Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za
Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za
Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
Berou en Bekering

Die Fondament

van die

Christelike Lewe

Die Doop

Teksverse uit 1953 Vertaling

Doping in die Heilige Gees

F.W.C. Neser M.Sc

1
Die Fondament van die Christelike Lewe

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

E-pos: ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

Webtuiste: www.israelmusthear.co.za

Kantoorure: Maandag tot Donderdag,

09h00-12h00

Drukker: Minit Print Pretoria Noord

Tel: (012) 565-5288

Fax: (012) 565-5289

E-pos info@minitprint.biz

Nuwe Druk 2006

ISBN 1-919933-62-X

2
Inhoud

Voorwoord.....................................................................................................4

Deel 1............................................................................................................5

Berou en Bekering. ...................................................................................5

Deel 2..........................................................................................................18

Die Doop. ................................................................................................18

Deel 3..........................................................................................................27

Die Doping in die Heilige Gees ...............................................................27

3
Voorwoord.

Die Bekering, Doop en Doping in die Heilige Gees is die Fondament van

die Christelike Lewe.

Ons Here Jesus het aan ons die gelykenis gegee van die twee huise, die

een op die rots gebou en die ander een op die sand.

Matthéüs 7:24-27;

24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom

sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots

gebou het.

25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde

het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval

nie, want sy fondament was op die rots.

26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie,

sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou

het.

27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde

het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy

val was groot.

Met enige huis is die fondament van die uiterste belang. Die huis kan so

mooi en goed gebou wees as ‘n mens maar kan, maar as dit nie op ‘n

stewige fondament gebou is nie, sal dit inmekaar stort wanneer die storms

kom.

Dit was ‘n voorstelling van die Christelike Lewe.

As dit nie gebou is op die basiese vereiste van ‘n waaragtige bekering, die

doop van gehoorsaamheid en bekering en die doping in die Heilige Gees

nie, sal dit nie bly staan nie.

En dit is wat ons vandag ongelukkig maar alte dikwels sien. Die

“Christene” het leeg en oppervlakkig geword. ‘n Mens kan skaars die

verskil tussen hulle en die wêreldling sien. Die gevolg is dat die

Christendom gladnie meer ‘n impak op die wêreld maak nie, en ander

vreemde gelowe begin oorneem.

F.W.C. Neser, M.Sc.

4
Deel 1

Berou en Bekering.

1. 1 Die belangrikheid van die onderwerp.

(a) Matthéüs 3:1-2;

1 IN daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn

van Judéa

2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele

het naby gekom.

Matthéüs 4:17;

Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want

die koninkryk van die hemele het naby gekom. .

Markus 6:12;

En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes

bekeer.

Handelinge 2:38;

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Stelling:

Die kern van die prediking van Johannes die Doper, Jesus, die Dissipels op

hulle eerste sendingreise en van Petrus op die Dag van Pinkster, was

“bekeer julle”.

(b) Handelinge 20:21;

terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het

op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.

En: Handelinge 26:20;

maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en

in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle

tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen

wat by die bekering pas.

Stelling:

Die hart en siel van Paulus se prediking aan Jood en Griek was bekering

tot God en geloof in Jesus Christus.

(c) Lukas 24:47;

en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word

aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.

5
Stelling:

Die hart van Jesus Christus se afskeidsbevel aan die twaalf was dat

“bekering en vergewing van sondes” aan al die nasies verkondig moes

word.

(d) 2 Petrus 3:9;

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag

nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige

moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Stelling:

Die Heer se grootste begeerte aangaande alle Israeliete is dat hulle tot

bekering sal kom.

(Die twee briewe van Petrus was aan Israeliete geskryf)

(e) Handelinge 17:30;

God het die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al

die mense oral dat hulle hul moet bekeer,

Stelling: God se bevel aan alle mense oral is, “bekeer”.

(f) Lukas 13:3,5;

3 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal

net so omkom.

5 dieselfde as vers 3

Stelling:

Die enigste weg van ontsnapping van verdoemenis vir enige mens, is

bekering.

Let wel: Die waarskuwing van al die Profete van die Ou Testament was

“bekeer”. Daar word baie beslis in die moderne prediking nie die klem op

bekering gelê wat die Bybel daaraan gee nie.

1. 2 Wat is Bekering?

(a) Wat is die taalkundige betekenis van die woorde wat gebruik word?

Die grondliggende gedagte van die Hebreeuse woord wat as “bekeer”

vertaal word in die Ou Testament, is om te hyg, te sug , te kreun, te

beklaag, te treur en om bedroef te wees oor jou handelswyse.

Die Griekse woord in die Nuwe Testament wat met die woord “bekeer”

vertaal word, beteken “om jou gedagte te verander”. Die betekenis kan dus

opgesom word as beide berou en verandering van gedagte en uitkyk.

(b) Hoe hierdie woorde in die Bybel gebruik word.

Jeremia 8:6;

(In hierdie Skrifte word die woorde “repent” in die Engelse vertaling

gebruik).

6
Ek het geluister en gehoor: hulle spreek wat nie reg is nie; daar is

niemand wat berou het oor sy boosheid, dat hy sou sê: Wat het ek

gedoen nie? Elkeen spring weg in sy loop soos ‘n perd wat storm in

die geveg.

Jeremia 18:8;

maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul

boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om

hulle aan te doen.

Jeremia 42:10;

As julle rustig in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie,

en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat

Ek julle aangedoen het.

Eségiël 24:14;

Ek, die HERE, het dit gespreek; dit kom, en Ek sal dit doen; Ek sal

nie ophou nie en sal nie verskoon of berou hê nie; volgens jou

wandel en jou handelinge sal hulle jou oordeel, spreek die Here

HERE.

Joël 2:13-14;

13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die

HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en

groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ‘n seën sal

agterlaat - ‘n spysoffer en ‘n drankoffer aan die HERE julle God.

Amos 7:1-3;

1 DIT het die Here HERE my laat sien - kyk, Hy het sprinkane

geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die

na-gras nadat die snysels van die koning af was.

2 En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: Here

HERE, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? Want hy is klein.

3 Toe het die HERE berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur

nie, het die HERE gesê.

Amos 4:6;

Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en

broodsgebrek in al julle woonplekke - nogtans het julle jul tot My nie

bekeer nie, spreek die HERE.

Jona 3:9-10;

9 Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom

afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle

verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy

gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

7
Matthéüs 12:41;

Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie

geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van

Jona bekeer, en - meer as Jona is hier!

Jona 3:8-10;

8 maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet

ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg

bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.

9 Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom

sal afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle

verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy

gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie

In die gebruik van die woorde is die gedagte van berou, en van verandering

van doel en handeling duidelik verstaanbaar. In ons dae is daar groot

gevaar dat die belangrikheid van berou oor sonde onderskat word. Berou

oor sonde is nie bekering nie, maar dit is ‘n belangrike bestanddeel

daarvan. Die teksverband sal aandui waarvan ons, ons moet bekeer en

waaroor ons van gedagte moet verander. Bekering van sonde is so ‘n

berou daaroor en so ‘n afsku daarvan, en so ‘n verandering van hart

daaromtrent, dat dit die sondaar sal lei om heeltemal sy rug daarop te keer.

1. 3 Hoe word Bekering (berou) gemanifesteer?

