24.09.2013 Views

Junior Jaar B – Kwartaal 2 – Les 4 - Transvaal Conference ...

Junior Jaar B – Kwartaal 2 – Les 4 - Transvaal Conference ...

Junior Jaar B – Kwartaal 2 – Les 4 - Transvaal Conference ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GEMEENSKAP

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 1

Junior Jaar B – Kwartaal 2 – Les 4

Tema vir die Maand: Ons aanvaar verantwoordelikheid.

Titel: Verbrand Jou Skaatse

Kragteks: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam

van die Vader en die seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle

beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” (Matthéüs

28:19,20).

Sleutelteks en Verwysings: Matthéüs 28:16-20; Die Koning van die Eeue, bl. 686-702.

Doelstellings

Die studente sal:

Weet dat Jesus hulle gevra het om die evangelie met andere te deel.

Bevoorreg voel om gekies te wees om andere van Jesus te vertel.

Reageer deur die verantwoordelikheid te aanvaar om die goeie nuus van die verlossing

met andere te deel.

Kragpunt: Ons aanvaar die verantwoordelikheid om die goeie nuus met andere te deel.

Die Bybelles in ‘n Oogopslag

Net voor Jesus teruggaan hemel toe, laat Hy instruksies vir al Sy volgelinge. Hulle moet vir andere

regoor die wêreld van Jesus en die goeie nuus van verlossing vertel, en hulle leer om Hom te volg.

Hierdie is ‘n les oor gemeenskap.

Ons het ook die opdrag om die goeie nuus van Jesus met andere rondom ons te deel. Jesus beloof

om altyd by ons te wees terwyl ons doen wat Hy ons vra.

Verryking vir Onderwyser

Die Groot Opdrag wat in Matthéüs 28:19,20 gegee word, bevat die groot handves van die

Christelike kerk. Hulle moes na die eindes van die wêreld gaan en alle nasies leer - beide Jode en

Heidene; daarom word daar ook na verwys as die handves van buitelandse sending.

“Christelikheid was die eerste godsdiens om ‘n ware internasionale karakter aan te neem.

Heidense godsdienste was grootliks ontneem van sendingywer en aktiwiteit. Hulle was

hoofsaaklik nasionaal in karakter en het nie uitgegaan om bekeerlinge van ander nasionale groepe

te maak nie” (The Seventh-day Adventist Bible Commentary, vol. 5, bl. 559).

“Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15), is

Christus se bevel aan Sy volgelinge. Nie dat almal geroep is om in die gewone sin van die woord

predikante of sendelinge te wees nie; maar almal kan Sy medewerkers wees om die “blye tyding”

aan hul medemens te verkondig. Aan almal, groot of klein, geleerd of onkundig, oud of jonk, word

die bevel gegee.” (Opvoeding, bl. 264.)

“God het reeds lank gewag dat die gees van diens van die hele kerk besit moet neem sodat elkeen

volgens sy vermoë vir Hom kan werk. Wanneer die lede van Gods kerk hulle aangewese werk in

die behoeftige velde, tuis en in die buiteland, ter vervulling van die evangelie-opdrag doen, sal die

hele wêreld spoedig gewaarsku word en dan sal die Here Jesus met krag en groot heerlikheid na

die aarde terugkeer” (Die Handelinge van die Apostels, bl. 90).

“Iemand moet die opdrag van Christus uitvoer; iemand moet die werk wat Hy op die aarde begin

doen het, voortsit; en aan die kerk is hierdie voorreg gegee. Vir hierdie doel is dit georganiseer.

Waarom dan het kerklede nie die verantwoordelikheid aanvaar nie? ... In die verwaarlosing van

hierdie werk wat in hulle eie grense is, in die weiering om hierdie laste te dra, het die kerk baie

skade gely. As die kerk hierdie werk gedoen het soos hulle dit behoort te gedoen het, sou hulle

die instrument gewees het om baie siele te red” (Testimonies for the Church, Vol. 6, bl. 295).

Wat doen ek om die evangelie-opdrag te vervul? Hoe kan ek ‘n voorbeeld vir my klas wees en hulle

inspireer om hulle deel te doen?

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 2

Programnotas

Lesafdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

Verwelkoming Deurlopend Groet student by die deur.

