05.09.2013 Views

BEWAARHEID JOU DROME

BEWAARHEID JOU DROME

BEWAARHEID JOU DROME

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BEWAARHEID

JOU DROME

2011 Graad 12-leerders:

Hierdie is julle geleentheid om julle drome te bewaarheid

Graad 12 is ‘n uitdagende en veeleisende jaar vir leerders. Jy het bykomende ondersteuning en

goeie raad nodig. Hierdie boekie poog om huidige graad 12-leerders te motiveer en aan te moedig

deurdat hulle die suksesverhale lees van sommige van die leerders wat goed gevaar het in die

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Hierdie leerders deel hulle verhale mee deur eers hulle

agtergronde en die strategieë wat hulle gebruik het om goeie uitslae te verseker, te skets, en dan

woorde van bemoediging en motivering te voorsien.

Daar word vertrou dat wanneer huidige graad 12-leerders die verhale van hierdie suksesvolle NSSkandidate

lees, hulle aangemoedig en oortuig sal word dat, ongeag hulle omstandighede en die

uitdagings wat hulle in die gesig staar, hulle sukses kan behaal as hulle harder en slimmer werk.

Leerders wat bygedra het tot hierdie boekie het hulle verhale vertel op maniere wat hulle die beste

gepas het. Elkeen het die taal en skryfstyl van sy of haar keuse gebruik. Al die verhale is in Engels

geskryf en deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement in Afrikaans vertaal.

11

Nabeelah

Harris

My naam is Nabeelah

Harris. Ek woon in

Crawford, Kaapstad. My

skoolloopbaan het by

Thorntonweg Primêre

Skool naby my huis

begin. Baie van dié

skool se leerders was

inwoners van kinderhuise of het in ander moeilike

omstandighede gewoon.

Omdat ek niemand geken het wat aan ‘n universiteit

studeer het nie, het ek onder die indruk verkeer dat

universiteitstudie ‘n vae droom is wat net bewaarheid

word vir mense wat die “regte” skole bywoon en wie

se ouers “regte” werk doen. Eers na tien jaar in my

skoolloopbaan en twee skole later het ek besef dat dit

nie die geval is nie.

Ek het in 2008 aan die Kaapse Akademie vir

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie begin skoolgaan.

Alhewel ek altyd ‘n toegewyde leerder was, glo ek

dat dit by dié skool is waar ek regtig begin werk het

om die 8 onderskeidings aan die einde van Graad

12 te behaal. Dit was hier waar ek my potensiaal

verwesenlik het. Daarom wil ek almal by die Kaapse

Akademie (CAMST) bedank vir die feit dat hulle altyd

hul beste gelewer het sodat elke leerder kan vorder:

die prinsipaal, onderwysers en die koshuispersoneel.

Hulle het werklik die grondslag vir my prestasies gelê.

My sukses in 2010 is gebaseer op baie dinge, vanaf

toegewyde onderwysers en ouers tot my persoonlike

ambisie om iets groots te bereik. Met dit in gedagte

wil ek elke Graad 12 leerder van 2011 en daarna

aanmoedig om elke geleentheid om aan hul toekoms

te bou, te benut. In Graad 12 is dit net so belangrik

om jou houding te verander as om gereeld te studeer.

As jou ingesteldheid reg is, sal jy die spanningsvolle

tye in matriek kan oorkom.

Graad 12 word tereg die mees uitdagende jaar in

enige een se skoolloopbaan genoem. Dit beteken

egter nie dat dit onmoontlik is om te slaag, en goed

te slaag, nie. Jou matriek “wedstrydplan” behoort

die volgende aspekte in te sluit: bly elke dag vanaf

dag een in elke vak op koers met jou werk; aanvaar

verantwoordelikheid vir jou eie opvoeding; lees

vooruit, studeer en maak seker jy verstaan presies

wat jy moet ken. Moenie vir andere wag om vir jou

te sê wat om te doen nie. Onsekerhede kan uit die

weg geruim word deur die eksamenriglyne te lees en

vorige vraestelle uit te werk – hierdie bronne is op die

internet en by jou onderwysers beskikbaar.

