van Staden, Ancilia. "Skupe - onbewoonde huise ... - National Museum
van Staden, Ancilia. "Skupe - onbewoonde huise ... - National Museum
van Staden, Ancilia. "Skupe - onbewoonde huise ... - National Museum
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Skulpe

onbewoonde huise van die natuur

Ancilia van Staden

Seeskulpe is die uitwendige skelet van weekdiere soos

slakke, mossels, oesters en kauri's. Hulle bewoon die

oseane van die wêreld in 'n groot verskeidenheid van

omgewings en op verskillende dieptes. Hulle habitat wissel

van getypoele langs die strand tot die diepsee. Hierdie

skulpe kan gevind word waar hulle op die strande uitspoel,

in rotspoele, onder sand tydens lae getye, in die vlak waters

van die see, sowel as in die donker dieptes van die

seebodem.

Daar is wêreldwyd nagenoeg 100 000 lewende spesies

weekdiere. Party, soos die bobbelvlot-slakke, lewe in die

oop see waar hulle op vlotte van slymerige lugbelle ronddryf.

Ander, soos klipmossels, klou alte hardnekkig en amper

Die skulp-uitstalling in die Nasionale Museum.

Wie van ons het nie al op die strand geloop en skulpies opgetel nie? Dis een van daardie natuur-pasellas wat die

meeste van ons betower. Skielik voel jy weer vry en sorgeloos wanneer jy kaalvoet, met seesand tussen jou tone,

telkens buk om die kleinste skulpies op te tel en jou te verwonder aan die verskeidenheid, mooi kleure, vorms en patrone.

bewegingloos aan rotse en ander oppervlakke vas, terwyl

sommige hulle weer onder die sand ingrawe. Skulpe dien

nie net as sterk metaalpakke wat hierdie sagte, weerlose

diere beskerm nie. In sommige gevalle bied hulle

spieraanhegtingspunte en partykeer is hulle daar vir

kamoeflering. Skulpe word deur 'n afskeiding van die sagte

mantel van die weekdiere gevorm en bestaan gewoonlik uit

'n horingagtige buitenste laag, 'n aantal middelste kalkagtige

lae en 'n binneste gladde, blinkerige perlemoenlaag. Soos

wat die weekdiere groei, groei hul skulpe ook.

Elke soort skulp het sy eie unieke ontwerp en patroon, maar

almal word op dieselfde argitektoniese manier gevorm. 'n

Skulp is 'n spiraal wat om 'n sentrale as waaraan die spiere
van die diertjie vasgeheg is,

draai. Elke draai word breër

namate die diertjie groei. Die

meeste weekdiere spiraal die

draaie kloksgewys, maar daar is

'n paar uitsonderings waar die

draaie antikloksgewys vorm.

Sommige soorte skulpe het baie

mooi vorms en helder kleure,

ander weer is baie eenvoudig en

kleurloos. Van die kleinste

skulpe is dié van seeslakke

(vitrinellids) wat in baie dele van

die wêreld voorkom. Sommige

van hierdie skulpe groei net so

groot soos 'n sandkorreltjie. Die

grootste skulp is dié van die

reuse mossel van die Suidelike Stille- en Indiese Oseaan.

Hierdie skulp kan 'n lengte van 1,2 m bereik en tot 230 kg

weeg.

Die kos wat weekdiere eet asook die water en grond waarin

hulle leef, voorsien die minerale wat aan die skulp sy vorm

en kleur gee. Die bloedstroom van die dier vervoer die

minerale na die sagte, vlesige mantel wat die skulp

vervaardig. Die binneste laag van die mantel vorm die

binneste skulplaag, terwyl die buitenste kante van die

mantel help om die middelste en buitenste lae van die skulp

te vorm. 'n Deel van die mantel vervaardig ook die dun lagie

wat die buitekant van die skulp bedek – hoe dunner hierdie

beskermingslagie, hoe ligter van kleur is die skulp.

Die patroon van die skulpkleur hang hoofsaaklik van twee

faktore af. Eerstens of kleur aaneenlopend bygesit word en

tweedens die hoeveelheid plekke in die mantel

waarvandaan kleur bygesit word. As kleur deurlopend vanaf

net een plek op die mantel bygevoeg word, het die skulp net

een streep. As kleur deurlopend vanaf vier plekke bygevoeg

word, sal die skulp vier strepe hê en as die kleurvloei van tyd

tot tyd onderbreek word, sal kolle of strepe op die skulp

vorm.

