DIE HOëRSKOOL HENDRIK VERWOERD MATRIEK REUNIE KLAS ...
DIE HOëRSKOOL HENDRIK VERWOERD MATRIEK REUNIE KLAS ...
DIE HOëRSKOOL HENDRIK VERWOERD MATRIEK REUNIE KLAS ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
1

DIE HOëRSKOOL HENDRIK VERWOERD

MATRIEK REUNIE

KLAS VAN 1966

SHOKRAN

10 MAART 2012

(50 JAAR NA ONS AS ST 6’e DAAR IN GESTAP HET)

(Dankie vir daardie ene Lorinda)

Middle age is when your old classmates are so grey and wrinkeled and bald –

they don’t recognise you.

OOR HIERDIE FEES INLIGTING

Liewe Vriende,

Dit was ‘n reuse gesukkel om al hierdie inligting uit julle te ryg! Vir die wat niks gestuur het

nie – ek het maar bietjie probeer onthou uit gesprekke en hier en daar ‘n foto of

FACEBOOK gesteel – vergewe my dus as party goed te dik vir ‘n daalder is! (Dit was in

goeie gees en dit was heerlik om weer al die ou bande bymekaar te trek)

Maretha van Heerden
Chris Adendorff

Hier is n foto van ons gesin dit is nou my en Dora se vier kinders, vier skoonkinders en vier kleinkinders

So n bietjie agtergrond:

Na skool het ek by Volkskas begin werk en is later oor Trustbank toe. Ek het besluit om my eie ding te doen en is weg

by Trustbank einde Januarie 1990

En het my in die boubedryf begeef waar ek meer staats kontrakte gedoen het. Maart 2005 het ek ‘n glas en aluminium

winkel gekoop. Dit is ‘n familie besigheid. Twee van my kinders en skoonseun werk daar.

Sel: 083 225 9594 e-pos: admin@bjglas.co.za

Grietje Agema (Smit)

Ons is al 40 jaar getroud en geseën met ses kinders: drie dogters en drie seuns. Twee van ons dogters is met

Nederlanders getroud en woon permanent in Nederland. Daar het ons ook twee kleinkinders. Verder woon nog ‘n

getroude seun van ons in Vietnam. Gelukkig is dit tydelik en verwag ons hulle later terug in SA. Die res van ons

kinders woon saam met ons in Pretoria. Hier het ons ses kleinkinders naby ons. Ons een dogter is nog ongetroud.

2
Ons heg ‘n foto aan van ons gesin waarop ons trots en dankbaar is. Tydens ons 40 jarige huweliksherdenking het al

ons kinders en kleinkinders vir ons kom kuier. Die foto is met hierdie fees geneem.

Ek en Jaap is bevoorreg om al vir ses jaar op pensioen te wees wat ons ook terdeë geniet. Pragtige geleenthede om

saam rond te reis en ook vir die kinders te kan kuier. Ons geniet nog goeie gesondheid waarvoor ons baie dankbaar

is.

Landlyn: 012 333 6909 Sel: 076 273 3739 e-pos: smit.jacob@gmail.com

Carl Barnard

Na my Afrika ondervinding is my fotos weg saam met die laptop. Hierdie die beste van my en Miems nou beskikbaar.

Hy: uitgetree na 40 jaar in die chemiese bedryf

Sy: Restaurant eienaar vir afgelope 7 jaar

Hy stel belang: Golf, Harley Davidson, forel visvang, buitelewe en neuk rond in die restaurant.

Sy stel belang: Visvang saam met manlief, tuin en 24/7 by haar restaurant.

Sel: 083 251 4244 e-pos: jcarl@mweb.co.za

Emma Barnard (Swanepoel

Sel: 082 780 7977 e-pos: emmaswan49@gmail.com

Delene Basson

3
Hi, hier is n foto by van 2011. Twee seuns, waarvan een getroud en in Shangai woon met 2 kleinseuns. Jongste seun

nog ongetroud.

Landlyn: 082 780 7977 e-pos: delenebasson@gmail.com

Yvonne Bauling (Richter)

Fisioterapeut met baie jare ervaring, woon al jare op Rustenburg

Landlyn: 014 533 2864 Sel: 082 681 0250 e-pos: cymed@telkomsa.net

Andre Bosman

Ek sluit 'n foto in van myself Andre (Ossie) en vrou Jenny soos versoek. Ons het twee dogters Vanessa (30) en

Natalie (28) wie nie meer op dieselfde foto as hulle afgetrede ouers gesien wil word nie.

Landlyn: 012 346 2775 Sel: 083 597 2545 e-pos: figaro@mweb.co.za

Michiel Britz

Agterste ry: Michiel Britz; Wynand Britz; Karin Britz; Kallie van der Schyff

Middelste ry: Hannetjie Britz; Bianca Britz; Carlia van der Schyff; Emilia van der Schyff

Voorste ry: Carel van der Schyff; Wynand Britz.

Lewens geskiedenis is:

4
1968 Weermag en leerling Bosbouer te Belfast Staatsbos

1969 – 70 Student Saasveld College George

1971 – 72 Beplannings Bosbouer Nelspruit

1973 – 74 Bosbouer Port Durnford Staatsbos KZN

1975 – 76 Bosbouer Mbazwana Staatsbos KZN

1977 – 79 Bosbouer Dukuduku Staatsbos KZN

1980 – 81 Bosbouer KwaMbonambi Staatsbos KZN

1882 – 86 Bosbouer Eastern Shores Staatsbos KZN

1987 - 88 Bosbouer Entabeni Staatsbos Limpopo

1989 – 90 Bosbouer Brooklands Staatsbos Mpumalanga

1991 – 94 Bosbouer Venus Plantasie Sappi Mpumalanga

1995 – 2008 Bosbouer Ndubazi Sappi Mpumalanga

2009 – Tans Projek Bestuurder Hoëveld streek Sappi Mpumalanga

Woon in Ermelo en is getroud met Hannetjie

Kinders: Wynand (24/2/1974) getroud met Karin Kinders Wynand en Bianca Gekwalifiseer as Elektiseen woon in

Pearth AZ

Emilia (5/5/1976) getroud met Kallie van der Schyff, Kinders Carlia en Carel. Sekretaresse by prokereurs werk en bly

in Middelburg Mpumalanga.

