Sing vooraf staande: Psalm 91:1, 8 (p - Die Gereformeerde Kerk ...
Sing vooraf staande: Psalm 91:1, 8 (p - Die Gereformeerde Kerk ...
Sing vooraf staande: Psalm 91:1, 8 (p - Die Gereformeerde Kerk ...
- No tags were found...
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
GEREFORMEERDE KERK BELLVILLE OGGENDDIENS 9 SEPTEMBER 2012Sing vooraf staande: Skrifberyming 14-1:1Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wathemel en aarde gemaak het.Amen.Loflied: Psalm 27:1+6Geloofsbelydenis: NiceaWetPsalm 32:1+3GebedPsalm 73:11+12Skriflesing: Kolossense 2:16-3:4Kernverse: Kolossense 3:1-4Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dingedaarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op diedinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en jullelewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sywederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.Tema: Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is ...Een van die dinge wat met die Bybel moeilik kan wees, is dat dit ‘n boek is wat lank gelede geskryfis. Is dit moontlik om in verhouding te kom met die mense, plekke en gedagtes wat ons daarin vind?Een van die uitdagings waarvoor die hedendaagse prediker te staan kom is hoe om jou te help omdie ewige lewe te vind in God se Woord wat oud is en tog altyd nuut! In vanoggend se teks gaanons kyk hoe God vandag met ons praat terwyl ons lewens in die wêreld van die Bybel ingetrek word.Een manier waarin die Christene van Kolosse net soos ons was, is dat hulle gewone lewens gelyhet, gevul met gesinne, werk en stokperdjies. Hulle het onder die gesag van die wet gelewe – inhulle geval die Romeinse reg – wat vir hulle ‘n mate van vrede en veiligheid gegee het. Soos onshet die Kolossense die geluk van God se goeie skepping beleef asook die smart van siekte, lydingen dood. En, soos ons, het hulle ook beleef hoe dat die dinge van die lewe ons so maklik weg vanGod kan aflei. Kan jy dit begryp?Die uitdaging waarmee die Kolossense in besonder te kampe gehad het was egter nie so seer dieprobleme van die alledaagse lewe nie. Die besondere probleem wat Paulus hier aanspreek is ‘ngeslepe vorm van wêreldsheid of wêreldse godsdiens wat die kerk binnegesluip het en dieevangelie in gevaar gestel het en ‘n bedreiging vir die geloof van die gelowige Kolossensers gewordhet. Valse leraars het die kerk binnegesluip en geleer dat geloof in Jesus nie genoeg was om aanGod se oordeel te ontsnap nie. Nee, die geloof moet aangevul word met verdere gelowigehandelinge soos om jou van sekere voedsel en drank te weerhou, engele te aanbid en oor sekerebesondere kennis omtrent God te beskik. Met ander woorde, saligheid is gelyk aan Jesus plusvereistes wat nie in die Skrif gevind word nie; die ewige lewe is gelyk aan geloof plus die nakomingvan sekere mensgemaakte reels. Teenoor hierdie valse evangelie wil Paulus die Kolossense terugbring tot by alleen Jesus as die bron van die ewige lewe. Aan die einde van hoofstuk 2 is Paulusdaarmee klaar om die Kolossense te vertel waar hulle nie die ewige lewe sal vind nie – dit is hieronder, in die wêreld en volgens die wêreld se reëlboek.1
In Kolossense 3:1 vertel Paulus die Kolossense helder en duidelik waar om hul redding te vind – ditis bo, in Christus. Maar, om die krag van Paulus se woorde alhier behoorlik te waardeer, is dit nodigom hierdie vorm van wêreldse godsdiens wat die geloof van die Kolossense so bedreig het, nader tebestudeer. Waarom het hulle na die valse leraars geluister? Hoe is dit dat hulle hierdie valseleraars toegelaat het om hulle te oordeel en te boelie? Die feit is dat hierdie valse leraars die leerwat hulle verkondig het so “reg” en so “bybels” laat klink het. En in ‘n sekere mate was hulle ookreg. Hulle het geweet dat die hele mensdom ‘n probleem het: ons is almal sondaars and is daaromskuldig voor die heilige God. Ons wil dus graag los kom van hierdie skuld. Maar