Luister na bly/bekommerd

1. Gereedheidsopsies Tot 10 A. Sendingdagdrome

B. Bybelse Sendeling

C. Skoensoektog

Gebed en Lof* Tot 10 Samesyn

Voorgestelde Liedjies

Gebed

Sending

Offergawe

2. Bybelles Tot 20 Inleiding van Bybelverhaal

Ervaar die Verhaal

Bybelondekking

Papier, potlode,

ensiklopideë,

reisboeke, wêreldatlas

Bybels,

konkordansies,

papier, potlode,

witbord en merker

Bybels, student se

skoene

He Is Our Song

Aardbol of kaart

Tienersending

offergawehouer

Bybels, verhaal OF

groot papier vir

muurprent, verf,

gekleurde penne

Bybels, karate

(opsioneel)

3. Toepassing van Les Tot 15 Scenario’s

4. Deel die Les Tot 15 Die Evangelie in ‘n

Neutedop

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 3

Papier, potlode

Verwelkoming

Verwelkom die studente by die deur en wys hulle na hul tafel / klein groepleier. Vra die studente

hoe hulle week was – waaroor is hulle bly/bekommerd. Som laas week se Bybel les met die

studente op. Sê: "Wat was die mees interessante deel van die Bybel Storie? Watter aktiwiteit

het jy die mees nuttig gevind? Watter aktiwiteit was die meeste pret? (Die leier moet weet wat

die studente se aktiwiteite was vir die afgelope week, sodat hy/sy die bespreking kan lei.) laat die

studente met die gereedheid aktiwiteit van jou keuse begin.

1. GEREEDHEIDSAKTIWITEITE

Kies die aktiwiteit of aktiwiteite wat die beste by u situasie pas.

A. Sendingdagdrome

U Benodig:

papier

potlode

ensiklopidieë

reisboeke

wêreldatlas

Sê: Maak asof julle ‘n sendeling in ‘n vreemde land is. Maak ‘n dagboek inskrywing vir julle dag

se aktiwiteite. Sluit die land wat julle kies en hoe dit is om daar te woon, in.

Opsomming

Gee die studente die geleentheid om die gedagtes wat hulle neergeskryf het, te deel. Vra: Het

julle al ooit daaraan gedink om ‘n buitelandse sendeling te wees? Ken julle enigiemand wat ‘n

buitelandse sendeling was of is? Wat dink julle van hulle? Dink julle dat hulle ‘n unieke tipe

persoon moet wees of kan enigiemand dit doen? Moet ‘n mens na ‘n ander land gaan om ‘n

sendeling te wees? Kom ons lees ons kragteks vir vandag, Matthéüs 28:19,20. Vandag wil ons

hê dat God moet wees dat

ONS AANVAAR DIE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL.

B. Bybelse Sendelinge

U Benodig:

Bybels

konkordansies

papier

potlode

witbord en merkers

Vra elke student om ‘n lys te maak van ten minste drie bybelse karakters wat sendelinge was, in

hulle eie gemeenskappe of in vreemde lande.

Opsomming

Laat hulle deel wat hulle gevind het terwyl u ‘n lys op die bord maak. Skryf die name van die

karakter sowel as die aktiwiteit wat hulle beoefen het op die bord (bv. Paulus, preek; Dorkas,

welsyn; Abraham, gasvryheid, ens.) Vra: Het julle al ooit gedink oor wat dit beteken om ‘n

sendeling te wees? Wou julle al ooit ‘n sendeling wees? Moet ‘n persoon na ‘n ander land gaan

om ‘n sendeling te wees? Hierdie Bybelse karakters is goeie voorbeelde daarvan om die

evangelie met andere te deel. Kom ons lees ons kragteks saam, Matthéüs 28:19-20. Vandag wil

ons vir God sê dat

ONS AANVAAR DIE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL.

C. Skoensoektog

U Benodig:

Bybel

studente se skoene

Laat die studente hulle skoene uittrek en dit deurmekaar op ‘n hoop aan die eenkant van die

klaskamer pak. Laat hulle dan spanne maak van drie of meer aan die teenoorgestelde kante van

die klaskamer. Sê vir die studente dat die eerste persoon in elke span die “speurder” is.

