25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p251

5. Samevatting

In hierdie hoofstuk is die menings van die mede-navorsers soos uitgedruk in 2012

weergegee. Sommige daarvan is hoopvol, terwyl daar ook ʼn beduidende bekommernis

oor die toekoms van Suid-Afrika is. Volgens die gekose ABDCE-skema is hierdie

hoofstuk gewy aan ʼn verhaal van die klimaks. Hiervolgens moes hierdie hoofstuk die

hoogtepunt van die navorsing gewees het. Of dit wel ʼn klimaks, of dalk ʼn antiklimaks is,

sal die leser maar self moet oordeel.

Die mede-navorsers kom weereens aan die woord oor die temas wat in die vorige

hoofstuk bespreek is. Hulle gee hulle menings oor apartheid as beleid, oor die twee

wêrelde waarin Suid-Afrikaners steeds leef en oor die onvermydelike kwessie van ras

en rassisme. Die vraag oor wit skuld, die rol van die NG Kerk, regstellende aksie en die

uitdagings op die pad vorentoe, word bespreek.

In die laaste hoofstuk, ʼn verhaal van ʼn einde, sal gekyk word na wat die rol en pad van

wit Afrikaanse Christene in hierdie post-apartheid Suid-Afrika sal moet wees om deel te

wees van die toekoms van hierdie land.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!