My belangstelling lê by natuurbewaring

My pensioen begin vanaf Mei 2012 en ons gaan dan vehuis na 21 ste Laan 307 Villeria Pretoria

Sel: 083 229 2848 e-pos: michiel.britz@sappi.com

Francois du Preez

Ons woon nog al die jare in Pretoria en vir die laaste 15 jaar in Faerie Glen. Ek is Finansiële Bestuurder by Dr

George Mukhari Hospitaal (Medunsa Universiteitkompleks)

My vrou Realette, is Boekhoudster/Kantoorbestuurder by Weiss & Vennote Prokureurs

Zuné, ons 14-jarige dogter (enigste!), is tans in Graad 9 in Hoërskool Waterkloof en het reeds verskeie kere al Noord-

Gauteng en SA Kleure verwerf in Ballet en Moderne Danse.

Landlyn: 012 991 1768 Sel: 082 579 3714 e-pos: Francois.Dupreez@gauteng.gov.za

Albert du Plooy

Sel: 083 327 2815 e-pos: albert.duplooy@gmail.com

5
Johan Erasmus

"Geniet die lewe van oupa wees en steeds nuwe idees en patente te ontwikkel.” Baie beskeie vertel hy nie dat hy ‘n

entrepreneur van formaat is nie!

Sel: 082 578 3714 e-pos: je@mzl.co.za

Michiel Erasmus

Sedert ons skooldae betrokke met my loopbaan in IT, ‘n bietjie akademie asook sport en musiek meer as stokperdjies.

Studeer aan Tuks, Maties, RAU en die Pukke in IT, die Bestuurswese en Inligtingwetenskappe.

Begin weer krieket speel, na ‘n rusperiode sedert skool, en verwerf provinsiale kleure en verteenwoordig die Noord

Transvaal Raadspan. Rig latere jare Tukkies se eerste krieketspan af asook die N Tvl O/23 krieketspan. Raak

gedurende die middel tagtigs tot middel negentigs betrokke by krieket-administrasie. Dien as as Voorsitter en Keurder

van Tukkies Krieketklub asook op die N Tvl Krieket Unie as raadslid op die bestuur, keurder en afrigter.

Beklee senior poste in IT bestuur in SA en stig my konsultasie onderneming in 1987. Brei internasionaal uit na

Engeland in 2002 en sluit aan as ‘n Direkteur van ‘n Skotse konsultasie ondernemingin die Verenigde Koninkryk (VK)

in 2008.

Begin deeltyds lektor op MBA programme in die laat negentigs en raak deeltyds akademies betrokke as besoekende

professor in IT bestuur op MBA en Doktorale programme by Universiteit Besigheidskole in SA, Australie, die VSA en

Skotland.

6
Verwyl tans die meeste van my tyd in my besigheidsbelange in SA en die VK. Is sedert middel negentigs in SA

betrokke by gemeenskapsopheffingprogramme vir die agtergeblewendes en in Skotland sedert 2010.

Landlyn: 012 804 8578 Sel: 082 711 5617 e-pos: michiel.erasmus@4-consulting.com

Daleen Folscher

Ek werk al die afgelope 24 jaar in Bellville, waar ek ‘n aftree-oord bestuur. My plan is om nog so 3 jaar te werk en dan

af te tree. Dit hang nou net af hoe lank die ryery vir my nog aangenaam gaan wees. So ‘n paar maande terug het ek

verhuis na Vermont en ry daagliks + 210km werk toe en terug

Landlyn: 021 9461685 (w) Sel: 082 296 6816 e-pos: lenahuiswalt@iburst.co.za

Francois Fourie

Sel: 082 456 0062 e-pos: ftf@mweb.co.za

Rhynie Greeff

Woon al baie lank in Engeland en behalwe dat Karen Zoid sy dogter is, kan hy die publikasie van ‘n boek of twee

agter sy naam skryf. Hy skryf ook gereeld artikels vir Beeld & Burger. Sy ander dogter, Jana, woon ook in Engeland

en hy is ook al ‘n oupa.

Landlyn: 0044 1494 565947 Sel: 0044 7773 787036 e-pos: rhynie@worldbin.com

Helen Greyling (Stander)

Ek en Francois is 44 jaar getroud en het drie kinders. Keren is ons laatlammetjie en is nou amper 26. Sy het haar

man, 'n boerseun (prokureur) in Londen ontmoet. Hulle bly in Bloemfontein. Jeandrè bly in Pretoria en het 2 kinders.

Paul bly ook in Pretoria en het 3 kinders.

7
Francois, Helen Paul (baard) Jeandrè (oudste) en Keren. Ook Helen en Keren met die trourok wat Helen gemaak het

Helen is ‘n mode ontwerper/kleremaakster van formaat wat wonderlike trourokke, aandlkere en ander uitrustings

optower. (Soos hier bo)

Sel: 082 371 5392 e-pos: helenstander@gmail.com

Beulah Grove (Erasmus)

Gestudeer aan Pretoria se Normaal Kollege. Ek was n boervrou tot 1992. Ons het die plaas verkoop en Pretoria toe

gekom .Ek het vier kinders en agt kleinkinders. Vir jare het ek gebak vir n tuisnywerheid en vir die afgelope sewe jaar

is ek ontvangsdame by n dr se spreekkamer. My man is amper twee jaar gelede oorlede. Soos julle,is ek nou op die

ouderdom waar ek uitsien na n vervelige aand!

Sel: 082 924 4724 e-pos: jaapenbeulah@gmail.com

Maretha Hanekom (Van Heerden)

Getroud met Johan. Baie rondgetrek totdat ons bediende die hoop koerante weg gegooi het – “anders sê die baas

ons moet trek as daar genoeg is!” Vir die laaste 3 jaar afgetree en woon in Pretoria, maar deeltyds betrokke by Johan

se koffiefabriek “Roastmasters Coffee Rastery”.

