16.09.2013 Views

ONDERSTEUNING VIR LEER TUIS - Wordworks

ONDERSTEUNING VIR LEER TUIS - Wordworks

ONDERSTEUNING VIR LEER TUIS - Wordworks

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ondersteuning

Vir Leer tuis

Vir ouers en jong kinders

Saamgestel deur Brigid Comrie

Vertaal in Afrikaans deur Barbara v d S Townsend

Illustrasies deur Helga Hoveka

© 2009

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

Inhoud

Praat, luister en dink

Vertel jou eie stories

Stories en boeke

Die belangrikheid van prente en eerste skrif

Hoe om jou eie boekies te maak

Skrif om jou

Letters en woorde

Rympies en liedjies

Luister speletjies

Om Goed te kan Hoor

Nommers en Tel

Wiskunde is pret - dis orals om ons

Kleure, Vorms, pas bymekaar en sorteer

Nuttige nommers en name

1

Praat, luister en dink

Kinders leer ‘n taal tuis en in hul gemeenskap. Deur te speel, te gesels en te luister leer hulle. Vrae

help kinders om ‘n taal aan te leer. Moedig jou kind aan om te praat. Wys dat jy belangstel: luister

en reageer. Moedertaal is baie belangrik, kinders moet n sterk fondement kry in moedertaal, die

taal wat hulle maklik gebruik.

Kyk wat het ek

gekry mamma

Oo!

Jy het ’n skulp gevind.

Waar het jy dit gekry?

Gesels oor dinge wat julle om julle sien, in die taxi, in die winkels en in prente of tydskrifte. Luister

en besef dat om foute te maak deel is van ‘n taal aanleer. Dit is nie nodig dat jy jou kind heeltyd

korrigeer nie. Deur na jou spraak te luister sal hulle wel leer.

Gesels ook oor gevoelens: Ek voel ……………………. want………………………

gelukkig aleen kwaad hartseer

1

2

Vertel jou eie stories

Vertel stories en luister na mekaar. Kinders geniet dit terdeë om positiewe of snaakse stories

omtrent hul families te hoor. Moedig jou kind aan om te vertel van hy/sy doen en late, van spesiale

uitstappies, van dit wat hom/haar gelukkig, treurig of bang maak. Hierdie stories kan die begin van

jou kind se eerste boekie wees.

Lank lank gelede

toe ek klein was…

Jy kan ook “wensstories” snaakse stories, grappies en raaisels vertel.

Lag SAAM MET jou kind nie VIR jou kind nie en geniet dit!

Mmm, ek wens ek

kon vlieg! Soos a vöel

in die lug…

2

4

Stories en boeke

Kinders hou daarvan om na boeke te kyk en om te luister en te gesels oor stories. Hulle hou ook

daarvan om hulle eie stories te vertel. Boeke help kinders om allerhande dinge te leer. Deur saam

te lees en te gesels oor die stories wat jy gelees het, kan kinders die volgende leer:

• Om te luister en te konsentreer

• Nuwe woorde en meer omtrent taal

• Meer omtrent hulself, hulle gevoelens, en die wêreld om hulle.

• Om te DINK

• Om die besonderhede en die korrekte volgorde van gebeurtenisse in stories te onthou.

• Om boeke en stories terdeë te geniet

GEE MY BOEKE DAN VLIEG EK!

Laat storietyd elke dag deel van julle roetine wees. Oumas en ouer broers en susters kan ook

stories lees en vertel. Besoek julle openbare biblioteek en deel boeke met jou vriende. Gesels en

vra uit oor die stories wat julle lees. Laat storietyd “saamweestyd” word.

3

5

Die belangrikheid van prente en eerste skrif

Moedig jou kind aan om te teken. Sorg dat daar geleentheid is om te teken. Gesels oor die prente

MAAR moet nooit die prente bespot of kritiseer nie.

Kyk pa, ek het ’n

prent geteken

Ek hou daarvan.

Vertel my van jou prent.

Moedig jou kind aan om met skryf te eksperimenteer. Kinders leer as hulle die geleentheid kry om

te probeer, te eksperimenteer en te oefen. Sorg dat hulle die kans kry om te skryf en te teken.

