Hondsdolheid
Hondsdolheid Hondsdolheid
Hondsdolheid ‘n dodelike siekte Departement Landbou AFRIKAANS – Jenny TurTon – • Verspreiding van die siekte • Simptome • Voorkoming • Behandeling Republiek van suid-afRika
- Page 2 and 3: 2006 Derde druk, hersiene uitgawe 2
- Page 4 and 5: Hondsdolheid se verspreiding wat aa
- Page 6 and 7: Skape en bokke: geblêr, agterbene
- Page 8 and 9: Siektetekens by die mens • •
- Page 10: • Stel die staatsveearts of polis
Hondsdolheid

‘n dodelike siekte

Departement

Landbou

AFRIKAANS

– Jenny TurTon –

• Verspreiding van die

siekte

• Simptome

• Voorkoming

• Behandeling

Republiek van suid-afRika
2006 Derde druk, hersiene uitgawe

2004 Tweede druk, hersiene uitgawe

2001 Hersien

2000 Eerste druk

Saamgestel deur

Direktoraat Landbou-inligtingsdienste

Departement van Landbou

in samewerking met

LNR-Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut

Gedruk en uitgegee deur

Departement van Landbou

Verkrygbaar van

Resource Centre

Direktoraat Landbou-inligtingsdienste

Privaatsak X144, Pretoria 0001, Suid-Afrika

Hierdie publikasie is op die web beskikbaar by: www.nda.agric.za/publications

Kaart deur G Bishop

Sketse op pp 5–8 deur C D Seegers

Inligting verskaf deur

Animal Health for Developing Farmers

LNR-Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut

Privaatsak X05, Onderstepoort 0110

Tel: (012) 529 9158
Hondsdolheid

Wat is hondsdolheid?

Hondsdolheid is ’n soönotiese siekte (’n siekte wat mense

van diere kan kry).

Dit word deur ’n virus veroorsaak wat die brein aantas en tot

die dood lei.

Die virus word in speeksel afgeskei en deur besmette diere

se byt oorgedra.

Hondsdolheid is ’n uiters

gevaarlike siekte. Ent dus jou

diere in en beskerm jouself!

Diere wat mense kan besmet

• Gewoonlik honde.

• Ook katte, meerkatte, jakkalse en ander wilde diere.

• Hondsdolheid word hoofsaaklik deur honde, rooijakkalse,

rooimeerkatte en bakoorjakkalse na ander diere en die

mens versprei

— 1 —
Hondsdolheid se verspreiding wat aantoon watter diere belangrik is

in elke streek

Siektesimptome by diere

3

5

Hond (1)

Rooijakkals (2)

Bakoorjakkals (3)

Rooimeerkat (4)

Rooimeerkat en bakoorjakkals (5)

Gedragsveranderinge kom by al die diere voor. Mak diere

kan wild en aggressief raak (kom dol voor),

terwyl wilde diere mak mag raak.

Verlamming tree uiteindelik in, wat tot die dood lei.

4

— 2 —

2

1
Honde: aggressie, getjank,

aanvalle sonder vorige

waarskuwing, kwyl, hap na

denkbeeldige vlieë, staar,

loop doelloos rond, oop

bek (onderkaak val oop),

onvermoë om te sluk,

vreet stokke en klippe,

versmoring, opgooi, loop

moeilik, verlamming

Perde: doellose gesteier,

onvermoë om te sluk,

loop moeilik, swakheid,

verlamming, aggressie,

byt

— 3 —

Katte: word uiters

aggressief en val aan

sonder enige waar-

skuwing vooraf

Koeie: bulk, kwyl,

versmoring, aggressie,

sluk wind, onvermoë om

te sluk, swakheid, pote

vou in onder hulle en loop

moeilik, verlamming
Skape en bokke: geblêr,

agterbene is swak,

loop moeilik, aggressie,

oormatige seksuele

gedrag, roeibewegings

Varke: aggressie,

byt venynig

— 4 —

Donkies: byt, aggressief

Wilde diere: kom mak

voor, gaan huise en

tuine binne, nagdiere

word bedags gesien, val

mense en voorwerpe

aan sonder enige

waarskuwingstekens

vooraf, verlamming
Hoe word mense besmet?