In Graad 12 is daar nie net die uitdaging om die

eksamen te slaag nie. Daar is die verdere uitdaging

om toelating te kry tot die inrigting van jou keuse

12

en om ‘n beurs te kry. Dit is baie belangrik dat jy

vroegtydig aansoek doen. Maak seker jy lê al die

toelatingstoetse af en lewer al die vereiste dokumente

betyds in.

Aan al die graad 12’s van 2011: sterkte met die

eksamen. Wees bereid om opofferings te maak, pak

uitdagings aan en glo in jou vermoë, juis wanneer

jy wil twyfel. Jy moet weet wanneer om te rus en

wanneer nie. Hierdie jaar is jou geleentheid om

rigting aan jou lewe te gee. Gryp dit met passie aan

en jy sal nooit spyt wees nie.

Tyrone van

Balla

Daar word dikwels

gesê dat die lewe met ‘n

interessante reis vergelyk

kan word. Soos ‘n reis

omweë, hoë pieke en

diep valleie kan insluit,

bestaan die lewe ook uit

onvoorsiene gebeure,

geleenthede, hoogtepunte en laagtepunte.

Matriek is dieselfde – die onverwagte gebeur, daar is

baie geleenthede, oomblikke wat jy nooit sal vergeet

nie. Voeg daarby die hope druk en verwagtinge en

Matriek kan ‘n veeleisende reis wees. Maar soos enige

reis hang jou eindbestemming af van die manier

waarop jy die reis aanpak.

My naam is Tyrone van Balla. Ek is 18 jaar oud en is ‘n

eerstejaarstudent in Elektriese Ingenieurswese aan die

Universiteit Kaapstad. Ek het my hoërskoolloopbaan

aan Hoërskool South Peninsula met 8

vakonderskeidings voltooi. Ten spyte van die feit dat

SPHS as ‘n histories benadeelde skool beskou word,

het ek nie vir een oomblik getwyfel aan die soort

onderwys wat ek daar sou ontvang nie. SPHS is oor

die jare bekend daarvoor dat hulle uitstekende uitslae

lewer ten spyte van die skool se omstandighede.

Gedurende my matriekjaar het ek saam met my

ouers, ‘n jonger broer en my ouma gewoon.

My pa, wat sy eie onderneming bedryf, was die

enigste broodwinner van die gesin. Die eienskappe

wat ek vandag het, is reeds van jongs af by my

ingeprent. Niks is ooit aan my gegee nie. Ek is altyd

aangemoedig om hard te werk vir dit wat ek wil

hê. Ek is ook geleer om mense te respekteer en om

behulpsaam en betroubaar te wees.

Ek het nog altyd oor motivering beskik. Die groot

dryfkrag in my lewe was my begeerte om te presteer

en my beste te lewer. Ek het ook geweet dat, gegewe

my huislike omstandighede, ek ‘n beurs sou moet

kry as ek verder wil studeer. Dit het my gedryf om

nog harder te werk. Die ander belangrike faktor in

my motivering was my begeerte om my godgegewe

talente ten volle te gebruik.

Matriek was die beste jaar van my skoolloopbaan.

Daar was baie uitdagings en geleenthede, maar

dit was ook spanningsvol. Ek het hééltyd die druk

gevoel. Een ding wat ek by enige matrikulant kan

aanbeveel, is ‘n goeie ondersteuningstelsel. Vriende

en familie is hierdie jaar van kardinale belang, want

hulle sal jou laat voortgaan as dinge moeilik lyk. Ook

bly hulle in jou glo, selfs al twyfel jy soms.

Aan mense wat vra hoe ek sulke goeie uitslae kon

behaal, gee ek altyd dieselfde antwoord: Deur harde

werk. Daar is net nie ‘n plaasvervanger daarvoor nie.

Dit is belangrik dat jy in matriek van die begin af werk.

Dit sal verseker dat jy deeglik voorbereid is wanneer

die eindeksamen aanbreek.