8
Johan & Maretha, Cas-Becker (my seun) & Rebecca en Ma se meisiekinders: Erica, Ilzé en Carin

Vir die laaste 19 jaar voor aftrede ‘n eie personeelagentskap bedryf, waarvan die laaste 14 jaar in die Paarl. En voor

dit … jack of all trades- opgeleide bibliotekaresse en werk as openbare bibliotekaresse, skoolbibiotekaresse, stoet

skaapboer, braaikuiken boer, lusern boer, hardeware winkel eienaar, ens, ens. Darem so bietjie onderwys by Unisa

studeer en 20 jr later Arbeidsreg en Bedryfsielkunde. Skilder as stokperdjie en gelukkig genoeg om darem ‘n klompie

te kon verkoop. Ma van 4 kinders: 3 meisies en slotversie, ‘n seun, ouma van 5 en ‘n half pragtige kleinkinders – 3

seuntjies en 2 en ‘n half dogtertjies. Ongelukkig bly ousus en 1 en ‘n half dogtertjies in Oz. Dankie tog vir Skype!!

Johan het ook 3 wonderlike kinders en 8 kleinkinders (tussen 27jr en 6) – so kan julle dink hoe daar gekuier word!

Landlyn: 012 998 2085 Sel: 082 559 7152 e-pos:dreijer@mweb.co.za

Tilla Hough (Janse van Vuuren)

Het afgetree as lektor by die Universiteit van Johannesburg, Sy het kinders wat in Nieu-Seeland woon. Sy vertrek net

na die reunie om daar te wees vir haar oudste kind se verjaarsdag.

Landlyn: 011 476 5211 Sel: 082 922 6585 e-pos:tillajvv@gmail.com

Erna Janse van Rensburg (Jordaan)

Die kinders is oor die wêreld versprei met die verste een in Londen. Danie is ‘n Onafhanklike Handelskonsultant en ek

het verlede jaar na 31 jaar as Spraakterapeut by Nuwe Hoop Skool afgetree en geniet die later opstaan en gaan waar

ek wil baie!

e-pos: djordaan@mweb.co.za

9
10

Danie & Erna

Flap Janse van Rensburg ( Getroud met Elmé le Roux)

Sien foto en inligting by Elmé le Roux

Landlyn: 012 332 3250

Lucia Janse van Rensburg ( Van Wyk)

Na matriek het ek onderwys studeer en in 1979 is ek getroud met Louis van Wyk ook in die onderwys. Ons het 2

kinders, ‘n dogter Louise, getroud, Wiskonderwyseres en ‘n seun Casper onderwyser op Brits by H/s Wagpos. Ons

eerste kleinseun kom in Mei en ouma Lucia kan nie wag nie. Na 24 jaar in Alberton waar Louis hoof was en ek ook

skoolgehou het is ons nou in Centurion.Ek is al van 2007 af huisvrou en hou my besig met allerhande dinge waarmee

‘n vrou tuis haar besig hou..So, dit is my storie!!!

Sel: 083 449 5679 e-pos:elvwyk@yahoo.com

Anli Jansen (Van der Woude)

Woon al baie jare op Piet Retief waar haar man Peet, ‘n mediese dokter is. Sy het B Mus studeer en was musiek

onderwyser. Ma van 2 seuns en ‘n dogter.

Sel; 072 447 4050 Posbus 1737, Piet Retief, 2380
Anne Johnstone Robertson

Was getroud met Leon du Preez wat ‘n jaar of wat voor ons in matriek was en was woonagtig in die Kaap. Hulle is

reeds geruime tyd geskei. Anne was nie te gretig om meer van haar te laat hoor as dat sy nog springlewendig is nie.

Annmari Joubert (Kruger)

Toe ons die vorige reunie gehou het, was Budgie baie beindruk met die feit dat Arrie en ek 5 kinders gelyk in die

laerskool gehad het - was glo enige skoolhoof se droom, aangesien getalle ‘n faktor is, of ten minste was, by die

bepaling van ‘n skoolhoof se salaris. En nee, daar was nie ‘n opdamming in enige standerd nie, behalwe vir die

tweeling!!) Ek vermoed egter dat daar dalk ‘n skoolhoof of twee was wat bereid sou wees om ‘n paar rand per

maand op te offer om van party van die Krugertjies ontslae te wees, en dalk sommer ‘n groot hap om hulle ma van

sy rug af te kry. My kinders wou my soms laat bars van trots, en soms het ek gewens die aarde wil my insluk, maar

ek sal nie een van hulle wil verander of verruil nie. Dit sou wonderlik gewees het as hulle nie hulle pa en ek my man

so ontydig en skielik verloor het nie, maar dit is alles deel van ‘n prentjie wat voor die grondlegging van die aarde

geskilder is deur ‘n Kunstenaar wat nooit ‘n fout maak nie, en al skop ek nog dikwels erg daarteen, dink ek tog ons

het dit almal aanvaar.

Dit bly vir my ‘n wonderlike voorreg om tyd saam met my kinders (‘n term wat skoonkinders insluit) en kleinkinders

deur te bring. Dit beteken natuurlik nie dat ek hulle nie soms lekker “embarrass” en uit-“freak” nie, maar hulle

moet ook maar, soos ek, leer om soms ‘n bietjie te “chill”.

Vir die rekord, hier is my ou spulletjie:

Kinders

11

- Arrie (37): Chemiese Ingenieur by Sasol, getroud met Ilse (chemiese ingenieur), 2 dogters, Mia (7) en Esme

(4)

- Marietjie (35): Tuisteskepper en ontwerper, getroud met Pieter, alg. bestuurder by Forever Resorts, Blyde

Canyon, 1 dogter, Annmari (7)

- Hanna (32): GR (Calculus Ouditeurs) en tuisteskepper, getroud met Heinrich, GR (Calculus Ouditeure), 1

seun Joshua

- Barend (32): Eiendomsagent (MyCastle).

- Flip (31): Getroud met Hestie, restaurateurs by hulle twee ondernemings Leipoldt’s en Leipoldt’s @Brooklyn

Theatre.
Landlyn: 034 325 0065 Sel: 083 232 9795 e-pos:ann@radish.co.za

Carla Korving

In Januarie 1966 het ek met my familie na Suid-Afrika geëmigreer en aangesluit by die matrieks van 1966. Gou tuis

gevoel in hierdie nuwe land. Na 21 jaar as dosent by ‘n onderwyskollege, het ek nou vanaf 1996 ‘n suksesvolle

loopbaan as toergids in die toerisme bedryf en geniet die rondreis ten volle. Ek woon in Faerie Glen, Pretoria.