(a) Lukas 10:13;

13 Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die

kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou

hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

Joël 2:12-13;

12 Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle

hele hart, en met vas en geween en rouklag.

13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die

HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en

groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

Job 42:5-6;

5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U

gesien.

6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

Stelling:

Bekering (berou oor sonde) word gemanifesteer in diepe droefheid oor

sonde en in selfvernedering en in selfveragting, volgens Lukas 18:13. Daar

word in hierdie dae nie genoeg nadruk op hierdie manifestasie van

bekering gelê nie.

8
(b) Hoséa 14:2-3;

2 Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur

jou ongeregtigheid.

3 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom:

Vergeef alle ongeregtighede, en neem aan wat goed is; dan sal

ons as offerdiere ons lippe aanbied.

En:

Lukas 18:13-14;

13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die

hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God,

wees my, sondaar, genadig!

14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis

gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself

verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal

verhoog word.

Stelling:

Bekering word gemanifesteer deur belydenis van ons sonde en gebed tot

God vir genade.

(c) Matthéüs 12:41;

Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie

geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van

Jona bekeer, en - meer as Jona is hier!

Vergelyk:

Jona 3:5-8;

5 En die manne van Ninevé het God geglo en ‘n vasdag uitgeroep,

en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.

6 En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan

van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die

as gaan sit.

7 En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy

groot manne - geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets

proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;

8 maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet

ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg

bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.

Eségiël 18:30;

Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy

weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al

julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot geregtigheid vir

julle mag wees nie.

Eségiël 14:6;

Daarom , sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE:

Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle

9
aangesig af van al julle gruwels.

Jesaja 55:7;

Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy

gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom

barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

Stelling:

Bekering word gemanifesteer deurdat die sondaar homself afkeer van sy

bose weg - van al sy oortredings, sy afgode, verfoeisels en gedagtes.

Hierdie is die belangrikste en mees beslissende manifestasie van bekering,

die een waarop die Bybel die meeste klem lê. Bekering het die betekenis

om, om te draai en in die teenoorgestelde rigting te beweeg. Waar jy voor

jou bekering saam met die sonde beweeg het, beweeg jy nou net in die

teenoorgestelde rigting daarvan.

Vergelyk:

Handelinge 3:19;

Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan

word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag

kom,

Bekering is die uiterlike manifestasie van die innerlike berou.

Vergelyk:

1 Thessalonicense 1:9;

Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle

gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om

die lewende en waaragtige God te dien.

(d) Handelinge 26:20;

maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en

in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle

tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen

wat by die bekering pas.

1 Samuel 7:3;

Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê:

As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan

die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op

die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van

die Filistyne.

Matthéüs 3:8;

Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

Stelling:

Bekering word gemanifesteer deur:

(1) Deur jou tot God te keer en Hom te vertrou en te dien. Bekering het

twee kante: Om weg te draai van, en te draai na, lees weer 1 Thess.

1:9 by (c)

10
(2) Deur vrugte voort te bring, of om werke te doen, wat by die bekering

pas. Dit is nie net ‘n kwessie van om op te hou om kwaad te doen nie,

maar dit is om te begin om goed te doen.

Lukas 3:10-14;

10 En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons doen?

11 En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet

meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet

dieselfde doen.

12 En die tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom

gesê: Meester, wat moet ons doen?

13 En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle

voorgeskrywe is nie.

14 En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons

doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of

iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.

(e) Markus 1:4;

Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en

die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.

Handelinge 2:38;

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Handelinge 13:24;

nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die

hele volk van Israel verkondig het.

Stelling:

Na jy bekeer is moet jy jouself laat doop. Dit is God se bestemde en hoogs

betekenisvolle weg waardeur ons in die openbaar ons bekering bely.

Watter reg het ons om enige ander weg in die plek daarvan te stel?

1. 4 Die uitwerking van Bekering.

(a) Lukas 15:7,10;

7 Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor

een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege-en-negentig

regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

10 So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor

een sondaar wat hom bekeer.

Stelling:

Daar is blydskap in die hemel, voor die Engele van God, oor een sondaar

wat hom bekeer. Dit is juis die hoof resultaat van bekering. Ons behoort

meer te werk vir die bekering van sondaars omdat dit blydskap aan God en

aan Christus gee, as vir die seën wat die mens daaruit ontvang.

11
Vergelyk:

Lukas 10:19-20;

19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap,

en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen

nie.

20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle

onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die

hemele opgeskrywe is.

(b) Jesaja 55:7;

Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy

gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom

barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

Lukas 24:47;

en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word

aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.

Markus 1:4;

Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en

die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.

Handelinge 2:38;

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Handelinge 3:19;

Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan

word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag

kom,

Stelling:

Die resultaat van bekering is dat God menigvuldiglik vergewe en die

sondes uitwis en daar nooit meer aan dink nie. Hierdie vergifnis is in die

Naam van Jesus Christus, dit is op die grond van sy werk. Bekering is die

voorwaarde waarop die vergifnis wat vir ons deur die dood van Jesus

Christus verwerf is, ons eie gemaak word.

(c) Handelinge 2:38;

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Stelling:

Bekering is een van die hoof vereistes vir die ontvangs van die gawe van

die Heilige Gees. Die gawe van die Heilige Gees is vir al diegene wat

hulself bekeer en gedoop is in die Naam van Jesus Christus tot vergewing

van sondes. Dit is vir hulle om dit te “neem” (die juiste betekenis van die

12
woord is om te “ontvang”).

(d) Handelinge 3:19-21;

19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan

word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag

kom,

20 en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik

Jesus Christus,

21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die

wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek

het deur die mond van al sy heilige profete.

Stelling:

Die bekering van God se Volk sal uitloop op tye van verkwikking van die

aangesig van die Here, en die stuur van die Messias.

1. 5 Hoe word Bekering teweeggebring?

(a) Handelinge 11:18;

En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê:

So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe

geskenk.

Stelling:

Bekering tot die lewe is die gawe van God.

(b) Handelinge 5:30-31;

30 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring

het deur Hom aan ‘n kruishout te hang.

31 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand

verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.

Vergelyk ook Handelinge 3:26;

God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle

gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

Stelling:

Jesus, eers gekruisig maar nou verheerlik, skenk bekering.

(c) Handelinge 2:37-38,41;

37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus

en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?

38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en

daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.

13
Uit die voorafgaande verse sien ons dat wat hulle gehoor het was die

Woord van God gepreek deur manne vervuld met die Heilige Gees.

Stelling:

Bekering word teweeggebring deur die prediking van die Woord deur

manne vervuld met die Heilige Gees.

Vergelyk:

1 Thessalonicense 1:5-6, 9-10;

5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie,

maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid,

soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees

het.

6 En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat

julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap

van die Heilige Gees,

9 Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle

gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om

die lewende en waaragtige God te dien

10 en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek

het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.

Stelling:

Die Woord van God is die middel wat gebruik word vir die toebedelings van

die gawe van bekering.

(d) Jona 3:5-10;

5 En die manne van Ninevé het God geglo en ‘n vasdag uitgeroep,

en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.

6 En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan

van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die

as gaan sit.

7 En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy

groot manne - geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets

proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;

8 maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet

ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg

bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.

