DIE AARD EN BETEKENIS VAN DIE ESKATOLOGIE IN DIE ...
DIE AARD EN BETEKENIS VAN DIE ESKATOLOGIE IN DIE ...
DIE AARD EN BETEKENIS VAN DIE ESKATOLOGIE IN DIE ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
DIE AARD EN BETEKENIS VAN DIE ESKATOLOGIE IN DIE

EKSISTENSIETEOLOGIE VAN BULTMANN EN SY NAVOLGERS

I. J. du Plessis (Universiteit van Zoeloeland)

A. Begripsverkenning

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Wanneer daar gepoog word om oor die eskatologie 'n uitspraak

te doen binne die raamwerk van die sog. eksistensieteologie. dan is

dit allereers nodig om tot 'n duidelike omIyning van die begrippe

waarmee ons opereer, te kom. Dit is nodig vanwee 'n duidelike

betekenis verskuiwing wat daar die laaste jare ingetree het t.O.V. die

woord eskatologie/eskatologies. En dit is veral vanwee die wyse waarop

juis die eksistensialisme in die Nuwe-Testamentiese eskatologie gebruik

is vir die verstaan van hierdie begrip.l

Alhoewel die N.T.e wetenskap in die jongste tyd beslis die eskatologie

weer gaan uithaal het uit die laaste hoofstuk van die Dogmatiek,

gaan die wee tog weer uiteen wanneer die eksistensieteoloe onder

aanvoering van Bultmann die eskatologie van Jesus s6 gaan verbreed

het, dat dit 'n "immer in der Entscheidung stehen" is. Die tydelike

aspek word eenvoudig deur hulle opgegee omdat die Bultmann-skool

hom nie gebonde voel aan die etimologie van die begrip nie. Dit is

eerder die eietydse filosofie wat hier die bepalende faktor is by die

verklaring en verstaan van die term eskatologie. Dit is seker waar

dat aIle teologie tydgebonde is en dat die eksistensieteoloe nie hoef

te ontken dat dit met hulle die geval is nie. 2 Hierdie teoloe maak

daar geen geheim van dat hulle gebruik maak van die eksistensiale

interpretasie van Martin Heidegger nie. 3 Harbsmeier is stelIig korrek

in sy siening as hy se: "There is no specific principle in existentialism

which Bultmann has sought out to serve him in his theological system.

Only his conviction that here was true and factual thinking led him

to accept the apparent challenge presented by the early work of

Heidegger. Sein und Zeit". As hy egter verder beweer: "Bultmann

happened upon existential philosophy during his New Testament studies"

(p. 149) dan Iyk dit na 'n nalewe dissipel wat blind is vir anachronisme

in sy apologie vir sy meester.

Hierdie betekenisverskuiwing by jou eksistensieteoloe moet steeds

in rekening gehou word in hierdie onderwerp, ook met die oog op 'n

beoordeling van hierdie beskouing. Dit is naamlik 'n ope vraag of

so 'n verskuiwing geregverdig is vanuit die duidelike temporele inhoud

van die woord "eschatos". asook vanuit die verstaan van die Evangelieboodskap

in die vroegste kerk. Is die hele Skrifwoord hier nog werklik

die norm vir die begripsbepaling of is dit slegs sekere dele uit die

132
Skrif wat pas in die filosofiese raamwerk en voorveronderstelJings

van die eksegeet wat gebruik word vir die bepaling van die inhoud

van 'n begrip?

Volgens die ThW Il 694 dui die term eschatos in die N.T. hoofsaaklik

op 'n tydelike Jaaste waaruit die eskatologiese aanwending

van die term ontwikkel het. Uit die Septuaginta. Targums. rabbinistiese

en apokaliptiese literatuur kom die bekende uitdrukkings voor: in

'die laaste dae, aan die einde van die dae. einde ens. Die begrip

was algemeen bekend en dui hoofsaaklik op die einde wanneer Jahwe

sy oordeel sal fel.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Die N.T. gebruik eschatos as aanduiding van die einde wat begin

het met Jesus se koms (Mk. 12: 6, Rebr. 1: 2; 1 Pet. 1: 20). Verder

word die uitgieting van die Heilige Gees ook gesien as plaasvindend

"in die laaste dae". M.a.w. die dae waarin die vroee gemeente hulle

bevind. word gesien as die "laaste dae". Die laaste tye sal verder

gekenmerk word deur die optrede van die antiehris en spotters (2

Tim. 3: 1; 2 Pet. 3: 3; Jud. 18; 1 Joh. 2: 18) en hierdie laaste tyd het

eintlik reeds aangebreek - volgens die verwagting en oordeel van

die vroee Kerk. Andersyds is daar ook 'n verwagting van 'n komende

"laaste dag" wanneer die laaste plae van Gods oordeel sal plaasvind

(Open. 15: 1; 21: 9), wanneer die laaste vyand oorwin sal word (1 Kor.

15: 26) en die laaste basuin gehoor sal word (1 Kor. 15: 52) by die

opstanding (Joh. 6: 39v.) ens. In hierdie gedagte a.d.e.k. van die

teenwoordigheid van die laaste dae (eschatos) in Christus se koms en

in die ervaring van die vroee Kerk en a.d.a.k. die gelyktydige toekomstigheid

van die laaste dae Ie natuurlik een van die wesenlike

probleme van die eskatologie.

So teken die N.T. vir ons die eskatologie. Vir Bultmann egter. dui

die term eskatologies nie op die finale doel van Gods reddende daad

wat nog in die tyd moet plaasvind nie. maar dit beskrywe enige

gebeure wat self verbonde is aan die finale aksie. Cullmann vat egter

die saak raak as hy opmerk: "Die Worte ,Esehatologie' und ,esehatologiseh'

beziehen sieh auf die Endzeit. nieht auf die Entscheidungszeit.

Gewiss is! die Endzeit Entseheidungszeit, aber nieht jede Entseheidungszeit

ist Endzeit".4 Die deurslaggewende uitgangspunt in die

bepaling van die inhoud van die term eskatologie is nie die menslike

beslissing nie maar die goddelike beslissing. Die beslissing van die

mens kry 'n aandeel in die beslissing van God as reaksie op die iriisiatief

van Gods daad. M.a.w. die verskil in die inhoud wat aan die woord

gegee word. Ie in die benadering: teologies of antropologies. En dit

hang ook weer ten nouste saam met die geskiedenisbeskouing van die

Skrif: heilshistories of eksistensieel (punktueel).

