14.03.2017 Views

Overkruiner Mar17

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Maandblad van NG Overkruin - MAART 2017

Demensie

- die groot vrees ...

NG Overkruin Gaan Groen

Verwelkom Ds. Moolman

Ons kinders gee om

Kuier saam

Gemeenteraadsbesluite

Ds. Corné en Zanné word verras

Bybelsondag

Jak de Priester

Demensie - die groot

vrees in veroudering ...

Petrus Moolman. Leraar, Seniorvolwassenebediening NG Overkruin

Baie mense sien reikhalsend uit na hulle aftrede. Hulle

dink nie graag oor die pad van veroudering wat die

meeste mense normaalweg loop nie. Veroudering

is deel van ons menslike ontwikkeling, net soos ons

kinder-, jeug- en middeljare. Dit bring ons by die

onvermydelike eindstreep. Dit hoef egter nie ‘n pad van

vrees en emosionele spanning te wees nie. Selfs al is

die proses van veroudering nie altyd maklik nie kan ons

veroudering betekenisvol beleef.

Die oorgrote persentasie mense word gelukkig,

suksesvol en selfs stylvol ouer. Feit is dat mense

vandag al ouer word en die getal ouer mense almeer.

Gemeet teen die groter prentjie is dit relatief min mense

wat deur gevreesde verouderingstoestande soos

demensie en veral Alzheimer-demensie getref word.

Tog bly dit vir die meeste van ons, jonk en oud, ons

grootste vrees in ons veroudering.

Dit word bereken dat ongeveer ses persent van

persone bo 65 in Suid-Afrika, aan een of ander

vorm van demensie ly. In sommige kringe word baie

prominensie verleen aan die toenemende getal

mense met demensietoestande. In die algemeen

word min aandag geskenk aan die moontlikhede

om demensietoestande te voorkom. Daar word

ook min gedoen om die persoon met demensie se

omstandighede so te help bestuur dat hulle lewe

binne die beperkinge van die siekte se graad steeds

betekenisvol kan verloop.

Veral oor Alzheimer-demensie word voortdurend

navorsing gedoen omdat daar selfs in die 21ste eeu

steeds bitter min van die siekte werklik bekend is.

Dit behoort wel algemene kennis te wees dat enige

persoon deur ‘n paar eenvoudige dinge nogal baie kan

bydra om die meeste verouderingstoestande te help

voorkom. Dan verwys ons maar na die basiese raad

wat vir voorkoming van baie mediese toestande geld:

gesonde lewenswyse, nie rook nie en nie oormatig

drink nie, gereelde oefening en ‘n positiewe ingesteldheid

ten opsigte van die lewe in die algemeen, gereelde

mediese evaluering en ‘n gesonde daaglike dieet.

‘n Baie belangrike aspek van moontlike voorkoming van

slegte verouderingservarings, is ‘n gesonde geestelike

lewe. Dit sluit veral in om die omvang van die begrip

‘lewe’ te verstaan. God gee aan ons één lewe vir net

één doel, en dit is om in sy diens te wees as versoende,

herstelde sondaar. Dit doen ons vanuit ‘n gesonde

verhouding met Jesus Christus. Hy het nie eers oud

geword om ons te verlos nie, maar het die fleur van sy

lewe vir ons kom opoffer. Dit alles sodat ons oorvloedig

kan lewe. Daardie lewe noem Jesus ‘ewige lewe’. Dit

sluit ook in dat ons mooi sal kyk na die één lewe wat ons

het!

Die ‘ewige lewe’ beteken veel meer as hemel toe gaan.

Veral wanneer die verouderingskwale mense begin

tref, begin baie mense hartstogtelik na die hemel en

verlossing van aardse lyding verlang. Dit help om die

ongemak van hulle veroudering te hanteer. Natuurlik

behoort ons almal vanuit ‘n wederkomsverlange elke dag

tegemoet te stap ... maar dan, om ons hier en nou so

bietjie meer na die hemelse te laat lyk – selfs ons ouer

word!

Toewydingsreeks 2017

Tonie Viljoen

Vanjaar se Toewydingsreeks is gelei deur professor Danie Veldsman, hoof van Dogmatiek en Etiek, Fakulteit Teologie,

Universiteit van Pretoria. Sy tema was: Om op reis te gaan 2017 in. Ter aanvang het hy verwys na Januariemaand,

waarvan die naam afgelei is van die Italiaanse god, Janus. Hy was die poortwagter in oorlogstye wat na buite en na

binne kon kyk. Vir ons is Januarie die maand waarin ons terug en vorentoe kyk. Op hierdie geloofsreis die nuwe jaar

in, kan ons staatmaak op God se ronde genade. God se genade is nie plat soos die seevaarders van destyds geglo

het die see plat is en dat die horison die einde van die aarde beteken nie. In Psalm 126 sien ons die werklike lewe: “al

huil hy as hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra”. As ek die lewensreis aanpak, moet ek dit

in afhanklikheid van God doen en met die wete dat God se genade rond is – onbeperk is – in hartseer en in blydskap.

