Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
‘n Versameling heerlike, verleidelike, onweerstaanbare,

vetmakende, vermy-die-skaal, warm en koue poedings.

‘n Samestelling deur Anna Eksteen 0822946799

Kopiereg – Anna Eksteen. Nie bedoel vir gratis verspreiding.

Indien jy hierdie eBoek samestelling ontvang sonder om self daarvoor te betaal, kontak

asseblief my (Anna) by bogenoemde nommer vir koste hieraan verbonde.
INDEKS OPGAWE

AGT-LEPEL-POEDING 6

BESSIE-MERINGUE-TRIFLE 4

BLOOSPOEDING 9

DADEL EN GEMMERPOEDING 7

DROËVRUGTESLAAI MET SPESERYE 5

FLUWEELPOEDING 10

FRAMBOSE IN ROSÉ-VONKELWYN-JELLIE 11

GEBAKTE FRAMBOOS-VLA 4

GEBAKTE KAKAOPOEDING 8

GEURIGE KANEELRYSPOEDING 3

GOUESTROOP-EN-KANEELKLUITJIES 6

HANEPOOTPOEDING 7

HEUNING-EN-SULTANA-BROODPOEDING 10

KARAMELPOEDING 8

KARRINGMELK POEDING 3

KERSIE BRANDEWYN POEDING 6

KLASSIEKE SAGO-POEDING 3

KOEJAWEL-EN-KLAPPER-KRUMMELPOEDING 4

KONINGINPOEDING 4

LEMOENPOEDING 9

MA SE KAAPSE POEDING 12

OUTYDSE ASYNPOEDING 9

PANNEKOEK MET LEMOENSTROOP 5

PERSKEPOEDING 11

PIESANG EN KARAMEL POEDING 12

PYNAPPELPOEDING 9

ROMERIGE ROOIBOS-EN-PIESANGPOEDING 11

RYK, SOUSERIGE SJOKOLADEPOEDING 10

SJOKOLADE EN LIKEURPOEDING 3

SUURLEMOENSKUIMPOEDING 8

TELEFOONPOEDING 11

VANIELJERYSPOEDING MET APPELKOOS- COMPOTE 5

WINTERVRUGTE IN ROOIWYN 6

2
GEURIGE KANEELRYSPOEDING

60ml botter 30ml bruinsuiker

15ml kaneel 3 kardemomsade gekraak

750ml gaar witrys 100ml heuning

125g sagte droë appelkose, in kleiner stukkies gesny 175ml gewone jogurt

100g amandels, gerooster en fyn gekap kruisement blare vir garnering

Verhit die botter en roer die bruinsuiker, kaneel en kardemomsade by. Braai sowat 3 minute en roer

dan die rys by. Roerbraai tot die rys warm en oraloor bedek is met die botter en kaneelmengsel.

Skep twee groot eetlepels vol rys in ‘n mooi koppie of glad, skep dan ‘n bietjie heuning, ‘n bietjie

appelkose en ‘n groot skep jogurt oor. Herhaal die lae en sprinkel die amandels oor. Garneer met

die kruisementblare.

SJOKOLADE EN LIKEURPOEDING

5ml kakaopoeier 125ml kookwater

500g malvalekkers (verkieslik net wit) 500ml room, styf geklop

30ml romerige likeur 125ml gekapte neute

100g melksjokolade, gerasper

Los die kakao in die kookwater op en gooi dit in ‘n pot. Laat dit prut en gooi die malvalekkers

daarin. Roer deurentyd tot dit gesmelt het. Laat eenkant staan en roer deur. Vou die styfgeklopte

room by gesmelte malvalekkers. Voeg die likeur en neute by en roer deur. Skep in fyn, individuele

glasies en garneer met gerasperde sjokolade of malvalekkers. Bêre in die yskas tot dit gestol het.

Sit dit voor met room en enige vars vrugte van jou keuse.