133
B. Die historiese aanloop

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Die werklike ondersoek na die eskatologie gaan eintlik maar terug

tot die laaste dekades van die 1ge eeu. Die liberale teologie van die

1ge eeu het nie veel belangstelling gehad vir die toekomsperspektief

rue. Rulle aksent op die vorm-inhoud-skema waaruit die historiese

kritiek dit moes uithaal wat wesenlik van betekenis is. het aan die

eskatologie 'n baie ondergeskikte betekenis toegeken.5 Sedert J. Weiss

het daar 'n geheel nuwe belangstelling ingetree.

Albert Schweitzer het met sy konsekwente eskatologie radikaal standpunt

ingeneem teenoor die liberale teologie. 6 Ry het Jesus se optrede

pro beer verklaar vanuit Sy verwagting van die "Naherwartung" wat

tot drie maal toe gefrusteer word deur 'n .. Parusieverzogerung". Jesus

sou homself as Messias designatus van die Koninkryk van God beskou

en dit sou enige oomblik die geskiedenis kon betree op 'n wys soos

in die Joodse Apokaliptiek verwag - as 'n eindkatastrofe. Die uitbly

van die parousie dwing Jesus om self die prys te betaal en sodoende

die koms van die Koninkryk te forseer. En nog steeds bly die parousie

uit en dwing die vroee Christendom om die foutiewe Naherwartungsgeloof

van Jesus al meer te "enteschatologisieren".7 Aangesien Jesus

se verwagting van die nabye Voleinding nie vervul is nie het die

historiese Jesus volgens Schweitzer geen werklike boodskap vir die

hede nie.

Die sterk futuriese inslag van teoloe soos Dibelius. Bultmann,

Conzelmann e.a. dui daarop dat Schweitzer nie sonder invloed was

me. Rulle sou egter nie as Schweitzer navolgers getipeer kan word nie

soos ons later sal sien.

Ons vra dus nou eers aandag vir C. R. Dodd. se realized eschatology

wat lynreg teenoor Schweitzer stelling ingeneem het. Vir Dodd het

die eskatologiese koms van die Koninkryk reeds volledig in vervulling

gegaan deur die optrede van Jesus Christus. En dit wat nie inpas in

sy skema nie word han dig op die rekening geplaas van die vroee

Christendom. Ry trag om die gedagte aan v66r en daama uit te skakel

omdat dit nie sou pas in die ewigheidsorde nie.

Dodd se standpunt word nie meer net so nagevolg nie maar tog

vind dit weerklank in die aksent op die voortgang van die realisering

van die eskatologie. So praat J. Jeremias van 'n "sich realisierende"

eskatologie en J. A. T. Robinson opereer met die begrip "inaugurated

eschatology". Hieruit spreek dan wesenlik die gedagte van die eskatologie

wat aangebreek het. Die koms van Christus, sy kruis en alles

wat daama gebeur, is deel van die een parousia.

Met hulle aksent op toekoms of hede het Schweitzer en Dodd uiteindelik

albei die N.T.e tydsvoorstelling oorboord gegooi en die

eskatologie van die N.T. moes plek maak vir 'n tydlose voorstelling.

134
Die eskatologie word uiteindelik uit die tyd gelig en dit is slegs die

beslissing in die hede waar die tyd weer relevant gemaak word. En

hiermee het ons by Bultmann c.s. se beskouing aangaande die eskatologie

gekom.

C. Bultmann se beskouing

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Ons wi} direk weer daarop wys dat in B.o se geskrifte die term

"eskatologie" nie 'n omskrywing is van die laaste dinge of van die

dinge wat nog moet kom nie. Die betekenisverskuiwing waarna ons

reeds verwys het. is karakteristiek vir sy hele teologiese denke. B.

se self dat die Christlike kerugma die verkondiging is van Jesus

Christus as eskatologiese hielsdaad maar "das geschieht erst im Kerygma

der Urgemeinde. nicht schon in der Verkundigung des geschichtlichen

Jesus ... "8 Jesus se optrede word weI veronderstel maar dit is

eers die oergemeente wat teologies daaroor besin het en hierdie besinning

en geloof vind dan uiteindelik weerklank in die Evangelies. Walther

Schmithals som dit korrek op as hy se: "For Bultmann •• eschatological'

does not describe the final goal of the saving action of God which

has still to take place in time; it describes any occasion which is itself

bound up in this final action".9 Die begrip eskatologie is eintlik

die brandpunt waarin Bultmann se hele teologie saamgetrek is -

nie slegs 'n deel van die dogmatiese dissipline nie.

Bultmann se standpunt is die van die eksistensiele antropologie wat

betekenis in geskiedenis ontdek in die oom blik van beslissing, waardeur

die mens homself is (word). Daarom is die sin van Jesus se eskatologie

ook vir hom 'n "immer in der Entscheidung stehen". Eskatologie is

nie soseer 'n saak van tyd of termyn nie maar van 'n eksistensiele

beslissing. Volgens B. is die mens die produk van sy tyd en agtergrond

- sosiologies en sielkundig seker grotendeels korrek. Hierdie

agtergrond en invloedssfere moet nou opgebreek. ontleed, afgeskil

en ontmitologiseer word om die ware mens en sy idees te ontdek.

Ook die geskiedenisbeskouing (dus ook die eskatologie) van die mens

is deur die eeue geklee in die denkbeelde van sy tyd. Om die mens

en sy beskouing van 2000 jaar gelede verstaanbaar te maak vir die

mens van vandag. moet hierdie "bekleding" ontklee word om by

Idie ware mens uit te kom. En hierdie ware natuur van die mens is

sy historisiteit. Dit bestaan nie daarin dat hy geskiedenis kan maak

of in die geskiedenis-gebeure betrokke is nie, maar dat die mens homself

word deur sy beslissing van oomblik tot oomblik. In aansluiting

by Heidegger se eksistensiele aksent wil ook Bultmann dan die

eskatologie punktueel verstaan.

B. se verstaan van die Bybelse eskatologie-begrip word duidelik

uit die oorsig wat hy gee van die ontwikkelingsgeskiedenis van die

begrippe geskiedenis en eskatologie in sy Gifford Lectures.10 Reeds op

135
p. 23 gee B. sy opinie weer as hy se: "The eschatology of the West

developed from the concept of the periodicity of the course of worldly

events". Die sikliese opvatting van geboorte en sterwe het volgens B.

tog dwarsdeur die ondertoon gebly van die mens van die O.T. en

N.T. se tyds-, en geskiedenis-opvatting. Alhoewel die sikliese opvatting

later gelos is, het die idee van die periodisiteit gebly (p. 25).

In die O.T. word God as Skepper verstaan en volgens B. het die

O.T.e profesie (behalwe Daniel) nog geen eskatologie geken in die sin

van die leer van die einde van die wereld nie. Die O.T.e profesie

praat van verlossing en verdoemenis net in terme van Israel en sy vyande

- d.w.s. 'n oordeel in die geskiedenis en nie oor die hele were1d nie.