9 Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom

sal afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle

verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy

gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

Stelling:

Bekering volg wanneer mense God se Woord glo.

14
(e) Romeine 2:4;

Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en

verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die

goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

Stelling:

Die goedheid van God lei mense tot bekering.

Vergelyk:

Lukas 6:35;

Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om

iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal

kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor

die ondankbares en slegtes.

Efésiërs 4:32;

Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef

mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

1 Petrus 2:3;

as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.

Dit is die goedertierenheid, geduld en lankmoedigheid van God wat mense

tot berou en bekering bring.

Vergelyk ook: 2 Petrus 3:9;

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag

nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige

moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

(f) Openbaring 3:19;

Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en

bekeer jou.

Hebreërs 12:6,10-11;

6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat

Hy aanneem.

10 Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig;

maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.

11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap

is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug

van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Stelling:

Bekering word bewerkstellig deur God se liefdevolle teregwysing en

bestrawwing, en kastyding.

Vergelyk:

Psalm 119:67;

Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u

woord.

15
(g) 2 Timótheüs 2:24-25;

24 en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik

wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad

kan verdra.

25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God

hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid

nie,

Stelling:

Bekering word bewerkstellig deur die liefdevolle en sagmoedige

teregwysing van die dienskneg van God.

(h) 2 Korinthiërs 7:8-11;

8 Want, al het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie

jammer nie, al was ek ook jammer. Want ek sien dat hierdie brief,

al was dit vir ‘n kort tydjie, julle bedroef gemaak het.

9 Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle

bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil

van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.

10 Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike

bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die

dood.

11 Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van

God -- wat ‘n groter ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording,

verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het

julle bewys dat julle in die saak rein is.

Stelling:

Goddelike droefheid bewerk berou en bekering.

(i) Job 42:5-6;

5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U

gesien.

6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

Stelling:

‘n Visioen van God bewerk bekering.

Vergelyk:

Jesaja 6:1-5;

1 IN die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op ‘n hoë

en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.

2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee

het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en

met twee het hy gevlieg.

3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is

16
die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid

vol!

4 En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en

die huis het vol rook geword.

5 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein

van lippe en woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë

het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!

Daar is niks wat meer bereken is om ‘n mens te beïndruk met die

aakligheid van sonde nie, en om homself te verafsku as sondaar nie, as om

‘n werklike gesig van God te kry nie. Indien ons dus iemand tot bekering

wil laat kom, laat ons so ‘n persoon van aangesig tot aangesig met God

bring. Dit kan gedoen word deur God aan hulle te wys soos Hy Homself

aan ons in sy woord openbaar het. Maar dit moet in die Krag van die

Heilige Gees gedoen word.

Vrae oor Berou en Bekering:

1) Wat was die kern van die prediking van Jesus, Johannes die Doper en

van Jesus se dissipels? Kwoteer een teks met sy verwysing oor die

belangrikheid van bekering.

2) Wat is Bekering? Kwoteer een teks met sy verwysing om dit te illustreer.

3) Hoe word bekering gemanifesteer? Gee een teks.

4) Die resultate van bekering. Gee een, en ‘n teks.

5) Hoe word bekering bewerkstellig? Gee een teks.

17
Deel 2

Die Doop.

Die woord doop beteken om in te dompel, toe te maak onder.

In die Bybel word die woord doop van die Griekse woord “baptizo” vertaal,

wat indompel of onderdompel beteken soos enige Griek wat sy taal ken jou

sal sê.

2. 1 Is die Doop in Water op die Skrif gebaseer?

Ja, seker!

Sien: Markus 1:4,9;

4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en

die doop van bekering tot vergifnis van sonde te verkondig.

9 EN in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is

deur Johannes in die Jordaan gedoop.

Handelinge 2:38;

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Handelinge 8:12;

Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die

koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het,

is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

Handelinge 8:37-39;

37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy

antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.

38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die

water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.

39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here

Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer

gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.

Johannes 4:1-2;

1 TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus

meer dissipels maak en doop as Johannes -

2 alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels -

Matthéüs 28:19;

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in

die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer

hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Markus 16:15-16;

15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die

evangelie aan die ganse mensdom.

18
16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo

nie, sal veroordeel word.

Matthéüs 3:16;

En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim,

en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees

van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.

2. 2 Wie mag gedoop word?

Sien hierbo: Markus 16:16, Hand. 2:38, Hand. 8:12, 37.

Lees ook Hand. 18:8.

En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in

die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hoor,

gelowig geword en is gedoop.

Ons sien dat alleen diegene wat hulleself van hul sonde bekeer en die

Evangelie van ons Here Jesus geglo het, gedoop mag word. ‘n Mens moet

oud genoeg wees om te verstaan en weet wat jy doen. Bekering behels

ook restitusie, belydenis en die versaking van die sonde.

Vergelyk die volgende teksverse:

Luk. 12:2-3; Hand. 19:18; Spr. 28:13; Jes. 55:7; Lev. 5:5; Matt. 5:23-24;

Jak. 5:16; Núm. 21:7; Núm. 5:7; 2 Sam. 12:13; Josua 7:19-21; Mark. 1:5;

Luk. 19:8.

Lukas 12:2-3;

2 En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en

verborge wat nie bekend sal word nie.

3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor

word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op

die dakke verkondig word.

Handelinge 19:18;

En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen

en hulle dade bekend gemaak;

Spreuke 28:13;

Hy wat sy oortreding bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy

wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Jesaja 55:7;

Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy

gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom

barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

Levítikus 5:5;

as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar

hy teen gesondig het,

19
Matthéüs 5:23-24;

23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou

broeder iets teen jou het,

24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met

jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Jakobus 5:16;

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond

kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Númeri 21:7;

En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat

ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE dat

Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.

Númeri 5:7;

dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet

hy wat skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan

byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig

gemaak het.

2 Samuel 12:13;

En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan

sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie

sterf nie.

Josua 7:19-21;

19 Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog die HERE, die God van

Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy

gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.

20 Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het gesondig

teen die HERE, die God van Israel, en so en so het ek gedoen.

21 Ek het naamlik een mooi mantel uit Sínear by die buitgoed gesien

en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels

in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit

begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer daaronder.

Markus 1:5;

En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het

uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die

Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.

Lukas 19:8;

Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die

helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek iets van iemand

afgepers het, gee ek dit vierduddel terug.

2. 3 Hoe moet die Doop in water bedien word?

Moet dit Kerk Tradisies volg of volgens die Woord van God geskied?

Sien: Markus 7:13, Johannes 12:48, Handelinge 4:4-21.

20
Markus 7:13;

So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle

oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde

aard doen julle baie.

Johannes 12:48;

Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom

oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die

laaste dag.

Handelinge 4:4-21;

4 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal

van die manne het omtrent vyfduisend geword.

5 Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en

skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,

6 ook Annas, die hoëpriester, en Kájafas en Johannes en Alexander

en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;

7 en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en

deur watter naam het julle dit gedoen?

8 Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle:

Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,

9 as ons vandag ondervra word oor ‘n weldaad aan ‘n siek man,

waardeur hy gesond geword het,

10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel

dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle

gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur

Hom hierdie man gesond voor julle staan.

11 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n

hoeksteen geword het.

12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen

ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is,

waardeur ons gered moet word nie.

13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en

verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was

hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

14 En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon

hulle niks daarteen sê nie.