Carla se huis het onlangs groot skade gehad weens ‘n brand en sy is nog besig om die skade te herstel.

Sel: 083 302 0297

Esté Kotzé (Becker)

Loopbaan: Na matriek is ek na UP waar ek musiek studeer en ‘n BMus ontvang het. Daarna was ek vir ‘n paar jaar

werksaam by die Musiek Departement van die SAUK in Johannesburg. Gedurende hierdie periode is my

belangstelling geprikkel en het ek buitemuurs ingeskryf vir ‘n LLB. Ek was ‘n aantal jare aan die Regsfakulteit van RAU

verbonde waar ek Sakereg, Erfreg en later Maatskappyreg doseer het. Nadat ek die akademie verlaat het, het ek my

toegespits op korporatiewe reg en –bestuur en was ek groepsmaatskappysekretaris van onder andere Transnet

Beperk en later MTN Beperk.

Persoonlik: Ek is in 1976 getroud met Spike Becker, ‘n tweede generasie Engelsman, en ons woon al die jare nog in

Linden, Johannesburg. Ons het twee kinders (‘n getroude dogter en ‘n laatlam seun) en het onlangs ‘n kleinkind

ryker geword. Ek probeer tans om ‘n meer “gebalanseerde” lewe te lei en om aandag te gee aan eie musikale

uitdrukking, aan my kleinkind en my tuin.

Sel: 083 400 8772 e-pos:este@amitek.co.za

12
Annatjie Kruger (Kidson)

Ons is al 40 jaar baie gelukkig getroud. Twee kinders is uit die huwelik gebore. Ons groot hartseer en pyn is my seun

wat 'n mediese dokter was, wat so 1 jaar en 8 maande gelede skielik op 36 jarige ouderdom oorlede is. Ons het 'n

dogter wat 'n advokaat is en haar doktorsgraad het en hulle bly in Amerika in die staat Illinois en het die mooiste wit

krulkop dogtertjie wat nou amper 5 jaar oud is.

My man was in die bankwese en ek in die Staatsdiens, maar ons het albei nou afgetree. Hy boer deeltyds met

Bonsmara beeste.

Verder het ek nie veel meer te vertel nie. Na ons seun se dood, vat ons die dae maar dag vir dag. Dit is nie altyd

maklik nie, maar ons Hemelse Vader gee ons die krag elke dag om met die hartseer voort te gaan.

Ouma se kleinkind kom kuier van oorsee en ons suig aan die agterspeen! Ouma & Oupa speel pop.

Landlyn: 012 567 1778 Sel: 073 672 0712 e-pos:afk@lantic.net

Erna Kruger (Maritz)

Ek en Attie bly nou 5 jaar op Danabaai waar ons afgetree het, na 27 jaar in Kathu. Ons is mal oor Danabaai. Dis 'n

bewaarea (bewaar-area), m.a.w. die natuur en veral wildlewe word hier beskerm en ons het oorvloed van voëls,

fisante en bosbokke wat ons tuin besoek en ons geniet elke oomblik daarvan. Ons het 'n pragtige uitsig oor die see en

geniet dan ook die dolfyne en walvisse wat ons uit ons sitkamer dophou.

Ons het 3 seuns (tussen 34 en 40 jaar oud) en 5 kleinkinders en sê soos alle ander oupas en oumas dat ons klompie

die beste en die mooiste en die oulikste is! Hulle ouderdomme wissel van 8 tot amper 13 – 4 dogtertjies en 1

seunskind.

Ons is baie gelukkig dat al ons kinders in SA bly en gelukkig is in die werk wat hulle doen – elkeen kon hulle droom

13
oor loopbaan verwesenlik. Vandag is dit baie moeilik, veral vir jong blanke manne soos julle sekerlik almal weet en/of

ondervind het.

Landlyn: 044 698 1928 Sel: 082 872 0246 e-pos:ernamaritz@telkomsa.net

Fanie Kruger

Landlyn: 012 430 3092 Sel: 082 210 6147 e-pos: fanie.kruger4@gmail.com

Jannie Kruger

Eienaar van ‘n gastehuis en toeragentskap/geleentheids bestuur organisasie in Pretoria wat hy saam met sy gesin

bedryf. Weens ‘n troue wat hulle daardie dag behartig, onmoontlik om ons funksie by te woon.

Landlyn: 012 330 0464 e-pos:info@tokologo.co.za

Elme le Roux

Ek en Flap is hierdie jaar al 43 jaar getroud!! Flap is al afgetree en ek werk nog voltyds as Areabestuurder vir die

Kosmetiekhuis Justine. My kantoor is by my huis. Ons bly in Waverley Pretoria.

Ons het 2 seuns. Riaan is 41 en nog ongetroud. Hy reis die wereld rond, en werk as Hoofingenieur op 'n luukse jag

"Anastasia" en is meestal in Europa of die Karibiese Eilande. Huidiglik is hy in die Maldives.

Andre is 38 en getroud met 'n pragtige Amerikaner, Deanna. Hulle bly in Ft Lauderdale, en werk albei ook op 'n

luukse jag "Blue Moon" wat meestal reis na die Bahamas en die Karibiese eilande.

Ons het nog geen kleinkinders nie, en glo dit gaan hierdie jaar verander. Hoog tyd ne!

Landlyn: 012 332 3250 Sel: 083 441 2775 e-pos:elmejvr@gmail.com

Betsie Marais (Fourie)

Ek en André is al 43 jaar getroud, ons het 3 seuns en 6 kleinkinders. Ons het op Mosselbaai kom aftree waar ons

heerlik rustig bly en saam gholf speel en die see geniet.

Sel: 083028802070 e-pos: gafourie@vodamail.co.za

14
Annatjie Nel (Krige)

15

Bets & André

Getroud met haar oud skool liefde, Addo Krige, gekwalifiseerd as arbeidsterapeut, bekende skilder, tans bedryf hulle

‘n eie relhabilitasie sentrum vir dwelm verslaafdes op die rand van Pretoria. Sy het ook ‘n PHD in Bybelberading. Ma

van 7 kinders (3 stiefies en 4 eie’s) en is so gelukkig is om 11 kleinkinders te hê.

