VEELHEID EN BINDING
VEELHEID EN BINDING VEELHEID EN BINDING
- Page 2 and 3: VEELHEID EN BINDING
- Page 4 and 5: Vir my ouers Vir Joh. P.
- Page 6 and 7: WOORD VOORAF . . INHOUD HOOFSTUK EE
- Page 8 and 9: getoets deur informasie oor die gro
- Page 10 and 11: 2 onverstaanbaars is in die aanbod,
- Page 12 and 13: Cloete is voorbeelde van wat in Afr
- Page 14 and 15: 6 om die poësie-ondersoeker in sy
- Page 16 and 17: HOOFS'TU% TWEE STRUKTUURMOMENTE VAN
- Page 18 and 19: 10 die konteks genoem is. Bv. „Da
- Page 20 and 21: 12 bekende saak appelleer dus aan '
- Page 22 and 23: 14 Die skema toon ons dat die vier
- Page 24 and 25: 16 S Vf 0 A, met as eindmarkering v
- Page 26 and 27: 18 in die konvensionele geskrewe ta
- Page 28 and 29: 20 beer na „noord" in C4, en vand
- Page 30 and 31: 22 waarop hulle in die sig-vormende
- Page 32 and 33: 24 in die konvensionele vorm van 'n
- Page 34 and 35: 26 om die niveau van die aanbod aan
- Page 36 and 37: 28 („toto-generic sense"), in neg
- Page 38 and 39: 30 § 2. Die ontstaan van kuddes ve
- Page 40 and 41: 32 Ons het reeds verwys na die betr
- Page 42 and 43: 34 Die punt aan die einde van A4 sl
- Page 44 and 45: 36 geruim is. Sy word nou „in bes
- Page 46 and 47: 38 Die betekenis van die eerste bev
- Page 48 and 49: 40 hulle daarmee gooi. 27 Die idioo
- Page 50 and 51: 42 In die wêreld van die sprokie k
VEELHEID EN BINDING
VEELHEID EN BINDING

'N BYDRAE TOT DIE ONDERSOEK VAN DIE

EENHEIDSPROBLEEM IN DIE LITERATUURWETENSKAP

DEUR

Dr. ELIZE LINDES

D

II

1956

N.V. NOORD-HOLLANDSCHE UITGEVERS MAATSCHAPPI]

AMSTERDAM
Vir my ouers

Vir Joh. P.
WOORD VOORAF

In hierdie werk is gebruik gemaak van in f ormasie deur

enkele Suid-Afrikaanse Bantoloë aan my verstrek. Graag wil

ek teenoor Prof. dr. J. A. Engelbrecht van die Universiteit

van Pretoria, Prof. dr. D. Ziervogel van die Universiteit van

Suid-Afrika, prof. G. P. Lestrade van die Universiteit van

Kaapstad, dr. S. M. Mof okeng van die Universiteit van die

Witwatersrand en teenoor dr. P. J. Schoeman my waardering

vir hul medewerking uitspreek. Ook aan dr. F. J. Snijman

van die personeel van die Afrikaanse Woordeboek, Stellenbosch,

my hartlike dank.

By die skryf van hierdie werk was die kritiese oordeel en

inspirerende ondersteuning van prof. dr. N. P. van Wyk

Louw (Universiteit van Amsterdam) vir my van onskatbare

waarde. Ook is ek besondere dank verskuldig aan prof. dr.

W. Gs Hellinga (Universiteit van Amsterdam) vir sy konstante

belangstelling en vir vele rigtinggéwende gesprekke

met hom. Dr. H. v. d. M. Scholtz (Universiteit van Pretoria)

mag hierby ook nie onvermeld bly nie: die eerste lyntjies

van die probleemstelling in hierdie boek is in gesprek met

dr. Scholtz geskets.

Amsterdam,

Desember 1955 E. L.
WOORD VOORAF . .

INHOUD

HOOFSTUK EEN: KONFRONTASIE MET 'N GEDIG . . . 1

§ 1. Die begin van 'n ondersoek 1 — § 2. Twee linguistiese

struktuurverskynsels in Sprokie van die Spikkelkoei

poneer die literêr-teoretiese probleem van eenheid 2 —

§ 3. Die benadering van die eenheidsprobleem vanuit een

gedig 3 — § 4. Die keuse van apparaat vir die ondersoek

van die probleem 4 — § 5. Die volgorde waarin problematiese

aspekte behandel word 6.

HOOFSTUK TWEE: STRUKTUURMOMENTE VAN DIE GEDIG 8

I. Die bepaalde lidwoord by „spikkelkoei" . . . . . 8

II. Die sintaktiese bou en die feite-,,reeks" . . . . . 12

III. Die chronologiese volgorde: die rol van die tydsindikators 15

IV. Die voorbereidende funksie van die titel . . . . . 22

V. Die wêreld-van-die-gedig: analise van die feite-aanbod . 27

§ 1. Ontstaan van 'n ongetelde menigte 27 — § 2. Toeeiening-met-oorweging;

wat reeds bekend is omtrent die

spikkelkoei 30 — § 3. 'n Opposisie word botsing; die

enscenering van die botsing 33 — § 4. 'n Kraai as moontlike

onheilsbode; die spikkelkoei blyk 'n twisappel te wees 35

— § 5. Voorbereidings tot 'n tweede gewelddaad; die

besweringsformule 39 — § 6. Windstreke of rigtings? 42

— § 7. Die persepsie van „baie" vere 44 — § 8. Die vooruitsig

op hervatting en aanvulling 45 — § 9. Die moontlike

verwesenliking van die vooruitsig: die verhouding tussen

„'n duisend vere" en „'n duisend kraaie"; die besondere

kousaliteit van die wéreld-van-die-gedig; 'n metafoorlose

situasie 46 — § 10. Aanduiding van 'n wending in die vertelling

52 — § 11. Die vraag sonder moontlikheid van

antwoord 53 — § 12. Die saamknoop van feite in „die

Bis.

VII
X

stippels wat pik" 56 - § 13. Die strukturele implikasie van

die inmekaargryp van linguistiese en poëtieke vormvelde 58

- § 14. Die feitelike implikasie: toenemende spanning,

ontreddering, wanhoop 63.

HOOFSTUK DRIE: DIE BINDMIDDELS IN DIE GEDIG . . 66

§ 1. „Eenheid": die onderskeid tussen „unit" en „unity" 66

- § 2. Verslengtes as organiserende prinsipe 69 - § 3. Die

heffingsvers 70 - § 4. Rym en „weerklank" 72 - § 5.

Strofebou: die volgorde van verse binne die strofe 73. -

§ 6. Die ordening van die strofes: hul volgorde 77 - § 7.

Bindinge in die stilistiese analise blootgelé 85. 1. Die chronologiese

opeenvolging van die tydsindikators 86. 2. Die

handeling in die tweede strofe is deur die eerste voorberei

86. 3. Die deurlopende ek-perspektief 87. 4. Voornaam

-woordelike skakeling 87. 5. Die spikkelkoei-feitsaak skakel

die eerste en tweede strofes 87. 6. Die verhouding tussen

„'n kraai" en „'n duisend vere" 87. 7. Die verwesenliking

in die vierde strofe van die hervatting in die derde in voor

gestel 88. 8. Die voorbereiding vir die bepaalde lid-

-uitsig

woorde by „bloed" en „klip" 88. 9. Die betrekking tussen

die vraag en die aanbod in die voorgaande strofe 89.

10. „Die stippels wat pik" en die kraai-reeks 89. 11. Die

bewegingslyn in die gebeure van die laaste twee strofes 89.

12. Die „stippels wat pik" en die spikkelkoei-reeks 90.

13. Die saamknoop van twee reekse 90. 14. „Kousaliteit" 91.

15. 'n Metafoorlose situasie 92. 16. Onderbeligting in die

vertelwyse 92. 17. Integrasie van aanbod op sprokiesvlak 93.

18. Verhaal -volgorde beantwoord aan titel 95. 19. Die

spikkelkoei sentraal in titel én teks 95. 20. Die omvattende

interpretasie vanuit die gevormde vorm 95. Gevolgtrekkings

96.

HOOFSTUK VIER: DIE SELFGENOEGSAAMHEID VAN DIE

WERELD-VAN-DIE-GEDIG . . . . . . . . 98

§ 1. Drie problematiese feitsake open die moontlikheid dat

pre-kontekstuele informasie nodig is 98 - § 2. Die informasie

kan in die „grondstof" van die gedig geleë wees 99

- § 3. Informasie oor die problematiese feitsake in die

teks self 100 -- § 4. Die self-beslotenheid van die gedig

Bis.
getoets deur informasie oor die grondstof in te win; soektog

na die bron van dergelike informasie 102 — § 5. Die grondstof

— 'n Bantoesprokie; etnologiese annotering van die

gedig 105 — § 6. Die implikasie van verskille tussen die

Bantoesprokie en die gedig 109 — § 7. Voeg die Bantologiese

informasie 'n dimensie toe aan die wêreld-van-diegedig?

110 — § 8. Die gevaar dat die wêreld-van-die-gedig

gereduseer word 112 — § 9. „Moontlike" interpretasies en

die beperkings van die konteks; die eenheid van die gedig 115.

SUMMARY . . . . . . . . . . . . . . 118

LYS VAN AANGEHAALDE WERKE . . . . . . . 120

u

Bis.
HOOFSTUK EEN

KONFRONTASIE MET 'N GEDIG

§ 1. Die tydstip van vraagstelling, die oomblik waarop 'n

gegewe problematies word en 'n ondersoek begin, is dikwels

'n toevalligheid. Vir die student van die literatuur — as hy

vir hom die poësie as verkenningsgebied uitgesoek het — kan

hierdie tydstip kom daar waar hy in sy opgaaf gelykstaan

met elke leser van poësie: by die lees van gedigte, by die lees

van 'n enkele gedig.

„Wir lesen Verse; sie sprechen uns an," het Emil Staiger

eenmaal gesê. Hierdie kontak met die gedig vind plaas wanneer

ons gewoon as lesers-van-poësie 'n digbundel opgetel

het, 'n gedig begin lees en aangegryp word deur die mededeling

(in die wydste sin) daarvan. Maar dit vind ook plaas

binne die bedryf van die literatuurwetenskaplike: of dit nou

in die ondersoek van 'n poëtieke genre, 'n stuk literatuur

-geskiedenis, of die versamelde werke van 'n digter is —

wanneer poësie die objek van ondersoek vorm, word dié

ondersoeker in die eerste instansie met die enkele gedig gekonfronteer.

Sy ondersoek sal heelwaarskynlik nie daar

eindig nie, maar sy ondersoek begin altyd daar.

En, soos vir die leser-van-poësie wat aangegryp is deur die

mededeling van 'n gedig, word dit taak van die leser wat

literatuurwetenskaplike is om te wete te kom wat dié enkele

gedig „sê". Hy is dus in die begin leser; ons kan dit 'n eerste

„stadium" noem.

Wanneer in hierdie „eerste aanspreking" van gedig tot

leser — waarin die leser nog ontvanger, swygende hoorder

is — nou 'n hindernis voorkom, sodat die leser ervaar dat die

aanspreking nie volledig grypbaar is nie, wanneer daar iets
2

onverstaanbaars is in die aanbod, dan word die leser beskoulik,

en daar volg 'n vraagstelling. Ons kan dit die tweede

stadium noem: die leser word nou ondersoeker. Leo Spitzer

noem dan ook die begin van hierdie ondersoekstadium „the

awareness of having been struck by a detail, followed by a

conviction that this detail is connected basically with the

work of art; it means that one has made an `observation', —

which is the starting point of a theory, that one has been

prompted to raise a question — which must find an answer." 1

Maar uiteindelik is daar nog 'n derde stadium in die

konfrontasie met 'n gedig — en alle voorstadia moet hierheen

lei: wanneer die ondersoeker weereens, en vollediger, leser is.

§ 2. Die keuse van die gedig wat ons gaan ondersoek in

hierdie studie, was in prinsipe toevallig. By die eerste lees

van 'n gedig, Sprokie van die Spikkelkoei, 2 het twee dinge

„opgeval" — en hierdie dinge was opvallend omdat hulle

problematies was in die interpretasie van die gedig, omdat

hulle 'n obstruksie gevorm het vir die verstaan van die gedig.

'n Eerste indruk van die gedig was dat die gebeure wat

daarin gegee word, in irrasionele opeenvolging staan, dat die

gebeure skynbaar verbandloos is. Maar tog staan die gedig

voor die leser op 'n bladsy, gegroepeer in strofes, met 'n titel

wat dit benoem en dit isoleer van soortgelyke betitelde gedigte

daarvóór en daarná. Die gebeure is m.a.w. op 'n spesifieke

wyse saamgegee, en die vraag het ontstaan: op watter

wyse hoort hierdie gebeure saam? Wanneer die logiese,

rasionele verloop in die gedig skynbaar ontbreek, word hierdie

bindmiddel in die gedig vervang, en hoe word dit vervang?

'n Vraagstelling het ontstaan na die interne bindinge

in die gedig — en ten einde hierdie bindinge te ondersoek,

moet ons die struktuur van die gedig onder oë neem.

1 Leo Spitzer, Linguistics and Literary History, Essays in Stylistics

Princeton 1948, p. 27.

2 Die gedig kom voor in Engel uit die Klip, gedigte van D. J.

Opperman (Kaapstad 1950). Dit is ook agter in hierdie studie afgedruk.
3

Die ander verskynsel wat by die eerste lees opgeval het,

was dat in die teks direk gepraat word van „die spikkelkoei"

asof dit 'n bekende koei is — wat dit vir die leser in hierdie

geval seer sekerlik nie was nie. Weereens het hierdeur 'n

interpretasieprobleem ontstaan wat in wese 'n struktuurprobleem

is.

Al you het dit geblyk dat hierdie twee struktuurverskynsels

toegang verleen tot twee probleme in die algemene literêre

teorie: 1) die probleem van eenheid in 'n oënskynlik verband -

lose gedig, en 2) die vraag na die verhouding van die gedig

tot sy „agtergrond" (bv. biografie, psigologie, historiese data;

in hierdie geval — omdat hierdie gedig skynbaar 'n folkloristiese

gegewe behandel — die folklore).

Die tweede probleem — of 'n kennis van die agtergrond

van 'n gedig essensieel is vir die verstaan van die gedig —

kan ook teruggevoer word na 'n probleem van eenheid: in

hoeverre 'n gedig 'n eenheid in sigself vorm ten opsigte van

die grondstowwe waaruit dit gebou is.

Waar die leser van moderne poësie met soveel oënskynlik

verbandlose, a-logiese verse te doen kry, vra die ondersoek

na die betekenis van die „eenheid" van 'n gedig, na die

momente wat hierdie eenheid konstitueer, trouens ál dwingender

om aandag.

§ 3. Ons het ons in hierdie studie alleen tot een gedig bepaal;

dit was die enkele gedig wat sy struktuurprobleme gestel

het, wat ondersoek moes word. En die algemener literêrteoretiese

vraagstukke wat aan die hand van hierdie gedig

gestel is, moes ten slotte ook binne hierdie gedig opgelos word.

Dat die ondersoeker van 'n (literere) teks hom uitsluitend en

indringend by die enkele teks bepaal, het op die huidige stand

van die literatuurwetenskap, haas geen „regverdiging" meer

nodig nie. Reeds het heelwat publikasies verskyn, elkeen met

sy eie probleemstelling, waarin studies van 'n enkele werk

onderneem is; die werk van H. v. d. M. Scholtz, C. J. M.

Nienaber en F. I. J. van Rensburg sowel as dié van T. T.
Cloete is voorbeelde van wat in Afrikaans al op dié gebied

gedoen is. 3

Hiervolgens het ruim geblyk dat dit al 'n, ondersoek werd

is om elke jota aan betekenis uit 'n gedig, selfs 'n kort gedig,

te haal.

Dat ons vanuit één gedig die bogenoemde vraagstukke

benader, geskied omdat die probleem van eenheid telkens

opnuut deur elke afsonderlike gedig gestel word, en daarom

met vrug in 'n enkele gedig ondersoek kan word. Ons wil

selfs beweer, alleen maar deur telkens, indringend 'n enkele

gedig te ondersoek — en ons maak hierdie bewering omdat 'n

poging om die eenheidsprobleem aan die hand van ver

te bespreek, altyd die gevaar van vaag-

-skillende voorbeelde

heid in veralgemening sal inhou.

§ 4. Ons het gesê dat ons literêr-teoretiese vraagstelling uit

linguistiese struktuurverskynsels voortgevloei het. Wanneer

die ondersoeker van 'n literêre tek5 nou voor dergelike probleme

gestel word, is dit die aangewese tydstip om te oorweeg

watter apparaat in die werk gestel sal word om hulle te

probeer oplos. Die ondersoeker sal dan 'n keuse kan doen

uit die ontledingsmetodes en benaderingswyses van taal- en

literatuurkundiges wat hulle veral op die struktuur van die

literére werk rig.

In die laaste jare sou dit vir die student van die literatuur

onvermydelik geword het om kennis te neem van die bewerings

wat deur voorstanders van verskillende stilistiese dis

oor die wins wat dié metodes vir die-siplines

gemaak word

literatuurwetenskap — vir die verseleser! — kan bring. Hierdie

literatuurkundige stilistiese dissiplines is veral ontwikkel

3 Ons noem F. I. J. van Rensburg se werk na aanleiding van 'n aankondiging

in Standdunte, Jaargang IX, Nr. 5, dat sy proefskrif Skering

en Inslag 'n Stilistiese Analise van BALLADE VAN DIE BOSE ter perse is.

Op dieselfde gebied het ook pas verskyn die proefskrif van F. Lulofs

Verkenning door Varianten. De redacties van HET UUR U van M. Nijhoff

stilistisch onderzocht. Titels van die ander werke hier genoem, is in die

lys van aangehaalde werke (agterin) te vind.
5

binne die algemene stroming in verskillende lande om die

literere kunswerk meer en meer as 'n taalkunswerk te gaan

beskou, met die verskerpte belangstelling vir die „lees van

tekste" soos dit daaruit voortgekom het. Ons dink hier aan die

werk van I. A. Richards, William Empson en Cleanth Brooks;

aan die sogenaamde „Chicago School"; die interpretasiemetodes

van Leo Spitzer en Emil Staiger; die uitgangspunt

van Wolfgang Kayser; die benaderingswyse van die Russiese

Formaliste en die Praagse Strukturaliste soos beskryf deur

Victor Erlich in die pas verskene Russian Formalism: History

— Doctrine, en soos dit onder meer blyk in die standaardwerk

vir moderne literêre teorie, Theory of Literature van

Austin Warren en René Wellek — dissiplines wat elkeen

sekerlik 'n eie waarde het.

Daarnaas het die strukturele linguistiek sedert Ferdinand

de Saussure, en veral soos dit in Nederland deur prof. A.

Reichling geleer word, gedurende die laaste dekades 'n ontwikkeling

getoon, 'n stroming waarvan 'n uitloper geblyk het

te konvergeer met dié stroming in die literatuurkundige

stilistiek. Dit wil nie sê dat die probleemstelling en doel

maar wel dat 'n sekere komple-

-stelling presies saamval nie,

mentére aktiwiteit tussen die twee wetenskapsrigtings moontlik

geword het. Hierdie feit het veral geblyk uit die jongste

publikasie op die gebied van die stilistiek op linguistiese

grondslag, Kreatiewe Analise van Taalgebruik, Prinsipes van

stilistiek op linguistiese grondslag, waarin die grondleggers

van hierdie metode, vanuit hul suiwer linguistiese probleemstelling,

toon dat dié discipline veel aan die literatuurwetenskap

te lewer het. 4

Om die verskillende stilistiese metodes — linguistiese en

literêr-kritiese ontledingsmetodes — nou te ondersoek en

teen mekaar op te weeg, sou op sigself 'n hele aparte studie

vorm, 'n studie wat trouens al in voldoende mate uitgevoer is

4 W. Gs Hellinga en H. v. d. M. Scholtz, Kreatiewe Analise van

Taalgebruik, Prinsipes van stilistiek op linguistiese grondslag, Amsterdam-

Pretoria 1955.
6

om die poësie-ondersoeker in sy keuse van 'n metode te

help. 5 Ook Hellinga en Scholtz het in Kreatiewe Analise van

Taalgebruik hul metode teen bestaande literêr-stilistiese

metodes gemeet, en die resultaat daarvan was dat die „kreatiewe

analise" homself met beslistheid bruikbaar verklaar het

vir die literatuurwetenskap, in besonder vir die literatuur

wat gekonfronteer word met probleme in 'n-wetenskaplike

enkele gedig. 6

En uit die aard van die vraagstelling na aanleiding van

Sprokie van die Spikkelkoei het die gebruik van laasgenoemde

metode inderdaad essensieel geblyk vir die oplossing van

sommige van ons probleme. Ons het dus die verklaring aanvaar

en die apparaat van die kreatiewe analise op ons gedig

ingeskakel, waardeur ons die gedig in die eerste instansie as

`'n taalsituasie gaan beskou het; deur verkenning en beskrywing

van die taalvorme in hierdie situasie wou ons die aard

van die struktuur ont-dek, en op dié wyse ook die geldigheid

van ons aanvanklike probleme toets.

Maar net soos die probleme gestel is in 'n poging tot interpretasie

van die gedig, moes die ondersoek ook dien tot 'n

vollediger interpretasie van die gedig, die hindernisse vir die

verstaan van die gedig moes uit die weg geruim, die stem van

die gedig hoorbaar gemaak word.

§ 5. Die eerste twee probleme, en andere daarna, het in 'n

toevallige volgorde na vore getree. Daar was naamlik geen

besondere kategorie waarin hierdie problematiese verskynsels

almal tuisgehoort het nie. Hierdie feit het ons by die aanvang

van die ondersoek die vraag laat stel of die probleme een vir

een ondersoek kan word sonder om die teks willekeurig oop

te breek, sonder om die geheel van die gedig uit die oog te

verloor terwyl ons met enkele aspekte daarvan besig is. Juis

hierdie versekering gee die metode van die kreatiewe analise

5 Vgl. F. J. Snijman, Literêre Styl met die oog op Stylondersoek,

Assen 1945.

6 A.w., p. 76-87 (Hoofstuk III: Stilistiek en Literatuurwetenskap).
7

ons: dat struktuurprobleme binne 'n teks opgelos kan word,

dat die problematiese aspek in „samespel en oorleg" met die

teks as geheel verhelder word. Hellinga en Scholtz skryf:

„Die stilistikus stel vas, — en dit geskied uiteraard in gedurige

struktuuroorleg met sy objek, — wat vir horn probleem

gaan wees; hy gaan gevolglik noodsaaklikerwyse siteer...

Ons siteer nie uit 'n taalgebruikseenheid nie, ons siteer binne

hom. Die problematiese aspek wat linguisties onder die loep

geneem word, is geen element wat ons los optel en wat ons

desnoods ook in 'n ander verband kan gaan beskou nie .. .

Ons citaat is... steeds 'n moment van die taalgebruikseenheid,

'n onvervreemdbare onder-deel wat wesenlik afhanklik

is van die eenheid waarin hy voorkom." 7

In die struktuuranalise van Sprokie van die Spikkelkoei

het ons dus die problematiese aspekte in die volgorde soos

hulle probleem geword het, behandel; die verslag van die

analise is in direkte ooreenstemming met die verloop wat dit

in die praktyk geneem het.

Daarna is in die literer-teoretiese diskussie gebruik gemaak

van die resultate van hierdie analise (waardeur ons nie wil sê

dat enige afwyking of misvatting op rekening van die grondleggers

van die metode geplaas moet word nie!).

7 A.w., p. 47.
HOOFS'TU% TWEE

STRUKTUURMOMENTE VAN DIE GEDIG

I. Die bepaalde lidwoord by „spikkelkoei"

Een van die eerste struktuurmomente wat uit die teks na

vore getree het, en probleem geword het, was die bepaalde

lidwoord wat in elke geval waar die substantief „spikkelkoei"

voorgekom het, daarmee verbind is.

Wanneer die bepaalde lidwoord in taalgebruik by 'n substantief

voorkom, word deur die vormsaak (substantief) af

'n bekend-veronderstelde feitsaak aangebied, óf 'n soortbegrip

word daarin geaktiveer. Die vraag is nou: watter

funksie het die bepaalde lidwoord in elke geval by ,,spikkel

-koei"?

Wanneer 'n soortbegrip in die gepresiseerde vormsaak

deur die bepaalde lidwoord geaktiveer word, soos bv. in

„In baie Westerse lande is die hond 'n geliefde huisdier,"

sê Paul Christophersen daarvan: „For a moment it is almost

as if there is no longer a class of individuals but only one

(dog), which is in itself the whole species." i

In ons geval kán die die-vorm in die titel 'n soortbegrip

aktiveer; daar is geen aanduiding in die titel presies op watter

wyse die feitsaak hier in gebruik tree nie. Dit kan die sprokie

wees van die spikkelkoei as 'n soort — van „alle" spikkel

dus. Of dit kan die sprokie van een (bepaalde)

-koeie,

spikkelkoei wees.

Die wyse waarop die bepaalde lidwoord plus die substantief

„spikkelkoei" in die daaropvolgende teks voorkom,

gee egter die nodige uitsluitsel.

Hier word (in A4 en B4) 'n bepaald-individuele waarde

1 Paul Christophersen, The Articles, a study of their theory and use

in English, Copenhagen—London 1939, p. 31.
9

aan „spikkelkoei" toegeken deur „die" omdat die feitsaak

self, nie die soort nie, in 'n handeling opgeneem is; dit gebeur

in A(3+4), en weer in B(3+4) —

„toe kies my broer / die spikkelkoei vir hom."

„toe het 'n kraai / op die spikkelkoei gaan sit."

Die bepaalde lidwoord in A4 en B4 impliseer dus dat die

vormsaak 'n bepaalde feitsaak aanbied. Want dit is 'n funksie

van die bepaalde lidwoord dat dit die meegaande feitsaak

tot „unicum" maak, dus besondere fokus daaraan gee: „even

ordinary unit-words (d.w.s. substantiewe wat géén unica is

nie) in the-form are unique in so far as all the other individuals

belonging to the class have disappeared from the focus

of attention, so that the possibility of interpretation has

become unique" (Christophersen, a.w., p. 30).

Maar dit is, soos ons hierbo aangemerk het, 'n verdere

funksie dat die bepaalde lidwoord „veronderstel" dat die

feitsaak waarmee dit verbind is, bekend is: „Now the speaker

must always be supposed to know which individual he is

thinking of; the interesting thing is that the the-form supposes

that the hearer knows it, too" (Christophersen, a.w., p. 28).

Tussen spreker en hoorder moet dus 'n verstaanbaarheidsgrondslag

geskep word wat die saak „bekend", verstaanbaar

sal maak. Daar moet 'n sekere kontekstuele voorkennis gegee

wees wat die saak sal partikulariseer. Dié verstaanbaarheidsgrondslag

kan op drie maniere gelê word: 1) situasioneel,

2) eksplisiet, in die konteks, 3) implisiet, in die konteks. 2

'n Situasionele grondslag is gelê wanneer twee boere langs

'n kamp stap waarin net een koei wei, en een boer se aan die

ander: „Die koei moet volgende week vendusie toe." In so

'n geval is die gebruik van „die" ondubbelsinnig — dit kan

alleen maar na die één koei verwys.

'n Dergelike grondslag is uiteraard in ons situasie uitgeslote.

'n Eksplisiete kontekstuele grondslag sou gelê gewees het

indien die feitsaak, voor sy verskyning in die-vorm, saam met

die onbepaalde lidwoord voorgekom het, dus reeds vooraf in

2 Christophersen, a.w., p. 29-80.
10

die konteks genoem is. Bv. „Daar was 'n bok tussen die skape.

Ek het die bok aan my buurman verkoop."

'n Tweede soort eksplisiete kontekstuele grondslag kan gevorm

word deur die die-vorm agterna, d.w.s. ná sy eerste

gebruik in die konteks, te verklaar. Dit gebeur veral in titels;

wanneer 'n titel Die Ossewa aankondig, kan die daaropvolgende

aanbod partikulariseer wátter ossewa hier genoem

word.

In ons teks kom 'n die-vorm inderdaad in die titel voor,

maar die vraag is of die titel voldoende verklaring in die teks

vind. In albei ander optredes van „spikkelkoei" is dit met 'n

die-vorm verbind. In B4 is die bepaalde lidwoord nie problematies

nie — teen dié tyd het A4 al die nodige introduksie

vir B4 verskaf en is die feitsaak „spikkelkoei" al 'n bekende

moment in die konteks. Maar as „spikkelkoei" in B4 vir sy

verstaanbaarheid afhanklik is van „spikkelkoei" in A4 (en ook

die titel projekteer vir sy verstaanbaarheid vooruit na die

teks), moet die probleem by „spikkelkoei" in A4 berus. Aan

watter kennis ontleen „spikkelkoei" (A4) nou sy bekendheid?

Word die feitsaak deur die konteks geïnformeer?

Van die drie moontlike verstaanbaarheidsgrondslae is alleen

die implisiete kontekstuele basis hier moontlik. En dit

moet geskep word „deur die aanduiding van die groter samehang

waarin ook die betrokke saak horn bevind"; 3 ons moet

na 'n moontlikheid van introduksie van die saak deur 'n

assosiatief-verbonde saak soek — 'n assosiasie wat algemeen

en ondubbelsinnig genoeg gelé sal kan word om as adekwate

introduksie te kan dien. Dié verwante woord (of nosie) moet

die saak in die-vorm voorafgaan — dit sou geen verstaan

kan skep daarná nie.

-baarheidsgrondslag

Die enigste moontlikheid vir 'n dergelike verwante begrip

in die teks is „kuddes vee." Dit gaan aan „die spikkelkoei"

vooraf en is van 'n ooreenkomstige begripsoort. Maar is die

3 H. v. d. M. Scholtz, Sistematiese verslag van 'n Stilistiese Analise,

Eugène Marais: Die Towenares, Amsterdam 1950, p. 97. Vgl. Christophersen,

a.w., p. 29, 73.
11

verband tussen „kuddes vee" en „die spikkelkoei" van lie -

selfde orde as die voorbeeld wat Scholtz noem, nl. tussen „die

regering van 'n land" en „die eerste minister"?

Kuddes vee, aangesien dit ook „kuddes beeste" kan beteken,

sou wél die aanwesigheid van koeie impliseer, maar

nie noodwendig net een koei (die koei) nie, en nie natuur

een spikkelkoei (die spikkelkoei) nie. Daar kan dus-likerwys

geen ondubbelsinnige verband tussen die twee begrippe gelê

word nie; nie as ons kennis beperk is tot die aanbod-sondermeer,

d.w.s. alleen tot wat daar op die blad voor ons staan,

nie.

Daar sou wel 'n ondubbelsinnige verband gewees het as dit

bekend was dat 'n kudde (of kuddes) vee per definisie net één

spikkelkoei insluit — net soos ons sou kon aanneem dat 'n

beestrop in baie gevalle net een bul bevat. 'n Adekwate

grondslag is in die volgende voorbeeld geskep: „Na die

veiling op ons buurplaas het 'n trop beeste gekom. Toe koop

my pa die bul." Die kennis dat een trop een bul bevat, is

algemeen genoeg om die juiste assosiasie te vorm.

Indien kuddes vee en die spikkelkoei ondubbelsinnige ver

indien die verstaanbaarheidsgrondslag-wantskap

besit, d.w.s.

inderdaad in „kuddes vee" geleë is, word van die leser/

hoorder sekere sakekennis verwag wat die assosiasievorming

moontlik sal maak.

Wanneer 'n die-vorm nou problematies word, soos hier die

geval is, kan dit wees dat die leser se sakekennis nie adekwaat

is nie. Die enigste kontekstuele introduksie vir die die -vorm

is in „kuddes vee" geleë, het ons gesê — maar dan moet

daar nog bykomende sakekennis wees ten einde die verband

tussen die twee sake duidelik te stel. Andersins moet die

feitsaak „spikkelkoei" sy bekendheid ontleen aan 'n prekontekstuele

kennis. Die aanbod van die feitsaak as 'n

4 Vgl. Christophersen, a.w. p. 73: „A basis may be of a transitory kind,

being dependent on a word recently spoken and soon to be forgotten — or

it may be almost permanent, depending on a certain knowledge which

is always present. The basis may be common to a greater or less number

of people."
12

bekende saak appelleer dus aan 'n kennis wat nie eksplisiet

of implisiet uit die konteks self te verkry is nie, maar aan 'n

kennis van die groter samehang waarin die spikkelkoei hoort.

Die leser/hoorder moet weet, word verwag om te weet óf wat

die verhouding „kuddes vee — die spikkelkoei" is, óf word

verwag om sodanig op hoogte wees van die waarde van die

feitsaak „spikkelkoei" in 'n groter, ander samehang dan die

konteks self, dat die verteller in die noem van die saak die

nodige voorkennis oproep. So bv. sal iemand wat in 'n gesprek

van „die lelike eendjie" praat, en dan as 'n aanhaling uit

Hans Andersen se sprokie, die voorkennis van die sprokie by

sy hoorder vereis ten einde die juiste waarde van die woordgroep

te kommunikeer.

Volgens die implikasies van 'n die-vorm by „spikkelkoei"

lyk dit dus op hierdie stadium asof die leser van pre-kontekstuele

kennis afhanklik gestel gaan word ten einde die waarde

van dié feitsaak in hierdie konteks te bepaal. Die die-vorm

bied die feitsaak skynbaar aan as 'n sitaat uit 'n groter samehang,

en vra informasie omtrent hierdie groter samehang

buite die konteks om, om die probleem op te los.

II. Die sintaktiese bou en die feite-,,reeks"

As ons uitgaan van die feit dat, in die geskrewe kultuurtaal,

'n sin in tipografiese opsig dié taalgebruikseenheid is

waarvan die begin deur 'n hoofletter aangedui word, die

einde deur 'n punt (of 'n soortgelyke interpunksiemiddel met

eindmarkerende funksie, soos uitroepteken, vraagteken, ens.),

dan het ons in hierdie situasie met vier sinne te doen. Hierdie

waarneming is moontlik omdat in ons situasie elke vers nie

met 'n hoofletter begin nie, maar die konvensie van 'n hoofletter

na 'n punt gehandhaaf word.

Die eerste tipografies-gegewe sin loop van die hoofletter

aan die begin van Al tot aan die punt aan die einde van A4;

die tweede van begin B1 tot einde B4; die derde van begin

Cl, tot einde D2 (waar ons, hoewel die stippeltjies 'n hibri-
13

diese interpunksiemiddel is, op 'n sinseinde besluit omdat D3

met 'n hoof letter begin, dus tipografies 'n nuwe sin aanvang);

die vierde van begin D3 tot einde D4.

