFGRI-verhandelingspan

se kernsterkpunt sy kennis van beide plaaslike en

internasionale markte.

Die behoefte om kleiner bedrywighede, sowel as die

groter gebruikers van mielies, koring, sorghum,

sonneblomsaad, sojabone en droëbone te bedien, het

daartoe gelei dat William Vigne, Abrie Schoeman, Francois

Smith en Praveen Dwarika deel geword het van die span

graanhandelaars. By AFGRI se Handelsafgeleide lessenaar

help Jannie van der Watt, Willem Peyper en Guilaume

Louwrens kliënte met hul termynkontrakte en opsiestrategieë.

Die AFGRI-verhandelingspan bestaan nou uit 10

handelaars, 10 koopagente, en 26 rekeningkundige en

vooruitkontraktepersoneel, wat dit een van die grootste

spanne in die land maak. Die afdeling geniet sterk groei

in handelsvolumes, weens produsente

en verbruikers se behoefte aan

professionele verhandelings- en

risikobestuursdienste.

Alliansies met die Australian Wheat

Board en Australië se Macquarie

Bank stel AFGRI in staat om aan

kliënte plaaslike en internasionale

verhandelingsoplossings en voorpunt

risikobestuursopsies te bied.

AFGRI Verhandeling kan gekontak

word by 012 663 1312 of per faks

by 012 663 8057.
TEGNIES

TECHNILAND

Die oplossing vir die boer

Deur: Johan Strydom, AFGRI

Techniland, ‘n afdeling van AFGRI Produsente,

versamel regdeur die groeiseisoen inligting wat

aan die boer ‘n volledige prentjie van sy

boerderyomstandighede gee en hom so bystaan

met die neem van belangrike besigheidsbesluite.

Hierdeur bied Techniland aan die boer ‘n

geleentheid om ‘n hoër opbrengs te lewer en

sodoende sy wins te verhoog.

Volgens Joe Schiller van Techniland, het hulle vir hierdie

doel na tegnologie in die buiteland – veral Amerika,

Europa en Australië – gaan kyk en die beste van die beste

teruggebring Suid-Afrika toe en hier vir Suid-Afrikaanse

omstandighede aangepas.

WAT BEHELS DIE TECHNILAND-PROSES?

Grondmonsters word voor planttyd geneem om die

opbrengspotensiaal in ‘n sekere deel van die land te

bepaal. Die opbrengspotensiaal word bepaal deur

gronddiepte, klei-inhoud en fisiese kenmerke, asook

weerpatrone in die spesifieke streek.

Daarna word die pH- en voedingstofstatus van die grond

geanaliseer. Daarvolgens kan Techniland aanbevelings

rakende insette soos kunsmis en saad maak. Die doelwit

is dat boere hul insette sover moontlik bestuur om

opbrengspotensiaal te maksimaliseer.

Na planttyd is dit belangrik om gewasse te monitor om

stres en variasie te identifiseer. Dié proses word deur

middel van satellietbeelde gedoen, waarmee kolle in ‘n

land vasgelê word om moontlike oorsake hiervoor te

bepaal.

Die ideaal is om na oestyd opbrengsmonitors in te span

om die finale resultaat te bepaal. Techniland se

landboukundiges evalueer die inligting wat vooraf

ingesamel is teenoor die opbrengsresultate. Die doel

8

hiervan is om enige variasie teen die opbrengs te verklaar

en in die toekoms beter te bestuur.

Volgens Joe glo hy dat Techniland op die huidige stadium

die enigste, bekostigbaarste en volledige oplossing in

hierdie opsig in die mark is.

Boonop is Techniland in die posisie om die boer te

ondersteun met die aankoop van presisieboerderytoerusting.

Dié toerusting bestaan uit:

• varieerbare kunsmistoedieners;

• varieerbare planters;

• varieerbare chemiese spuite; en

• opbrengsmonitors.

Wat belangrik is is dat al die inligting en toerusting met

mekaar moet kan kommunikeer. Techniland verpak alle

inligting wat versamel is en uitgesit is vir landboukundige

analise. Die inligting kan ook direk in verskeie toerusting

in ‘n enkel formaat op Techniland se inligtingstelsel ingelees

word.

Techniland neem dus die risiko vir die boer uit belangrike

produksiebesluitnemings en die implementering van

presisieboerdery-stelsels. Techniland is daarop toegespits

om op die voorpunt van die relevante tegnologie te bly

en daarom is navorsing en ontwikkeling deurlopend aan

die gang.

Vir meer inligting kan u die volgende

landboukundiges skakel:

Imre Reckiling (Wes-Vrystaat en Noordwes) –

083 628 3887

Phillip de Alebout (Oos-Vrystaat) – 082 553 1074

Poena Maree (Mpumalanga-Wes) –

082 567 2767

Obie du Plessis (Wes-Vrystaat) – 082 570 6323
TOPBEMESTING

IS DIT WERKLIK NODIG OP MIELIES?

