24.07.2013 Views

Laai Afrikaanse brosjure + program af - Communitas

Laai Afrikaanse brosjure + program af - Communitas

Laai Afrikaanse brosjure + program af - Communitas

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

“Wat Wat kan ons uit die

boek boek boek Handelinge Handelinge oor

oor

Missionêre Missionêre Gemeente Gemeente-wees Gemeente wees leer?”

Konferensie Konferensie 18~20 18~20 Mei Mei 2009 2009

2009

SENTRUM VIR GEMEENTEBEGELEIDING

IZIKO LOKUCETYISWA KWAMABANDLA

Agtergrond

“Wat kan ons uit die boek Handelinge oor

Missionêre Gemeente-wees

leer?”

Gesamentlike projek van Fakulteit Teologie,

Universiteit Stellenbosch en Communitas

2009-2011

Aan die hart van kerk-wees lê Christus se opdrag: Gaan dan uit… En deur die eeue ontdek die

kerk telkens weer dat ’n kerk wat uitreik, is ’n kerk wat leef.

Maar, soos die gemeentes in Handelinge, ontdek die kerk ook telkens weer die

kompleksiteit van missionêre kerk-wees. Aan die een kant gaan dit gepaard met ’n

verantwoordelike kennis en begrip van die Bybel. Aan die ander kant is dit praktyk-gerig.

Communitas en die Fakulteit Teologie hou van 18 tot 20 Mei 2009 ’n konferensie met die

tema “Wat kan ons uit die boek Handelinge oor Missionêre Gemeente-wees leer?” Die

konferensie sal die vertrekpunt wees vir navorsingsgroepe wat in die komende sowat drie

jaar oor sewe temas in Handelinge sal werk. Die projek wil veral twee belangrike

gesprekke bymekaar bring: Besorgdheid dat nadenke oor missionêre kerk-wees soms te

selektief kennis neem van wat die Bybel daaroor sê, maar ook die waarde van sulke lees-

en dinkwerk vir die kerk en kerklike praktyk.

Die hoofsprekers is twee Nuwe Testamentici van internasionale statuur, Proff Beverly

Gaventa (Princeton Theological Seminary) en Scot McKnight (North Park University,

Chicago). Plaaslike Nuwe Testamentici, missioloë en predikante wat deel van die

missionêre kerk-beweging is, lewer ook bydraes.

Sewe studiegroepe sal tydens die konferensie saamgestel word om sewe belangrike

temas in Handelinge verder te bestudeer en inligting saam te ste oor hoe Handelinge

hedendaagse kwessies sou hanteer. Die temas is:

1. Wat leer ons in Handelinge van gemeentes en gemeente-wees (cf. die beeld van

gemeentes; redaksionele kommentaar in Handelinge; toesprake; keerpunte; leiding van die

Heilige Gees; organisering; gesonde gemeentes; ens.)

2. Kerkeenheid en –verskeidenheid (inklusiwiteit en multikulturaliteit; diversiteit; ens.)

3. Missionêre program en strategie (uitstuur; Paulus se werkwyse; plan en intensie;

Handelinge as grondteks vir die missie; uitdagings en verandering; ens)

4. Leierskap in Handelinge (apostolaat; dissipelskap; ens.)

5. Bekering en redding (identiteit; bekering; transformasie; doop; etiek; ens.)

6. “Empire” (Heerskappy) en ekonomiese geregtigheid (kontekstualisering; sosiale konvensies;

verhouding met breë kultuur; geloof in post-/kontra-kulturele opset; ens.)

7. Handelinge van die lewende God (Missio Dei; evangelie)

Predikante en akademici wat graag deel van die projek wil wees, is welkom om in te

skakel by van die studiegroepe. Die groepe sal by die konferensie in Mei kans kry om hul

planne bekend te stel en sal waarskynlik rondom hul eie temas kleiner konferensies hou.

Lidmate en gemeentes sal by die projek betrek word: ʼn Paar mense het reeds begin

werk aan `n program wat gemeentes in staat sal stel om in `n jaar deur Handelinge te lees.