KARRINGMELK POEDING

25ml botter 180ml witsuiker

2 eiergele 25ml koekmeel

‘n knippie sout 250ml melk

250ml karringmelk 2ml vanieljegeursel

2 eierwitte, styf geklits

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n diep, vierkantige bak van 24cm. Room die botter en in ‘n

groot mengbak tot dit lig is. Klits die eiergele een vir een by. Voeg die meel, sout, melk en

karringmelk om die beurt by die beslag en meng goed tussen elke byvoeging. Voeg die vanielje

geursel by en vou die styfgeklitste eierwitte in. Giet die mengsel in die voorbereide bak en bak 1 uur

tot goudbruin. Sit voor saam met bessies of aarbeie.

KLASSIEKE SAGO-POEDING

Die oorspronklike resep bevat altyd appelkooskonfyt, maar aarbeikonfyt is net so lekker daarby.

140g sago 750ml melk

100g suiker knippie sout

25ml botter 2 eiergele

50ml aarbeikonfyt 4 eierwitte

100g suiker

Verhit oond tot 180C. Gooi sago in ’n sif en spoel af met koue water. Gooi sago daarna in ’n kastrol

saam met melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat dit deurskynend is. Haal kastrol van hitte

af en voeg 100g suiker, sout en botter by. Dan kom die geklitste eiergele by en meng goed. Skep

mengsel in gesmeerde bakkies of koppies. Stip aarbeikonfyt bo-op. Klits eierwitte styf en voeg

suiker lepel vir lepel by. Dit moet ’n stywe meringue vorm. Skep of spuit die meringue bo-op die

sagovulsel. Bak in warm oond vir 20 minute. Lewer 6 porsies.

3
KOEJAWEL-EN-KLAPPER-KRUMMELPOEDING

8 koejawels, geskil en in kwarte gesny 140ml strooisuiker

5ml vanieljegeursel 60ml strooisuiker

125ml koekmeel 110ml koue botter

250ml klapper 100g amandelvlokkies

Verhit oond tot 180C. Meng koejawels, 140ml strooisuiker en geursel in ’n mengbak. Skep in ’n

gesmeerde oondbak van 30cm. Meng 60ml strooisuiker en meel in ’n mengbak. Vryf botter daarby

in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg klapper en amandels by en meng. Skep mengsel bo-op

die koejawels en bak vir sowat 40 minute tot bros en goudbruin. Sit voor saam met room. Lewer 6

porsies.

GEBAKTE FRAMBOOS-VLA

’n Lekker resep om al die vorige dag te maak. Hou dit in die yskas en versier net voor jy dit voorsit.

350g bevrore frambose, ontdooi 100ml strooisuiker

5 eiergele 500ml room

250ml room, styfgeklop frambose en kruisement-blare om te

versier

Verhit jou oond tot 140C. Plaas die bessies, strooisuiker en eiergele saam in ’n voedselverwerker.

Meng tot glad. Syg die mengsel deur ’n sif. Voeg die 500ml room by en gooi die mengsel in koppies

of bakkies. Plaas die bakkies in ’n oondbak en gooi kookwater tot halfpad teen die bakkies op. Bak

vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel. Skep van die geklopte room bo-op en versier met frambose. Rond

af met ’n kruisement-blaar. Lewer 4 porsies.

Onthou as jy bevrore bessies gebruik, moet dit heeltemal ontdooi wees voor jy die eiergele byvoeg,

anders sal die eiergele vries.

BESSIE-MERINGUE-TRIFLE

Dit sal jou letterlik sowat 10 minute neem om te maak. ’n Baie lekker nagereg.

350g vars of bevrore frambose (raspberries) 60ml strooisuiker

8 klaargekoopte meringues 250ml room, styfgeklop

100g swartbessies, vir versiering

Plaas die frambose in ’n mengbak en gooi suiker oor. Meng goed. Breek meringues in stukke. Ek

gebruik ’n lang glas, maar jy kan enige bakkie of glas gebruik. Skep van die gebreekte meringues

onderin. Skep geklopte room bo-op en dan ’n lagie frambose. Herhaal die lae. Skep room bo-op en

rond af met die swartbessies. Sit dadelik voor. Lewer 2 porsies.