Mense raak

besmet wanneer

hulle

deur ’n besmette

dier

gebyt word

aangesien

die virus deur

speeksel versprei

word.

Mense kan

ook besmet

word deur

besoedeling

met speeksel

wat in snye, die mond of oë beland.

By hondsdol diere mag dit lyk asof iets in die keel vassit

weens die oormatige speekselafskeiding. Moet nooit jou

hand in die dier se bek druk nie, aangesien jy die siekte

kan opdoen as die dier jou byt of as snye aan jou hand

aan die speeksel blootgestel word.

Indien beeste, skape, bokke en donkies se karkasse

oopgesny word, kan dit ‘n gesondheidsgevaar skep

omdat mense besmet kan raak deur snye of wanneer

breinweefsel en speeksel in die oë of mond spat as die

skedel oopgekap word en die besmette dier se brein

hanteer word.

— 5 —
Siektetekens by die mens

By die mens is die eerste tekens hoofpyn, angs, koors,

braking en vrees vir water. Uiteindelik lei dit tot verlamming,

koma en die dood.

Nadat ’n besmette dier ’n ander dier of mens gebyt het, duur

dit gewoonlik 2 tot 10 weke voordat enige siektetekens

verskyn.

Sodra mense of diere tekens van hondsdolheid toon, is

behandeling nie meer moontlik nie en sal hulle doodgaan.

Voorkoming

Dit is belangrik dat honde en katte ingeënt word om die

risiko vir mense en diere te verlaag.

Jong diere moet 2 maal in die eerste jaar ingeënt word

en dan elke 3 jaar of so dikwels as wat deur jou staats-

veearts vereis word. Die entstof is veilig en sal nie jou

diere siek maak nie.

Stel jou staatsveearts

onmiddellik in kennis as jy

diere sien wat eienaardig

optree en hondsdolheid

vermoed word.

Bly weg van diere wat

eienaardig optree, wilde

diere wat mak is en nie

weghardloop van jou nie,

siek diere wat nie behoorlik

vasgemaak is nie

of diere wat aggressief

voorkom.

— 6 —
Behandeling

Indien jy betyds behandel word (so gou moontlik na ’n byt)

sal jy nie van hondsdolheid doodgaan nie.

Nadat ’n dier jou

gebyt het, moet die

wonde dadelik

deeglik gewas word.

Gebruik seep en

’n ontsmettings-

middel indien

moontlik. Besoek

dan dadelik jou

naaste kliniek of

dokter vir verdere

behandeling.

Die dokter of verpleegster sal met ’n reeks inspuitings begin

wat die ontwikkeling van die siekte kan voorkom. Dit is uiters

belangrik dat jy voortgaan om die kliniek te besoek totdat

die kursus voltooi is omdat jy kan doodgaan as jy nie al die

inspuitings ontvang nie.

Die inentingsprogram wat

tans aanbeveel word, is

om die eerste inspuiting te

ontvang op die dag wanneer

jy gebyt is, en die ander 3, ,

14 en 28 dae later. ’n Antiserum

teen hondsdolheid sal

ook aan jou toegedien word

op die dag wat die dier jou

gebyt het.

Stel die staatsveearts of

polisie in kennis wanneer

jy deur ’n hond of ander

dier gebyt word. Hulle sal

die saak ondersoek en

indien nodig die dier van

kant maak en seker maak

dat dit vir hondsdolheid

getoets word.

Vir verdere inligting kontak jou dieregesondheidsbeampte,

staatsveearts, dokter of verpleegster

of

Animal Health for Developing Farmers

LNR-Onderstepoort Veeartsenykunde-instituut

Privaatsak X05, Onderstepoort 0110

Tel: (012) 529 9158

of

Resource Centre, Departement van Landbou

Tel: 319 141/ 085

— 8 —