April 2012 Nuusbrief - The Potato Foundation
April 2012 Nuusbrief - The Potato Foundation
April 2012 Nuusbrief - The Potato Foundation
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
potato nuus
UITGAWE DERTIEN: APRIL 2012
“Carry out a random act of kindness, with no expectation of reward, safe
in the knowledge that one day someone might do the same for you.“
Princess Diana
Die Huis van die Goeie Burger
Lesse wat jong lewens verander
Inscape @ Pinocchio
Die kinders raak al hoe ouliker hoe langer
ons saam met hulle werk. Ons hoop dat ons
deel is van die verskil wat ons in hul lewens
kan sien.
Die huisie staan al mooi met ‘n goeie
fondasie, mure, dak, asook ‘n deur wat
volharding voorstel. In Maart 2012 het ons
die kinders geleer wat ‘waarheid’ beteken
en dat Jesus nooit gejok het nie. Net soos
die waarheid ons beskerm, so beskerm die
dak ons huisie. En soos die deur aanhou om
sy funksie te verrig, al is hy hoe moeg, moet
ons ook volhard in wat ons doen. Hulle het
ook geleer dat alles moontlik is; ons moet
net nie moed opgee nie.
Die eerste kwartaal het baie vinnig verby
gevlieg en ons wens die kinders ‘n heerlike
vakansie vol pret en liefde toe.
Indien jy wil saamkom op skoolbesoeke,
laat ons gerus weet.
Maandag, 5 Maart 2012 was
‘n groot dag vir die kinders
van Pinocchio. Studente van
Inscape Design Studio het die
kinders bederf met gesigverf,
‘n nar en lekker eetgoed
Die dag was ‘n baie groot sukses. Die
kinders het met die snaaksste gesigverfidees
vorendag gekom en die studente
het elkeen ‘n realiteit gemaak. Aan die
einde van die dag was die klas gevul met
seerowers, Spiderman- en Batman-helde,
feëtjies en prinsesse.
Baie dankie aan Sian, Lario, Elizma, Jeannie,
Ivan, Isabel en Tsholofelo vir julle tyd,
entoesiasme en geduld. Julle het ‘n baie
groot verskil in die kinders se lewens
gemaak deur elkeen van hulle hartjies aan
te raak op die dag. Met studente soos julle,
sien ons uit na die toekoms.
Vrywilligersdag
‘n Dag van sport, son en lag
Uiteindelik het Saterdag, 24 Maart 2012
aangebreek. Met groot verwagting het die
Potato span reeds om 7-uur by Blessings
Crèche and Orphanage Centre opgedaag.
Alles was vinnig opgestel en in plek.
Dit was nie lank totdat die vrywilligers
opgedaag het nie. Elke vrywilliger het sy taak
vir die dag ontvang en is deur die sportbaan
gevat deur Oom Arrie, ons koördineerder vir
die dag. Die kinders en ouers het opgedaag
en is in hulle spanne gedeel, waarna hulle
elkeen ‘n joghurt en appel gekry het vir ‘n
gesonde ontbyt.
Daarna het die sportdag in alle erns
afgeskop.
Daar was agt sportstasies, ‘n gesigverfstasie
en ‘n mini-sokkerveld met doelpale. Na ‘n
lekker opwarmingsessie deur Danielia was
die litte los en almal was reg vir aksie. Mens
kon van ver af die gelag en geskree hoor
soos spanne hulle maats aangemoedig het.
Die kinders se vermoë op die sportveld het
ons ook aangenaam verras. Selfs wanneer
hulle gesukkel het, het hulle uithouvermoë
gewys terwyl hulle geoefen het. En die
vreugde as hulle dit reggekry het, het ons
harte aangeraak. Die ouer boeties en sussies
het ook die kleintjies gehelp deur saam met
hulle alles te doen.