Landlyn: 012 808 0537 Sel: 083 733 0808 e-pos: annatjiekrige@intekom.co.za

Joan Oosthuizen

Getroud met André Tredoux. Was werksaam in Kimberley, maar is in die proses om te verhuis na Bloemfontein.

Sel: 082 549 3295 e-pos: opskimberley@timefreight.co.za (ongelukkig weet ek nie lank dit die adres sal bly nie)
Annemarie Otto (Joubert)

Beide het 'n loopbaan in onderwys gevolg. Gert was skoolhoof op Heidelberg en Anne-Marie het Duit en Biologie

gegee.

Ons het 3jaar gelede afgetree en einde 2011 na Pretoria toe getrek, waar ons nou heerlik in 'n huis in Moreletapark

woor. Gert hou hom besig met tuinmaak en houtwerk en ek is doening met kinderpartytjies.

Ons het 3 kinders - 2 seuns en 'n dogter en 8 kleinkinders - 4 seuns en 4 dogters.

Sel: 082 856 8071 e-pos: germarie@webmail.co.za

Elsabie Pienaar ( Ferreira)

Ek is reeds 29 jaar met Elmo Ferreira getroud en woon op Vanderbijlpark. Ons het 2 kinders uit my vorige huwelik

Yvette, 38 en Hannes 37 jaar oud. Hul eie pa is in 1987 oorlede en ons is mal oor ons 2 pragtige kinders.Saam het

ons hard probeer vir nog ‘n ou enetjie maar na 5 miskrame het ons berus by wat ons het!

Elmo was ‘n prokureur tot 2005 maar het toe besluit dat hy genoeg gehad het van die stresvolle regsberoep en op 55

uitgetree. Hy rig tans tennis van die huis af en is sommer ‘n anner mens!

Ek was vir 29 jaar in diens van die Vaaldriekhoekse Technikon (nou Vaal Universiteit van Tegnologie-VUT).

Aanvanklik ‘n lektor vir Biomediese Tegnoloë en daarna hoof van die Department van Gesondheids Wetenskappe tot

2008 waarna ek afgetree het.

16
Ek is nog betrokke by VUT en bied 2 vakke via die internet aan vir BTech student van Biomediese Tegnologie. Omdat

ek van die huis af werk het ek darem nog baie tyd vir naaldwerk, tennis, fietsry en pilates!

Ons was albei die afgelope 17 baie betrokke by veterane tennis en het op provinsiale en nasionale vlak deelgeneem –

soms gewen en soms verloor- net baie stadiger!

Ons is mal oor Suid Afrika en probeer op ons beskeie manier ‘n verskil hier maak.

Aangeheg ‘n foto van ons dogter met ouma en oupa se oogappel kleinkind, een van ons seun en sy vrou.

Sel: 082 835 4279 e-pos: elmofer@telkomsa.net

Leon Pienaar

Hiermee 2 foto's van die Pienaar-gesin. Daar is intussen nog 'n kleinseun gebore op 12 Januarie en ons verwag nog 'n

seuntjie enige dag nou - dan het ons 5 kleinkinders.

Leon en ek is reeds 40 jaar getroud - ek was vir 2 jaar in Woeries (Du Preez), waarna ek na die vyand toe is - Affies.

Leon het as Siviele ingenieur gekwalifiseer, paaie ens gebou. Toe vir 20 jaar vir Denel gewerk as programbestuur en

internasionale bemarker. Ekself het maar altyd as eers statistikus gewerk, en daarna as rekenaarprogrammeerder en

stelselontwikkelaar. Ons is semi-afgetree en geniet die bosveld, voels en alles wat daarmee saamgaan en dan

natuurlik die kleintjies

17
Sel: 083 610 2501 e-pos: inkwazi@absamail.co.za

Gert Rall

Getroud met Erna Swanepoel. Een seun uit die huwelik. Aldo, nou 37 jaar oud. Meesters in Besigheidsbestuur. Een

kleinseun Ruan, 2 jaar.

Boer vir 35jaar in Limpopo. Betrokke by georganiseerde landbou. Dien in Algemene Raad van Agri SA. Landbou

Adviseur vir Premier van Lompopo.

Betrokke by vestiging van boere in Afrika. Tans betrokke by Internasionale Finansiering van Landbou ontwikkeling in

Afrika.

Grootwild jagter vir 40 jaar. Professionele jagter vir 38 jaar. My jag trofee versameling van 52 diere is opgeneem by

die Voortrekker Monument as deel van die Suid Afrikaanse Erfenis. Jag in verskeie Afrika Lande, Amerika en Alaska.

Landlyn: 012 991 2194 Sel: 083 261 6031 e-pos: gertrall@telkomsa.net

Skattie Rhoode (Van Wyk)

Sel: 083 686 8194 e-pos: bluechilli@mweb.co.za

Robert Reid

Eks Robert Reid en al vyf jaar gelukkig getroud met my twede vrou Engela. Ons woon al twintig jaar in Vanderbijlpark

waar ek praktiseer as Oftalmoloog (oogspesialis). Uit my eerste huwelik het ek vyf kinders gehad waarvan een

18
oorlede is. Van die oorblywende vier is drie getroud met twee kleinkinders en een ongetroud. Twee getroudes woon in

Engeland en die ander in Kaapstad. Ek het ook vier pragtige stiefkinders almal ongetroud. ’n Rykdom van elf kinders.

Deur Ons Hemelse Vader se genade is ek nog gesond en hoop om nog baie jare te werk.

Sel: 082 567 1651(Engela) e-pos: drrobertreid@googlemail.com

Dries Roux

Landlyn: 011 976 4144 e-pos: dries@creagle.co.za

Ria Roux (Von Wiellich)

Getroud met ‘n prokureur Johan en woon na ek verneem nog in die selfde omgewing. Ria (Anna, soos ons haar

geken het, klink nie te opgewonde oor ons beyeenkoms nie, en sal dus nie teenwoordig wees nie)

Landlyn: 012 804 1766 Sel: 083 629 3626 e-pos: johanvw_prok@yahoo.com

Ineke Seevinck (Keyser)

Ongelukkig sal ek Ineke Seevinck, dit nie kan bywoon nie, ons woon nou in UK en dit is onmoontlik om SA toe te kom

hierdie jaar. Ek is al 40 jaar getroud met Laurens Keyser, hy was in Clapham High en het gematrikuleer in 1965. Ons

het al die jare in Brits gebly, en is nou al 12 jaar in UK.