KONINGINPOEDING

6 snye witbrood, dun gesmeer met botter 4 eiergele

30ml suiker 900ml melk

10ml brandewyn knippie sout

5ml vanieljegeursel 125ml room

warm appelkooskonfyt 4 eierwitte

30ml strooisuiker

Pak die snye brood in 'n gesmeerde oondbak. Klits die eiergele en suiker goed saam. Voeg die

melk, brandewyn, sout en vanieljegeursel by en klits weer goed. Gooi die room by en klits liggies

saam. Giet oor die brood en laat week vir 20-30 minute. Verhit intussen die oond tot 180C. Sit die

bak in 'n groter oondbak met warm water en bak vir sowat 1 uur. Haal die poeding uit en smeer

warm appelkooskonfyt rojaal oor. Klits eers die eierwitte styf en klits dan die strooisuiker by tot die

mengsel soos meringue lyk. Skep oor die brood en sit terug in die oond teen 160C tot bruin.

4
VANIELJERYSPOEDING MET APPELKOOS- COMPOTE

RYSPOEDING

250ml witrys 1,25 - 1,5 liter (5-6k) volroommelk

1 vanieljepeul, deurgesny en saadjies uitgeskraap knippie sout

125ml suiker

APPELKOOSCOMPOTE

500ml gedroogde appelkose 250ml suiker

125ml rooibostee 80ml brandewyn

1 kaneelstok

Gooi alles vir die ryspoeding (die vanieljepeul word saam met die uitgeskraapte saadjies bygevoeg)

in 'n groot kastrol. Verhit stadig oor lae hitte tot die melk begin kook. Verlaag die hitte en prut terwyl

aanhoudend geroer word, die poeding dik en romerig en die ryskorrels gaar is. Terwyl die poeding

kook, verhit alles vir die compote saam tot die suiker gesmelt is. Kook tot die appelkose sag en die

sous stroperig is. Skep die warm compote oor porsies ryspoeding en sit warm voor. Lewer 6-8

porsies.

PANNEKOEK MET LEMOENSTROOP

Sekerlik een van die lekkerste winternageregte. Probeer hiervoor klein, dun pannekoeke maak.

CRÊPES

300ml koekmeelblom 1ml sout

3 ekstra-groot eiers 250ml melk

125ml water 15ml brandewyn

15ml gesmelte botter

Sif die meel en sout saam. Maak 'n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water goed saam en

voeg by die bestanddele. Klits stadig om te meng en dan vinniger tot 'n gladde beslag vorm. Roer

die brandewyn en gesmelte botter by en laat staan vir 30 minute. Giet 'n dun lagie van die beslag in

'n klein pan wat met 'n bietjie botter of olie gesmeer is. Braai oor matige hitte vir een minuut of tot

borrels op die oppervlak verskyn, draai om en braai tot gaar aan die ander kant. Herhaal en hou

eenkant warm. Lewer 16 klein pannekoekies.

LEMOENSTROOP

90ml botter 180ml strooisuiker

sap en fyn gerasperde skil van 3 lemoene skeut vars suurlemoensap

180ml lemoenlikeur (soos Van der Hum of Cointreau) 60ml botter

Verhit die botter en suiker saam. Voeg die lemoensap en skil by en prut tot verdik. Voeg die likeur

en suurlemoensap by en verhit tot dit net wil kook. Verwyder van hitte en roer die botter by. Vou die

pannekoekies in die helfte en dan weer om driehoeke te vorm en pak in die warm stroop. Laat

opkook en sit warm voor met koue skinkroom.

DROËVRUGTESLAAI MET SPESERYE

100g droë vye, gehalveer 100g droë appelkose

100g pruimedante, ontpit 45ml bruinsuiker

250ml warm rooibostee 1 kaneelstok

1 heel steranys

Verhit alles saam in 'n pot oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Prut liggies, sonder 'n deksel, tot

stoperig en die vrugte sag is. Sit voor met dik vla. Lewer 3-4 porsies.