hoe is ditmoontlik? En hier het die valse leraars heeltemal verdwaal. Hulle oplossing vir die probleem vandie sonde was hoegenaamd geen antwoord nie. Volgens hulle was die geloof in Jesus slegs ‘n deelvan die oplossing. Die res daarvan het van die mens en sy werke afgehang. Die valse leraars hetdus aangedring op die kastyding van die liggaam en onthouding om sodoende hulle sondige natuurte beheer. Hulle het aangedring op besondere handelinge van godsdienstige vroomheid om God tebehaag.Die gevolg was dat die christene van Kolosse begin twyfel het of hulle geloof in Jesus wel genoegwas. Hulle is deur vreesaanjaging daartoe beweeg om te glo dat God ook hulle goeie werkeverlang.Kan u dit verstaan? Sien u ook soms hoedat sonde u hart oorspoel en voel dit asof die skuldgevoelu siel verstik and dan wonder u – miskien moet ek iets toevoeg tot my geloof in Jesus, net vir gevaldat ... En dan, voor jy weet waar jy is, dan is dit Jesus en geen drank. Jesus en geen tabak, geenlekker uiteet nie, geen vakansie by die see nie, geen gholf .., God is tog sekerlik beïndruk met myselfbeheersing? Of – Jesus en die getal boeke wat ek omtrent Hom gelees het? Of Jesus en myopofferende diens aan Hom? God is tog sekerlik beïndruk met my hartgrondige toewyding aanHom? Wat van Jesus en my kultuur van christelike vriende; christelike besigheid, christelikepolitiek, christelike musiek? Dit is so maklik om weg te beweeg van die eenvoud van regverdigingslegs deur die geloof, enkel uit genade, en om duisende verskillende uitdruklike en stilswyende reëlsdaarby te voeg om God se guns te wen. Ons is nie anders as die christene van Kolosse nie. Onsook moet versigtig wees sodat ons nie weggetrek word van die vryheid wat ons in Jesus Christushet nie.Die kwessie is dat die draad wat deur al hierdie reëls, wêreldlike filosofie en tradisies loop – alhierdie maniere om met God in die reine te kom – is dat dit alles tot die wêreld behoort, ‘n wêreldwat die slaaf van die sonde is. In die geval van die valse leraars is dit hul sondige trots wat hullelaat dink het dat hulle beter as God weet. In plaas daarvan dat hulle na God se Woord luisteromtrent redding, verrtrou hulle op hul aardse wysheid; vetrou hulle op hulself. Broeders en susters,dit is ‘n vingerwysing na die verlore toestand van die menslike hart – dat ons altyd God se gawesverdraai – in besonder die beste daarvan – Jesus. Ons siekte is ons trots wat nie daarvan hou ommet leë hande na God te kom en verniet sy genadige gawe van redding te ontvang nie. Ons voelbeter as ons werk, as ons iets tot ons redding kan bydra en as ons ‘n bietjie van God se heerlikheidvir onsself kan neem. Dink vir ‘n oomblik aan Adam in die paradys en die trots wat hom daartoegedryf het om van die verbode vrug te eet. Onthou die Israeliete wat gereken het dat hulle hulgodsdiens met goue afgodsbeelde kon opvrolik. En wat van die heiliger-as-jy Fariseers wat steedsop Jesus gepik het oor sy gewaande onreinheid. God se belofte om te red en deur sy Woord alleente red was nie genoeg nie. Paulus is maar al te bekend met die werklikheid van die menslike hart.In die begin van hoofstuk 3 lei hy die Kolossense dus weg van die wêreld wat in sonde dood is nadie lewe in die hemel. Hy stuur die Kolossense weg van mensgemaakte reëls en tradisies wat ‘nvalse geloof en valse aanbidding veroorsaak en hy draai hulle – in werklikheid beveel hy hulle omom te draai – na die Woord van God toe.2