Ten einde die sintaktiese bou van hierdie situasie verder te

verken, gaan ons nou die struktuurmodelle van die onderskeie

tipografies-gegewe sinne na. Met behulp van struktuurformules

is die volgende skema dan op te stel:

[Vf : verbum finitum; S : subjek; 0 : objek; Vfi : imperatief;

RS : pronomen relativum (wat hier subjek is); A : ander

sinsdele.] 5

A: A

Vf S A komma

A Vf S

0 A punt

B: S Vf O A komma

S Vf A komma

A Vf S

A A Punt

C: Wi 0 A komma

WI A komma Vfi A A komma

A Vf S

A komma A komma A komma A liggende streep

D: Vf S

A komma A stippeltjies

A A Vf S A

A RS Vf vraagteken

5 Ons stel ons hier op die standpunt van W. Gs Hellinga en J. du P.

Scholtz, Structuurvergeljking tussen Nederlands en Afrikaans, Taal en

Tongval VI (1954), 2-3, p. 103 met noot 1, waar hulle 'n verbaalgroep

met verlede deelwoord of infinitief nie as sintakties komplementêr nie,

maar as semanties komplementêr beskou. Vandaar sal verlede deelwoord

en infinitief in hierdie skema met A aangedui word.
14

Die skema toon ons dat die vier sinne opgebou word uit

sub-eenhede wat in die meeste gevalle (die enigste uitsondering

is die byvoeglike bysin in D4) self in sintakties-strukturele

opsig voltooid is. So is in die sin A(1 tot 4) twee

struktureel-voltooide nosies te onderken, geskei en verbind

deur die komma; 6 in B(1 tot 4), drie voltooide nosies, ook

telkens geskei en verbind deur 'n komma; in Cl tot D2 is

daar vyf, waar die komma (drie keer) en die liggende streep

die verbindings aantoon.

In al drie hierdie sinne mag ons dus van parataksis praat,

'n neweskikking van struktureel-voltooide nosies, waar die

komma (met één uitsondering, nl. die streep aan die einde

van C4) in elke geval as skakel fungeer. Die komma hef dus

in elke geval die moontlike isolasie van die nosies binne die

tipografies-gegewe sinne op; die komma alleen dui daarop

dat die isolasie nie volkome is nie.

Alleen in D(3+4) is daar 'n geval van hipotaksis — sintaktiese

„groepering" in hoofsin en bysin. Die voorafgaande

aanbod geskied daarenteen in 'n „reeks."

Die sintaktiese verskynsel van parataksis het in hierdie

aanbod 'n feitelike konsekwensie. Die strukturele voltooidheid

(in linguistiese opsig) van die onderskeie nosies isoleer hulle

t.o.v. mekaar, en linguisties is hul samehang alleen maar deur

die komma en die streep aangedui. Die feitsake wat elke keer

binne so 'n nosie aangebied word, is dus begrens — ook die

feitelike aanbod word geïsoleer-in-verband. 'r Die paratak-

6 Onder „nosie" word verstaan: 'n informasie- eenheid wat, hetsy deur

die taalvorm self, hetsy deur die konteks, op 'n spesifieke wyse in die

tyd gestel is.

7 Vgl. Scholtz, a.w., p. 102, 103 vir 'n soortgelyke isolasie-in-verband.

Wilhelm Havers, Handbuch der erkli renden Syntax, Heidelberg 1931,

§ 48, noem die suksessiewe denke as die onderliggende dryfkrag vir die

verskynsel van parataksis. Hiermee gaan 'n losse sinsbou saam („eine

lockere Art der Satzfügung”) waarvan by sê: „Kunstvoile Perioden licht

die Volks- and Umgangssprache nicht, and wo die Schriftsprache eine

logische Gliederung des Satzgefüges in Haupt- and Nebensatz hat, da

stellt die lebendige Rede die Sätze oft gleichberechtigt nebeneinander,

man uberlált es dem Hörer, sich ihre gedankliche Beziehung zurecht zu

legen."
15

tiese reeks-konstruksie op sintaktiese vlak (tot aan die einde

van C) konstitueer uiteindelik 'n feite-reeks, waarin die feite -

like samehang by ons eerste lees van die gedig nie voor-diehand-liggend

was nie. Die reeks het trouens die indruk gegee

van „irrasioneel" opgestel te wees. Die oënskynlike verbandloosheid

van die feite het ons juis tot 'n soektog na bindinge

genoop.

Nou het ons gekonstateer dat wat op sintaktiese vlak as

parataksis beskryf is, op feitelike vlak 'n reeks-aanbieding is

—wat sintakties losser geïntegreer is, staan hier ook feitelik

nie in vanselfsprekende verband nie.

Die vraag is nou waardeur die spesifieke volgorde in die

feite-reeks dan wel bepaal is; hoewel met interpunksiemiddele

'n skakeling in die sinne gegee is, is geen ordenende prinsipe

vir die volgorde van die sinne nog blootgelê nie.

Om 'n antwoord hierop te probeer vind, ondersoek ons nou

die tydsindikators.

III. Die chronologiese volgorde: die rol van die tydsindikators

Die vorm van die verbum finitum in die nosie A(1 +2) gee

met „het ... gekom" verlede tyd aan.

Hoewel die vorm van die Vf. in A(3+4) dié van die teenwoordige

tyd is, word die Vf. „kies" deur die voegwoord en

bywoord van tyd „toe" ook in die verlede tyd gestel. As

A(3+4) ook verlede is, en volg op A(1+2), dan is A(1+2)

voltooid verlede tyd. En as A(3+4) volg op A(1+2) in die

tyd, dan kan ons sê, vanuit die standpunt van 'n verteller

gesien staan die nosie A(3+4) in die wyse waarop dit in die

tyd gestel is, nader aan die verteller.

Die tipografies-gegewe sin A(1 tot 4) word met 'n punt

afgesluit en deur breër wit (strofe -einde) van B geskei. Die

aanbod in Bi is dus van die „episode" A deur twee eindmarkerende

momente geskei.

Die Vf. van B1 (Bi is 'n in sigself gekenmerkte sinseenheid
16

S Vf 0 A, met as eindmarkering verseinde en komma) stel

hierdie nosie blykbaar in die teenwoordige tyd: „Ek stoot hom

oor 'n krans." Die teenwoordige tyd aktiveer hier 'n werklik

aspek; hierdie handeling word gegee as „hier-heidstellende

en nou" — dus, in 'n ander tydveld as A.

Maar terwyl die Vf. van B1 dit uit die tydveld van A

neem, en tegelykertyd 'n chronologiese volgorde konstitueer

(voltooid verlede tyd, onvoltooid verlede, teenwoordige tyd),

is uit Bi deur twee ander taalvorme 'n verband gelê met A:

1) „ek" is handelaar in Bi, en van hierdie „ek"-persoon was

reeds implisiet in A3 sprake deur „my broer"; 2) „hom" in

Bi is herhaling van „hom" in A4. Deur die verband kan ons

die aanbod in B1 nie meer onafhanklik van A beskou nie;

ons interpreteer hiervolgens op feitelike vlak: „Nadat my

broer die spikkelkoei vir horn gekies het, stoot ek hom oor

'n krans."

Bi word deur komma en verseinde begrens; die gebeure in

B1 word afgerond, maar die komma projekteer vooruit en

verband word gelé met B2: „hy val in 'n mik," wat deur

„val" in die teenwoordige tyd gestel word.

Die feitelike aanbod hier is dat „hy" > „hom" > „my

broer" in 'n mik val. Die tydsindikator gee dieselfde tyd aan

as „stoot" in Bi. Maar B2 is nie gelyktydig met Bi gegee nie

— trouens, iedere taalaanbod in die sin van „te kenne gee"

geskied agtereenvolgens in die tyd. 8 Ook in feitelike

opsig kan B2 en B1 nie gelyktydig geskied nie, want „my

broer" kan alleen onderwerp van die volgende handeling

wees, d.w.s. in 'n mik val, nadat die vorige handeling waarvan

hy voorwerp was, afgeloop is, d.w.s. nadat hy oor die

krans gestoot is.

B2 volg dus chronologies op B1. Maar B2 se Vf. stel B2 in

die hede. Dus, terugstrukturerend, moet die praesens van B1

'n praesens historicum wees.

B3 word deur die komma aan die einde van B2 met B2

8 Vgl. Hellinga en Scholtz, a.w., p. 43.
17

verbind, en die aanbod word deur „toe" as volgend-in-dietyd

op B2 gegee.

Maar die Vf. van die sinseenheid B(3+4) is weer ondubbelsinnig

verlede tyd: „toe het......gaan sit."

As B(3+4) verbind is met, en in die tyd volg op B2, en

B(3+4) is in die verlede gestel, dan, terugstrukturerend, is

die Vf. van B2 'n praesens historicum — en die hede is nog

nie in die verhaal bereik nie.

„Toe" spesifiseer die syrswyse-in-die-tyd van „het ... gaan

sit" t.o.v. „stoot" en ,val". „Toe" dui aan dat die nosie

waarvan ,,het. . . gaan sit" die Vf. is, in die tyd op die vorige

twee volg, en die betrekking van B(3+4) op B2 en B1 word

deur die kommas aan die verseindes van B1 en B2 gegee.

En wat hier sintakties in verband gebring is, kan daarom

ook op feitelike vlak met mekaar verband hou. Ons interpreteer

nou: „Nadat ek my broer oor die krans gestoot het

en by in 'n mik geval het, het 'n kaai op die spikkelkoei

gaan sit."

Tot aan die einde van B stel ons dus vas dat die gebeure

in chronologiese volgorde gegee word; 'n chronologiese reeks

wat bowendien in die verlede gestel is.

Nadat B t.o.v. Cl afgesluit is deur 'n punt, verseinde en

strofe-einde, vang C 1 aan met 'n werkwoord in die gebiedende

wys: „Smeer vet aan 'n klip." Cl is sintakties-struktureel

voltooid. En hoewel Cl ná B „te kenne gegee" is, staan dit,

deur die sintaktiese en strofiese isolasie en die vorm van die

werkwoord, wat kontrasteer met die tydveld wat tot dusver

(en in besonder deur B) opgestel is, „uit verband" met B.

Dit wil voorkom asof ons hier voor 'n breuk in die aanbod

te staan kom — of minstens voor 'n sprong in temporele

opsig. Die imperatiewe in die eerste twee verse van C vorm

'n kontras met die verba finita wat voorafgegaan het. In die

vorige twee strofes is die wyse van aanbieding vertellend,

die verba finita indikatief. Die aanbod was tot hier toe dat

'n „ek" as spreker optree. Tipografies word in die derde

strofe geen aanduiding gegee dat die spreker verander nie;
18

in die konvensionele geskrewe taal word direkte rede meestal

deur aanhalingstekens gemarkeer. En tog laat die gebruik van

die imperatief die verwagting ontstaan dat hier „woorde in

die mond geneem word," dat daar van direkte rede sprake is.

In laasgenoemde geval is daar drie moontlikhede: 1) „ek"

spreek homself aan; 2) „ek" spreek 'n ander aan; 3) 'n ander

spreek die „ek" aan, en „ek" rapporteer dit in sy vertelling.

Maar nou veronderstel 'n imperatief 'n situasionele of

kontekstueel gegewe feit, nl. wie die aangesprokene is, omdat

die imperatief self nie 'n subjek aangee nie. Watter van

hierdie drie moontlikhede word nou deur die situasie of

konteks gerealiseer?

Ons het hier met 'n situasie te doen waarin alles kán praat,

omdat dit 'n sprokie is! Dit kan die kraai wees, of selfs die

spikkelkoei — wie weet, die duiwel of 'n bose influistering

self. Maar kontekstueel staan vas dat alleen een persoon tot

dusver aan die woord was: „ek", wat implisiet in die eerste

strofe en eksplisiet in die tweede aangedui is. En daar is geen

tipografiese aanduiding dat die spreker verander nie.

Maar verder is C2 ook nie definitief afgesluit nie — deur

die komma aan die einde van die vers word verband aan

wat volg. En wat volg, is 'n voortsetting van die-gegee

met

vertelling, soos in die vorige twee episodes: in A — „toe kies

my broer..."; in B — „toe het 'n kraai... "; nou in C —

„toe sak 'n duisend vere ...".

Ook in die interpunksie is daar dus geen verantwoording

vir die moontlikheid dat ons hier met 'n nuwe spreker te doen

het nie. Netso is daar geen kontekstuele verantwoording dat

'n nuwe persoon binne die aanbod gebring word om hier as

aangesprokene te fungeer nie. Die woorde word deur „ek"

tot homsel f gerig, en die komma wat hierdie imperatiwiese

gedeelte met die res van die sin (met die res van die episode)

skakel, dui aan dat dit nog bowendien deel van die vertelling

uitmaak.

Havers, by 'n bespreking van die vraag, uitroep en aan

vermeld 'n „Selbstapostrophe", wat volgens hom 'n-spreking,
19

geliefkoosde middel van die emosionele spreekwyse is om die

aanskoulikheid van 'n vertelling te verhoog. Hy se: „ ... das

führt uns zu der interessanten Erscheinung des erzdhlenden

Imperativs oder des Imperativ. descriptivus (histor. Imper.),

der in idg. and nicht-idg. Sprachen reichlich zu belegen ist."

Havers haal dan van H. Schuchardt (Slawo-Deutsches and

Slawo-Italienisches, Graz 1885, P. 124) die volgende aan,

wat grondleggend is vir die begrip van die verhalende imperatief:

„Der Erzähler wird ein Ereignis dann aufs Lebendigste

vergegenwärtigen, wenn er mit den Augen der es erlebenden

Personen sieht, mit ihren Munde redet." 9

Volgens die aard van die imperatiewe in Cl en C2 blyk

hulle inderdaad gelyksoortig aan hierdie verhalende imperatiewe

te wees.

In die wyse waarop dié verhalende imperatiewe Cl en C2

in die tyd stel, word die werklikheidstellende aspek sterk

geaktiveer, en deur hierdie „onmiddellikheid" staan hierdie

nosies „nader in die tyd" as die voorgaande B(3+4) wat

deur sy Vf. so kennelik in die verlede geplaas is.

Maar die volgorde van die imperatiwiese gedeeltes self?

— Ons het hier met drie in struktureel opsig voltooide nosies

te doen, wat telkens onderskei is van, en tog verbind word

met die volgende. Die komma le hier die linguistiese verband.

Die volgorde word egter op feitelike vlak aangedui.

As C2a verband het met Cl en C2b, dan kan ons interpreteer:

„Nadat 'n klip voorberei is, word daarmee fyn gekorrel, word

die waarskuwing (aan myself) gegee om nie te kwes nie."

Die feitelike aanbod hier sentreer as 't ware om die klip:

dááraan word vet gesmeer, dáármee word fyn gekorrel,

dáármee moet nie (net) gekwes word nie. En hierdie gebeuresmet-die-klip

kan alleen maar ná mekaar geskied.

— Weereens projekteer die komma aan die einde van C2b

vooruit, en weereens na „toe" aan die begin van C3, wat voeg,

maar terselfdertyd aandui dat C3 in die tyd op C2b volg;

C(3+4), moet ons eintlik hier sê, omdat C3 sintakties enjam-

9 Havers, a.w., § 181, p. 152.
20

beer na „noord" in C4, en vandaar oor die kommas heen met

die res van die vers verbind is.

Maar C(3+4) is, na die vorm van die Vf. plus „toe", onvoltooid

verlede tyd. Dus, terugstrukturerend, moet die imperatiewe

van Cl en C2 inderdaad as historiese (verhalende)

imperatiewe gesien word.

Maar „toe" plus Vf. „sak" struktureer nog verder terug,

naamlik na die analogiese konstruksie „toe plus het gaan sit"

in B(3+4), en „toe plus kies" in A(3+4). Hierdeur word die

funksie van „toe" as vaslegger van die chronologie duidelik

in reliëf geplaas. 10

Anders as by A en B, word C nie definitief t.o.v. D begrens

nie. C is in soverre aparte strofe as wat A en B apart is,

omdat daar 'n soortgelyke stuk wit ná C staan as ná die

vorige twee, waardeur tipografies strofe-einde aangedui is.

Struktureel is C(3+4) voltooi; tog word die einde van die

nosie aangegee nie deur 'n punt nie, maar deur 'n streep. Dié

streep suspendeer nou die voorafgaande, hou dit swewende

vir 'n anker wat nog aangebied moet word. En die naklank

van C4 duur oor die vers- en strofe-einde heen om opgevang

te word in 'n woord wat eggo en herhaling is: ,,sak..

Deur woordherhaling skakel die begin van Dl dus met

C(3+4).

Die Vf. van Dl is 'n praesensvorm. Dl enjambeer na D2a

wat A-deel vorm (in die model S Vf A) van die subjek en

verbum finitum wat in Dl gegee is, en vandaar na D2b wat

aanvullende bywoordelike bepaling is by die verbum finitum

in D1.

D(1+2) vertoon die geïnverseerde sinsmodel Vf S A, van

die tipe wat in die konvensionele taalgebruik as vraagsinsmodel

bestaan, of as voorwaardelike bysinsmodel in die geval:

„Sak my huis inmekaar, sal ek 'n nuwe moet hou."

Maar D(1+2) is geen vraagsin nie — dit toon die inter-

10 Ook die funksie van „toe" as bindmiddel binne die afsonderlike

strofes — deur telkens èn tydsopvolging èn voeging te bewerkstellig —

word nou duidelik.
21

punksie ons. En dat die inversie 'n aanduiding is dat ons met

'n voorwaardelike bysin te doen het, is vanweë die strukturele

voltooidheid van D(1 +2) nie houdbaar nie. Die inversie kan

dus verband hou met C(3+4) — trouens, die model van

D(1+2) is, „toe" uitgesonderd, identies met die model

C(3+4), asof laasgenoemde persevereer.

Ook in C(3+4) is na „toe" van inversie sprake; aangesien

die model D(1 +2) so presies daarmee ooreenstem, konstateer

ons dat die inversie in D die gevolg is van die feit dat

D(1-í-2) binne die woordveld van „toe" (C3) gegee is. Hier

is klaarblyklik geleding van die twee sinseenhede onder één

punt: die punt synde die woordveld van „toe", en vandaar,

die tydveld geskep deur „toe".

Die „praesens" van die nosie D(1+2) moet ons dus as

simultaan met die onvoltooide verlede tyd van C(3+4) gaan

beskou, en dus word dit in die verlede tyd getrek.

'n Nuwe sin begin in D3 — volgens inversie en vraagteken,

is dit 'n vraagsin. Die vragende hoofsin, met Vf. in die toekomende

tyd, word gevolg deur 'n byvoeglike bysin met Vf.

in die teenwoordige tyd. Dié byvoeglike bysin stel die tyd

van die vraagstelling self in die hede. Ons kan sê dat „sal .. .

skuil" alleen oënskynlik toekomende tyd is. In werklikheid

is die vraag gelyk aan: „waar kan ek skuil? ... waar is daar

skuiling?"

Die verteller het in sy vertelling op hierdie tydstip tot by

die hoorder beweeg. Wat tot dusver nog onder water was,

kom skielik ho die oppervlakte; verteller en hoorder word

onmiddellik met mekaar gekonfronteer. it

— Die wisselwerking van die tydsindikators, die wyse

11 Wanneer ons die woord „hoorder" gebruik, voer ons nie daarmee

'n nuwe persoon in die situasie in nie. Trouens, geen enkele grond word

in die situasie gegee dat hierdie 'n vertelling aan 'n gegewe hoorder, een

wat as handelend in die konteks beskou moet word, is nie. Ons bedoel

hier die ideële hoorder, wat by alle taalhandeling veronderstel word —

want taal as sosiale feit veronderstel altyd in gebruik die spreker-hoordersituasie

(of die skrywer-leser-situasie). Vgl. A. Reichling oor Taal in

Handboek van het Moderne Denken, p. 732 vlg.
22

waarop hulle in die sig-vormende vorm telkens 'n volgende

tydperk skep deur 'n spel van aanbod en terugstrukturering

van aanbod, toon duidelik aan dat hulle inderdaad draers

van 'n bindende prinsipe is: die prinsipe van die chronologiese

volgorde.

Die tydsindikators beskryf ook 'n beweging: blykens ons

analise 'n beweging uit 'n tydperk wat ondubbelsinnig as

verlede aangedui is, trapsgewys nader aan, en uiteindelik tot

binne 'n hede, waarin verteller en hoorder direk teenoor

mekaar gestel word. En in hierdie beweging is 'n „planmatigheid"

geleë wat ook as bindmiddel in die samestelling

van die situasie dien.

IV. Die voorbereidende funksie van die titel

Ons eerste lees van die woorde-op-die-bladsy het die oordeel

van „irrasioneel" tot gevolg gehad. Hierdie „irrasionele"

aanbod is benoem — en 'n titel het onder meer die funksie

van aankondiging. Kayser sê: „Was im Theater der Gongschlag

and das Erlöschen der Lampen besorgt: die Verzauberung

auf die Welt der Dichtung hin, das mul in der Lyrik oft

der Gedichttitel allein leisten. Zugleich aber soil er auf die

besondere Welt dieses Gedichtes vorbereiten." 12 (Kursivering

van my.)

Waarop berei die titel in hierdie gedig, hierdie situasie nou

voor? — Daar word in die eerste instansie gesê dat dit 'n

sprokie is. Hierdeur word dadelik geappelleer aan 'n latente

kennis van hierdie vorm, 'n vorm wat ten slotte 'n kultuurfeit

is. 'n Afrikaanse leser kan 'n sekere „gemiddelde" aan betekenis

aan die woord (en aan die vorm) „sprokie" heg — dié

gemiddelde sal min of meer die leksikale betekenis van die

woord omvat, met die ervaringsvulling wat uit cie kennis van

sprokies daaraan toegevoeg kan word.

Vir die leksikale betekenis raadpleeg ons Van Dale's Nieuw

12 Wolfgang Kayser, Das Sprachliche Kunstwerk, eine Einführung in

die Literaturwissenschaft, Bern 1951, p. 190.
23

Groot Woordenboek der Nederlandse Taal; daarvolgens is

„sprokie" 'n „in mondelinge overlevering verbreide vertelling,

waarvan de inhoud, in tegenstelling tot epos of sage,

niet in verband staat met historische gebeurtenissen, maar

geheel tot het rijk der verbeelding behoort. . . veelal met gedachte

aan het optreden van bovennatuurlijke wezens en

verschijnselen: vandaar ter aanduiding van iets wonderbaar

13

Oor die Engelse ekwivalent „fairy tale" gee die Concise

Oxford Dictionary die volgende: „account of strange incident,

coincidence, marvellous progress" (Uitgawe 1952).

Bo-natuurlike wesens en verskynsels, wonderbaarlike gebeurtenisse

— hierdie dinge mag ons dus vanuit die gewone

woordbetekenis, na die titel verwag.

Maar ons het gesê dat die aanbod „sprokie" ook aan ons

ervaring van 'n kultuurfeit appelleer — dat dit as vorm, as

vertellingsvorm bowendien, bekend is. Ons verwag uit ons

kennis van sprokies o.m. dat oorsaak en gevolg in so 'n vertelling

oneweredig sal wees, dat 'n gevolg uit verband met

'n oorsaak kan wees, dat gedaanteveranderinge kan plaasvind.

'n Aanduiding van wat die vorm verder omvat, gee

J. T. Shipley; onder Folktale sê by i.v.m. „fairy tale":

,,... our term is inaccurate since most of the tales thus described

have nothing to do with fairies but only with marvels

of all kinds ...The fairy tale is more nearly pure fiction than

any other folktale form since it is not bound by religious

belief or any demands of truth to life." 14

Uit ervaring dan, kan ons konstateer dat 'n sprokie 'n

verhaal is, gewoonlik 'n verhaal met 'n volkse (primitiewe)

oorsprong. Maar kennelik het ons in Sprokie van die Spikkel

nie met 'n verhaal in die gewone sin van die woord te-koei

doen nie. Nie'n vertelling nie, maar 'n gegewe wat tipografies

13 Van Dale's Nieuw Groot Woordenboek der Nederlandse Taal,

(bew. door Dr. C. Kruyskamp en Dr. F. de Tollenaere), 's-Gravenhage 1950.

14 Joseph T. Shipley (ed.), Dictionary of World Literature, New York

1953.

-lijks."
24

in die konvensionele vorm van 'n gedig aangebied is, staan

op die blad voor ons. Die titel hou egter vol dat ons hier 'n

opeenvolging van gebeure moet verwag wat (hoewel in

transposisie) die aard van 'n verhaal sal hé, „ein Geschehen"

sal wees.

Maar daar word ook geantisipeer op die wyse waarop

hierdie verhaal vertel sal word. André Jolles, in sy werk

Einfache ache Formen, gee kenmerke van die sprokie, wat ons

hier gebruik as verdieping van die aanhaling uit Kayser, vir

informasie wat op „die besondere Welt dieses Gedichtes"

voorberei. 15 Bowendien gebruik Dolles as prototipe vir sy

beskouinge oor das Marchen die sprokies van Grimm (die

Kinder- and Hausmärchen — by noem hulle die „Gattung

Grimm") wat sekerlik die tipe sprokie is wat deur die meeste

Westerse mense as bron van hul „ervaringskennis van die

kultuurfeit" beskou kan word.

Jolles erken saam met die gebroeders Grimm in die sprokie

'n grondvorm wat volkome sigself bly, ook „wenn sie von

anderen mit anderen Worten erzählt wird" (p. 226).

In hierdie grondvorm is sekere norme van opbou kenbaar.

En ons lig nou uit Dolles se betoog enkele aanhalings wat as

kernsinne in sy beskrywing van die grondvorm beskou kan

word —

„(Diese Form) ist, wenn wir uns ... negativ ausdrücken,

erstens nicht mehr bestrebt, ein Ereignis von eindringlicher

Bedeutung zu geben, denn sie gibt von Ereignis zu Ereignis

springend ein games Geschehen, das sich erst zuletzt in einer

bestimmten Weise zusammenschliellt; and sie ist zweitens

15 André Dolles, Einfache Formen, Halle 1930, p. 218-246. Ons

beperk ons hoofsaaklik tot een outoriteit, omdat die stilistikus (en die

literatuurondersoeker) uiteraard nie verplig is om hom uitvoerig in te

laat met die wetenskaplike sprokiesvorsing nie. Sy eerste uitgangspunt is

die woord en die betekenisveld daarvan, dus 1) die leksikale betekenis

van die woord „sprokie", en 2) sy ervaring van die kultuurfeit. 'n Beroep

op die sprokiesvorser is meer ter illustrasie dan ter adstruksie van die

argument; op sy meeste 'n verdieping van die leksikale betekenis van die

woord „sprokie" self.
25

nicht mehr bestrebt, diesel Geschehen so darzustellen, dalI es

uns den Eindruck eines tatsächlichen Geschehens macht,

sondern sie arbeitet unausgesetzt mit dem Wunderbaren"

(p. 231).

Sprekende oor die bevrediging wat die sprokie by die

hoorder wek, sê Jolles dat dit berus op die verskynsel „dalI

es in diesen Erzählungen so zugeht, wie es unserem Empfinden

nach in der Welt zugehen mullte." Die belangrike frase

hier is „unserem Empfinden nach", wat Dolles weer opneem

in sy beskouing oor die „moraliteit" in die sprokie. In teenstelling

tot die „filosofiere etiek", wat die vraag stel: „wat

moet ek doen?" is die gepaste vraag volgens hom by die

sprokie: „hoe moet dit in die wereld gaan?" En die antwoord

hou geen etiese oordeel oor die mens se handeling in nie,

maar word op gebeure gerig (p. 239, 240) — 'n naïewe,

gevoelsmoraal, dus. Dit word só saamgevat: „Bestimmen wir

nun von hier aus unsere Form, so können wir sagen, dalI in

dem Marchen eine Form vorliegt, in der das Geschehen, der

Lauf der Dinge so geordnet sind, dalI sie den Anforderungen

der naiven Moral völlig entsprechen, also nach unserem

absoluten Gefühlsurteil ,gut' and ,gerecht' sind" (p. 241).

Aan die ordening van hierdie „wereld" werk ook mee „das

scheinbare Paradoxon, das die eigentliche Grundlage des

Märchens bildet: das Wunderbare ist in dieser Form nicht

wunderbar, sondern selbstverständlich" (p: 243).

In aansluiting by wat Dolles oor die naïewe moraal se, kan

ons ook die mening van S. C. Hattingh noem, dat die verloop

van gebeure in die sprokie volgens 'n „primitiewe" denkwyse

geskied. is

Die voorbereiding wat die titel tot dusver gegee het, was

16 S. C. Hattingh, Sprokiesvorsing — met spesiale toepassing o¢ die

Afrikaanse volksverhale, Johannesburg 1950, p. 20: „Die sprokie is 'n

fantastiese volksverhaal, 'n skepping van die volksgees," en later bring

Hattingh die motiewe van die sprokie in verband met die sage „omdat

hulle waarskynlik aan 'n gelyksoortige primitiewe gemeenskapskultuur

ontspruit."
26

om die niveau van die aanbod aan te dui, en om 'n sekere

Wyse van aanbieding op daardie niveau in vooruitsig te stel.

En die uitdieping van die informasie wat deur „sprokie" in

die titel gegee is, was nodig ten einde die leser op sy hoede

te stel dat die werklikheid van die daaropvolgende aanbod

nie die ervaringswerklikheid van ons moderne Westerse

(Cartesiaanse!) wereldbeeld sal wees nie. 17

Maar die titel gee nog meer informasie. Daarin word uitdruklik

gesë wat die sentrale feitsaak in die aanbod gaan

wees: dit is 'n sprokie van die spikkelkoei, dit is m.a.w. 'n

„vertelling" waarin die spikkelkoei 'n besondere status binne

die hiërargie van aangebode feitsake sal he. Volgens die titel

gaan die gebeure wat daarná volg, op een of ander wyse met

die spikkelkoei in verband staan.

Hoe die aanbod uiteindelik beantwoord aan die antisipasie

van die titel — daaroor moet ons ondersoek uitsluitsel gee.

Dit moet egter ten slotte opgemerk word dat ons reeds vóór

die aanvang van die verdere ondersoek weet dat ons hier met

'n transposisie te make het; ons het dit vroeër aangestip in

die opmerking dat die aankondiging „sprokie" ho-aan 'n

gedig staan. Dit dui daarop dat ons hier met geen „einfache

Form" gekonfronteer word nie, maar 'n vorm van sprokie

waarin 'n individueel-skeppende moment ingegryp het, waar

die „einfache Form" tot 'n ander vlak van taalgebruik getransponeer

is. 18

17 Vgl. Hellinga en Scholtz, a.w., p. 29: „ ... alle feitsake wat in

taalgebruik gegee word, word naamlik gekonfronteer met die in-ervaringgekende

werklikheid van 'n bepaalde kultuur in 'n bepaalde fase van sy

bestaan ...... Aangesien die „werklikheid" van die feitsake in taalgebruik

„steeds 'n bepaalde, tyd-ruimtelik begrensde konfigurasie van ,houdings'

is, moet die taalkundige en literatuurkundige hulle op die hoogte stel van

die ervaringswerklikheid waarbinne die betrokke geval van taalgebruik as

historiese gegewenheid behoort. Hellinga en Scholtz noem dié noodsaak

i.v.m. tekste uit ander kulture of ouer kultuurfases — ons aanvaar die

prinsipe ook vir ons situasie: die leser moet hom op die hoogte stel van

wat die aard van die sprokieswerklikheid kán wees.

18 'n Soortgelyke geval, waar in die titelgewing van 'n gedig na 'n

„einfache Form" as grondstruktuur verwys word, is te vind by D. J.
27

V. Die wêreld-van-die-gedig: analise van die feite-aanbod

Taalvorme in taalgebruik bied in laaste instansie altyd

feitelikhede aan; tot hier toe het ons enkele van die problematiese

taalvorme ondersoek en moes telkens weer op hul

feitelike implikasie terugkom. Hellinga en Scholtz formuleer

dan ook, dat waar die taalvorm self versaaklik word, „hierdie

taalvormsake op hulle beurt weer 'n feitelike implikasie (het)"

(p. 17). Uitgaande hiervan word gesê: „Die feitsake wat in

taalgebruik aangebied word, het klaarblyklik 'n werklikheidstellende

aspek, hulle ,pretendeer' 'n werklikheid" (p. 28).

§ 1. Die werklikheid wat deur die taalvorme, en vandaar

deur die feitsake in ons situasie gekonstitueer word, is van

'n titel voorsien. Dié titel gee die informasie dat hier 'n

sprokie aangebied word, en berei ons dus daarop voor dat die

werklikheid hier 'n besondere aard gaan hê. Sekere kenmerke

wat die situasie mag hê, is dus reeds in verwagting gestel.

Die aanbod open met 'n nosie wat ons tot aan sy begrensing,

die komma aan die einde van A2, ondersoek.

Kuddes vee het verskyn „uit holtes van 'n boom." Nie

holtes wat in 'n boom is nie, maar wat van 'n boom is. Dus

behorende tot die boom — net soos ons sal praat van „takke

van 'n boom" teenoor „takke aan 'n boom." As ons se: „daar

was 'n tak aan die boom," word die tak in 'n verhouding tot

die boom geplaas wat verbondenheid maar nie eiendomlikheid

aangee nie. Netso sou „holtes in 'n boom" aanbied dat

holtes t.o.v. die boom kontingent is. „Holtes van 'n boom",

daarenteen, gee holtes as 'n normale attribuut van 'n boom.

Daar is geen lidwoord by „holtes" nie; daardeur word ook

informasie gegee. Paul Christophersen skryf: „The zero-form

of a unit-word in the plural makes an impression of something

continuous with indefinite limits." 19 Die sg. zero-vorm word

gebruik wanneer die meervoud die hele genus verteenwoordig

Opperman, Negester oor Ninevé, Nasionale Pers Beperk 1947, P. 16:

Legende van die Drenkelinge.

19 Christophersen, a.w., p. 35-36.
28

(„toto-generic sense"), in negatiewe sinne ( „nulli-generic

sense", bv. „ons het nie koekies by ons tee gekry nie") en

wanneer 'n onbepaalde hoeveelheid van die genus aangedui

word („parti-generic sense").

In ons konteks het ons te doen met die gebruik in „partigeneric

sense" — daar word 'n onbepaalde hoeveelheid van

die soort aangedui. Maar die onbepaalde meervoud kry bepaling

deur die voorsetselgroep wat volg: „van 'n boom.” Dit

is dus nie onbeperkte holtes nie, maar „soveel holtes as wat

daar in 'n boom is." Hier weer is „boom" nie bepaald nie;

Christophersen sê ,,An a-phrase only indicates that the speaker

is thinking of a member of such and such a class.” 20 Die klas

hier is „borne"; uit die konteks en die funksie van die voor

kan ons selfs konkludeer dat die klas bome-met-

-setsel „van"

holtes is.

In albei gevalle word 'n algemeenheid gegee, albei is representante

van 'n algemene kategorie, maar onderling partikulariseer

„holtes" en „'n boom” mekaar deur die betrekking

wat deur die voorsetsel geskep word. Tog bly die onbepaaldheid

in die woordgroep dominant; hoewel sekere ruimtelike

grense aan „holtes" gegee word omdat hulle tot 'n boom

behoort, bly die hoeveelheid nog onbekend.