5
WINTERVRUGTE IN ROOIWYN

1 suurlemoen 1 lemoen

750ml water 375ml vrugtige rooiwyn

45ml bruinsuiker 1 kaneelstok

2 pere, gehalveer, geskil, ontpit en in stukke gesny 4 koejawels, gehalveer

2 tamatiepruime (persimmons), geskil,in kwarte gesny 2 appels, geskil, ontkern, in stukke gesny

Gebruik 'n sitrusskiller ("zester") en trek repies skil van die suurlemoen en lemoen af. Druk dan die

sap van albei uit en sit alles saam in 'n kastrol. Verhit stadig oor lae hitte tot die suiker opgelos is.

Verhit tot kookpunt en prut liggies vir 10-15 minute. Sit warm voor met room.

AGT-LEPEL-POEDING

8 gelykvol eetlepels margarien 8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt

8 hoogvol eetlepels koekmeelblom 8 gelykvol eetlepels suiker

10ml koeksoda 500ml melk

Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in 'n kastrol. Meng koekmeel en suiker. Los koeksoda in

melk op en meng met droe bestanddele. Voeg gesmelte margarien en konfyt by. Roer om goed te

meng. Die mengsel is loperig. Gooi in 'n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond

van 180C tot bruin. Die poeding is ook baie geskik vir bevriesing.

KERSIE BRANDEWYN POEDING

125g donker sjokolade 320ml room

320 ml melk 8 eier gele

125ml suiker 80 ml kakao

1 bottel kersies, sonder sap 1 bottel swartbessie konfyt

125ml kersie brandewyn geklitste room

sjokolade koek

Smelt die sjokolade in 'n glas bak bo-oor 'n pot water. Kook die melk en die room saam. Meng die

eiers, suiker en kakao goed. Voeg die melkmengsel by die eier mengsel. Voeg dan die sjokolade

by die mengsel. Laat dit kook en roer dit vir ongeveer 10 minute. Gooi dit in 'n bak en sit "gladwrap"

bo-op die mengsel en laat dit afkoel. Sny die koek in skywe en smeer dit met die konfyt en maak

toebroodjies, Sit die toebroodjies in 'n bak en druk dit goed vas. Gooi die kersies oor die koek en

dan die brandewyn. Maak seker dat al die stukke koek bedek is met die brandewyn. Gooi die

sjokolade vla oor en sit die geklitste room bo-op.

GOUESTROOP-EN-KANEELKLUITJIES

KLUITJIES

250ml bruismeel knippie sout

3ml kaneel 45ml botter

1 eier 15-30ml melk

SOUS

500ml water 250ml suiker

60ml vars suurlemoensap 30ml gouestroop

2ml kaneel 45ml botter

Sif die meel, sout en kaneel saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel

krummelrig is. Klits die eier en melk saam en voeg by. Maak aan tot 'n sagte deeg. Verhit die water,

suiker, suurlemoensap, stroop, kaneel en botter saam tot kookpunt. Knyp stukkies deeg af en sit in

die kokende stroop. Bedek die kastrol en laat kook vir ongeveer 20 minute. (Die kluitjies is gaar as

'n mes wat in een gedruk word, skoon uitkom.) Skep in bakkies, skep die stroop waarin dit gekook

is daaroor en besprinkel met ekstra kaneel of drup ekstra-gouestroop bo-oor. Sit voor met roomys

of vla. Lewer 6-8 porsies.

6
DADEL EN GEMMERPOEDING

STROOP

250ml suiker 250ml water

60ml muskadelwyn

BESLAG

30ml botter 30ml appelkooskonfyt

125ml melk 10ml fyn gemmer

1 eier 250ml dadels, fyngekap

120g ingemaakte gemmer, gekap 20ml koeksoda

250ml koekmeel

STROOP

Gooi al die stroopbestanddele in 'n kastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het.

Sodra die suiker opgelos het, kan jy die hitte verhoog en die stroop vir 5 minute laat prut.