‘n Ander belangrike rede vir my sukses is die

toegewyde onderwysers wat ek gehad het. Hulle

was altyd bereid om te help en my aan te moedig om

beter te doen. ‘n Mens moet opofferinge maak, maar

dit is maklik as jy besef dat jy dit vir jouself doen en

vir niemand anders nie. Ek het my naweke en baie

vrye tyd opgeoffer om ekstra klasse by te woon, maar

wanneer ek sien wat ek bereik het, weet ek dat ek die

regte keuse gemaak het.

Opoffering soos om minder met jou vriende uit

te hang en minder vermaak is belangrik, maar dit is

amper belangriker om ‘n gebalanseerde leefstyl te hê.

Ek het my matriekjaar geniet omdat ek oral betrokke

was, net om ‘n bietjie te ontspan. Ek het nog steeds

my stokperdjies geniet, maar ek het geweet wanneer

dit tyd was om ernstig te wees.

Om eerlik te wees, matriek is nie moeilik nie. As

jy weet wat jy wil hê en wat dit gaan kos om dit te

bereik, hang dit van jou af om te besluit of jy bereid

is om ekstra moeite te doen. Stel regdeur die jaar

doelwitte vir jouself en bly gefokus. Vra hulp sodra

jy dit nodig het. Omring jou met positiewe mense.

Moenie ophou droom nie, al lyk jou drome hóé

vergesog. Onthou: harde werk word ALTYD beloon.

Alles van die beste en onthou: sukses is die

somtotaal van klein pogings wat elke dag herhaal

word!

Sheryl Rajpaul

MOENIE

PANIEKBEVANGE RAAK

NIE.

Dit is die eerste ding

waaraan ek gedink het

toe ek gevra is om raad

aan die toekomstioge

matrikulante te gee. Daar

word so ‘n bohaai oor die

matriekeindeksamen gemaak dat dit vreesaanjaend

kan wees. Ja, almal werk vir die eindeksamen, maar dit

13

baat nie jy gaan jou oor ‘n mik leer en vergeet om die

laaste skooljaar te geniet nie!

Natuurlik sê ek nie dat jy nie dwarsdeur die jaar

moet werk nie. Ek glo egter balans is belangrik.

Konstante werk sowel as tyd vir oefening, vriende

en familie sal sukses verseker. Hou dít hierdie jaar in

gedagte. Indien wel, sal jy die eindeksamen met baie

meer selfvertroue tegemoetgaan.

Wanneer jy eksamen skryf, is dit belangrik om

‘n studierooster te hê waarby jy kan hou. As jy die

studierooster opstel, moet jy dink aan watter tyd jy

op jou beste leer, wat realisties is en watter vakke

die meeste aandag nodig het. Tweedens moet

jy jou rustye versigtig beplan – as jy dit nie doen

nie, kan die rustye te lank raak en jou hele dag in

beslag neem. Die belangrikste is om te sorg dat jy

doeltreffend studeer. Vakke soos Wiskunde en Fisiese

Wetenskappe leer ‘n mens byvoorbeeld die beste

deur te oefen, terwyl jy in ‘n vak soos Geskiedenis baie

meer memorisering moet doen.

Behalwe dit wat ek so pas gesê het, is daar eintlik

nie ‘n geheime bestanddeel vir sukses nie (In elk geval

nie een waarvan ek weet nie!). Ek was gelukkig om

uit ‘n bevoorregte agtergrond te kom: my gesin en

vriende ondersteun my baie en ek het aan Westerford

Hoërskool skoolgegaan waar ek deur baie talentvolle

en inspirerende onderwysers onderrig is. Dit alleen

was egter nie genoeg om sukses te verseker nie. Ek

moes nog steeds konstant werk en dissipline aan die

dag lê. Glo my, dan kán jy jou drome verwesenlik.

Alles van die beste! Ek hoop die jaar gaan fantasties

wees en dat jy al jou drome sal verwesenlik.

Ruach Pillay

Slayen

Samuel Langhorne

Clemens, beter bekend

as Mark Twain, het

eenkeer gesê: “Ek het

nooit toegelaat dat

skoolgaan met my

opvoeding inmeng nie.”

(Alhoewel hierdie

uitspraak grappig is, bevat dit meer wysheid as wat

‘n mens dink. Lees gerus verder om meer te wete te

kom.)

