07.08.2013 Views

Afrikaans - GEMS

Afrikaans - GEMS

Afrikaans - GEMS

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

4. Begin oefen

Om nie te oefen nie is ’n groot risikofaktor vir koronêre hartsiekte. Dit dra ook tot ander

risikofaktore by. Om nie te oefen nie, kan lei tot:

• die aansit van oormatige gewig

• die ontwikkeling van hoë bloeddruk

• lae vlakke van “goeie” (HDL) cholesterol

Selfs fisiese aktiwiteit van matige intensiteit, soos om vinnig te stap, is voordelig as dit

gereeld gedoen word. Oefen vir tot 30 minute per dag of langer, drie tot vyf keer per

week.

5. Eet vir gesondheid

Indien jy oorgewig is en 5 tot 10 kg verloor, kan jou bloeddruk afneem, “slegte”

cholesterolvlakke verlaag word en daar minder inspanning op jou hart wees.

• Baseer etes rondom ’n styselagtige kos (bv. brood, ontbytgraan, hawermout,

mieliemeel, rys, pasta en aartappels).

• Eet elke dag vrugte en groente, veral groen groente en slaai.

• Vermy vet, veral dierevet. Sny alle vet van vleis af en verwyder

hoender se vel. Eet meer hoender en vis as rooivleis.

• Moenie kos braai nie – rooster, stoom, kook of bak dit.

• Kies laevet suiwelprodukte.

• Eet minder botter, harde blokmargarien en kaas.

• Verminder inname van suiker en suikerige kosse, soos

lekkers, sjokolade, koek en koekies. Koop suikervrye

drankies.

• Eet minder sout deur minder fabriekskos te eet. Probeer om

nie sout by kos te voeg nadat dit gaargemaak is nie.

8

Aspirien

Aspirien help om te voorkom dat bloedklonte vorm en “verdun” die bloed as dit in lae

dosisse geneem word, d.w.s. 75-150 mg (bv. ’n halwe Disprin). Mense met koronêre

hartsiekte wat daagliks aspirien neem, het minder hartaanvalle en beroertes. Indien jy

’n koronêre hartsiekte het, moet jy op aspirien of ’n ander soort bloedverdunner wees.

Sommige mense kan nie aspirien neem nie, aangesien hulle allergies is daarvoor of ’n

bloeiende ulkus het. Jy moet jou dokter altyd raadpleeg voordat jy aspirien begin neem.

Wanneer kan ek ophou om die medikasie te neem?

Sommige siektes kan genees word, maar probleme soos hoë bloeddruk, hoë

cholesterol en diabetes word altyd slegs beheer. Dit beteken lewenslange bestuur is

nodig. Medikasie kan baie doeltreffend wees, maar dit werk slegs terwyl jy dit neem.

Jy sal dalk vir die res van jou lewe medisyne moet gebruik. Veranderinge in jou leefstyl,

soos gewigsverlies en oefening, kan dit moontlik maak om die dosis te verlaag of selfs

sekere medisyne te stop. Dit moet egter slegs onder die toesig van jou dokter gedoen

word. Moet ook nie die dosis van jou medisyne verander sonder om jou dokter in te lig

nie. Indien jy enige probleme met enige medikasie ervaar, raadpleeg jou dokter.

Sien verdagte pyn of ongemak in ’n ernstige lig

Simptome van ’n hartaanval is gewoonlik erger as die wat jy tydens ’n angina ervaar.

• Borspyn is erger en duur vir langer.

• Daar is gereeld ’n gevoel dat iets ernstig verkeerd is.

• Die pil of sproei vir angina bied min verligting.

• Dit is algemeen om te sweet en naarheid, braking en kortasemrigheid kom ook voor.

Onthou dat ’n hartaanval met iets anders verwar kan word, soos “slegte spysvertering”

wat “net ’n bietjie erger as gewoonlik” is. Die beste tyd om ’n hartaanval te behandel,

is so gou as moontlik om skade aan die hartspier te beperk. Indien jy dink jy ervaar

moontlik ’n hartaanval, kom dadelik by ’n hospitaal uit.

9

Bringing health within your reach

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!