BESLAG

Verhit die botter, appelkooskonfyt, melk en gemmer in 'n aparte kastrol en roer dit totdat die botter

en konfyt gesmelt het. Klits die eier en roer dit by die gekapte dadels en ingemaakte gemmer. Gooi

die koeksoda by.

Gooi die warm botter-en-appelkooskonfytmengsel by en roer deur. Sif die meel oor die beslag en

vou dit met 'n groot lepel in. Skep die beslag in 'n gesmeerde oondbak (22 x 22 cm) en giet 'n derde

van die stroop oor. Bak dit vir 20 minute. Gooi nog 'n derde van die stroop oor en bak dit vir nog 15-

20 minute of tot gaar. Gooi die laaste stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom en sit dit

voor met room.

HANEPOOTPOEDING

Lekker soet, sit dus vla of room hierby voor.

250ml koekmeel knippie sout

45ml sagte botter 200ml strooisuiker

1 eier 15ml gladde appelkooskonfyt

250ml melk 5ml koeksoda

5ml asyn

STROOP

200ml botter 180ml suiker

45ml gouestroop 125ml kookwater

knippie sout 250 ml hanepoot

5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak met botter. Sif die meel en sout saam. Verroom

die botter en strooisuiker goed saam en klits die eier en appelkooskonfyt hierby in. Meng die melk,

koeksoda en asyn en roer by die bottermengsel saam met die droë bestanddele. Skep in die

voorbereide bak. Skep die beslag in die gesmeerde bak en bak vir sowat 30 minute of tot die

poeding goudbruin en deurgaar is.

MAAK INTUSSEN DIE STROOP:

Verhit al die bestanddele, behalwe die geursel, tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en

kook vinnig vir ongeveer 5-7 minute. Verwyder van die hitte en roer die geursel by. Giet die

kokende stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor. Genoeg vir 6

mense.

7
GEBAKTE KAKAOPOEDING

Die lekker sousie onderin maak eintlik die poeding!

60ml botter, gesmelt 185ml suiker

1 eier, geklits 5ml vanielje

250ml koekmeel 30ml kakao

'n knippie sout 10ml bakpoeier

185ml melk

SOUS

125ml sagte bruinsuiker gemeng met, 30ml kakao en 400ml swart koffie

Stel oond op 180C. Meng botter en suiker saam. Voeg geklitste eier en dan geursel by. Sif droë

bestanddele saam en voeg dit beurtelings met melk by bottermengsel. Skep in gesmeerde bak.

Sprinkel die bruinsuiker en kakao oor, giet die swart koffie versigtig oor en bak vir sowat 30 minute

tot gaar. Geniet warm, of louwarm, met vla of room.

WENK

Sorg dat die vloeistof die deeglaag bedek.

SUURLEMOENSKUIMPOEDING

Die nagereg-weergawe van suurlemoenmeringuetert.

500ml melk 50ml vlapoeier

50ml kondensmelk of strooisuiker 5ml suurlemoen, gerasperde skil en sap

1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngedruk 4 groot eierwitte

250g strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200C. Meng 50 ml melk met die vlapoeier in ’n klein beker. Verhit die res

van die melk tot dit net begin kook. Gooi die vlamengsel daarby en roer tot dit verdik. Haal van die

plaat af en roer die kondensmelk en die suurlemoenskil en -sap daarby in. Sprinkel die fyngedrukte

koekies oor die bodem van ’n gesmeerde oondvaste bak of individuele bakkies. Skep die

vlamengsel oor die koekiekors. Klop die eierwitte tot stywe punte vorm. Voeg die strooisuiker

bietjies-bietjies by en klop goed ná elke byvoeging. Klop dit tot styf en skep dit bo-op die vla. Bak vir

15 tot 20 minute in ’n voorverhitte oond tot goudbruin. Lewer 6 porsies.

