Hondsdolheid
Hondsdolheid Hondsdolheid
Siektetekens by die mens • • • By die mens is die eerste tekens hoofpyn, angs, koors, braking en vrees vir water. Uiteindelik lei dit tot verlamming, koma en die dood. Nadat ’n besmette dier ’n ander dier of mens gebyt het, duur dit gewoonlik 2 tot 10 weke voordat enige siektetekens verskyn. Sodra mense of diere tekens van hondsdolheid toon, is behandeling nie meer moontlik nie en sal hulle doodgaan. Voorkoming • • • • Dit is belangrik dat honde en katte ingeënt word om die risiko vir mense en diere te verlaag. Jong diere moet 2 maal in die eerste jaar ingeënt word en dan elke 3 jaar of so dikwels as wat deur jou staats- veearts vereis word. Die entstof is veilig en sal nie jou diere siek maak nie. Stel jou staatsveearts onmiddellik in kennis as jy diere sien wat eienaardig optree en hondsdolheid vermoed word. Bly weg van diere wat eienaardig optree, wilde diere wat mak is en nie weghardloop van jou nie, siek diere wat nie behoorlik vasgemaak is nie of diere wat aggressief voorkom. — 6 —
Behandeling • • • Indien jy betyds behandel word (so gou moontlik na ’n byt) sal jy nie van hondsdolheid doodgaan nie. Nadat ’n dier jou gebyt het, moet die wonde dadelik deeglik gewas word. Gebruik seep en ’n ontsmettings- middel indien moontlik. Besoek dan dadelik jou naaste kliniek of dokter vir verdere behandeling. Die dokter of verpleegster sal met ’n reeks inspuitings begin wat die ontwikkeling van die siekte kan voorkom. Dit is uiters belangrik dat jy voortgaan om die kliniek te besoek totdat die kursus voltooi is omdat jy kan doodgaan as jy nie al die inspuitings ontvang nie. • — — Die inentingsprogram wat tans aanbeveel word, is om die eerste inspuiting te ontvang op die dag wanneer jy gebyt is, en die ander 3, , 14 en 28 dae later. ’n Antiserum teen hondsdolheid sal ook aan jou toegedien word op die dag wat die dier jou gebyt het.
- Page 1 and 2: Hondsdolheid ‘n dodelike siekte D
- Page 3 and 4: Hondsdolheid Wat is hondsdolheid?
- Page 5 and 6: Honde: aggressie, getjank, aanvalle
- Page 7: Hoe word mense besmet? • • •
Behandeling

Indien jy betyds behandel word (so gou moontlik na ’n byt)

sal jy nie van hondsdolheid doodgaan nie.

Nadat ’n dier jou

gebyt het, moet die

wonde dadelik

deeglik gewas word.

Gebruik seep en

’n ontsmettings-

middel indien

moontlik. Besoek

dan dadelik jou

naaste kliniek of

dokter vir verdere

behandeling.

Die dokter of verpleegster sal met ’n reeks inspuitings begin

wat die ontwikkeling van die siekte kan voorkom. Dit is uiters

belangrik dat jy voortgaan om die kliniek te besoek totdat

die kursus voltooi is omdat jy kan doodgaan as jy nie al die

inspuitings ontvang nie.

Die inentingsprogram wat

tans aanbeveel word, is

om die eerste inspuiting te

ontvang op die dag wanneer

jy gebyt is, en die ander 3, ,

14 en 28 dae later. ’n Antiserum

teen hondsdolheid sal

ook aan jou toegedien word

op die dag wat die dier jou

gebyt het.