Na die tyd was daar ‘n prys vir die span
met die beste spangees, maar in alle
eerlikheid kon ons nie een span uitwys
nie. Al die spanne se gees was beter as wat
enigiemand kon voorsien. Van die ma’s het
selfs in hul hoëhakskoene en rokke sokker
gespeel en deur hoepels gespring.
Vir middagete het elkeen ‘n warmbrak,
koekies, ‘n ysie en Nik Naks gekry. Na
middagete het die kleintjies weereens
bewys hoekom ons so lief is vir hulle. Hulle
het vir ons ‘n paar liedjies gesing en gedans
en was dit nie te kosbaar nie.
Spuddy het ook deur die dag kom kuier
en die kinders het dit so geniet om hom te
sien. Na die dag van sport, son, lag en pret
het elke kind ‘n medalje gekry om hul goeie
sportmangees en deelname te erken.
Baie dankie aan elke
persoon wat bygedra het
om hierdie dag ‘n sukses
te maak. Dankie aan elke
vrywilliger: julle het jul baie
goed van jul taak gekwyt.
Dankie vir elke skenking
wat ons ontvang het vir
hierdie dag. Die Potato span
asook die kinders, ouers
en personeel van Blessings
Crèche and Orphanage
Centre waardeer dit baie.
Vrywilligers
Arrie
Johan
Stefan
Eliska
Nicola
Kobus
Dawn
Bea-Mari
Danielia
Chantell
Liezel
Christo
Annetjie
Jean
Enid
Ansie
Borge
Ilse Ganz
Flight Centre (spesifiek Amanda Harding)
Dankie Yolandie!
Ons wil graag vir Yolandie Hoffmann
bedank vir al haar tyd en opofferings. Sy
koop al ons kos aan en is die een wat die
goedkoopste pryse soek sodat ons meer
kos kan skenk. Hoe is dit moontlik dat ons
‘n maand se kruideniersware (ingesluit
skoonmaakmiddels) vir R570 kan aankoop?
Vra Yolandie!
Belangrike inligting: Kom ons kweek ‘n
liefde vir lees!
‘n Maklike manier om betrokke te raak
Die tweede April was Internasionale Kinderboekedag. Hoewel dit dan reeds vakansie is,
wil ons graag begin om boeke vir die skooltjies in te samel. Baie van die skooltjies het nie
baie kinderboeke nie en elke kind geniet maar tog ‘n lekker storie.
Indien jy ‘n paar ou kinderboeke het of van iemand weet wat wil deel raak van hierdie
inisiatief, laat weet ons asseblief by info@thepotatofoundation.co.za. Ons wil graag aan
die einde van die jaar by elke skooltjie ‘n oulike “biblioteek” beskikbaar hê.
Dankie Yolandie, jy maak ‘n ongelooflike
verskil!
Food from Heaven
Danksy julle, ons wonderlike vrywilligers wat elke maand ‘n
bydrae lewer, kon ons in Maart 2012:
• Ongeveer 400 etes per week vir ons kindertjies gee
(baie dankie aan die wonderlike anonieme skenker en
sy personeel!!!)
• Vir drie van ons skole voorsien van ‘n maand se
voorraad van makaroni, soja-maalvleis, mieliemeel en
rys
• Vir sewe baie behoeftige gesinne van ‘n maand se
kruideniersware voorsien
• Op die Sportdag vir 150 mense ontbyt en middagete
gee
JULLE MAAK DIE VERSKIL!
‘n GROOT dankie aan:
Goedere donasies
• Ilse Ganz
• Kevin en Elise Fourie
• Mike en Venessa Brown
• Nicola Hopwood
• Jean Visser
• Hannah van Wyk
• Enid Hudson
• Bea-Mari Bernard
• Stefan en Eliska du
Plessis
• Dawn Lundall vir ons
mooi webwerf! Gaan
kyk gerus!
Geldelike bydrae (Februarie 2012)
• Anonieme skenker in
die rooi kar. Jy weet wie
jy is!