Ons is gelukkig ons seun woon ook in Engeland en het 2 kleintjies, wat vir ons baie vreugde gee.Ons dogter woon in

PE en het twee kleintjies. Ongelukkig sien ons hulle baie minder. Gelukkig kan ons gereeld skype met hulle almal

Ek sal dit baie op prys stel as julle n paar fotos van die re-unie kan aanstuur sodat ek ook kan deel wees van die hele

besigheid. Groete aan al die oud Woeries.

E-pos: lwkeyser@yahoo.com

Ansie Smit (Fourie)

Ek werk nog steeds as Senior Administratiewe Beampte in die KZN Departement van Onderwys. Nog twee jaar, dan

MOET ek aftree. Dit lê soos 'n berg voor my. Is nog steeds getroud met Steyn Fourie. Hy's al meer as tien jaar met

pensioen. As die mense my vra waarmee hou hy hom besig, sê ek altyd hy maak heel wat stukkend is en stukkend

wat heel was.

19
My twee kuikens is oor die land versprei. Mariona is in Port Elizabeth. Werk as verpleegkundige by 'n Patologie-firma

(vampires wat net bloed soek). My oudste kleinseun, Vincent word hierdie jaar 21, hy bly op die oomblik by my en

werk in Dundee, waar my kantoor ook is. Dan is daar nog sy twee sussies Naraine 12 jaar en Lu-Ann (na Ouma

vernoem) 9 jaar.

My seun, Marnus is Kaptein in die SAPD in Durban se blitspatrollie-eenheid. Dit hou 'n ma op haar knieë.

Ek is gelukkig om my pa nog te hê. Hy word nou Sondag 19 Feb. 94jaar. Hy bly by my ouboet in Rustenburg. Fisies

gaan dit goed met hom, dis net die verstand wat nie altyd volgens plan wil werk nie, nie dat myne altyd so 100% is

nie, maar ons is net dankbaar dat ons hom nog het.

Sel: 082 393 8558 e-pos: ansie_fourie@vodamail.co.za

Jannie Smit

Jan Smith - die Frey van Jeffreysbaai (al die ander lettergrepe was klaar gevat)

Ek is 'n afgetrede sakeman, woonagtig in Jeffreysbaai, en het twee volwasse dogters en een kleindogter.

Ek is uit op vroee parool, twee maal. (Die een vrou het my gouer laat gaan as die ander een.)

Woonagtig in Jeffreysbaai, hou ek myself besig met tuinmaak, sosiale kontak met mense verkieslik van die

teenoorgestelde geslag en ouderdomsgroep, en sinvolle verhoudings met my papegaai Jackie en my hond Sixpence.

Sixpence se eweknie Ketools is helaas 'n ruk gelede tragies oorlede onder die wiele van 'n bewegende voertuig

tydens 'n oor-straat ekskursie met romantiese ondertone.

Ek dans baie graag, en my atf (all-time favourite) liedjie is "To all the girls I've loved before".

My geliefkoosde tydverdryf is wandelinge langs die see, waartydens ek vreemde honde probeer skop

wat/omdat/terwyl hulle die strand bevuil.

20
Ek het al meer as een heupvervanging gehad.

Vriendelike groete.

Jan Smith

NS

My huis het slaapplek vir ten minste 20 mense, en ek sal met die grootste liefde tydens die jaarlikse

branderplankkompetisie al die oud- Woeries se kinders en hulle vriende hier opsit. Ek sal sorg dat hier genoeg

kruideniersware is sodat hulle deurentyd vir hulle 'n ou ietsie aanmekaar kan slaan in die kombuis, en daar is altyd

volop koue bier in die yskas en braaivleis in die vrieskas. Hulle hoef ook nie so puntenerig te wees oor die netheid

van die plek nie - foeitog, hulle werk so hard die res van die jaar...... Ek kan mos maar sommer as hulle weg is strand

toe die plek 'n bietjie regtrek en die ou paar skottelgoedjies was.

Sien uit daarna om julle kleingoed te leer ken.

xxx

E-pos: silverwave.smith@gmail.com

Celia Sulman

Ek het hoerskool onderwys gegee tot 1997-

Duits was my hoofvak.Van 1984 tot 1997 was ek Departementshoof vir Opvoedkundige Leiding. Ek het baie jare

netbal en basketbal gespeel, afgerig en was ook n SA Vroue skeidsregter tot 1996 toe te veel pyne my laat ophou

het.Toe daar weer geleentheid van regerings kant af gekom het vir paket-vat- en loop in 1997,het ek die kans aange-

gryp en gegaan. Genoeg van onderwys gehad na 27j!

Ek het toe dadelik by my pa in hulle besigheid begin werk.Aanvanklik net n iets-van-alles job, maar later meer

verantwoordelikheid gekry.(moes my eers teenoor pa bewys dat ek meer kan doen!) Ek het later op verskeie

maatskappye se direksies gedientot in 2004. Toe het ek afgetree en is tot nou toe nog net n pensioenaris.

Ek en my twee persiese katte woon in n lekker sekuriteitsdorp in Monumentpark. Ek oefen 3 maal per week ter

wille van die gebeentes en so aan en hou my met my tuin besig. Een keer per maand woon ek die tuinbouklub

byeenkoms by. Ek hou graag in Mosselbaai vakansie, waar ek n plekkie het. Ek en my suster geniet dit om in die see

te swem en te body surf.

Sel: 082 903 4947 e-pos: celia@vodamail.co.za

Willie Swanepoel

Ry nog steeds motorfiets maar hier word die afstande in ure gemeet want die spoed grense wissel so van provinsie

en van staat tot staat in the good old USA. Miskien moet die matrieks van 66 Route 66kom doen?

Die foto van my en Alet is verlede jaar met my 62'st vejaarsdag geneem.