Van kleins af moet kinders verstaan hoekom dit belangrik is om te skryf. Jy kan jou kind aanmoedig

deur die volgende te doen:

• Om aanvanklik te teken en later te skryf oor dit wat hy/sy ervaar

• Om name te gee vir hul prente en skrif, of vir voorwerpe in hul prente.

• Om die name te gee van dinge wat aan mense behoort.

• Om lyste te maak BV. ‘n Lys van hul vriende of ‘n inkopielys

Skryf om te KOMMUNIKEER. Skryf boodskappe en briewe aan jou kinders en geniet die

boodskappe en briewe wat hul terug skryf.

Eers mag hul skrif soos ‘n gekrabbel lyk – dis hoe skrif begin- moedig hulle aan en hou aan om

saam te skryf.

4

6

Hoe om jou eie boekies te maak

Kinders geniet dit om prente te teken en hul eie bookies te maak. Jy kan heel eenvoudig begin

deur jou kind aan te moedig om 3 of 4 prente te teken. Kram of werk die bladsye met ‘n naald en

gare vas om ‘n boekie te maak. Vra jou kind uit oor die prente en wat hy/sy wil hê jy moet skryf.

Skryf sy/haar woorde onderaan die prente en lees die sinne saam. Skryf jou kind se naam op die

omslag en gee die boekie ‘n titel. Gebruik ook spraakbobbels.

5

7

Skrif om jou

Help jou kind om die skrif in jou omgewing en tuis te herken. Jy kan die verskillende woorde

vir jou kind uitwys en ook speletjies speel om woorde te onthou. Byvoorbeeld: padtekens

soos STOP; die verpakking van voedselprodukte bv. melk of vis; die name van winkels

of die petrolstasie; koerante of supermarkbylaes. Jy kan die bylaes en die verpakking van

voedselprodukte gebruik om winkel-winkel met jou kind te speel.

Lees die naam van ’n winkel of van ‘n produknaam en kyk of jou kind die word kan kry, of in bylae

wat jy lees of in die straat waar julle loop. Kinders hou ook daarvan om die name van plekke, of

hul eie inkopielyste te probeer skryf.

6

8

Letters en woorde

Kinders leer baie omtrent woorde en letters terwyl hulle speel. Jy kan jou kind se hand vat en

saam sy of haar naam in die sand skryf. Sódoende kan jou kind sien en voel hoe die letters

gevorm word.

Julle kan ook boontjies of vuuurhoutjies gebruik om letters te maak. Gebruik koerante en

tydskrifte vir woordspeletjies: kies ‘n letter en kyk hoeveel julle op ‘n bladsy kan vind. Trek ‘n sirkel

om die letter. Gebruik ook jou alfabetkaart vir woordspeletjies.

9

Rympies en liedjies

Sing en sê saam op al jul geliefkoosde rympies en liedjies. Laat julle vriende en familie ook deel

daarvan wees. Julle kan ook saam rympie – en - liedjieboekies maak. Rym help kinders met

spelling en maak dit vir hulle makliker om later op skool “woordfamilies” te bou. Maak julle eie

lawwe rympies.

Wielie wielie walie

Di aap sit op die balie

Tjoel tjat daar val hy af

Wielie wielie walie

7

10

Luister speletjies

Vra jou kind om sy of haar oë toe te maak en oplettend te luister vir verskillende geluide. Sê vir

jou kind om die geluide op te noem en vra dan:

“Dink jy die geluid was ver of naby; het dit hard of sag geklink; hoog of laag? Weet jy wie of wat

daardie geluid gemaaak het?” Moedig jou kind aan om te gesels oor dit wat hulle hoor. Bv. Ek kan

Pa se foon (naby) en die skoolklok (ver) hoor”.

Speel “Raai – Raai - riepa” saam

Om te begin, kies die eerste persoon ‘n voorwerp in die kamer of in ‘n prent. Die ander spelers

moet raai wat die woord is. Die enigste leidraad is die eerste letter van die woord – jy sê die

klank van die letter [Verduidelik dat letters beide ‘n naam en ‘n klank het] Jy kan ook die letter

uitwys op ‘n alfabetkaart.