En hierdie oordeel is dan ook dikwels beskryf in mitologiese terme

soos rampe, aardbewings ens. B. beweer dan ook dat Israel in sy

gebruikmaking van die hierdie terminologie eintlik besig was met die

"historicising of cosmology" (p. 28). By Daniel egter kom die tyd

van verlossing te staan teenoor die voorafgaande bose tyd en word dit

as twee kontrasterende aione gesien. Hierdie dualisme het volgens B.

ontwikkel in die Joodse apokaliptiek wat op sy beurt weer in die

N.T.e eskat010gie neerslag gevind het.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

In die latere Judai'sme is die kosmologie gehistoriseer - Israe1 historiseer

sy ervaring - en is die lot van die mensheid gep1aas in die

plek van die wereld. Die twee aione het die sikliese periodes vervang

en s6, is volgens B., 'n egte eskatologie gevestig. Geskiedenis is nou

verstaan vanuit die eskatologie - dus 'n verandering van die O.T.e

opvatting. Die goddelike oordee1 geskied nie meer as 'n historiese

krisis deur God bewerk nie maar is 'n suiwer bo-natuurlike gebeure.

veroorsaak deur 'n kosmiese katastrofe. En gepaard hiermee gaan

dan tekens wat in die apokaliptiek verwag word as tekens van die

einde.

Die Joodse eskatologie is volgens B. dus eintlik gebore uit die

kosmologie wat 'n historiese inslag kry o.g.v. die ervaring van Israel.

Hy sien byvoorbeeld die Messiaanse verwagting in hierdie lig as hy

beweer: "The messianic hope in particular may have its origin in the

cosmic mythology according to which every world-period is ruled by

a new ruler, i.e. a new star" (p. 28). (Vir B. is 'n kosmologiese eskatologie

per se mitologies. Dit verwar natuur en geskiedenis en reduseer

die menslike bestaan tot die sfeer van kosmiese objektiviteit.)

B. is van mening dat in die N.T. die Ou-Testamentiese opvatting

van die geskiedenis sowel as die apokaliptiese opvatting bewaar is

alhoewel die apokaliptiese opvatting oorheersend is (p. 31). Jesus beskou

sy tyd as tyd van beslissing en die mense se houding tot Homself as

beslissend vir hulle. Die tyd van vervulling van die ou beloftes het

aangebreek. Die eindtyd het met Christus aangebreek en in hierdie

136
Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

lig het die vroee Christelike gemeenskap hulle self verstaan. Hulle

het hulleself as die ware Israel beskou en hulle verhoudmg met die

Israel van ouds is nie gesien as 'n historiese kontinuHeit nie - eerder

as 'n kontinui'teit deur God geskep. Die betekenis van Israel is nou

vir die eerste keer verstaan en weI as die goddelike raad wat verborge

was en nou openbaar is. Die belofte aan Israel van ouds was eintlik

vir hierdie Israel van Jesus se tyd bedoel en is nou vervul. Die goddelike

raad. se B.: "does not consist in the divme guidance of Israel's history

as the Deuteronomic historiography understood it. m the sense that

the justice of God could be known from the changiilg events of history"

(p. 35). Die goddelike raad bestaan eintlik in die eskatologiese gebeure

wat begin het met die vleeswording van Christus. sy kruisiging. opstanding.

verheerliking en wat voortgesit is in die vestigiilg van die Kerk

as liggaam van Christus en wat beeindig sou word met die aanbreek

van die laaste dinge (p. 35-36). Toto sover kan B. se opvattmg van

die eskatologie seker aanvaar word maar hy gaan verder en onderskei

tussen Ou en Nuwe Verbond deur te beweer dat 19. nie gebaseer is

op 'n historiese gebeure soos die eerste rue. "For the death of Christ

on which it is founded is not a .historical event' to which one may

look back as one may to the story of Moses. The new people of God

has no real history. for it is the community of the end-time. an

eschatological phenomenon. How could it have a history now when

the world-time is finished and the end is imminent" (p. 36). Op grond

hiervan kom B. dan tot die belangrike uitspraak: "All this means

that in early Christianity history is swallowed up in eschatology"

(p. 37).

S6 rekonstrueer B. dan die Bybelse eskatologie soos hy meen dat

dit uitgeloop het m die N.T. Hy se dat Jesus se verkondiging die

heerskappy van God as hoofinhoud het maar hierdie heerskappy is

'n eskatologiese begrip wat dui op die einde van hierdie wereld. d.w.s.

die einde van die teen-Goddelike. Volgens B. vind Jesus se toekomsverwagting

n6u aansluiting by die apokaliptiese krmge en

literatuur.ll Hy erken egter wel dat die fantastiese spekulasie wat so

kenmerkend van die Joodse Apokaliptiek is. nie by Jesus voorkom nie.

Volgens B. staan dit vir Jesus vas dat hierdie wereld afgeloop is en

hy verwys hiervoor byvoorbeeld na Mk. 1: 15. (Dit is opvallend hoe

beperk en selfs willekeurig B. is by die gebruik van ondersteunmg

vir sy argumente. Die afhanklikheid van Apokaliptiek. Gnostiek ens.

vind jy juis in die boeke wanr die skrywers in besonder met die

opvattings te doen gekry het en die terminologie gebruik omdat dit

bekend was of om juis dergelike tendense te bestry. Weens sy metode

en program van ontmitologisering en verwysmg na gemeente-teologie

sny B. dikwels argumente af wat teenoor sy eie gebruik sou kan word

en beperk en verskraal hy die scopus van sy bewysmateriaal aansienlik.)

B. bedoel nie dat, die heerskappy van God reeds "Gegenwart" is

137
nie maar weI dat dit .. im Anbruch" is.12 Die mens kan die gang

van hierdie gebeure nie verhaas nie - soos die Fariseers deur wetsonderhouding

en die Selote deur die verdrywing van die Romeine

wou pro beer nie. B. verklaar daarom ook die gelykenisse van die

Koninkryk van die vanselfgroeiende saad, die mosterdsaad, en die suurdeeg,

Die as 'n .. in der Geschichte wachsende Grosse" nie maar se

dat hierdie koms as 'n wonder gesien is, onafhanklik van menslike

bydrae.13 Alhoewel die wonder-element wel aanwesig is, kan die

temporele element tog sekerlik nie net weggeredeneer word deur dit

eksistensieel te verklaar nie. Hier het ons 'n duidelike illustrasie van

hoe B. wil wegdoen met die temporele sodat selfs 'n duidelike beeld

van groei wat tog in die tyd moet plaasvind, eenvoudig eksistensieel

omgewerk word. B. is hier dus bereid om die wonder aan te gryp,

hoe hy dit ookal vir homself wil verklaar, om sy saak te dien. Hoe

hy vir homself voorstel dat die hoorders van Jesus die beeldspraak sou

verstaan, bly 'n vraag. In elk geval, B. se dat al wat die mens te doen

staan, is om gereed te wees, want "Jetzt ist die Zeit der Entscheidung"14

en Jesus se oproep is 'n oproep om te beslis! Jesus is in sy Persoon

self die Teken van die Tyd. Daarom, volgens B., proklameer Hy

Homself nie as Messias nie maar is in sy persoon die "Forderung der

Entscheidung" in sover as sy oproep die laaste woord voor die einde

is: Hy roep op tot 'n finale beslissing.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Op grond van hierdie eskatologie het die oergemeente hulleself beskou