Prof. Veldsman het vervolgens verskillende liggaamsorgane as voorbeelde aangewend om die geloofsreis te

verduidelik. In Spreuke 4:23 word ons vermaan om versigtig te wees met wat in ons hart omgaan, want dit bepaal ons

hele lewe. Die hart is die setel van ons menswees en is terselfdertyd ’n beeld, daarom kan ons sê: my hart is seer,

gebreek. In die verstandelik-gevoelsdimensie van menswees, besit jou hart jou kop. Volgens prof. Danie bestaan daar

nie so iets soos objektiewe denke nie. Jou kop is geneig om “uitmekaar” te haal, terwyl die hart “bymekaar” wil hou.

Kyk ook met gevoel. In Markus 6:34 het Jesus, toe Hy die skare sien, hulle innig jammer gekry. Ons moet groei in

onderskeidingsvermoë en ons kinderlike geloof moet verdiep. Kinderlike geloof beteken om vrae te vra soos ’n kind en

om te weet hoe afhanklik jy van God is.

Hoe sien ek die lewe? Die woord religie beteken om

saam te bind aan God. Te midde van die woelinge in

my hart, wil ek groei in onderskeidingsvermoë en in

kinderlike geloof. Om dit te bereik, moet ek die Bybel in

diepte ondersoek, nie om slim te word nie maar om die

Bybel te ervaar as ’n leerskool in nederigheid. God se

heiligheid is so verblindend dat die serafs hulle gesigte

met hulle vlerke verberg. Dis ook waarom ons God se

Naam met eerbied en liefde moet noem. Die sin van die

lewe is baie maal te vind in klein, onbenullige dinge maar

soms met merkwaardige resultate – selfs na jou dood.

Andersyds is die si(e)n van die lewe om ’n verhaal te

“maak”, dit wil sê om vir mekaar te kan gee. Wees dan

gereed om deel te word van God se verhaal.

’n Oor help om die si(e)n van die lewe te verbreed.

Anders gestel: die oor bring die hart in beroering.

Prof. Danie Veldsman aan die woord.

In teenstelling met die bekende spreekwoord, sê prof.

Danie dat die ore mure het. Dit beteken dat jy nie hoor as iemand jou iets vertel nie. Jy kan nie wag dat so ’n persoon

klaar praat nie; jy wil praat. In die verhaal van Bartimeus (Markus 10:46-52) sien ons iets hiervan. Bartimeus, die

blinde, roep na Jesus, maar die omstanders het hom gemaan om stil te bly. Jesus het egter gesê: “Roep hom nader.”

Toe eers het die omstanders gereageer: “Hy roep jou.” Hierna hoor Jesus wat sy behoefte is. Die merkwaardige wat

hier plaasvind, is dat Jesus luister wat sy pyn is. As jou pyn nie “gehoor” word nie, is jy eensaam. Sien dus met jou

ore!

Om die taal van my hart te praat, gebruik ek my tong. Soos te verstane, is Jakobus 3:1-12, beheersing van die tong,

aan ons voorgehou. Die groot mag van die tong word in dié gedeelte beklemtoon. So byvoorbeeld, kan een woord

’n mens se lewe vernietig. Volgens Spreuke 18:21, het die tong mag oor lewe en dood. Ons weerloosheid word

weerspieël in Jesus se gebed: Ons Vader. In die woord “ons” word drie aspekte weergegee, te wete beskeidenheid,

solidariteit en inklusiwiteit (almal word ingesluit).

Ons gebed vir 2017 is: “Maak die nuwe jaar anders, Here.”

’n Lid van die Gideons vertel ...

Ons plaas onlangs Bybels by ’n hospitaal.

Een van die verpleegsters kom na ons; sy is erg ontsteld. “You are a day too late”, sê sy.

“Do you see these scratches on my arms?” Sy begin bitterlik huil.

“Yesterday, one of my patients died. Just before he died he grabbed my arm and screamed: ’Help me! I am searching

for God! I am going to die. Please help me!’

“I could not help him, I ask him to wait while I quickly found someone who could help him. He held me more tightly and

became completely panic-stricken while he implored me to PLEASE help him.