15 Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met

mekaar beraadslaag

16 en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar ‘n

kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die

inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.

17 Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons

hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek

nie.

21
18 En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie

in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.

19 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor

God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self

beslis;

20 want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien

en gehoor het nie.

21 En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle

geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die

volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur

het.

2. 4 Mag kinders gedoop word?

Jesus het gesê: “hy wat glo”

Markus 16:16;

Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo

nie, sal veroordeel word.

Handelinge 2:41;

Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en

daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.

“Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het is gedoop”.

Dit kan ‘n suigeling nie doen nie.

Handelinge 8:12;

Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die

koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het,

is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

Filippus het bekeerlinge in Samaría gedoop.

Handelinge 2:32;

Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.

Handelinge 2:38;

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Suigelinge het geen sondes om hulle van te bekeer nie, en kan ook in elk

geval nie sondig nie.

Handelinge 8:37;

Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy

antwoord en sê: Ek glo dat Jesus die Seun van God is.

Filippus het aan die kamerling gevra of hy met sy hele hart glo.

Handelinge 18:8;

En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in

die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom

hoor, gelowig geword en is gedoop.

22
Crispus het met sy hele huis in die Here geglo.

Daar kon dus nie enige suigelinge in daardie huis gewees het nie.

Die Korinthiërs het eers gehoor, toe geglo en is toe gedoop.

Handelinge 16:33;

En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle

wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.

Handelinge 16:34;

Toe bring hy hulle in sy huis en sit ‘n maaltyd voor; en hy het hom

verheug met sy hele huisgesin dat hy tot die geloof in God gekom

het.

Die tronkbewaarder was bly met sy hele huis.

Daar kon ook dus nie suigelinge gewees het nie.

2. 5 Kan die Doop deur middel van Besprinkeling bedien word?

Johannes 3:23;

En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim,

omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is

gedoop.

Hulle het baie water nodig gehad.

Matthéüs 3:16;

En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim,

en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees

van God soos ‘n duif neerdaal en op hom kom.

Jesus het dadelik uit die water opgeklim.

Handelinge 8:38-39;

38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die

water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.

39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here

Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer

gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.

Filippus en die hofdienaar het altwee in die water afgeklim en toe weer uit

die water opgeklim.

Die woord DOOP is uit die Griekse woord “BAPTIZO” vertaal, wat beteken

onderdompeling.

2. 6 Die Doop beteken:

(a) Ons vereniging en vereenselwiging met Christus in sy dood en

opstanding.

Sien: Romeine 6:3-5;

3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in

sy dood gedoop is nie?

4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood,

23
sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die

heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid

aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;

En: Kolossense 2:12;

omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook

saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom

uit die dode opgewek het.

Dit is die een rede waarom die doop by wyse van enkelvoudige

onderdompeling alleenlik moet geskied, want Jesus het eenkeer gesterf

en is ook net eenkeer opgewek.

(b) Die afwassing van ons sonde deur die bloed van Jesus.

Handelinge 22:16;

En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes

afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

(c) Dit is ‘n getuienis van ons geloof in Jesus Christus.

Handelinge 8:12;

Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die

koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het,

is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

(d) Die antwoord van ‘n goeie gewete teenoor God.

Dit is ‘n belydenis van net soos die Ark Noag beskutting teen die eerste

oordeel was, so is die feit dat ek saam met Christus verborge in God is, -

(Kol. 3:3), my veilige hawe in die tweede oordeel sal wees, - (1 Petrus

3:18-22).

Kolossense 3:3;

Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus

verborge in God.

1 Petrus 3:18-22;

18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die

Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring - Hy wat

wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;

19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die

gevangenis,

20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God

eenmaal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed

gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

24
21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n

aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot

God om ‘n goeie gewete - deur die opstanding van Jesus Christus

22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God

is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

(e) My liefde tot Christus.

Johannes 14:15;

As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

(f) ‘n Belydenis teenoor die wêreld; en teenoor owerhede en magte, dat

net soos Christus Homself met my, ‘n sondaar, vereenselwig het toe Hy

gedoop is, ek nou met blydskap en diepe ootmoed en dankbaarheid myself

met Hom vereenselwig as my volkome, volmaakte en algenoegsame

Plaasvervanger.

Matthéüs 3:16;

En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgekom,

en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees

van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.

Wat die volgende bekende persone oor die doop gesê het:

John Wesley: Het onderdompeling beoefen voordat hy na Georgia

gegaan het, en terwyl hy daar was het hy nie net onderdompel nie, maar

die Heilige Avondmaal vir almal geweier wat nie “onderdompel was nie” -

Tyermans Oxford Methodists, Preface, p. VI.

“met Hom begrawe” - verwys na die oorspronklike wyse van doop deur

middel van onderdompeling. Notas oor Romeine 6:4.

Martin Luther: Ek sou wens dat almal wat gedoop moet word algeheel in

water onderdompel moet word, ooreenkomstig die betekenis van die woord

en die betekenis volheid van die Sakrament; nie omdat ek dit as nodig

beskou nie, maar omdat dit lieflik sal wees om so ‘n volmaakte teken van

so ‘n wonderlike iets te hê. Dit is soos dit sonder twyfel deur Christus

ingestel is: Werke, Uitgawe 1551, Vol. 2 B.76.

Johannes Calvyn: Dit is duidelik dat die term “doop” beteken om onder te

dompel, en dat dit op hierdie wyse in die primitiewe kerk gedoen is:

Institute, Boek IV, C.15,19.

Andrew Murray: Net soos ‘n mens in die water ingedompel word en

heeltemal daaronder ingaan, so word die belydende gelowige in die dood

van Christus ingedoop, om dan te lewe en te wandel met die nuwe lewe

van Christus beklee.

25
Die Doop was nie net ‘n belydenis van die kant van die mens van sy geloof

wat hy alreeds as ‘n dissipel besit nie, maar netso ook ‘n seël van God om

daardie geloof te bevestig, en ‘n verbondsteken waarin die ganse

skatkamer van genade oopgemaak word om geniet te word dwarsdeur die

lewe.

Die gelowige doop kandidaat word in die dood van Christus gedoop, en is

beklee met Christus: en die Heilige Gees is in hom om hom dit alles as

daaglikse belewing te skenk. My vertaling uit “The New Life” 1897 Ed. pp.

192-193.

Dr. E.W. Bullinger: Deur “doop” moet ons ‘n algehele indompeling

verstaan. Greek Lexicon and Concordance.

26
3. 1 Wie is die Heilige Gees?

Deel 3

Die Doping in die Heilige Gees

A) Die Heilige Gees is ‘n Persoon:

Die Heilige Gees is ‘n Persoon, en nie ‘n invloed wat van God uitgaan nie.

Ons moet Hom as sulks aanbid. Hy is nie ‘n “mag” of ‘n “invloed” wat ons

in ons swakheid in die hande moet kry en gebruik nie, dit is ‘n heidense

opvatting. Nee, Hy is ‘n Persoonlike Wese: Alwys, absoluut heilig en

oneindig teer en goed; Hy moet ons in besit kry en ons gebruik.

B) Persoonlike voornaamwoorde:

Persoonlike voornaamwoorde wat in verband met die Heilige Gees gebruik

word, bewys onteenseglik dat die Heilige Gees ‘n Persoon is.

