Afrikaans - GEMS
Afrikaans - GEMS
Afrikaans - GEMS
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
Kardiosorgprogram

1

Bringing health within your reach
Inhoud

Inleiding 3

Koronêre hartsiekte 4

Doelwitte 5

Bestuurplan 6

Aspirien 9

Kardiosorgbestuurprogram 10

Kontrolering 11

2

Inleiding

Wat is koronêre hartsiekte?

Dit is ’n siekte wat vernouing of blokkering veroorsaak van die slagare wat die hartspier

van die nodige bloed en suurstof voorsien om te funksioneer.

Wat veroorsaak geblokkeerde of vernoude slagare van die hart?

Slagare is bloedvate wat noodsaaklike, suurstofryke bloed na die hele liggaam vervoer.

Vernouing of blokkering van die slagare word veroorsaak deur ’n siekte genaamd

aterosklerose, of verharding van die slagare. Baie faktore veroorsaak verharding van

die slagare. Sommige van hierdie, soos jou ouderdom of jou gene, kan jy nie verander

nie, maar jy kan iets omtrent die volgende risikofaktore doen:

• rook

• hoë bloeddruk

• hoë cholesterol

• swak beheerde diabetes

• om oorgewig te wees

• om nie te oefen nie

Hierdie faktore kombineer om daartoe te lei dat cholesterol (’n soort vet in die bloed)

binne die wande van die slagare saampak. Cholesterol-aanpaksels word plakkette

genoem. Behalwe om die slagare te vernou soos wat dit groter en groter word,

beskadig plakkette ook die slagaarwand. Vermindering of verwydering van risikofaktore

kan verhoed dat hierdie plakkette groter word. Dit beteken dat daar verhoed kan word

dat die hartsiekte vererger.

3

Bringing health within your reach
Koronêre hartsiekte

Angina

Selfs met ’n groot blokkering van die slagaar, kan daar steeds genoeg bloed na die

hart vloei wanneer jy rustend is. Wanneer jou hart egter vinniger klop (bv. wanneer

jy aktief of onder emosionele spanning is) benodig dit meer suurstofryke bloed as

wat die vernoude slagaar kan voorsien. Wanneer dit gebeur, kan jy pyn, ongemak of

benoudheid in jou bors voel, wat ’n angina genoem word. Permanente skade aan die

hartspier vind nie met angina plaas nie.

Hartaanval (Hartspierverstopping - MI)

Indien ’n slagaar skielik heeltemal sluit en daar geen bloedvloei is nie, sal daardie deel

van die hartspier wat deur die slagaar voorsien word, doodgaan.

’n Hartaanval vind plaas wanneer bloedvloei na ’n gedeelte van die hartspier verstop

raak. As die bloedvloei nie vinnig herstel word nie, word die gedeelte van die hartspier

beskadig as gevolg van ’n tekort aan suurstof en begin dit

doodgaan.

Wanneer die beseerde area genees word, los

dit ’n litteken wat ’n invloed sal hê op hoe goed

die hart daarna kan pomp. Indien daar genoeg

goeie spiere oor is om behoorlik te pomp, kan die

4

hart amper volledig herstel.

Doelwitte

Voorkom ’n hartaanval

Indien jy reeds ’n hartaanval gehad het, kan jy nog een voorkom.

Hier is ’n 10 punt-plan wat jy kan volg:

1. Moenie rook nie.

2. Beheer jou bloeddruk, met medikasie indien voorgeskryf.

3. Gaan jou cholesterol na en beheer dit met dieet en medikasie indien nodig.

4. Neem daagliks aspirien (tensy jou dokter opdrag gegee het om dit nie te neem

nie).

5. Volg ’n laevet dieet.

6. Doen gematigde en gereelde oefening.

7. Streef daarna om ’n gesonde gewig te handhaaf. Verloor gewig indien jy oorgewig

is, deur ’n gesonde dieet en oefenprogram te volg.

