WAT’S IN ’N NAAM?Na analogie van Shakespeare, maar daar steek tog baie in’n naam. Want sien; “…a rose; by any other name..” geldnie hier nie. Dit is tewens ’n kosbare stukkie kultuur in dieSA Vleismerino bedryf, juis omdat die naam dikwels sobeskrywend van die dier is. Hierdie stukkie kultuur noop myom die pen op te neem.’n Paar herfse gelede was ek en ou Petrus (eintlik myskaapman maar weliswaar ’n goeie “allrounder”met ’n klompboererate wat ek al baie maal teësinnig, maar in retrospekgelukkig, gebruik het), besig om lammers te nommer. ’n Ooimet ’n drieling ramlammers was aan die beurt. Toe hy dieeerste een aangee sê hy “ Hierdie een se naam is Shatrak”.My gedagtes het onwillekeurig gegaan na ’n ou familielidwat byna ’n stokperdjie gemaak het van name gee; sooswat baie van die ouer geslag moontlik was. So het hy op ’nerg winderige dag die huis binnegekom en vir sy vrou gesê:“ Van nou af is hierdie plaas se naam “Windgat”. ’n Tante indie omgewing wat baie lief was vir delegeer se ou man koneendag nie meer hou nie en na hy die soveelste opdragontvang het, sê hy: “Nee, hierdie plaas se naam is nou niemeer Bultfontein nie, maar Slawernynes.”’n Familielid was in die sewentiger jare verbonde aan diedestydse SAP en later ook afdelingskommissaris. Op ’ndag moes hy ’n verklaring afneem by ’n man van Oos -terse/Mediterreense afkoms. Sy van was ’n nagmerrie.Weens die uniekheid daarvan het ek dit gememoriseer englo my dit was: “Antriosikatlifomonapeirekedokelaitjatu”.In ons Vleismerino bedryf is daar mos talle voorbeelde vanname vir meestal ramme. Ek glo dis ’n manier van verering vir’n besondere dier in elke stoet. Daar was al so baievoorbeelde waar die name huishoudelik geword het in diebedryf. Ek dink net aan ’n paar: “Kaalkop, Langkop, Langfaan,Pronk, Saalperd, Oortjies, ou Fanie, Steroids, Vrystaat, Genlde Wet. En dan natuurlik ook die ooi met die naam van “OuLady” wat verewig is op ons SA Vleismerino embleem.’n Paar jaar gelede het ’n jong ram van my saam met ’ngroepie ooie geloop en was een nag amper ’n diefstalslagoffer. Die volgende oggend was drie ooie wel geslag,met ’n gebreekte skoenveter aan die ram se bene dieenigste stille getuienes dat hy waarskynlik soos ’n Simsonhomself net betyds bevry het. Daar was ’n verdeeldheidtussen ons of sy naam nou “Skoenveter” of “Simson” moetwees, met die gevolg dat hy beide name behou het.Ewenwel, Petrus het vir Shatrak aangegee en hy het synommer gekry. Die tweede lam wat hy toe aangee sê hy:“Hierdie een se naam is Mishak.” En so terwyl ek in myonderbewussyn ’n bekende beryming verwag, gee hy diederde een aan: “…en hierdie een is Abêdnôg!”. My eerstestille reaksie was: Ag dankie Liewe Vader vir hierdie blywendeassosiasie wat Petrus het met Daniël se drie vriende! En toehet ek die oomblik terdeë geniet. Van nou af sal elke manlikedrieling wees: Shatrak, Mishak en Abêdnôg!Manie LombardREPRODUKSIE PRESTASIESHoewel meerlinge in die SA Vleismerino ras alge -meen is, het die volgende ooi met haar leeftyd -produksie gewys wat kan gedoen word:Hierdie ongeregistreerde SA Vleismerino ooi vanmnr. S.L. Snyman, “Die Aalwyne” Pk Kleinpoort, isin 1982 slagpale toe gestuur – maar nadat sy sogereproduseer het:Sy is in 1970 gebore en in 1971 en 1972 is geenrekord van haar lammers gehou nie.Desember 1973 - DrielingJulie 1974 - EenlingFebruarie 1975 - DrielingAugustus 1975 - VierlingJulie 1976 - DrielingFebruarie 1977 - TweelingOktober 1977 - DrielingAugustus 1978 - TweelingJunie 1979 - TweelingDesember 1979 - TweelingNovember 1980 - TweelingSeptember 1981 - TweelingTOTAAL29 LammersResultate met paring van ooie in weimielies:’n Trop van 138 ooie met lammers wat in weimielies enhawer geloop het, is as volg gepaar: 1 Ram is vir 2 weke bydie ooie gejaag; daarna vir twee weke uitgehaal; en daarnaopgevolg met ’n ander ram vir twee weke.Die resultate by skandering was as volg:118 dragtighede; waarvan 11 drielinge, 64 tweelinge, en43 eenlinge.Dus potensieel 204 lammers.Stelena ooie met drielinge.40
Hierdie Stoet is trots om vir die afgelope30 jaar te kon deel wees van so ’nbesondere skaapras en Telersge noot skap.LT 5139 – Jong teelram met besondere kwaliteiteOns prestasies deur die jare in die skouringen veldtoetse getuig van ons strewe na dierasegte SAVM met die hoogste moontlikeekono miese waardeLT 5111 – SA Kampioen Wolooi 2006Lombard Familie TrustPosbus 123Oranjeville 1995083 232 4324 / 016-3511 921maans@webmail.co.zaLT 3070 – Dié kop sê alles41