Uit hierdie ruimte dan, hierdie onbepaalde maar nie onbegrensde

holtes van 'n boom „het kuddes vee gekom." Dié

aanbod gee nuwe beligting aan die ruimte, maak dit inderdaad

'n supra-normale boom, 'n boom wat ontstaansgrond

is vir kuddes vee — 'n ongetelde menigte.

Want „kudde" is 'n versamelnaam, maar hou geen perke

vir aantal in nie. 'n Groep beeste, byvoorbeeld, sal 'n kudde

vorm wanneer dit 'n (tydelik-afgeslote) versameling, behorende

tot een plek, tot een persoon, of selfs opgepas deur een

herder, vorm. Maar „kudde" beteken ook afsonderlike groep.

In ons teks staan hierdie versamelnaam ook nog as on-

20 Christophersen, a.w., p. 32. In hoeverre 'n spreker werklik dink

terwyl by praat, is 'n psigologisties-gekleurde mening wat ons aan die

rekening van Christophersen moet oorlaat.
29

bepaalde meervoud; qua aantal beeste (as dit 'n kudde of

kuddes beeste sou wees) het ons dus hier te maak met 'n getal

wat oor die grens lê van wat ons kan oorsien. Dit is „onbepaald

X onbepaald" — die onbepaaldheid van die hoeveelheid

vee in die kudde vermenigvuldig met die onbepaaldheid

van die meervoud-sonder-lidwoord, die aantal kuddes.

Ook geen soort-onderskeiding word hier gegee nie; kuddes

(ongedifferensieerde) vee het voortgekom. Weereens het ons,

soos in die geval van „holtes" en „'n boom", hier te doen

met twee onbepaaldhede wat mekaar onderling partikulariseer.

Dat die vee so te sê afsonderlik in kuddes versamel is,

hou groeperings in, en dat dié kuddes uit vee saamgestel is,

gee die moontlikheid van alle soorte vee binne die kuddes.

Maar uit die meervoud „kuddes" kan daar nog twee feite

afgelei word: dat die ongetelde menigte vee só groot was dat

ook 'n onbepaalde aantal kuddes daaruit gevorm kon word,

df dat uit die holtes periodiek vee voortgekom het, sodat die

voortbrengsel telkens 'n kudde gevorm het. En hierdie feite

struktureer terug om informasie te gee aangaande die aard

van die ontstaansgrond, „holtes van 'n boom"; aangaande die

onuitputlike potensie van hierdie ontstaansgrond.

— Wanneer die leser vir 'n oomblik verwonderd is oor

die wonderbaarlike gebeure van hierdie eerste nosie, word

die verwondering dadelik gepas gemaak deur die titel in

herinnering te bring. Ons is deur die titel voorberei op 'n

sprokie, en die eerste gebeure in die situasie, wat uit die

standpunt van die ervaring-van-elke-dag 'n werklikheidskonflik

sou gee, bied geen konflik met ons verwagtings nie.

Hierdie gebeure is dus al dadelik geïntegreer op die vlak

van die sprokie. 21

21 Vgl. G. van der Leeuw, De Primitieve Mensch en de Religie

Anthropologische Studie, Groningen—Batavia 1937, p. 97: „Niet het wonder

is het wonderlijke in het sprookje, maar het uitblijven van een wonder.

Dat de beer een betooverde koningszoon blijkt te zijn, is volstrekt niet

verbazing wekkend. Het zou integendeel vreemd zijn, wanneer hij een

gewone beer bleef."
30

§ 2. Die ontstaan van kuddes vee, die gebeure van

A(1+2), is egter nie afgestuit van die res van die sintaktiese

eenheid A nie. Na die verseinde A2 word deur die komma

verband gele met die volgende, 'n verband wat nog onderstreep

word deur die temporele bywoord „toe", wat ook in

sy voegwoordelike funksie hier in gebruik tree (vgl. p. 17, 20).

In vervolg op A(1 +2) dus, word twee nuwe feitsake in die

situasie gebring. In teenstelling tot die feitsake in A(1+2)

word hierdie sake presies gepartikulariseer: „my broer", „die

spikkelkoei". Die taalvorm „my" bied egter 'n verdere persoon

impliciet aan: „ek". Hierin word 'n verteller geaktiveer,

wat direk aan die hoorder sy ervaring meedeel.

„My broer kies". Ons kan aan hierdie handeling reliëf gee

deur die werkwoord met „vat" of „neem" te substitueer. In

die drie moontlikhede

toe kies my broer / die spikkelkoei.

toe neem my broer / die spikkelkoei .. .

toe vat my broer / die spikkelkoei ..

het ons telkens met 'n toe-eieningshandeling te doen. In die

laaste twee gevalle is daar toe-eiening sonder meer. Maar

„kies" onderskei hom van laasgenoemde twee deurdat dit

'n handeling-met-oorweging is: leksikaal sê „kies" dat binne

'n aantal moontlikhede uitgesoek wort (vgl. Van Dale).

Die aantal moontlikhede in ons geval is gegee in die ongetelde

menigte van „kuddes vee": hieruit word uitgesoek.

En die saak waaraan voorkeur gegee word, is „die spikkel

één onder die lawines vee wat uit 'n boom voortgekom-koei",

het.

„Kies" skep dus hier 'n waardeveld, waarin die spikkel

enige ander lid van die kuddes vee,

-koei rang verkry bo

bloot omdat sy verkieslik was uit 'n menigte — geen verdere

beweegrede as voorkeur word in die handeling gegee nie.

Maar in die gradéring: „kuddes vee teenoor die spikkel

betrekking wat daardeur tussen die twee feit-

-koei", en die

sake gele word, word nou 'n funksie van die onbepaalde

meervoud van „kuddes vee" teenoor die bepaalde enkelvoud
31

van „spikkelkoei" duidelik. Eersgenoemde gee reliëf aan die

besonderheid van die koei, één tussen vele; dit onderstreep

die unieke bestaanswyse van die spikkelkoei.

Ons herhaal „onderstreep ", want die eintlike indikators

van die unieke bestaanswyse van die koei t.o.v. kuddes vee

is die dubbele presisering wat die feitsaak „koei" kry, deur

die bepaalde lidwoord èn deur die eerste lid van die samestelling,

nl. spikkel-. In dié samestelling staan die eerste lid

in adjektiwiese verhouding tot die tweede, met die betekenis

„gespikkeld", wat aan die samestelling die betekenis „koei

met spikkels gemerk", of „gespikkelde koei" gee. 22

In die woordkorpus self word op dié wyse 'n besondere

soort koei gegee; die aard van die koei as verskyning, as

visuele waarneembaarheid, waarin sy byvoorbeeld van 'n

spookkoet verskil, word daarmee gesê.

Daar is reeds aangetoon dat die bepaalde lidwoord die

spikkelkoei-feitsaak as bekend veronderstel, 'n bekendheid

wat nie in die konteks self gemotiveer word nie 23 (vgl. p. 11).

Ook is gesê dat die bepaalde lidwoord die spikkelkoeifeitsaak

as bepaald stel teenoor die onbepaaldheid van die

kuddes vee, dus in enkelheid gefikseerd binne die onbepaalde

menigte. En na aanleiding van „kies" is die spikkelkoei tot

waardevolle, begeerlike objek binne die konteks gekonstitueer.

Tot dusver word hierdie feitsaak dus gegee as 1) in uiterlike

opsig gespesifiseer (spikkel-); 2) bekend (die); 3) bepaald

(die); 4) waardevol (uit kuddes gekies).

22 Vgl. Schönfeld's Historische Grammatica van het Xederlands,

Klankleer, Vormleer en Woordvorming (verzorgd door Prof. Dr. A. van

Loey met medewerking van Dr. M. Schönfeld), Zutphen 1954, p. 181:

„De nominale composita zijn in hoofdzaak determinatieve composita,

d.w.z. het tweede lid wordt door het eerste op de een of andere wijze

nader bepaald."

23 Vgl. Christophersen, a.w., p. 73: „The article the, by its association

with previous experience, adds special traits to the general meaning of

a word. By the unambiguous reference to outside knowledge (not

contained in the idea of the word itself), the word is felt to stand for

one definite individual and thus attains something of the nature of a

proper name."
32

Ons het reeds verwys na die betrekking tussen „kuddes

vee" en „die spikkelkoei". Die betrekking is geaktiveer deur

die betekenis van die werkwoord „kies", waardeur die kuddes

vee die groter aantal moontlikhede geblyk het waaruit die

keuse van die spikkelkoei gedoen is. Maar die gebeure in

A(3+4), waarin die spikkelkoei genoem word, word deur die

komma aan die einde van A2 en deur „toe" in verband met,

in betrokkenheid op die voorgaande gebeure in A(1 +2)

gegee. En in A(1 +2) word die meta-reële verskyning van

kuddes vee meegedeel. Uit die linguistiese verband tussen die

twee nosies konstateer ons 'n feitelike verband: die spikkel

oorsprong as die kuddes vee, ook sy het op-koei

het dieselfde

„bo"-natuurlike wyse verskyn. Hierin is sy dus gelyk van

aard aan kuddes vee.

Hierdie gelykheid impliseer dat ons nie die begeerlikheid

van die spikkelkoei aan haar bo-natuurlike oorsprong kan

toeskryf nie. Reeds by die bespreking van die bepaalde lidwoord

by „spikkelkoei" het ons tot die slotsom gekom dat die

eksplisiete en implisiete kontekstuele basis vir die gebruik van

„die" ontbreek; ons moes aanvaar dat die spikkelkoei 'n bekende

feitsaak is. En ook vir die begeerlikheid van die

spikkelkoei, vir die rede waarom sy binne kuddes vee waardevol

geag is, is daar in die situasie tot hier toe geen eksplisiete

kontekstuele basis gegee nie. Daar is geen rede vir „my

broer" se keuse nie, behalwe as ons aanneem dat die waarde

van die spikkelkoei as sodanig reeds gesê is in die blote noem

van die feitsaak. In dié geval sou enige motivering van „my

broer" se keuse oorbodig gewees het.

Ons kan 'n soortgelyke situasie konstrueer as toeligting:

wanneer daar, binne 'n trop pluimvee, die gans wat die goue

eiers lê, gekies word, het dié keuse geen motivering nodig nie!

Maar dan sou dit nodig wees dat die betekenis van die gans

bekend is. Hoewel daar nie uitdruklik inligting oor die betekenis

van die spikkelkoei in die teks gegee word nie, het

ons tog vroeër by 'n ondersoek van die informasie wat die

titel verskaf, vasgestel dat die noem van die spikkelkoei in die
33

titel vir haar tot sentrale feitsaak in die daaropvolgende teks

sal maak.

Waar die spikkelkoei nou sonder meer in A4 genoem word,

gaan die informasie van die titel persevereer; die vanselfsprekende

waarde van die spikkelkoei word na aanleiding

van die titel voorlopig meer aanvaarbaar.

'n Motivering vir haar begeerlikheid word daardeur nie

gegee nie; maar die spikkelkoei is deur die konteks uitdruklik

tot waardevolle objek gemaak.

§ 3. Die voltooiing van die nosie A(3+4) met „vir hom"

neem ons ondersoek weer terug na die werkwoord „kies" (A3)

waarvan hierdie voorsetselgroep die aanvulling is. Wat

reeds „toe-eiening" beteken (kies), word deur die voorsetselgroep

nou geïntensifieer — „kies" plus „vir hom" is 'n soort

stapelvorm, omdat die betekenis-element „eie-maak" in die

eerste herhaal word in die tweede. Maar hierdeur word op

feitelike vlak aan die handeling van „my broer" ook iets

toegevoeg. 24

Die keuse van „my broer" word deur die voorsetselgroep

„vir hom" tot veel méér dan kies gemaak — in sy keuse sluit

„my broer" enige ander persoon (enige ander kieser, desnoods)

definitief buite.

Daar is gesê dat in die taalvorm „my" nog 'n persoon in die

situasie ingebring word — „ek", die verteller. En deurdat

die kies-handeling van „my broer" sodanig selfgerig is, word

'n klein opposisie geïmpliseer met die ander persoon wat in

die situasie aanwesig is. „Vir hom" hou naamlik in: „nie vir

my of vir enige iemand anders nie; the vir sy suster nie";

„my broer" het hom in sy keuse ten opsigte van die verteller

geïsoleer.

24 Die voorsetselgroep se funksie van intensifikasie in hierdie geval

is o.i. die direkte teenoorgestelde van 'n stapeling wat voorkom omdat die

betekenis van die verwante woord in die taalgebruik om een of ander

rede afgeslyt geraak het, soos in die geval van die toutologiese woord

bv. „tortelduif". Vgl. C. P. van der Merwe, W. Kempen en-vorming,

Jaco van der Merwe, Afrikaans as Eerste Taal, Kaapstad s. j., p. 256.
34

Die punt aan die einde van A4 sluit nie alleen A as sintaktiese

eenheid af nie, maar dui terselfdertyd die afsluiting van

'n eerste kontekstuele eenheid aan. Die einde van die sin is

naamlik ook die einde van die strofe.

Die nuwe sintaktiese eenheid, en die nuwe strofe, is dus

deur hierdie tweeledige einde van die voorafgaande geskei,

in linguistiese èn in poëtieke opsig, en — as implikasie hiervan

— in feitelike opsig.

Maar reeds in Bi word die skeiding oorbrug. Ons het dit

in die ondersoek na die tydsindikators voorheen aangeraak:

„hom" in B1 is as voornaamwoord ongeïnformeerd, m.a.w.

sakekennis omtrent die persoon of saak wat deur die voornaamwoord

„hom" hier aangedui word, is nodig om die

voornaamwoord sinvol te maak. Maar „hom" (Bi) is herhaling

van die laaste woord in A; 'n na-klank, oor die strofegrens

heen, word deur „hom" (Bi) opgevang. En wanneer

ons nou soek na 'n reeds aangebode feit ten einde die nodige

sakekennis vir Bi te verskaf, word onvermydelik deur dié

woordherhaling na A4 terugverwys.

In A4, egter, het „hom" in sy aanwysende funksie geslaan

op die selfstandige naamwoord „broer". 25 Via „hom" (A4)

slaan dus ook die voornaamwoord in Bi in sy aanwysende

funksie op „broer" (A3).

Die voornaamwoordelike skakeling deurbreek die skeiding,

maar die grense bly gehandhaaf — 'n ewewig van begrensing

en skakeling word deur sinseinde en strofe-einde enersyds, en

die appèl vanuit B op saaklike informasie in A, andersyds,

geskep. B word 'n nuwe episode, maar ook 'n volgende

episode.

In die nuwe episode tree „ek" (wat in A3 geïntroduseer is

25 Dr. Meyer de Villiers, Woordsoorte, Werkvoorde en Tye, Kaapstad

1948, p. 34 vlg., onderskei tussen die aanwysende funksie van die

voornaamwoord en die (onjuiste) „tradisionele" opvatting dat voornaam

plek van naamwoorde inneem. Ons stel ons hier op dr. de-woorde

die

Villiers se standpunt wanneer ons van die aanwysende funksie van die

voornaamwoorde praat.
35

deur „my") nou eksplisiet handelend op. Bi deel 'n gewelddadige

handeling mee, wat voltrek word tussen twee persone

wat albei reeds uit A bekend is (ek, my broer) — „Ek stoot

hom oor 'n krans."

Maar dié handeling self is reeds voorberei in A. Dáár was

sprake van 'n opposisie, van 'n broer wat hom in die toeeiening

van 'n begeerlike en uitsonderlike objek nadruklik

van die verteller, die ander, geïsoleer het. Hierdie opposisie,

hierdie klein spanning in A, word nou tot 'n botsing in B 1:

„ek" ruim „my broer" met geweld uit die weg.

Wáár hierdie daad geskied, word slegs in onderbeligting

aangedui: „oor 'n krans", waarin dit weer die onbepaalde lidwoord

is (soos in die geval van „'n boom") wat presiese aanduiding

voorkom. En ewe-so word die lot van die broer na

die gewelddaad in die eerste reël van episode B, nie uitgesê

nie; sy lot (m.a.w. wat die uiteindelike gevolg van B1 was)

word nie verder gegee as die onmiddellike reaksie op „stoot"

nie — „hy val in 'n mik".

Hierin is die plek ook nie gepresiseer nie (in 'n mik). Wat

egter uit die feite van B2 blyk, is dat nog 'n punt naas „'n

krans" in die ruimte opgestel word — 'n soort sketsmatige

enscenering van die, gebeure in Bi en B2.

§ 4. Binne die episode B, as sintaktiese eenheid, het ons

vroeër uit die funksie van die kommas en die aard van die

tydsindikators 'n betrokkenheid van die primêre sintaktiese

sub-eenhede op mekaar gekonstateer.

Volgend op die gewelddaad en die onmiddellike resultaat

daarvan (B1 en B2), en in gegewe linguistiese verband daarmee,

vind egter nou 'n fokus-verskuiwing plaas, weg van die

botsing tussen broer en broer teen die enscenering van krans

en mik.

In die sintaktiese sub-eenheid B(3+4) word die aandag

nou ten tweede male op die spikkelkoei gevestig. Die spikkel

naamlik aanwesig in 'n handeling wat plaasvind nadat

-koei is

haar eienaar-volgens-toeëiening, „my broer", uit die weg
36

geruim is. Sy word nou „in besit geneem" deur 'n nuwe element

in die situasie — 'n kraai.

Die voegwoord-bywoord „toe" is een van die aanwysings

in watter temporele verhouding hierdie gebeure tot dié in BI

en B2 staan, is vroeër gesê. Maar wanneer, deur die temporele

funksie van „toe" (onder meer) die volgende chronologiese

interpretasie moontlik gemaak is: „Nadat ek my broer

oor die krans gestoot het en hy in 'n mik geval het, het 'n

kraai op die spikkelkoei gaan sit," blyk dit dat dié temporeel

ook in 'n ander (en hegter) verband-geskakelde

reeks gebeure

gesien kan word. Op feitelike vlak kan daar geen twyfel wees

dat die gebeure in Bi die oorsaak was vir die gebeure in B2

nie. Die teks, selfs al word in ag geneem dat hier in 'n

sprokieswêreld beweeg word, bied hier geen probleem vir ons

gewone werklikheidservaring nie: wanneer iemand oor 'n

krans gestoot word, sal hy val! Maar wat in B1 begin is, is

nie ná afloop van B2 voltooi nie, want die komma aan die

einde van B2 projekteer immers vooruit. Na afloop van B1 en

B2 het daar nog iets méér gebeur: „toe het 'n kraai / op die

spikkelkoei gaan sit." Hierdie gebeure is in sintaktiese en

temporele opsig die voltooiing van die handeling in die eerste

twee sub-eenhede. En in die noue verbondenheid wat op dié

wyse tussen die drie sub-eenhede ontstaan, sou die kousale

verband tussen B1 en B2 ook kon deurwerk na B(3+4), sodat

die verskyning van die kraai op die spikkelkoei the net in die

tyd volg op die botsing tussen die broers nie, maar ook

ge-volg is van die botsing.

Daar kan dus nog 'n funksie hier aan „toe" toegeskryf

word: die aanduiding van 'n kousale verband tussen die feite

in die eerste helfte van die episode en die feite in die tweede

helfte daarvan. Ons kan sê dat 'n kraai na aanleiding van die

gewelddaad van broer teen broer, die uit-die-weg-ruim van

dié een aan wie die spikkelkoei behoort het, op die spikkelkoei

gaan sit.

'n Kraai — een van 'n soort dus. Maar in hierdie nosie

B(3+4), word van die waarde van die soort in dié konteks,
37

niks verder meegedeel nie. Daar was 'n gewelddaad — en 'n

kraai het toe gekom, een van 'n groterige, swart voëlsoort,

bekend „als roofzuchtig, azend op lijken en als onheilsbode"

(Van Dale). En trouens, sonder die hulp van die woordeboek

is dit in die Afrikaanse volksgeloof, vir die Afrikaanssprekende

bekend dat die kraai 'n onheilsbode is. F. Th. Schonken

skryf: „Wanneer een uil op het dak schreeuwt, beteekent dit

dood en ongeluk; eveneens, wanneer de hond 's nachts voor

de deur huilt, zwarte kraaien om het huis fladderen". 26

Tog sou dit fout wees om te you te wil aanneem dat 'n

kraai in hierdie konteks dieselfde waarde as die gebruiklike

sal hê. Dit is moontlik; daar is onheil aan die orde in die

episode waarvan die kraai se verskyning die gevolg is. Maar

dit is 'n ander wêreld hierdie, 'n wêreld waarin ons gewone

werklikheidservaring in die eerste instansie buitegesluit is

deur die aanvang, wat voorberei het op „bovennatuurlijke

wezens en verschijnselen". Die leser is dus as 't ware gewaar

om eers alle assosiasies wat by gewoonweg met 'n kraai-sku

sou hê, af te sny, hulle te suspendeer om te sien of hul inderdaad

in hierdie konteks, in hierdie wêreld, ook sou geld.

Andersyds is die leser daarop voorberei dat, in 'n metareële

wêreld, 'n kraai nie sommer kraai, sommer voël is nie.

Dit word nou dubbel bevestig — eers deur die tydstip van die

verskyning van die kraai, en dan deur die plek van die kraai

se verskyning („op die spikkelkoei").

26 F. Th. Schonken, De Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche Volks

Amsterdam, 1914, p. 44. Hoewel die kraai origens ook in-overleveringen,

Suid-Afrikaanse folklore bekend is as 'n voël wat op dooie dinge gaan

sit, en oë uitpik, ie die emblematiese betekenis daarvan nie so vas soos

bv. in die sewentiende eeu die betekenis van 'n „sprekende beeld" of 'n

embleem nie. W. Gs Hellinga, in Interpretatie van de Nachtwacht — een

inleidende studie, De Gids, Maart 1955, toon aan hoedat in die interpretasie

van die feite-aanbod van 'n sewentiende eeuse kunswerk, met

die emblematiek rekening gehou moet word. In die interpretasie van

moderne poësie, daarenteen, moet die leser eerder versigtig wees om 'n

voor-die-hand-liggende of „emblematiese” betekenis aan bv. jakkals, leen,

arend, sonder meer toe te ken.
38

Die betekenis van die eerste bevestiging is voor-die-handliggend:

die verskyning van 'n kraai is die gevolg van die

onheil in die eerste deel van die episode, „wie es unserem

Empfinden nach in der Welt zugehen muílte" (Dolles). Die

betekenis van die tweede bevestiging is daarnaas afhanklik

van die funksionele waarde wat die spikkelkoei op hierdie

stadium in die situasie het.

Die spikkelkoei (B4) word gefokus in die episode wat in

resultatiewe verband tot die voorgaande (B1, B2) staan. Sy

is in feite die middelpunt van die handeling wat in hierdie

episode verhaal word — die punt waarheen die kraai beweeg

het. Maar die gebeure wat aan dié episode voorafgegaan het,

is op hul beurt voorberei deur die keuse in 'n vroeër tydperk

— toe „my broer" die spikkelkoei vir hom gekies het.

Dat die spikkelkoei op hierdie wyse aanwesig is in die

gevolg van die keuse wat juis om háár gegaan het, deel meer

mee omtrent haar aanvanklike funksie t.o.v. die gebeure in

B; dit struktureer m.a.w. terug na A.

Nou word in terugstrukturering duidelik dat die botsing

tussen broer en broer nie alleen omrede van die manier-vankies

gekom het nie. Ook die objek wat gekies is, het daarin

meegewerk. Die spikkelkoei word dus nou, vanuit B(3+4),

ondubbelsinnig as twisappel gegee; dat „ek" geweld pleeg

teenoor „my broer", het gebeur omdat by die spikkelkoei

gekies het. Want „ek" het ook die hiërargie van die spikkel

kuddes vee erken.

Vanuit B(3+4) word op dié wyse die samehang van die

episodes A en B hegter gemaak.

Wanneer die spikkelkoei nou die twisappel blyk te wees,

die voorwerp begeerlik vir „my broer" én vir die verteller,

die voorwerp terwille waarvan die broer hom van die verteller

geïsoleer het, ter wille waarvan die verteller die broer

leed aandoen — en 'n kraai kom na afloop van al hierdie

dinge „besit neem" van die koei, word die sinistere assosiasies

met 'n kraai ook in hierdie konteks, in hierdie wêreld geaktiveer.

Daar word egter nog geen uitsluitsel gegee oor die

-koei binne
39

presiese betekenis wat 'n kraai in hierdie wêreld het of gaan

hé nie.

§ 5. Dié episode B (wat soos A deur sintaktiese en poëtieke

afsluiting tot kontekstuele eenheid gekonstitueer word)

word nou gevolg deur die groter intensiteit van C. „Groter

intensiteit" — want, volgens Havers (soos op p. 19 aangehaal)

moet die verhalende imperatief, waarvan ons hier drie voor

Cl, C2a en C2b, binne 'n groep-beelde

het in die sub-eenhede

verskynsels beskou word waarvan die gebruik tot groter

aanskoulikheid én „zur Erregung der Spannung" in die vertelling

dien. Ook die groter direktheid van mededeling waartoe

hierdie verskynsels van aanspreking middel is, die bewerkstelliging

van „einem engeren seelischen Kontakt" met

die hoorder, toon dat daar 'n groter intensiteit nou in die vertelling

kom.

Die drie verhalende imperatiewe bied dan telkens aan:

voorbereidings tot 'n daad wat uiteindelik op 'n slagoffer

gemik is. Die eerste voorbereiding, die handeling in Cl, skyn

'n beswering van 'n klip te wees, ten einde te bereik wat in

C2b gesê word met „moenie kwes". Want in die kamma

wat tot dusver geskep is, 'n wêreld waarin wonder-

-wêreld

baarlike verskynings aan die orde is en 'n kraai se onheils

werklikheid is, kan hierdie handeling, „Smeer vet

-boodskap

aan 'n klip", as towerformule staan.

Maar as dit 'n towerformule is — moet die leser nie met

die oorsprong daarvan bekend wees ten einde te weet watter

werking dit in hierdie konteks sal hê nie? En, indien by dit

nie ken nie, sal dié gebrek aan sakekennis hom nie buite die

konteks moet neem na die gebied van die folklore nie?

— Elke kenner van Afrikaans sal egter weet dat 'n naelloper

soos „'n vetgesmeerde blits" sy laaste vak aflê, dat 'n mens

„vet gee" as daar haastig gemaak moet word (soos in Engels:

„go it! "). En verder: 'n bygeloofsgebruik is algemeen bekend,

veral onder jong seuns, om eers op 'n klip te spu voordat
40

hulle daarmee gooi. 27 Die idioom en die bygeloof tesame kan

voldoende „etimologie" vir die formule in Cl vorm. Cl moet

dan feitlik as kontaminasie van die twee dinge onderling

beskou word. En dus is uit 'n kennis van die taal alreeds af

te lei dat spoed, trefsekerheid aan die klip in hierdie konteks

toegevoeg moet word deur die formule.

Die uitdrukkings „vetgesmeerde blits", „vet gee", en die

beswering van die klip het egter al geyk geraak in taal- en

kultuurgebruik tot idioom en gewoonte respektiewelik. Normaalweg

is daar sekerlik nie meer by die gebruik daarvan 'n

„magiese" opset nie; in die kultuurtaal geld hierdie uitdrukkings

as 'n „Versteinerung", in die sin waarin Havers dit

gebruik, naamlik as 'n oorblyfsel van 'n primitiewe denkwyse

wat allengs sy oorspronklike waarde verloor het. 28

Maar hierdie handeling, „smeer vet aan 'n klip", word as

feitelike aanbod gedoen in 'n konteks waarin alreeds 'n aura

van meta-realiteit geskep is. Hierdie sprokieswêreld erken die

werklikheid van die bo-natuurlike ( „Uit holtes van 'n boom /

het kuddes vee gekom"). En op dié vlak kry die geykte uitdrukking

weer sy oorspronklike waarde terug; in die konteks

word die „eerste" betekenis van die handeling geaktiveer, en

die eerste, oorspronklike geloof in die effektiwiteit van die

formule herleef. In hierdie wereld, dus, geld „smeer vet aan

'n klip” inderdaad as towerformule.

In die voorbereiding tot die daad word alle moontlikheid

27 Hiervan maak N. P. van Wyk Louw gebruik in een van die gediggies

in die afdeling Klipwerk van .Wuwe Verse (Kaapstad 1954):

Klippie-nat-spu, vang die haas!

sy ore skyn al deur....

(p. 52)

28 In § 85 van Handbuch noem Havers soortgelyke „verstenings",

waar die primitiewe geloof in bo-natuurlike demone in die kultuurtaal

oorgebly het: „DaB auch das Seelische, insbesondere die Erscheinungen

des Gemüts- and Affektlebens, einst mit übernatürlichen dämonischen

Wesen in kausale Verbindung gebracht wurden, davon haben rich auch

in den Kultursprachen noch manche sprachliche ,Versteinerungen' erhalten....

P. Kretschmer (hat) gezeigt, daB den Bezeichnungen fur

Abstrakta die Namen von Di monen zugrunde liegen" (p. 104).
41

van mislukking uitgeskakel; selfs ná die baswering van die

klip, word die voorsorg herhaal: „korrel fyn, moenie kwes".

Ook uit hierdie herhaling spreek 'n intensiteit, 'n gespanne

doelgerigtheid.

Wie deur hierdie noukeurige, tot driemaal toe gespesifiseerde

voorbereiding as slagoffer bedoel is, word nie gesê

voordat die daad reeds afgehandel is nie. Dan gee C3 die

gevolg daarvan — „toe sak 'n duisend vere". Dat C3 die

gevolg is van Cl en C2 is die feitelike implikasie van die

linguistiese verbondenheid van dié sub-eenhede, gegee deur

die kommas, die chronologiese volgorde en die funksie van

„toe". Binne die patroon van die „toe"-konstruksie veral,

konkludeer ons tot noodwendige samehang tussen Cl en C2

enersyds, en C3 andersyds.

Maar die daad self, die tref van die slagoffer, word nie

eksplisiet vermeld nie. Daar is die self-aanspreking van die

verhalende imperatiewe, en daarna sak die vere reeds.

'n Mens sou kon aflei dat hier 'n leemte gelaat is, dat 'n deel

van die handelingsreeks uitgelaat is. Die handelingsfeit wat

deur die imperatiewe aangebied word, is egter dat, tegelyk

met die self-aanspreking, die daad waartoe opdrag gegee is,

uitgevoer word. Immers, die imperatiewe is verhalend. Wanneer

dus gesê word: „moenie kwes", dan is tegelykertyd gesê

dat daar the gekwes is nie. En dan is daar net één ander

moontlikheid: dat die slagoffer gedood is, want „moenie

kwes" kan na al die voorbereiding tot die daad nie beteken

dat daar heeltemaal mis gegooi is nie. Daar is dus geen

hiaat in die reeks nie.

Nou word in C3 die effek van die daad op so 'n wyse gegee

dat „'n kraai" van B daarin aanwesig is. Dit is 'n slotsom op

grond van assosiasie na aanleiding van die vere wat sak:

tussen 'n kraai en 'n duisend vere kan 'n verband bestaan,

dit val binne 'n deur die natuur gegewe moontlikheid, 'n kraai

het nou eenmaal vere. Maar die aard van die verband is the

uitdruklik gegee nie; sintakties en strofies is hierdie feitsake

van mekaar geskei.
42

In die wêreld van die sprokie kan assosiasie-moontlikhede

tussen feitsake genoegsame grond wees vir 'n band tussen

dié dinge. Wanneer daar eers van 'n kraai sprake was, daarna

van 'n voorbereiding om na iets te gooi, van 'n trefskoot en

van vere wat sak, skakel hierdie sake in 'n natuurlike reeks.

Die skeiding tussen die strofes, tussen die twee kontekstuele

eenhede B en C word op die manier oorbrug. 29

§ 6. Die tweede daad van uit-die-weg-ruim, dié in C2,

gemik op die kraai van B(3+4), het tot gevolg dat 'n duisend

vere sak, „noord, suid, oos, wes". Vanuit normale taalgebruik

beskou, is die aanbod C(3+4) om twee redes dubbelsinnig.

Daar ontbreek naamlik ten eerste 'n voorsetsel; „normaal"

sou wees: „toe sak 'n duisend vere uit die noorde, die suide",

ens. (Ook substantivering van die bywoorde sal in 'n verbinding

met die voorsetsel normaal wees.) In dié geval interpreteer

ons dat die vere nie net van 'n kraai afkomstig is nie;

uit alle windstreke kom 'n reën van vere.

NLKRA p^

,mac.

Maar ons kan C(3+4) ook sien as gebeure wat volg omdat

een kraai „nie net gekwes is nie", dat dit dus die vere is van

die kraai wat op die spikkelkoei gaan sit het, wat sak. Die

normale voorsetsel sou dan wees: „toe sak 'n duisend vere na

29 Vgl. Ernst Cassirer, Die Begrif fsform im Mythischen Denken, Leipzig-

Berlin 1922, p. 45: „(Das mythische Denken) führt jede Ahnlichkeitsbeziehung

zwischen zwei Inhalten auf eine beiden zugrunde liegende

sachliche Identitát zuruck.... Alles gleichartige Sich-Verhalten von

Dingen oder Vorgängen ist ihm der unmittelbare, gleichsam handgreifliche

Beweis dafür, daB in ihnen irgend etwas Gemeinsames enthalten sein

muB."
43

die noorde, suide", ens., omdat die vere dan van een punt

afkomstig is.

Ten tweede is die betekenis van die bywoorde „noord, suid,

oos, wes" (mede deur die afwesigheid van 'n voorsetsel om

die aanbod te verhelder) ook dubbelsinnig. Word daardeur

nou die windstreke bedoel? In dié geval word in C(3+4) gesê

dat die ruimte volstrek in beslag geneem word deur vere.

„Noord" is „die hele gebied noord van die kraai (en, miskien,

van die verteller, vanuit sy staanplek gesien)"; „suid" is die

„hele gebied suid van die kraai", ens. En die som van hierdie

vier aanduidings sou dan wees — „oral".

— Of word deur die aanbod in C4 rigtings bedoel? Dan

moet geïnterpreteer word dat hierdie duisend vere van een

kraai alleen afkomstig is, en dat hulle eers in alle rigtings

spat en dan sak. („Sak” is hier veral geïntegreer, want die

kraai sit bo die grond, „op die spikkelkoei").

Hier bied die teks o.i. albei moontlikhede tegelykertyd aan.

Albei betekenisse word versaaklik deur die anormale gebruik

van „noord, suid, oos, wes" sonder voorsetsel. En albei

moontlikhede kan uiteindelik in die konteks geïntegreer word,

weereens omdat ons binne 'n sprokieswêreld beweeg. Die

interpretasie sal dan lui: 'n Duisend vere is waarskynlik méér

vere as van een kraai. Die vere kom van die kraai wat „nie

net gekwes is nie", maar daar is meer vere as net dié van die

kraai. Die vere het in alle rigtings gespat, en alle windstreke

volgespat, sodat uit alle rigtings, uit alle windstreke nou vere

sak.
44

§ 7. Die vraag bly nou nog: wat is die funksie van die

onbepaalde lidwoord en die telwoord by „vere" (C3)?