Verduidelik dat die tweede persoon in elke span hulle skoene aan die speurder sal beskryf wat dan

sal hardloop om dit in die hoop skoene te vind en dit terug te bring.

Indien die speurder die verkeerde skoene terugbring, moet daardie persoon meer leidrade kry en

weer gaan soek. Indien die speurder die regte skoene terugbring, trek die eienaar dit aan en word

die speurder. Laat die studente die proses herhaal totdat een span al die skoene gevind het.

Opsomming

Vra: Wat was moeilik aan die speletjie? Hoe was dit om jou skoene aan iemand te beskryf wat

nie geweet het hoe dit lyk nie? Lees 1 Petrus 3:13-17. Vra: Hoe is om jou skoene aan ‘n vriend te

beskryf dieselfde as om die evangelie aan jou vriende te vertel?

Sê: Vandag leer ons van die Groot Opdrag. Kom ons soek ons kragteks, Matthéüs 28:19,20 op en

lees dit saam. Dit is dikwels ‘n uitdaging om die evangelie duidelik en effektief aan te bied, net

soos wat dit ‘n uitdaging was om jou skoene so te beskryf dat iemand anders dit kan vind, maar

omdat God ons gevra het om dit te doen,

AANVAAR ONS DIE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL.

(Aangepas uit First Impressions: Unforgettable Openings for Youth Meetings [Loveland, Colo.:

Group Publishing, 1998], bl. 18, 19).

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 4

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 5

Gebed en Lof*

Samesyn

Vertel van die studente se blydskap en hartseer (bly en bekommerd) soos wat hulle by die deur

aan u vertel het (soos vanpas). Indien hulle vir u toestemming gegee het, deel een of twee

spesiale items uit die studente se Bybelstudie gedurende die week. Meld enige verjaarsdae,

spesiale geleenthede, of prestasies. Groet alle besoekers hartlik.

Voorgestelde Liedjies

“Let’s Talk About Jesus” (He Is Our Song, No. 46)

“Song for the Nations” (He Is Our Song, No. 131)

“Pass It On” (He Is Our Song, No. 130)

Gebed

U Benodig:

aardbol of kaart

Wys die aardbol of kaart en vra studente om ‘n land te kies en daarop te fokus. Gee hulle dan in

die gebed ‘n geleentheid om God se spesiale seëninge te vra op Sy werk in die lande wat hulle

gekies het.

Sending

Gebruik Tienersending, Mission Spotlight, of ander sendingverslag wat u beskikbaar het.

Offergawe

U Benodig:

offergawehouer

U kan voortgaan om die offergawehouer wat drie weke gelede voorgestel is, te gebruik.

Voordat u die kollekte opneem, vra die klas of enigiemand hulle geld vir ‘n spesiale projek spaar.

Wys daarop dat die verhaal wat hulle gedurende die komende week gaan lees, so ‘n situasie

beskryf en dat dit lidmate iets kan gee om aan te dink.

2. BYBELLES

Inleiding van die Bybelverhaal

Vra vier vrywilligers om ‘n rolspel te doen. Gee vir hulle hierdie scenario om te gebruik:

Joe het gewag vir nuus van sy aanvaarding by ‘n privaat skool vir gevorderde sekondêre studies,

met die fokus op waarvan hy regtig hou: rekenaars. Hy sit elke dag op “naalde en spelde”

(angstig en opgewonde) en wag terwyl hy die pos dophou vir sy aanvaardingsbrief. Almal weet

daarvan: sy onderwysers, sy vriende, sy bure, en natuurlik sy familie. Uiteindelik kom die brief.

Dit is dik. Dit moet goeie nuus wees. ‘n Brief om te sê dat hy nie aanvaar word nie, sal slegs een

bladsy wees. Hy maak die brief oop. Hy is in!!!!!!

Nadat die rolspel gedoen is, vra: Hoe het Joe gevoel toe hy sy toelatingsbrief ontvang het? Hoe

het hy gereageer? Het hy dit stilletjies vir homself gehou? Of wou hy hê dat almal moes weet?

Ons Bybelles vandag gaan oor die “Groot Opdrag” wat Jesus vir ons gegee het om die goeie nuus

van Hom met andere te deel.