“I plucked my arm from his grip and ran to find someone who could help him. When we returned to his room, we were

too late – he had already passed away.

“I COULD NOT HELP HIM, I WAS NOT READY.”

OVERKRUINER BLADSY 2

OVERKRUINER BLADSY 3

Leerlingleiers word ontvang

Redaksie

Dit is ’n mooi jaarlikse instelling by NG Overkruin om

die leiers van Laerskool Wonderboom en Hoërskool

Overkruin saam met hul ouers by ’n aanddiens te

ontvang en by hierdie geleentheid so aan die begin

van die nuwe skooljaar, aan die Here op te dra. Hierdie

twee skole val binne die grense van die Gemeente en

oor jare is ’n baie mooi samewerkingsband opgebou.

Hierdie jaar het die geleentheid op 15 Januarie 2017

saamgeval met die Toewydingsreeks wat deur prof.

Danie Veldsman gelei is. Sy boodskap die betrokke

aand was uit Spreuke 4:23: “Wees versigtig met wat

die noorde, ’n paar kilometer suid van Warmbad (nou Bela-Bela), en

vanaf die Rust de Winterdam in die ooste tot by Swartbooistad in die

weste. Ongeveer 3 500 km².

Ons besoek elke jaar 41 skole in Hammanskraal, Makapanstad,

Swartbooistad en Soshanguve. Ons oorhandig Bybels aan bykans

12 000 graad 8-leerders in hierdie skole. Die afstande na hierdie

skole wissel tussen 38 en 75 km.

Afgesien van hierdie skole, besoek ons ook die Charis Christian

School; die hoërskole Langenhoven, Overkruin en Montana;

Hillview High School; Iona Convent; Prospectus Novusskool;

Curro Privaatskool; Edendale Independent School; Montana

Poort Secondary School; die militêre basisse Wonderboom,

Boekenhoutkloof en Rooiwal; die Eugène Marais en Montana

hospitale asook die brandweerstasie Wonderboom.

Rudie se motorhuis vol Bybels.

in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Die

boodskap het aan hierdie groep leiers ’n waardevolle

geestelike wenk vir die nuwe jaar en toekoms gebied.

Ds. Heinrich Carstens het die verrigtinge rondom

die leiers hanteer en besondere erkenning en dank

aan die onderwysers en die ouers oorgedra vir die

ondersteunende en leidinggewende rol wat hulle vertolk

om leierskapeienskappe te identifiseer en te ontwikkel.

Hy het die leiers daarop gewys dat dit beide ’n voorreg

en ’n verantwoordelikheid is om leierseienskappe te

ontvang. Hulle is ook verseker daarvan dat die Here elke

dag by hulle is, lief is vir hulle en dat hulle die lewe kan

inkleur en saak kan maak deur hierdie leierseienskappe

aan God toe te wy.

Elke leier het by die Nagmaalstafel ’n houtkruisie in ontvangs geneem. Ds. Heinrich het die leiers in besonder maar

ook hul ouers en die onderwyspersoneel, in gebed aan die Here se beskerming en leiding opgedra. Ons bede is dat

hierdie leierskapgeleenthede vir elkeen van hulle ook die weg sal open om deur voorbeeld, gesindheid en daad ’n

verskil in die uitbreiding van die Here se koninkryk te maak en dat hulle oorvloedig geseën sal word met vrugbare

dienslewering in hul skoolloopbaan.

Koop en verkoop van eiendom

asook Verhurings

1/4 page

BEUKES PROPERTIES

Vir professionele diens

kontak gerus vir Tersia Beukes

082 606 0447

Prinsipaal (MIEASA, CEA)

012 543 1309

Die Gideons Internasionaal in Suid Afrika

Rudi van Heerden

Die Gideons is tans aktief in 202 lande.

Bybels word in 101 verskillende tale gedruk.

In Suid-Afrika het die Gideons verlede jaar 1,1 miljoen Bybels

geplaas, in total al meer as 40,5 miljoen.

Wêreldwyd het die Gideons verlede jaar 91,8 miljoen Bybels

geplaas, in totaal al meer as 2 100 miljoen. Dit het die Gideons

93 jaar (van 1908 tot 2001) geneem om die eerste miljard Bybels

te plaas. Deur die genade van God, het dit ons slegs 14 jaar (van

2001 tot 2015) geneem om die tweede miljard Bybels te plaas.

Bybelplasings deur die Wonderboomlaer

Overkruin Gemeente val binne die grense van die

Wonderboomlaer van die Gideons. Dié laer se grense strek

vanaf Boomstraat in die middestad van Pretoria tot by Lehau in

Verspreiding van Bybels by ‘n skool.