8. Hou diabetes onder beheer indien dit teenwoordig is.

9. Volg gereeld op met jou dokter en volg sy of haar instruksies.

10. Rapporteer enige veranderinge in jou toestand spoedig.

Jou individuele behandelingsdoelwitte op bladsy 12 sal areas identifiseer waarop jy

moet fokus. Werk daaraan om hierdie doelwitte te bereik.

5

Bringing health within your reach
1. Hou op rook

Bestuursplan

’n Roker is twee keer meer geneig om ’n hartaanval te kry as ’n nie-roker, aangesien

rook ’n groot oorsaak van geblokkeerde slagare is. Hou nou op rook, voor enigiets

anders gebeur. Die risiko van hartaanvalle en skielike dood halveer binne een jaar

nadat jy ophou. Na twee jaar is die risiko’s wat met vorige rokery verband hou, amper

nul!

2. Beheer hoë bloeddruk

Onbehandelde hoë bloeddruk kan lei tot ernstige mediese probleme, soos:

• Verharding van die slagare, koronêre hartsiekte en beroertes

Hoë bloeddruk maak die slagare dik en styf. Dít versnel die opbou van cholesterol in

die slagare. Hoë bloeddruk kan ook veroorsaak dat slagare in die brein bars.

• Hartversaking

Hoë bloeddruk veroorsaak dat die hart harder werk en oor tyd

verswak. Uiteindelik kan die hart nie meer normaalweg

pomp nie wat veroorsaak dat vloeistof opstoot in die

longe (wat asemloosheid veroorsaak).

6

2. Beheer hoë bloeddruk (voortgesit)

• Nierskade

Behandeling van hoë bloeddruk

Risikofaktore vir hoë bloeddruk is dieselfde as dié vir koronêre hartsiekte. Verder:

- Verminder soutinname

- Indien jy alkohol drink, moenie meer as 1 of 2 standaarddrankies in een dag

drink nie.

Laat jou bloeddruk meet as jy jou dokter besoek. Medisyne om bloeddruk te verlaag,

word gereeld bygevoeg as deel van die behandeling.

Baie van die hoes-/verkoue-/sinusmedisyne, sommige pynstillers en

teensuurmiddels wat jy sonder ’n voorskrif kan koop, kan jou bloeddruk

verhoog. Sê vir jou apteker dat jy hoë bloeddruk het en vind uit watter medisyne

veilig is vir jou om te gebruik.

3. Bestuur hoë cholesterolvlakke

Wat is cholesterol?

Cholesterol is een van die vette in die bloedstroom. Daar is beide “slegte” cholesterol

(LDL-cholesterol), wat blokkering van die slagare veroorsaak, en goeie cholesterol

(HDL-cholesterol), wat help om blokkering van die slagare te voorkom.

Almal benodig ’n sekere hoeveelheid cholesterol, maar die probleem ontstaan

wanneer daar te veel “slegte” cholesterol in die bloed is.

Hoekom moet hoë vlakke van cholesterol behandel word?

Dood as gevolg van hartaanvalle kan verminder word in mense met hartsiektes deur

hoë cholesterolvlakke te verlaag. Volg ’n laevet dieet en, indien voorgeskryf, gebruik

cholesterolmedikasie.

7

Bringing health within your reach
4. Begin oefen

Om nie te oefen nie is ’n groot risikofaktor vir koronêre hartsiekte. Dit dra ook tot ander

risikofaktore by. Om nie te oefen nie, kan lei tot:

• die aansit van oormatige gewig

• die ontwikkeling van hoë bloeddruk

• lae vlakke van “goeie” (HDL) cholesterol

Selfs fisiese aktiwiteit van matige intensiteit, soos om vinnig te stap, is voordelig as dit

gereeld gedoen word. Oefen vir tot 30 minute per dag of langer, drie tot vyf keer per

week.

5. Eet vir gesondheid

Indien jy oorgewig is en 5 tot 10 kg verloor, kan jou bloeddruk afneem, “slegte”

cholesterolvlakke verlaag word en daar minder inspanning op jou hart wees.

• Baseer etes rondom ’n styselagtige kos (bv. brood, ontbytgraan, hawermout,

mieliemeel, rys, pasta en aartappels).