OF

Nooi iemand wat op ‘n kort-termyn sendingreis gedien het om na die klas te kom en in ‘n kort

aanbieding met hulle te gesels oor die opwindende aspekte van so ‘n ondervinding.

Sê: Ons Bybelles vandag gaan oor die “Groot Opdrag” wat Jesus vir ons gegee het om die goeie

nuus van Hom met andere te deel.

Ervaar die Verhaal

U Benodig:

Bybels

verhaal

Laat die studente Matthéüs 28:16-20 lees deur beurte te maak. Kies dan drie vrywilligers om die

gedeeltes van die verhaal “Beeswagter van Soedan” te lees. Hierdie verhaal sal hulle help om te

verstaan wat dit beteken om ‘n sendeling te wees.

Beeswagter van Soedan

Josef het baie kort swart hare en ‘n pragtige blink swart vel. Josef behoort aan die Dinka stam in

suidelike Soedan. Hierdie stam trek van plek tot plek om weiding vir hulle beeste te vind. Beeste

is hulle waardevolste besittings.

Sewe Jaar Oud

Toe Josef 7 jaar oud was, het hy in ‘n klein dorpie in Suid Soedan gewoon nie ver van die Wit

Nylrivier nie. [Kry dit op die kaart.] Dit is ‘n gebied waar daar met beeste geboer word, omdat dit

wye, groen grasvlaktes, hoë bosse, en koel, skaduagtige plantasies het.

Vandat Josef kan onthou, het hy elke oggend voor sonop opgestaan, sy broek en hemp aangetrek

en na buite gegaan. Josef het gehou van die vroeg oggend reuke en geluide. Die lug het na rook

van brandende hout geruik en ontbyt wat in die klein kookskerm gekook word. Hane het gekraai,

en die beeste het sagte geluide gemaak terwyl hulle wakker geword het.

Josef se huis wat ‘n tukul [TOO-kul], genoem was, was ‘n hut wat van pale wat met modder bedek

was en met ‘n grasdak. Die vloer was harde grond. Hy en sy familie het op geweefde matte wat

op die vloer gelê het, geslaap.

Josef se pa het ‘n groot trop beeste gehad - meer as ‘n duisend. Net nadat hy ‘n stukkie brood

geëet en ‘n warm drankie gedrink het, het hy gehardloop om die ander seuns te ontmoet wat die

koeie uitgeneem het om te gaan wei.

Josef se broers en nefies het gehelp om die beeste na die vars groen gras te lei om te gaan wei.

Twee jaar later, toe Josef 9 was, het hy begin skoolgaan en geleer om te lees en te skryf. Hy het

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 6

net deeltyds skool toe gegaan en deeltyds die beeste opgepas.

Veertien Jaar Oud

Toe Josef 14 was, het die oorlog in Soedan na sy gebied versprei. Die dorpskool is gesluit en Josef

was gestuur om die beeste voltyds op te pas. Omdat hy die oudste van sy neefs en broers was,

was hy in beheer van al die beeste en al die ander beeswagters.

Josef het die beeste na ‘n weiveld gelei en ‘n plek gekies waar daar baie gras vir die trop beeste

was. Daarna het hy en die ander seuns rondom die trop beeste uitgesprei sodat hulle nie kon

wegdwaal waar daar gevaar was nie. Hulle het hulle oë oopgehou vir wilde diere; leeus, hiënas, en

luiperds.

Om homself en die beeste te beskerm, het Josef ‘n knopkierie en ‘n spies, wat ‘n kokap, genoem

was, gedra. Josef het die spies gebruik om vis in die rivier of meer dood te maak. As ‘n wilde dier

hom aangeval het, kon hy dit ook gebruik om die dier dood te maak.

Josef het nie vir hom middagete na die weiveld saamgeneem nie. In plaas daarvan het die seuns

enigiets wat hulle kon vind of vang, geëet. Soms het hulle vis gevang met hulle spiese en dit oor ‘n

vuur gebraai. Soms het hulle in ‘n klapperboom geklim en van die vrugte gepluk en geëet. Josef

het geweet watter wortels hulle kon eet. Een wortel wat hy geniet het, was kai genoem. Dit het

amper soos ‘n wortel geproe. Nog ‘n wortel wat die seuns uitgegrawe het, was alos. Hulle het

hierdie vars groente geëet terwyl hulle gewerk het.