Lees die volgende Skrifte:

Johannes 15:26;

maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal

stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir

julle gesê het.

Johannes 16:7-8,13-14;

7 Maar Ek sê vir julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek

weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle

kom nie, maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van

geregtigheid en van oordeel:

13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van waarheid, sal Hy julle

in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie,

maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge

aan julle verkondig.

14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My

behoort, en aan julle verkondig.

C) Eienskappe:

Die Eienskappe van ‘n Persoon word aan die Heilige Gees toegeskryf:

(a) Kennis:

1 Korinthiërs 2:10-11;

10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die

Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

11 Want wie van die mens weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees

van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is

nie, behalwe die Gees van God.

27
(b) Wil:

1 Korinthiërs 12:11;

Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen

afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

(c) Bedoeling:

Romeine 8:27;

En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoelinge van die

Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges

intree.

(d) Liefde:

Romeine 15:30;

Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en

by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry

vir my by God,

(e) Die Heilige Gees kan bedroef word:

Efésiërs 4:30;

En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël

is tot die dag van verlossing.

Baie eienskappe wat net ‘n persoon kan besit, word aan die Heilige Gees

toegeskryf.

D) Persoonlike Dade:

Persoonlike Dade word aan die Heilige Gees toegeskryf.

(a) Die Heilige Gees praat:

Openbaring 2:7;

Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die

lewe wat binne-in die paradys van God is.

(b) Die Heilige Gees roep:

Galásiërs 4:6;

En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle

harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

(c) Die Heilige Gees tree vir ons in:

Romeine 8:26;

En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet

nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met

onuitspreeklike sugtinge.

(d) Die Heilige Gees getuig:

Johannes 15:26;

Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal

stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy

van My getuig.

(e) Die Heilige Gees leer en lei in alle waarheid:

28
Johannes 14:26;

maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal

stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir

julle gesê het.

En: Johannes 16:12-14;

12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie

dra nie.

13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy

julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek

nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige

dinge aan julle verkondig.

14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My

behoort, en aan julle verkondig.

En: Nehemía 9:20;

En u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en u manna het

U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir

hulle dors.

(f) Die Heilige Gees roep mense in God se Diens en stel hulle in ampte

aan:

Handelinge 13:2;

En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die

Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir

die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

En: Handelinge 20:28;

Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige

Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente

van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

Dus: Baie handelinge wat alleen ‘n persoon kan uitvoer, word aan die

Heilige Gees toegeskryf.

E) Ons Trooster:

Die Heilige Gees het gekom as ons Trooster om die plek in te neem van

ons Here Jesus in sy afwesigheid - - - - -

Johannes 14:16-17;

16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om

by julle te bly tot in ewigheid:

17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie,

omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom,

omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Ons Here Jesus sou nooit hierdie woorde gebruik het as die Heilige Gees

net ‘n onpersoonlike invloed of krag was nie. Die Heilige Gees as Trooster

is ‘n Persoon.

29
F) Alleen ‘n Persoon kan behandel word soos die Heilige Gees:

Soos in die volgende Skrifte:

(a) Daar was teen die Heilige Gees gerebelleer, en Hy is bedroef:

Jesaja 63:10;

Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige gees bedroef;

daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle

gestry.

b) Die Heilige Gees is gesmaad:

Hebreërs 10:29;

hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van

God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy

geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?

c) Daar was vir die Heilige Gees gelieg:

Handelinge 5:3;

Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om

vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te

hou?

d) Daar kan teen die Heilige Gees gelaster word:

Matthéüs 12:31-32;

31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense

vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie

vergewe word nie.

32 En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal

hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees,

dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die

toekomende nie.

Die Heilige Gees is dus ‘n Persoon.

Is Hy vir ons so werklik soos Jesus vir sy dissipels was?

Geniet ons die “gemeenskap of kameraadskap” van die Heilige Gees?

2 Korinthiërs 13:4;

Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van

God.

Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe

deur die krag van God.

3. 2 Die belofte van die Heilige Gees

(a) In die Ou Testament.

Vergelyk: Jesaja 28:11-12;

11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met

hierdie volk spreek,

12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die

vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister

nie.

30
Met: 1 Korinthiërs 14:21-22;

21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur

ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie

luister nie, sê die Here.

22 Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die

ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar

vir die gelowiges.

Vergelyk: Joël 2:28-29;

28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en

julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle

jongelinge gesigte sien.

29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié

dae my Gees uitgiet.

Met: Handelinge 2:16-18;

16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:

17 In die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle

vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle

jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van

my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

(b) In die Nuwe Testament.

Markus 16:17;

En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal

hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

Matthéüs 3:11;

Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom,

is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie.

Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

Lukas 3:16;

antwoord Johannes almal en sê: Ek doop wel met water, maar Hy

kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om

los te maak nie - Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met

vuur.

Johannes 14:16,17,26;

16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om

by julle te bly tot in ewigheid:

17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie,

omdat dit Hom nie sien nie en Hom nie ken nie; maar julle ken

Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

26 maar die Trooster, die Heilige gees, wat die Vader in my Naam sal

stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir

julle gesê het.

31
Johannes15:26-27;

26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal

stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy

van My getuig.

27 En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.

Johannes 16:7-13;

7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek

weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle

kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van

geregtigheid en van oordeel:

9 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;

10 en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie

meer sal sien nie;

11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie

dra nie.

13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy

julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek

nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige

dinge aan julle verkondig.

Handelinge 1:4-5;

4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om

nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte

van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die

Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Lukas 24:49;

En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet

in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die

hoogte.

3. 3 Die Doper in die Heilige Gees.

Jesus self is die Doper in die Heilige Gees:

Matthéüs 3:11;

Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom,

is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie.

Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur

Lukas 3:16;

antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar

Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om

los te maak nie - Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met

vuur.

32
Johannes 1:33;

En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met

water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien

neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

Handelinge 2:33;

Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die

Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dit

uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

3. 4 Wat is die Doping in die Heilige Gees?

(a) Terme wat gebruik word vir Doping in die Heilige Gees.

Handelinge 1:5;

Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die

Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Handelinge 2:4;

En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek

in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Handelinge 10:44-45;

44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die

Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus

gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op

die heidene uitgestort is.

Handelinge 11:15-17;

15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos

ook op ons in die begin.

16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het:

Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige

Gees gedoop word.

17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat

in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God

kon verhinder het?

Handelinge 19:2-6;

2 en hulle het gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle

gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens

gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.

3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle

antwoord: Met die doop van Johannes.

4 Daarop sê Paulus; Johannes het met die doop van bekering

gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná

hom kom, dit is in Christus Jesus.

5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here

Jesus.

33
6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op

hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Lukas 24:49;

En kyk, Ek stuur die belofte van My Vader op julle. Maar julle moet

in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die

hoogte.

Gevolgtrekking:

Die volgende terme word dus gebruik in verband met die Doping in die

Heilige Gees:

“Met die Heilige Gees gedoop word”

“Vervul met die Heilige Gees,”

“Heilige Gees op almal geval, uitgestort,”

“Op hulle gekom,” ,

“Toegerus met krag uit die hoogte.”

(b) Definitiewe ondervinding.