as die gemeente van die endtyd en hulJeself die O.T.e titel van "gemeente

van God" (qahal Jahwe) toegeeren - 'n vervulling van die apokaliptiese

verwagting volgens B.15 Maar die vraag kan natuurlik gestel word: Is

dit bloot 'n apokaliptiese verwagting? Is hierdie gevolgtrekking nie

toe te skryf aan B. se onwilligheid om 'n heilsgeskiedenis in die O.T.

raak te sien nie?

B. beskou die heilsgebeure in Jesus Christus as 'n eskatologiese

gebeure en sien hierdie eskatologiese gebeure daarin dat God die ou

wereld beei'ndig het en 'n nuwe begin het. Maar is dit werklik 'n

geval van die oue wat beeindig is, of is dit slegs 'n nuwe moonlikheid

(dimensie) wat in Christus as heilsdaad werklikheid word in die

raamwerk van die oue. B. beweer verder dat die verkondiging van

die heilsgebeure nie berus op 'n objektiewe heilsdaad in die geskiedenis

nie maar dit is die oproep om met God versoen te word: dus is dit

so dat: "das Heilsgeschehen Dirgends anders als im verkiindigenden, im

anredenden, fordernden und verheissenden Wort praesent ist".1 6 Die

heilsgebeure word dus voltrek in die verkondiging van die Woord

en is juis daarin eskatologiese gebeure dat dit nie tot 'n "Faktum"

van die verlede word nie maar voortdurend in die hede nuut gebeur.

Die geloof is nou die antwoord op die verkondigde Woord en behoort

ook tot die heilsgebeure as eskatologiese gebeure. Dit is nl. die

138
moontlikheid van die nuwe ontsluite heilsweg. Die geloof word deur

God bewerk in soverre as die gegewe genade die menslike beslissing

eers moontlik gemaak het. sodat dit self aileen 'n gawe van God is

sonder om sy beslissingskarakter te ontneem. Daarom praat B. van

die geloof as eskatologiese eksistensie.17

Vervolgens wi] ons wys op B. se verstaan en interpretasie van die

probleem van die .. Parusieverz6gerung". Hy vind hierdie probleem

van die eskatologie gelllustreer in tweerlei:-

(i) Die historiografie van Lukas en Handelinge.

(ii) Die belangrikheid van die tradisie in die Christelike gemeenskap.

Hy wys daarop dat Markus en Matthetis nie as historici skryf nie

maar as predikers en leraars. Lukas onderneem egter om 'n geskiedenis

van Jesus te skryf. Lukas Ie selfs 'n verband met die profane geskiedenis.

Maar B. beweer: "The earliest Christian community in its eschatological

consciousness would not have been interested in such an account."18

Maar die Evangelie van Lukas sowel as Handelinge is tog geskryf en

aanvaar reeds in die vroegste Kerk; daarom is dit 'n vraag of hulle

weI so ongelnteresseerd sou wees as wat B. beweer. Johannes-Evangelie

op wie B. soveel bou is tog later as Lukas. selfs veel later volgens B.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Namate ooggetuies van Jesus se lewe gesterwe het, het die tradisie

belangriker geword en vind B. by Paulus 'n nuwe verstaan van die

eskatologie en word dit selfs by Johannes nog radikaler ontwikkel.

Die vraag ontstaan egter of B. hierin voldoende rekening hou met

die feit dat Paulus sy briewe geskrywe het nog voor die Evangelies

skriftelik gefikseer is. Al neem mens ook die mondelinge tradisies as

bronne vir die Evangeliste in ago lyk 'n skerp kontras tussen Paulus

en hulle tog vreemd. B. meen dat Paulus se opvatting van die geskiedenis

bepaal word deur die eskatologie, en hy beweer dan dat Paulus

nie op die geskiedenis van Israel terugkyk nie maar op die van die

mensheid in sy geheel. (Maar wat van Rom. 9-1I?) Hierdie geskiedenis

word dan deur God beelndig ooreenkomstig B. se opvatting.

Paulus het volgens B. daarin geslaag om die probleem van die verhouding

geskiedenis-eskatologie (soos deur die Parusieverzogerung

veroorsaak) op te los deur sy opvatting van die historisiteit van die

mens en die dialektiek van die Christelike bestaan. Hy vind dit in

die onderweg wees van die Christen tussen die "nie meer nie" en die

.. nog nie".19

Johannes het. volgens B., nog radikaler die opvatting uitgewerk van

die eskatologiese gebeure wat in die hede plaasvind. Johannes het

nJ. afgesien van die verwagting van 'n toekomstige kosmiese gebeure wat

nog deur Paulus behou is. Hy verwys na Joh. 3: 19 waar die skrywer

sy stelling poneer in opposisie tot die tradisionele apokaliptiese eska-

139
tologie: opstanding en laaste oordeel is beide present in die koms

van Jesus. B. erken dat Johannes wel melding maak van 'n toekomstige

volmaking van die huidige lewe maar dan nie in die sin van Paulus

se apokaliptiese eskatologie waarin 'n kosmiese katastrofe verwag word

nie. Hy meen dat Johannes 'n nuwe interpretasie gegee het aan Jesus

se parousie (vgl. Joh. 14: 2v.).

B. meen dat vir Paulus en Johannes die huidige tyd 'n "tussentyd"

is. Vir Paulus: tussen die opstanding van Christus en sy verwagte

parousie aan die einde van die wereld. Vir Johannes: tussen die verheerliking

van Jesus deur sy kruis en die einde van die gelowige se

aardse lewe. Oit is egter nie slegs kronologies nie maar het ook 'n

wesenlike betekenis. "It is the dialectical ,between' which characterises

the Christian existence as between ,no longer' and ,not yet' ".20

B. meen dat hierdie "tussentyd" later aileen 'n kronologiese betekenis

gehad het. En die uitbly van die parousie is vervang deur sakramentalisme

en kultus in die Kerk. (B. konkludeer: "So the Church is

.changed from a community of the saved into an institution of salvation",

p. 53. Hierdie beskrywing is seker waar van die Kerk van

die 2-3e eeu maar nie van die Kerk soos in die N.T. beskryf nie.)

