Kruis-en-Dwars 10 Julie 2013
Benoni-Noord se jeug doen iets aan armoede
In ’n poging om ’n 100 pakkies in te
samel wat kos, warm klere en moontlik
ʼn kombers bevat, is eindelik dubbeld die
getal ingesamel as deel Benoni-Noord
se Winterprojek wat deur die jeug
aangebied word. Pakkies is danksy
inisiatiewe soos blikkiekos-Sondag
en sokkie-Sondag opgemaak. Eindelik
is genoeg skenkings ingesamel om
in elke pakkie ʼn blikkie sop of vis, 1kg
mieliemeel, sokkies, ’n mussie, ’n thermo-kombers
en ’n Christelike boodskap
te sit waarna die pakkies aan behoeftige
persone geskenk is asook aan die
CMR-Benoni om verder te versprei.
“Daar was genoeg donasies ontvang
om 24 tweedehandse jasse te koop wat
ook aan die CMR Benoni oorhandig is
vir verspreiding. Ons is baie dankbaar
dat die Here ons die kans geskenk
het om ’n klein verskil in party mense
se lewens te maak,” sê Jay Verhoef,
die voorsitter van die Jeugkommissie.
Sy sê die jeug het met maatskaplike
projekte begin nadat hulle in 2011
met skok kennis geneem het van die
armoede in en rondom Benoni waarna
hulle jaarliks ʼn projek wou aanpak
wat die armoede in die omgewing kon
aanspreek. Hul Winterprojek is voorafgegaan
met Kersprojeke in 2011 en
2012.
Voorsitter van die jeugkommissie, Jay (links)
oorhandig oorblywende winterpakkies aan
Nicole Lewtjwaute van CMR-Benoni.
Bottemless pannekoek
by Winterfees
Die tent by Birchleigh-gemeente se
Winterfees sal vanjaar, soos elke
jaar, met die heerlikste geure gevul
wees, maar anders as ander jare,
word ’n bottomless pannekoek (van
18:00 Vrydag 26 Julie) as nuutjie
aangebied. Saterdag sal ’n waterloop
vir die avontuurlustiges aangebied
word. Spanne, van vier lede elk,
kan aan die familie-kaskenades
om groot pryse deelneem.
Lip-aflek-lekker-eetgoed sal beskikbaar
wees en feesgangers word
uitgenooi om hul Vrydagaandete en
Saterdagontbyt by die fees te geniet.
Die Birchleigh Winterfees vind
die laaste naweek in Julie op die
Laerskool Birchleigh se sportgronde,
Olienhoutlaan, Birchleigh plaas.
Skakel ds Dean Reiners (083 453
1981) of Susan Moolman (011-391-
2498) vir meer inligting.
Geloofsbelijdenis wat stuur
Gister was ek, Nelus Niemandt en Christo Benade op besoek aan die Nova
Via-gemeente in Amsterdam. Dit is ’n nuwe kerkplanting in die eg reformatoriese
tradisie, maar wat missionêr kerk wil wees. Hulle geankerdheid
aan die antieke wortels van die kerk is duidelik, en hulle aankoms is ’n
post-sekulêre kultuur is ewe duidelik. Ek het gehou van hul formulering van
die Geloofsbelydenis. Dit bring die aksie van die sendende God sterk na
vore: God – sending – kerk, en nie: God – kerk – sending nie. Dink mooi oor
die verskil. Eersgenoemde sê: jy is deur God gestuur en daarom in die kerk
opgevang as voertuig om hierdie roeping na te kom!
Geloofsbelijdenis
(Geïnspireerd door de eerste brief van Petrus.).
Ik geloof in een God
die ten diepste is zoals Jezus.
Ik geloof in een God
die bereid is om uit zijn comfortzone te stappen
om ons in liefde te omarmen.
Ik geloof in een God,
die bereid was zijn succesvolle imago los te laten
om ons te winne.
Ik geloof dat deze God ons roept
om in deze wêreld een ander geluid te laat horen.
Ik geloof dat de God ons roept
om bereid te zijn als vreemdeling buitengesloten te worden
maar nooit de liefde buiten te sluiten nie.
Ik geloof dat God ons roept
om vrije mense te zijn die imago’s durven los te laten
om anderen te dienen.
Ik geloof dat ik als kind van deze God veilig ben in Zijn liefde.
Ik gelooft dat deze God my verander door zijn kracht.
Ik geloof dat deze wêreldvernieuwd wordt
door onze verrassende God.
- Dr Eduan Naude
Lyttelton-gemeente
(Oostelike Sinode)
2