Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
gaan oor moeilike dinge wat Jesus vir ons moes doen. Sy vriende het Hom alleen gelaat. En Hy

was deur sommige mense baie sleg behandel. Jesus het deur dit alles gegaan omdat Hy vir ons lief

is. Ons wil Jesus loof omdat Hy ons so liefhet. Vandag se boodskap sê vir ons iets baie belangrik:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Sê dit saam met my.

C. Blare

Laat die kinders buitetoe gaan, indien moontlik, en 'n paar blare bymekaar maak. Wanneer u weer

terug in die klaskamer is, kyk na die verskillende vorms, groottes en kleure van die blare.

Opsomming

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Waarvoor is blare goed? (Skaduwee, Iyk mooi) Het julle geweet

dat blare ook help om ons lug skoon te hou? Haal diep asem en blaas dit uit. Julle blaas iets uit

wat 'n mens koolstofdoksied noem, en dit is sleg vir ons om dit in te asem. Blare absorbeer die

koolstofdioksied uit die lug. Dan gee hulle suurstof af, wat goed is vir ons om in te asem. Dit is

baie soos ons Bybelverhaal vandag. Dit gaan oor hoe mense Jesus wreed behandel het, maar hoe

Hy vir hulle jammer gevoel het en hulle vriendelik behandel het. Jesus moes baie moeilike goed

vir ons doen, maar Hy het daardie dinge gedoen omdat Hy ons liefhet. Vandag se boodskap is:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Sê dit saam met my.

Gebed en Lof*

Samesyn

Vertel van die studente se vreugdes en hartseer (bly en bekommerd) soos wat hulle by die deur aan

u vertel het (soos vanpas). Laat tyd toe om ondervindings uit verlede week se lesstudie te deel en

hersien die geheueteks. Meld enige verjaarsdae, spesiale geleenthede, of prestasies. Groet alle

besoekers hartlik.

Voorgestelde Liedjies

"Praise Him, Praise Him" (Little Voices Praise Him, No. 221)

"God Is So Good" (Little Voices Praise Him, No. 88)

"Thank You, Jesus" (Little Voices Praise Him, No. 243)

"Jesus Smiles and Forgives" (Little Voices Praise Him, No. 77)

Sending

Sê: Jesus het baie moeilike goed vir ons gedoen. En daar is sendelinge dwarsoor die hele wêreld

wat moeilike dinge doen omdat hulle Jesus liefhet. Vandag gaan ons leer hoe (naam) Jesus geloof

het deur vir Hom te werk. Gebruik 'n verhaal uit Kindersending.

Offergawe

Sê: Julle het vandag julle offergawes gebring sodat andere kan leer hoe lief Jesus hulle het. Dan

kan hulle ook vir Jesus loof.

Gebed

Sê: Vandag in ons verhaal gaan ons hoor dat Jesus sleg en onregverdig behandel was net omdat

Hy ons so liefgehad het. Kom ons dank Hom dat Hy ons liefhet en moeilike dinge vir ons doen.

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 4