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

O. Beoordeling van Bu:tmann

In sy hele teologie moet ons B. steeds sien as die man wat poog

om die Nuwe Testament vir die moderne mens toeganklik te maak.

Die moderne mens wat die sJagoffer geword het van die nihilisme

wou hy weer by die EvangeJieboodskap bring. Maar juis in sy verhewe

doelstelling Ie ook sy uiteindelike swakheid. Die eskatologie van Jesus

wou hy s6 toeganklik maak vir die mens dat daar van hierdie eskatologie

weinig oorgebly het. Vanuit die eksistensiale interpretasie beskou

hy die temporele element in die eskatologie van Jesus sekonder omdat

hierdie temporele element volgens B. berus op die Judalstiese apokaliptiek

wat weer op die kosmologie rus en 'n kosmologiese eskatologie

is vir B. per se mitologies.21

B. se onderskeiding tussen en kontrastefing van natuur en geskiedenis

of kosmologie en antropologie lyk vir ons na die kern van die probleem.

Hy dink net in terrne van of - of: of 'n eskatologie waarin kosmologie

die historisiteit ingesluk het, Of 'n eskatologie waarin die historisiteit

behou word deur die verwerping van kosmologie. 22 B. kies voluit vir

19. en ons kry as resultaat 'n eksistensiele oorsetting van kosmologie

in antropologie. S6 'n dualisme tussen kosmos en antropos is inderdaad

soos Minear se: "an oversimplified and overrationalized mould into

which to force the eschatological visions of prophets and apostels" .23

Kosmologie en antropologie staan nie so ahsoluut vreemd teenoor

mekaar nie. Vir die skrywers van die BybeI (insluitende Paulus en

140
Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

10hannes) is hierdie twee nie onversoenbaar nie, eerder wedersyds

afhanklik. As Paulus van Gods gena de en versoening vir die hele

skepping praat, sy heerskappy oor sowel Kerk as kosmos dan blyk

duidelik dat kosmologie nie uit eskatologie geweer kan word nie.

Mens en natuur het deel aan die verlossing van Christus volgens die

N.T.e skrywers. Vir Paulus en Johannes is die hoofkategoriee van

denke nie kosmologies of antropologies nie maar weI teologies! Mens

en natuur het sy oorsprong in God en Gods aksie in Christus oorbrug

dus enige duaIisme tussen die mens en sy omgewing (in nouer en wyer

verband). Christus is Heer van hemel en aarde (kosmologies) en

tegelyk is Hy die Man wat die nuwe mensheid moontlik maak (antropologies).

Hierdie Messias verlos nie aIleen die kosmos nie maar

verander ook die mens se opvatting aangaande die kosmos. Die verloste

mens verstaan homself in sy eie historisiteit. Die geloof in die verlossingskrag

van Christus is dieselfde geloof in sy krag om die heelal

te verlos.

B. het tereg op die gevaar gewys van 'n geloof wat afhankIik: is

van 'n objektiewe. kosmiese faktisiteit en sodoende die gehoorsaamheid

aan Gods Woord belemmer. maar daar is tog weI kosmologiese komponente

in die Evangelie wat nie die geloof ondergrawe rue of die

egte historisiteit van die mens onderdanig maak aan die kosmiese nie.

Ons kan saamstem met Minear se waardering en kritiek op B. as

hy se: .. Any scholar whose interpretation of Christian eschatology

thus renews in us a hope which is freed from the colossal weight of

a godless cosmology is to be thanked. But if his success does not

extend to the point of giving us a new perception of both nature and

history, a new doctrine of the cosmos itself in all its exhilarating and

terrifying aspects, then the achievement of freedom may be partial

rather than total, temporary rather than permanent".24 Ma.w. die

term gehistoriseerde eskatologie kan aIleen waarlik gebruik word as

dit ook 'n nuwe kosmologie en ontologie insluit. So aIleen word die

Heerskappy van Christus tot uitdrukking gebring.

'n Mens kan nie anders as om die indruk te kry dat B. die eskatologie

eintlik onteskatologiseer nie - alhoewel hy nie die term gebruik

nie. Die eskatologie word inderdaad eksistensieel verander deurdat hy

die tydelike en Tuimtelike faset daaruit neem. Dit word inderdaad 'n

punktuele eskatologie.25 Vanuit hierdie eksistensiele interpretasie kan

hy nie anders as om die temporele element in Jesus se eskatologie as

sekonder te beskou nie. Hierin Ie ook sy verskil met A. Schweitzer

met sy konsekwente eskatologie wat duidelik op 'n liniere tydsopvatting

berus. Beide beskou die Parusieverzogerung as die rede vir die ontwikkeling

wat tussen Jesus en die oergemeente plaasgevind het - dit

is vir beide die rede vir die heilshistoriese opvatting wat veral deur

Lukas as oplossing aangegryp word en waardeur die eskatologie vanuit

141
die onmiddellike hede verskuif is na die verre toekoms. B. vind Paulus

en Johannes se punktuele verstaan van die eskatologie baie meer aanneemlik

en verwerp 'n heilshistoriese basis in die N.T. Hy beweer

dat "die ,Gesehiehtliehkeit' der Eschatologie Jesu naeh ihm gerade nieht

Heilsgesehiehtliehkeit bedeuten kann, sondern Gesehiehtliehkeit im

punktuellen Heideggersehen Sinn".26 Uiteindelik Ie die beoordeling van

B. se opvatting oor die Bybelse eskatologie in ons aanvaarding of verwerping

van B. se opvatting oor die geskiedenis en tydsbeskouing van

die Bybel. En hierin lyk die heilshistoriese lyn vir ons tog baie meer

bevredigend as mens jou nie deur elke wind van verandering op filosofiese

gebied wil laat mislei nie.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

B. se opvatting van die eskatologie is seker van groot waarde vir die

prediking om die mens voor die beslissing te stel dat die Christusgebeure

vir hom nou betekenis het en nou van hom 'n verantwoordelikheid

eis Die vraag is of die onus nie al te veel op die individu

geplaas word om 'n beslissing te neem nie - al is die geloof ook 'n

genadegawe. Word hierdie beslissing, hierdie eskatologiese eksistensie

nie dalk 'n nuwe wetvervulling nie - 'n eis waaraan voldoen moet

word om in die verlossing te deel nie? Le daar nie ten grondslag van

hierdie eis 'n pietistiese begeerte om self 'n bydrae te lewer in die

herstel met God nie? In hierdie punktuele eskatologie, hierdie eksistensiele

deelname in die heilsgebeure is die gevaar nie denkbeeldig

nie dat die heilsgebeure self-aangesien dit nie meer 'n historiese heilsfeit

is nie - ook gaan vervaag en 'n blote mite gaan word wat ook kan

verval indien die mens daarsonder kan klaarkom soos wat hy nOll

sonder God wil klaar kom.