Klaarblyklik word hier nie „getel" nie — immers, voor die

telwoord staan 'n onbepaalde lidwoord. En van die onbepaalde

lidwoord by telwoorde sê Christophersen: „The use of

a with nouns of measure and multitude is natural enough...

a hundred, a score ... No numerical contrast is implied in

these examples any more than in, say, I have just rented a

house ... Even in a day or two the a-form can hardly be said

to express a contrast to the number two." 30

In ons geval word „'n duisend" hiervolgens nie in teenstelling

tot tweeduisend, ens., gebruik nie. Daar word geen

som gese nie, maar 'n indruk, 'n persepsie van „baie". Hierdie

persepsie word dan deur 'n konkrete getal gesimboliseer; 'n

duisend fungeer by „vere" as 'n intensiewe, globale telwoord,

wat egter nie in sy telwaarde nie, maar in sy sekondêre

oordeelswaarde van „baie" in gebruik tree. 31

Hier is dus van konkretisering sprake; in plaas van die

abstractum „baie", word die concretum „'n duisend" gebruik.

En netso kan van konkretisering gepraat word in die aanbod

C4: uit die som van die afsonderlike streke waar vere sak, kon

die abstraksie „oral" gemaak word. Maar in die teks word

„oral" gerealiseer deur elke aparte windstreek presies te

noem, presies en agtereenvolgens waar te neem. Die ver

volgens Havers (§ 88) karak-

-skynsel van konkretisering is

teristiek van 'n primitiewe denkwyse, van die wyse waarop

die natuurmens die dinge in hul enkelheid waarneem, en die

„ausgesprochene Willensunlust zum abstrakten Denken" wat

so 'n natuurmens vertoon. 32

In die aanbod C(3+4) word die aard van die wêreld

3o Christophersen, a.w., p. 123.

31 Vgl. hierby: Ek stap een oggend uit die Kamp en sê:

,Kyk, sien ek vanoggend 'n duisend skaap

wat op die vlakte so in ho pies lel'....'

.... D. J. Opperman, Joernaal van Jonk,

Kaapstad 1949, p. 21.

32 Havers, a.w., p. 109.
45

waarin die vertelling afspeel, dus nader gepresiseer; dit is 'n

wêreld waarin die norme van die primitiewe mens geld vir

die wyse waarop dinge waargeneem word, nl. konkreet en

enkel, sonder abstrahering.

§ 8. Die episode C onderskei hom van die vorige twee

in dié opsig dat dit nie so uitdruklik afgeslote is as A en B

nie. Wél is C in poëtieke opsig op dieselfde wyse as A en B

geïsoleer — dit is deur vers- en strofe-einde van D geskei.

Maar die sintaktiese afsluiting deur interpunksie is van 'n

geheel ander aard. In teenstelling tot die definitiewe eindmarkering

met punt aan die einde van A en B, is die streep

as interpunksiemiddel aan die einde van C4 'n aanduiding

dat die voorafgaande aanbod nog nie voltooi is nie.

Oor die algemeen kan gesê word dat, wanneer 'n streep

binne 'n sin nie deur 'n tweede gevolg word nie, d.w.s. wanneer

daar geen parentese aangedui word nie, die streep die

aanbod oophou, die afsluiting daarvan vertraag ten einde

'n aanvulling binne dieselfde sintaktiese geheel moontlik te

maak. Bv. „Die leun was sewe jaar oud toe sy moeder oorlede

is — oud genoeg om 'n blywende indruk van die gebeurtenis

te behou."

Dikwels is die aanvulling in die kader van 'n feitelike

hervatting, bv. ,,... die ritme en hele vers nader meestal die

prosa en 'n vormloosheid — 'n vormloosheid wat een van die

swakhede van die impressionisme is."

Insgelyks berei die streep aan die einde van C(3+4) in ons

situasie voor op 'n hervatting: 'n sintaktiese hervatting en ook

'n feitelike hervatting. Oor die strofiese skeiding tussen C en

D heen word D(1+2) binne die sintaktiese geheel van C

getrek; ons het vroeër trouens daarop gewys dat die aanbod

D(1-á-2) binne die tydveld wat deur „toe" in C3 opgestel is,

val (vgl. p. 21 hierbo). Maar daarby bly die strofe-einde in sy

funksie van begrensing tog gehandhaaf: al wat hervat word

uit C in D is die eerste drie woorde „sak 'n duisend". Daarna

blyk dat 'n ander feitsaak deur dié vorme in D gepresiseer
46

word as wat deur dieselfde taalvorme in C gepresiseer is.

Ook die verdere verloop van D(1 +2) skep tewens die indruk

dat die samehang tussen C(3+4) en D(1+2), wat deur die

streep skynbaar so intensief op mekaar betrokke is, in die

eerste instansie by die herhaling van werkwoord (dus, 'n

ooreenstemmende handeling), onbepaalde lidwoord en telwoord

(dus, dieselfde hoeveelheid van ...) berus.

Maar in die vasstel van die chronologiese volgorde het ons

indertyd gekonstateer dat die werkwoord „sak" (D1) en „sak"

(C3) simultaan is, vanweë albei se afhanklikheid van die

temporele bywoord „toe". En ons mag in hierdie situasie the

te you die moontlikheid van verband-deur-assosiasie uitsluit

nie (vgl. p. 42 hierbo): „vere" (C3) en „kraaie" (Dl) het wél

die gemeenskaplike element wat assosiasie moontlik maak.

Is die aanbod „kraaie" in D nou gelyk aan die aanbod

„were" in C op grond van die gelyktydigheid van die twee

werkwoorde „sak" (C3) en „sak" (Dl)? M.a.w. in hoeverre

word die vooruitsig van hervatting en aanvulling wat deur

die streep geskep word, verwesenlik?

§ 9. D(1-í-2) open die moontlikheid vir verskillende antwoorde

op hierdie vraag.

(1) Die Ieser, bewus van die feit dat dit ten slotte 'n gedig

is waarmee by hom besighou, moet ook daarop voorberei

wees dat die tipies poëtieke gebruikswyse, „beeldspraak", in

hierdie situasie kan voorkom. So kan die verhouding tussen

„were" en „kraaie" moontlik deur 'n stylfiguur verklaar word:

„vere" kon in C pars pro toto t.o.v. „kraaie" gewees het. Of

andersom, „kraaie" in D is 'n hiperbool, met die betekenis

„vere"; die waarnemer-verteller oordryf, noem die vere (wat

dus nog steeds vere bly) dan „kraaie".

Hierdie beeldspraak -verhouding, herhaal ons, is moontlik.

Tog moet ons dit as onwaarskynlik uitskakel in hierdie geval.

Ons het naamlik herhaaldelik al 'n uitdruklike aanduiding

van die vlak van hierdie gedig, hierdie situasie, gekry — een

waarin die primitiewe waarnemingswyse aan die orde is
47

(soos hierbo in die verskynsel van konkretisering aangetoon

is). Om dus nou 'n by uitstek „literere" en 'n taamlik presieuse

gebruikswyse in hierdie stadium van die vertelling in te voer,

veral as daar ook ander en „passender" interpretasies vir die

taalvorme moontlik is, mag nie aanvaar -word nie.

En binne die reeds gekonstitueerde vlak, is ander interpretasies

inderdaad moontlik.

(2) Daar kan ook geïnterpreteer word dat, wat in C(3+4)

as vere waargeneem is, in D(1+2) herken word as kraaie.

Dit beteken dat D(l +2) in werklikheid C(3+4) is, maar nou

noukeuriger waargeneem; die tweede aanbod (ná die streep)

is in dié geval 'n her-stelling van die vorige, 'n korreksie.

Hierdie interpretasie word in dieselfde sub- eenheid ondersteun,

omdat daar 'n tweede instansie van noukeuriger waar

voorkom. In D(1+2) word „sak" herhaal, en in-neming

in

die verband waarin „sak" nou voorkom, word 'n nadere aanduiding

van rigting gegee dan wat in C(3+4) die geval was. Die

finale interpretasie van C(3+4) was dat die ruimte volstrek

in beslag geneem is deur vere; hulle het „noord, suid, oos,

wes" — oral! — gesak. Nou word die sak-beweging in D

gerig „oor die bloed, oor die klip". En so kry ons die volgende

beweging:

ap' NRAAIF

Hier is die gebruik analoog met bv. „die voëls sak toe op

die koringland."

Hoewel „sak" (Dl) dus in temporele opsig gelyk is aan

„sak" (C3), her-stel die bepalings „oor die bloed, oor die

klip" die vroeëre bepaling „noord, suid, oos, wes", en daarmee

die betekenis van „sak". Dit is nog dieselfde handelings-
48

kern, maar deur die bepalings word in die tweede geval 'n

ander waarde daaraan gegee.

(3) Binne die sprokiesf eer is dit ook moontlik om in D(1+2)

van 'n gedaantewisseling te praat. Dan is „were" nie gelyk

aan „kraaie" nie, maar die gebeure van D(1+2) vertel dan

van 'n metamorfose — die vere het inderdaad kraaie geword.

En hierdie kraaie sak (uit alle windstreke) „toe" oor die

bloed, oor die klip. 'n Mens kan sê: voor die oë van die waarnemer-verteller

word elke veer wéér 'n kraai, want die vere

het tog in die eerste instansie van 'n kraai gekom. En een

kraai se vere (wat 'n duisend vere geword het) word nou 'n

duisend kraaie; duisendvoudig word die onheil geïntensifieer.

Die werkwoord „sak" (D1) bly inmiddels nog binne die

tydveld van „toe" (C3); die handeling duur voort, binne dieselfde

handeling word die gedaantewisseling voltrek.

Ons het in albei laasgenoemde interpretasies aangeneem

dat „oor" 'n plek-aanduidende voorsetsel is. Indien wel, blyk

dat daar tussen die taalvorme „sak" en „oor" op betekenisvlak

'n klein botsing ontstaan. „Sak" dui as werkwoord

primêr iets van 'n vertikale beweging aan, 'n gaan-na-benede

(Van Dale gee die betekenis van „zakken" aan as: „dalen,

nederwaarts —, naar een lager niveau gaan ...") „Oor",

daarenteen, het as betekeniskern 'n „horisontale" aanduiding

(Van Dale: „boven, op enige afstand in bovenwaartse richting").

Dit sê in ons geval dat tot by, tot bo die bloed, die

klip gesak word, maar nie heeltemaal op nie, dus nie direk

tot by die bloed en klip nie. Die sakbeweging van die kraaie

(na benede) word m.a.w. gesuspendeer oor die bloed en die

klip. Hierdie „stand van sake" word miskien die beste ver

deur die Engelse woord „hover". 'n Mens kan sê dat

-duidelik

hierdie gebruik van „oor" by „sak" die kraaie nog weghou

van die bloed en die klip in die episode wat in D(1-í-2) verhaal

word.

Maar „oor" kan in hierdie sintaktiese verband ook nog in

'n ander betekenis in gebruik tree, wat 'n volgende interpretasie

moontlik maak.
49

(4) Die gebruik van „oor" in die sin van „omdat" is in

Afrikaans algemeen. Bv. „Hy wou nie met my praat nie oor

by vir my kwaad was." Ook in die sin van „na aanleiding

van" word „oor" gebruik, bv. „Die digter ween oor die smarte

van die wereld." Die aanbod D(1+2) is in dié geval 'n

„kousale" verklaring van wat voorafgegaan het; die vere van

C(3-í-4) word nou as kraaie waargeneem wat sak omrede van

die bloed (wat gestort is), omrede van die klip (wat gegooi is).

— Tot dusver is in ons situasie 'n denkwyse aangebied

waarin die kousaliteit „chronologies" ervaar is. Die kousaliteit

wat deur middel van „toe" telkens gekonstitueer is, het in

die opeenvolging van gebeure self gele. Die oorsaak van alles

is elke keer in die eerste gebeurtenis, in die gebeurtenis wat

voorafgegaan het. 'n Ketting word gevorm — elke skakel is,

vanaf die eerste gebeurtenis, vanaf die begin, oorsaak en

gevolg tegelyk. Die aanleiding tot die botsing in Bi was die

opposisie in A(3+4); die verskyning van die kraai in B3 is

deur die gewelddaad in Bi en B2 teweeggebring — wat op

hul beurt weer terugverwys na A; die uit-die-weg-ruim van

die kraai was gevolg van die verskyning daarvan op die

spikkelkoei in B(3+4) — wat ook weer langs die hele lyn

terugstruktureer; 'n duisend vere sak na aanleiding van die

kraai wat „nie net gekwes is nie", nadat dit op die spikkel

kom sit het, nadat broer teen broer geweld gepleeg het,

-koei

nadat een broer hom teen die ander geisoleer het deur die

spikkelkoei vir hom te kies, nadat kuddes vee wonderbaarlik

verskyn het. . . 33

33 Vgl. Cassirer, a.w., p. 31: „Beide Glieder des kausalen Verháltnisses,

die ,Ursache' wie die ,Wirkung', werden somit hier als konkrete Dinge

gefaBt and als solche aufeinander bezogen. Das Geschehen erhält die

Form des Ubergangs von einer Dinggestalt in eine andere — es ist

mythisch ,begriffen' indem alle diese sukzessiven Dingphasen einfach

in ihrem Nacheinander erfaBt and beschrieben werden." Vgl. ook Van der

Leeuw, a.w., p. 101: „In plaats van de abstractie van oorzaak en gevolg

is er de levende eenheid van het gebeuren in den tijd; in plaats van het

begrip het levende beeld." Wat Cassirer hier 'n kenmerk van die mitiese

denke noem, noem van der Leeuw 'n kenmerk van die primitiewe denke.
50

As ons nou die moontlikheid van 'n kousale implikasie in

D(1+2) oorweeg, word hier 'n ander soort kousaliteitsbegrip

in die situasie ingebring; as D(1 +2) so uitdruklik die sak van

die kraaie as gevolg van die bloed (wat gestort is), die klip

(wat gegooi is) gee, word daarmee uit die ketting van ge

nou die „oorsaak-beurtenisse

geabstraheer. En eksplisiet word

van alles" gegee — want die gegewens van D struktureer

immers ook langs die chronologiese reeks terug, en wat hierin

as oorsaak van die direk-voorafgaande gegee word, geld ook

vir die reeks. Hiervolgens word 'n hergroepering in die

gebeure gemaak, om sekere momente in die reeks as beslis

belangriker dan andere te onderstreep. 'n Bespiegelende

(intellektuele?) moment word in die feite-aanbod gebring;

Dl is nog binne die ketting, bied nog 'n volgende gebeurtenis

aan, maar D2 word dan besinning, is as 't ware 'n oponthoud

in die vertelling ten einde 'n oordeel oor die verloop te gee. En

hierdie bespiegelende moment kom in die situasie wat tot dusver

die noodwendigheid van sy verloop telkens in die konkrete

gebeurtenis self getoon het. Hierdie konflik tussen D2 en die

voorafgaande „konkrete oorsaaklikheid" is inderdaad 'n

konflik tussen D2 en die konteks self. Ons moet hierdie kousaliteitsgewaarwording

van D2 dus van die hand wys as kontekstueel

nie geïntegreerd nie.

Maar daar is nog 'n verdere rede vir die onwaarskynlikheid

(in hierdie konteks) van die interpretasie van D2 as 'n

bespiegeling oor die oorsaak. — Ons het naamlik tot dusver

met 'n metafoorlose situasie te make gehad; reeds by oorweging

van die verhouding tussen „were" en „kraaie" het ons

aangetoon dat die interpretasie van hierdie vorme as stylfigure

in hierdie konteks uit die toon sou val. Neem ons nou

aan dat D2 'n kousaliteitsgewaarwording is, dan kry „die

bloed" en „die klip" simboliese waarde. Hulle word tot embleme

verhef — die bloed is embleem vir moord, die klip is

embleem vir moordtuig. Ons het hoër-op 'n aanvulling by

„bloed" en „klip" gevoeg wat eintlik volg uit hul simboliese

funksie, en wat neerkom op 'n abstraksie: die bloed (wat
51

gestort is), die klip (waarmee gegooi is). Hierdie abstraksie

word deur die gebruik van „oor" as „onvrede van" geaktiveer.

Ook hier moet ons tot die slotsom kom dat abstraksie uiteraard

in konflik met die vlak van ons situasie is: om „die

bloed" en „die klip" as simbole te interpreteer, veronderstel 'n gebruik

van taal wat nie van hierdie wereld-van-die-gedig is nie.

Die bepaalde lidwoorde van D2 is bowendien sleutels tot 'n

hegter geïntegreerde interpretasie van die aanbod D2.

„Bloed" het as feitsaak an sich tot dusver nog nie in ons

situasie voorgekom nie. Die bepaalde lidwoord is m.a.w. nog

nie eksplisiet voorberei nie (vgl. p. 9 hierbo). Maar daar was

wel 'n implisiete voorbereiding in C(1+2) waar ons in 'n

daad-van-uit-die-weg-ruim sprake van „(moenie) kwes" gehad

het. En daarom is die bloed, die bloed van dié ding wat

deur die klip gedood is. In ons ondersoek onder die aspek van

die sig-vormende vorm kon ons alleen sê dat die kraai van

B in C aanwesig was, dat dié kraai veer-waai gegooi is. Nou

word, in die gevormde vorm, deur „die bloed" die leemte

tussen C(1+2) en C(3+4) gevul met... die dood van die

kraai — die kraai wat op die spikkelkoei gaan sit het. Ons

aarsel om finaal te sê dat die dood van die kraai uitdruklik

deur die konteks aangebied is — hier weer is 'n onderbeligting

van die gewelddaad in C, net soos die gewelddaad in B

nie end-uit gevolg is nie.

Die bepaalde lidwoord by „klip" het sy eksplisiete kontekstuele

grondslag in Cl: „Smeer vet aan 'n klip". Hier is dus

'n soortgelyke geval as wat Christophersen beskryf: „The idea

in question is called up in advance by means of the same

word (in a-form) by which it is resumed later (in theform)".

34 As ons, om die die-vorm by „klip" te verklaar, die

kontekstuele basis in Cl vind, is die feitsaak „klip" in D2

dieselfde as die feitsaak „klip" in Cl — dus die fisieke voorwerp,

waaraan vet gesmeer is, en nie „beeldspraak" nie.

— 'n Duisend kraaie, so interpreteer ons hiervolgens, sak

oor die bloed van die (gedode) kraai, oor die klip waarmee

34 Christophersen, a.w., p. 29.
52

die kraai gegooi is. En „'n duisend kraaie" kan in hierdie

konteks op die wyse wat in (2) èn (3) hierbo uiteengesit is,

geïnterpreteer word: 'n sintese van dié twee moontlikhede is

kontekstueel integreerbaar, nl. dat daar van presieser waar

Plus magiese gedaantewisseling sprake is. Die ver-

-neming

teller sien dat die dinge wat by voorheen as vere waar

maar die vere was vere, en het kraaie-geneem

het, kraaie is —

geword. 35

§ 10. Die interpunksie aan die verseinde D2, nl. die stip

ander interpunksiemiddele in-peltjies,

is ten opsigte van die

hierdie situasie, 'n nuwe moment. Hoewel stippeltjies 'n hibridiese

interpunksiemiddel is, en nie noodwendig eindmarkerend

hoef te wees nie — soms word dit met vertragingsfunksie

binne 'n sintaktiese eenheid gebruik — maak ons uit die tipografiese

omstandighede op dat dit inderdaad hier sintaktiese

afsluitingsfunksie het. 36 Die stippeltjies korrespondeer naamlik

met die ander finale eindmarkerings, die punte aan die

verseindes en strofe-eindes A4 en B4, dáárin dat daarna ook

'n hoofletter volg — volgens tipografiese gebruik, 'n nuwe

sintaktiese eenheid.

Waarom is hier nie 'n soortgelyke eindmarkering as ná die

vorige episodes nie? In watter opsig is hierdie einde nou

anders, as dit anders is as die voriges?

In die episodes A en B het die sinseinde en strofe-einde

saamgeval — die punt was in sintaktiese èn poëtieke opsig

35 Wanneer ons meen dat die interpretasies gebaseer op (2) en (3)

meer adekwaat is aan die feitelike konstellasie wat tot dusver in die teks

opgestel is, word nie uitgegaan van 'n eie oordeel oor wat pas en nie sou

pas nie. Die teks self reguleer die keuse — wanneer die moontlikheid soos

in (4) beskryf, onversoenbaarhede met die feitelike konstellasie vertoon,

wat nie in (2) en (3) die geval is nie, word (4) „oorstem" deur die ander

moontlikhede. Tog word daardeur die gedempte meespreek van (4), die

kousaliteitsgewaarwording dat die kraaie „sak omrede van....", nie

volledig tot swye gebring nie.

36 'n Voorbeeld van 'n vertragingsfunksie is te vind in die kwatryn

Skerpioen uit Engel uit die Klip: „ek worstel .... gee my oor aan die

vergif" (p. 36).
53

funksioneel om 'n kontekstuele eenheid af te sluit. C is wel

in strukturele opsig voltooi maar nie afdoende begrens nie —

dít toon die streep ons immers. Die eindmarkering D2 is die

eerste sintaktiese afsluiting ná B4, maar dit val hier alleen

met 'n verseinde saam, nie 'n strofe-einde nie, en ook nie die

einde van 'n kontekstuele eenheid nie. Hierin is dan die eerste

verskil met die punte in A en B geleë.

Maar wanneer ons vlugtig die aanbod D(3+4) beskou —

en die analise sal dit straks nader bevestig — word reeds uit

die uitroep „O" en die vraagteken duidelik dat die feiteaanbod

'n wending neem ná D2. En hierdie wending word

dan gemarkeer deur die stippeltjies.

§ 11. In C(3+4) het die sak van 'n duisend vere „noord,

suid, oos, wes" die ruimte as volstrek in-beslag-geneem-deurvere

gegee, die ruimte waarin ook die verteller, die „ek" as

mede -handelend homself uiteraard bevind. En as die ruimte

gevul is, is alles die verteller se grens, is ook die „ek" volkome

omgewe van vere.

Daarna het die gedaantewisseling plaasgevind, die vere het

kraaie geword.

Met hierdie gegewenheid word die vraag in D(3+4), en

veral die eerste „0 waar sal ek skuil", 'n vraag sonder die

moontlikheid van antwoord, 'n vraag wat „weet" dat daar

geen antwoord op is nie. Want daar is in C(3+4) geïmpliseer,

gesê selfs, dat daar geen skuiling is nie. Die hopeloosheid

van „my" vraag is reeds voorberei in die aanbod dat die

ruimte volledig gevul is met vere — met kraaie! — wat

doelgerig toesak oor die bloed en die klip, die gevolg en die

instrument van 'n gewelddaad deur die verteller self gepleeg.

Maar in die vraag word nie alleen wanhopig (en volkome

tevergeefs) getas na skuiling nie. Daar word informasie gegee,

daar is „mededeling van iets nuuts" in die situasie. Want

daar word gepraat van die bedreiging waarteen geskuil moet

word: „teen die stippels wat pik".

Die byvoeglike bysin „wat pik" gee 'n attribuut van „stip-
54

pels" op grond waarvan terug -geassosieer kan word na kraaie.

En vandaar loop die assosiasie-lyn deur „were" in C na

„kraai" in B. 17

Hiervolgens, wanneer ons die vere-verskynsel as die kon

gewelddaad in C neem, is die kraaie van-sekwensie

van die

D 'n tweede verskyningsvorm van die konsekwensie, en die

stippels-wat-pik 'n derde.

Ons het voorheen na aanleiding van vere > kraaie afgelei

dat daar èn van 1) identifisering, maar noukeuriger waarneming,

èn van 2) gedaantewisseling sprake is; nou kan ons

insgelyks na aanleiding van kraaie > stippels aflei dat hier óf

1) opnuut waargeneem, opnuut ervaar word, óf 2) dat die

kraaie in stippels verander het, dat daar opnuut, by herhaling,

'n gedaantewisseling plaasgevind het.

En soos by die vorige, kán albei in hierdie konteks. 'n Sintese

is weereens moontlik — noukeuriger waarneming plus

gedaantewisseling.

In die teks is dus 'n reeks gedaantewisselinge opgestel: vere

> kraaie > stippels. Maar uit die episodes waarin hierdie

gedaantewisselinge plaasvind, blyk nog iets anders: dat daar

'n sekere bewegingslyn in die gebeure van die laaste twee

strofes is.

'n Duisend vere het in C „in die groot ruimte" gesak.

'n Duisend kraaie in D(1 +2) het ten opsigte van dié vere 'n

meer bepaalde rigting-van-sak getoon; „oor die bloed, oor die

klip". Die stippels-wat-pik in D(3+4) toon ten opsigte van

37 Die assosiasie-proses waarvan telkens melding gemaak word in

hierdie analise, veronderstel nie 'n soort assosiatiewe denke wat as sodanig

in die konteks gegee word nie — m.a.w. die bedoeling is nie om te

beweer dat die verloop van gebeure op die wyse van 'n assosiatiewe denke

geskied in die sin waarin bv. Havers dit gebruik in sy uiteensetting van

'n „volkse" beskrywing van 'n gebeurtenis nie (a.w., § 52). 'n „Assosiasieproses"

word in ons situasie moontlik gemaak omdat die aangebode

feitsake in die reeks 'n gemeenskaplike betekenis -element het. Die werk

dus 'n middel waardeur die gegewens se ver-

-saamheid van assosiasie is

band „ingesien" word — die verband is as sodanig egter direk gegee in

die feitsake met hul gemeenskaplike betekenis-element self.
55

dié kraaie 'n nog „noukeuriger" doel — 'n doel wat weliswaar

nie direk gesê word nie, maar die informasie daaromtrent

word gegee deur die vraag-sonder-moontlikheid-van-antwoord

in D(3+4). Hiervolgens word die stippels se „doelwit"

nou die verteller self — „ek" soek skuiling, „ek" word dus

aangeval deur die stippels-wat-pik.

Die gebeure van die laaste twee strofes word feitlik iedere

keer in 'n kleiner gesigsveld waargeneem, in 'n kleiner veld

ervaar. Vanuit die groot ruimte beweeg die gebeure nader

(D2), totdat die stippels „my" aanval en hulle onontkombare

onmiddellikheid word. Die sak van 'n duisend kraaie bo hom

het die verteller herken as gerig op die bloed en die klip,

terwyl hy nog steeds vasgekeer moet gadeslaan waarheen die

gebeure beweeg. Maar met die laaste informasie word die

gebeure „aan den lijve" ervaar deur die verteller. Nou is die

volledige doel van hierdie gebeure geken: alles kom op die

verteller self af, alles is op hom betrokke.

— Ons kon in die ondersoek na die tydsindikators vroeër

ook 'n bewegingslyn beskryf. In die chronologiese reeks vang

die vertelling aan by 'n punt in die verlede ( „Uit holtes van

'n boom / het kuddes vee gekom") en beweeg tot in die onmiddellike

hede („O waar sal ek skuil ...") Toe reeds het ons

geformuleer: „'n bede, waarin verteller en hoorder direk

teenoor mekaar gestel word." Die tyd van die vraagstelling

was „nou” (vgl. p. 21 hierbo).

Maar in die vraagstelling self is uiteraard geleë dat die

„ek" sy impasse onmiddellik en regstreeks aan iemand stel

— nie 'n persoon wat kontekstueel gegewe is nie, want die

vraag wat gestel is, is 'n vraag wat weet dat daar geen antwoord

op is nie. Die verteller vra homself, in radeloosheid,

hierdie vraag, maar, op die wyse van die taal, betrek hy ook

die ideële hoorder in hierdie vraagstelling. Die vraag, sê

Havers, (vgl. p. 39 hierbo) is 'n middel om „mit der aufnehmenden

Person einen engeren seelischen Kontakt herzustellen.”

In die feite-aanbod word die bewegingslyn van die
56

tydsindikators onderskryf: ook hier is uiteindelik 'n regstreekse

konfrontasie van die hoorder met vertellerservaring.

§ 12. Die stippels-wat-pik is egter nie net in reeks met

kraai, vere en kraaie gegee nie. As ons eenmaal gekonstateer

het dat assosiasie in hierdie vertelling 'n rol kan speel, word

die opstel van 'n tweede reeks moontlik. Op grond van betekenis-,

woordvorm- en klankverwantskap skakel „stippels"

met die eerste lid van die samestelling „spikkelkoei". In die

aanbod van „stippels" (D4) is die feitsaak „spikkelkoei"

(reeds in die titel, in A en in B genoem) mede-gegee, na

aanleiding van die gemeenskaplike betekenis-element, die

sinonimiteit van „stippels" en „spikkel-".

En nou is op feitelike vlak gegee dat in die aanval van die

stippels -wat-pik, ook die spikkelkoei aanwesig is. Ons kan dit

soos volg demonstreer:

'n attribuut van die spikkelkoei (stippels)

plus: 'n attribuut van die kraaie (om te pik)

is gelyk aan: stippels wat pik.

Die derde verskyningsvorm van die vere, nl. stippels, wat

bowendien in die assosiasie-reeks beginnende met „'n kraai"

(B) lê, is dus 'n soortgelyke verskynsel as wat ons indertyd

as die visueel-onderskeidende eienskap van die eerste, die ver

Dit was die-naamste

saak in hierdie situasie beskryf het.

„spikkels", gegee in die eerste lid van die samestelling, wat

die koei-by-uitnemendheid as visuele waarneembaarheid

teenoor bv. 'n spookkoei gestel het. Die spikkelkoei — die

eerste saak. Die saak wat aan die begin gegee is.

En hiermee word die kousaliteit van hierdie wêreld, wat

ons aangeraak het na aanleiding van D(1 +2) weereens na

vore geskuif (vgl. p. 49 hierbo).

Die stippels-wat-pik is die uiteinde van 'n reeks gebeurtenisse

wat aan die gang gesit is deur die eerste episode — en

nie alleen in die vanselfsprekende opsig dat die situasie daarmee

geopen het nie. Ons het vasgestel dat die aanbod in

reeks geskied, waar elke volgende gebeurtenis geskied na aan-
57

leiding van die vorige. In so 'n reeks is die eerste gebeurtenis

inderdaad „oorsaak van alles", 'n pregnante begin. En hierdie

eerste oorsaak bly tot die laaste gebeure toe geldig, bly as

aanvang herkenbaar. Want met die laaste aanbod in ons

situasie, waarin alles tot by die verteller self beweeg het, en

hy onontkombaar vasgekeer is, word die eerste opnuut gegee:

die spikkelkoei. Die spikkelkoei, wat soos kuddes vee uit

holtes van 'n boom gekom het. Die spikkelkoei, wat as eerste

en vernaamste in hierdie wêreld deur die titel aangebied is. 38

In die laaste aanbod word ook die noodwendige (noodlots-)

verband van kraai en spikkelkoei gegee. Nou word die kraai

van B — die voorganger in die reeks gedaantewisselinge wat

op die laaste bedreiging, die stippels-wat-pik, uitloop — as

onheilsbode in hierdie wereld geïntegreer. Maar die onheil

wat deur die kraai gebring is, is ook die onheil wat deur die

spikkelkoei gebring is — want die kraai verskyn nadat „ek"

geweld gepleeg het teen „my broer", nadat „my broer" die

spikkelkoei vir hom gekies het. En albei hierdie onheils

-dreiginge word uiteindelik gerealiseer in die laaste konsekwensie.

Ten laaste word in die laaste aanbod die hele situasie as

één gekonstitueer. Want in die saamknoop van kraai en spikkelkoei

binne die vormsaak-feitsaak „stippels" en sy precisering

„wat pik", wat tegelyk 'n saamknoop van twee reekse

feite is, word alles wat gebeur het — vanaf die benoeming

van die situasie tot aan dié informasie wat laaste staan, op

feitelike vlak as samehangend gegee.

S8 'n Denkwyse wat ooreenstemmende trekke in die opvatting van

oorsaak vertoon, is aan te tref in Lukas 1, in die gebeure wat in vv. 5-25,

en vv. 57-66 beskryf word. Die geboorte van Johannes is aangekondig,

Sagaria word stom. Wanneer Johannes gebore word, en die dag vir sy

besnydenis aanbreek, en sy vader sy naamgewing bevestig, het Sagaria

se tong „los geword, en hy het gepraat en God geloof". En nou vra

die volk nie na die rede vir die wonder nie; omdat die besnydenis van

die kind en die wonder saamval, word die betekenisvolle van die gebeurtenis

met die kind geskakel. „Daar is baie gepraat oor al hierdie

dinge.... En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en ges@:

Wat sal tog van hierdie kindjie word?"
58

§ 13. Die sig-vormende vorm het in die vraagsin tot 'n

einde gekom. Hier vind ook die teks sy afsluiting — sintakties,

strofies en tipografies — en is die aanbod voltooi.

Tot dusver is die sig-vormende vorm stap vir stap gevolg,

die struktuur het horn in 'n gedurige wisselspel van aanbod,

terugstrukturering en reorganisasie van aanbod laat ken. Maar

vanuit die afsluiting word dit opnuut moontlik om die situasie

as gevormde en gekende vorm te oorsien. En dan staan sekere

struktuurlyne in hierdie gedig opeens in skerp reliëf na vore.

Wanneer ons die gevormde vorm as gekende vorm voor

ons het, kom die oomblik waarin ons ons daarop moet besin

dat die taalsituasie wat ons ondersoek, inderdaad 'n gedig is

— die sig-vormende vorm het hom nie alleen „in ooreenstemming

met die beperkings wat deur die taalstruktuur opgelê

word", ontvou nie. 3s

Uit die gevormde vorm sien ons naamlik dat die „tweede"

vormveld vier vierreëlige strofes opgestel het, waarby die

„eerste" vormveld, dié deur die taalstruktuur afgebaken, hom

moes aanpas. En hierdie inmekaargryp van die twee vormvelde

het sekere strukturele implikasies, sekere feitelike implikasies

en — uiteindelik — 'n implikasie wat ons nie anders

as 'n estetiese kan noem nie.

— Die sintaktiese (kontekstuele) eenheid A is opgebou uit

twee min of meer ewewigtige helftes, albei in taalstrukturele

opsig voltooi, maar nie afdoende geskei nie — 'n komma

39 Vgl. Hellinga en Scholtz (p. 20) oor die „linguistiese toestand van

sake vir gevalle van taalgebruik wat deur metrum en rym gekenmerk

word". Hoewel dit hier oor rym en metrum as vers-konstituerende

momente gaan, meen ons dat ook strofe -vorme 'n moment van hierdie

„tweede" vormveld is, wat „leeg" is in taalsistematiese opsig. En dan

geld vir ons situasie veral die volgende opmerking: „In die poësie kom

daar... dikwels 'n stel ,aanvullende' beperkings by waardeur die integrasieverwikkeldheid

van die geval van taalgebruik nog toeneem ... (p. 21):

Ons sou van hierdie tweede, beperkende vormveld kon praat as ,une forme

rhythmique vide' (Valéry). En die vormveld is natuurlik enkel ,leeg' in

taalsistematiese opsig en onder die aspek van die sig-vormende vorm. By

hierdie leë vorm moet die taalvorme hulle nou aanpas."
59

tussen die helftes het die onderskeiding-in- verband aan

40

-getoon.