Die gedagte is dat die prediking en kleingroepe ingeskakel word by die proses. Daar word

gewerk aan ʼn 40-dae-program wat in gemeentes gebruik sal kan word. Die inligting kan

ook met groot vrug vir Pinkster-boodskappe gebruik word.

Almal is welkom om op een of meer manier betrokke te

raak. Hierdie is ‘n uitnodiging om:

• die konferensie op 18-20 Mei 2009 op Stellenbosch by te woon

• by een van die studiegroepe in te skakel deur aan gesprekke deel te neem en

bydraes te maak.

Rig navrae aan:

Coenie Burger

021-808 3624; cwbu@sun.ac.za

Eddie Orsmond

021-874 1486; simon1@paarlmail.co.za

Jeremy Punt

021-808 2615; jpunt@sun.ac.za

Vir gebruik van foto’s, erkenning aan: From Sunday School Ideas for New Teachers (www.Sunday-School-ideas-for-new-teachers.com)

Prof Beverly Gaventa is tans verbonde aan die

Princeton Teologiese Seminarium, Princeton NJ,

VSA.

Die titel van haar eerste referaat is: Power

Matters: Leadership and Decision-Making in the

Acts of the Apostles

Lukas se tweede volume word dikwels beskou as

‘n vroeë riglyn vir kerklike leierskap, met die rol

van Petrus en Paulus as fokus. Tog is Lukas

minder geïnteresseerd in menslike leiers as in die

kerk se erkenning van die krag van God en die

kerk se konformering volgens God se wil en plan.

Hierdie aanbieding sal fokus op die Jerusalem-

Raad in Handelinge 15 en die gebeure wat

daartoe gelei het ten einde te verstaan wat Lukas

vir ons wil leer oor leierskap en besluitneming.

Die titel van haar tweede referaat is: Luke's Story

of Paul: Witness and Pastor

Vir ‘n vroeër generasie van Nuwe Testament

geleerdes was die vraag in welke mate Lukas se

hantering van Paulus konformeer (of faal om te

konformeer) aan die Paulus van die briewe.

Huidige belangstelling in die narratiewe wêreld

wat deur Handelinge geskep word, lewer ‘n

verdere vraag, naamlik watter soort storie word

deur Lukas vertel? Hierdie aanbieding kyk na die

beeld van Paulus as vervolger van die kerk,

tesame met die identifisering van Paulus as

getuie en uiteindelik ook pastor. Spesifieke

aandag sal aan die Miletus-toespraak in

Handelinge 20 gegee word met ‘n interpretasie

van Paulus se werk.

Prof Scot McKnight is tans verbonde aan die

North Park University, Chicago IL, VSA.

Die titel van sy eerste referaat is: The story of

Salvation and Kingdom Community in Luke-Acts.

Hierdie aanbieding sal fokus op die narratiewe

boog van Maria se Magnificat en Sagaria se

Benedictus, en Handelinge 2 en 4 se gemeenskap

Hoofsprekers

verlossing tot koninkryksgemeenskap in

Lukas-Handelinge. Die trajek, soos geskep

deur die Magnificat, Lukas se narratiewe

beskrywings van Jesus se bediening, en die

voorstelling deur die narratiewe boog, sal

gevolg word. ‘n Teorie van verlossing as

koninkryksgemeenskap sal voorgestel word,

waardeur verlossing nie verskraal word tot ‘n

persoonlike ervaring nie, maar eerder

verstaan word as ‘n sosiale realiteit in hierdie

wêreld. Hierdie koninkryksgemeenskap van

Lukas-Handelinge het die karakter van wat

vandag verstaan kan word as missionêre werk.

Die titel van sy tweede referaat is: The Gospel

Preaching of the Preachers in Acts

Wat is die evangelie in Lukas-Handelinge? Is dit

‘n evangelie van persoonlike verlossing of is

dit groter en breër as ‘n persoonlike

gebeurtenis? Die evangelie-prediking deur

Petrus en Paulus, veral soos in Handelinge 2,

10, 14, en 17 opgeteken, sal voorgehou word

as ‘n vroeë beskrywing van wat evangelieprediking

behels: die verklaring van God se

Storie van Israel soos volbring deur Jesus

Christus se lewe, dood en opstanding, die

gawe van die Gees, en die noodsaaklikheid om

by die Storie betrokke te raak deur vergiffenis

(van sonde) en geloof (in Jesus as Messias).