Die Doping in die Heilige Gees is ‘n definitiewe ondervinding waaromtrent

‘n mens kan en behoort te weet of hy dit ontvang het of nie.

Volgens: Handelinge 19:2;

en hulle het gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle

gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens

gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.

Handelinge 8:15-16;

15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees

mag ontvang,

16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle

was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

Galásiërs 3:2;

Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die

werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

(c) Werking van die Heilige Gees.

Die Doping in die Heilige Gees is ‘n werking van die Heilige Gees wat

afsonderlik is van die wederbarende werk van Hom; dit volg daarop en is

bykomstig.

Byvoorbeeld: Handelinge 1:5;

Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die

Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Hier was ‘n klompie wedergebore mense - - - - -

Volgens: Johannes 15:3;

Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

Johannes 13:10;

Jesus sê vir hom; Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om

34
die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar

nie almal nie.

- - - - - en tog het die Doping in die Heilige Gees vir hulle enkele dae in die

toekoms gewag.

Handelinge 8:12,15-16;

12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die

koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het,

is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

In hierdie gemeenskap van gedoopte gelowiges moes daar tog sekerlik

sommige wedergebore mense gewees het, en tog - - - - - ,

lees nou verse 15 en 16;

15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees

mag ontvang,

16 want Hy het toe nog op niemand geval nie, maar hulle was net

gedoop in die Naam van die Here Jesus.

- - - - - hulle was dus wedergebore, maar nie gedoop in die Heilige Gees

nie.

Ons sien dieselfde geval in Handelinge 19:1-2,6;

1 EN terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste

landstreke deurreis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige

dissipels gevind

2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig

geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat

daar ‘n Heilige Gees is nie.

6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op

hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

‘n Persoon kan dus wedergebore wees deur die Heilige Gees, en nog nie

gedoop wees in die Heilige Gees nie.

By die wedergeboorte is daar ‘n toediening van lewe, en die een wat dit

ontvang, word gered.

In die Doping in die Heilige Gees is daar ‘n aandoening met Krag

(bekleding) en die een wat dit ontvang is toegerus vir diens.

Elke ware gelowige het die Heilige Gees.

Sien: Romeine 8:9;

julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die

Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van

Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

En: 1 Korinthiërs 6:19;

Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees

wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself

behoort nie?

Maar nie elke gelowige het die Doping in die Heilige Gees nie, alhoewel

elke gelowige dit mag hê, soos ons sal sien.

35
Die Doping in die Heilige Gees mag onmiddellik na die wedergeboorte

ontvang word, soos byvoorbeeld in die huis van Cornelius.

In die normale, Christelike Kerk behoort elke gelowige die Doping in die

Heilige Gees te hê.

Maar die lering aangaande die Doping in die Heilige Gees is so

verwaarloos, dat die Kerk so min verwagting vir hierdie ondervinding by die

gelowiges opwek, dat ‘n groot gedeelte van die Kerk in die toestand is van

die Gemeentes van Samaría en Éfese, waar dit nodig was dat iemand na

hulle moes kom om hulle aandag te vestig op hulle voorregte in ‘n

Opgestane Here Jesus, en hulle moes aanspoor om dit vir hulself toe te

eien.

(d) Ondervinding en diens.

Die Doping in die Heilige Gees is ‘n ondervinding wat hoofsaaklik in

verband staan met diens.

Volgens: Handelinge 1:5,8;

5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die

Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,

en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele

Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Lukas 24:49;

En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet

in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die

hoogte.

Handelinge 9:17,20;

17 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande

opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik

Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het,

sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

20 EN hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die

Seun van God is.

Die Doping in die Heilige Gees is nie in die eerste instansie bedoel om

gelowiges gelukkig of heilig te maak nie, maar om hulle bruikbaar te

maak.

In elke gedeelte van die Skrif wat melding maak van die resultate van die

Doping in die Heilige Gees, staan hulle in verband met getuienis en diens.

Die Doping in die Heilige Gees het geen direkte verband met die reiniging

van sonde nie. Dit is meer vir die toerusting tot diens as vir die veredeling

van karakter.

36
Die stappe waarlangs ‘n mens egter normaalweg die Doping in die Heilige

Gees ontvang, en die Doping in die Heilige Gees self, is van so ‘n aard dat

dit God so ‘n werklikheid maak, dat dit in sigself ‘n groot morele

transformasie bewerkstellig. Maar die Doping in die Heilige Gees is nie in

sigself óf ‘n vernietiging van die ou vleeslike natuur nie, óf ‘n reiniging van

‘n vuil hart nie. Dit is die toebedelings van bonatuurlike kragte en of gawes

vir diens. Soms kan ‘n persoon selfs buitengewone gawes van die Gees

besit en min vrugte van die Heilige Gees.

Volgens: 1 Korinthiërs 13:1-3;

1 AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die

liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal

geword.

2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet

en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon

versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee

om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my

niks baat nie.

En: Matthéüs. 7:22-23;

22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u

Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam

baie kragte gedoen nie?

23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg

van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Dit is voorwaar die werk van die Heilige Gees om te reinig van sonde, en

om jou te bekragtig en te lei in ‘n lewe van oorwinning oor die wêreld, die

vlees en die Duiwel, maar dit is nie die Doping in die Heilige Gees nie. Dit

is egter meer fundamenteel en belangrik.

Jesus is die Doper met die Heilige Gees en met vuur.

Vuur louter, verteer, verlig, laat gloei, wek krag op en sprei.

Ons het die Heilige Vuur nodig, en die Heilige Wind om dit aan te blaas en

aan te dryf. Laat dit kom O Heer!

3. 5 Wat is die Teken van die Doping in die Heilige Gees?

(1) Die teken: - die spreek in vreemde tale.

Handelinge 2:1-4;

1 EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle

almal eendragtig bymekaar.

2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige

rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel

en op elkeen van hulle gaan sit.

37
4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in

ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hier is ongeveer I20 mense, manne en vroue, gedoop in die Heilige Gees

“en het begin spreek in ander tale soos die Heilige Gees aan hulle gegee

het om uit te spreek.”

Hierdie ondervinding was ‘n vervulling van die belofte van ons Here Jesus.

Handelinge1:4-5;

4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om

nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte

van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die

Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

(2) Heilige Gees uitgestort.

Handelinge 10:43-48.

43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo,

vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.

44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die

Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus

gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op

die heidene uitgestort is.

46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.

Toe het Petrus begin spreek:

47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos

ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

48 En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die

Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly.

Die Heidene wat saam met Cornelius vergader het, het ook “in ander tale

gespreek”, en hulle het die Heilige Gees ontvang net soos die 120 in

Handelinge 2:4.

Vergelyk:

Handelinge 11:1,14-18;

1 En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat

die heidene ook die woord van God aangeneem het.

14 hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal

word.

15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos

ook op ons in die begin.

16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het:

Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilig Gees

gedoop word.

38
17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat

in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God

kon verhinder ?

18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê:

So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe

geskenk.

(3) Glo en het Heilige Gees ontvang en in ander tale gespreek.

Handelinge 19:1-7;

1 EN terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste

landstreke deur gereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige

dissipels gevind

2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig

geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat

daar ‘n Heilige Gees is nie.

3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle

antwoord: Met die doop van Johannes.

4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering

gedoop, en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat na

hom kom, dit is in Christus Jesus.