• Eet elke dag vrugte en groente, veral groen groente en slaai.

• Vermy vet, veral dierevet. Sny alle vet van vleis af en verwyder

hoender se vel. Eet meer hoender en vis as rooivleis.

• Moenie kos braai nie – rooster, stoom, kook of bak dit.

• Kies laevet suiwelprodukte.

• Eet minder botter, harde blokmargarien en kaas.

• Verminder inname van suiker en suikerige kosse, soos

lekkers, sjokolade, koek en koekies. Koop suikervrye

drankies.

• Eet minder sout deur minder fabriekskos te eet. Probeer om

nie sout by kos te voeg nadat dit gaargemaak is nie.

8

Aspirien

Aspirien help om te voorkom dat bloedklonte vorm en “verdun” die bloed as dit in lae

dosisse geneem word, d.w.s. 75-150 mg (bv. ’n halwe Disprin). Mense met koronêre

hartsiekte wat daagliks aspirien neem, het minder hartaanvalle en beroertes. Indien jy

’n koronêre hartsiekte het, moet jy op aspirien of ’n ander soort bloedverdunner wees.

Sommige mense kan nie aspirien neem nie, aangesien hulle allergies is daarvoor of ’n

bloeiende ulkus het. Jy moet jou dokter altyd raadpleeg voordat jy aspirien begin neem.

Wanneer kan ek ophou om die medikasie te neem?

Sommige siektes kan genees word, maar probleme soos hoë bloeddruk, hoë

cholesterol en diabetes word altyd slegs beheer. Dit beteken lewenslange bestuur is

nodig. Medikasie kan baie doeltreffend wees, maar dit werk slegs terwyl jy dit neem.

Jy sal dalk vir die res van jou lewe medisyne moet gebruik. Veranderinge in jou leefstyl,

soos gewigsverlies en oefening, kan dit moontlik maak om die dosis te verlaag of selfs

sekere medisyne te stop. Dit moet egter slegs onder die toesig van jou dokter gedoen

word. Moet ook nie die dosis van jou medisyne verander sonder om jou dokter in te lig

nie. Indien jy enige probleme met enige medikasie ervaar, raadpleeg jou dokter.

Sien verdagte pyn of ongemak in ’n ernstige lig

Simptome van ’n hartaanval is gewoonlik erger as die wat jy tydens ’n angina ervaar.

• Borspyn is erger en duur vir langer.

• Daar is gereeld ’n gevoel dat iets ernstig verkeerd is.

• Die pil of sproei vir angina bied min verligting.

• Dit is algemeen om te sweet en naarheid, braking en kortasemrigheid kom ook voor.

Onthou dat ’n hartaanval met iets anders verwar kan word, soos “slegte spysvertering”

wat “net ’n bietjie erger as gewoonlik” is. Die beste tyd om ’n hartaanval te behandel,

is so gou as moontlik om skade aan die hartspier te beperk. Indien jy dink jy ervaar

moontlik ’n hartaanval, kom dadelik by ’n hospitaal uit.

9

Bringing health within your reach
Kardiosorgbestuurprogram

Die doelwit van die Kardiosorgprogram is om ’n vennootskap tussen jou, jou

familiedokter en jou gesondheidsorgverskaffers te vorm. Ons sal jou bystaan om meer

oor gesondheidskwessies, wat jou hart kan beïnvloed, te leer.

Hoe raak jy betrokke by jou behandeling?

Hierdie brosjure verduidelik die basiese beginsels van hartsiektes en is gegrond op

inligting uit die jongste kliniese studies. Dit gee vir jou ’n oorsig van die beste manier

om hartsiektes aan te pak en te voorkom.

• Neem hierdie brosjure na jou dokter.

• Bespreek jou individuele behandelingsdoelwitte met jou dokter en voltooi bladsy

10.

• Neem hierdie brosjure elke keer wat jy jou dokter besoek saam, sodat hy of sy na

die resultate kan kyk en sien hoe jy vaar.

• Jou dokter sal in staat wees om die resultate en die toetse wat hy of sy uitvoer, op

bladsy 12 aan te teken.