Die helftes is ewewigtig in die wyse waarop hulle geintegreer

is in die „leë" strofevorm. In Al enjambeer die A-gedeelte

van die sinsmodel A Vf S A soos deur A(1 +2) gevorm,

om met Vf S A in A2 voltooi te word. Daarna volg die

„pouse" van die komma, en in A(3+4), met sinsmodel

A Vf S 0 A, volg die laaste 0 A- gedeelte weer ná die enj

ambement.

Die volgende patroon word gevorm:

A (enj.) Vf S A (komma) A Vf S (enj.) 0 A

In die episode van B is die sintaktiese besetting van die

strofevorm verskillend van dié in A, hoewel die strofevorm B

('n vierreëlige strofe) met die strofevorm A ooreenkom.

Die sintaktiese sub-eenhede in B1 en B2 is korter en tal

Daar is in B drie sintaktiese sub-eenhede,

-ryker as in A(1 +2),

ook elkeen struktureel voltooid, maar onderling deur kommas

geskei (B1, B2 vertoon resp. die sinsmodel S Vf 0 A, en

S Vf A; B(3+4) die geïnverseerde model A Vf S A A).

T.o.v. A kan gesê word dat die sub-eenhede mekaar in B

vinniger opvolg — verse 1, 2, 3 gee elke keer die aanvang

van 'n nuwe sintaktiese sub-eenheid, terwyl in A die eerste

strofe-helfte deur een, die tweede strofe -helfte deur 'n ander

sub-eenheid beslaan word.

B(3+4) stem egter met A daarin ooreen, dat die bou van

die tweede strofe-helfte in A en B gelyk is — A (toe) Vf S

(enj.) (A) A.

'n Klein variasie kom hierin voor deurdat die voltooide

deelwoord (semantiese komplement van die Vf. in B3) in B4

staan.

In C bly die strofevorm nog steeds gelyk aan dié van die

vorige twee episodes en ook die ooreenstemmende posisie van

„toe" (begin C) stel in breë trekke dieselfde patroon as in A

en B op. Maar die vers C2 val in twee sintaktiese sub-eenhede

40 Vgl. Die sintaktiese bou en die feite-,,reeks", p. 12 hierbo.
^i

uiteen: binne die strofevorm volg die sub-eenhede mekaar

nog sneller op as in B.

Teenoor die oordeelsvorme, die indikatief van die werk

-woorde in A en B, bring die imperatiewe van C bowendien

groter intensiteit (vgl. p. 39); die sub-eenhede Cl, C2a en

C2b staan teenoor die beweringsgroepe in A en B as roep

hul hier 'n beweringsfunksie-groepe.

Want selfs al verkry

(hulle is immers verhalende imperatiewe) behou hul die aan

roepwaarde. 41

Na hierdie roepgroepe volg C3 as 'n hervatting van die

model in A3 en B3: A (toe) Vf S, gevolg deur wit-sondermeer,

'n enjambement. Maar in C4 versplinter die vers (wat

in A4 en B4 een volgehoue strukturele voltooiing van die

sinsmodel, in A3 en B3 begin, was) tot vier bywoordelike

bepalings by die Vf. „sak", telkens deur 'n komma van die

volgende geskei.

Waar die linguistiese begrensing in A en B rekening gehou

het met die versvormbeperking, die strofe-einde, word aan

die einde van C geen definitiewe afsluiting gemaak nie. Die

interpunksie aan die einde van A en B was 'n punt: die ontvouing

van die sig-vormende vorm het hom binne die bakens

van die strofevorm voltrek. Maar die interpunksiemiddel aan

die einde van C — 'n streep — verontagsaam die strofe-einde;

die sintaktiese afsluiting word uitgestel, die aanbod oopgehou

(vgl. p. 45).

— Binne die geheel van 'n gedig is die strofe 'n eenheid,

gekenmerk deur 'n reël wit aan die begin en aan die einde

41 Die terme „beweringsgroepe" en „roepgroepe" is ontleen aan

A. W. de Groot, Structurele Syntaxis, Den Haag 1949, p. 49, 50: „Het

kan immers heel goed zijn", sé De Groot, „dat de woordgroep zelf behalve

de objectieve begripsbetekenissen ook subjectieve betekeniselementen

bevat: niet alleen de bekende ,gevoelswaarde' van woorden als

stakker, vies, kil.., maar ook positie -elementen, die speciaal tot het

domein van de zinsintonatie schijnen te behoren: bewering, vraag, uitroep.

Een oordeelsvorm ... maakt een woordgroep tot een beweringsgroep:

ze sliep; een vraagwoord tot een vraaggroep: wie sliep? een

interjectie of een gebiedende wijs tot een roepgroep: st! slaap!"

-vanklike
61

daarvan. Die hoogste mate van eenheid wat in so 'n strofe

kan bestaan, is wanneer één nosie ('n informasie-eenheid wat

op 'n spesifieke wyse in die tyd gestel is) daarmee saamval,

en die begin en einde respektiewelik gekenmerk is deur 'n

hoofletter en 'n punt.

In ons gedig kom dié optimale eenheid nie voor nie, maar

A vertoon die grootste eenheid waar daar alleen een binding

binne die strofe is, d.w.s. twee nosies verbonde deur 'n komma.

Die begin en einde van A is gekenmerk deur hoofletter en

punt.

In B neem dié eenheid af: daar is drie informasie-eenhede;

maar die begin en einde van die strofe is weer gekenmerk

deur hoofletter en punt.

In C is die eenheid nog minder: vier nosies, Cl, C2a, C2b

en C(3+4) word met kommas verbind, terwyl die strofe self

ook „enjambeer" na die eerste informasie in D. C self is dus

as strofe 'n onderskeiding-in- verband.

Tot sover dan die beskrywing van die gegewe vorme.

Neem ons nou aan dat die tweeledige beëindiging van A en

B (strofe-einde én einde van informasie-eenheid) 'n pouse bewerkstellig,

dan konstateer ons dat die pouse na C korter is as

by A en B. 42 En as die tydsverloop tussen die episodes

C en D korter is as die tydsverloop tussen episodes A en B,

is daar sprake van versnelling in die tempo waarmee die

episodes merkbaar opvolg.

Die linguistiese voltooiingsverwagting aarsel voor die heining

wat die strofe-einde opstel, en spring dan oor. D vang

aan, sonder hoofletter, met 'n herhaling uit C, en in die

woordvolgorde van D is 'n inversie op te merk wat die afhanklikheid

van die Vf. „sak" (D1) van die temporele by-

42 Die temporele moment wat ons hier in interpretasie onderstreep,

kan, hoewel dit 'n kenmerk is van poésie in accu en daarom 'n evidente

feit is by die voordrag van 'n gedig, nie sonder meer in 'n beskrywing

van taalvorme opgeneem word nie. Die interpretasie van interpunksie en

dus ook van wit-tussen-strofes as 'n temporele gegewe is 'n slotsom na

analogie van die versvoordrag.
62

woord „toe" (C3) blootlê. Die begin van hierdie strofe-vorm

is dus nie tegelykertyd die „begin" in linguistiese opsig nie.

Linguistics lê die begin van D in C.

Dl enjambeer na D2 en word weer dubbel voltooi, met

twee voorsetselgroepe in adverbiale funksie. D2a en D2b is

verder weerspieëling-in-miniatuur van die herhalingsverskynsel

in Dl en C3 („sak 'n duisend vere” / „sak 'n duisend

kraaie"; „oor die bloed, oor die klip").

Die afsluiting van D2 verskil van die afsluiting in die

posisioneel-ooreenstemmende verseindes A2, B2 en C2, waarin

ons, ten spyte van variasies binne die versvorm, nog elke

keer 'n begrensing deur 'n komma aangetref het, gevolg deur

„toe" aan die begin van die volgende vers. In D2 is die model

totaal verstoor: stippeltjies markeer die verseinde D2 wat

terselfdertyd die einde van die sintaktiese eenheid C.D(1+2)

is. Dat dit die einde van die sintaktiese eenheid is, is egter

eers herkenbaar in die tipografiese gegewe dat die volgende

vers met 'n hoofletter begin — stippeltjies is naamlik 'n

hibridiese interpunksiemiddel (vgl. p. 52). Ons kan sê dat

dit geen afsluiting is voordat 'n nuwe sin onteenseglik begin

nie. En daarom kan ons van stippeltjies praat as die interpunksie-van-die-twyfel,

die interpunksie wat nie „weet" of

daar afgesluit word, en of daar vertraag word om daarna

voort te gaan nie. 43

D3 vang inderdaad aan met 'n uitroep, „O"; dit is 'n geheel

nuwe sintaktiese eenheid van 'n soort wat volkome verskillend

is van wat tot dusver aangebied was — 'n vraende eenheid.

Samevattend kan 'n mens sê: na die toenemende versnelling,

gekonstitueer deur die wyse waarop die strofe-vorm as gegewe

beperking, sintakties steeds anders beset is, gekonsti-

tueer deur steeds korter en meer sub-eenhede binne die strofe

waarin die hoogste versnelling uiteindelik bereik-grense,

word in die deurbreek van die strofegrens (deur die inter-

43 Hiermee word nie verwys na 'n twyfel, 'n onmag by die digter of

skrywer nie, maar alleen na die funksie wat sodanige interpunksie binne

die teks het of kan hê.
63

punksie eind C4), die sintaktiese „binnestort" van die voor

wat verloop in stippeltjies, die interpunksie-

-laaste episode

middel van die onmag om werklik af te sluit, die onmag om

voort te gaan — ná hierdie toenemende versnelling eindig

die aanbod van die verteller in 'n uitroep en 'n taalsistematies-gegewe

stemverheffing: die intonasie van die vraagsin.

In D as geheel is die strofemodel (d.w.s. die model waarvolgens

die strofe aanvanklik linguistics beset is) totaal

verstoor. En hierdie verstoring van die model toon 'n toenemende

„ontreddering" deur die strofes heen. T.o.v. van A

verskil B dáárin dat die strofe meer sintaktiese sub-eenhede

bevat. Maar hulle is al drie beweringsgroepe, en die belang

strofe-strukturerende momente, die komma aan die einde-rike

van die tweede vers, gevolg deur „toe" aan die begin van die

derde vers, is hier ook werksaam.

C toon 'n nog groter verskil: in die drie roepgroepe van die

eerste twee verse, en in die struktuurmodel. Twee verse val

uiteen in kleiner deeltjies (C2 is verdeel in twee, C4 in vier).

Maar andersyds behou C die binding en die orde van A en B

in die komma en „toe" (eind C2 en begin C3).

In D, wat van C afhanklik is vir sy linguistiese aanvang,

val die strofe uiteen in twee begrensde nosies — die sintaktiesepisodiese

patroon verskil in elke opsig van die model in A

opgestel.

§ 14. Hoe ontvou die feite-aanbod hom nou binne hierdie

struktuurlyne?

Na die titel is die mededeling van die „begin" stellend:

'n feit uit die (verre) verlede, in 'n sin met verswaarde aanloop,

wat die ontstaansgrond vooropstel — „Uit holtes van

'n boom". 44 Die wonderbaarlike geboorte is die eerste feit.

44 Wanneer hier van 'n „verswaarde aanloop" gepraat word, word

nie ingeskakel by die emosioneel-stilistiese waarde wat deur sommige

stilistici, bv. G. S. Overdiep, daarmee verbind word nie. Die term hier

is alleen beskrywing vir die sinsmodel, en die funksie hier ter sake is

dat die begin van die sin, en die feitelike mededeling van die begin van

die situasie, die benoeming van die ontstaansgrond, daardeur saamval.
64

Maar reeds in die volgende episodiese sub-eenheid, nl.

A(3+4), het ons 'n spanning gevind, 'n opposisie wat afspring

van die vuurslag „vir hom" by „kies" (vgl. p. 33).

Hierdie opposisie het botsing geword in B1, waarop die

val van die broer volg — en daarna: die kraai as metgesel

van hierdie onheil, die kraai as onheilsbedreiging op die

spikkelkoei.

Hierop volg 'n reaksie. Die verhalende imperatiewe van

C bring 'n styging in die emosionaliteit, 'n groter intensiteit

(vgl. p. 39); ons kan se, die verhalende imperatiewe dui op

'n ontsteltenis as gevolg van die kraai se verskyning. Daar is

herhaling, tot driemaal toe, van „instruksies" tot 'n daad-vanuit-die

weg-ruim, daar is klaarblyklike opwinding.

Maar die gevolge van hierdie daad is veel erger as die

gebeure wat daartoe aanleiding gegee het. Daar was 'n kraai,

maar die daad-van-uit-die-weg-ruim bring 'n duisend vere.

En ons het gesê dat, in laasgenoemde groep, telwoord en

onbepaalde lidwoord in 'n oordeelswaarde fungeer, dat

duisend met 'n 'n intensieve, globale telwoord is, „simbool"

vir 'n persepsie van baie — teken van 'n verhoogde emosionaliteit,

weereens (vgl. p. 44).

Ook die oënskynlike hervatting van die „patroon" („toe

sak 'n duisend vere") is deur die spanning aangevreet, 'n

spanning wat dringender word in die staccato van C4, in die

opnoem van elke windstreek apart om in stapeling die som

daarvan tegelykertyd te bied — „oral".

En ná hierdie stapeling is daar geen afsluiting, geen rus

nie. Is die spanning hier reeds te hoog opgevoer, die stuwing

van gebeure te heftig, om binne die strofegrens te bly? Wat

aan die gang gesit is in C, duld geen onderbreking nie: die

gedaantewisseling duur voort. En die vere word kraaie, nog

meer reëel, nog meer dreigend, gevaarlik — want as daar

onheil was in 'n kraai, hoeveel te meer in 'n duisend kraaie?

Maar die gebeure beweeg nader, want hulle rigting-vansak

is beter waarneembaar: „oor die bloed, oor die klip". En

dan, na hierdie waarneming, die twyfelende (vertwyfelende?)
65

afsluiting, die aarseling voordat die wending kom, die spanning

ten top styg en breek, die patroon sy totale verbrokkeling

vind in die uitroep, in die vraag waarvan die antwoord

reeds deur wat voorafgegaan het, vir goed uitgesluit is, die

vraag wat radelose kreet word. Want die onheil is op die

verteller, daar is geen skuiling nie; die spikkelkoei en die

kraai het finaal een geword in die laaste vernietigende vergelding.

— Die spikkelkoei, terwille waarvan „ek" geweld

teen „my" broer gepleeg - het. Die kraai, die onheilsbode, wat

„ek" (in oormoed) uit die weg wou ruim. Die versplintering

is volkome, die wanhoop allesomvattend.

En dit is die „ek", die verteller van hierdie gebeure, uit

wie se mond hierdie situasie sy bestaan kry — dit is die „ek"

wat hierdie laaste vergelding ondergaan, aan .wie die bedreiging

voltrek word. Daarom is geen voortsetting moontlik

nie: hierdie einde is in elke opsig die einde. The rest is

silence.
HOOFSTUK DRIE

DIE BINDMIDDELS IN DIE GEDIG

§ 1. „Eenheid". Wanneer die probleem van die eenheid

van die literêre kunswerk as kunswerk geopper word, moet

'n onderskeid eers gemaak word tussen die eenheid („unit")

wat die stilistikus as objek van ondersoek aanvaar, en die

eenheid (samehang, „unity") wat die stilistikus èn die literatuurwetenskaplike

eventueel kán ontdek in sy objek van

ondersoek.

Die eenheid („unit") wat objek van ondersoek vir die stilistikus

is, is 'n gegewe struktuur, 'n aangebode taalhandeling.

En dat die taalhandeling voltooi is, afgesluit is, is 'n feit wat

die stilistikus voorwetenskaplik reeds weet. So bv. aanvaar die

stilistikus uit die tipografiese voorkoets van Sprokie van die

Spikkelkoei dat dit 'n voltooide taalhandeling is, 'n gevormde

vorm en geen fragment nie, want daarvóór en daarna (in die

bundel waarin die gedig voorkom) staan ander taalsituasies,

deur hul plasing en hul benoeming deur titels geisoleer van

ons objek van ondersoek.

In hierdie gegewe feit soek die stilistikus dan na die vorm

hom is die ondersoek na eenheid-konstituerende

momente; vir

/samehang 'n struktuurprobleem. 1

1 Hierdie standpunt van die stilistikus is deur prof. W. Gs Hellinga

in die studiejaar 1954-1955 in 'n lesing voor die neerlandici van die

Universiteit van Amsterdam gestel. Vgl. verder Hellinga en Scholtz, a.w.,

p. 48: „Dat die stilistikus die taalgebruikseenheld as sodanig eerbiedig,

wil egter hoegenaamd nie sê dat alles in 'n dergelike eenheid nou teen

wil en dank samehang moet vertoon nie. Die term gebruikseenheid kan

maklik die indruk skep dat die gebruiksgeval vir die stilistikus by voor

Gestalt, 'n geheel is waarin alles struktureel saamhang of geinte-

-baat 'n

greer is. Hierdie opvatting word egter geensins deur die stilistikus gehuldig

nie. Wat saamgegee word, hoort immers the noodsaaklikerwyse

struktureel saam nie. Dat 'n bepaalde gebruiksgeval 'n Gestalt, 'n geheel
67

Vir die literatuurwetenskaplike ondersoek na die eenheid

in 'n gegewe gedig is die uitgangspunt ook nie dié van die

filosofiese estetika nie, nl. dat die voltooide kunswerk 'n geheel

of 'n Gestalt of 'n organisme is, waarin elke onderdeel

in noodwendige samehang met die geheel gegee is.

In die literêre teorie van die jongste tyd word die kwaliteit

„eenheid" wat die literere kunswerk het of kan hé, onafskeidbaar

aan 'n waarde-oordeel gekoppel — eenheid is dus ook in

die literatuurwetenskap nie 'n uitgangspunt, 'n voorveronderstelling

nie, maar 'n eindoordeel. Roman Jakobson praat bv.

van die literere kunswerk „not as a cluster of devices, but as

a complex, multi-dimensional structure, integrated by the

unity of esthetic purpose." 2 Wolfgang Kayser praat van die

eenheid en geslotenheid „des wirklichen Kunstwerks", waarin

alle vorme saamwerk. s Hierteenoor herinner Warren en

Wellek daaraan dat wanneer ons aan 'n georganiseerde geheel,

aan 'n struktuur die naam „kunswerk" toeken, dit

onteenseglik 'n waardeoordeel impliseer. 4

Die opgaaf van die literatuurondersoeker bly steeds om in

die konfrontasie met 'n literere werk (bv. 'n gedig) vas te stel

in watter graad hierdie ideaal van eenheid in die literere

kunswerk bereik word.

Daarom is die eenheidsprobleem in die literatuurwetenskap

'n probleem van „samehang" binne die literere werk — the

bloot die linguistiese samehang nie, maar ook die literere

samehang; hoe en waardeur dié samehang gekonstitueer

word, of daar van meerdere of mindere samehang binne die

werk gepraat kan word. Die eenheidsondersoek word 'n on-

is, kan dus nooit vir ons uitgangspunt of voorskrif wees nie. Dit is

hoogstens 'n konklusie, 'n naskrif wat ons op grond van ons analise kan

aanbied."

2 Aangehaal deur Victor Erlich, Russian Formalism, 's-Gravenhage

1955, p. 170.

3 Wolfgang Kayser, a.w., p. 301.

4 Austin Warren en René Wellek, Theory of Literature, London 1953,

p. 157.
68

dersoek na die aantal en die aard van die bindmiddele in die

gedig, 'n soektog na ordenende prinsipes in die struktuur. En

hierdie ondersoek se resultate moet uiteindelik meespreek in

die evaluasie van die gedig. 5

In die ondersoek van Sprokie van die Spikkelkoei gaan dit

om bepaalde probleme-van-samehang in 'n bepaalde soort

werk. Ons het reeds vroeër gesê dat hierdie gedig by eerste

kennismaking verbandloos voorgekom het. Daar is gemeen

dat die volgorde van gebeure a-logies is. En hierdie eerste

indruk het die vraag na die eenheid van die aangebode

literére feit op die spits gedryf — is daar 'n ander organiserende

prinsipe wat dié van die „logiese volgorde" vervang,

is daar bindmiddele wat ons indruk van verbandloosheid sal

teenspreek by dieper inlees in die gedig? Is daar „planmatig

-hede"?

Ons het ook vroeër gesê dat hierdie vrae ons na 'n ondersoek

van die struktuur van die gedig lei. En in die analise

van die struktuur wat in die vorige hoofstuk gedoen is, is

antwoorde op hierdie vrae reeds geïmpliseer. Maar die organisasie

al dan nie van hierdie gedig kan ook blyk uit sekere

versvormkenmerke, wat ons nog nie as sodanig in die voorgaande

analise behandel het nie. Ook die konvensionele

poëtieke boumiddele van strofepatroon, verslengte, rym en

ritme kan 'n ordenende funksie hê. Is die versvormkonstituerende

momente in ons gedig nou samehangskeppend? Dus

ook eenheidskonstituerend?

Die gedig is uit vier vierreëlige strofes opgebou — in dié

opsig is daar 'n interne gelykvormigheid. 6 Maar hoe is dit

6 Ons distansieer ons in hierdie formulering van die vraag na die

eenheid van outeurskap, bv. die „Homeriese" probleem, die oorsprong

van die Pentateuch, of die outeursprobleem in Van den Vos Reynaerde.

'n Werk van die hand van verskillende outeurs kan óók 'n „estetiese"

eenheid skep.

6 'n Voorbeeld van die teenoorgestelde, nl. waar die strofevorm qua

hoeveelheid verse nie gelyk bly deur die gedig heen nie, is N. P. van

Wyk Louw se eerste gepubliseerde gedig (aangehaal deur D. J. Opperman,

Digters van Dertig, Kaapstad 1958, p. 166). In 'n gedig van tien strofes
69

gesteld met die vormkenmerke binne die strofe — is die

strofes ook in ander opsigte behalwe hul vierreëligheid oor

-eenstemmend?

§ 2. Verslengtes. 'n Lettergreeptelling in die verse binne

die onderskeie strofes lewer die volgende resultaat:

II AI BIC ID

1116161516

2116151616

3 II 4 1 4 1 7 1 5

4 II 6 1 7 1 4 1 6

Die lengte van die verse bly, soos uit die skema blyk, in 'n

veld waarvan vier en sewe sillabes die grense vorm, en elke

strofe word met verslengtes uit die moontlikhede binne dié

twee grense gebou. Die seslettergrepige vers kom die meeste

voor (agt keer).

Die mees markante teenstellinge, in verse met dieselfde

strofeposisie, vorm B3 (met die minimum aantal sillabes)

teenoor C3 (met die maksimum aantal) en omgekeerd, B4

teenoor C4. Maar hierdie teenstellinge is, binne die geheel

gesien, nie „opvallend" nie. 'n Patroon is in A opgestel, —

6 : 6 : 4 : 6 — wat in B, met een sillabe minder in die tweede

vers, een sillabe meer in die derde, gevarieer word tot

6 : 5 : 4 : 7. Hierdie verslengtes word al vier in C herhaal in

ander strofeposisies — 5 : 6 : 7: 4 — en D vertoon dan weer

met een uitsondering ('n verskil van een sillabe — A3 het vier

sillabes, D3 het vyf) die patroon van A.

Die wisselinge binne die „veld", dan, is so klein dat desnieteenstaande

gesê kan word dat die verse, en, vandaar, die

strofes binne dieselfde sillabiese verband 18. Ons kan the

wissel tweereëlige en vierreëlige strofes mekaar af sonder enige aantoonbare

funksie in die wisseling. Die vierreëlige strofes verskil bowendien

nog opvallend in hul verslengtes.
70

konkludeer tot 'n strakke ooreenkoms tussen die verse nie,

maar ons kan wel van 'n ordening praat. 7

§ 3. Die heffingsvers. Die metries-ritmiese verskynsels in

hierdie verse kan perspektiewe open wat in sigself ondersoek

waardig is; dit gaan vir die eenheidsondersoeker egter alleen

dáárom of daar 'n vasstelbare samehang in dié verskynsels

is, en of 'n ordenende moment ont-dek kan word in ons geval,

in die aantal heffings per vers.

Wanneer ons die ritmiese tema van dié gedig wil vasstel,

d.w.s. 'n patroon of basis van heffings en dalings wat konstant

bly deur die gedig heen, is die woordaksent 'n leidraad by die

vaslegging van die heffings in die vers.

Vier van die twaalf meerlettergrepige woorde in die gedig

is in die eerste strofe (A) te vinde en ons het daar in taal

dus 'n viertal aksente paraat. Verder sal

-sistematiese opsig

ons moet steun op sinsaksent en op ons interpretasie van die

feite vir die vaslegging van die heffings. Met vier vaste

aksente en weinig verdere bivalensie, verskaf A dan die

volgende tema: 8

t

s i

7 Die ordening blyk veral in teenstelling tot 'n gedig waar die verslengtes

nie binne dieselfde sillabiese verband lê nie, en ter illustrasie

haal ons 'n paar dergelike verse aan uit Martjie van Jan F. E. Celliers,

(Tweede druk, 1916, p. 94):

Sij denk daaraan

hoe dat sij somtijds sag

dat hij

'n strijd te strjje had,

alsof hij in 'n weif ling stond.

8 In navolging van T. T. Cloete, Trekkerswee en Joernaal van Jorik,

Amsterdam 1953, p. 17 noot 2, gebruik ons hier drie soorte tekens vir die

aanduiding van heffings en dalings: — = daling, . = sterk heffing,

= halfsterk of by- heffing.
71

Die aksent in Al val op die tweede en sesde sillabe, in A2

op die tweede, vierde en sesde, en in A4 op die tweede en

sesde weereens. Hierdie feite is uit die enkelheid van aksent

in die meerlettergrepige woorde „holtes", „kuddes", „gekom"

en „spikkelkoei" afgelei, en uit die sinsaksent wat aan „boom"

en „hom" toegeken word.

A3 verwys ons terug na die feite-interpretasie vir 'n bepaling

van aksent. Ons het geïnterpreteer dat „toe" nie alleen

as voegwoord hier optree nie, maar ook die temporeel-kousale

verband tussen A(1+2) lê (vgl. p. 30). Vanweë hierdie sinvolle

geladenheid van „toe" sou ons daaraan naas „kies ", wat

ondubbelsinnig in hierdie vers geaksentueer word, 'n heffing

wou toeken, nie van dieselfde sterkte as „kies" nie, maar tog

sterker as die daling in die derde lettergreep.

In die daaropvolgende strofes tree heelwat variasies op in

die patroon deur A opgestel, maar dit blyk dat die tweeheffingsvers

in die gedig dominant is. Sonder verder beredenering

van die plasing van aksente, sien die gedig daar in

prosodiese opsig soos volg uit:

L L _ L

. 1._,

- L - - - L

_ L _ _ L

L _ _ L

- L L - L

L - - L _

L r L L

_ - L -

72

Die meeste heffings per vers word hiervolgens in C2 en C4

gevind; albei het vier heffings, en C4 vorm bowendien 'n

emfatiese uitsondering vanweë die afwesigheid van dalings

in die vers. Daar is alleen markante pouses tussen die heffings.

Daar is twee verse (A2 en D1) met drie heffings, een waar

sprake is van twee-en-'n-halwe aksent (A3), en één waar,

om dieselfde rede as in A3, sprake kan wees van drie-en-'nhalwe

aksent (C3).

Of die ossilering van heffings tussen die grense van twee

en vier sinvol is, en watter informasie daardeur gegee word,

laat ons hier vanweë die aard van ons probleemstelling buite

beskouing. Die oorheersing van die tweeheffingsvers toon

egter duidelik 'n ordening in die ritmiek, wat in hoë mate

eenders verloop van strofe tot strofe.

§ 4. Rym en „weerklank". Ook die rym en ander klank

kan 'n eenheidskonstituerende moment wees, en-verskynsels

ons merk in hierdie gedig dat daar wel deeglik sprake is van

reëlmaat in die rymskema. In A en C is die rymstelling a b c b

(staande eindrym); in B en D is die rymstelling ook a b c b,

maar die eindryme is assonerend, met dieselfde sonant in B2

en B4 as in D2 en D4 (mik — sit; klip — pik). 9

Ons het vroeër op 'n verband tussen „stippels" (D4) en die

eer, ste lid van die samestelling „spikkelkoei" (A4) gewys —

'n verband wat nie alleen op grond van 'n sinonimiteit tussen

„stippels" en „spikkel-" gelê kon word nie, maar wat ook

setel in die verwante klankstruktuur van die woordliggame

(vgl. p. 56).

'n Klein eggo van die dominante klank in „stippels" en

„spikkel-", kan ons nou sê, is telkens aanwesig — in die

beklemtoonde assonerende eindposisies van B2 en B4, en D2

en D4, en ook in die beklemtoonde eindposisie van Cl.

Die klein weerklankreeks mag ons as 'n subtiel-bindende

9 Ons maak hier geen verskil tussen assonansie en halwe rym nie.

Vgl. Wolfgang Kayser, Kleine Deutsche Versschule, Bern 1951, p. 92-94.
73

draadjie in die geheel beskou, en ook die reëlmaat van die

rymskema werk samehangskeppend. Maar dit lê ook in die

aard van die rym dat dit in meer as uiterlik-skematiese opsig

'n samehang binne die strofe (uiteindelik, indien konsekwent

deurgevoer, binne die hele gedig) skep. Hoewel die binding

van die rym 'n klankbinding bly, kan hierdie verskynsel

meewerk om die dele van die strofe aan te bied asof hulle

saam hoort. 10 Dit is nie 'n funksie van die rym alléén nie;

die rymstelling moet sekerlik ook deur ander bindende elemente,

Bowe-al in die feite -aanbod, onderskraag word.

In ons situasie (bv. in A) merk ons dat die eerste rymwoord

voorkom vóór die interpunksie wat die eerste strofehelfte

isoleer (hoewel dit isolasie-in-verband is) van die tweede, en

dit kom voor aan die einde van 'n in taalstrukturele opsig

voltooide nosie. Die tweede rymwoord aan die einde van die

strofe reik dan terug na die vorige strofehelfte, deur klankvoeging

word tussen die twee dele 'n betrekking geskep, wat

'n bruggie maak oor die skeiding. En waar ons in die vorige

hoof stuk ook 'n feitelike betrekking tussen die twee dele kon

blootlé, gee dit saam met die rymstelling nou aan die woorde

'n dubbele gehegtheid: die strofe is op die wyse binne twee

vormvelde wat saamval, georganiseer.

§ 5. Strofebou: die volgorde van die verse binne die strofe.

Die organisasie van 'n gedig kan ook blyk in 'n bepaalde

volgorde van verse binne die strofe, en uiteindelik in die

volgorde van die strofes. Wanneer ons voor 'n oënskynlike

verbandloosheid in 'n gedig te staan kom, kan die vraag

ontstaan of die verse binne die strofe omgewissel, geskommel

kan word, en of daar 'n dwingende (hoewel nie noodwendig

logiese) volgorde deur die verse gekonstitueer word. Ons laat

vireers die feitelike samehang van die verse buite beskouing

om later daarop terug te kom; die vraag is nou of die strofe-

10 Vgl. vir die uitgangspunt van hierdie diskussie, Hellinga en Scholtz,

a.w., p. 20 vig., en veral p. 22.
74

bou, soos dit sintakties en tipografies gegee is, 'n skommeling

van verse kan toelaat. 11

Ons kan die probleem illustreer met die gedig Marc groet

's morgens de dingen van Paul van Ostayen —

Dag ventje met de fiets op de vaas met de bloem 1

ploem ploem 2

dag stoel naast de tafel 3

dag brood op de tafel 4

dag visserke-vis met de pijp 5

en 6

dag visserke-vis met de pet 7

pet en Pijp

8

van het visserke-vis 9

goeiendag 10

Daa-ag vis 11

dag lieve vis 12

dag klein visseljn mijn 13

Ons laat ons nie in diskussie in oor die eventuele samehang

van hierdie verse nie; daar kan volstaan word met op te merk

dat veral verse 3 en 4, en verse 5 en 7 „andersom" sou kon

gestaan het. Hiertoe dra in hoë mate die sintaktiese en tipografiese

voltooidheid van hierdie verse by; in strukturele opsig

is hul onafhanklik van hul gegewe posisie in die gedig.

In Sprokie van die Spikkelkoei het ons reeds die sintaktiese

bou van die strofes onder oog gehad (vgl. p. 12). Ons resumeer

dit net kortliks. A is één sintaktiese geheel, waarvan die

begin tipografies aangedui is deur 'n hoofletter, en die einde

deur 'n punt aan die verseinde A4. Binne hierdie sintaktiese

geheel is sowel die woordvolgorde as die volgorde van die

11 'n Dergelike vraag is uiteraard eksperimenteel. Wanneer die volgorde

nie vanselfsprekend voorkom nie, probeer ons omwissel ten einde

die gegewe volgorde te beproef — of dáárin 'n dwingende volgorde sal

blyk as ons dit naas ander, gekonstrueerde volgordes stel.
75

sinsdele normaal, volgens taalstruktuurreëls. 12 Die vers Al

word sintakties voltooi in A2, die komma sluit voorlopig

A(1 +2) af, maar projekteer bowendien vooruit. En waar die

komma „sê" dat iets moet volg, lê „toe" in AS die volgorde

en die aard daarvan vas, omdat „toe" die temporele èn

kousale verband tussen die twee strofehelftes aandui. In die

tweede strofehelfte is A3 ook weer struktureel afhanklik van

A4 — die verseinde is nie afdoende isolerend nie, en daar

moet na A4 geënjambeer word. A2 moet dus op Al volg,

omdat A2 sintaktiese voltooiing van Al is. Die komma en

„toe" lê dan die volgorde A(1+2)->A3 vas, en A4 moet

weereens op A3 volg omdat A4 die sintaktiese voltooiing

van AS is.

Die sintaktiese geheel B is verdeel in drie sub-eenhede,

B1, B2 en B(3+4). Soos in A, dui „toe" aan dat B(3+4) die

tweede strofehelfte moet wees; B4 moet volg op B3, as die

sintaktiese voltooiing van B3. Die volgorde van Bi en B2

sou problematies kon word, vanweë hul voltooide sintaktiese

struktuur, en hul eenderse isolasie deur 'n komma aan die

verseinde. B2 is nie struktureel afhanklik van Bi nie. Behalwe

vir die tipografiese gegewe (nl. die hoofletter) wat B1 aan

die begin van die sintaktiese geheel B plaas, maar wat ten

slotte nie 'n definitiewe bewys van die noodwendigheid van

Bi se posisie is nie, sal daar nog verdere bewysmateriaal vir

Bi se posisie as eerste in die reeks sub-eenhede binne B

gesoek moet word. En die bewysmateriaal vind ons op feitelike

vlak, soos ons later sal aantoon.