21
E-pos: waswanepoel@yahoo.com

Elsabé Swart Murray

Ek en Eddie is nou 41 jaar getroud en bly vir die laaste 30 jaar in Kempton Park. Ek hou nog steeds skool en Eddie

werk by 'n versekeringsmakelaar.

Twee van ons drie seuns is getroud en ons het drie kleinkinders. Ons latlam, Phillip, is nou 27 jaar en nog nie getroud

nie.

Landlyn: 011 976 2736 Sel: 083 280 5595 e-pos: elsabe.murray@gmail.com

Mercia Theron (Wium)

Getroud met Rassie. Huidiglik ontvang hy chemoterapie weens kanker en is die familie onder druk agv sy siekte. Ons

dink aan hulle in die moeilike tyd. Weens omstandighede sal hulled us nie ons reunie kan bywoon nie

22

Landlyn: 012 654 5903 Sel: 082 892 9593 e-pos: ciamus.telkomsa.net

André Tredoux (Sien Joan Oosthuizen)

Henny van Delft (Bos)

Hierdie foto is vier jaar terug geneem. Links agter ons eerste seun, Pieter. Regs agter ons tweede, Nico.

Regs voor Kobus. Ons dogter, Elmien langs my. Gesamentlik nege kleinkinders. Die tiende kleinkind is twee jaar

gelede gebore. Ons het nog nie weer ‘n familiefoto geneem nie.

Wat doen ek en Pieter? Ons is ook nou op pensioen. Op die oomblik is ons saam met twee ander egpare In

Umhlanga. Ons ry gereeld op in Afrika en was al tot in Ethiopië.

23
24

Dis ons TAAIBOS GP op een van ons uitreike na Malawi.

Die afgelope drie jaar is ons betrokke by ‘’Drs vir lewe internasionaal’’. Dit is ‘n christen-organisasie en dokters

(oogartse, tandartse en algemene praktisyns) van reg-oor die wereld word ingevlieg na die naaste lughawe. Daar

gaan ook altyd beraders en ‘n pastor en predikers saam. Ek en Pieter is deel van die rugsteunspan, ons sleep ‘n

sleepwa, tel die dokters op, Pieter maak ‘n plan as daar fout gaan met een of ander voertuig of sleepwa. Hy is ook

betrokke by die diagnostiese toetse (Malaria, diaree, TB ens), Ek word ingespan om die apteek te behartig. Het ook

al een keer kos gemaak vir die span! Ons het al uitgereik na Malawi, Zambia en Angola.

Landlyn: 012 546 6292 Sel 073 224 6060 e-pos: hennybosvd@gmail.com

Marie van der Merwe (Dercksen)

Hier is 2 foto's,die een is van ons gesinnetjie, die laaste keer almal saam by Dikhololo net voordat ons seun en sy

gesin in 2010 na Coffs Harbour Australië verhuis het. Die ander een is van ons 2.

Johan moes in Aug 2002 vir die eerste keer aftree na 'n werkslewe by Yskor en Denel. Hy was nog lus vir werk en

bedryf nou 'n mengaanleg in Kemtonpark waar hy spesiale betonmengsels verskaf wat onder meer gebruik word op

paaie, brûe, lughawens en fabrieksvloere. In sy vrye tyd speel hy 'kleinboer'waar hy groente en mielies kweek

(hoofsaaklik vir die pot!) op ons landbouhoewe in Grootfontein. Dis waar ons hoop om DV binne 2-3 jaar te gaan

aftree (vir die tweede keer!)

Ek het afgetree by Unisa en is bevoorreg om 'dagouma' te wees vir ons jongste kleinkind, Mia.

Ons seun, Rudolf, is meestertegnikus op Landrovers in Coffs Harbour Australië en het 2 dogters, Telani en Runè. Ons

dogter, Mariè-Louise de Jager, is 'n bedryfsingenieur en werk tans by SARS en is ma van Mia.

E-pos: mdercksen@absamail.co.za
Marietjie van der Merwe (Els)

Marietjie het onderwys studeer en is daarna met Jan Els getroud. Sy het 3 kinders, Anina getroud met Jaco en 2

seuns: Rigardt getroud met Ane en Juandre getroud met Ruda. Die seuns bly albei in Engeland.

Marietjie het vir meer as 35 jaar skool gehou en laas jaar af getree, Haar hart se punt is die een en enigste kleinkind

Zara wat in London woon. Marietjie en die ander skoonma maak beurte om 6 maande op ‘n slag in London te bly om

die kleindogter op te pas.

Sel: 082 668 2811 (Jan) (Haar simkaart klaarblyklik in Engeland gelos toe sy terug gekeer het na SA nadat sy 6

maande haar kleinkind gaan oppas het)

Willem van der Merwe

Landlyn: 051 295 7894 Sel: 083 703 1109 e-pos: willemvdmerwe@wearne.co.za

Kees van der Waal

Op die foto: Kees en Christien van der Waal asook hul kleindogter Myrte en dogter Margriet, Januarie

2012, Franschhoek

Ek het na skool universiteit toe gegaan en BA gaan swot sonder om regtig te weet wat ek as ‘n beroep wil kies en daarom

het ek ‘n wye reeks vakke geneem. In my eerste jaar het ek as biblioteekassistent by die munisipale biblioteek van Pretoria

gewerk en saans klas gedraf by Tuks. Ek was deel van die boekwa (mobiele biblioteek) se personeel wat Waterkloof en

Danville bedien het – goeie ervarings van sosiale verskille en die ritme van werk. Die res van my studie was voltyds, met

Volkekunde (nou Antropologie), Geskiedenis, Filosofie en Argeologie as hoofvakke. Met my BA is ek aangestel as

25
museum-kurator vir Antropologie in die Kultuurhistoriese Museum in Pretoria waar ek sewe jaar gewerk het. Ek het toe

wonderlike geleenthede gehad om veral die land se swart woongebiede te besoek vir navorsing en insameling van

museumvoorwerpe. Ek het verder studeer en my Honneurs en MA ook by Tuks behaal. In 1975 is ek met ‘n Nederlandse

meisie, Christien van der Flier, ‘n verpleegkundige, getroud en ons het buite die stad op die pad na Hartebeestpoortdam in

‘n groot rondawel gaan woon. Ons het dit geniet om saam navorsingsreise te onderneem, onder andere na die Laeveld, na

Caprivi en Europese stede. In 1978 het ek as dosent by Tuks begin werk en in 1980 na RAU in Johannesburg geskuif

waar ek 22 jaar in Antropologie gedoseer het.

