Afrikaans - GEMS
Afrikaans - GEMS
Afrikaans - GEMS
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
Koronêre hartsiekte

Angina

Selfs met ’n groot blokkering van die slagaar, kan daar steeds genoeg bloed na die

hart vloei wanneer jy rustend is. Wanneer jou hart egter vinniger klop (bv. wanneer

jy aktief of onder emosionele spanning is) benodig dit meer suurstofryke bloed as

wat die vernoude slagaar kan voorsien. Wanneer dit gebeur, kan jy pyn, ongemak of

benoudheid in jou bors voel, wat ’n angina genoem word. Permanente skade aan die

hartspier vind nie met angina plaas nie.

Hartaanval (Hartspierverstopping - MI)

Indien ’n slagaar skielik heeltemal sluit en daar geen bloedvloei is nie, sal daardie deel

van die hartspier wat deur die slagaar voorsien word, doodgaan.

’n Hartaanval vind plaas wanneer bloedvloei na ’n gedeelte van die hartspier verstop

raak. As die bloedvloei nie vinnig herstel word nie, word die gedeelte van die hartspier

beskadig as gevolg van ’n tekort aan suurstof en begin dit

doodgaan.

Wanneer die beseerde area genees word, los

dit ’n litteken wat ’n invloed sal hê op hoe goed

die hart daarna kan pomp. Indien daar genoeg

goeie spiere oor is om behoorlik te pomp, kan die

4

hart amper volledig herstel.

Doelwitte

Voorkom ’n hartaanval

Indien jy reeds ’n hartaanval gehad het, kan jy nog een voorkom.

Hier is ’n 10 punt-plan wat jy kan volg:

1. Moenie rook nie.

2. Beheer jou bloeddruk, met medikasie indien voorgeskryf.

3. Gaan jou cholesterol na en beheer dit met dieet en medikasie indien nodig.

4. Neem daagliks aspirien (tensy jou dokter opdrag gegee het om dit nie te neem

nie).

5. Volg ’n laevet dieet.

6. Doen gematigde en gereelde oefening.

7. Streef daarna om ’n gesonde gewig te handhaaf. Verloor gewig indien jy oorgewig

is, deur ’n gesonde dieet en oefenprogram te volg.

8. Hou diabetes onder beheer indien dit teenwoordig is.

9. Volg gereeld op met jou dokter en volg sy of haar instruksies.

10. Rapporteer enige veranderinge in jou toestand spoedig.

Jou individuele behandelingsdoelwitte op bladsy 12 sal areas identifiseer waarop jy

moet fokus. Werk daaraan om hierdie doelwitte te bereik.

5

Bringing health within your reach