Spesialiseer in:

♣ Vrugtebome

♣ Inheemse bome

♣ Palms

♣ Grondbedekkers

“Geskenk van God”

tel: 012 524 3364

cel: 083 326 8626

elanihaitas@yahoo.com

♣ Rose

♣ Binnehuisplante

♣ Kruie

♣ Tuinuitleg

Vedalaan 240, Montanapark

Posbus 14376, Sinoville, 0129

OVERKRUINER BLADSY 4

OVERKRUINER BLADSY 5

Heer, vandag word ek 80 jaar

hoe wonderlik het U my bewaar.

Ek vra egter o Skepper, tot 81 ’n kans

om nog vrolik voor u voete te dans.

Maar dan vra ek ook nederig Heer

dat ek tot 82 nog meer van U leer.

Tot 83 is ook nie so ‘n lang tyd

die stadiger passies ten spyt …

Heer, dis ek, kan ek nog iets vra -

dat U my tot 84 sal dra.

Op 85 is die gedagtes soms kort,

maar dis so ‘n vreugde om die kinders te sien groot word.

Op 86 bid ek Heer, vernuwe my gees,

dat ek nog ‘n jaar u kind kan wees.

Met 87 jare agter die rug en nog so geseën,

vra ek dat U my nog ‘n jaar sal leen.

O Heer, op 88 vernuwe u Woord my gees,

al is die oë al dof om die Bybel te lees.

Vader van Genade, die tyd gaan so gou om,

want 89 het so vinnig gekom.

Soms is al die litte en knieë so styf,

maar op 90 is die gedig nog nie klaar geskryf.

Al wink die hemele met glansende prag,

vra ek op 92 dat U nog ‘n rukkie sal wag.

Al wil die ore op 95 nie altyd meer hoor,

val woorde uit die verlede nog sag op die oor.

Heer, op 100 is my aardse lewe gedaan

My Vader, ek verlang om na U toe te gaan …

Kersdagdiens 2016

Redaksie

Teen hierdie tyd van die nuwe jaar en teen die spoed waarteen elkeen van ons moet beweeg, is die laaste Kersfees

en die geskenke dalk alreeds net ’n vae herinnering. Miskien moet die vraag gevra word: Hoe was jou Kersfees? Vir

die tuisblyers bied die Kersdagdiens in NG Overkruin tog altyd iets besonders.

Kersfeestyd is eie aan gemengde emosies en herinneringe, soos vreugde, hartseer en verlange. Veral vir baie

gesinne in Suid Afrika. Die realiteit van kinders in die buiteland wat hier kon wees of nie kon wees nie, raak baie. Tog

is dit ’n dag vol vreugde as gesinne in dié gejaagde tyd weer ’n dag saam kon kerk toe gaan en ’n rustige dag saam

kon deurbring.

Ds. Corné Randall wat die Kersdagdiens gelei het, het hierdie werklikhede op Kersdag ondervang en geskenkies

uitgedeel aan die oudste, die jongste en die grootste familiegroep en die verste oorsese besoekers.

Ds. Corné se Woordbediening uit Joh. 1:1-18 het ons opnuut daaraan herinner dat die grootste geskenk wat die

mensdom ooit kon ontvang, is God se koms na hierdie gebroke wêreld deur middel van Jesus Christus. Deur Jesus

Christus, is ’n stuk werklikheid van God se bestaan gedemonstreer. Siekes word gesond gemaak, randfigure en

sondiges word verlos en aanvaar, en deur die Heilige Gees, het God by ons kom woon.

Soos altyd, was dit goed om ’n Kersdag so saam met medegelowiges met ’n Kersdagdiens af te skop en die vreugdes

van gesinsamesyn te ervaar.

Overkruin dra by tot ons groen erfenis

Redaksie

NG Overkruin is haastig aan die werk om ’n eko-projek op die been te bring. Ons lees en hoor baie van die

noodsaaklikheid om gestruktureerde herwinning in Suid-Afrika maar ook wêreldwyd te bevorder. Dit gaan primêr oor

kosbare hulpbronne en die beskerming van die lewensduur van ons planeet Aarde en die kwaliteit van lewe daarop.

Anél Conradie dra die stokkie om hierdie projek in ons eie geledere lewenskragtigheid te gee. Onderhandelinge is

met Wastegroup aangeknoop om leiding te kry van hoe ons kerkgemeenskap ’n konstruktiewe bydrae kan maak.

Die huidige gedagte

is om aanvanklik

met ses verskillende

herwinningshouers vir

bepaalde herwinbare

produkte weg te trek.