• Johan en Caren De
Bruin
• André le Grange
• Bea-Mari Bernard
• Chanta Van der Walt
• UIS ORGANIC LAB
• Tanya Teichler
• Ilse Ganz
• Tharina Van Dyk
• Ronel van Heerden
• DELF CONSULTING
Engineers
• Dezzi Van Niewenhuizen
• Daniela Meyer
• Jennifer Wilken
• Elisma Smit
• Amanda McMenamin
• John Miles
• Johan Robbertse
Frits Kroon Vervoer (Pty)
Ltd maak ‘n verskil
Ons wil graag vir Frits Kroon Vervoer, spesifiek vir
Frits en sy vrou Tanya, uit ons harte bedank vir die
wonderlike donasie wat hulle so onvoorwaardelik aan
ons geskenk het. Die liewe Heer bring mense soos
julle oor ons pad en ons voel baie bevoorreg daaroor!
Ondersteun asseblief hierdie maatskappy en gaan
besoek hulle webwerf by www.fkt.co.za.
Waterkloofrif uitreik na
Khwe-SAN in die Caprivi
Die Waterkloofrif NG Gemeente se
uitreikaksie gedurende Junie 2012 het
onder ons aandag gekom en ons wil hulle
baie graag ondersteun. Lees asseblief die
onderstaande skrywe van die kerk
Hulle doen wonderlike werk. Ons wil graag van ons kant af
vir hulle warm kinderklere en kinderbybels insamel. Indien
enigiemand kan help, kontak ons kantore of Dirk Ganz, die
organiseerder, by 082 462 8472.
“Die gemeentes en Christene in die Caprivi streek is besig
om te kwyn. Daar is nie meer baie mense wat belang stel
om kerk toe te gaan nie. Hulpmiddels soos o.a. Bybels,
kategesemateriaal en leierskaptoerusting is baie skaars.
“In samewerking met die Omega Gemeente van Christus
(OGvC) in Platfontein, Kimberley, ‘n Khwe-San gemeente,
beplan Waterkloofrif se uitreikspan ‘n uitreik na die Caprivi
om die Evangelie weer lewendig in daardie gebied te maak.
“Die beplanning is dat ‘n groep van 17 lidmate (14 lede
HOOFSAAKLIK JONGMENSE) van die OGvC en ses lidmate
van Waterkloofrif gedurende die Junie vakansie Caprivi toe
gaan om die Evangelie te gaan verkondig en met kerk- en
gemeenskapsleiers in gesprek te tree oor hulle onderskeie
behoeftes.
“Die uitdaging wat hierdie uitreik bied is die feit dat die
gemeente op Platfontein nie genoeg fondse het om die 17
lidmate te finansier om die beplande uitreik te steun nie.
“Hiermee neem die uitreikspan van Waterkloofrif dan die
vrymoedigheid om u die geleentheid te bied om enige
bydrae van die volgende aard te maak:
Bybels (250) R50, insluitend kinder- en kleuterbybels
Kinderklere en speelgoed
Kospakkies (mieliemeel, tee, koffie, sout, suiker, blikkies)
Kontantbydrae of as borg ‘n bydrae te maak
Borgskappe vir 14 OgvC lidmate beloop R2 120.00 per
persoon.
(Die Waterkloofrifuitreikspan dra hul eie koste)
Bankbesonderhede:
NG Waterkloofrif
ABSA Brooklyn
Tjekrekening: 1500 580 522,
Takkode: 335 345.
Verwysing: “CAPRIVI” KODE; 510/040
“Die Gees stuur ons om God te verheerlik deur die
verkondiging van die kruisiging en opstanding van Jesus tot
seën van die mense in Caprivi. Dra asseblief die projek aan
die Here op in u gebede.”