Daar sal voorgehou word dat die prediking

van Handelinge die paradigma vorm vir

evangelie-prediking vandag.

Prof JNJ (Klippies) Kritzinger is tans verbonde

aan die Department van Missiologie,

Universiteit van Suid-Afrika.

Die titel van sy referaat is: Zaccheus, Ananias

and Barnabas: Profiles of reconciling mission in

Luke-Acts

‘n Aantal missiologiese geleerdes (Schreiter,

Longmead, Kim) het onlangs voorgestel dat

versoening ‘n (of die) sentrale gedagte moet

wees vir Christelike missie in die 21ste eeu.

Ongeag persoonlike menings op hierdie

spesifieke voorstelle, is dit duidelik dat

versoening vandag dringend nodig is in Suid-

Afrika (en in die res van die wêreld). Dit is ook

duidelik dat versoening tussen mense aan die

hart van die Christelike boodskap lê, veral soos

geïnterpreteer in kontekstuele Suid-Afrikaanse

teologië soos die Swart Teologie en die Belhar

Belydenis van die VGKSA. Dit is verder duidelik

dat Lukas-Handelinge ‘n aantal versoeningsfigure

voorhou wat binne Suid-Afrika as paradigmaties

geïnterpreteer kan word deur Christene wat

graag betrokke wil raak by ‘n versoeningsmissie.

Saggeüs (Lukas 19:1-10) bied versoening aan as

herstellend, Ananias (Handelinge 9:10-19) bied

versoening aan as vergiffenis van die eertydse

vyand, en Barnabas (Handelinge 9:26-30) het ‘n

pro-aktiewe inisiatief om gebroke verhoudings te

herstel en vertroue tussen vervreemde gelowiges

te herstel. Hierdie referaat lewer ‘n kontekstuele

weergawe van die drie passasies binne die Suid-

Afrikaanse konteks, en poog om die drie profiele

in werkbare strategieë van versoening met

geregtigheid te ontwikkel.

1. “Gemeente” in Handelinge (cf. die beeld van

gemeentes; redaksionele kommentaar in

Handelinge; toesprake; draaimomente; leiding

van die Heilige Gees; organisering; gesonde

gemeentes; ens.)

Groepleier: Dr Frederick Marais

Inleidende aanbieding: Dr David Seccombe

2. Kerkeenheid en –verskeidenheid (inklusiwiteit en

multikulturaliteit; diversiteit; ens.)

Groepleier: Dr Johan Botha

Inleidende aanbieding: Dr Francois Wessels

3. Missionêre program en strategie (uitstuur;

Paulus se werkwyse; plan en bedoeling;

Handelinge as grondslag vir die sending;

uitdaging en verandering; ens)

Groepleier: Prof Nelus Niemandt

Inleidende aanbieding: Prof Nelus Niemandt en

Mnr Byeong Hei Jun

Studiegroepe

Prof Christoph Stenschke is pastor-dosent van

die Missionshaus Bibelschule Wiedenest,

Duitsland en buitengewone professor van die

Departement Nuwe Testament, Universiteit

van Suid-Afrika.

Die titel van sy referaat is: Mission in Acts as

the mission of the church.

In die vroeë Christendom en in die Boek

Handelinge word die word ‘missie’ dikwels

verstaan as ‘n missie van die Helleniste, of van

Petrus en natuurlik ook van Paulus. Dit is dan

ook waar die skrywer se klem val. By nadere

beskouing word dit egter duidelik dat die

missie van hierdie protagoniste gegrond was

in die missie van die kerk(e) waaraan hulle

behoort het. Verwysing na missie in die Boek

Handelinge kan dus verstaan word as die

missie van die Jerusalem gemeenskap tot aan

die einde van die aarde. Vanaf Israel word die

herstelde en hersaamgestelde boodskap van

redding aan die ongelowiges oorgedra. Met

die voordrag word hierdie versuimde feit

versigtig ondersoek, en kortliks vergelyk met

ander bydraes uit die Nuwe Testament, asook

gekyk na die betekenis daarvan vir vandag.