KARAMELPOEDING

BESLAG

500ml koekmeel 10ml bakpoeier

2ml sout 250ml suiker

60ml appelkooskonfyt 2 eiers

10ml koeksoda opgelos in 45ml asyn 500ml melk

STROOP

500ml suiker 500ml melk

15ml vanieljegeursel 250ml water

125ml botter

Voorverhit die oond tot 200C en smeer ’n oondbak met botter. Sif die meel, bakpoeier en sout

saam. In ’n ander bak, klits die suiker appelkooskonfyt en eiers baie goed saam tot lig en dik (dit

neem ongeveer 10 minute) en vou dit om die beurt met die melk en asynmengsel by die droë

bestanddele in. Giet in die voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 45 minute tot goudbruin en

gaar. Terwyl die poeding bak, berei die stroop: Verhit alles saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt

is. Bring tot kookpunt en prut vir 5-7 minute. Giet die kokende stroop oor die poeding sodra dit uit

die oond kom. Laat staan vir 15-20 minute en sit voor met roomys, room of vla. Bedien 8-10

porsies.

8
OUTYDSE ASYNPOEDING

SOUS

500ml water 500ml suiker

125ml asyn

DEEG

30ml botter 125ml strooisuiker

2 eiers 375ml koekmeelblom

5ml koeksoda 10ml gemmer

1ml sout 2ml neutmuskaat

30ml appelkooskonfyt

Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute en laat afkoel.

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak met botter. Verroom die botter en suiker tot lig

en romerig. Klits die eiers een vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by. Roer die

appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous booor.

Bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys. Bedien 6 mense.

LEMOENPOEDING

'n Effense variasie op die bekende Japie-se-gunsteling. Dié poeding het 'n fyn koeklagie bo-op en baie sous onder-in.

2 eiers, geskei 250ml suiker

100ml koekmeelblom 250ml melk

180ml lemoensap 15ml fyn marmelade

fyngerasperde skil van 1 lemoen 30ml gesmelte botter of margarien

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak van 20cm met botter. Klits die eiergele en suiker

baie goed tot lig en dik. Voeg die meel en melk by en roer tot gemeng. Voeg die lemoensap,

marmelade, skil en gesmelte botter of margarien by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou

in. Skep in die gesmeerde bak en plaas in die groter oondbak. Vul met water tot driekwart vol. Bak

vir 45 minute tot goudbruin. Laat effens afkoel en sit voor. Bedien 6 mense.

PYNAPPELPOEDING

Dié poeding vorm 'n romerige laag onder-in en koek bo-op. Bedien met vla wat gemaak is van klappermelk. Dit gee die

poeding 'n egte tropiese geur.

80ml bruismeel 2ml sout

125ml strooisuiker 2 eiers, geskei

125ml melk 15ml suurlemoensap

100ml fyn pynappel 80ml pynappelsap

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak van 22 cm met botter. Sif die meel, sout en

strooisuiker saam. Klits die eiergele saam met die res van die bestanddele tot gemeng en voeg by

die droë bestanddele. Klits tot gemeng. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou in. Giet in die

gesmeerde bak en plaas in 'n groter oondbak wat half vol water gemaak is. Bak vir 45 minute tot

goudbruin. Genoeg vir 4-6 mense.

BLOOSPOEDING

2 x 80g braamjellie 450ml kookwater

450ml koue water 397g blikkie kondensmelk

4 groot eierwitte styf geklitste room en aarbeie vir garnering

Los jellie in kookwater op. Voeg koue water by en laat in yskas tot dit begin stol. Voeg kondensmelk

by en klits goed. Klits eierwitte tot goed styf en vou met ‘n metaallepel in jelliemenmgsel in. Gooi in

diep poedingvorm en laat stol in yskas. Keer uit op gladde bord en versier met room en aarbeie.