H a n d r o S w a r t - B e s t u u r d e r L a n d b o u d i e n s t e : S a s o l N i t r o

Stikstofbemesting is noodsaaklik

vir goeie opbrengste. Die vraag

is dus nie of stikstof toegedien

moet word nie, maar eerder

wanneer en hoeveel toegedien

moet word.

Die hoeveelheid hang hoofsaaklik af

van die opbrengs wat verwag word,

die tipe stikstofbron en of die tekstuur

van die grond sanderig of kleierig is.

Indien daar besluit word om al die

stikstof voor, of met plant toe te dien,

kan baie goeie oeste onder sekere

toestande gerealiseer word. Daar is

egter nadele verbonde aan dié

bestuurspraktyk wat altyd in gedagte

gehou moet word. Op sanderige

gronde sal 'n groot gedeelte van die

stikstof met hoë reënval loog, indien

nitraat of ureum gebruik word. Die

stikstof kan verby die wortelsone van

die plant loog en opbrengste nadelig

beïnvloed. Met 'n lae reënval, veral

op kleierige gronde waar loging

minder van 'n probleem is, kan goeie

resultate egter behaal word.

Om die risiko's te beperk kan

topbemesting na planting toegedien

word. 'n Ammoniumbron – soos

ammoniumsulfaat – word aanbeveel.

Dit bind redelik met die grond en loog

nie maklik nie.

Topbemesting van die mielieplant word

gewoonlik tussen twee en ses weke

ná opkoms toegedien. Die plante is

dan klein genoeg dat toerusting sonder

beskadiging daaroor kan beweeg.

Die stikstof word gewoonlik met 'n

skoffelaksie toegedien. Dit bevorder

suurstoftoevoeging tot die grond. Die

bron van stikstof vir topbemesting ná

plant is nie so kritiek nie, aangesien

die stikstof in die grond geplaas word.

Sekere bronne, soos ureum, neem

langer voordat 'n reaksie waargeneem

word. In koue en nat toestande kan

dit 'n groot probleem wees. Produkte

soos KAN toon dadelik 'n reaksie

aangesien dit nitraat bevat wat dadelik

deur die plante opgeneem word. Die

ammonium-gedeelte skakel

stelselmatig om na nitraat,

alhoewel die plant die

ammonium-gedeelte wel

kan benut. Plante verkies

stikstof in nitraatvorm. Dit

gebruik baie min energie

om die nitraat op te neem.

Proewe wat die afgelope

vyf jaar deur Sasol Nitro

in verskillende dele van

die land uitgevoer is, het

aangetoon dat opbrengste

op mielies redelik

dramaties verskil. Die

verskille was hoofsaaklik

te wyte aan die

grondtekstuur, bron van

stikstof en hoeveel keer

daar getopbemes is.

Proewe het aangetoon dat die hoogste

opbrengste in normale en nat jare

verkry is wanneer daar twee keer

getopbemes is, naamlik 2-3 weke ná

opkoms, en weer 5-6 weke ná

opkoms. Alle stikstof moet egter teen

agt weke ná opkoms reeds toegedien

wees. Indien daar genoegsame

voorsiening van stikstof tot op daardie

stadium was, is geen addisionele

opbrengsverhogings waargeneem met

stikstof wat later toegedien is nie.

Reaksie op die pluimstadium by mielies

word net verkry indien daar

stikstoftekorte op daardie stadium

teenwoordig was.

Opbrengste in gemiddelde en nat jare

op kleigronde het die minste verskil

tussen een en twee topbemestings

getoon (0,55 ton/ha beter met twee

topbemestings). Die gemiddelde

verskille op sanderige gronde was die

hoogste (1,12 ton/ha beter met twee

topbemestings). In droë jare was die

verskille nie betekenisvol nie en alle

stikstof kan onder sulke omstandighede

met een topbemesting toegedien word.

In gemiddelde en nat jare is dit egter

beter om meer as een keer te

topbemes, indien bestuurspraktyke dit

toelaat.

10

Die dorre blare aan die onderkant van dié mielieplante is tipiese

simptome van 'n tekort aan stikstof.

Die stikstofbronne wat oor vyf jaar die

beste resultate gelewer het was KAN

en KANAS (0,6 ton/ha beter as

ammoniumsulfaat). Ureum-opbrengste

was die swakste, gemiddeld

0,7 ton/ha minder as wat met KAN

en KANAS behaal is. Die uitsondering

was kleierige gronde waar die verskille

tussen KAN en KANAS en ureum slegs

sowat 0,34 ton/ha was. Die verskille

bly egter betekenisvol. Selfs teen die

huidige mielieprys, bly dit 'n groot

klomp geld.

Die bestuurspraktyke rondom

stikstoftoediening sal altyd redelik

kontroversieel bly. Ons weet nie altyd

wat die seisoen gaan oplewer nie.

Een bevinding bly egter soos 'n paal

bo water staan: met verdeelde

toediening van stikstof kan daar nooit

'n fout gemaak word nie. Oor die

langtermyn is dit duidelik in oeste

sigbaar. Indien dit die jaar droog is,

is 'n tweede topbemesting nie nodig

nie. Indien dit 'n nat jaar is, sal twee

topbemestings nodig wees en sal die

vrugte van 'n goeie

stikstofbestuurspraktyk gepluk word.