Josef het die son dopgehou soos wat dit deur die blou lug beweeg het, en wanneer die naby die

horison gekom het, het hy die seuns geroep en het hulle die beeste teruggeneem na die dorpie en

hulle vir die nag in die stalle gejaag. Dikwels terwyl hulle vir aandete gewag het, het die seuns

adier gespeel, ‘n speletjie wat amper soos sokker of hokkie is. Hulle het in twee spanne verdeel en

probeer om doele by die ander span se doelpale aan te teken. Hulle het nie ‘n sokkerbal gehad

nie, en het sommer met ‘n houtbal gespeel. Die bal was hard en kon regtig seermaak wanneer dit

een van die seuns getref het.

Na die speletjie, het die seuns huis toe gegaan vir ‘n aandete van mieliepap en melk.

Josef Word Groot

As gevolg van die oorlog moes baie mense uit hulle dorpies trek na ander gebiede waar dit veilig

was. Baie van hulle het na Khartoum, die groot stad in die noordelike deel van die land gegaan.

Josef het sy klein dorpie verlaat en ver van die huis weggegaan om veilig te wees van die oorlog.

Hy het na Ethiopië gevlug. [Vind op die kaart.] Terwyl hy in Ethiopië was, het Josef van Jesus

geleer. Hy het ontdek dat Jesus hom so lief gehad het dat Hy vir hom gesterf het. Hy het geleer

dat Jesus binnekort gaan terugkom om almal wat Hom liefhet te kom haal om saam met Hom in

die hemel te gaan woon, waar daar nie meer oorlog en vlugtelinge sal wees nie!

Toe die kerk vir vrywilligers gevra het om die boodskap van Jesus se liefde na dorpies te neem

waar mense nog nooit van Jesus gehoor het nie, het Josef ingewillig om te gaan. Vandag is hy ‘n

werker vir Jesus in ‘n gebied wat die New Cush genoem word. Hy was gewoond daaraan om sy

vader se beeste op te pas, maar vandag pas hy God se skape en lammertjies op, om te sien dat

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 7

hulle veilig is teen Satan.

(Herduk uit Kindersending, Vierde Kwartaal, 15 November 1997)

Opsomming

Sê: Hierdie verhaal wys vir ons dat mense nog steeds die uitdaging aanvaar om die goeie nuus te

deel. Net soos Josef,

AANVAAR ONS DIE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL.

OF

U Benodig:

Bybels

groot papier vir muurprent

verf

gekleurde penne

Lees Matthéüs 28:16-20. Sê: Hierdie gedeelte gaan oor Jesus wat “Die Groot Opdrag” gee. Wat

dink julle beteken “Die Groot Opdrag”? (“Opdrag” beteken ‘n bevel om op ‘n spesifieke manier

op te tree om spesifieke dinge te doen.) Hoe sal julle dit illustreer?

Sê: Ek wil hê dat julle by die andere moet aansluit om ‘n muurprent te maak wat hierdie versie

uitbeeld en hoe dit gedoen kan word. Julle wil dit dalk bespreek en met ‘n meesterplan

vorendag kom. Som op wanneer die studente klaar is, of die bepaalde tyd verstreke is.

Opsomming

Vra: Wat is die oorhoofse gevoel van die muurprent? Watter simbole of beelde was gebruik om

die groot opdrag te illustreer? Wat beteken hulle? Word dit vandag gedoen? Wie doen dit?

Wie behoort dit te doen? Lyk dit soos iets waarby julle betrokke wil raak? Vandag wil ons graag

vir Jesus sê dat

ONS AANVAAR DIE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL.

Bybelontdekking

U Benodig:

Bybels

kaarte (opsioneel)

Laat die studente Markus 16:15 opsoek en lees. Sê: Dit kan dalk ‘n bietjie oorweldigend lyk dat

ons verantwoordelik is om die goeie nuus na almal in ons eie krag te neem. Hoe kan ons hierdie

“opdrag” ‘n bietjie makliker maak? Kom ons soek Handelinge 1:8 op en lees dit. Lees die versie

hardop saam. Vra: Eerstens, waar gaan ons die krag kry om ons “opdrag” uit te voer? (Ons sal

krag van die Heilige Gees ontvang.) En wat is ons presiese opdrag? (Om getuienisse te wees van

wat Jesus vir ons gedoen het en vir andere wil doen.) En wat sê hierdie versie vir ons om ons te

help om ons verantwoordelikheid makliker te maak as “aan alle nasies”? (Dit sê gaan na