Bababenodigdhede
Help om ‘n babaseuntjie in die wêreld te verwelkom
Ons het deur een van ons vrywilligers verneem van ‘n gesin wat hulle eerste kind verwag,
maar die pa het ongelukkig sy werk verloor. Weens ‘n gebrek aan fondse het die gesin
reeds begin om van hulle meubels te verkoop om te voorsien vir hulle en hul babaseuntjie
wat vroeg in April gebore word.
Die Potato Foundation wil graag hierdie gesin bystaan met klere en ‘n stootwaentjie.
Daarom vra ons jou hulp om klere en bababenodighede in te samel vir ‘n pasgebore
seuntjie. Hierdie familie het nie eens die basiese noodsaaklikhede vir hierdie babatjie nie.
As jy ou, maar bruikbare kinderklere, speelgoed of ander noodsaaklikhede
het, kontak ons kantore by 082 967 6258 of stuur ‘n e-pos aan
info@thepotatofoundation.co.za so gou as moontlik. Kom ons werk saam en bied ‘n
beter begin vir hierdie kind se lewe.
‘n Briefie van een van ons vrywilligers na
Saterdag se Sportdag:
Hi aan almal by Potato,
Dankie vir ‘n awesome dag aan julle almal.
Dit beteken baie vir my en is ‘n voorreg om te
kan deel hê aan julle verrigtinge. Julle doen
regtig awesome werk vir die kids en hulle
families. Seën vir julle en mag God julle bekers
laat oorloop van Sy liefde, vreugde en vrede!!!
Al die eer aan Hom. Ek dink as daar Iemand is
wat die breedste glimlag van ons almal is dit
Koning JESUS vir dit wat julle vir sy kosbaarste
skatte doen!
Daar is net iets in kinders wat ‘n mens trek...
en ons smag altyd om na aan hulle te wees.
Ek wonder hoekom? Is dit dalk hulle vreugde,
gelag en geloof miskien?
Defnitief al die bogenoemde. ‘n Mens se
diepste hartsbegeerte is om terug te beweeg
na God toe want Hy het daardie begeerte in
elke mens se hart geplaas om na Hom te soek
op die aarde (daardie leemte wat ons almal
in ons harte het wat mense altyd probeer
om te bevredig met aardse, ‘materiële’ goed
soos drank, rook, dobbel, televisie ens.). Ek
glo dat die naaste wat ‘n mens ooit aan God
kan kom in díe lewe is wanneer jy in ‘n kind
se teenwoordigheid is!!! Hulle is die grootste
blessing wat ons ooit voor kan vra. Hulle is die
grootste skatte van die Hemel :-)
Genade en vrede aan julle almal!!!
Seënwense en voorspoed
Jéan Visser
Ons wens jou en jou familie ‘n geseënde Paasfees toe. Mag julle in hierdie tyd by Sy voete stil word
en Sy LIEFDE beleef; Sy ongelooflike LIEFDE wat alle verstand te bowe gaan. Ons leef in ‘n stukkende
wêreld, maar hier by Potato besef ons elke dag dat Sy LIEFDE alles oorwin. Hy het reeds elkeen van
ons se kruis gedra. Ons is Sy koningskinders! Gaan dus in hierdie Christusfees uit met LIEFDE.
Bly op hoogte
‘n Vinnige manier om op hoogte te bly en aktief deel te neem aan ons aktiwiteite is
om ons webwerf, Facebook-bladsy of ons op Twitter te besoek. Jy gaan uitmis as
jy dit nie doen nie!
• www.thepotatofoundation.co.za
• http://www.facebook.com/pages/The-Potato-Foundation/130107300360975
• http://twitter.com/#!/ThePotato1
Kom leef jou passie uit en
maak ‘n verskil!
Kontak The Potato Foundation
Telefoonnommer: 082 967 6258
Faksnommer: 086 612 6532
E-pos: info@thepotatofoundation.co.za
Webwerf: www.thepotatofoundation.co.za