Vir verdere inligting skakel:

Handro Swart 082 801 7948.
FOTONUUS

BEES- EN SKAAPBOER VAN DIE JAAR

Die wenners van die Nasionale Bees- en Skaapboer van die

Jaar-kompetisies is Vrydag 29 Oktober 2004 tydens ‘n

spoggeleentheid by Oliewenhuis in Bloemfontein aangekondig.

Die Beesboer van die Jaar is Carl Durow van die FC Durow

Trust, Clocolan en die Skaapboer van die Jaar is Paul Grey

van Grey & Grey Landgoed, Ermelo.

Die hoofbeoordelaar was professor Johan Greyling, ‘n

reproduksie-fisioloog en hoof van die Departement Vee-, Wilden

Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die doel van die kompetisies is om erkenning te gee aan Suid-

Afrika se top telers en sodoende waardevolle bestuursinligting

te genereer, wat kan bydra om die reproduksievlak van die

nasionale vleisbeeskudde te verhoog en die winsgewendheid

van vleisbees-en vleisskaapboerdery in Suid-Afrika te verbeter.

AFGRI'S BEE APPLE PROJECT WINS GOLD

AT NPI AWARDS

AFGRI's BEE Apple Project was awarded gold at the National

Productivity Institute's (NPI) Productivity Awards recently.

During the last five years this initiative has lived up to its

mission to create jobs and empower previously disadvantaged

farmers. It is expected that its production for 2004 will increase

by 75% over last year and by 2006/2007, 2 500 indirect

job opportunities will have been created.

The project is now an accredited supplier to Woolworths,

Spar and Pick 'n Pay stores locally and, among others,

Marks & Spencer internationally. It is also Eurogap accredited,

which means it meets the quality standard set by the European

chain store market, enabling it to distribute its produce throughout

Europe.

CRUISER VIERWIELMOTORFIETS

KRY ‘N WENNER

Jan Reyneke, van die plaas Maidstone in die Vrede-distrik, is tydens

‘n glansryke geleentheid by Irene Country Lodge as die gelukkige

wenner in die Syngenta-Cruiser-saadbehandelingtrekking vir ‘n Yamaha

Bruin 4-wiel motorfiets, aangekondig.

Vyf finaliste was deel van die trekking in ‘n kompetisie wat tydens

Nampo 2004 geloods is. Paul Buckby het tydens die geleentheid as

gaskunstenaar opgetree.

12
VEEVOERFABRIEK IN PATERSON (OOS-KAAP)

AFGRI Produkte se Veevoerafdeling en die Oos-Kaap Landboukoöperasie (OKLK) het

hul nuwe veevoerfabriek in Paterson, 70 km noord-oos van Port-Elizabeth in die Oos-

Kaap, geopen.

Die projek is 'n wesenlike hupstoot vir die plaaslike

ekonomie. Benewens die ontwikkelingskoste van

die fabriek van R15 miljoen, beloop die totale

projekkoste, saam met die koste van die bestaande

silo en die bedryfskapitaal, meer as R32 miljoen.

Teen volle produksie sal sowat 30 persone by die

meule self in diens wees, met ‘n bykomende 4 in

die administrasiekantoor.

Sodra die nuwe fasiliteit in volle produksie is, sal

die fabriek 8 000 ton veevoer per maand lewer in

vergelyking met die 1 600 ton wat by die ou aanleg

geproduseer word.

AFGRI Produkte se Veevoerafdeling en OKLK het

verlede jaar 'n 50/50 gesamentlike onderneming

gestig. OKLK het die bates en kliënteverhoudings

bygedra en AFGRI dra kapitaal by en bestuur die

daaglikse sake van die fabriek.

AFGRI-VROUDAE WAS GROOT SUKSES

Vir menige eggenotes van boere het die jaarlikse AFGRI-vroudag 'n dag

geword waarna hulle uitsien. Vanjaar was die derde jaar wat AFGRI die

vroue van Vrystaat en Gauteng/Mpumalanga-distrikte bederf het. Dundee

se vroue was vanjaar ook deel van dié groot lekkerte.

"Dit is ons manier om dankie te sê vir hulle ondersteuning aan hul mans",

het die organiseerders gesê.

Die gasspreker by elkeen van die onderskeie geleenthede was die

bekende motiveringspreker, wyle Pierre Spies, wat op 'n aangrypende

manier oor die 'verandering van jou denke' gepraat het.

Die organiseerders het vanjaar besluit om die dag

nog meer interressant te maak deur iets kreatiefs, wat

die vroue kon saamneem huis toe, aan te bied. Elke

gas het voor die uitdaging te staan gekom om 'n

wit keramiekbord te versier met die modge

podge-metode. Verskillende ontwerpe, kwasse en verf

het gelei tot treffende kunswerke en talle dames het

verbaas gestaan oor hul nuutontdekte talente.