4. Leierskap (apostolaat; dissipelskap; ens.)

Groepleier: Dr Marius Nel

Inleidende aanbieding: Dr Ian Nell

5. Bekering en redding (identiteit; bekering;

transformasie; doop; etiek; ens.)

Groepleier: Dr Johann du Plessis.

Inleidende aanbieding: Prof Dirk vd Merwe

6. “Empire” (Heerskappy) en ekonomiese

geregtigheid (kontekstualisering; sosiale

konvensies; verhouding met breë kultuur; geloof

in post-kontra-kulturele opset; ens.)

Groepleier: Prof Jeremy Punt

Inleidende aanbieding: Prof Jeremy Punt

7. Handelinge van die lewende God (Missio Dei;

evangelie)

Groepleier: Dr Coenie Burger

Inleidende aanbieding : Dr Christof Sauer

1) Dr Christof Sauer; Kaapstadse Buro, Internasionale Instituut vir Godsdiensvryheid Bonn –

Kaapstad - Colombo

“Missio Dei and Compassio Dei. Minority Christians experiencing God's acts in the face of hostility”

2) Dr Francois Wessels; Predikant, Cape Peninsula Reformed Congregation (CPRC) en

navorsingsgenoot van Departement Ou en Nuwe Testament , Fakulteit Teologie, Universiteit

Stellenbosch

“The unity of the local and translocal church in Acts as a missiological strategy in Acts”

3) Mnr Byeong Hei Jun (Ph.D.)

“Lessons from the Book of Acts for the church missionary work in an Islamic context: An assessment of

the commentary on the subject for Christian workers doing pioneer work by Greg Livingstone”

4) Prof Dirk van der Merwe, Departement Nuwe Testament en Vroeë Christelike Studies, Universiteit

van Suid-Afrika

“Understanding the ideological conjunction of ‘magic’, ‘miracle’ and ‘gospel’ in the acts of the apostles

to attest to the power of the gospel over evil”

5) Prof David Seccombe, Prinsipaal van George Whitefield College en besoekende professor van

Nuwe Testament, Noordwes Universiteit

“Luke’s Missionary In-tensions”

Gekeurde voordragte

6) Dr Ian Nell, Departement Praktiese Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

Leierskap in Handelinge deur die lense van sosiale kapitaal

7) Prof Nelus Niemandt, Departement Missiologie, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria

Die implikasie van Handelinge vir missionêre kerkwees

Dr Eddie Germiquet, Sekretaris: Bediening, Verenigende Presbiteriaanse Kerk in Suid-Afrika (UPCSA) /

Departement Nuwe Testament Navorsingsgenoot, Universiteit Stellenbosch

“Luke’s Journey Narrative: Gateway to the raising up and empowering of the Followers of the Way”

8) Prof Jeremy Punt, Departement Ou en Nuwe Testament, Fakulteit Teologie, Universiteit

Stellenbosch

“Countervailing ‘missionary’ forces: Empire and Church in Acts”

Registrasie en konferensiefooi

Alle belangstellendes is welkom om hierdie konferensie by te woon. Voltooi asseblief die

aangehegte registrasievorm en stuur dit na die adres soos aangedui.

Inskrywings sal ontvang word tot 30 April 2009. Dagbesoekers betaal R100 per dag en kan elke

oggend by aankoms registreer. Konferensiefooie dek administratiewe kostes sowel as die

daaglikse tee en verversings. Geen middagetes sal voorsien word nie. Dagbesoekers wat die

konferensiedinee (snoekbraai) wil bywoon, betaal R120 ekstra.

Let asseblief daarop dat die konferensiefooie geen verblyf, etes, of vervoer dek nie.