E. Na Bultmann

Vervolgens wil ons net in kort 'n oorsig gee van die beskouinge

van 'n aantal van die bekendste Bultmann-volgelinge om 'n indruk te

kry van hulle eie verwerking van B. of hulle ontwikkeling weg van

hom af.

In 1953 het Ernst Kasemann op 'n byeenkoms van "Ou Marburgers"

(= Bultmann studente) weer die pro bleem van die historiese Jesus

geopper.27 Hy het besef dat dit gevaarlik is om maar net die historiese

Jesus af te maak as 'n saak wat vir ons nie van belang is nie, indien

ons nie wil eindig met 'n blote mitologiese Here nie. Hy het aangevoel

dat die punktuele aksent op die eskatologie (soos vanuit Heidegger

gelnterpreteer) nie ten volle bevredig by die eksegese van die N.T. nie.

Die vraagstelling na die kontinulteit tussen die prediking van die historiese

Jesus en die kerugma van die Kerk aangaande die verhoogde Here

word weer voorop gestel. Kasemann trag die verhouding vas te stel

tussen Jesus se boodskap en die vroee Kerk se verkondiging.

142
Ernst Fuchs het hierdie vraagstelling opgevolg met 'n aksent op

Jesus se optrede: hierdie optrede is volgens Fuchs die ware konteks

van sy boodskap. Jesus se optrede op aarde is reeds 'n vooruitgryping

op die eskatologiese. Jesus se optrede is nie die van 'n profeet of siener

nie maar die van 'n man "who dares to act in God's stead, by calling

near to him sinners who apart from him would have to flee from

God".28 Fuchs, net soos Kasemann (t.o.v. Jesus se boodskap) sien in

Jesus se optrede implisiteit 'n eskatologiese verstaan van sy persoon

wat dan eksplisiet word in die kerugma van die vroee kerk.2 9 Die

eskatologiese inslag wat in die kerugma teenwoordig is nl. dat Christus

erken word as finale verlossingsgebeure en as daad van God, hierdie

eskatologie inslag is ook waarneembaar in Jesus se boodskap en

optrede ... The continuity, therefore, is in the eschatological understanding

manifest both in the earthly Jesus and in the preached Christ".3o

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

In 1956 volg Gunther Bornkamm se boekie "Jesus von Nazareth"

waarin duidelike afwyking van B. te bespeur is. Hy sluit by Fuchs

aan dat Jesus se optrede die raamwerk is van sy prediking maar hy

probeer ook aantoon dat beide Jesus se boodskap en optrede in verband

staan met die kerugma. I.p.v. B. se tipiese aksent op die toekoms,

waarin Jesus se optrede in die hede slegs 'n teken is wat oproep tot

'n beslissing, val Bornkamm se aksent op die hede.31 Dit laat Bornkamm

nog nie beweeg na 'n "realized eschatology" nie maar soos

J. Robinson tereg se: "rather he sees the tension between future and

present as inherent in the involvement of the imperative in the indicative,

i.e. inherent in the historical understanding of the self".32 Bornkamm

dring egter beter deur tot die kontinuHeit tussen Jesus se boodskap

en die kerugma van die Kerk. Hy stem saam met Bultmann dat

Jesus op geen Messiaanse titels aanspraak gemaak het nie maar hy voeg

daaraan toe "that the Messianic character of his being is contained in

his words and deeds and in the unmediatedness of his historical

appearance".33 Deur sy woorde en dade het Jesus dus Messiaanse

verwagtinge verwek (sien bv. sy gebruik van Lk. 24: 21). Maar dit was

eers deur sy opstanding dat die volle Messiaanse geheimenis van Jesus

verstaanbaar geword het. Want voorheen was Jesus se vernedering en

lyding net nie as Messiaanse kategoriee beskou nie. Die Messiaanse

hoop wat Jesus voorheen verwek het deur sy woorde en dade is nou

gekorrigeer en gewysig om in hulle ware gedaante te verskyn. Ons

kan dus saamstem met Robinson se konklusie dat by Bornkamm "it is

clear that Jesus' eschatological interpretation of his own conduct,

has been continued in christo logical terms by the Easter faith and

the Christian kerygma".34

Die laaste B. volgeling wat ons wi] bespreek is Hans Conzelmann.

Hy het Jesus se persoon en eskatologie weer met mekaar verbind en

die aksent laat val op die Christologie i.p.v. die kronologie in Jesus

143
se boodskap.35 Hy se dat die Koninkryk wat Jesus proklameer toekomstig

is maar die tussentyd is van geen betekenis vir Hom nie. Die

gedagte van die nabyheid van die Koninkryk. die skielike korns daarvan

en Jesus as laaste teken is nie temporeel op te vat nie maar slegs

eksistensieel. Conzelmann gee toe dat die nabyheid tempo reel voorgestel

word maar die bedoeling is om die menslike situasie te kwalifiseer

met die oog op die koms van die Koninkryk. 'n Mens kan dus nie

meer vra na die termyn nie maar slegs onmiddellik op die Koninkryk

van God ingestel wees. Die heilsboodskap en die oproep tot beslissing en

bekering word hier verenig tot die absolute bestemming van die menslike

bestaan. Om sy eie woorde te gebruik: .. Die Zukunft ist ja nieht

formal verstanden (als noch ausstehende Zeit); sie ist Heil oder VerIorenheit".36.

Hier vind ons die absolute konsekwensie van die ternporele

aspek van eskatologie wat opgelos word in die eksistensieIe.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Jesus het volgens Conzelmann die hoop op verIossing met sy Persoon

verbind in soverre as wat Hy in sy optrede die Koninkryk van God werksaam

sien en sy eie prediking sien as die laaste woord van God voor die

einde. Maar Hy het niesy Persoon tot uitdruklike leerinhoud gemaak nie

-die Messiaanse titels is nie deur Jesus self toegelen nie maar eers deur

die gemeente aan Hom toegeken. Da.1rom beween Conzelmanll d£:n

ook dat die gemeente nie sondermecr Jesus se eskatologie oorgeneC!1r

het nie. Hulle moes sy dood en opstanding ook in berekening bring

by hulle beskouing oor die einde. Jesus se indirekte Christologie word

nou (in die gemeenteteologie) direkte uitsprake oor Jesus se persoon

en werk. Ten spyte van hierdie nuwe situasie se Conzelmann: "ist

doch die Kontinuitat zwischen Gemeinde und historischer Person J esu

gewahrt; das ist dadurch errnoglicht dass schon Jesus das kiinftige

Heil mit seiner Person verkniipte, dass sein Entscheidungsruf eine

Christologie implizierte".37

Alhoewel die B. volgelinge nie die eksistensieIe interpretasie van

Jesus se eskatologie prysgee nie het hulle tog erken dat die boodskap

van Jesus nie vir die eerste keer in die kerugma van die oergemeente

na vore kom nie maar reeds in die historiese Jesus opgesluit Ie -

al is dit dan slegs implisiet. Die kontinulteit tussen die historiese Jesus

as eskatologiese heilsdaad van God en die verkondiging daarvan deur

die oergemeente is tog reeds 'n deurbreking van die eensydige punktuele

eskatologie van die vroeere BuItmann. Dit bly egter nog wesenlik 'n

subjektiewe benadering vanuit die gemeenteteologie en kerugma en

word Jesus eers die Messias in die woordgebeure van die verkondiging

- Hy is nie reeds die Messias as die historiese Jesus van Nasaret nie.