Volgens Anadia Grobler en Lizet Bodenstein, die

organiseerders, was die terugvoering baie positief,

mens uit die volgende kan aflei:

Betsie Louwrens: "Die lekkerste wasdag ooit"; Mimi

Pieterse: "'n Oggend wat 'n mens ophef"; en Elona

"Dit was 'n voorreg om hier te wees".

13

OTKaner, Januarie/Februarie 2005
PROFIEL

14
OTKaner word deel van nuwe

AFGRI-landboutydskrif

Die veranderde strukture en uitgebreide geografiese voetspoor van die AFGRI Groep

het meegebring dat al die tydskrifte in die groep saamgevoeg word om ‘n nuwe,

groter multiprovinsiale tydskrif daar te stel. Die doel is om sinergisme te bewerkstellig

om beter aan lesers se behoeftes te voldoen.

Die OTKaner het deurgaans in sy 48-jarige

bestaan verander en aangepas soos duidelik

gesien word in die verskillende mashoofde

oor die jare heen. Hierdie is dan ook die

laaste uitgawe wat in die huidige gedaante

sal verskyn. Die OTKaner vorm steeds die

kern van die nuwe tydskrif wat ook die

“LK Nuus”, “Natalagri Nuus/News” en

die AFGRI Trader inkorporeer. Die AFGRI

Trader vorm die middelseksie van die

tydskrif en u kry reeds in hierdie uitgawe

‘n smakie van wat voorlê.

Oorweging is aan ‘n verskeidenheid

name gegee en daar is gepoog om ‘n

oplossing te vind vir taalvoorkeure en

‘n naam wat nie streeksgebonde is nie.

Al die verskillende publikasies word

nou geïnkorporeer onder een vaandel

naamlik “Afgriland”, wat soos sy

voorgangers ook ‘n integrale deel

van menige boer se kantoor en

koffietafel sal word.

Die Afgriland sal twee-maandeliks

verskyn en artikels sal steeds

hoofsaaklik Afrikaans wees. Na

deeglike navorsing van die nuutste

tydskrifstyle is ‘n totaal nuwe

gedaante vir die nuwe tydskrif

ontwikkel. Die redaksionele

formaat sal egter steeds op die

geslaagde resep geskoei word

met tersaaklike tegniese artikels,

landboufokus en rubrieke soos

“Markneigings” en “Finansies”.

Die AFGRI Trader-gedeelte wat

tweedehandse toerusting en

plase bemark, bring ‘n nuwe

dimensie by wat die tydskrif

werklik uniek maak.

Wees dus vanaf Maart 2005

op die uitkyk vir die Afgriland

– ‘n spesiale landboutydskrif

wat fokus op die produsent

en sy aktiwiteite in al die

streke wat deur AFGRI

bedien word.

15 OTKaner, Januarie/Februarie 2005
ADS 4472/A/R

Koop 'n John Deere stroper en John Deere sal u twee skitterende

opsies bied – hulle sal jou en jou metgesel op 'n reis na Amerika

stuur, of hulle sal jou 'n Gator geheel en al gratis gee*. Dit is van

John Deere – wat jy nog boonop met jou handelaar beding, is tot

jou verdere voordeel!

Waarom doen ons dit?, sal jy dalk vra. Wel, ons het nog altyd gesê

dat John Deere groen die kleur van duursame kwaliteit is, en ons

het gedink dat jou toekoms ook groen moet wees – John Deere groen.

Maar opskud, hierdie aanbod verstryk op 28 Februarie 2005.

*voorwaardes geld.
JOU TOEKOMS IS

IN DIE STERRE

GESKRYF EN DIS

GROEN. JOHN DEERE GROEN.

JOU TOEKO MS IS IN DIE

Jou toekoms is groen. John Deere Groen
Oesskattingsprojek vir

somergraan in Februarie 2005

Graanprodusente in Mpumalanga, die Vrystaat,

Noordwes en Gauteng sal in Februarie genader

word vir inligting oor verwagte produksieopbrengste.

Die nasionale Departement van

Landbou se jaarlikse oesskattingsprojek vir

somergraangewasse begin op 2 Februarie in

dié provinsies en veldwerkers sal graanboere

op hulle plase besoek.

Die oesskattingsprojek word deur die Departement se

Oesskattingskomitee gedoen om aan landbou-rolspelers

‘n vroeë aanduiding te gee van die verwagte produksie

van somergraangewasse. Rolspelers in die landbousektor,

onder meer Graan SA, die Meulenaarskamer en

produsente-organisasies het hul steun aan die projek

verleen.

Bully Botma, voorsitter van Graan SA, het graanprodusente

gevra om hul samewerking te gee. “Die boer is die beste

bron van inligting. Dit is belangrik dat ons graanprodusente

voldoende en akkurate inligting verskaf. Ek wil u as boer

graag aanmoedig om deel te neem. Dit is in ons almal

se belang.”

“Oesskattingsyfers waarsku die boer vroegtydig om ‘n

tekort of ‘n surplus te wagte te wees en help hom om die

regte besluite voor die volgende plantseisoen te neem.