9
HEUNING-EN-SULTANA-BROODPOEDING

750ml volroommelk 60ml botter

160ml heuning 2ml sout

3 ekstra-groot eiers 5ml vanieljegeursel

750ml grof gekrummelde dag oue witbrood (sonder korsies)

125ml sultanas

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak van 20 cm x 30 cm goed met botter. Verhit die

melk en voeg die botter, heuning en sout by. Roer tot die botter net gesmelt is. Klits die eiers en

vanieljegeursel en voeg die melk geleidelik by, terwyl aanhoudend geklits word. Meng die

broodkrummels en sultanas en skep in die gesmeerde oondbak. Giet die melkmengsel oor en laat

staan vir 10 minute. Sit die bak in 'n groter oondbak met warm water en bak vir ongeveer 50 minute

tot ferm. Lewer 8 porsies.

FLUWEELPOEDING

Jy kan enige konfyt gebruik — aarbei-, vye- of frambooskonfyt is ewe lekker.

125ml suiker 2ml sout

180ml koekmeelblom 1 liter volroommelk

4 eiers, geskei 60ml botter

5ml vanieljegeursel 45ml louwarm appelkooskonfyt

60ml strooisuiker

Meng die suiker, sout en koekmeelblom. Verhit die melk tot net onder kookpunt. Giet 'n bietjie

daarvan oor die meel-en-suikermengsel en meng goed. Giet terug by die warm melk en verhit

stadig oor lae hitte terwyl geroer word tot verdik. Klits die eiergele en giet die warm melkmengsel

daaroor. Meng goed en voeg die botter en vanieljegeursel by. Giet in die voorbereide oondbak en

bak vir 40 minute teen 160C. Smeer die appelkooskonfyt oor. Klits die eierwitte tot stywe punte

vorm en voeg die strooisuiker lepelsgewys by. Klits tot dik en blink. Skep op die poeding en smeer

met agterkant van 'n lepel tot die hele poeding bedek is. Bak vir 'n verdere 10-15 minute tot die

punte liggoudbruin is. Sit warm voor met dun vla. Genoeg vir 6 mense.

RYK SOUSERIGE SJOKOLADEPOEDING

SOUS

60 ml kakao 125 ml bruinsuiker

300 ml kookwater

BESLAG

45ml botter 100g donker sjokolade, gekap

125ml melk 2 ekstra-groot eiers

160ml strooisuiker 250ml bruismeel

30ml kakao

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak van 24 cm x 24 cm goed met botter. Meng die

kakao, bruinsuiker en kookwater vir die sous saam in 'n beker tot die suiker opgelos is. Hou

eenkant. Smelt botter, sjokolade en melk saam tot glad en laat effens afkoel. Klits die eiers en

strooisuiker liggies saam. Voeg die meel en kakao by die eiermengsel en roer dan die gesmelte

sjokolademengsel by. Klits tot gemeng. Skep in oondbak en giet stroop bo-oor. Bak vir ongeveer

30-40 minute of tot ferm. Laat effens afkoel en sit voor met room of roomys. Lewer 6-8 porsies.

10
PERSKEPOEDING

500ml koekmeelblom 2ml bakpoeier

knippie sout 250ml witsuiker

125ml botter 12 ingemaakte perskehalwes

5ml fyn kaneel 250ml suurroom

2 eiergele

Voorverhit oond tot 180C. Smeer ‘n vlak oondskottel met botter. Sif koekmeelblom, bakpoeier, sout

en 25ml suiker saam. Vryf die botter in die mengsel (lyk soos brood krummels). Pak krummels in ‘n

laag op die boom en langs die kante. Rangskik die perskes mooi daarop, gooi die res van die

witsuiker gemeng met die kaneel oor.Bak 15 minute en gooi dan die suurroom gemeng met die

eiergele oor. Bak 30 minute. Bedien warm of lou met ‘n dun vla.

TELEFOONPOEDING

DEEG

1½ koppies meelblom 1½ koppies melk

1 eetlepel botter 1 eier

1 teelepel koeksoda 1 koppie suiker

1 eetlepel appelkooskonfyt 1 teelepel vanielje

1 teelepel gemmer knypie sout

Klits botter en suiker tot room. Klits eier en vanielje en voeg by. Sif soda, meelblom, gemmer by.

Maak aan met melk en voeg laaste die konfyt by.