Die “skoolgaan” waarna Mnr Twain verwys, behels

die onderrig van vakinhoude in die klaskamer.

Hierdie vakinhoude word vinnig getoets en in baie

gevalle ook vinnig vergeet. Gelukkig woon ons in

‘n land waar die sillabus meer op werklike denke en

persoonlike interpretasie fokus as op pappegaai-leer.

Maar in enige stelsel waar leerders geëvalueer word

op vakinhoude wat deur ander mense vasgestel is, sal

die meeste hulle nie aan die werk steur nie en slegs

leer ter wille van hul ouers en onderwysers en nie vir

hulself nie. Dit is nie opvoeding nie.

Die waarheid is dat die waardevolste dinge wat jy in

jou skoolloopbaan kan leer baie min te doen het met

wat in die skool onderrig word. Werklike opvoeding

vind buite die klaskamer plaas: op die sportterrein,

op die redenaarsverhoog, tydens gemeenskapsdiens,

in VRL- vergaderings, deur kommunikasie met jou

maats, by skoolkampe en konferensies en, baie

belangrik, by die huis waar jy alleen met jou boeke

sit. Dit is in hierdie situasies dat jy permanente

lewensvaardighede en werklike kennis opdoen

waarvan die waarde ver buite die perke van die skool

strek.

My raad: moenie hierdie werklike opvoeding

prysgee ter wille van die pappegaai-leer van werk

waarvan jy sukkel om die praktiese waarde te sien nie.

Jou akademiese sillabus vorm slegs ‘n klein deel van

die opvoedkundige waarde wat jy op skool leer. Raak

dus betrokke by soveel moontlik ekstra-kurrikulêre

aktiwiteite. Die harde werklikheid is egter dat jou

sukses in die matriekeindeksamen slegs afhang van

hoe goed jy opgelet het na die akademiese sillabus,

en van niks anders nie.

Die oplossing: Balans. Raak betrokke by alles

waarin jy betrokke kan raak. Jy sal ontdek dat as jy

krities en opreg by verskillende aktiwiteite betrokke

is, sal dieselfde fokus en kritiese betrokkenheid van

nature na jou skoolwerk oorspoel.

Deur betrokkenheid by bogenoemde aktiwiteite

en ‘n gabalanseerde lewe het ek daarin geslaag om

‘n opvoeding in die ware sin van die woord te verkry

– en ook die matriekuitslae waarvoor ek gehoop het.

Ek was gelukkig om ‘n stabiele en ondersteunende

familie, uitstekende onderwysers en toegang tot alle

fasiliteite te hê wat ek nodig gehad het om my doel

te bereik. Dit is ‘n voorreg wat die meeste leerders

in ons land nie beskore is nie. Maar ongeag jou

omstandighede bly die formule vir sukses dieselfde.

Raak betrokke en maak gebruik van elke geleentheid

wat aan jou gebied word. En onthou, balans is

belangrik. Moet egter nie jou akademiese prestasie in

gedrang laat kom nie, want alhoewel jou buitemuurse

betrokkenheid jou lewensvaardighede kan leer, is dit

die simbool op jou matrieksertifikaat wat sal bepaal

watter opsies jy vir die res van jou lewe sal hê.

14

Nicole Lester

My naam is Nicole

Lester. Ek het in 2010, na

‘n opwindende jaar van

harde werk, uitdagings

en baie pret aan Herschel

Hoër Meisieskool in

Claremont gematrikuleer.

Die matriekjaar was

dol en ‘n mens kon baie

maklik oorweldig word

deur die druk en verwagtinge om in die eindeksamen

goed te vaar. My raad aan voornemende

matrikulante is om deur te druk en regdeur die jaar

optimisties en gemotiveerd te bly. Die enigste manier

om sukses te behaal is om hard te werk en deur te

druk, al kom die versoeking om uit te stel of om tou

op te gooi. As jy jou volle potensiaal wil verwesenlik,

is dit baie belangrik om regdeur die jaar doelgerig en

toegewyd te werk.