Daar is dus geen onaangename verrassings nie en besluite

kan met groter vertroue geneem word. Dit stabiliseer ook

pryse omdat gerugte uitgeskakel word. Die graanbedryf

gebruik die inligting onder meer om vir vervoer, berging

en bemarking te beplan,” verduidelik mnr Botma.

Veldwerkers sal tot middel Februarie verskeie plase in die

onderskeie provinsies, wat lukraak gekies is, besoek om

inligting in te samel oor aangeplante oppervlaktes en

verwagte opbrengste. Die span veldwerkers is hoofsaaklik

boere en het opleiding ontvang om die oesskattings te

doen. Die veldwerkers sal saam met die boer ‘n vraelys

voltooi. Die Landbou Navorsingsraad (LNR) is verantwoordelik

vir kwaliteitskontrole van die opnames.

Die LNR sal ook in Maart, April en Mei volgende jaar ’n

objektiewe skatting doen by ongeveer 300 produsente

wat aangedui het dat hulle somergraangewasse aanplant.

Die LNR-veldwerkers sal met die produsent se toestemming

’n objektiewe skatting van sy lande doen.

18

Die Oesskattingskomitee gebruik onder andere wetenskaplike

metodes en moderne tegnologie soos geografiese

inligtingstelsels, globale posisioneringstelsels, satellietbeelde

en Internet-gebaseerde databanke om te verseker dat

noukeurige resultate verkry word. Dié stelsel is in 2002

van stapel gestuur om die akkuraatheid en betroubaarheid

van die skattings te verbeter.

Die geografiese inligtingstelsels word in die beplanningsfase

gebruik om punte of plase lukraak te kies. Die veldwerkers

gebruik globale posisioneringstelsels om die sowat 2 500

punte wat besoek moet word op te spoor.

Die oesskattingsprojek wat in Februarie 2005 afskop is

slegs een van die metodes wat die Oesskattingskomitee

gebruik om inligting oor aanplantings en produksie in te

samel. Die oesskattingsyfers wat maandeliks bekend

gemaak word, word gebaseer op inligting verkry deur

die fisiese en telefoniese opnames van die veldwerkers,

asook inligting voorsien deur die LNR-institute, verteenwoordigers

van die nege provinsiale Departemente van

Landbou, die Meulenaarskamer, die Graansilo Industrie

en sowat 3 500 produsente-medewerkers.

Rodney Dredge, voorsitter van die Oesskattingskomitee,

het boere verseker dat die inligting vertroulik hanteer en

slegs vir oesskattingsdoeleindes gebruik sal word.

Mnr. Dredge het ook boere bedank vir hul samewerking

en steun. “Die Oesskattingskomitee en die veldwerkers

kry oor die algemeen baie goeie samewerking van Suid-

Afrika se graanboere. Meer as 98% van die boere geteiken

die afgelope paar jaar was bereid om deel te neem aan

die opnames. Dit is in teenstelling met ander lande wat

soortgelyke opnames doen. Ons hoop die 2005 somergraan-oesskatting

is net so suksesvol.”

Veldwerkers sal duidelik identifiseerbaar wees en sal ‘n

groen band dra met die woorde: “Oesskattings/Crop

Estimates” daarop en sal ook ‘n identifikasiekaart toon.

Vir meer inligting, kontak Rodney Dredge,

Faith Hawkins of Rona Beukes:

Tel: (012) 319-8453/8036/8032;

Faks: (012) 319-8031;

E-pos: smas@nda.agric.za, FaithH@nda.agric.za

of RonaB@nda.agric.za.
RUBRIEKE

MARKNEIGINGS

USA CORN CROP’S EFFECT

ON PRICES IN 2004

P e t e r W a t t , A F G R I T r a d i n g

Prior to commencement of planting of the USA

maize (corn) crop, the world was faced with

low USA carry in stocks, and potentially even

lower USA carry out stocks (end August 2005).

As a result, during April 2004, the Chicago Board

of Trade’s value for December corn was above

330 cents per bushel (approximately USD 130

per metric ton). Furthermore, it was not expected

that the production cycle would progress without

some weather problems, which would further

impact negatively on stock levels. The whole

scenario was gloomy.

But, the whole season turned out to be almost “picture

perfect” from start to finish, with resultant enormous

increases in yields and total production: Originally it was

expected that some 79 million acres would be planted,

from which 71,9 million acres would be harvested, with

a yield of 145 bushels per acre (9,10 metric tons per

hectare), resulting in total production of 264,82 million

tons of maize to be harvested. At that stage the yield

expectation was viewed as ‘optimistic’, and difficult to

achieve.

Planting went well, and on time, and the rain and heat

distribution throughout the growing period was ideal. By

19

July the USDA had increased the area to be planted,

resulting in a projected production figure of just over 270

million tons.

Subsequent USDA reports increased the yield per hectare

through 9,35 (August); 9,38 (September); 9,94 (October)

to 10,06 tons per hectare in November. The projected

tonnage to be harvested from the 73,3 million acres,

reflected in the November report, is 298,28 million tons.