As 'n skulpdier lyk die oester allesbehalwe indrukwekkend,

en tog vervaardig die pêreloester een van die gesogste

juwele in die wêreld, die bekorende pêrel. Alle

skulpdraende weekdiere kan die binneste perlemoenlaag

gebruik om pêrels te vorm, maar slegs die pêrels van twee

spesies oesters het enige handelswaarde. Wanneer die

binneste perlemoenlaag gevorm word, steek daar soms 'n

vreemde voorwerp soos 'n sandkorreltjie of 'n stukkie

gebreekte skulp tussen die mantel en die perlemoenlaag

vas. Die mantel word geïrriteer deur die indringer en

produseer ekstra perlemoen. Die perlemoen bou in

konsentriese lae rondom die voorwerp op en vorm op dié

manier 'n pêrel. Die twee grootste verskille tussen

natuurlike en gekweekte pêrels is dat eersgenoemde se

binnekern kleiner is en dit het meer, maar dunner,

perlemoenlae.

Vanaf die vroegste tye hou skulpe 'n besonderse bekoring vir

die mens in. Talle argeologiese opgrawings van

prehistoriese nedersettings lewer deurgaans baie skulpe op.

Dit dui aan dat weekdiere nie net as kos geëet is nie, maar

die skulpe is ook onder andere as ornamente, gereedskap

en verskeie werktuie gebruik.

Die bekende logo van die Shell-oliemaatskappy is

deur 'n skulp geïnspireer. (Foto: Elizabeth Brown)

Die Fenisiërs en Romeine het

die kosbare seeslakke,

Haustellum brandaris, nie

hoofsaaklik vir hulle skulpe of

as kos versamel nie, maar

vanweë 'n klein kliertjie naby hul

kieue wat die kosbare kleurstof,

“die keiserlike purper”, afgeskei

het. Hulle het geglo dat

materiaal wat hiermee gekleur

is, meer werd was as goud.

Die slakke wat in die verlede

waarskynlik die kosbaarste

skulpe besit het, is die kauri's.

In antieke tye is die kauri- en

tandskulpe as geld gebruik. Die

Italiaanse woord vir die glansende kauriskulp is

“porcellana”, waarvan ons woord “porselein” afgelei is. Die

kauri se skulp word dan ook die porseleinskulp genoem. In

sekere dele van die wêreld is dié skulpe by die tonne van

hawens aan die Indiese Oseaan na Afrika verskeep, waar dit

in die binneland verhandel is. Die rykdom van sekere Afrikaheersers

is eerder gemeet volgens die hoeveelheid

kauriskulpe as die hoeveelheid edelmetale in hul besit,

terwyl slawe ook met hierdie skulpe gekoop is.

Skulpe is en was nog altyd 'n groot bron van inspirasie vir

allerlei kunstenaars - van juweliers wat die mooiste

armbande, oorringetjies en halssnoere daarvan maak tot

vakmanne wat musiekinstrumente, spieëls,

parfuumbotteltjies ens. daarmee versier. Voordat plastiek

populêr was, het kleremaaksters die skulpe van

varswatermossels gesny om knope mee te maak.

Die Shell-oliemaatskappy gebruik die vorm van die

kartelskulp (Pecten), as sy bekende logo.

Vandag is baie invertebraat-spesies in gevaar om uit te sterf,

hoofsaaklik as gevolg van menslike bedrywighede. Seeinvertebrate

word wêreldwyd grootliks deur roekelose

oseaan-besoedeling bedreig.

Shells – Uninhabited Houses of Nature - Ancilia van Staden.

Sea shells are the exoskeletons of molluscs such as sea

snails, mussels and oysters. There are some 100 000 living

species inhabiting a wide range of ocean environments. The

shell is a secretion of the mollusc’s mantle, which is a skirt

of skin covering the animal and enclosing its gills. The

minerals from which the shell is formed are derived from the

mollusc’s food as well as from the water and substrate in

which it lives. Shells have always been of value to people,

having been used as implements, jewellery and even money.

Besoek gerus die indrukwekkende skulpuitstalling in die

Invertebraatsaal van die Nasionale Museum waar 'n groot

aantal verskillende seeskulpe besigtig kan word.

Bronne

http://en.wikipedia.org/wiki/Seashell. (geraadpleeg 10 Jun 2011)

World Book Encyclopedia. 2001. Vol. 17. Chicago: World Book Inc.

World Book's Young Scientist. 2001. Vol. 3. Chicago: World Book Inc.

Wye, K.R. 1991. The Illustrated Encyclopaedia of Shells. London: Headline

Book Publishing PLC.