12 Aangesien die woordvolgorde volgens struktuurreëls „normaal" is,

het ons hier in die probleem van oënskynlike verbandloosheid nie met

dieselfde ,verbandlose" of ,irrasionele" situasie te doen as in die

a-sintaktiese gedig van Gertrude Stein, Guillaume Apollinaire, nie (aan

deur Eugene Jolas in The Language of Night, Den Haag 1932,

-gehaal

p. 37) —

Give known or pin ware.

Fancy teeth, gas strips.

Elbow elect, sour stout pore, pore caesar, pour state at.

Leave eye lessons 1. Leave I. Lessons. I. Leave I lessons, 1.
76

In C het „toe" dieselfde strofe-strukturerende funksie as in

A en B, en is daar weer 'n sintaktiese enjambement van C3

na C4, sodat die volgorde C3–>C4 onomstelbaar is, en C(3+4)

as tweede helfte gegee is. Maar Cl, C2a en C2b is al drie

sintakties-struktureel voltooid, begrens deur 'n komma in elke

geval. Weer is dit in formele opsig alleen die hoofletter wat

Cl se posisie konsolideer, en ook hier moet dus verdere bewyse

op feitelike vlak gesoek word.

Tot dusver het ons elke strofe afsonderlik en nie in verband

met die voorgaande strofes ondersoek nie. Die sintaktiese

gehele A en B het dit toegelaat, omdat hulle nie in hul

sintaktiese struktuur afhanklikheid buite hulleself om getoon

het nie. Maar hoewel ons kon sê dat die strofeposisie van

C(3+4) bepaal is deur „toe", en die sintaktiese voltooidheid

van C(3+4) uit die sinsmodel A Vf S (enj.) A... daarin

opgestel, blyk, dui die interpunksie eind C aan dat hierdie

sintaktiese eenheid nie definitief afgesluit is nie. Daar moet

in'nander,in'nvolgende strofe vir die aanvulling van hierdie

aanbod gesoek word — 'n aanvulling wat deur die streep in

vooruitsig gestel word. En hierdie feit is tegelykertyd bepalend

vir die volgorde van verse binne die strofe D.

In D het ons in die strofe duidelik twee dele, een waarvan

die einde definitief gemarkeer is deur 'n vraagteken, een

waarvan die einde deur die dubbelsinnige interpunksiemiddel

van' stippeltjies aangedui is, wat geen sintaktiese afsluiting

hoef te wees nie. 13

Een van hierdie helftes vertoon verder 'n geïnverseerde

sinsmodel — Vf S (enj.) A... Die inversie is anormaal in

'n mededelende sin, tensy dit „gemotiveer" is deur 'n aanloop

voor die Vf.; wanneer die hele sintaktiese eenheid as vraag

fungeer (bv. „kom die bus al oor die bult?") is inversie ook

normaal. Maar hier is geen aanduiding dat ons dwarsdeur

13 Voorheen kon ons sê dat die stippeltjies tot afsluiting gekonstitueer

word deur die hoofletter wat daarop volg; waar ons nou juis die volgorde

eksperimentshalwe tot probleem maak, word die „onsekerheid" wat

inherent is in hierdie interpunksiemiddel, weer geaktiveer.
77

die strofe heen met 'n vraagsin te doen het nie; ons moet dus

vir die motivering van die inversie 'n aanloop soek. Dié aanloop

vind ons in die vorige strofe — die strofe wat oopgelaat

is om aangevul te word, nl. C. Daarom moet D(1+2) —

waarvan die volgorde D1-D2 origens sintakties-struktureel

bepaal is — aan die begin van die strofe staan, direk volgend

op C4, en daarom is ook die volgorde D(1-í-2)->D(3+4)

onomstelbaar.

In twee gevalle, by die vraag na die volgorde van Bi en

B2 en die volgorde van Cl en C2, het ons gesê dat die

afdoende bewys vir die vaste volgorde in die feite-aanbod

gesoek moet word. B2 moet naamlik volg op B1, omdat „hy

val in 'n mik" die natuurlike gevolg is van die handeling in

Bi — „ek stoot hom oor 'n krans" (vgl. p. 36). Ook by die

drie gebeures-met-die-klip (in Cl en C2 verhaal) is 'n natuurlike

planmatigheid (reeks) in die volgorde — eers die klip

besweer, dan korrel, dan „nie kwes nie".

Daarom is die volgorde C1-^C2a-^C2b ook vas.

§ 6. Die ordening van die strofes: hul volgorde. 'n Vraag

na die samehange in 'n gedig behels in ons geval ook die

vraag of die volgorde van die strofes „noodwendig" is. Uiteraard

is dit 'n punt waarop ons ons eksperimentshalwe moet

losmaak van die volgorde van die strofes soos hulle deur die

bladspieël aan ons voorgehou word. Deur substitusie van

ander volgordes, verkry deur die omsetting van die strofes,

sou dit moontlik wees om te bewys dat die gegewe volgorde

ook die volgorde is waarin die grootste samehang bestaan,

as ons kan bewys dat die gekonstrueerde volgordes „onmoontlik"

is.

Ons stel dus allereers in hierdie eksperiment die standpunt

dat 'n noodwendige volgorde van strofes 'n faktor is in die

ordening van die geheel, dat dit 'n bindmiddel is. Wanneer

ons dus kan bewys dat die gegewe volgorde inderdaad the

omstelbaar is nie, het ons daardeur 'n ordeningsprinsipe aangewys.
78

In 'n ondersoek na die ordeningsprinsipes in 'n gedig van

J. F. W. Werumeus Buning („Hoe kon ik meenen te genezen...",

Verzamelde Gedichten, Amsterdam, 1948, p. 32)

is gedurende die studiejaar 1954-1955 'n volgorde-eksperiment

— ten dele met spesifiek-pedagogiese oogmerke —

onder leiding van proff. W. Gs Hellinga en N. P. van Wyk

Louw deur die kandidate Nederlands aan die Universiteit

van Amsterdam uitgevoer. Die gedig was, soos vooraf vasgestel

is, onbekend by die lede van die werkgroep.

Die vier strofes van die gedig is apart en in willekeurige,

„oneintlike" volgorde aan die groep gedikteer, en aan hulle

is vervolgens opdrag gegee om die strofes in 'n volgorde, soos

dit volgens hulle moes wees, te plaas, met opgawe van redes

vir die rangskikking.

Die resultaat was: verskillende volgordes is moontlik gevind;

die strofes is in enkele gevalle, met goeie gronde, omwisselbaar

bevind.

Na analogie van hierdie eksperiment is 'n soortgelyke

poging tot vasstelling of die volgorde van die strofes in

Sprokie van die Spikkelkoei omwisselbaar is, deur ons gedoen.

Elk van die vier strofes van die gedig is op aparte

kaartjies uitgetik, en die vier strofes is, willekeurig geskommel,

aan vier Afrikaanstalige persone wat nie met die gedig

bekend was nie, afsonderlik voorgelê. Sonder die moontlikheid

van onderlinge raadpleging het elke persoon die strofes

in 'n volgorde wat na sy mening die juiste was, ge

-rangskik.

Die resultaat was dan dat al vier die proefpersone die

volgorde soos dit ook op die bladspieël gegee is, as die juiste

gegee het.

Aangesien so 'n klein aantal proefpersone by die eksperimentjie

betrokke was, het die resultaat natuurlik geen sta

betekenis nie. Wat egter wel van betekenis is, is die-tistiese

motivering wat in die onderskeie gevalle aan die rangskikkings

gegee is.

Die titel was in al vier gevalle bekend. Omdat die titel 'n
79

„sprokie" aanbied, is gemeen dat 'n „verhalende" volgorde

die juiste sou wees. Daar is gepoog, naamlik, om die strofes

so te rangskik dat deur die feite 'n verhaal aangebied word. 14

Hoewel die proefpersone in hul interpretasie van die uit

wat deur die feitsake gegee word, ver-

-eindelike informasie

skil het, het hulle al vier in hulle motivering van die „juiste"

volgorde daarin ooreengekom dat die volgorde nie anders

kon lê sonder om die samehang op verhaalvlak, wat na hul

mening volgens die titel noodwendig was, te verbreek nie.

Ander strukturele oorwegings was:

1. Omdat „hom" in B1 andersins ongeinformeerd is, moet

aan „hom" as anaforiese pronomen informasie voorafgaan:

die geleier van hierdie informasie is „hom" (A4) wat op sy

beurt as anaforiese pronomen betrek is op „my broer" (A3).

B moet dus volg op A.

2. C is nie as sintaktiese geheel ondubbelsinnig afgesluit

nie; die interpunksie veronderstel dat daar nog iets (desnoods

nog 'n strofe) moet volg. Die voor-die-hand-liggende strofe

is dus een wat duidelik veronderstel dat daar nog iets aan

voorafgaan: een wat dus nie met 'n hoofletter begin nie,

daarom D. Hiervolgens is die volgorde C-+D onomstelbaar.

3. Die volgorde C-^D word verder bevestig deur die

herhaling van „sak 'n duisend" (eers in C3, dan in D1).

4. Die substantief „klip" kom tweemaal voor in die teks,

eers met onbepaalde en daarna met bepaalde lidwoord. Daar

kan dus gekonstateer word dat die strofe waarin „klip" as 'n

reeds bekende saak aangebied word, dus met bepaalde lidwoord,

volg op die waarin „klip" nog as onbepaalde „ver

soort" staan. Dus volg D op C.

5. Die bou van die strofes A, B en C toon 'n hoë mate van

ooreenkoms deur die posisioneel-ooreenstemmende „toe"konstruksie.

Daarteenoor vorm D, met die vraag-eenheid in

14 Onder „verhaal" meen ons, word in die algemeen verstaan wat

E. M. Forster noem: „a narrative of events arranged in their time

sequence — dinner coming after breakfast, Tuesday after Monday, decay

after death, and so on." (Aspects of the Novel, London 1947, p. 43).

-teenwoordiger van 'n
80

D(3+4), 'n teenstelling. Op grond hiervan het sommige van

die proefpersone besluit dat die drie strofes met die gelyksoortige

„toe"-konstruksie op mekaar moet volg, met D, deur

die vraag wat hom apart van die ander stel, en deur die

aaneenskakeling met C, in die laaste posisie.

6. Omdat die titel bekend was, is gemeen dat 'n strofe

waarin die spikkelkoei genoem word, eerste moet kom. Dit

sou 'n mens dan met 'n keuse tussen A en B laat. Vanweë die

anaforiese pronomen „hom" in B is besluit dat B tog nie

eerste kan staan nie, en vandaar is besluit op A in die eerste

posisie.

7. Die vraag in D(3+4) is deur die proefpersone as 'n

soort „toepassing" van die voorafgaande feite -aanbod beskou

(aangenome dan dat die ander strofes daaraan voorafgaan).

In elk geval is die vraag gesien as die soort vraag wat 'n

afsluiting vorm, ook omdat dit kontrasteer met die ander

verhalende strofes.

8. Sekere „bewegings" in die feite-aanbod het volgens die

proefpersone 'n dwingende volgorde geskep. Een het bv. die

volging van D en C op B gemotiveer uit die samehang

„'n kraai — 'n duisend vere — 'n duisend kraaie", waarin 'n

stygende lyn, 'n intensifikasie bespeur is. 'n Ander het na

aanleiding van 'n interpretasie van die feite, uit die „stadia":

oorsaak vir broedermoord, broedermoord, en die skuldgevoel

daarna, die volgorde bepaal.

Een van die proefpersone het eers probeer om 'n ander

volgorde te motiveer, nl. die volgorde A C D B.

B sou dan oor C en D heen terugwys na A, „oor die paniek

van D heen" na die begin waarin die spikkelkoei as oorsaakvan-alles

staan. Dan was die „onverbiddelike slot": „toe het

'n kraai / op die spikkelkoei gaan sit".

Die soort tang-konstruksie wat op die wyse gegee word,

met die tweemaal genoemde spikkelkoei in elke tangpunt, het

'n bevredigende werking, is ges.

Die rangskikking is ten slotte laat vaar omrede van onoorkomelike

probleme wat met hierdie rangskikking in die feite-
81

aanbod ontstaan. Die vrae wat ontstaan het, was o.m.: wie

het dan die klip (in C) gegooi? Want „ek" is dan nog nie as

die „handelaar" genoem nie. Na wie of wat word die klip (C)

gegooi? Waarom die vere — want ook die kraai is dan nog

nie in die situasie aangebied nie?

Die wyse waarop die feite-aanbod voeg in die volgorde

A B C D het deur die substitusie van hierdie oneintlike

volgorde vir die proefpersoon skerper beligting verkry — uit

die teenstelling is finaal op die volgorde A B C D besluit.

— Tot sover dan die rangskikkings van die strofes deur

persone wat (ons herhaal) onbekend was met die gegewe

volgorde. Die wins van hierdie proef is dat daar by die oorweging

van die volgordes geen sprake kan wees van „hineininterpretieren"

vanuit 'n kennis van die gegewe volgorde nie.

Los van wat op die bladspieël staan, sonder vooringenomenheid

dus, kon hulle deur eie skommeling, deur groepering en

hergroepering uiteindelik tot 'n slotsom kom: 'n proses wat

vir die ondersoeker wat reeds bekend is met die gedig in sy

gegewe vorm, veel moeiliker sou wees om suiwer deur te

voer. 15

— Teoreties, d.w.s. as ons soos 'n wiskundige met eenhede

werk, sou daar in 'n gedig van vier strofes vier-en-twintig

rangskikkings moontlik wees, as daar geen beperkings verder

aan die rangskikking opgelê is nie. Bogenoemde proef het

egter duidelik getoon dat sekere struktuurverskynsels van die

staanspoor af die moontlikhede van rangskikking beperk. (Bv.

die interpunksie aan die einde van C, die aanvang-sonderhoofletter

van D; die anaforiese pronomen „hom" (B1) wat

skakel met „hom" in A4).

Wanneer die konsekwensies hiervan deurgetrek word, nl.

dat die volgordes AFB en C-*D respektiewelik vaslê, dan is

(wiskundig, weereens) alleen twee moontlikhede oopgelaat,

15 Uiteraard is dit nie hier nodig om op al die motiveringe van die

proefpersone in te gaan nie. Sommige van hierdie motiveringe het ook

trouens nie aanvaarbaar geblyk nie. Uit ons verdere argumentasie sal

blyk watter motiveringe ons wél aanvaar het.
82

want daar is nou alleen twee groothede (A->B) en (C-^D) by

die rangskikking betrokke. En die moontlikhede is dat (A-B)

volg op (CAD), of dat (CAD) volg op (A-^B), dus die - volgorde

C D A B of die volgorde A B C D.

In die gekonstrueerde volgorde C D A B kry ons dan 'n

nuwe gedig ter oorweging, 'n gedig van die soort wat in die

poësie nie onbekend is nie, al sal ons op diskrepansies, 'n

„vreemde" feite-aanbod, ens. stuit. 16

Ons onderneem nie hier 'n uitvoerige analise van hierdie

„nuwe" gedig nie — ons weet immers dat ons met 'n kon

te make het en nie met 'n literere feit wat in 'n-struksie

digbundel voorkom nie. Ons doel is 'n eksperimentele ver

volgordes; daarom gaan-gelyking

van die twee „moontlike"

ons nou alleen in breë trekke die struktuur van die kon

na.

In die kader van die sillabisme, heffingsvers, rymskema en

klankherhaling maak ons vir die volgorde C D A B dieselfde

observasies as wat in die beginparagrawe van hierdie hoofstuk

uiteengesit is.

Daar is die ordening van 'n gemiddeld seslettergrepige

vers, 'n dominante tweeheffingsvers, 'n rymskema a b c b

(staande eindrym in C en A, assonerende eindrym in D en B).

Ook die argumentasie vir die volgorde van verse binne die

strofes is hier ewe goed van krag (vgl. p. 73).

Die konstruksie C D A B het 'n dramatiese situasie as inset:

16 'n Mens kan slegs kyk na die manifes van die transition-groep

(aangehaal deur Eugene Jolas, a.w., p. 33) wat reeds in 1929 gepubliseer

is; o.m. verklaar hulle — „The imagination in search of a fabulous world

is autonomous and unconfined ... The literary creator has the right to

disintegrate the primal matter of words imposed on him by textbooks and

dictionaries ... He has the right to use words of his own fashioning and

to disregard existing grammatical and syntactical laws ..." Wat ook al

ons mening oor hierdie standpunt is, dit is desnieteenstaande 'n „defense

of poetry", die soort poësie wat deur die groep en vele ander voor en

na hulle geskryf is. En (om hulle terminologie te gebruik) wat diskrepan-

sies en „vreemde" feite -aanbod vir die „day-mind" is, kan 'n juiste uit

-drukkingswyse vir die „night-mind"

wees.

-struksie
SPROKIE VAN DIE SPIKKELKOEI

Smeer vet aan 'n klip,

korrel fyn, moenie kwes,

toe sak 'n duisend zere

noord, suid, oos, zees —

sak 'n duisend kraaie

oor die bloed, oor die hup.

O waar sal ek skuil

teen die stippels wat pik?

Uit holtes van 'n boom

het kuddes vee gekom,

toe kies my broer

die spikkelkoei vir hom.

Ek stoot hom oor 'n krans,

by val in 'n mik,

toe het 'n kraai

op die spikkelkoei gaan sit.
84

dit begin met die „intensiteit" van die imperatiewe, 'n nog

onverklaarde voorbereiding tot 'n daad, en daarna: die gedaantewisseling

soos in C(3+4) en D(1+2) vertel. Dan kom

die vraag — waarvan die moontlikheid van 'n antwoord

uitgesluit is deurdat die ruimte geheel en al onherbergsaam

gemaak is volgens die informasie in C4. Die vraag verteenwoordig

dan ook die emosionele hoogtepunt van die aanbod

in C en D.

In die verhalende hervatting wat volg (A) is daar geen

skakel met die voorgaande gegee nie. Is A die antwoord op

D? Kontekstueel is dit nie moontlik nie, want 'n antwoord op

D is na aanleiding van C nie te gee nie. Ook is die informasie

in A in feitelike opsig glad nie betrokke op die vraag nie.

Die verhalende hervatting begin kennelik oor ander sake:

'n nog onbekende „ek" word in sy radeloosheid gelaat en 'n

verhaal oor die ontstaan van vee, 'n keuse van „my" broer,

begin. En nou vir die eerste keer is daar, ná die titel, melding

van die spikkelkoei. As hier dan eers van „die begin" gepraat

word, wat was die funksie van die dramatiese inleiding?

Waarom die hoogopgevoerde emosionaliteit, gevolg deur die

saaklik-stellende? — Daar is 'n hiaat tussen die twee dele,

en 'n negasie van die aanvanklik-gegewe spanning.

Terwyl in C en D allerlei sake deur 'n feitelike versperring

problematies word (deur wie word die imperatiewe ,,gespreek",

tot wie gerig? wie is die slagoffer, vanwaar kom die

bloed? en waarom die skielike intree van 'n „ek" in die

situasie?), is in A en B die handelingsdrade almal saam

eenheid (A-B). In formele opsig is hierdie-gevleg

binne die

twee dele weliswaar geïsoleer, onafhanklik, maar wat die

feite-aanbod betref, is hulle komplementêr. Die verhouding

tussen die twee dele (C-D) en (A-*B) kan dieselfde wees as

by 'n „flash-back" in die filmtegniek: die aanvangsituasie

intens, dramatjes, maar onverklaard ... en daarna die saaklike

stem van 'n verteller wat die gebeure verhaal wat tot

hierdie klimaks gelei het. Maar selfs in die „flash-back"patroon

is hierdie volgorde geensins heg geïntegreer nie; die
85

reeks (A-B) het nog nie die klimakssituasie bereik wanneer

dit afgebreek word nie.

— Ons wil hierdie eksperiment nie verder voer nie, aan

ons opset nie was om 'n positiewe analise van die ge

-gesien

te maak nie. Daar bly nog een volgorde-konstrueerde

gedig

ter oorweging oor — die volgorde A B C D, m.a.w. die

gegewe volgorde. En die paar kenmerke wat ons in die volgorde

C D A B beskryf het, moet alleen dien om reliëf te gee aan wat

ons aan struktuurkenmerke in A B C D kan blootlê, ten einde

vas te stel of die volgorde A B C D 'n meer vanselfsprekende

integrasie toon, of wel die enigste moontlike integrasie as ons

afsien van die moontlikheid van „language of night".

Wanneer ons die volgorde A B C D wil motiveer, beteken

dit dat ons na eenheidskonstituerende momente, ordenende

prinsipes in die gedig soos dit gegee is, gaan soek. Ons het

die ordenende werking van die sillabisme, die aantal heffinge

per vers, rym, weerklank, en strofebou in hierdie hoofstuk

kortliks ondersoek, maar moes tot die gevolgtrekking kom dat

hulle tot die vasstel van 'n noodwendige volgorde, (selfs tot

die uiteindelike samehang) nie veel daadwerkliks hydra nie

— hulle kon by 'n beredenering van die volgorde C D A B

ewe goed te pas kom. En daarom keer ons nou terug na die

struktuuranalise wat ons in die vorige hoofstuk onderneem

het. Dáárin het ons reeds met samehangsprobleme, met die

wyse waarop die strofes in die volgorde A B C D voeg, te

doen gehad.

§ 7. Bindinge in die stilistiese analise blootgelé. Reeds

vroeg in die struktuurbeskrywing van Sprokie van die Spikkelkoei

het die reeks-konstruksie in sintaktiese én feitelike

opsig opgeval. In die ondersoek na die sintaksis het ons toe

die vraag gestel: waardeur is die spesifieke volgorde in hierdie

reeks bepaal? En ons gee nou hier 'n oorsig van die

verskillende antwoorde wat op die vraag gegee is, van die

aantal bindinge wat tydens die struktuuranalise sigbaar geword

het.
86

1. Die chronologiese opeenvolging van die tydsindikators

het getoon dat die verskillende episodes van die reeks in die

tyd op mekaar volg. Die aanvang van die reeks, A(1 +2), is in

die verlede; deur die wyse waarop „toe" (A3) die volgende

werkwoord in die tyd stel, word A(1 +2) voltooid verlede en

A(3+4) onvoltooid verlede. Na A word die reeks deur 'n

samewerking van „situasie", werkwoordsvorme en bepalinge

van tyd (waarby die „toe"-konstruksie 'n belangrike rol vervul),

tot aan die einde van D(1 +2) in die verlede gehou,

maar 'n verlede waarin die gebeure trapsgewys nader aan die

„verteller se hede" beweeg het, om uiteindelik in die laaste

aanbod, D(3+4), dié hede te bereik. Na aanleiding hiervan

kon ons sê dat die volgorde volgens die prinsipe van die

chronologie opgebou is, en dat in hierdie chronologie voorts

'n beweging tot in die „hede" toe vas te stel is (vgl.

p. 22).

Hiermee was die samehang van die volledige aanbod al op

een vlak beskryf. 'n Ondersoek van die „werklikheid" van

die gedig het gevolg, waarin die aanbod soos by hom in die

sig-vormende vorm ontvou, onder oog geneem is. En in die

loop daarvan het daar bindinge in die dele onderling ter

sprake gekom.

2. Die handeling in B is deur A voorberei. In die episode

A het die aanvulling van die werkwoord „kies" met „vir

hom" naamlik die toe-eieningshandeling wat deur „kies"

aangebied is, op s6 'n wyse geïntensifieer dat dit 'n (byna

aggressiewe) handeling was waarin enige ander kieser buitegesluit

word (vgl. p. 33). Op dié stadium van die aanbod

was daar nog 'n persoon in die situasie — die „ek", geimpliseer

deur die taalvorm „my" by „my broer" in A3. In die

buitengewone manier-van-kies het die broer hom dus van

die verteller geïsoleer; 'n klein opposisie tussen die twee persone

is daarin gegee. Hierdie spanning, het in die episode B

geblyk, was die voorbereiding vir 'n groter opposisie tussen

die twee broers. Want in B word dit tot 'n gewelddadige

botsing, en die verdere gebeure van dié episode volg daarop
87

soos 'n ketting-reaksie — 'n ketting-reaksie wat vir sy ontvonking

afhanklik is van die gebeure in A.

3. A het die stem van 'n verteller, 'n „ek"-perspektief

geïmpliseer deur die aanbod „my broer". Hierdie ek-perspektief

word nou volgehou in B, waar „ek" eksplisiet handelend

optree in B1 (vgl. p. 34). Hierdie feit bind nie alleen

A en B nie, maar die ek-perspektief persevereer tot in D.

Ook C word, vanuit die aard van die verhalende imperatiewe

wat 'n selfaanspreking is, in dié perspektief ingeskakel.

4. In B is die anaforiese pronomen „hom" vir informasie

afhanklik van 'n reeds aangebode feit — ons het via „hom"

(A4) die aanbod „my broer" as die betrokke feit aangewys

(vgl. p. 34). Met hierdie voornaamwoordelike skakeling word

tussen A en B nog 'n band gelê: saam met die vorige drie

bindinge beteken dit dat die persone wat deelnemers is aan

die handeling in Bi en B2 deur A geïntroduseer is, én dat

die handeling self voortkom uit A.

5. 'n Skakeling van die twee episodes A en B word voorts

in die „opkomste ten tonele" van die spikkelkoei in elkeen van

hierdie episodes gegee. Die spikkelkoei kom op dieselfde tydstip

in elke episode voor, naamlik, teen die einde daarvan.

Meer nog: in episode B staan haar verskyning in resultatiewe

verband met die gebeurtenisse in die eerste helfte van die

episode (vgl. p. 38), met die gewelddaad van broer teen broer,

en die broer se onsekere uiteinde, wat op hul beurt weer as

volgende op die handeling van A gegee is. Hieruit het die

spikkelkoei duidelik die twisappel tussen die twee broers

geblyk.

6. Tensy kennis omtrent die kraai vóór die sak van 'n

duisend vere in C gegee is, is daar geen aanduiding wie die

slagoffer van die dade in die begin van die episode C is nie.

Maar dat C op B volg, weet ons uit die „tydsreeks". En

daarom is in die sak van 'n duisend vere nadat daar nie (net)

gekwes is nie, die reeds bekende kraai aanwesig (vgl. p. 41).

En dit is in die sfeer van die sinistere waarde wat die kraai

reeds by sy eerste verskyning gehad het dat die veerwaai-gooi
88

daarvan 'n reën van vere in die groot ruimte tot gevolg het!

7. Die interpunksie aan die einde van episode C het 'n

aanvulling en hervatting van die feite-aanbod in C in voor

gestel. Suiwer formeel kan 'n mens you tot die gevolg-

-uitsig

trekking kom dat D aan C geskakel moet word, kragtens die

tipografiese voorkoms van sy aanvang — in teenstelling tot

die ander episodes, begin Dl met 'n klein letter. Dit kan

'n sinvolle verskil wees omdat daar reeds teen dié tyd uit die

hele aanbod 'n konsekwente sisteem in die gebruik van hoofletters

as aanvang van 'n sin geblyk het. Maar of dit inderdaad

meer dan 'n formele binding is? Ons het die vraag

gestel: „in hoeverre word die vooruitsig van hervatting en

aanvulling wat deur die streep (eind C) geskep word, in D

verwesenlik?" (vgl. p. 46). — Hervatting blyk uit die herhaling

van die werkwoord, die onbepaalde lidwoord en die

telwoord van C3 en D 1 („sak 'n duisend ... ”) : dit is dieselfde

handeling, dit is dieselfde „hoeveelheid van. . ." Dan word

'n aanbod gedoen wat t.o.v. „were" in C3 'n nuwe vorm is,

maar 'n vorm wat 'n feitsaak aanbied wat binne 'n deur die

atuur gegewe verband met „vere" lê, nl. kraaie. Ons het die

verhouding tussen die gegewens in C(3+4) en D(1-í-2) as

volg geïnterpreteer: gesien die ek-perspektief in die vertelling,

kan daar van presieser waarneming deur die verteller

gepraat word, en gesien die sprokiesfeer waarin die aanbod

gedoen word, kan daar ook van 'n gedaantewisseling gepraat

word. Ons het gesê: die verteller -waarnemer sien dat die

dinge wat by voorheen as vere waargeneem het, kraaie is —

maar die vere was vere, en het kraaie geword (vgl. p. 52).

Die verwagting wat die streep wek, word dus wel deeglik

in die episode D verwerklik; daar is hervatting, aanvulling en

voortsetting van die feite-aanbod in C. En waar ons reeds

vroeër gesien het dat die werkwoord in D(1+2) temporeel

afhanklik is van „toe" in C3, word deur die feitelike afhanklikheid

van D(1 +2) t.o.v. C nog 'n hoepel om die twee

strofes geslaan.

8. Hoewel die feitsaak „bloed" nie voor D in die konteks
89

voorgekom het nie, word dit met 'n bepaalde lidwoord in D2

gepresiseer (vgl. p. 51). Daar is geen eksplisiete kontekstuele

voorbereiding vir die bepaalde lidwoord nie, maar uit ons

interpretasie van die feite het wél 'n implisiete voorbereiding

geblyk, waar daar sprake was in 'n daad-van-uit-die-wegruim

van „moenie kwel". Dit toon dus 'n onderlinge afhanklikheid

(dus binding) tussen C en D aan. Dieselfde afhanklikheid

word deur die ander bepaalde lidwoord in D2 getoon:

'n klip (Cl) is die eksplisiete kontekstuele voorbereiding vir

die klip (D2).

9. In die vormverskynsels van tipografie, interpunksie en

hervatting, sowel as in die temporeel-feitelike afhanklikheid

van D(1+2) t.o.v. C(3+4), is die saamhorigheid van C en D

gegee, het ons vroeër gesê (vgl. p. 88). Kragtens hierdie saamhorigheid

kon ons, in ons interpretasie van die feite -aanbod,

van die informasie in C4 gebruik maak by 'n beskouing van

die vraag in D(3+4). — Wanneer ons die vraag as 'n vraag

antwoord interpreteer, het ons 'n-sonder-moontlikheid-van

tweede „laag" van organisasie tussen hierdie twee strofes

aangetoon: tussen die informasie dat die ruimte volstrek in

beslag geneem is deur vere en die vraag „O waar sal ek

skuil ...?" is 'n sinvolle betrekking. Ons sal nog later terugkom

op 'n volgende laag van organisasie wat weer hierop

gelé is.

10. In die laaste vraag word die bedreiging genoem waarteen

geskuil moet word: „teen die stippels wat pik". Die

attribuut van die stippels (dat hulle „pikkende" is) gee die

verbondenheid van hierdie verskynsel met die voorafgaande

aanbod: „'n duisend kraaie". Want net soos daar tussen vere

en kraaie 'n verband bestaan wat ons deur die natuur gegewe

kon noem (omdat kraaie nou eenmaal vere het), bestaan daar

'n verband tussen stippels-wat-pik en 'n kraai (omdat kraaie

nou eenmaal pik) (vgl. p. 53, 54).

11. 'n Soortgelyke bewegingslyn as wat deur die tydsindikators

beskryf is, is herkenbaar in die waarnemingswyse

van die gebeure van die laaste twee strofes. In die chrono-
90

logiese reeks is die tyd van elke handeling telkens nader aan

„die verteller se hede", die hede waarin die verteller die

hoorder direk met sy ervaring konfronteer (vgl. p. 22). In

die gedaantewisselinge van die laaste twee strofes word die

gebeurtenis telkens in 'n kleiner gesigsveld, telkens nader aan

die verteller self waargeneem, totdat die verteller sien dat die

stippels wat pik óp hom is, en by hom in sy vraag direk

teenoor die hoorder stel (vgl. p. 55). Waar hierdie „beweging"

veral die laaste twee strofes koppel, gee dit in die

ooreenkoms met die chronologiese beweging, 'n bevestiging

van die groter samehang: die band word hegter deur die

bevestiging.

12. Uit die laaste aanbod, die vraag in D(3+4), word nie

alleen die strofes onderling nie, maar die gedig as geheel in

sekere bindende verskynsels betrek. Die stippels in D4 is 'n

soortgelyke verskynsel as die visueel-onderskeidende eienskap

van die spikkelkoei — dat die koei gespikkeld is, dus spikkels

(stippels?) het, is immers in die eerste lid van die samestelling

gegee (vgl. p. 31). En daarmee skakel stippels -wat-pik

in nog 'n reeks: die spikkelkoei-reeks wat tot dusver gevorm is

deur die noem van die koei in die titel, in die eerste episode

en in die tweede. Hierdie reeks en die bindende werking

daarvan is meer omvattend as die kraai-reeks: sy begin en sy

einde is inderdaad die begin en einde van die gedig self.

13. Die stippels-wat-pik kan dus as behorende tot twee

feitsaak-reekse genien word. Ons kan sê dat die twee reekse

saamgestrik word in 'n aanbod wat „beliggaming" van albei

is. Maar deur die twee feitsaak-reekse saam te strik, word in

terugstrukturering 'n samehang tussen die twee reekse gegee,

word daar gesê dat die twee reekse saamhoort. Die begin van

die kraai-reeks was reeds verbind met die spikkelkoei — die

eerste verskyning van die kraai in die situasie was: toe 'n

kraai op die spikkelkoei gaan sit het.

Die noodlotsverband van kraai en spikkelkoei word nou

in die laaste aanbod uitdruklik bevestig, en daardeur word

nou weer 'n hoepel geslaan, maar dié hoepel gaan reg rondom
91

hierdie klein wereld: die spikkelkoei was vanaf die benoeming

van die wereld sentraal, totdat, na die gewelddaad van

broer teen broer, die kraai gekom het. Daarná volg die reeks

gedaantewisselinge, die bevestiging van die noot van onheil

wat die kraai se verskyning gebring het, en waarin die kraai

sentraal bly, totdat uiteindelik gesê word dat die kraai en die

spikkelkoei één is in hul vergelding van die „ek" (vgl. p. 65).

Dan weet ons dat die kraai en die gedaantewisselinge die

gevolg was van die gebeure rondom die spikkelkoei — die

skynbare divergensie van C en D(1+2), waarin die spikkel

een-koei

nie weer ná B genoem is nie, word geïntegreer binne

verband met die spikkelkoei-reeks.

14. Toe ons in die ondersoek onder die aspek van die

sig-vormende vorm tot by D2 gekom het, is die besondere

kousaliteit van die wereld-van-die-gedig versaaklik in die

moontlike interpretasie van „oor die bloed, oor die klip ..."

as 'n besinning oor die oorsake van die voorafgaande gebeure.

Op hierdie stadium is die situasie in die strofe-volgorde

A B C D naamlik al in so 'n mate samehangend getoon dat dit

moontlik geword het om reeds vanuit die aantoonbare geheel

sekere gevolgtrekkings omtrent dele van die geheel te maak.