5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here

Jesus.

6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op

hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.

Hierdie gelowiges van Éfese het ook die Doping in die Heilige Gees

ontvang en in ander tale gespreek.

(4) Spreek in ander tale.

Is die spreek in ander tale altyd die eerste teken van die Doping in die

Heilige Gees?

Ja! dit was so in Hand. 2:1-4; Hand. 10:43-48; Hand. 19:1-7.

Sien weer afdeling (1)

Let veral op hierdie stelling, naamlik:

“Dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is”.

“Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek” – (Hand. 10:45-46).

Dit is hoe hulle geweet het dat hierdie mense in die Heilige Gees gedoop

is.

Maar wat van Paulus se geval, in Handelinge 9 en die van die Samaritane

in Handelinge 8 waar geen melding van die “spreek in vreemde tale”

gemaak word nie?

Paulus se geval:

In Handelinge 9:17-18, sien ons dat Ananías na Saulus, (Paulus) gestuur

was, “sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.”

39
Uit vers 18 sien ons dat Paulus se gesig herstel is, maar niks word gesê

van Paulus se vervulling met die Heilige Gees, of dat hy in tale gespreek

het nie.

Paulus sê egter in:

1 Korinthiërs 14:18;

“Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal”.

Die geval van die Samaritane:

Hier in Handelinge 8:12-19, word daar niks van die spreek in tale vermeld

nie, maar dit word tog van Simon die Towenaar gesê dat: “En nadat Simon

gesien het - dat die Heilige Gees gegee is - het hy gesê: Gee my ook

hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan

ontvang!”

Dit was dus nie net ‘n innerlike ondervinding nie, maar daar moes ook ‘n

uiterlike manifestasie gewees het! Ongetwyfeld was die uiterlike

manifestasie dieselfde soos in die ander gevalle, “hulle het in ander tale

gespreek!”

(5) Met Heilige Gees vervul.

Alhoewel dit nie in alle gevalle genoem word nie, word dit tog in Handelinge

2:13 gesê dat hulle gelyk het soos dronk mense.

Vergelyk ook: Efésiërs 5:18;

Moenie dronk word van wyn nie - daarin is losbandigheid; maar

word met die Gees vervul.

En: Psalm 126:2;

Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het

hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie

mense gedoen.

En: 2 Korinthiërs 5:13;

Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons

verstand is, is dit om julle ontwil.

Die VAL van die Heilige Gees op ‘n nietige sterflike liggaam het dikwels so

‘n oorweldigende uitwerking dat die liggaam nie daarteen bestand is nie, en

die mens neergevel word teen die grond.

Volgens: Handelinge 2:13;

Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soet wyn.

Johannes 18:6;

Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is EK, het hulle agteruitgegaan en op

die grond geval.

Handelinge 9:3-4;

3 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n

lig van die hemel af;

4 en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul,

waarom vervolg jy My?

40
Daniël 10:7-10;

7 En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat

saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ‘n

groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.

8 Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen

krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my

verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.

9 En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid

van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my

aangesig op die aarde, geval.

10 En kyk, ‘n hand het my aangeraak en my op my knieë en op my

handpalms waggelend laat opstaan.

Openbaring 1:17;

En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het

sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is

die eerste en die laaste

(6) Vyf Nuwe Testamentiese Redes waarom ons in Tale moet spreek:

(a) Om die Bediening van die Gelowiges te bevestig:

Markus 16:17, 20;

17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal

hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het

saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop

gevolg het, Amen.

En: Handelinge 2:4-6;

4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in

ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit

elke nasie wat onder die hemel is.

6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was

in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;

(b) Om God te verheerlik:

Handelinge 10:45-46;

45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus

gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op

die heidene uitgestort is.

46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.

Toe het Petrus begin spreek:

(c) Om die Gelowige te stig:

1 Korinthiërs 14:2,4;

2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot

41
God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy

verborgenhede.

4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer stig

die gemeente.

(d) Om die Gemeente te stig:

1 Korinthiërs 14:5;

Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle

profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek,

of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

(e) ‘n Teken aan ongelowiges:

1 Korinthiërs 14:22;

Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die

ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar

vir die gelowiges.

3. 6 Hoe word die Heilige Gees ontvang?

(1) Deur eendragtig te volhard in die gebed:

Vergelyk:

Handelinge 1:14;

Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met

‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.

Met: Handelinge 2:1;

EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle

almal eendragtig bymekaar.

Dit moet ook insluit om God te prys en te dank,

Lukas 24:53;

En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank.

Amen.

(2) Deur die oplegging van hande:

Handelinge 8:15-17;

15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees

mag ontvang,

16 want Hy het toe nog nie op niemand van hulle geval nie, maar hulle

was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees

ontvang.

Handelinge 9:17;

En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande

opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik

Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het,

42
sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

Handelinge 19:6;

En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op

hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

(3) Deur die prediking van die Woord en deur Geloof:

Handelinge 10:34-46;

34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God

geen aannemer van die persoon is nie,

35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid

doen, Hom welgevallig is.

36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe

Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus - Hy

is die Here van almal.

37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van

Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,

38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met

die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed

gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was,

omdat God met Hom was.

39 En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land

en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n

kruishout op te hang.

40 Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou

verskyn

41 nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God

vantevore verkies is, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink

het nadat Hy uit die dode opgestaan het.

42 En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met

krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van

lewende en dode.

43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo,

vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.

44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die

Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus

gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook

op die heidene uitgestort is.

46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.

Toe het Petrus begin spreek:

Galásiërs 3:2-5,14;

2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die

werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

43
3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig

julle nou met die vlees?

4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!

5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen

Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus

Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan

ontvang.

3. 7 Voorwaardes vir die Doping in die Heilige Gees:

(1) Bekering en Geloof:

Handelinge 2:38;

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop

word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en

julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Handelinge10:44;

En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die

Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

Vergelyk met Handelinge 15:8-9;

8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan

hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

9 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie,

aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.

Galásiërs 3:2;

Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die

werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

Die grondliggende voorwaardes waarop die Doping in die Heilige Gees

geskied is:

Bekering, Geloof in Jesus Christus as u algenoegsame Saligmaker (sonder

die werke van die Wet) en om gedoop te word in die Naam van Jesus

Christus tot vergiffenis van u sondes.

(2) Kennis dat daar so ‘n ondervinding is:

Handelinge 19:2, 6;

2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig

geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat

daar ‘n Heilige Gees is nie.

6 En Petrus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op

hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Vir diegene wat in die Here Jesus glo is dit soms nodig dat hulle weet dat

daar so ‘n ondervinding is, en dat dit vir hulle bedoel is, indien hulle dit

proefondervindelik wil ondervind.

44
(3) Gehoorsaamheid:

Handelinge 5:32;

En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat

God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

Die Here gee die Heilige Gees aan diegene wat hom gehoorsaam is.

Gehoorsaamheid beteken algehele oorgawe. Dit word eintlik deur

waaragtige bekering en geloof in Jesus Christus behels. Dit is een van die

aller noodsaaklikste vereistes om hierdie seën deelagtig te word. Dit is op

hierdie punt waar duisende vandag kortskiet.

(4) Die wat geglo het en gedoop is in water:

Handelinge 8:14-16;

14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van

God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle

gestuur.