This constituted an increase, from April/ May to November

2004, of 33,46 million tons (12,6%). This increase is

between three and four times the total South African maize

crop and approximately double the Argentinian maize

crop!

It is furthermore expected that the final USA maize crop

figures will even be higher than the November forecast

figure.

Prices for CBOT December corn, as a result, have fallen

from above 330 cents per bushel (USD 130 per metric

ton) in April, to approximately 197 cents per bushel in

November, which equates to approximately USD 77 per

metric ton, with further price reductions predicted.

OTKaner, Januarie/Februarie 2005
HENDRIK GEE RAAD –

VAN DIE VELD TOT IN DIE VOERKRAAL

’n Nuwe norm vir speenpersentasie by vleisbeeste

Hendrik van Pletzen – Tegniese Bestuurder, Voermol Voere

Vir baie jare lank word die gemiddelde

kalfpersentasie van die SA Vleisbeeskudde

aangegee as net onder die 60%. Daar is egter

baie goeie beesboere wat hoër reproduksiesyfers

in hul kuddes behaal, maar dit is

onbekend wat ’n haalbare norm is en watter

bestuurspraktyke hierdie boere toepas om hoë

speenpersentasies te handhaaf.

Daarom is die Nasionale Beesboer van die Jaar-kompetisie

geloods. Die kompetisie is ’n samewerkingsaksie tussen

Bayer, Breedplan, Eerste Nasionale Bank, Landbouweekblad,

Pick ‘n Pay en Voermol Voere.

Die tweede jaar van die kompetisie is aan die einde van

2004 afgehandel en data van 104 boere regoor die

land is met die verloop van die twee kompetisies ingesamel.

Dit verteenwoordig ‘n groep boere wat gesamentlik met

42 759 vroulike diere boer, dws koeie en verse by die

bul.

Die gemiddelde speenpersentasie in die 2003-kompetisie

was 85,9% en in 2004 was dit 86,5%. Volgens hierdie

resultate is ’n speenpersentasie van 86% haalbaar en dit

vorm ’n nuwe norm vir reproduksie by vleisbeeste onder

hoëvlak bestuur. Die 86% verteenwoordig die gemiddelde

speenpersentasie van al die deelnemers, maar volgens

die resultate wat ingewin is, is daar boere wat konstant

meer as 90% speen. Die wenner van die 2003-kompetisie,

Jan Venter, het ’n speenpersentasie van 97,6% gehad en

Carl Durow, die 2004 wenner, se speenpersentasie was

95,7%.

Op die meeste beesplase is die kalfpersentasie van eerstekalfverse

’n probleem, maar Carl Durow het ’n aanpassing

in sy teelseisoen en voervloeibeplanning gedoen wat

uitstekende resultate vir hom gelewer het. Sy verse word

op 18 maande gedek, om in Januarie tot Februarie te

kalf. Hierdie verse kom eers weer in November – met die

normale teelseisoen – by die bul en oor die afgelope

seisoen was die speenpersentasie van die eerstekalfverse

96,8%.

Uit hierdie kompetisie is dit duidelik dat top

beesboere veral aan die volgende bestuurspraktyke

aandag gee:

Voervloeibeplanning en strategiese lekaanvulling word

deurgaans hersien om aan die voedingsbehoeftes van

die kudde te voldoen. Goeie veldbestuur en ’n konserwatiewe

veelading word op meeste van hierdie plase

toegepas.

20

Gesondheidsprogramme wat op

totale kuddegesondheid en

produksie gefokus is, is noodsaaklik.

Die oorgrote meerderheid

van die boere (94%) wat

deelgeneem het, maak van

veeartse gebruik. Die veeartse

word nie net vir noodgevalle

gebruik nie, maar is by die totale

kuddegesondheid betrek.

Bulle word ongeveer drie weke

voor die teelseisoen vir

geslagsiektes en vrugbaarheid

getoets.

Dragtigheidsondersoeke word

ongeveer 60 dae na die einde

van die teelseisoen gedoen.

Die kondisietelling van koeie en verse is 2,5 – 3 aan die

begin van die teelseisoen.

Daar is ’n neiging dat vrugbaarheid hoër is in kuddes

met ’n korter teelseisoen.

Vroegspeen op 6 – 7 maande dra by tot beter herstel van

die koeie en beter resultate word verkry.

Raskeuse is nie so belangrik nie, maar wel seleksie vir

diere wat aangepas is by die omgewing. By die top 14

boere wat die beoordelaars oor die twee kompetisies

besoek het, was 10 verskillende beesrasse betrokke.

Seleksie teen swak reproduseerders is onverbiddelik en

’n koei of vers wat oorslaan kry nie ’n tweede kans nie.

Die grootte of raamwerk van die diere is ook aangepas

by die voedingsomstandighede van die plaas. In ekstensiewe

gebiede waar die winters baie straf is of voeding

beperk is, neig die beeste na ’n kleiner raamgrootte en

andersom.