Wees ernstig oor elke toets, taak, werkvel en

tutoriaal. Doen dit deeglik en sorgvuldig, na die beste

van jou vermoë. Al lyk dit na meer werk, sal hierdie

deeglikheid die las en stres van die eindeksamen

verlig. Dit is meer effektief om vir ‘n hele jaar deeglik

te leer as om vir drie weke uitsonderlik te leer.

Dit is egter baie belangrik om ‘n gesonde balans

tussen sport, leierskap en sosiale verpligtinge te

handhaaf. Dit is jou laaste skooljaar en jy moet elke

geleentheid met jou vriende en familie geniet. In

my matriekjaar was ek bevoorreg om fantastiese

ervarings met my vriende te deel; ervarings wat

lewenslange vriendskappe gesmee het. Ek hoop dat

julle ook sulke ervarings al hê.

Matriek was die jaar waarin ek uiteindelik geleer het

om te hou van skoolgaan en die omgewing wat dit

verskaf. Jou onderwysers en vriende is daar om jou te

ondersteun. Aanvaar hierdie ondersteuningstrukture

en jy sal jou drome makliker bereik.

‘n Ander belangrike faktor om goeie uitslae in

matriek te behaal, is om doelwitte vir jouself te stel.

Selfmotivering is die belangrikste manier om jouself

te verbeter. Mik elke keer hoër en jou uitslae sal jou

stoutste verwagtinge oortref. Dit is hoe ek gevoel

het toe ek my uitslae ontvang het: die selftrots wat ‘n

mens ervaar nadat jy jou doelwitte bereik het, maak al

die harde werk en opoffering die moeite werd.

Ek glo van harte dat elkeen die potensiaal het

om hul doelwitte te bereik en deur harde werk,

toewyding, ‘n positiewe ingesteldheid en ‘n bietjie

geluk die jaar suksesvol af te sluit. Geniet dus die jaar

en werk hard. Die beloning sal beslis die moeite werd

wees!

Uthmaan

Solomon

2010. Vir baie Suid-

Afrikaners ‘n jaar om te

onthou ... Wêreldbeker,

onderwyserstaking.

Dit het alles omvat.

My fokus was op

matriek. Druk,

verwagtinge – al die

faktore wat gewoonlik met matriek geassosieer

word – is verskerp. Dit was dus my plig om al hierdie

uitdagings te trotseer.

My naam is Uthmaan Solomon. Ek is 18 jaar oud en

was bevoorreg om ‘n 2010 matrikulant aan Hoërskool

Livingstone te wees. Ek is die enigste seun in ‘n gesin

van vier kinders. Twee van my susters wat ook hulle

matriek by dieselfde skool voltooi het, het uitstekende

uitslae behaal. Vanuit die staanspoor het ek dus die

druk gevoel om nie slegs hul uitslae te ewenaar nie,

maar om dit te oortref.

Ek sal eerlik wees: matriek kan woes raak.

Om alles met ‘n mens se akademiese lewe te

balanseer, was uitdagend. Familie, kulturele en

leierskapverantwoordelikhede het ‘n groot deel van

my tyd in beslag geneem en ek moes versigtig wees

om nie tred met my akademiese doelwitte te verloor

nie. Ek was bevoorreg om my ouers en onderwysers

as onderskraging te hê as ek by tye ongemotiveerd

was. Hulle het verseker dat ek gefokus en op koers

bly.

Om aan die verwagtinge van mense te voldoen,

mag soos ‘n strawwe opdrag voorkom. Selfs die

verwagtinge wat jy van jouself koester, mag by tye

onmoontlik blyk te wees, maar jy sal mettertyd besef

dat dit juis daardie druk is wat veroorsaak dat jy

harder werk. Dit is daardie ekstra inspanning wat die

verskil tussen slaag en druip is. So, wanneer jy hierdie

jaar erge druk ervaar, onthou dat diamante slegs

onder druk gevorm kan word.

Ek is dankbaar teenoor die Almagtige dat ek

verlede jaar nie deur ontberings geknou is nie.