Nog speletjies met woorde, letters en hul klanke:

• Kyk hoeveel woorde jy kan noem wat met dieselde klank begin

• Klap hande vir elke lettergreep of deel van ‘n word [AART–AP – PEL klap hande drie keer]

• Aan hoeveel voorwerpe kan jy dink wat aan dieselfde kategorie behoort? Probeer gerus hierdie

:vrugte, groente, diere – plaasdiere en wild, meubels, blomme, meisiename of seunsname, kleure,

speelgoed, kos ens.

• “Die minister se kat is ‘n …………kat” Begin by A en werk deur die alfabet deur elke keer ‘n

beskrywende naamwoord by te voeg. Elkeen kry ‘n beurt om aan ‘n word te dink: Die minister se kat

is ‘n Aaklige kat; bont kat; dors kat; eiesoortige kat ens.]

11

Om Goed te kan Hoor

Om goed te kan hoor is baie belangrik vir die aanleer van ’n taal. Dit is ook baie belangrik vir alle

ander leerwerk op skool. Sommige kinders wat harde geluide kan hoor, kan nie sagte geluide

soos ‘n gefluister hoor nie. Sommige kinders kan goed hoor met die een oor maar kan niks hoor

met die ander oor nie. Partykeer het kinders dae wanneer hulle niks kan hoor nie – dit gebeur

as hul “middeloor” verstop is. As jy vermoed dat jou kind nie goed kan hoor nie , soek hulp

by jou naaste kliniek, gesels met iemand by jou plaaslike OBOS kantoor of kontak die Rooikruis

Kinderhospitaal.

8

12

Wiskunde is pret - dis orals om ons

Ken die orde van die nommername:

Jy kan jou kind help as julle nommerliedjies en rympies sing en saam die name van die nommers

opsê. Julle kan hande klap en marsjeer terwyl julle saam tel.

Wees op die uitkyk vir nommers om jou - op jou telefoon, op nommerplate, kleingeld en

banknote

Pas die nommer en die hoeveelheid voorwerpe bymekaar:

Julle kan dit saam oefen op verskillende

maniere: As 6 mense aandete eet, het jy

6 borde nodig (en 6 lepels of vurke)

As 5 mense gaan piekniek hou en jy wil

vir elkeen ‘n appel gee, dan moet jy 5

appels tel.

As jy inkopies doen vra jou kind om te

help – tel aartappels of vrugte By die

huis kan julle speel-speel winkel hou met

kamma geld en inkopielyste.

En wanneer julle kook of bak kan julle saam tel en meet.

9

Kleure, Vorms, pas bymekaar en sorteer

Ken jou kleure:

Gesels oor die kleure wat om julle voorkom. Speel kleurspeletjies en gebruik woorde soos lig en

donker (BV: donkerblou en ligblou) Hou ‘n kleurdag – tel rooi motors of rooi voorwerpe rondom

die huis. Julle kan lekkers van verskillende kleure groepeer – smarties of jellytots . Julle kan ook ‘n

kleur plakboek maak.

Ken jou vorms:

Gesels oor die vorm van werklike dinge – kyk watter vorms dieselfde of anders is. Jy kan

byvoorbeeld vra- het al die vensters dieselfde vorm ? Kyk na die vorms van liquorice allsorts

lekkertjies en sit vorms wat dieselfde is bymekaar. Gebruik woorde soos Sirkel, Driehoek, Vierkant

en Reghoek.

Gesels oor hoeke en kante, groot en klein, lank en

kort, dieselfde en anders. Moedig jou kind aan om op

te let hoe voorwerpe lyk en om hulle te beskryf. JY

kan byvoorbeeld vra – “Kan jy die hoeke vir my wys?

Hoeveel is daar?” Goed só, ja, daar is drie hoeke.”

10

Pas bymekaar en sorteer

Sorteer voorstelle:

Julle kan knope en botteldoppies; boontjies; blare of klippies sorteer. Bespreek hoekom sekere

voorwerpe bymekaar hoort.

Pas bymekaar:

Pas voorwerpe met dieselfde kleur, grootte of vorm bymekaar en gesels daaroor.

Groottes:

Rangskik voorwerpe in orde– van die grootste tot die kleinste of van die kortste tot die langste.

11

13

Nuttige nommers en name

Suggestions for the back page: include a list of relevant resources and contact details. These

may include the local school, the school district office, the library, police station or fire station.

Also include non-governmental organizations related to child welfare and health. These will be

different for each group.

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!