Om saam te vat: resultate van die Beesboer van die

Jaar-kompetisie toon dat daar geen geheime in beesboerdery

is nie. Top beesboere hou by die basiese

beginsels van beesboerdery en hulle slaag daarin om al

die faktore wat reproduksie en produksie beïnvloed, so

te bestuur dat hoë produksies gehandhaaf word.

Rig u navrae oor dierevoeding skriftelik aan:

Tania Sandberg, Voermol Voere, Posbus 13,

Maidstone, 4380 en staan 'n kans on 'n IsoSteelreisstel

ter waarde van R400.00 te wen.
FINANSIES

VERSEKERINGSMAKELAARS

Is die kool die sous werd?

Joubert Strydom

I n die finansiële wêreld staan

die tussenganger of bemarker

gereeld in die beskuldigdebank

op verskeie aanklagte – ‘n

gebrek aan openbaarmaking,

wanvoorstelling, swak diens,

gierigheid, gebrek aan

objektiwiteit en onafhanklikheid,

ens. Ongelukkig word

daar min van die suksesvolle

tussengangers gelees.

Veral die versekeringstussengangers

word almal oor dieselfde kam geskeer.

Ons sien en hoor aanmekaar van

versekeringsprodukte wat aan die

publiek gelewer word waar die

tussenganger uitgesny word. Die

besparings in koste word aan die groot

klok gehang. Wat egter nie bekend is

nie, is dat die besparing in premies

grootliks deur ander samestellings,

werkswyses en komponente van die

produk bewerkstellig word en nie

soseer deur die uitskakeling van die

agente nie.

Die werklike toets kom wanneer daar

eise ontstaan en die proses, hulp en

die belangrikste – die effektiwiteit van

die vooropgestelde plan – gemeet

word. Twee onlangse gebeurtenisse

kan hier ter illustrasie dien: een was

‘n geval waar ‘n familie in ‘n

gewapende ‘huisskoonmaak’-episode

betrokke was en die ander die afsterwe

van ‘n jong pa, toevallig in dieselfde

vriendekring.

In die geval van die rooftog is daar

nog geen eis na ‘n afloop van twee

maande se redekawel, oor-en-weerkommunikasie

en baie frustrasies

uitbetaal nie. Soos vroeër genoem

word ‘n groot deel van die verlaging

van die premies bewerkstellig deur ‘n

proses wat dit vir die eiser so moeilik

as moontlik maak om sy skade te

herstel. Baie streng vereistes ten opsigte

van die vervanging van beskadigde

of gesteelde goedere, sowel as sekere

komponente van die eis wat nie

toegestaan word nie, geld.

‘n Tussenganger kon in hierdie saak

‘n baie waardevolle rol gespeel het

om in die eerste plek die produk

volledig aan die kliënt te verduidelik,

terwyl daar ook voordurende

aanpassings op die polis gedoen moes

gewees het. Verder is die hulp wat

die tussenganger verleen tydens die

ontstaan van ‘n eis van onskatbare

waarde. Versekeraars verwag van

getraumatiseerde en ontstelde

slagoffers om etlike ure na hulle

ondervinding ‘n beëdigde verklaring

te teken van wat vermis word, voordat

hulle kon bepaal wat die skade beloop,

terwyl die tussenganger hier as buffer

kan dien.

Nog ‘n baie algemene beskuldiging

teen versekeringsmakelaars is dat so

’n persoon nie sy werk bekwaam

genoeg gedoen het nie en dat die

familie van ‘n afgestorwe broodwinner

22

as gevolg daarvan sonder heenkome

sit. Ongelukkig hoor ons nie van al

daardie gevalle waar die sake wel in

orde was en waar daar genoegsame

voorsiening gemaak is om die

ongelukkige familie se lewenstandaard

te handhaaf nie.

Ter illustrasie weer ‘n onlangse werklike

gebeurtenis.‘n Jong vader sterf

onverwags, maar het gelukkig etlike

maande tevore sy sake in orde gekry

en seker gemaak dat alle dokumentasie

in plek was, testamente op datum

gebring is en dat daar voldoende

lewensversekering op sy naam

uitgeneem was. Natuurlik was daar

kommissie aan die makelaar betaal,

maar omdat ‘n finansiële adviseur sy

werk gedoen het, het die familie nie

die trauma van ‘n onsekere toekoms

wat voorlê nie.

Het die finansiële tussenganger steeds

‘n rol te speel in die hedendaagse

tegnologies-gevorderde wêreld?

Wie anders sal die produkte voldoende

kan verduidelik, die behoeftes objektief

bepaal, die mees toepaslike produk

uitsoek om die behoefte aan te spreek,

die klient in traumatise omstandighede

bystaan en – baie belangrik – verseker

dat die kliënt sy dissipline behou

wanneer persoonlike omstandighede

van so ‘n aard is dat dit makliker sal

wees om van die versekeringsuitgawes

ontslae te raak?
Development expenditure and

capital gains tax relief

Prof Peter Surtees, Special Tax Consultant and Suné Millard, Associate: Deneys Reitz Inc

Farmers can get some relief from capital gains

tax by deducting certain farming development

expenditure incurred against the income they

derive through their ongoing farming operations

(Paragraph 12 of the 1st Schedule to the Income

Tax Act, 1962).