Ek is geïnspireer deur vriende wat ondanks hulle

struikelblokke geseëvier het. Hoe kon ek nie probeer

om my beste te wees nie – gegewe my bevoorregte

posisie? Ek het dus ‘n eed afgelê om elke oomblik wat

ek het ten volle te benut, en dis presies wat ek gedoen

het. As ek in die klas was, het ek my beste gelewer. As

ek met my vriende gesosialiseer het, het ek dit terdeë

geniet. En natuurlik, as ek gestudeer het, het ek

heeltemal gefokus. Harde werk en toewyding tesame

met ‘n gebalanseerde lewenstyl het ‘n suksesvolle

matriekjaar verseker.

Ons is almal verskillend. My studiemetode mag nie

noodwendig vir ‘n ander persoon gepas wees nie. Ek

15

stel voor dat verskeie studiemetodes soos breinkaarte,

opsommings, die herskryf van notas en die vorming

van studiegroepe getoets moet word. Pas dán die

metode toe wat die beste vir jou sal werk.

Finale raad aan alle matrikulante? Eenvoudig –

ALLE clichés werk: luister na onderwysers, vra vir

huiswerk, volhard, glo in jouself, bly positief, studeer

flink en werk konsekwent. Jy het dit seker al ‘n

honderd keer gehoor, maar daar’s ‘n rede waarom dit

so dikwels herhaal word. Indien korrek uitgevoer,

vind wonderwerke plaas. Om ‘n visie vir jouself te hê,

is ook belangrik; so stel vroeg in die jaar doelwitte.

Op hierdie manier het jy ‘n vertrekpunt wat jou

dryfkrag moet wees om groter dinge te bereik. As

jy weet waarna jy mik, sal jy minder tyd spandeer

om paniekbevange te raak. Doelwitbereiking is

iets wat niemand van jou kan wegneem nie en met

volharding, harde werk en opoffering kan enige

teenspoed oorkom word.

Laastens, geniet matriek! Myne was definitief die

prettigste, stresvolste, mees selfvervullende, dog

lonendste ervaring van my lewe. Jy kry slegs EEN

kans om dit te ervaar (as alles volgens plan verloop).

Koester elke oomblik, want voor jy jou kom kry, is dit

verby.

Tasneem Amra

My naam is Tasneem Amra

en ek het in 2010 aan Hoër

Meisieskool Rustenburg in

Kaapstad gematrikuleer. Ek

studeer tans medisyne aan

die Universiteit van Kaapstad

en is dankbaar dat ek

danksy my uitslae vir hierdie

kompeterende studieveld

aanvaar is.

Aan die begin van jou matriekjaar is dit goed om te

weet wat jou aspirasies vir jou studies in die volgende

jaar is. Jy het dus ‘n doel waartoe jy werk en dra kennis

van die toelatingsvereistes vir studie aan jou gekose

tersiêre inrigting.

Alhoewel dit soos ‘n cliché mag klink, is die

sleutel tot sukses definitief balans, organisering

en vooruitbeplanning. Ek het matriek “as net nog

‘n ander skooljaar“ beskou. Deur nie ekstra druk

op myself te plaas nie, was ek in staat om kalm en

gefokus te bly. Hierdie benadering mag nie vir almal

werk nie. So dis belangrik om te identifiseer waarmee

jy gemaklik voel en daarby te bly. ‘n Mens moet ook

in die klas aandag skenk en op datum met huiswerk

wees. – dit sal jou toelaat om deur die loop van die

jaar op hoogte van dinge te wees.

Dit is belangrik om vlytig in jou studies te wees en

nie net die vakke waarvan jy hou te studeer nie. (Ek

moet erken dat ek nogal hiermee gesukkel het). Jy

sal uitvind dat deur konsekwent te wees soos jy vir

klastoetse, die Junie-eksamen, die voorbereidende

eksamen en die finale eksamen studeer, jy meer

vertroud met inhoude raak en hersiening word dus

baie makliker.