15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees

mag ontvang,

16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle

was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

Die Doping in die Heilige Gees word aan diegene geskenk wat alreeds in

die Here Jesus Christus geglo het, gedoop is in water (v. 12), in antwoord

op gebed, met die Oplegging van Hande.

Daar kan egter soms baie gebid word en ernstig, en nog kom die Heilige

Gees nie want daar is geen geloof nie.

Sien: Jakobus 1:6-7;

6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat

twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en

voortgesweep word.

7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang

nie –

Die geloof wat dit ontvang, net soos enige ander seën, is die geloof wat dit

toeëien en aanneem as alreeds ontvang.

Sien: Markus 11:24;

Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle

dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

En: 1 Johannes 5:14-15;

14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons

verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook

al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

45
3. 8 Daar is nege Gawes van die Heilige Gees.

1 Korinthiërs 12:1-11;

1 EN wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle

onkundig moet wees nie.

2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode

net soos julle ook al gelei is.

3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van

God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat

Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde

Gees;

5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde

Here;

6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God

wat alles in almal werk.

7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die

oog op wat nuttig is.

8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid

gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde

Gees;

9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander

genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale.

11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen

afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Die nege gawes van die Heilige Gees

Tale,

Uitleg van Tale, Spreekgawes

Profesie.

Onderskeiding van Geeste,

Woord van Kennis, Openbaringsgawes

Woord van Wysheid.

Werking van Kragte,

Genesing van Siekes, Kraggawes

Geloof.

46
3. 9 Daar is nege Vrugte van die Heilige Gees.

Galásiërs 5:22;

22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede,

lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,

sagmoedigheid, selfbeheersing.

Liefde,

Blydskap, Innerlik vrug

Vrede.

Lankmoedigheid,

Vriendelikheid, Uitleef na medemens

Goedheid.

Getrouheid,

Sagmoedigheid, Uitleef teenoor God

Selfbeheersing.

3.10 Daar is vyf Bedieningsgawes.

Ingestel deur Jesus Christus, wat deur die Heilige Gees bewerk word in die

mens.

Efésiërs 4:11;

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as

evangeliste, ander as herders en leraars,

Apostels,

Profete,

Evangeliste,

Herders,

en Leraars.

Die Gawes, Vrug en Bedieningsgawes word in drie afsonderlike

Studiegidse behandel.

“Die Gawes van die Heilige Gees”

“Die Vrug van die Heilige Gees”

“Die Bedieningsgawes van Jesus Christus”

As u meer wil weet omtrent die Heilige Gees lees gerus ook die Studiegids:

“Wat die Bybel ons leer aangaande die Heilige Gees”

Die Einde.

47
Iets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen

vanaf sy kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf

Génesis tot Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes.

siektes en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en

aan hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van

hierdie rampe sou wees nie; en ook dat Israel as God se Demonstrasie

Volk op aarde is. Dit was egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die

Jood of die Kerk is of kan wees nie. Mettertyd het hy tot sy groot blydskap

ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en Germaanse nasies inderdaad

die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n

ware wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus

die Christus as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome

harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra

moet word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het

F.W.C. Neser die onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL

KAN HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar by Ekklesia kantoor:

No Titel

1 Die Afrikaner -- ‘n Unieke Volk

2 Ander Evangelie

3 Segregasie -- Wat sê die Skrif?

4 Die Bedienings Gawes van Jesus Christus

5 Die Bybel is Waar

6 Christendom en Kommunisme

7 Die Boek van Daniël

8 Daniël se 70ste Week

9 Die Derde dag Opstanding van Christus

10 Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

13 Die Doop, in watter Naam (pamflet)

48
No Titel

14 Die Duiwel

15 Engele

16 Die Fondament van die Christelike Lewe

17 Die Gawes van die Heilige Gees

18 God se Groot Week

19 Goddelike Genesing

20 Die Profeet Hoséa

21 In die Oppersaal

22 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Die Israelwaarheid - TV Onderhoud

25 Die Boek van Jesaja

26 Jesus van Nasaret

27 Die Boek van Joël

28 Die Kerk van Rome en die Mens van Sonde

29 Krag van die dwaling

30 Die Kruis

31 Moses en sy “Kusitiese” Vrou

32 Mure van Jerusalem

33 Na die Dood – Wat Dan?

34 Die Name van God

35 Die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde

36 Die Boek van Openbaring

37 Die Openbaringe van die Apostel Paulus

38 Die Opraping

39 Die Brief aan die Romeine

40 Rusland in Profesie

41 Die Sabbat

42 Die Slang van Génesis 3

43 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

44 Tempel van God

45 Terwille van die Engele

46 Troos, troos my Volk sê julle God

49
No Titel

47 Die Twee Sade op Aarde.

48 Die Tyd van die Heiden

49 Verblinding van Sinne

50 Verdrukking Die Groot

51 Die Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1

52 Die Verlore Tien Stamme van Israel

53 Versterk mekaar in ‘n tyd soos hierdie

54 Die Vrug van die Heilige Gees

55 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

56 Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

57 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

58 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

59 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

60 Die Wederkoms van Christus

61 Wêreldgebeure

62 Die Wet van die Here

63 Wie is my Naaste?

64 Wie was Hulle?

Nuwe Byvoegings:

No Titel

65 Hoe sal ons ontvlug

66 Wat ek vrees kom oor my

67 Laat U wil geskied

68 Die Arsenale van God

69 Die kinders van God

70 Noag die Opregte

71 Ken U Vyand

72 Die Groot Opdrag

73 Die wonderlike wêreld van môre

74 Die volk en verootmoediging

75 Die Troon van Dawid

76 Die Huidige Wêreldstelsel

77 Galásiërs 3

50
No Titel

78 Uitlander en Vreemdeling/Griek of Jood

English books available

No Titel

1 After Death What Then?

2 Segregation – What saith the Scripture?

3 The Bible Predicts "Atomic War"

4 The Book of Joel

5 The Book of Revelation

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 The Great Tribulation

9 The Israel Truth T.V. Interview

10 The Lost Ten Tribes Of Israel Part 1

11 The Lost Ten Tribes of Israel

12 The New Heavens and the New Earth

13 The Origin, History and Destiny of the White Race

14 The Past the Present and the Future in the Light of Scripture

15 The Rapture

16 Russia in Prophecy

17 The Serpent of Genesis 3

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

New Additions:

No Titel

20 Sons of God

21 The Two Seeds Upon Earth

22 The Bible is True

23 Noah the Man without Blemish

24 Israel in the New Testament

25 Moses and his “Cushite” Wife

26 Unpublished Writings

51
27 The Wonderful World of Tomorrow

28 The Book of Isaiah

29 Who is Thy Neighbour

30 The Book of Romans

Naslaan Biblioteek: Boeke oor verskillende onderwerpe is beskikbaar

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

Webtuiste:

Besoek ook ons webtuiste: www.israelmusthear.co.za waar u bykans

1500 preke/leringe van Pastoor Neser en ± 100 Afr. en Eng. boeke wat

deur Pastoor Neser geskryf is, volledig kan aflaai. Hierdie diens is gratis.

E pos Adres: ekklesiekassetfonds.neser@gmail.com

Gebruik die adres om u bestelling van boeke/CD’s/of DVD’s te plaas of om

met ons in die kantoor kontak te maak.

52