The deductible categories are expenditure on:

(a) the eradication of noxious plants;

(b) the prevention of soil erosion;

(c) dipping tanks;

(d) dams, irrigation schemes, boreholes and pumping

plants;

(e) fences;

(f) the erection of, or extensions, additions or improvements

(other than repairs) to buildings used in connection

with farming operations, other than those used for the

domestic purposes of persons who are not employees

of the farmer;

(g) the planting of trees, shrubs or perennial plants for the

production of grapes or other fruit, nuts, tea, coffee,

hops, sugar, vegetable oils or fibres, and the

establishment of any area used for the planting of such

trees, shrubs or plants;

(h) the building of roads and bridges used in connection

with farming operations;

(i) the carrying of electric power from the main transmission

lines to the farm apparatus or under an agreement

concluded with the Electricity Supply Commission, in

terms of which the farmer has undertaken to bear a

portion of the cost incurred by the said Commission in

connection with the supply of electric power consumed

by the farmer wholly or mainly for farming purposes.

The expenditure may only be allowed as a deduction

against income derived from farming operations. In deciding

whether income has been derived from the farming

operations, the closeness of the connection between the

income producing activities and the farming operations

will be investigated. Income derived from a secondary

business, such as a Bed and Breakfast for example, will

not qualify as income derived from farming operations.

23

Should the farming development expenditure exceed the

income derived from farming operations in any year, the

excess expenditure may be carried forward to the next

year of assessment and it will be deemed to be expenditure

incurred in that year.

But, what will happen to such a balance of the excess

expenditure if the farmer dies, or farming operations cease

and/or the farm is disposed of?

Before the enactment of the 2003 Revenue Laws Amendment

Bill, the farmer would have lost the benefit of deducting

the farming development expenditure. The legislature has

now provided some relief to farmers and their executors

by enacting a new paragraph 20(A) to the 8th Schedule

to the Act. The new section deals with the determination

of capital gains on the disposal of capital assets, in this

instance the farm itself.

A farmer or executor may elect that any balance of such

expenditure, or part of the balance, be allowed as a

deduction in the determination of the amount of any capital

gain on the disposal of the farm. In effect the amount is

added to the base cost of the farm.

The farmer or executor will only be entitled to make use

of this relief if it can be shown that:

• the farmer has ceased pastoral, agricultural or other

farming operations during the year of assessment; and

• he or she disposes of the property on which the farming

operations were carried out.

The inclusion of the farming development expenditure may

not create or add to a capital loss on disposal of the farm.

This means that such expenditure may not be set off against

any other capital gains accruing to the farmer in that year.

If the farmer used the farm’s market value (as opposed to

the Land Bank value) as the valuation date value (1 October

2001), only farming development expenditure incurred

after 1 October 2001 may be taken into account in

determining the amount for which an election may be

made.

OTKaner, Januarie/Februarie 2005
BOEREDAGBOEK

BOEREDAE EN SKOUE

Die volgende boeredae en skoue vind eersdaags plaas.

Om boeredae en skoue se datums hier te laat publiseer, skakel vir Johan Strydom by

(012) 362 1385/072 441 8319.

Januarie 2005

26 Januarie:

Boeredag, Kleingraan-instituut in Bethlehem. Kontak Liesel Labuschagne

by (058) 303 5757.

27 Januarie:

Boeredag, Nooitgedacht Proefplaas in Ermelo. Kontak Lorraine le Roux

by (017) 647 6307.

Maart 2005

10-11 Maart:

GOSA Simposium, Mosselbaai. Kontak Karin Greeff by tel: (011) 237 6100.

Mei 2005

17-20 Mei:

Nampo Oesdag, Bothaville. Tel: (056) 515 2145.

UIT DE OUDSTE O.T.KANER!

‘n Paar van die advertensies uit die

OTKaner van Oktober 1956! Sommige

van die handelsmerke is na byna ‘n

halwe eeu steeds in gebruik en

verwysings na prys is nog in Ponde,

Sjielings en Pennies.
‘n NUWE

GOLF IN

DIE BEMARKING

VAN LANDBOU-

CHEMIKALIEË

Tsunami Plant Protection konsentreer

op die doeltreffende bemarking en

verspreiding van landbou-chemikalieë.

Met 100 registrasies in Suid-Afrika

verskaf kundige verkoopsagente

kwaliteit produkte, asook tegniese

ondersteuning, direk aan

landbouprodusente.

Voortdurende navorsing en die ontwikkeling

van nuwe produkte is een van Tsunami se

primêre fokuspunte wat belangrik is vir die

langtermyn sukses van die maatskappy en sy

kliënte.

Tsunami Plant Protection (Pty) Ltd, Posbus 466, Heidelberg, Suid-Afrika, 1438

Tel: 011 812 9800 Faks: 011 812 9812 Epos: info@tcrop.com Webtuiste: www.tcrop.com

PLANT PROTECTION