Dis uiters belangrik om ‘n sterk

ondersteuningstruktuur vir hierdie jaar te hê. Jou

vriende ervaar gewoonlik dieselfde angs as jy, so

praat met hulle daaroor en jy sal besef dat jy “nie

alleen is nie”. Maak gebruik van die ekstra lesse

wat die skool aanbied en vra onderwysers vir hulp

betreffende enige probleemareas. – hulle het

duidelik ‘n magdom kennis. ‘n Ondersteunende

gesin is van onskatbare waarde en dit is waar ek

my ouers vir hulle aanmoediging, motivering en

onvoorwaardelike liefde moet bedank. As jy gelowig

is, is dit gerusstellend om te weet dat jy jou geloof en

die Almagtige het om jou heen te wend, ongeag die

situasie.

Ek het ook voldoende tyd benut om my verskeie

leierskaps- en kulturele rolle op skool te vervul,

gemeenskapswerk te doen, gereeld met vriende te

sosialiseer, vakansies met my gesin te hou en die

belangrikste – die 2010 Sokkerwêreldbekertoernooi

op tuisgrond te geniet! Dit het my toegelaat om ‘n

afgeronde en genotvolle jaar te ervaar.

Laastens, matriek is jou jaar van herinneringe en

ek kan met alle oortuiging sê dat dit my beste jaar

op skool was. Vanaf die begin, tot die genot van

gedeelde ervaringe met klasmaats en vriende – wat

die matriekafskeid ingesluit het – tot ‘n betraande

afskeidsgeleentheid en oplaas die toesighouer wat

sê: “Sit asseblief julle penne neer” tydens die skryf

van die finale eksamen. Dit is die herinneringe wat

jy vir ewig sal koester. Moenie bang wees om hard

te werk nie, gedy op die uitdaging saam met alle

matrikulante, laat elke dag tel, en laastens: sterkte met

die vervulling van jou grootste drome.

Die enigste simpel

vraag is ‘n vraag

wat jy nie vra nie.

(Paul MacCready,

vertaal)

16

Asavela Rawe

Niks in die lewe word

maklik bereik nie. In die

meeste gevalle sal jy

ontdek dat niemand vir

jou sal sê iets is maklik

nie, behalwe as hulle nie

wil hë jy moet sukses

behaal nie. Ek het dit iin

my matriekjaar besef.

Ek het eers gedink dat die jaar soos ‘n egaligvloeiende

stroom gaan wees, aangesien ek vanaf

Graad 10 die topleerder in ons skool was. Glo my,

ouens, niks het gevloei nie. Die werk was te veel en

die enigste manier waarop ek kop bo water kon hou,

was deur te beplan en deur geen werk tot later te laat

oorstaan nie.

Harde werk was nie al wat ek nodig gehad het nie.

Ek het ook die samewerking van mede-leerders nodig

gehad. Ek het my vrye tyd gebruik om hulle te help

wanneer my onderwysers my gevra het. Ek het dit

gedoen, want selfs al kan jy iets perfek doen, sal jy

soms iemand anders se hulp nodig kry. Daarom het

ek ander mense in die skool gerespekteer alhoewel ek

die toppresteerder was.

Die enigste manier waarop ek kon hersien, was

om my klasmaats in November met die werk te help.

Daarom is dit belangrik om ander te respekteer,

selfs al vaar jy beter as hulle. Ek het onderskeidings

in al sewe my vakke behaal. Dit was moeilik. Die

moeilikste was nie die vakinhoude nie, maar die

besluite wat ek moes neem. Daarvoor moet nie net

ek nie, maar ook my skool, Masibambisane Sekondêr,

alle krediet kry.

Ek het Wiskunde Vraestel 2 geskryf terwyl ek siek

was, maar het nog steeds 97% behaal. As ek dit kon

regkry terwyl ek siek was, beteken dit niks jou kan

verhoed om selfs beter te vaar nie. Ek het 97% behaal

in Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en

Wiskunde, 93% vir Geografie, 80% vir Engels, 82%

vir isiXhosa en 87% vir Lewensoriëntering. Geeneen

van hierdie uitslae is moontlik as jy nie ernstig oor jou

studies is nie.

As jy gaan probeer om my prestasie te oortref, kan

jy seker wees dat jy goeie uitslae sal behaal. Onthou

net die formule y = mx+c wat beteken dat y afhanklik

is van x. Hoe groter x, die opoffering, is, hoe groter

sal y, die prestasie, wees.

Alles van die beste.