Daarom is die Henneneutiek van die eksistensieteoloe van kardinale

belang. Oor die N.T.e Hermeneutiek moet ons mekaar eers reg verstaan

voordat ons 'n finale uitspraak doen en juis hier gaan die paaie uiteen.

144
F. Slotopmerkings

. ',.,' ::: ~ l~ . ,;

Vit die bespreking van Bultmann c.s. se opvatting,"vah 1 qi~i~ska_

tol6gie bIyk weI duidelik dat daar nie veel vertroue meer' ooibly in

'n realistiese eskatologie nie. So 'n realistiese hoop' berus volgens vele

op 'n antieke wereldbeeld wat eenvoudig nie meeraanvaar word nie.

Van die eskatologie van die Bybel bly ook nie v~el oor nie nadat die

ontmitologiseringsskalpel sy werk gedoen het' nie. Wat oorbly is 'n

openheid vir die toekoms, vir die beslissing van oomblik tot oomblik,

'n werp in die hande van die Ganz Andere. 'n opgee van enige objektiewe

sekerheid in die verwagting en hoop dat God altyd reeds daar is

waar die mens ookal mag gaan - selfs in die donkerte van die dood.

'n Bewuste kennis van die temporele toekoms is dus uit.

Die Nuwe Testament lewer egter duidelik 'n realistiese eskatologie.

selfs al is dit in sog. mitiese terme. To.v. die Bybelse eskatologie lyk

Cullmann se opvatting van 'n "alreeds. maar nog nie" baie meer suiwer

Skriftuurlik as Bultman se "nie langer nie en nog nie". Die Christelike

Kerk se geloof dat met Jesus Christus die eschaton alreeds begin het,

veronderstel tog dat die eschaton nog nie ten volle in vervulling gegaan

het nie.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

Die opstanding van Christus uit die dood, wat Bultmann as onhistories

afskryf (ten spyte van Paulus) is saam met Jesus se beloftes

aangaande die toekorns een van die suile van die Christelike Kerk se

eskatologiese verwagtings. Die Skrif moet in sy eie tyd verstaan word.

ook die uitsprake wat nie verivieerbaar is nie weens die metafisiese,

kosmologiese strekking daarvan. Waarom sou slegs die uitsprake wat

vir die mens van die 20e eeu verstaanbaar is. aanneemlik wees. As

ons die historiese voortgang van Gods verlossingsplan aanvaar dan

hoef niks ons te weerhou om ook hierdie "moeilike" uitsprake te

aanvaar as synde van gelyke waarde as die ander. Ons moet wei

ems maak met die interpreteer van hierdie uitsprake vir die mens

van ons tyd maar ons hoef nie terug te deins vir die moontIike struikelblok

wat dit vir ons tyd se mense. ~nhou nie. Oit is 'n 20e eeuse

mite om te beweer dat die men& ,net kan glo wat hy absoluut kan

verstaan.

Ons wil alsluit met 'n aanhaling uit W. Rordorf se artikel "The

Theology of Rudolf Bultmann and Second-Century Gnosis"38: "I am

not afraid that the proclamation of" realistic eschatology cannot get

through to modern man any more. Realistic eschatology will get

through to modern man just as the genuine skandalon of the cross

disclosed by BuItmann gets through to him. There is no need. therefore.

to destroy biblical eschatology (although one should avoid - this is

a legitimate demand - describing it apocalyptically)".

145
Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

t. Sien ook O. Cullmann, Heil als Geschichte, Tilbingen 1965, p. 60.

2. Vgl. in hierdie verband W. Rordorf, The Theology of Rudolf Bultmann,

N.T.S. 13, 4, p. 353.

3. Vgl. bv. G. Harbsmeier, The Theology of Rudolf Bultmann and its relation

to Philosophy, in The Theology of Rudolf Bultmann, ed. C. W. Kegley,

London 1966, p. 145.

4. Cullmann, a.w. p. 61.

5. Sien T. van der Walt, Die Koninkryk van God - Naby! Kampen 1962,

p. 3 vir 'n duidelike oorsig oor hierdie tydperk.

6. Sien sy Geschichte der Leben-Jesu-Forschung, 1906.

7. Leben-Jesu-Forschung, p. 407.

8. R. Bultmann, Theologie des Neuen Testaments3, Tiibingen 1958, p. 2.

9. W. Schmithals. An Introduction to the Theology of Rudolf Bultmann, Minneapolis

1967, p. 30t.

10. Gepubliseer onder die titel: History and Eschatology, Edinburgh 1957.

11. Hy beskou Jesus se verkondiging as in historiese samehang met die Joodse

end- en toekomsverwagting, Theologie des Neuen Testaments, p. 3.

12. Theol. d. N.T. p. 6.

13. Idem p. 7.

14. Idem p. 8.

15. Idem p. 39-40.

16. Idem p. 30t.

17. Idem p. 427.

18. History and Eschatology, p. 39.

19. Idem p. 46-47.

20. Idem. p. 49.

21. Vir Bultmann is mit%gie = 'n spreekwyse waarin die metafisiese voorgehou

word as behorende tot hierdie w~reld. Sien W. Schmithals, Introduction to

the Theology of R. Bultmann, p. 304.

22. Vgl. in hierdie verband die uitstekende artikel van Paul Minear, Rudolf

Bultmann's Interpretation of New Testament Eschatology, in The Theology

of Rudolf Bultmann, ed. C. W. Kegley, p. 65vv.

23. A.w. p. 78.

24. A.w. p. 82 .

25. Soos O. Cullmann dit ook noem, a.w. p. 23.

26. Sien Cullmann, a.w. p. 27.

27. Sien Z.T.K. 51, p. 125-153.

28. Aanhaling uit J. M. Robinson, A new Quest of the Historical Jesus, London

1959, p. 15.