Ons kom dus terug by die allerbelangrikste vraag: Waar vind ons die ware en uiteindelike lewe?Waar moet ons geloof soek vir redding? In Kolossense 3:1-4 gee Paulus ons ‘n duidelike antwoord.Die ware en ewige lewe moet in die hemel gesoek word en nie op aarde nie. Paulus vertel ons datdie twee bronne van lewe – hemels en aards – radikaal teenoorgesteld is. Ons kan nie aan hierdiesondige wêreld wat tot ondergang gedoem is ontsnap nie, maak nie saak hoeveel sweet, moeite,liggaamlike dissipline, ontsegging, menslike wysheid en geestelike ywer ons aan die dag lê nie.Vergeefs word daar hier op aarde gesoek na ‘n oplossing vir sonde en vrede met God. Maar dieWoord van God sê dat as jy in Jesus alleen glo, Hy wat in die hemel sit, dan beloof Hy om die hemelvir jou oop te maak.Luister na Paulus se ongelooflike en anderwêreldse woorde in Kolossense 3:1: “Aangesien jullesaam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waarChristus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.” Toe Jesus uit die dode opgestaan het, hetHy die pad na die hemel oopgemaak vir almal wat in Hom alleen glo. As dit waar is, en dit is, danvermaan Paulus ons om te strewe na die dinge daarbo. Ons moet na die dinge daarbo streweomdat die hemel is waar Jesus, die bron van die ewige lewe, nou is. In teenstelling tot die aarde,waar sonde en dood regeer, is die hemel daarbo ‘n plek van sondelose volmaaktheid en ewigelewe. Let op dat Paulus Jesus beskryf as “sittende” en nie as “staande” aan die regterhand vanGod. Wat is die betekenis hiervan? Dit simboliseer dat Jesus se werk voltooi is. Hy alleen het dievolle prys betaal en sodoende ons redding bewerk: deur getrou die wet te gehoorsaam en vir onssondes te sterf en daarna opgewek te word tot ‘n nuwe lewe! As u vanoggend geloof het dan hetGod u op Jesus se triomferende skouers uit hierdie sondige wêreld uitgelig – strewe dus na diedinge daarbo!In vers 2 herhaal Paulus die vermaning van vers 1 om jou gedagtes te rig op wat daarbo is, maarvoeg dan daarby: ”nie op die dinge wat op die aarde is nie” om die kontras te beklemtoon.Hier verwys Paulus na die wêreldse godsdiens van self-regverdiging van die valse leraars. Onsmoet net eers ‘n moontlike misverstand opklaar. Paulus beweer nie dat ons ons aardse beroepe,werksaamhede of ontspannings moet los of minag nie. Hierdie dinge is ook deur God beskik en isgoed, al trek dit soms ons aandag van God af, wat weer problematies kan wees! Eintlik vestigPaulus hier ons aandag op die gapende kloof wat daar bestaan tussen die boodskap van saligheidwat van die mens hieronder kom en die boodskap van saligheid wat van God daarbo kom. As onsnie ons vertikale verhouding met God kan reg kry nie dan kan ons God nooit met ons tydelikelewens in hierdie wêreld verheerlik nie – ons sal ook nooit ons naaste kan liefhê nie of ‘nsonsondergang met die regte gesindheid geniet nie. Maar dit behandel Paulus verder in hoofstuk 3.Nou wil hy eers die Kolossense die evangelie reg laat verstaan. Eenvoudig gestel: As Christus niemeer op aarde is nie maar in die hemel, en as die verrése Christus die bron van ons lewe is, danmoet ons die dinge daarbo soek!In vers 3 bring Paulus die twee nuwe werklikhede wat die christelike geloof moet bepaal in eensinnetjie saam. Albei hierdie werklikhede het Paulus al in sy brief gepreek en verdedig. “Want jullehet gesterwe en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” Broeders en susters, inhierdie paar woorde vind ons die hemelse atmosfeer wat lewe vir die siel gee, die ewige voedsel watdie geloof versorg. Paulus roep uit: ”Julle het gesterf!”. Maar in watter sin het ons gesterf en hoehet ons gesterf? Paulus sê nie dat ons bestaan hier op aarde verby is nie. Maar dat ons lewe in ‘nwêreld aan sonde verslaaf tot ‘n einde gekom het. Ons sondige bestaan as die uiteindelikebepalende werklikheid van ons lewe is verby. Hoe? Jesus het aan die kruis gesterwe en is in onsplek vir ons sonde veroordeel. Daarom, deur die geloof, behandel God ons asof ons nooit gesondighet nie, asof ons die sonde afgesterf het.3