Die ondervermelde leerders het almal die

Telematiese programme bygewoon en

onderhoude is na die bekendmaking van die

uitslae met hulle gevoer.

Lukhanyo

Rintsana EN

Bulumko Xoli

By Sekondêre Skool

Manzomthombo in

Mfuleni, het twee

leerders, Lukhanyo

Rintsana en Bulumko

Xoli A-simbole vir

Lewensoriëntering

en Lewenswetenskappe behaal. Lukhanyo het ook

A-simbole vir onderskeidelik Wiskunde en Fisiese

Wetenskappe behaal. Die Lewenswetenskappeonderwyser

het hulle aangemoedig om “hulle passie

te vind, om skoolgaan te geniet en in hulsef te glo.”

Lukhanyo gaan by UWK in die Aptekerswese

studeer en beoog om vetsug in sy gemeenskap uit te

skakel, terwyl Bulumko Rekenaarstudies aan UK gaan

studeer.

Hulle het al die Telematiese klasse bygewoon en het

dit as “verfrissend” ervaar aangesien hulle agteroor

kon sit, ontspan en alles absorbeer. Sondae moes

hulle van die kerk na die Telematiese klasse haas en

het leerders van ander skole aangemoedig om hulle

te vergesel. Hierdie twee vriende het dit geniet om te

kompeteer en was beskikbaar om hulle portuurgroep

by te staan. Beter toegeruste wetenskaplaboratoria

is wat hulle in die toekoms vir ander leerders wil

voorsien.

Hulle wenke vir Graad 12:

Bly gemotiveerd.

Bestuur jou tyd effektief aangesien Graad 12 nie

moeilik is nie. Die volume werk is net baie.

Deeglike voorbereiding verhoed swak prestasie.

Hierdie leerders, soos so baie ander in die Wes-Kaap,

is regtig passievol oor opvoeding. Hulle hou van leer

en het onberispelike bywoningsrekords.

Iets lyk altyd

onmoontlik…

totdat dit gedoen

is. (Nelson

Mandela, vertaal)

17

Wade Rosant

en Mon-Cheri

Baatjies

Wade Rosant en

Mon-Cheri Baatjies

van Sekondêre Skool

Elsiesrivier het elk vier

A-simbole behaal.

Ongeag die feit dat

Wade weens ‘n gebrek aan persoonlike ruimte nie in

staat was om tuis te studeer nie, skryf hy sy A-simbole

in Fisiese Wetenskappe, Wiskunde en Afrikaans

Huistaal grootliks toe aan die Telematiese programme,

die motivering van onderwysers en die kerk. Hy

hou vol dat “die lewe baie moeilik is, maar deur

harde werk, vroegtydige voorbereiding en deeglike

beplanning kan meer leerlinge sukses behaal’.

Hy sê dat die Telematiese lesse hom nie slegs

gehelp het om vir die eksamen voor te berei nie,

maar dat hy ook die verduidelikings deur die

aanbieders in sy geheue opgeroep het, terwyl hy die

Rekeningkunde en Wiskunde-eksamens geskryf het.

Mon-Cheri het die meeste van die Telematiese

uitsendings bygewoon wat na-ure en op

Sondagmiddae by 120 skole in die Wes-Kaap uitgesaai

is. Sy het A-simbole in drie van die vier vakke behaal

waarvan sy die uitsendings bygewoon het, naamlik

Lewenswetenskappe, Afrikaans Huistaal en Engels

Eerste Addisionele Taal,. Sy skryf haar sukses aan ‘n

liefdevolle ma, die onderwysers en die prinsipaal toe.

Hulle wenke vir matrieks:

Berei vanaf dag 1 voor. Werk konsekwent –

verposings is vir NA die finale eksamen.

Moet nooit jou omstandighede die skuld gee

vir swak uitslae nie.

Harde werk is die enigste sleutel tot sukses en

reik uit na hulp ... dis ALTYD beskikbaar.

Doen altyd jou beste aangesien slegs jou

beste goed genoeg is. Moet nooit met

middelmatigheid tevrede wees nie.

BESTE WENSE AAN ALLE

MATRIEKLEERDERS!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!