29. Sien Robinson, a.w. p. 16.

30. Aldus P. J. Cahill, Rudolf Bultmann and Post-Bultmann Tendencies, p. 229

(New Theology No.2, ed. Marty and Peerman).

31. Sien G. Bomkamm, Jesu von Nazareth, p. 52.

32. Robinson, a.w. p. 17.

33. Bomkamm, a.w. p. 178.

34. Robinson, a.w. p. 18.

35. Sien sy art. in R.G.G. III oor Eschat%gie asook sy Outline of the Theology

of the New Testament, London 1969.

36. R.G.G. III 667.

37. R.G.G. III 668.

38. N.T.S. 13,4 p. 361.

146
THE MEANING OF ESCHATOLOGY IN THE EXISTENTIAL

THEOLOGY OF RUDOLF BULTMANN AND HIS FOLLOWERS

(Summary)

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

A. Determining the concepts

Because of the transition in meaning of the word eschatology/

eschatological it is essential to determine the meaning of this concept

before we can progress in our discussion.

In recent years New Testament scholarship has revoked eschatology

from the last chapter of Dogmatics but simultaneously the socalled

"existential theologians", following Bultmann, have extended the

eschatalogy of Jesus to such an extent that it has become synonymous

with an "immer in der Entscheidung stehen". The temporal aspect

has been discarded because the "Bultmann school" did not consider

themselves bound by the etymology of the concept. Rather the contemporary

philosophy became the decisive factor for understanding

the concept eschatology. It is of course an open question whether this

transition of meaning can be justified in the light of the clear temporal

content of the word eschatos as well as its meaning in the early church.

We pointed out at the hand of a number of N.T. references that

on the one hand the eschatos is present in the coming of Christ and

in the experience of the church and on the other hand the eschatos

is also futuristic. For Bultmann however the concept eschatological

does not indicate the final aim of God's saving act which is still to

come but it describes any event linked to the final act. It is not a

matter of Endzeit but of Entscheidungszeit for him. The difference

lies in the approach: the theological or anthropological. Is it a human

or a Divine decision? And this in turn depends very much on the

understanding of history in Scripture: salvation-historical or existential

(punctual = punktuell (German)).

B. The historical background

Real interest in eschatology only started with 1. Weiss - after the

relatively unimportant place it was allocated by the liberal thology

of the 19th century.

Next we discussed briefly the viewpoints of A. Schweitzer (consequent

eschatology), C. H. Dodd (realized eschatology) and a few of their

followers. These two main exponents both actually discarded the N.T.

temporal notion, to replace it with a timeless conception so that the

eschatology finds relevance only in an existential decision. This brought

us to: -

147
Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

C. Bultmann's conception

We started out by· pointing to· the fact that the concept eschatology

is actually the focus-point of Bultmann's whole theology and not merely

a part of the dogmatic discipline. Eschatology to B. is not so much

a matter of time but of an existential decision. Man's true nature is

his historicity which means that man becomes his true self by way of

his decisions from moment to moment.

Bulttriann's . li"nderstanding of the Biblical concept of eschatology

becbmes clear from the review he gives of the development of the

concepts history and eschatology in his Gifford lectures. He comes

to the important conclusion: "All this means that in early Christianity

history is swallowed up in eschatology". (History and Eschatology,

p. 37.) According to him the reign of God is the main theme of

Jesus' preaching but this reign is an eschatological concept which

indicates the end of this world. He does not mean that this reign of

God is already "present" but that it is "arriving" ("im Anbruch").

Jesus is Himself the Sign of the times; He does not proclaim Himself

Messia,h but calls up to the final decision. B. also contends that the

proclamation of the act of salvation does not depend on an objective

act in the history but it is the call to be reconciled with God. The act

of salvation is executed in the proclamation of the Word and is

eschatological because it is not a "fact" of the past but happens

continuously in the present. The Christian existence can therefore,

acording to B., be characterised as one pendulation between "no longer"

and "not yet".

D. Evaluation of Bultmann

Bultmann tries to make the N.T. accessible to modem man but

in this exalted aim lies also his ultimate weakness. He wants to

accommodate Jesus' eschatology to such a degree that very little is

left over of it. From his existential interpretation he considers the

temporal element in Jesus' eschatology as secondary because it depends

on the Judaistic apocalypticism which on its tum rests on cosmology

and a cosmological eschatology is to B. per se mythological.

The contrast B. makes between 1UIiure and history or between

cosmology and anthropology looks like the very essence of the problem.

He only thinks in terms of either - or: either an eschatology in which

cosmology has swallowed up historicity or an eschatology in which the

historicity is kept at the cost of cosmology. B. prefers the lastmentioned

resulting in an existential transposition of cosmology into

anthropology. It is however not in line with the N.T. to oppose cosmology

and anthropology in such an absolute way. For Paul and

John the main categories of thought are not cosmological or antbro-

148
pological but theological! Man and nature partake in the salvation

of Christ according to the Scriptures. God's act in Christ bridges any

dualism between man and his surroundings.

Bultmann's warning against a faith which is dependent on an objective.

cosmic facticity and thus impeding obedience to God's Word

can be appreciated but the concept "historicised eschatology" can only

be useful if it also comprises a new cosmology and ontology. Only then

the Lordship of Christ is declared.

It seems inevident but to conclude that B. really de-eschatologises

eschatology. Eschatology indeed undergoes a change existentially

because he takes out the temporal and spatial aspect from it. It

becomes indeed a punctual (punktuelle) eschatology.

With his accent on the decision Bultmann's view is of value to the

preaching. The question arises however if the onus is not vested too

much in the individual decision? Is there not the danger of this accent

on the decision becoming a new fulfilling of the law or even a pietistic

wish of the self to render a contribution in one's reconciliation with

God? In this punctual eschatology, this existential participation in the

event of salvation it is not an imaginary danger that the event of salvation

itself might also become vague and mythological and follow

the same road as the concept "God" in recent theological trends.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2010).

E. After Bultmann

Even though Bultmann's followers did not give up the existential

interpretation of Jesus' eschatology they did acknowledge that the

message of Jesus was not proclaimed in the early church for the first

time but that it is already inherent to the historical Jesus - even though

it might be mereiy implicit. The acknowledgement of this continuity

between the historical Jesus as eschatological act of God and the

proclaiming of this truth by the church. is nevertheless a very noticeable

change in the onesided punctual eschatology of the earlier Bultmann.

Finally we want to remark that in spite of the mistrust of Bultmallll

c.s. in a realistic eschatology we agree with W. Rordorf (The Theology

of Rudolf Bultmann and Second-Century Gnosis. NTS 13,4 p. 361): "I

am not afraid that the proclamation of realistic eschatology cannot get

through to modern man any more. Realistic eschatology will get through

to modern man just as the genuine skandalon of the cross disclosed by

Bultmann gets through to him".

149