Christien en ek het drie kinders, aldrie met hul eie lewensmaat: Margriet (‘n dosent in Kultuurstudies in Groningen,

Nederland), Cornelis (‘n ekonomiese konsultant in Kaapstad) en Willem (‘n Gereformeerde dominee in Linden,

Johannesburg). Teen einde Februarie 2012 hoop ons dat ons derde kleinkind gebore sal word, dan het elkeen van ons

kinders ‘n kind – ‘n wonderlike ervaring vir ons van kontinuiteit en verwondering oor die lewe.

In 1985 het ek ‘n doktorsgraad in Antropologie behaal met ‘n studie oor die rol van kleinskaalse ambagte in die informele

sektor van Venda en KwaNdebele. In 2002 het ons Stellenbosch toe getrek waar ek ‘n professor in Antropologie geword

het en nog steeds my werk geniet. My navorsing fokus op identiteit en ontwikkeling, onderwerpe wat baie omstrede is in

Suid-Afrika en my reeds vroeg in aanraking gebring het met die groot vraagstukke van die land. Christien en ons kinders

het in 1986 vir ses maande saam met my in ‘n swart landelike woonbuurt naby Tzaneen vir navorsing gewoon. Ons het

naby aan die plaaslike ervaring van armoede en onderontwikkeling gekom, iets wat ons vir die politieke en ekonomiese

transformasie van ons land voorberei het.

Dis vir my ‘n groot voorreg om met jongmense te werk en om navorsing te kan doen, iets wat ‘n mens ook in staat stel om

te publiseer en oorsee en binnelands te reis. Christien en ek geniet dit om te kamp, ons hou van die natuur en om te lees,

geselligheid by vriende en familie te ervaar en om aktief te bly.

Adres: Lovell Laan 66, Die Boord, Stellenbosch 7600

Landlyn: 021 883 2210 Sel: 082 482 1428 e-pos: csvdw@sun.ac.za

Rey van der Westhuizen

Argitek in Pretoria. Ongetroud

Sel: 071 144 7570 e-pos: reywest@exclusivemail.co.za

Pieter van Niekerk

Woon in Pretoria. Stel nie belang om in die verlede te leef nie en dus ook nie om die reunie by te woon nie. Ek gee

nogtans sy inligting deur.

Landlyn: 012 332 1563 e-pos: pieter@bearingagent.co.za

Lorinda van Rensburg (Kruger)

26
Lorinda en haar seun (Waldré Kruger) en dogter (Natasha Kruger) tydens haar seun se kuier van Australië af. Hy is 4

jaar gelede met 'n Aussie-meisie getroud en hulle bly net buite Perth. Lorinda woon reeds bykans 40 jaar in Nelspruit

en kon 6 jaar gelede vroeg "aftree" na 'n dienstydperk van 28 jaar aan die tabakbedryf van SA. Sedertdien is dit salig

om nie meer aan kantoor-ure gebonde te wees nie en my haar eie ding na willekeur te doen, ten spyte van die

wêreldwye ekonomiese knyptang

wat almal beet het.

Huis adres: Stratosstraat 24, Steiltes, Nelspuit.

Landlyn: (013) 744 1680 Selfoon: 083 297 2592 E-pos: loeriesh@gmail.com

Ria Verschoor (Smit)

Weduwee, werk saam met haar dogter in ‘n besigheid. Kinders was almal op Hendrik Verwoerd

Landlyn: 012 333 9455 e-pos: janitaeva@gmail.com

Juliana Visser (Van der Walt)

Landlyn: 012 361 3772 Sel: 082 613 1890 e-pos: jvdwalt10@gmail.com

Frank Wessels

Ek het het ‘n graad in Meganiese Ingenieurswese en M.B.A. behaal aan Tuks. Ek het byna 24 jaar by die

Atoomenergie Korporasie (tans NECSA) gewerk en daarna die SABS (6 jaar), Korrelbed Modulêre Reaktor

Maatskappy (6 jaar) en tans by Eskom. My spesialiteit is Lugversorging vir Industriële geboue en tegniese bestuur.

Ek en Pollie het ‘n seun Carl en twee dogters Lizel en Paula, skoondogter Lee, skoonseun Werner en twee

kleinkinders Marcus en Anli.

Ek bly nog my hele lewe in Queenswood, Pretoria

27
Die een foto is die Wessels familie met aangetroudes en kleinkinders, die ander een Pa, seun en kleinseun en dan

Pollie en Frank by Pollie se 40 jaar Woerie reünie.

Landlyn: 012 333 3457 Sel: 083 633 6545 e-pos: fbwes@iafrica.com

In Memoriam

Botha, Jopie,

De Beer, Willem

Du Plessis, Mornay

Lombaard, Bennie

Sutton, Barry

Van Aardt, Machiel

Van der Pyperkamp, Mariaan

Onderwysers

Jufrou Schonees wou baie graag ons reunie bywoon, maar word daardie dag 90! Ons wens haar goeie geluk en

gesondheid toe op hierdie merkwaardige dag! Sy woon op Stellenbosch en julle kan haar kontak by 021 886 7277.

Stellenoord 58, Tarentaalstr, Stellenbosch, 7600

Juf Ida Maree (Marais – getroud met Mnr Maree – Budgie – hy is oorlede)

Tel 011 672 3242, Dartmoorstr 9, Florida Heuwels, 1709

Mnr Francois van Tonder (word ‘n maand later 80!)

Tel 012 991 5087

Mnr Paul Jacobs getroud met Juf Jeanette du Plooy

Tel 041 586 1102

Mnr Eric van der Bank getroud met Juf Lessing

Tel; 012 524 3395

Dr. Ernie Jacobson

Tel: 0833009797 e-pos: erniej@mweb.co.za

Ek het almal gekontak, maar hulle vind dit moeilik om te kom.

28