Die ander noodsaaklike werklikheid wat ons geloof na die hemel laat opswewe: die ander waarheidwat die hemel die bepalende werklikheid van ons lewe maak, is dat Jesus nie in die mag van diedood gebly het nie, maar tot ‘n nuwe lewe opgewek is. Daarom, deur die geloof deel ons nie net inJesus aan die kruis se afsterwe van die sonde nie, maar ook in sy hemelse lewe, daarom skryfPaulus dat ons lewe saam met Christus verborge is by God. Oorweeg dit. Verhef u gedagtes nadie hemel waar Christus is. Besin oor die verstommende en anderwêreldse implikasies van ugeloof. Worstel u vanoggend met sonde en skuld? Miskien is u probleem woedebuie, miskiensmag u na geld, miskien het u owerspel gepleeg, miskien kom u uit ‘n gebroke huis, miskien het ugeen geld nie of is u eensaam. Maar is dit hoe God u oordeel en beoordeel? Is hierdie dinge – ofenigiets in hierdie wêreld of enige sonde waarmee u worstel – uiteindelik bepalend vir u lewe? Nievolgens Paulus nie, nie volgens die Woord van God nie, nie in die koninkryk van God nie! Waaromnie? Omdat u en ek die sonde en die wêreld afgesterf het. Ons lewens is saam met Christusverborge in God, polsende met die krag van die opstanding en onverwoesbaar. Dit is u lewe. Soekdit in Christus. Vind dit daarbo.In vers 4, sou ‘n mens kon sê, kom Paulus weer af aarde toe nadat hy die christelike lewe stewiggevestig het in Christus wat in die hemel is. Ons eindig ons teks op ‘n noot van verwagtendeverlange. “Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saammet Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.” Paulus het die Kolossense, en ons, geroep tot ‘nChristelike lewe, gevestig in die dinge daarbo. Maar daardie dinge het nog nie na die aarde toeafgedaal nie. Ons beleef nog nie in al sy volheid die lewe wat God daarbo belowe nie. Ons moetnog wag. Maar Paulus gee ‘n vaste hoop vir ons geloof terwyl ons wag en verlang na die hemel.Die Bybel noem ons pelgrims in hierdie wêreld, maar ons dwaal nie doelloos rond nie. Die Bybelnoem ons bannelinge in ‘n vreemde land, maar ons sal nie altyd vér van huis wees nie. Dit is soomdat dit die onwrikbare belofte van God is dat, wanneer Jesus op die oordeelsdag verskyn, onsbeslis sal deel in die volheid van sy heerlike lewe – nie meer in geloof nie maar sigbaar ... nikstussen hier en dan kan hierdie werklikheid verander nie.Ten slotte wil ek ‘n antwoord gee op ‘n vraag wat nie uitdruklik in ons teks staan nie, maar wat om ‘nantwoord vra. Miskien het u dit al heel oggend gevra? As ons dan opgeroep word om Jesus en sykoninkryk te soek, waar kan ek dit sekerlik vind? Dit is in sy Woord. Ja, ons moet God se Woordlees en daaroor besin en tot God bid. En in die Skrif beloof God ook om sy volk op ‘n besonderewyse te ontmoet, wanneer ons vergader, soos nou, in die kerk in erediens. Die kerk is die enigsteinstelling in die wêreld wat die Bybel gelykstel met die koninkryk van die hemel. Wanneer ons elkeSondag so vergader om dit te doen wat die wêreld as absolute waansin beskou, dinge wat ons ookglad te veel as gewoon en vervelig beskou, wat het God belowe om dan te doen? Hy het beloweom die hemel te laat afdaal na die aarde! Hy beloof dat deur die verkondiging van die Woord Hyons Jesus sal gee. In die water van die doop is sy vaste waarborg dat ons sondes vergewe is.Deur die Heilige Nagmaal belowe Hy om ons siele te voed met die liggaam en bloed van diehemelse Here Jesus. Deur die bediening van die Woord en die sakramente soek God ons enbedien Hy Jesus aan ons – sodat ons Hom sal soek. Ons antwoord in geloof en deur by die engelein die hemel aan te sluit in die aanbidding van die verrése Here Jesus. Wil u weet waar Jesusgevind kan word neerdalende van die hemel na die aarde? Het u geloof hernude kragte nodig omJesus te soek? Kom dan elke Sondag kerk toe sodat u u lewe in Christus weer kan vind, sodat u,op u beurt, weer in die wêreld kan uitgaan as vreeslose pelgrims en bannelinge wat deur hul geloofin Christus leef, aan hom verbind deur sy Gees en met die vaste hoop op die hemel.Amen!GebedSlotpsalm 16:3+4+5Die Here sal julle seën en julle beskerm;4
Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees;Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!Amen.Simon JoosteGereformeerde Kerk Bellville9 September 2012.5