SOUS

1 koppie suiker 2- 3 koppies water

Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt. Gooi oor deeg en bak tot gaar.

ROMERIGE ROOIBOS-EN-PIESANGPOEDING

250ml kokende rooibostee gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 ml sout 250ml suiker

20ml gelatien 2 ryp piesangs

15ml suurlemoensap 250ml room

30ml karamelkondensmelk

Meng die tee, suurlemoenskil, suiker en sout saam. Sprinkel die gelatien oor en meng goed. Laat

afkoel. Druk die piesangs fyn en meng met die suurlemoensap. Klits die room en karamel saam tot

sagte punte vorm en voeg die piesangmengsel by. Voeg by die teemengsel by sodra dit lyk of dit

wil begin stol. Meng goed en giet in gesmeerde jellievormpies. Verkoel tot gestol en ontvorm in

bakkies of op 'n dienbord. Sit voor met room of vla. Genoeg vir ses mense.

FRAMBOSE IN ROSÉ-VONKELWYN-JELLIE

750ml rosé-vonkelwyn 30ml gelatien

400g frambose 100ml strooisuiker

Sit gelatien in 'n bakkie en sprinkel koue water oor. Smelt die gelatien oor 'n klein kastolletjie met

kookwater. Gooi die vonkelwyn in 'n groot bak en voeg die suiker by. Maak seker dat die vonkelwyn

kamertemperatuur is. Voeg dan die gesmelte gelatien by. Plaas die bak in die yskas net tot die

mengsel aan die kante wil begin stol. Kry nou 'n geskikte vorm en spuit met Spray & Cook. Voeg

die frambose by die vonkelwyn en gooi in die vorm. Plaas in yskas en laat stol. Wanneer dit gestol

is, dompel dit vinnig in warm water en keer uit.

11
PIESANG EN KARAMEL POEDING

8 ryp piesangs 2 houertjies vars room

2 pakkies Tennis beskuitjies 2 blikkies Caramel Treat

10 glans kersies 1 Flake sjokolade

15ml suurlemoen sap

Alles word in lae gepak. Sny piesangs in ringe en plaas dit in die suurlemoensap sodat die piesang

nie bruin raak nie. Eerste laag – begin met een lag beskuitjies. Tweede laag – room jou karamel en

laag dit bo-op die beskuitjies Derde laag – plaas die die piesang ringe bo-op die karamel. Vierde

laag – plaas een houertjie opgeklopte room bo-op die piesangs. Herhaal die eerste vier lae om die

poeding te voltooi. Vir versiering: sny die kersies in die helfte en pak dit bo-op die room. Breek die

Flake fyn en sprinkel oor. Sit die poeding in die yskas tot goed verkil.

MA SE KAAPSE POEDING

1 sponskoek 2 liter vla

1blik perskes 1 pakkie kersies

1 pakkie gekapte neute 1 pakkie rooi jellie

1 pakkie groen jellie 1 blik appelkoos konfyt

1 houer vars room

Maak jellie soos aanwysings op pakkie en sit in yskas om te stol. Sny perskes in stukkies en hou

stroop eenkant. Hou 2 perske skywe heel en eenkant vir garnering. Sny kersies in stukkies en hou

een kersie heel vir garnering. Sny die sponskoek soos brood in dun snye en halveer. Smeer die

snye met appelkooskonfyt soos botter. Vat mooi bak en lyn met vla gevolg met:

1. ‘n laag sponskoek (pak mooi styf teen mekaar) 2. Gooi laag gekapte perskes gevolg met kersies

en neute. 3. Drup liggies met stroop van perkses gevolg met vla. Herhaal lae vanaf 1-3 tot alle

bestanddele op is. Eindig met ‘n laag vla. Klits die room en sit bo-op. Neem vurk en maak jellie fyn.

Pak die jellie rondom bak, een ry rooi en een ry groen jellie (buiterand) Vorm blom met die 4 heel

perske skywe in die middel en sit een heel kersie in die middel Plaas in yskas.

12