„Oor die bloed, oor die klip.. ." is as abstraherende kousaliteitsgewaarwording

van die hand gewys omdat ons in die

situasie as geheel 'n soort „chronologiese" kousaliteit ant -dek

het, 'n kousaliteit wat in die opeenvolging van die konkrete

gebeure self lê, „in de levende eenheid van het gebeuren in

de tijd" (vgl. p. 49). Hierdie kenmerk van die wereld-vandie-gedig

is opnuut ter sake waar, in die laaste aanbod, „die

stippels wat pik", die eerste oorsaak, die pregnante begin van

die reeks, aanwesig was: die spikkelkoei, één onder die

kuddes vee.

Ons mag dus inderdaad sê dat die besondere kousaliteit

van hierdie wereld 'n prinsipe is waarvolgens die episodereeks

opgestel is — dit is 'n prinsipe wat deurlopend kenbaar

is, en daarom kan dit 'n eenheidskonstituerende moment

genoem word.
92

15. By oorweging van die moontlike interpretasie van

„oor die bloed, oor die klip. . ." as 'n kousaliteitsgewaarwording,

is gesê dat sodanige interpretasie die sake „bloed"

en „klip" tot simbole sou maak, waardeur D2 in konflik sou

raak met die tot dusver „metafoorlose" konteks (vgl. p. 50).

Ons het ook in die interpretasie van die verhouding tussen

„'n duisend vere" en „'n duisend kraaie" die moontlikheid

dat stylfigure daarmee aangebied word (pars Pro toto of

hiperbool) van die hand gewys omdat dit nie sou strook met

wat reeds op daardie stadium bekend was omtrent die vlak

van die gedig nie (vgl. p. 46). Ons het die vlak getipeer as

een waarin 'n „primitiewe" waarnemingswyse aan die orde

is — 'n afleiding wat ons o.m. gemaak het uit die konkrete

verhaal van episodes, en uit die „konkretisering" in C (vgl.

p. 44). En waar ons kon konstateer dat die afwesigheid van

beeldspraak kenmerkend is vir die situasie as geheel (dat die

konteks telkens die keuse van die konkrete, fisieke ding bo

die stylfiguur reguleer) is dié aspek waarin die situasie „aan

homself gelyk bly", 'n eenheidskonstituerende moment.

16. Ons moes 'n paar keer, in die analise van die werklik

praat; verskynsels-heid

van die gedig, van „onderbeligting"

wat onder dié noemer tuisgebring kon word, was versprei

deur die verskillende episodes. Die onbepaalde meervoude in

A, holtes (van 'n boom), kuddes (vee), is wel gepartikulariseer

deur voorsetselgroep en bepaling van spesifikasie respektiewelik,

maar het tog hul kern van onbepaaldheid behou

(vgl. p. 28). Die presiese aanduiding van wáár die botsing

tussen die broers geskied, word in die skadu gehou deur die

onbepaalde lidwoorde — 'n krans, 'n mik. In B word die lot

van die broer ook (letterlik) swewende gelaat, en die aandag

is na die volgende gebeurtenis verskuif. Wat gebeur met die

kraai (C) tussen sy verskyning op die spikkelkoei en die oomblik

toe 'n duisend vere sak, kon eers na die aanbod „die

bloed" in D met meer sekerheid gesê word. — Die selfaanspreking

„moenie kwes" is ook een van hierdie verskynsels.

En ten laaste het die vraag, nie 'n direkte mededeling
93

nie, die informasie gegee dat die gebeure nou op die verteller

self betrokke is (vgl. p. 55).

Ons kan onderbeligting 'n kenmerk van die vertelwyse in

hierdie verhaal noem.

17. In hierdie samevatting is daar enkele kere verwys na

kenmerke van die wêreld-van-die-gedig; daar is gepraat van

die besondere kousaliteit, van 'n konkrete („primitiewe")

waarnemingswyse, van gedaante-wisselinge. Wanneer ons die

benoeming van hierdie wereld in herinnering bring —

„Sprokie van die Spikkelkoei" — blyk dit nou dat hierdie

kenmerke onder die „gemeenskaplike noemer” tuisgebring

kan word. Ons is deur die titel op 'n besondere soort wêreld

voorberei, en sekere kenmerke daarvan wat in vooruitsig

gestel is, is dan ook verwerklik. „Hierdie wereld kán so

wees," het die titel gesê. „Hierdie wereld is so," het die daaropvolgende

teks bevestig. Ons kan dus praat van die ordenende

náwerking van die titel.

Die eerste feite in hierdie wereld (Uit holtes van 'n boom/

het kuddes vee gekom) was 'n wonderbaarlike verskyning —

vanselfsprekend in die sprokie ( „das Wunderbare ist in dieser

Form nicht wunderbar", het ons uit Dolles aangehaal).

Die bymekaarwees van kraai en spikkelkoei het geblyk nie

„toevallig" te wees nie — uiteindelik het hul noodlotsverband

in die laaste vergelding duidelik geword. Dat dit ook so

hoort in hierdie wereld (nl. dat die bymekaarwees sinvol is)

word bevestig in Cassirer se uitspraak: „Alle Magie wurzelt

in der Voraussetzung, daí3, wie die Ahnlichkeit der Dinge, so

auch ihr bloíies Beieinandersein, ihre räumliche Berührung,

geheimnisvolle Kräfte in sich birgt.” 17

Ons kon by geleentheid gebruik maak van die assosiasiemoontlikhede,

wat in die wereld van die sprokie genoegsaam

kan wees vir 'n sinvolle verband tussen dinge, ten einde die

samehang van „'n kraai" en „'n duisend vere" vas te stel.

Wanneer daar eers van 'n kraai sprake was, daarna van 'n

17 E. Cassirer, a.w., p. 42.
94

voorbereiding om na iets te gooi, van 'n trefskoot en van vere

wat sak, is gesê dat hierdie sake in 'n natuurlike reeks skakel

(vgl. p. 42). En in die opstel van die feitsaak-reekse: spikkelkoei

> stippels-wat-pik, en: kraai > 'n duisend vere

> 'n duisend kraaie > stippels-wat-pik, het ons weer van

hierdie assosiasie-moontlikheid gebruik gemaak, maar steeds

in die wete dat dit die eiesoortige verband-lê van die sprokieswêreld

is is (vgl. p. 54, 56). Maar hierdie assosiatief-verbonde

sake bied in feite gedaantewisselinge aan — ook dit

strook met ons verwagtinge (vgl. p. 23).

Selfs die besondere kousaliteit wat in hierdie wêreld geskep

is, mag ons as die normale op die vlak van die sprokie beskou.

Van der Leeuw, in 'n beskouing van die sprokie as spieël van

die droombewussyn, gee ons daarvoor die leidraad. Trouens,

hierdie beskouing het meer as net een aanrakingspunt met

ons situasie; daarom haal ons dit uitvoerig aan: „Vooreerst

gaat het ons om de eigenaardige wijze, waarop in den droom

de wezens verbonden worden. Men heeft die wel asyntactisch

genoemd om ze van onze syntaxis te onderscheiden. Schijnbaar

zonder verband, althans zonder logisch verklaarbaar

verband, vloeien de gebeurtenissen uit elkander voort, als

beelden, die zich transformeeren. Wij kennen die eigenaardige

,droomcausaliteit' (die géén causaliteit is!) uit onze eigen

droomen en uit die spiegels van het droombewustzijn, die wij

sprookjes noemen. ,Le coq chanta et it était jour', — de

droomwereld is een afgesloten rijk, waarin de dingen anders

samenhangen dan in de wereld van den dag. Het droomleven

heeft geen verleden en geen toekomst, het is geconcentreerd

in het .moment van de handeling... De droomwereld kent

geen tegenstrijdigheden en bekommert zich niet om logischen

18 Ons kan ter illustrasie weer uit Cassirer se beskrywing van die

mitiese denke aanhaal: „Und ebenso wird die Ahnlichkeit hier niemals als

,bloBe' Beziehung, die etwa nur in unserem subjektiven Denken ihren

Ursprung hitte, aufgefaBt, sondern alsbald auf eine reale Identität zuruckgedeutet:

Dinge könnten nicht als ähnlich erscheinen, ohne in ihrem

Wesen irgendwie eins zu sein." Cassirer, a.w., p. 20.
95

gedachtengang, — precies als in het magisch primitieve

denken." Alle droomverskynsels kan in ander oorgaan, „en

niets is vast, alles kan alles zijn of worden." 19 En ons herhaal:

hierdie eienskappe van drome kan volgens Van der Leeuw

netso as die eienskappe van die sprokie gelees word.

Dat ons byna punt vir punt hierdie verskynsels ook vir ons

situasie vasgestel het (hoewel hierdie beskouing geensins 'n

uitgangspunt was nie, maar 'n toetssteen nadat ons reeds die

kenmerke vir ons situasie met 'n ander doelstelling beskryf

het), is verdere blyke dat ook in hierdie opsig die wêreld-vandie-gedig

aan homself gelyk bly; dat daar 'n ordening van

dié wêreld is volgens die norme eie aan die grondvorm in die

titel aangekondig.

18. Die informasie van die titel het bowendien op 'n

verhaal voorberei. 'n Verhaal het ons hoër-op in die algemeen

getipeer met die woorde van E. M. Forster: „a narrative of

events arranged in their time sequence" (vgl. p. 79). Dat die

aanbod van gebeure in ons situasie inderdaad in 'n tydsreeks

geskied, is deur die ondersoek na die tydsindikators aan

(vgl. p. 15). Die verskillende dinge wat in hierdie-getoon

„sprokie" gebeur, ryg aaneen op die oermodel van alle stories:

„Eendag het daar iets gebeur, en toe dit ... en toe dit .. .

en uiteindelik dit. .." Vandaar dat ons kan sê: om die tydsreeks

te verstoor, is om die verhaal te verstoor.

19. Binne die tydsreeks vind daar 'n samehangende ontvouing

van 'n verhaal plaas, die verhaal waarin die spikkel

beantwoording aan die antisipasie van die-koei

(weereens in

titel) sentraal bly: want selfs die episodes waarin sy nie

Benoem word nie, die gedaantewisseling-episodes, is deur

haar „veroorsaak" (vgl. p. 57).

20. Uiteindelik was dit moontlik om vanuit die gevormde

vorm sekere uitstaande struktuurlyne in die geheel te herken.

Hierdie struktuurlyne is afgeteken deur die integrasie van

twee vormvelde — die linguistiese en die poëtieke — en het

19 G. van der Leeuw, a.w., p. 51-54.
96

aan die opbou van die situasie veral twee kenmerke gegee.

Ons kon ten eerste uit die wyse waarop die poëtieke vormveld,

by name die strofevorm, sintakties beset is, 'n toenemende

versnelling in die tempo van die aanbod konstateer

(vgl. p. 61). En hiermee het gepaard gegaan 'n toenemende

„ontreddering" van die strofemodel soos dit

aanvanklik deur A as eerste strofe opgestel is (vgl. p. 63).

Vanuit hierdie twee struktuurfeite kon toe 'n samevattende

interpretasie van die geheel gemaak word; 'n stygende ontsteltenis

kenmerk hierdie verhaal, waarin die protagonis 'n

voortskryding van gebeurtenisse vertel wat by uiteindelik as

meedoënloos op homself betrokke, tot vernietiging van hornself,

herken. Die ontsteltenis kulmineer in die laaste stemverheffing

van die wanhopige vraag: „O waar sal ek skuil ..."

Maar selfs die einde van die gedig, en die stilte wat sal volg

nadat die laaste woord van die gedig gesê is, is geïntegreer in

die wêreld-van-die-gedig; die stem van die storieverteller

moet ná die laaste wanhoopsoomblik swyg.

In hierdie interpretasie het dit moontlik geblyk om alles

wat reeds aan samehang in die gedig herkenbaar was, in een

omvattende greep bymekaar te neem, dit was moontlik om 'n

laaste laag-van-organisasie onder al die lae wat reeds getoon

is, bloot te lê.

— En nou is daar veraf drie dinge, meen ons, in hierdie

oorsig van die bindmiddels gedemonstreer. Ons het daarin

uitsluitsel vir die eksperimentele vergelyking van die volgordes

C D A B en A B C D probeer vind, en uit die voorgaande

samevatting kan ons se dat die volgorde ABC D

wél 'n meer vanselfsprekende samehang vertoon. Daar was

van sekere „bewegings" in die volgorde A B C D sprake —

die chronologie, die kousaliteit, die versnelling, die ontreddering,

die stygende ontsteltenis skep 'n eenlynigheid, in teenstelling

tot die kronkelinge, die hiate van C D A B. Hierdie

eenlynigheid, hierdie „deurlopendheid" van A B C D maak

dit feitlik tot 'n noodwendige Nacheinander; ons kan sê, die
97

reglynige struktuur, waaraan reliëf gegee is deur die gewrongenheid

van die gekonstrueerde gedig, is verkieslik juis

am sy teenstellende eenvoud — simplex sigillum verf.

Maar die resultate van die struktuuranalise het nie net die

volgorde A B C D gemotiveer nie. Dit het die ordeningswyse

van die gedig aangetoon, ons kon aard en aantal van die

bindmiddels in die gedig sien, ons kon die voeë van die

struktuur návoel. Ons kon, met ander woorde, ons aanvanklike

indruk van verbandloosheid teenspreek deur die getuienis

van ons dieper inlees in die gedig.

Ten derde: die struktuuranalise het nie by 'n opnoem van

bindmiddels, by 'n beskrywing van 'n „cluster of devices"

gebly nie. Ons kon in die onderdele van die gedig 'n samewerking

binne 'n geheel waarneem; die verskillende bindmiddels

het hulself in lae-van-organisasie gegroepeer, samesmeltend

uiteindelik tot wat ons dan die een-heid van hierdie

gedig kan noem. Ons het in die omvattende interpretasie,

spruitende uit die integrasie van linguistiese en poëtieke

vormvelde, wel deeglik 'n estetiese moment herken wat „eie"

is aan die geheel. En wanneer ons samehang, organisasie,

eenheid, ja selfs die „unity of esthetic purpose" in hierdie

gedig kon aantoon, het ons onherroeplik geëvalueer. In dié

waardebepaling is dit nie moontlik om 'n skaal op te stel nie

— daarvoor moet immers 'n vergelykende moment in spel

gebring word. Maar ons kan die kwalitatiewe oordeel gee:

dat die ideaal van eenheid in hierdie literêre kunswerk

bereik is.
HOOFSTUK VIER

DIE SELFGENOEGSAAMHEID VAN DIE

WERELD-VAN-DIE-GEDIG

§ 1. Op 'n paar plekke in die gedig het feitsake problematies

geword omdat daar skynbaar pre-kontekstuele kennis

nodig was vir die juiste interpretasie daarvan. Die probleem

van moontlike pre-kontekstuele kennis is eerste gestel deur

die bepaalde lidwoord by die substantief „spikkelkoei". Omdat

'n eksplisiete èn implisiete kontekstuele basis vir die gebruik

van die bepaalde lidwoord ontbreek het, moes ons tot

'n voorlopige gevolgtrekking kom dat in die aanbod van

„spikkelkoei" as 'n bekende saak, geappelleer word aan sakekennis

(i.v.m. dié soort koei) wat buite die gedig, buite die

konteks om, verkry moes word (vgl. p. 12). Meer nog: dat die

spikkelkoei bekend veronderstel is in die teks, het die moontlikheid

geopen dat die gedig as sodanig 'n „sitaat" uit 'n

groter samehang, uit een of ander folkloristiese agtergrond

is. Immers, die spikkelkoei is die sentrale feitsaak in hierdie

wêreld-van-die-gedig; word die verstaan van die aanbod

„die spikkelkoei" afhanklik gestel van pre-kontekstuele kennis,

kan dit implikasies vir die „afhanklikheid" van die hele

gedig hê.

D; , probleem is later in die teks by herhaling gestel in die

aanb d van B(3+4) — „toe het 'n kraai I op die spikkelkoei

gaar git". Die kraai is as „een van 'n soort" gegee, maar op

daardie stadium in die konteks is niks verder omtrent die

waarde van die soort gegee nie. Uit die besondere tydstip van

die kraai se verskyning in die vertelling (na die gewelddaad)

en uit die besondere plek van die kraai se verskyning (op die

spikkelkoei) is afgelei dat die voël 'n bepaalde betekenis moet

he in hierdie wereld. Selfs al was dit moontlik om uit 'n
99

algemene kennis van die kraai se waarde in die Afrikaanse

volksgeloof en uit die leksikale betekenis daarvan, 'n lekere

betekenis aan „'n" kraai hier toe te ken (vgl. p. 37) kon

ons nog nie Beker weet of dié betekenis ook in hierdie wereldvan-die-sprokie

van krag is nie.

Ook by die „towerformule" in Cl moes ons aanvanklik in

ons interpretasie aarsel, en die vraag stel of daar nie 'n kennis

van die oorsprong daarvan nodig is ten einde te weet watter

werking dit in hierdie vertelling sal hê nie. En om die oorsprong

daarvan vas te stel, sou ons eventueel genoodsaak

kon wees om buite die konteks te tree na die gebied van

die folklore.

§ 2. In die ondersoek na die funksie van die aanbod

„sprokie" in die titel, kon ons ons probleemstelling indertyd

begrens ten opsigte van 'n spesialistiese sprokiesvorsing, omdat

ons uit dié verskyningsvorm van hierdie „sprokie"

gewéét het dat ons nie hier met 'n grondvorm te doen het nie,

maar met 'n „omwerking" waarin 'n individueel-skeppende

proses werksaam was. Maar nou aktiveer die aard van hierdie

problematiese feitsake weer die aanvanklike aanbod

,,sprokie. . ." As ons se dat die gedig moontlik 'n „sitaat" uit

'n groter agtergrond kan wees: moet ons nie vir die juiste

interpretasie van die problematiese feitsake, ja selfs van die

gedig as sodanig, na die grondstof van die „omwerking"

gaan soek nie? Met ander woorde, in hoeverre is die verstaanbaarheid

van hierdie gedig nog afhanklik van 'n kennis van

die „werklike" sprokie wat daaraan ten grondslag lê — as

daar sodanige sprokie daaraan ten grondslag le?

Vir 'n antwoord op hierdie vrae moet ons kortliks terugkeer

na die paragrawe waarin ons die „werklikheid" wat deur die

feitsake in die gedig geskep is, beskryf het (vgl. p. 27).

Wanneer die problematiese feitsake inderdaad dooie plekke

in dié „werklikheid" blyk te wees, wanneer hulle (vanweë

hul onbekendheid) geen informasie uit hulself en uit hoofde

van hul plek in die konteks bied nie, sal ons kan sê dat hulle
100

vir hul verstaanbaarheid in die konteks afhanklik is van

prekontekstuele kennis. En uit die aard van hierdie drie sake

sou die kennis dan van die folkloris afkomstig moet wees; die

literatuurondersoeker sal genoodsaak wees om die sprokieskenner

ten eerste na die grondstof van hierdie getransponeerde

sprokie te vra, en ten tweede om die onverstaanbare

feitsake in die gedig te annoteer.

§ 3. Gaan ons nou egter die opbou van die wêreld-van-diegedig

na, merk ons dat daarin 'n eie inligtingsdiens opgerig

is. Sekerlik is daar 'n minimum aan eksplikasie van feitsake,

maar die teks gee uiteindelik tog die nodige informasie wat

die problematiese feitsake kontekstueel sinvol maak.

Weliswaar het die die-vorm in die algemeen 'n ,,introduksie"

nodig om die juiste verstandhouding van verstaanbaarheid

tussen spreker en hoorder te skep. Maar daarby „se"

die die-vorm dat die feitsaak waarmee dit verbind is, bekend

en bepaald is. Wanneer die die-vorm by „spikkelkoei" in A

voorkom, is die bekendheid van die feitsaak nie gemotiveer

nie, maar „vanselfsprekend". Maar behalwe in die bepaalde

lidwoord gee die konteks nog meer informasie oor ,,spikkel

saam met kuddes vee het die spikkelkoei op „wonder-

-koei":

baarlike" wyse verskyn; haar uiterlike onderskeidende kenmerk

is gegee in die woordkorpus self; teenoor die ongetelde

menigte van „kuddes vee" het sy in haar enkelheid, haar

„enigheid" uitgestaan; die keuse van die spikkelkoei uit kuddes

vee het aan haar rang verleen bo enige ander lid van die

kuddes. Waar die spikkelkoei reeds in die titel tot sentrale

„karakter" in die daaropvolgende vertelling geantisipeer is,

is dit in die loop van die gebeure bevestig. Die spikkelkoei

was begeerlik vir die verteller (vir die „ek") en vir sy broer;

dit weet ons uit die wraak van die verteller, wat sy broer uit

die weg ruim nadat dié die spikkelkoei „vir hom" gekies

het. Die kraai het ná die gewelddaad „op die spikkelkoei gaan

sit", en die „ek" wou die voël met geweld daarvandaan weg

hê. En in die laaste gedaantewisseling van die vere wat
101

„gesak" het, „die stippels wat pik", waarin spikkelkoei en

kraai één geword het, het die spikkelkoei vir die „ek" van

'n begeerlike objek in 'n bedreiging verander, dit beteken

uiteindelik sy vernietiging (vgl. p. 65).

Omtrent die kraai was dit uit die konteks duidelik dat sy

verskyning na aanleiding van die botsing tussen die broers

gekom het. Die kraai verskyn dus in 'n sfeer van onheil. Maar

die kraai verskyn op die „oorsaak" van die onheil, op die

spikkelkoei self. Dat dit 'n ongewenste en vreesaanjaende

verskyning is, kan ons aflees uit die noukeurige voorbereidings

om die voël daar weg te kry, maar bowendien uit die

kennelike ontsteltenis wat op die kraai se verskyning volg

(vgl. p. 64). Dat dit 'n sinistere verskyning is, waarteen die

mens nie opgewasse is nie, blyk uit die mislukking van die

poging om die kraai weg te kry. Die noukeurige fyn korrel,

die magiese beswering van die klip, laat wel vere spat, maar

sit 'n nog groter onheil aan die gang: die vere keer die „ek"

vas, want hulle spat en sak oral. Hulle word wéér kraaie —

maar nou „'n duisend". Eindelik word hulle méér as kraaie;

en wanneer die „ek" geen plek meer het om teen die stippels -

wat-pik te skuil nie, weet ons uitdruklik dat die kraai wat op die

spikkelkoei gaan sit het, 'n teken van onheil was — van onheil

wat al bestaan het, en van onheil wat nog moes kom.

Vir die towerformule „smeer vet aan 'n klip" was dit ook

moontlik om 'n „etimologie" op te stel uit kennis van 'n Afrikaanse

spelgebruik en 'n Afrikaanse idioom (vgl. p. 40).

Ons het hierin 'n kontaminasie van „klippie-nat-spu" en

;,vetgesmeerde blits / vet gee" gesien, en tot die slotsom gekom

dat spoed en trefsekerheid aan die klip toegevoeg word

deur dié handeling. Ons vermoede is dadelik deur die volgende

aanbod bevestig. „Korrel fyn, moenie kwes" — daar

moet fyn gegooi word, daar moet ráák gegooi word, en die

beswering is die voorsorg daartoe. Maar gesien die vlak

waarop die handeling aangebied is, moes ons ook tot die

slotsom kom dat hier inderdaad 'n magiese handeling uit

kan die geloof

-gevoer word. In hierdie wêreld-van-die-gedig
102

in die effektiwiteit van die vet aan die klip te smeer, nog

leef; die beswering van die klip is, as 't ware, nie meer spel

hier nie, maar dodelike erns.

Binne die gedig self word ons interpretasie van hierdie

formule dus bevestig. Om die etimologie te kon opstel was

wel 'n sekere sakekennis nodig (vir die spelgebruik), en vir

die idioom is 'n beroep op Afrikaanse omgangstaalkennis

gedoen. Maar vir die verstaanbaarheid van die towerformule

is daar nie noodwendig verwys na 'n groter, spesifieke

konteks waarvan die gedig afhanklik is nie. Sekerlik word

hier, binne die vlak van die gedig, 'n spesifieke sprokieswêreld

geskep waarin magiese handelinge „gewoon" is; dit wil egter

nog lank nie sê dat daarby verwys word na, byvoorbeeld, 'n

wêreld van magie en towerformules wat in enige bepaalde

folklore bekend is nie.

Ons kan dus sê dat die gedig, in die wyse waarop by met

klein-klein steentjies sy wereld bou, homself tot self-beslotenheid

organiseer ten opsigte van 'n moontlike grondstof waaruit

die transposisie (inderdaad die transformasie) gemaak is.

§ 4. In 'n uiteindelike waardebepaling sou die aard van

die grondstof geen rol speel nie. Het die gedig hom éénmaal

self-beslote getoon deur 'n volledige kontekstuele integrasie

van die feitsake in sy cie werklikheid, en is aanvanklike

feitelike versperrings deur die konteks self opgehef, dan word

die genetiese probleem (waaruit, uit watter materiaal ontstaan

hierdie gedig?) irrelevant. 1

Nou is daar vir die aard van die grondstof van die gedig

wat ons ondersoek, twee moontlikhede: ten eerste kan die

1 Dit behoef geen betoog hier dat die evaluasie van die gedig onafhanklik

is van die „waarheid" ten opsigte van die bronne waaraan

sy materiaal ontleen word nie. Ons wys ook daarop dat ons in ons

terminologie aansluit by die formulering van Warren en Wellek (a.w.,

p. 141) wanneer hulle in 'n bespreking van die ou vorm-en-inhoud problematiek

sê: „It would be better to rechristen all the aesthetically indifferent

elements `materials', while the manner in which they acquire aesthetic

efficacy may. be styled 'structure'."
103

gedig volgens 'n ad hoc-folklore gemaak wees. In dié geval

kan die materiaal van die gedig 'n verskeidenheid van bronne

hê, hoef dit selfs geen folkloristiese bron te hê nie, hoewel

die uiteindelike transposisie tóg grondkenmerke van 'n sprokie

(as soort) vertoon. Dit kan dan 'n „kamma-motivering" genoem

word (waar „kamma-" as beskrywende term en nie as

evaluerende opmerking opgevat moet word nie).

'n Tweede moontlikheid is dat daar werklik in een of ander

folklore 'n sprokie van 'n spikkelkoei bestaan, wat as raamwerk

vir die gedig dien.

Op die drie punte waar ons gedig die moontlikhede van

'n beroep op die folkloris, by name die sprokieskenner, geopen

het, kon ons vasstel dat daar in werklikheid geen beroep op

spesialistiese kennis nodig is nie. Ons meen dat ons dit, en

tewens die wyse waarop die gedig 'n onafhanklike entiteit

ten opsigte van 'n moontlike „oer"-sprokie óf 'n kammamotivering

is, kan demonstreer juis deur tog die beroep om

aanvullende agtergrondskennis tot die folkloris te rig.

Wie sou dan die spesialis wees by wie ons om agtergrondskennis

sal kan aanklop? — By die beslissing van hierdie vraag

kan sekere biografiese kennis omtrent die digter in spel gebring

word, en sekere feitelike getuienis in die gedig gebruik

word. Dit is naamlik baie waarskynlik dat die Afrikaanse

digter — en ons weet dat ons hier met die werk van 'n

Afrikaanse digter te doen het — nie alleen met die oor

Afrikaanse (Boere-) folklore bekend sal wees-spronklik

Suidnie,

maar ook met die folklore van die Bantoe in aanraking

sal kom.

Daar is, sover vasgestel kon word, geen Boere-Afrikaanse

folklore oor 'n spikkelkoei nie. Ons het die hulp van 'n Afrikaanse

leksikoloog ingeroep om te wete te kom of aan „spikkelkoei",

soos bv. aan „weerwolf", 'n besondere plek in die

woordeboek ingeruim word. Dr. F. J. Snijman van die personeel

van die Afrikaanse Woordeboek, het die woordversameling

daar nagegaan, en gevolglik „spikkelkoei" as 'n

gewone samestelling beskryf, een van 'n hele groep wat op
104

verskillende gebiede met „spikkel-" gevorm word (waar die

betekenis van „spikkel-" dan is: „geteken met spikkeltjies of

kolletjies"). 2 Dr. Snijman noem bv. spikkelkapel ('n slangsoort

met spikkels), spikkelkoekoek (met spikkels op vlerke

en stert) as soortgelyke samestellinge; hy meen dat boere wat

met beesrasse of baster-beesrasse te doen het wat dergelike

„tekeninge" toon, gewoon van „spikkelbeeste" of ,,spikkel

praat.

Die samestelling „spikkelbeeste" kom daarnaas voor in 'n

Afrikaanse roman van H. J. Vermaas (Gekrenkte Trots, p.

117) waar die gebruik 'n mens laat aarsel of daar enige

besondere waarde aan hierdie beeste toegeken word of nie.

Die samestelling word naamlik in 'n dialoog tussen 'n blanke

en 'n Swazi gebruik, maar dan binne die vlak van die Swazi

se taalgebruik, soos die betrokke passasie uitdruklik sê:

„En waarom jag die leeu so ver van die trop?" vra Koos

hom lakoniek en sonder die minste sweem van agterdog, in

die kleurryke segswyse so eie aan die Swazi's se taal.

„Die jong leeu dors na die waters waar die gespikkelde

beeste van sy stam kan wei," antwoord die jong terwyl hy

hurk en op sy asgaai bly leun.

„Maar as die spikkelbeeste dors het, waarom loop hul

wagters vooruit in krygsmondering?" vra Koos, en hy beskou

die Swazi aandagtig.

— Die titel van die gedig en die gedig self, waarin van

'n koei as 'n begeerlike, as 'n waardevolle objek sprake is,

laat ons egter vermoed dat dit na 'n sprokie binne 'n kultuurpatroon

sou kon uitwys waarin 'n koei (beeste!) meer dan die

gewone „ekonomiese" waarde het wat, sê, die Afrikaanse

boer daaraan heg. I. Schapera en A. J. H. Goodwin skryf

die volgende in verband met die norme wat die Bantoe het

vir 'n waardevolle bees: „The Bantu languages abound in

terms minutely differentiating cattle according to sex, age,

colour, and shape of horns, and reflecting the intense interest

2 Hierdie gegewens is van dr. Snijman verkry in 'n brief gedateer

1 Julie 1955.

-koeie" sal
105

taken by the people in their beasts ... But despite this intense

pre-occupation with cattle, the Bantu pay little attention to

quality. For most social purposes one full-grown beast is as

good as another; and if anything preference is shown for

animals of a particular colour or with horns of a certain

shape rather than for well-developed oxen or good milch

COWS. "

Hierin vind ons dan 'n aanknopingspunt vir die mening dat

die agtergrond van die gedig die Bantoe-kultuurpatroon kan

wees, dat ons dus hier te make kan hê met 'n Bantoesprokie.

Ons besluit dus dat ons ons tot, die Bantoloog sal rig vir die

nodige folkloristiese informasie. 4

§ 5. Die gedig is aan 'n paar Suid-Afrikaanse Bantoloë

gestuur, met die naam van die digter daarby, en die vraag

dan, of die sprokie in een of ander Bantoestam bekend is, en

of dit daarbenewens bekend is of die spikkelkoei 'n besondere

waarde het in een of ander Bantoe-kultuurpatroon.

Van dr. S. M. Mofokeng van die Universiteit van die

Witwatersrand is toe die volgende mededeling ontvang: dat

die sprokie van die gespikkelde os en variante daarvan in

etlike Bantoetale bekend is. Uit die gedig het dr. Mofokeng

besluit dat dit gebaseer moet wees op die Zoeloe-variant van

dié sprokie, en by het 'n Engelse opsomming van dié variant

gegee, wat ons hier in vertaling afdruk. 5

3 I. Schapera (ed.), The Bantu-speaking Tribes of South Arfica, an

ethnographical survey, Cape Town 1950, p. 138 (Chapter VII: Work

and Wealth, by I. Schapera and A. J. H. Goodwin).

4 Teoreties is dit natuurlik moontlik dat 'n dergelike sprokie ook in

'n ander bees-waarderende volk bekend is, as hulle in die spesifieke opsig

presies met die Bantoe ooreenstem. Hoewel Marquard en Standing bv.

skryf: „The ruling passion of most Bantu men's life was cattle ... and

they played an essential part in many religious rites and ideas," laat hulle

daarop volg: „This love for cattle ... is common amongst primitive

people." Vgl. L. Marquard & T. G. Standing, The Southern Bantu,

London 1939, p. 20, 21.

8 Hierdie besonderhede is vervat in 'n brief van dr. Mofokeng, gedateer

23 Augustus 1955. — As metodologiese verheldering kan ons hier
DIE TWEE BROERS

1. Twee broers gaan jag. Hulle vind 'n klompie potte, wat

in 'n ry staan. Die ouer broer is bang vir die potte, maar die

jonger broer keer hulle om. Uit die laaste pot kom 'n klein ou

vroutjie. Sy vra die ouer broer om saam met haar te gaan.

Hy zwier. Die jonger broer willig in. Die ouer broer volg.

2. Hulle kom in 'n land waar daar 'n boom is met vee

(„a tree which has cattle"). Sy (die ou vroutjie) sê die jonger

broer aan om die boom te kap, en as hy dit 'n paar keer doen,

kom daar hou vir hou die volgende diere uit: 'n jong bul,

'n groot trop vee, 'n skaai, 'n bok en 'n wit os.

3. Hulle vertrek, en laat die ou vrou agter, maar jaag die

vee aan. Dit is droog. Hulle kom by 'n krans. Aan die voet

van die krans is water. Die jonger broer bind 'n tou om die

ouer broer en laat hom afsak na die water. Hy drink, en word

weer opgetrek. Die ouer broer laat die jongste staan toe hy

hom op sy beurt by die krans laat afsak het. Tuis gekom, se

die ouer broer dat die vee syne is en dat die ou vrou hulle aan

hom gegee het en dat sy broer vóór hom huis toe gegaan het.

4. Die volgende oggend kom daar 'n voël en sé: „Julle kind

is in die water gegooi." Die mense volg die voël en kry die

jonger seun wat hulle alles vertel wat gebeur het. Hy word

gered. As hulle tuis kom, sien hulle dat die ouer broer

gevlug het.

— Hoewel die spikkelkoei (of gespikkelde os) nie in hierdie

variant voorkom nie, kom sy wél voor in die sprokie soos

dit in Suid-Sotho in Basoetoeland vertel word. Hierin dwing

die on vroutjie die jonger broer om haar op sy rug te dra.

byvoeg dat die betrokke informasie van Bantoloë verkry is nadat die

analise van die gedig reeds voltooi was — nadat die gedig dus al self

kans gehad het om sy sé te s2, en op 'n stadium toe dit reeds duidelik

geblyk het dat meer informasie nie die selfgenoegsaamheid van die gedig

sou verminder nie.
107

Uiteindelik sit hy die honde op haar. Hulle verslind haar en

laat net haar groottoon staan. Hy kap die toon en daar kom

vee uit, en terwyl hy kap, kom daar ook „'n mooi koei met

die kleur van 'n tarentaal" (dus 'n gespikkelde koei). Die twee

broers kom by 'n fontein wat met 'n groot klip toegemaak

is. Masilonyane (die jonger broer) lig die klip op en hou dit

vas terwyl sy broer water drink. Maar Masilo (die ouer

broer) laat die klip op Masilonyane val terwyl hy drink.