Jerusalem, Judea, Samaria en na die eindes van die aarde.) Wat beteken dit? (Jerusalem is ‘n

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 8

stad, Judea kan vergelyk word met ons provinsie, Samaria kan die land beteken, en die eindes van

die aarde is self-verduidelikend. Daar word van ons gevra om te begin waar ons is en dan verder

te gaan soos wat God ons lei.) Waar ons ookal is

AANVAAR ONS DIE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL.

Scenario

3. TOEPASSING VAN DIE LES

Lees die volgende scenario hardop vir u studente: Jasmin ontmoet vir Jerrod deur ‘n

gemeenskaplike vriend. Hulle hou van mekaar en begin lekker gesels en sien mekaar net

wanneer hulle kan. Toe Jerrod uitvind dat sy ‘n Christen is, vra hy haar ‘n direkte vraag: “Ek het

altyd gehoor dat mense van die “goeie nuus van die evangelie” praat. Wat is dit? As dit sulke

goeie nuus is, wil ek dit hoor. Waarom is mense so ontwykend en beskermend daaroor? Jasmin

het nie eintlik geweet wat om te sê nie. “Ek dink dat Jesus gesterf het en weer opgestaan het,”

het sy gesê sonder om te weet wat om regtig te sê. “Wat is goed aan daardie nuus? Wat het dit

met my te doen?” het Jerrod geantwoord. “Ek, um ... ek weet nie,” het Jasmin gesê en vinnig

die onderwerp verander, ‘n bietjie in die verleentheid. Jerrod het tevrede gevoel met sy mening

dat Christelikheid niks vir hom gehad het nie.

Opsomming

Vra: Was Jerrod reg? Hoe kon Jasmin die goeie nuus van die evangelie verduidelik het? Hoekom

dink julle het sy nie geweet nie? Wat sou julle gedoen het as julle julleself in so ‘n situasie

bevind het? Hoe kan julle beter voorberei wees om iemand se vrae te beantwoord?

Sê: Indien

ONS DIE VERANTWOORDELIKHEID AANVAAR OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL,

aanvaar ons ook die verantwoordelikheid om te weet wat die goeie nuus is en hoe dit ons

lewens beïnvloed het.

Die Evangelie in ‘n Neutedop

U Benodig:

papier

potlode

4. DEEL DIE LES

Vra: Het julle al ooit na ‘n advertensie gekyk of geluister? Verduidelik dat in ‘n advertensie jy die

hele konsep en inligting oor die produk moet neem - die belangrikheid daarvan - en dit in meer as

vyf van die belangrikste kwaliteite, karaktertrekke, of verkoopspunte van daardie produk moet

verdeel. Alles hiervan moet dan in 30-60 sekondes van advertensietyd inpas.

Verdeel die studente in groepe van vyf of ses. Vra hulle om ‘n advertensie te maak vir die goeie

nuus van die evangelie, deur dieselfde tegnieke te gebruik. Herinner hulle om aan die

“verkoopspunt” te dink, die ding wat sal maak dat die mense die idee sal “koop.” Wanneer hulle

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 9

gereed is, vra vir vrywilligers om hulle advertensies te deel.

Opsomming

Vra: Wat is die “verkoopspunt” van die advertensies? Wat is die sleutelpunte? Waarom sal

iemand opgewonde wees hieroor? Hoe kan u hierdie inligting gebruik om jou vreugde oor die

goeie nuus met jou vriende te deel? Jou klasmaats? Jou onderwysers? Jou familie? Wat kan

julle hierdie week doen om julle vreugde te deel? Kom ons sê ons kragpunt saam:

ONS AANVAAR DIE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GOEIE NUUS MET ANDERE TE DEEL.

Afsluiting

Sê: Vader, ons aanvaar die verantwoordelikheid om die goeie nuus met andere te deel. Help

ons om die moed te hê om ons vreugde met andere wat U nodig het, te deel. Dankie dat U

hierdie verantwoordelikheid aan ons toevertrou het. Amen.

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!