Wat sal ons vir jou doen?

• Ons sal jou van tyd tot tyd kontak om oor jou gesondheid uit te vra en om die

kontroleringsinligting, in jou brosjure, in te samel.

• Ons sal die inligting wat jou dokter in jou brosjure geskryf het, gebruik om te besluit

hoe ons jou die beste kan help.

• Ons Kardiosorgprogram se verpleegsters sal jou bystaan met enige inligting wat jy

benodig om jou gesondheid te verbeter.

Jou Kardiosorgspan help om jou sorg te kontroleer. Vir daaglikse bystand met enige

navrae, skakel die Kardiosorgnommer: 0860 101 306.

10

Kontrolering

Kontrolering met jou dokter se hulp: opvolgbesoeke

• Bloeddruk en gewig (dit word by elke besoek gedoen).

BD (sittende BD,

Nadat pasiënt vir vyf

minute gerus het)

Gewig

Datum

Resultaat

Datum

Resultaat

• Cholesterol (mmol/l) - verkieslik ’n “vastende” vlak (Moet jaarliks gedoen word)

Datum

Resultaat

Totale

cholesterol

• Kontrolering indien jy diabetes het

HbA1c: ’n HbA1c word gedoen twee tot drie maande nadat daar ’n verandering

in bestuur/medisyne was, drie- tot viermaandeliks indien jy op insulien is, en

sesmaandeliks indien jy nie is nie en jou glukosebeheer stabiel is.

Datum

Resultaat

• Voettoetse

Deeglike voettoetse word ten minste jaarliks aanbeveel. ’n Diabeet met ’n hoë-risiko

voet moet ’n voetheelkundige besoek.

Voetondersoek:

Benerige

vergroeiing

Naels

Vel

Polse

Sensasie

Amputasie

• Oogtoetse:

Datum Datum

Links Regs Links Regs

Jaarlikse toetse (gedilateerde oogondersoeke) deur ’n oogkundige word aanbeveel.

Datum

Besprekingsdatums

12

My verpersoonlikte behandelingsdoelwitte wat deur my dokter ingevul moet word

S.A.-riglyn

(optimale doelwitte in hakies)

Bloeddruk ( 25

Deur op te hou rook halveer jy die risiko van

dood deur koronêre hartsiekte

LW: In post-MI-pasiënte, kan lipiede ses weke neem om te stabiliseer.

S.A.-riglyn

(optimale doelwitte in hakies)

My

doelwit

Notas

LDL-cholesterol (< 3) Mik vir vermindering van ten minste

Totale cholesterol (< 5)

33% indien die primêre doel nie bereik

kan word nie

Indien ek diabetes het:

S.A.-riglyn

(optimale doelwitte in

hakies)

Vingerprik

bloedglukose

(doel = naby normaal)

HbA1c (< 7)

Vastend (4-6)

Lukraak (4-8)

My

doelwit

Notas

Dit kan somtyds onwys of

onmoontlik wees om alle optimale

doelwitte te bereik wat in hierdie

gids uiteengesit is

Bykomende aksie moet geneem

word om die HbA1c te verlaag

indien dit > 8% is

Bringing health within your reach
Teikens vir glukose-kontrolering tuis

1. Wanneer/hoe gereeld?

2. Watter tyd van die dag?

14

Notas

Wees Slim! Versorg jou gesondheid!

15

Bringing health within your reach
Indien jy meer inligting wil hê oor

Kardiosorg, moet asseblief nie huiwer om ons te

skakel nie by

die GEMS-lidhulplyn 0860 109 900.

Besoek www.gems.gov.za vir meer inligting.

Oproepsentrum: 0860 00 4367

Vrywaring

Let asseblief daarop dat die materiaal en ander inligting wat deur ons Geregistreerde Deskundiges verskaf is, slegs vir opvoedkundige,

kommunikasie- en informasiedoeleindes is en nie bedoel is om mediese advies of behandeling te vervang of uit te maak nie.

Bespreek altyd alle gesondheid- en behandelingsgevalle met jou dokter.

16