Masilonyane se hart verander in 'n voël wat huis toe vlieg en

vertel wat Masilo gedoen het.

In een Sotho- en een Tswana-variant gaan die voël „op

een van die horings van 'n pragtige koei sit". 6

— Behalwe hierdie informasie oor die sprokie self, is nog

enkele noteringe oor bestanddele van die gedig ontvang.

Dr. Mofokeng deel mee dat die spikkelkoei, of spikkel-os,

geen besondere waarde het nie, maar dat 'n man met 'n kudde

vee normaalweg één daarvan as sy gunsteling sal kies —

gewoonlik op grond van die bees se skoonheid. So 'n bees sal

hy dan as simbool van die kudde beskou, en as daar „magiese

behandeling" (van die kudde) aanbeveel word, sal dit dan

hierdie simboliese bees wees wat die behandeling ondergaan.

Prof. J. A. Engelbrecht 7 meen egter dat die opvatting wel

onder lekere Bantoestamme bestaan dat die spikkelbeeste 'n

besondere krag het. In die „izibongo" (prysliedere) van koning

Mpande word hy vergelyk met 'n spikkelbul. Prof. Engelbrecht

skryf verder: „Uit die feit dat die Zoeloekoning vroeër 'n

kudde heilige beeste wat spierwit was, gehad het, sou ek wil

e Dit het moontlik geblyk om die bronne waarin die betrokke sprokie

opgeteken is, te vind: C. Callaway, Xursery Tales, Traditions and Histories

of the Zulus, London 1868, P. 217 (met titel „The Two Brothers");

E. Jacottet, The Treasury of Basuto Lore, London 1908, p. 56 (met titel

,,Masilo and Masilonyane); Folk Lore Journal I, p. 139 (vir die Tswanavariant).

Dr. Mofokeng meen dat die Tswana-variant ook in 'n skoolleesboekie

vir Tswana opgeteken is, maar dit was nie moontlik om verdere

bevestiging daarvan te kry nie.

7 Hierdie en volgende gegewens van prof. Engelbrecht is uit 'n brief

gedateer 26 Junie 1955.
108

aflei dat die spikkelbees in ,krag' alleen (by die Zoeloe) deur

die spierwitte oortref word."

Reeds het uit die Bantoesprokie 'n „verklaring" vir die

verskyning van kuddes vee uit holtes van 'n boom geblyk;

daarbenewens bestaan daar skeppingsmites by die Zoeloe dat

die mense uit die holte van 'n riet gekom het, en beeste uit die

holte van 'n boom (prof. Engelbrecht). 8

Oor die ander twee problematiese punte meen prof.

Engelbrecht dat 'n kraai voorteken kan wees van onheil of

ongeluk, en van „Smeer vet aan 'n klip" sê hy: „Vet word

o.a. aan hande en voete by die Zoeloes gesmeer vir geluk

na 'n fees, m.a.w. om te bewerkstellig dat die persone weer

daar sal vleis kry. Dit mag egter 'n minder diepsinnige

betekenis he wanneer dit aan die klip gesmeer word omdat

die opvatting eenvoudig mag wees dat daar groter kans is

om met 'n gladde klip te tref."

— Uit informasie deur dr. P. J. Schoeman verskaf, 9 het

dit duidelik geblyk dat die folklore as sodanig nog veel meer

interpretasiemoontlikhede bied buite die besondere sprokie

om, wanneer die folkloris uit sy kennis van Bantoe-mitologie

die sake in die gedig in hul simboliese betekenis gaan interpreteer

— wanneer die folkloris dan feitlik as psigoloog praat.

Volgens die Zoeloe-mitologie, sê dr. Schoeman, is die koei

selde die viervoetige dier met uier en stert. Dit kan wees „die

vrou (of nooi) van my drome", „die braakland wat wag vir

die saad", „sy wat ek lief het, wat son- en skadukolletjies voor

my oë laat ronddans." In liefdesake word die ongetroude

dogter (intombi) en die bees (inkomo) trouens sinoniem

gebruik.

8 Volgens Dudley Kidd word 'n ooreenstemmende mite ook by die

Damara gevind: „The Damara say (men and animals) all came out of a

tree, and that they lit a fire which frightened away all the Bushmen and

animals; that is why the Bushmen live in holes in the earth, like animals.

But the dogs and cattle were not frightened by the fire, and so they

became friends with man." Dudley Kidd, The Essential Kafir, London

1904, p. 107.

9 In 'n brief gedateer 7 September 1955.
109

Die Zoeloe-vader praat van sy ongetroude dogter as

izinkomo zami („my beeste"), denkende aan die lobola, die

bruidskat wat hy in die vorm van beeste van 'n potensiële

skoonseun gaan kry. Daarom sal die vader ook se, wanneer

sy ongetroude dogter verkeer met 'n man gehad het: „Hy het

my beeskraal se hek sonder die wet oopgebreek."

'n Boom kan ook seksuele simbool wees vir die vader, die

„kuddes vee” die kinders wat hy verwek het.

Hoewel dr. Schoeman se interpretasie nie verder gegaan

het nie, is deur hierdie proewe daarvan reeds duidelik die

moontlikheid gestel om op hierdie simboliese vlak die hele

gedig te interpreteer.

§ 6. Met hierdie gegewens in gedagte, gaan ons nou weer

terug na die gedig self. Ons het nie alle bestanddele van

hierdie gedig etnologies kon annoteer nie, maar het ons tog

geörienteer in die agtergrond daarvan.

Volgens die kennis wat ons van die „oer"-sprokie het, lyk

dit asof ons in die gedig met 'n vermenging van variante te

doen het. Hoewel die twee broers, die verskyning van vee

uit holtes van 'n boom, die krans, die laat-sak (stoot?) van

die jonger broer oor die krans, die voël wat na die gewelddaad

verskyn, almal gegee is in die Zoeloe-variant, kom die

belangrike spikkelkoei-gegewe uit die Sotho-variant. Maar

hieruit hoef nie noodwendig tot „vermenging" gekonkludeer

word nie.

Dr. Mofokeng sê dat daar verskillende variante van die

sprokie bestaan, en dr. Schoeman wys daarop dat 'n sprokie

in één gebied so dikwels nie dieselfde daar uitsien as in 'n

ander gebied nie. Benewens die opgetekende variante, kan

daar natuurlik nog talle variante in mondelinge oorlewering

bestaan — dit hang inderdaad daarvan af waar die digter die

oersprokie „raakgehoor" het. Dit is bes moontlik dat daar

alleen een variant aan die gedig ten grondslag lê, een waar

-mee die besondere feitekonstellasie van die gedig, die volgorde

waarin die verhaal vertel word, méér ooreenkoms ver-
110

toon as met die variante waarmee ons nou bekend geraak het.

Dit het dus vir ons ondersoek nie veel sin om in besonderhede

te let op die verskille tussen die feite-aanbod van die

gedig en dié van die oersprokie, soos dit hierbo aangehaal is,

nie — en ook nie om uit die verskille af te lei dat, wat nuut

is in die gedig, die digter se eie vindinge is nie. Die „oor

soos dit blyk uit die invoer van-spronklikheid"

van die digter

nuwe en meer gegewens of 'n verandering in die verloop van

die gebeure (wat die geval kan wees met die laaste twee

strofes in die gedig), is iets wat nie beoordeel kan word

voordat die „herkoets" van elke gegewe nie volledig vasgestel

is nie, indien dié herkoms enigsins agterhaalbaar is. 10 En

selfs dan is die toets vir oorspronklikheid nie in onderdele

geleë nie, maar in die organisasie van die geheel.

§ 7. Die vraag wat voortvloei uit die informasie wat ons

van die Bantoloë kon inwin, is daarenteen of hierdie informasie

in enige mate 'n dimensie toevoeg aan die wêreld-vandie-gedig

soos ons dit reeds leer ken het, en of dit die aan

„kraai",

-vanklike feitelike versperrings by „spikkelkoei",

„smeer vet aan 'n klip", enigsins verder gaan ophef as wat

die teks self reeds gedoen het.

As ons, toegerus met die agtergrondskennis, weer 'n lesing

van die gedig onderneem, dan is die titel van die gedig nou

nie net die benoeming van die aanbod wat op die bladsy in

die digbundel volg nie. Dit stel nou ook die raamwerk vas

waarbinne die aanbod behoort: die Bantoe-mitologie, en in

besonder die sprokie van die spikkelkoei soos dit onder meer

in Zoeloe, Sotho en Tswana vertel word.

Nou is die bepaalde lidwoord by „spikkelkoei" nie meer

problematies nie; in die titel reeds word die spikkelkoei-van-

10 Vgl. die kritiek van Rosemond Tuve (A Reading of George Herbert,

London 1952) op William Empson, waar by ,00rspronklikheid" sien in

poësie van Herbert, terwyl die elemente wat by as Herbert se eie vindinge

beskou, in werklikheid as bestanddele afkomstig is uit 'n eeue-oue liturgiese

tradisie.
111

die-sprokie gegee, dus 'n bekende saak wat as vanselfsprekend

met bepaalde lidwoord aangebied word — soos van die gans

wat die goue eiers lé gepraat word as daar aangeneem word

dat dié sprokie bekend is.

Deur die Bantologiese informasie is ons vermoede dat daar

deur die aanbod „die spikkelkoei" in A4 uitgewys word na

'n bekende saak, bevestig (vgl. die Sotho-variant van die

sprokie). Die gebruik van die bepaalde lidwoord het, soos ons

hoër-op aangetoon het, egter reeds die bekendheid „gesé"

(vgl. p. 31).

Die sprokie, dan, het van die spikkelkoei vertel dat sy uit

holtes van 'n boom (of van 'n toon) gekom het, saam met

'n kudde vee. Die ouer broer ruim die jongere uit die weg en

neem die vee vir hom, en daarby ook die spikkelkoei. Die

voël (waarvan ons uit die Sotho-variant weet dat dit die

hart van die jonger broer is wat in 'n voël verander het, en

wat inderdaad onheil vir die ouer broer beteken omdat dit

hom gaan „aankla", as gevolg waarvan hy moet vlug) gaan

ook op een van die horings van 'n „pragtige" koei (die

spikkelkoei?) sit. — Daar word dus nog niks bygevoeg tot

wat ons van die spikkelkoei uit die gedig weet nie.

Die omstandighede van die „broedertwis" word in die

sprokie heelwat uitvoeriger beskryf, en ook 'n uitdrukliker

motivering word daarvoor gegee. Ons het in die gedig die

motivering in die besondere kies-handeling van die jonger

broer gesien, en ook (wat later geblyk het) in die feit dat ook

die verteller die hiërargie van die spikkelkoei binne kuddes

vee erken het (vgl. p. 38). Uit die sprokie blyk nou dat die

ouer broer telkens nalaat om dinge te doen, wat die jonger

broer dan wél doen — tot dié se voordeel. Die ouer broer

bly náloper en toeskouer totdat hy die jonger broer oor die

krans laat val en die vee vir hom neem.

Die omstandighede van die twis dan, word gegee in die

besonderhede dat dit droog was, dat die twee broers albei

water wou drink, dat die jongste eers die oudste laat sak

het om te drink, en die oudste dan verraderlik was en die
112

jongste onder die krans laat bly het — maar in die Zoeloevariant

word die jonger broer gered, terwyl hy in die Sothovariant

doodgemaak word. Tog word die vergryp van die

ouer broer in elk geval vergeld: die voël kla hom aan in die

Zoeloe-variant al is die broer nie dood nie. Die uiteindelike

lot van die broer in die gedig word nie gesê nie (ons het van

„onderbeligting" gepraat), maar die vergryp wél — die geweldpleging

deur die verteller is die belangrike feit, die

vergelding volg onvermydelik dáárop.

Hoewel daar omtrent die kraai nou bekend is dat dit (soos

in die Sotho-variant gesé word) die hart van die jonger

broer is wat in 'n voël verander het, bly die funksie en betekenis

van die kraai dieselfde vir die ouer broer: dit veroorsaak

die onheil wat oor hom kom. In die sprokie gaan die

voël Masilo se vergryp tuis vertel, sodat hy moet vlug; in die

gedig is die voël die eerste van 'n reeks gedaantewisselinge

wat die verteller uiteindelik vaskeer en sy vergryp wreek.

— Ons kan dus ten minste omtrent die eerste helfte van

die gedig met sekerheid sê dat die Bantologiese gegewens wél

hier en daar verklarende gegewens toevoeg aan die feite in

die gedig, maar andersyds: dat die funksie wat die feitsake

in die wéreld-van-die-gedig het, nie daardeur gevarieer word

nie. Ons word nie gedwing tot hersiening van ons aan

-vanklike interpretasie nie.

§ 8. Maar daar kan nog verder gegaan word dan om te sê

dat dié gegewens nie wesenlik iets toevoeg nie. Ons kan sê

dat, wanneer ons die gedig gaan beskou as 'n sitaat uit' 'n

groter samehang, en dan na aanleiding van wat ons weet

van die „herkoms" van die grondstof, dié samehang spesifiseer

as Bantoe-mitologie; wanneer ons in die interpretasie

van die feitsake vashou aan die feitsake soos hulle in die

grondstof fungeer, ons eerder gevaar loop om af te doen aan

die wêreld-van-die-gedig.

Die kennis van 'n agtergrond hoef nie af te doen daaraan

nie — vir die verseleser wat toevallig bekend is met Bantoe-
113

mitologie hoef dit natuurlik nie 'n remming te wees in die

interpretasie van die gedig nie. Die gevaar is alleen dat die

gedig in so 'n geval as berymde folklore beskou gaan word

en dus met ander maatstawwe as die literêre gemeet word.

Wanneer ons die verwysingsveld van die gedig afkamp

tot die Bantoesprokie, en dan die spikkelkoei-van-die-gedig

as die ekwivalent van die spikkelkoei-van-die-sprokie interpreteer,

word die spikkelkoei as dramatis persona in die

wêreld-van-die-gedig tot 'n eenduidigheid gereduseer. Netso

word „my broer", vanuit die agtergrond van die sprokie

geïnterpreteer, gereduseer tot Masilonyane, die jonger broer,

en die „ek" van die gedig tot die ouer broer, Masilo. Ons sê

dat dit 'n reduksie is, want hoewel die „ek" in sy optrede

veranker is binne die wêreld-van-die-gedig, en daardeur tydruimtelike

grense ook aan hom as verskyning, as saak gegee

is, is hy in die transposisie van die grondstof tot nuwe, geintegreerde

geheel lósgemaak van die oorspronklike saak,

Masilo. Die „hy" van die Bantoesprokie het „ek" geword.

En dit is die lot van hierdie nuwe „persoon", wat nou die

verteller is van 'n verhaal van broedertwis, gewelddade en

die wraak van die daardeur ontketende onheil, en wat bowendien

self sentraal gestel is binne die verhaal, wat die leser

aangryp — nie die „verhaal van die skurk van die Bantoe

soos deur homself vertel" nie.

Die „ek" is nie alleen losgemaak van Masilo nie, die „ek"

is méér as Masilo; ons sou selfs kon sê, meer universeel as

Masilo. 11

Dit wil nie sê dat ons Masilo, die skurk van die sprokie,

as 'n bepaalde persoon opneem nie — die mens in die sprokie

11 S. Vestdijk (De Glanzende Kiemcel, 's-Graveland 1950) gee 'n

voorbeeld wat as 'n parallel beskou kan word: „In de liefdespoëzie wordt

bijna nooit een bepáálde geliefde bezongen, — tenzij dan bij wijze van

aanleiding, waarvoor alleen de biografen zich interesseren, — maar de

geliefde. De bezongen vrouw is representante van een soort, of van een

Idee, wordt niet als individu opgevat, maar als aanwijzing van het bovenindividuele."

(p. 206)

-sprokie
114

het tewens ook 'n „universaliteit" teenoor 'n bepaalde mens

in die werklikheid. Dolles praat van die „Beweglichkeit,

Allgemeinheit, Jedesmaligkeit" van die persone in 'n sprokie. 12

Maar Masilo (binne die konstellasie van die sprokie, mét sy

kenmerke van algemeenheid en „Jedesmaligkeit") het 'n

sekere bepaaldheid daarin verkry, is 'n figuur binne 'n bepaalde

mitologie met 'n bepaalde betekenis binne daardie

mitologie. En dit is hierdie betekenis wat binne die nuwe

konstellasie waarin „hy" tot „ek" getransponeer is, verwyd

en vergroot word. 13

— Die eerste gebeure in die gedig, die begin van hierdie

situasie ('n skeppingsgebeure, wat hierdie „wêreld" betref)

word, deur dit terug te plaas binne die raamwerk van die

sprokie, gerelativeer. Binne die gedig is dit die absolute aanvang,

die eerste in 'n ketting van gebeure wat op 'n heel

besondere manier aanmekaargevoeg is, en wat op 'n heel

besondere manier „afhanklik" is van hierdie begin (vgl. p.

56). Maar binne die raamwerk van die sprokie gesien, gaan

'n reeks gebeure reeds daaraan vooraf: die jagtog, die ontmoeting

met die ou vroutjie, die reeds verstoorde verhouding

tussen die twee broers (die ouer broer weier om met die ou

vrou mee te gaan, die jonger broer willig in), die kap van

die boom.

Netso moet dan tussen die opposisie tussen broer en broer,

soos in A(3+4) in die gedig gegee -- wat nou nie meer sy

spanningswaarde het nie, omdat die opposisie reeds die ver

vee voorafgaan, volgens die sprokie — en-skyning

van die

die gewelddaad van B(1 +2), die trek van die broers met die

vee, die waterdrink-toneel ingevoeg word; en tussen die val

12 André Dolles, a.w., p. 234.

13 Veronderstel nou dat die leser homself beperk tot 'n interpretasie

waarin die gedig as 'n stukkié berymde folklore beskou gaan word, dan

word die sentraalgestelde ego, veral soos dit in die laaste twee strofes

voorkom, tot probleem. Hierdie verandering van perspektief, waar 'n

sprokie gewoonlik nie in die eerste persoon vertel word nie, sal dan 'n

diskrepansie vorm met die titel wat 'n sprokie aankondig, en met die verhaal

wat oorspronklik nie as „persoonlike drama" gegee is nie.
115

van die broer en die verskyning van die kraai, dat die hart

van die broer in 'n voël verander het.

Die stiltes rondom die gebeure — stiltes wat ontstaan mede

vanweë die besondere patroon van interpunksie en strofe

wat telkens binne die feite-aanbod begrens en weer-skeidinge

verband lê — word gevul met gegewens uit die sprokie; en

as die leser dit doen, word die besondere spanningskarakteristieke

van die gedig uitgeskakel.

§ 9. Die placing van die gedig binne 'n etnologiese samehang

maak egter ook ander interpretasies behalwe die een

vanuit die oersprokie moontlik. So kan die leser dit as 'n

konstruksie op die raamwerk van 'n skeppingsmite beskou

(volgens die gegewens van prof. Engelbrecht en Dudley Kidd),

waar dan in die openingsverse van die gedig die werklike

skeppingsgebeure aangebied word, net soseer 'n aanhaling as

wat 'n gedig wat begin met „In die begin het God die hemel

en die aarde geskape," van 'n aanhaling gebruik sou maak.

— Ook dit sou nie aan die wêreld-van-die-gedig toevoeg nie;

vir hierdie situasie bied die openingsverse ook „die eerste

feit" aan, die begin, 'n eerste, wonderbaarlike geboorte.

— Of, anders: die leser kan volgens die voorbeeld van

dr. Schoeman eers die sprokie en dan die gedig op simboliese

vlak gaan interpreteer, vanuit die kennis van die simboliese

waarde wat die gegewe feitsake in 'n bepaalde kultuurpatroon

het. Dat dit moontlik is, het die interessante gegewens van

dr. Schoeman getoon — maar ook 'n dergelike interpretasie

sal uiteindelik rekening moet hou met die grense en beperkinge

van die konteks. 14

Want net soos 'n lesing van die gedig as direk-verwysend

14 Diepte-psigologie — waarmee so 'n „simboliese" interpretasie

miskien verwar kan word — kán ook interessante interpretasies moontlik

maak. Hierdie rigting van interpretasie is boeiend ook vir die individu

wat bloot toevallig literatuurwetenskaplike is, maar dit tree buite die

grense van die literatuurwetenskap as wetenshap. So 'n interpretasie is. óf

'n vermoede, óf 'n ander dissipline met 'n geheel ander doelstelling as die

literêre.
116

na die feitelike konstellasie van die oersprokie (waar daar

m.a.w. nie onderskei word tussen „structure" en „materials"

nie) die wêreld-van-die-gedig kan verklein tot 'n omheinde

kampie, so laat die gedig andersyds ook nie eindeloos variabele

interpretasies toe nie.

In die vorige hoofstuk het ons in die bespreking van die

„moontlike" volgordes van die strofes dié een wat die mees

„vanselfsprekende", die hegste geïntegreerd was, as die

„juiste" volgorde verkies. En ons het hier reeds aangetoon

dat 'n interpretasie van die gedig moontlik is waarin die

feite -aanbod voeg tot 'n sluitende sirkel. Het ons dus éénmaal

'n geïntegreerde feitestruktuur blootgelê, sal enige ander of

variërende interpretasie vanuit 'n agtergrond daarmee rekening

moet hou dat sodanige interpretasie óók aan die regulerende

eire van die konteks moet beantwoord.

Veronderstel nou dat ons sdveel agtergrondskennis kon

inwin dat op etlike vlakke — die suiwer folkioristiese, die

simboliese, die psigologiese — 'n interpretasie van die hele

gedig onderneem kon word, bo en behalwe die interpretasie

wat reeds gemaak is. Dan nog sal dit moet geskied binne die

struktuurlyne van hierdie besondere situasie; en alleen dié

interpretasie wat die volledigste binne hierdie struktuurlyne

deurgevoer kan word, sal aanvaarbaar mag wees. Vir elke

interpretasie-moontlikheid sal die konteks as geheel geraadpleeg

moet word. En die bestaande interpretasie kan alleen

aangevul of gewysig word indien die „variante" in dieselfde

mate in die blootgelegde struktuurlyne (feitelik èn vormlik) gein

kan word as dié momente wat deur hulle vervang word. 1 s-tegreer

1a Die gedagtewisseling oor 'n gedig van Mörike tussen Martin

Heidegger, Emil Staiger en Leo Spitzer in Trivium (IX, 1, en IX, 3) is in

dié verband insiggéwend: daar word deur elkeen 'n verskillende interpretasie

aan die gedig gegee, en telkens kan die verskille tussen hulle

teruggevoeg word tot 'n poging om vanuit 'n pre-kontekstuele kennis die

betekenis van lekere bestanddele van die gedig vas te stel (bv. Heidegger

vanuit 'n kennis van die filosofiese opvattinge ten tyde van die verskyning

van die gedig, Staiger vanuit literér-historiese — eintlik biografiese —

gegewens omtrent die digter) sonder om eers die gedig self te laat spreek.
117

Uit die stof tot ons beskikking het 'n dergelike vervangende

interpretasie nie voortgekom nie, wat egter nie die moontlikheid

daarvan uitsluit nie — ons pretendeer hoegenaamd nie

volledigheid in die versamelde Bantologiese data nie. Tog

kan ons met 'n hoë mate van sekerheid konstateer dat Sprokie

van die Spikkelkoei homself in interpretasie nie afhanklik

getoon het van dergelike spesialistiese data nie.

En dat ons dit kan konstateer, is weereens 'n getuienis van

die intrinsieke eenheid van hierdie gedig: die gedig is tot

onafhanklikheid georganiseer, die informasie wat nodig is

vir die verstaan daarvan, in die struktuur ingebou.

Vir die verseleser — vir wie die gedig self altyd uitgangspunt

vorm — sal dié ekstra-kontekstuele besonderhede oor

die herkoms van die sprokie, oor die folkloristiese agtergrond

van die gedig, dus interessante kanttekenings bly; selfs al het

by die hele gedig op dié wyse geannoteer, hef dit sy verantwoordelikheid

vir struktuurondersoek (die ondersoek na die

momente wat die eenheid van hierdie gedig konstitueer) en

die uiteindelike evaluasie van dié struktuur, nie op nie.
SUMMARY

In this study an attempt has been made to find a solution to two

problems in general literary theory: 1) what is meant by "unity" in the

literary work of art, and how is this unity constituted? Can this unity or

lack of it be demonstrated in a concrete instance? What method should

be followed in such a demonstration? — Where so much of modern poetry

in various languages seems to be illogical, irrational, this question of

unity is forced upon the critic. But apart from modern trends or fashions

in poetry, the question is basic in all literary theory; the use of modern

structural linguistics may perhaps throw some light on aspects of this

problem.

2) The other theoretical question raised, is: what is the relation of

the literary work of art to its background (e.g. in biography, psychology,

history, folklore)? Is a knowledge of this background essential to the

"understanding" (das Verstehen) of the literary work? Does not rather

the use of extra-literary information about the work narrow down its

"wide world" to a "field of reference"? Can this narrowing-down also

be proved in a concrete instance?

It has been essayed to demonstrate in the instance of a single poem

how unity is achieved within the structure of the poem, and how this

(unified) structure exists independently with regard to a specialized

extra-contextual knowledge of the "subject matter" of the poem 1.

The study received its impetus from two problems posed initially

during the first reading of the poem. The first problem arose when, in

the sequence of events given, the organizing principle was not immediately

apparent; on the whole the poem seemed irrational, illogical, disjointed

even. Secondly, the definite article (die) in conjunction with the noun

(spikkelkoei) is used without any prefixed "basis of understanding" in

the text itself, thus presenting the reader with the possibility that he is

considered familiar with the object spikkelkoei, a familiarity based on

knowledge outside the given text. This could be seen as an indication that

the subject matter of the poem as such belongs within a larger context

with which the reader must be familiar in order to interpret the poem.

Using the method of stylistics on a linguistic basis — a discipline

evolved by Prof. W. Gs Hellinga of the University of Amsterdam and

Dr. H. v. d. M. Scholtz of the University of Pretoria in a recently

published work 2 — an analysis of the structure of the poem was made,

1 The poem in question is Sprokie van die Spikkelkoei, from Engel

uit die Klip, poems by D. J. Opperman, Cape Town 1950.

2 W. Gs Hellinga & H. v. d. M. Scholtz, Kreatiewe Analise van Taalgebruik,

Prinsipes van stilistiek op linguistiese grondslag, Amsterdam–

Pretoria, 1955.
119

which is described in the second chapter. This structural analysis includes

not only syntactical and other formal linguistic phenomena, but above all

the "reality" created by the factual information which these linguistic

phenomena present in interaction with the formal poetical phenomena,

e.g. stanzaic patterns.

In the third chapter the matter of the unity or lack of unity in this

poem is specifically taken into consideration. First a distinction is made

between "unit" — meaning an object of inquiry about which it is

previously known that it is a completed work and not a fragment — and

"unity" as a final evaluatory conclusion about a literary work, as a property

of the literary work of art.

Then the conventional poetical devices — syllabism, rhythm, rhyme,

sound-repetition, stanzaic patterns — are investigated as possible factors

in constituting a unity. It is found that, taken as such, they can be

regarded at most as organizing factors.

Proceeding from the postulate that a certain "necessary" order of

stanzas within the whole of the poem is a unifying principle, an experiment

is carried out to demonstrate the given order of stanzas as being

more "probable" than any other constructed order of the same stanzas.

This is done, first, by contrasting a rearrangement of stanzas with the

given order, and giving a brief analysis of this "artificial" order, showing

its various ruptures, its lack of cohesion. Secondly, a synopsis is made of

the unifying and organizing principles revealed in the structural analysis

of the poem, described in the second chapter. It is found that this analysis

conclusively proved the given order of stanzas to be the more "probable",

and that it disproved the first impression of disjointedness given by the

poem. We conclude also that a "unity of esthetic purpose" (vide Roman

Jakobson) is revealed in the poem during the course of our analysis.

In the last chapter the second initial problem is discussed: whether

the interpretation of this poem necessitates a certain, knowledge, apart

from the information given by the text itself, about the "background" of

this poem. It was possible to collect, from experts in Bantu folklore, the

appropriate data about the. Bantu folktale to which this poem refers.

In comparing this information with the "reality" of the world-within-thepoem,

it becomes apparent that the latter is indeed "moulded by its own

weight", that pre-contextual knowledge of a specialized folkloristic nature

does not add to the meaning this specific constellation of events has within

the poem itself.

This latter fact — that the events given form a whole complete in itself

— is also regarded as testifying to the intrinsic unity. of the poem.
LYS VAN AANGEHAALDE WERKE

Callaway, C., Nursery Tales, Traditions and Histories of the Zulus.

London, 1868.

Cassirer, E., Die Begriffs form im mythischen Denken. Leipzig-Berlin, 1922.

Celliers, Jan F. E., Martjie. Amsterdam-Pretoria-Johannesburg, 1916.

Christophersen, P., The Articles — a study of their theory and use in

English. Copenhagen-London, 1939.

Cloete, T. T., Trekkerswee en Joernaal van Jorik. Amsterdam, 1953.

Die Bybel (in Afrikaans). Kaapstad, 1937.

Erlich Victor, Russian Formalism, History — Doctrine. 's-Gravenhage, 1955.

Folk Lore Journal, I.

Forster, E. M., Aspects of the novel. London, 1947.

Groot, A. W. de, Structurele Syntaxis. Den Haag, 1949.

Hattingh, S. C., Sprokiesvorsing — met spesiale toepassing op die Afrikaanse

volksverhale. Johannesburg, 1950.

Havers, Wilhelm, Handbuch der erkliirenden Syntax — ein Versuch zur

Erforschung der Bedingungen and Triebkriifte in Syntax and

Stilistik. Heidelberg, 1931.

Heidegger, M., Zu einem Vers von M6rike in Trivium, IX, 1 (1951).

Hellinga, W. Gs, Interpretatie van de Nachtwacht. Een inleidende studie

in De Gids 118 (1955).

Hellinga, W. Gs en Scholtz, H. v. d. M., Kreatiewe Analise van Taalgebruik,

Prinsipes van stilistiek o¢ linguistiese grondslag. Amsterdam-Pretoria,

1955.

Hellinga, W. Gs en Scholtz, J. du P., Structuurvergeljjking tussen Nederland

en Afrikaans in Taal en Tongval, VI (1954), Blancquaertnommer.

Jacottet, E., The Treasury of Basuto Lore. London, 1908.

Jolas, Eugene, The Language of Night. Den Haag, 1932.

Jolles, André, Einfache Formen: Legende I Sage I Mythe I Riitsel / Kasus /

Memorabile I Mdrehen I Witz. Halle, 1930.

Kayser, Wolfgang, Das Sprachliche Kunstwerk. Eine Einfuhrung in die

Literaturwissenschaft. Bern, 1951.

Kayser, Wolfgang, Kleine Deutsche Versschule. Bern, 1951.
121

Kidd, Dudley, The Essential Kafir. London, 1904.

Louw, N. P. van Wyk, Nuwe Verse. Kaapstad, 1954.

Marquard, L., and Standing, T. G., The Southern Bantu. London-

New York-Toronto, 1939.

Nienaber, C. J. M., Die taal as tolk. 'n Stilistiese analise (van Maria

deur Elisabeth Eybers). Pretoria, 1953 (afgerol).

Opperman, D. J., Digters van Dertig. Kaapstad-Bloemfontein-Johanne5burg,

1953.

Opperman, D. J., Engel uit die Klip. Kaapstad, 1950.

Opperman, D. J., Joernaal van Jonk, Kaapstad, 1949.

Opperman, D. J., Xegester oor Xinevé. Nasionale Pers Beperk, 1947.

Reichling, A., Taal in Encyclopaedisch Handboek van het moderne

Denken. Arnhem, 1950.

Schapera, I. (ed.), The Bantu-speaking Tribes of South Africa. Cape

Town, 1950.

Scholtz, H. v. d. M., Sistematiese Verslag van 'n Stilistiese Analise.

Eugène Marais: Die Towenares. Amsterdam-Kaapstad-Pretoria,

1950.

Scbönfeld's Historische Grammatica van het Nederlands. Klankleer,

Vormleer en Woordvorming (verzorgd door Prof. Dr. A. van

Loey met medewerking van Dr. M. Schönfeld). Zutphen, 1954.

Schonken, F. Th., De Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche Volksoverleveringen.

Amsterdam, 1914.

Shipley, Joseph T. (ed.), Dictionary of World Literature. New York, 1953.

Snijman, F. J., Literêre Styl met die oog op Stylondersoek. Assen, 1945.

Spitzer, L., Linguistics and Literary History. Essays in Stylistics. Princeton,

New Jersey, 1948.

Spitzer, L., Wiederum Mörikes Gedicht „Auf eire Lampe" in Trivium,

IX, 3 (1951).

Staiger, E., Zu einem Vers von Mörike in Trivium, IX, 1 (1952).

The Concise Oxford Dictionary. Oxford, 1952.

Tuve, Rosemond, A Reading of George Herbert. London, 1952.

Van Dale's Nieuw Groot Woordenboek der Nederlandsche Taal (bew.

door Dr. C. Kruyskamp en Dr. F. de Tollenaere), 's-Gravenhage,

1950.

Van der Leeuw, G., De Primitive Mensch en de Religie. Anthropologische

Studie. Groningen-Batavia, 1937.

Van der Merwe, C. P., Kempen, W., en van der Merwe, Jaco, Afrikaans

as Eerste Taal vir Sts. IX en X, Vorms IV en V. Kaapstad, s. j.
122

Vestdijk, S., Die Glanzende Kiemcel, Beschouwingen over Poëzie, 's-Graveland,

1950.

Villiers, M. de, Woordsoorte, Werkwoorde en Tye. Kaapstad, 1948.

Wellek, R. and Warren, A., Theory of Literature. London, 1953.

Mededelings uit briewe van:

Prof. dr. J. A. Engelbrecht, (Universiteit van Pretoria), gedateer

26 Junie 1955.

Dr. S. M. Mofokeng, (Universiteit van die Witwatersrand), gedateer

23 Augustus 1955 en 6 September 1955.

Dr. P. J. Schoeman, (voorheen van die Universiteit van Stellenbosch),

gedateer 7 September 1955.

Dr. F. J. Snijman, (personeel van die Afrikaanse Woordeboek,

Stellenbosch), gedateer 1 Julie 1955.
SPROKIE VAN DIE SPIKKELKOEI

A 1 Uit holtes van 'n boom

2 het kuddes vee gekom,

3 toe kies my broer

4 die spikkelkoei vir hom.

B 1 Ek stoot hom oor 'n krans,

2 by val in 'n mik,

3 toe het 'n kraai

4 op die spikkelkoei gaan sit.

C 1 Smeer vet aan 'n klip,

2 korrel fyn, moenie kwes,

3 toe sak 'n duisend vere

4 noord, suid, oos, zees —

D 1 sak 'n duisend kraaie

2 oor die bloed, oor die kijf,...

3 0 waar sal ek skuil

4 teen die stippels wat pik?