↸ Verblyf

Geregistreerde konferensiegangers is self verantwoordelik vir verblyf. Daar is ‘n groot

verskeidenheid gastehuise in en om Stellenbosch beskikbaar. Besoek die volgende webwerf vir

meer inligting: www.tourismstellenbosch.co.za. Die organiseerders kan ongelukkig nie aan

konferensiegangers vervoer verskaf van en na die konferensiesentrum by Dorpstraat 171 nie.

Persone met Spesifieke Behoeftes

Kontak asseblief die organiseerders (sien registrasievorm vir kontakinligting) indien u spesifieke

hulp tov toegang, akkommodasie of vervoer benodig.

Parkering

Beperkte parkering is beskikbaar in die parkeerarea aan die Oostekant van die fakulteit se gronde

(onderpunt van Die Laan) en langs die Eersterivier.

Pendeldiens van en na Kaapstad-lughawe

Die organiseerders het met die maatskappy, CitiHopper, ‘n ooreenkoms aangegaan vir ‘n

verlaagde tarief op Maandag 18 Mei en Woensdag 20 Mei. Kontak hulle asseblief direk by

+27 21 386 0077/8 of by reservations@citihopper.co.za vir besprekings. Gebruik die verwysing

“Acts Conference 2009” in u korrespondensie om afslag te ontvang. Die maatskappy sal aan u ‘n

kwotasie en inligting oor die betalingsprosedure stuur.

9h00-9h45

9h45-10h00

Missionêre Kerk in Handelinge

Program vir konferensie 18–20 Mei 2009

Maandag 18 Mei Dinsdag 19 Mei Woensdag 20 Mei

Registrasie

Verwelkoming (Dr CW Burger)

9h00-10h30 Volle sitting 3: Prof S McKnight 9h00-10h30 Volle sitting 5: Prof C Stenschke

10h00-11h30 Volle sitting 1: Prof B Gaventa 10h30-11h00 Tee 10h30-11h00 Tee

11h30-13h00 Volle sitting 2: Prof K Kritzinger 11h00-12h30 Volle sitting 4: Prof B Gaventa 11h00-12h30 Volle sitting 6: Prof S McKnight

13h00-14h00 Middagete 12h30-14h00 Middagete 12h30-1400 Afskeid / Middagete

14h00-15h30 Parallelle sessie: Groepe 1-3

• Inleiding & aanbieding deur

groepleier (relevansie/aktualiteit van

tema; Bydrae van Handelinge;

Implikasies vir missionêre kerk)

• Gr 1 Voordrag: Dr F Marais

(Groepleier)

• Gr 2 Voordrag: Dr J Botha

(Groepleier)

• Gr 3 Voordrag: Prof N Niemandt

(Groepleier & Voordrag)

Groepsbesprekings

15h30-16h00 Tee 15h30-16h00 Tee

16h00-17h30 Parallelle sessie: Groepe 1-3 (vervlg)

Groepsbesprekings

• Gr 1 Voordrag: Prof D Seccombe

• Gr 2 Voordrag: Dr F Wessels

• Gr 3 Voordrag: Mnr B Jun

Groepsbesprekings

Toekomsbeplanning (groepe)

14h00-15h30 Parallelle sessie: Groepe 4-7

• Inleiding & aanbieding deur groepleier

(relevansie/aktualiteit van tema;

Bydrae van Handelinge; Implikasies vir

missionêre kerk)

• Gr 4 Voordrag: Dr M Nel (Groepleier)

• Gr 5 Voordrag: Dr J du Plessis

(Groeleier)

• Gr 6 Voordrag: Prof J Punt

(Groepleier)

• Gr 7 Voordrag: Dr C Burger

(Groepleier)

Groepsbesprekings

16h00-17h30 Parallelle sessie: Groepe 4-7 (vervlg)

Groepsbesprekings

• Gr 4 Voordrag: Dr I Nell

• Gr 5 Voordrag: Prof D v/d Merwe

• Gr 6 Voordrag: Prof J Punt

• Gr 7 Voordrag: Dr C Sauer

Groepsbesprekings

Toekomsbeplanning (groepe)

18h00-21h00 Konferensiedinee

VERTREK

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!