Wastegroup verskaf die

sakke en sakstaanders,

verwyder die produkte en

voorsien weer leë sakke.

‘n Geskikte plek op die

kerkterrein is

reeds geїdentifiseer.

Verdere

kommunikasie sal volg.

TEL: 012 543 0615/25

FAKS: 012 543 1324

JAN BOOYSENSTRAAT, Annlin

Maansag - Vrydag: 08:00 - 19:00

Saterdae: 08:00 - 13:00

Sondae: 09:00 - 12:00

Tel 012 548 1150

OVERKRUINER BLADSY 6

OVERKRUINER BLADSY 7

Oujaarsdiens 2016

Niks kom by ’n Oujaarsdiens om jou in die regte

gemoedstemming vir die uitdagings van ’n nuwe jaar

te plaas nie. As mense sukkel ons soms om die donker

oomblikke van ’n pas afgelope jaar opsy te skuif en

positief nuut te fokus op die jaar wat voorlê. Die aanbreek

van ’n nuwe jaar is meermale ’n realiteitskok wat vinnig

op ’n voorafgaande feesgety volg.

Hierdie jaar was dit ds. Corné Randall se beurt om die

Oujaarsdiens te lei. Sy boodskap uit Jos.1:1-9 het die

onsekerheid verdryf oor die toekoms wat maar altyd neig

om te pla en ’n werklikheid is.

Daar is inderdaad grondige rede om sekerheid oor die

toekoms te hê. Hierdie sekerheid vind ons as gelowiges

in God se teenwoordigheid, soos Hy ook vir Josua

Alama-Jeane’s Fashions

• Trourokke

• Ma van die Bruid

• Ouma van die Bruid

• Coctail & Matriekafskeid

• Handsakkies

• Juwele

• Nou ook verskaffers van ENZOANI trou

en matriekafskeid rokke

FIN FORUM SENTRUM (Banke-sentrum oorkant Kolonnade), H/v Zambesi & Dr vd

Merwe Rylaan, Montana

Marie Eloff: 083 272 7474 Tel: 012 548 0078 Alma JeannesFashions

E-pos: marie@bridalcorner.co.za

Redaksie

bemoedig het. Soos God in die vorige jaar en in die verlede teenwoordig was, so sal Hy ook in 2017 wees. God vra

ook van ons om die Wet te onderhou, en om nie links of regs af te wyk nie. Verder, dat ons in teenstelling met die

goddelose lewenswyses wat ons teëkom, anders sal lewe en getuies van God se liefde sal wees. Dit is bemoedigend

om te weet God is nie tydsgebonde nie, altyd teenwoordig en betyds.

Die erediens is in kerslig in die binneplaas met die gesamentlike aflegging van die Geloofsbelydenis afgesluit.

’n Feestelikheid met roomys en waatlemoen deur Joey Schutte en helpers voorberei en ’n gesellige samesyn in die

saal, het gevolg.

Alma - Jeane’s Fashions

& Bridal Boutique

OVERKRUINER BLADSY 8

Program vir die kwartaal

Vrydag 24 Maart 2017

18:00 Stoepstories deur Fanus Hansen

Maandag 27 Maart 2017

19:00 Bestuursraad

Vrydag 31 April 2017

Skole sluit

10 April – 12 April 2017

18:30 Groot Lydensweek

Donderdag 13 April 2017

18:30 Nagmaal

Bybelverkope - Petroport

Sondag 16 April 2017

09:00 Paassondag.

Woensdag 18 April 2017

Skole begin

Vrydag 21 April 2017

10:00 Kuierhoekie

Maandag 24 April 2017

15:00 Aksiegroep Uitreik

19:00 Aksiegroepe vergader

Maandag 8 Mei 2017

19:00 Bestuursraad

Sondag 14 Mei 2017

Moedersdag

Vrydag 19 Mei 2017

10:00 Kuierhoekie

Saterdag 20 Mei 2017

High Tea

Maandag 22 Mei 2017

19:00 Gemeenteraad

Donderdag 25 Mei 2017

Hemelvaart

18:30 Hemelvaartdiens

Maandag 29 Mei – Woensdag 31 Mei 2017

18:30 Pinksterreeks

Sondag 18 Junie 2017

Vadersdag

Vrydag 23 Junie 2017

18:00 Overkruin Kuieraand

Vrydag 30 Junie 2017

Skole sluit

Ons Overkruiner kry ‘n nuwe baaidjie...

Hiermee ons eerste volkleur-gedrukte Overkruiner, met ‘n druklaag

van 500. Ons beplan om die hoeveelhede oor ‘n tydperk sistematies te

verhoog ten einde ons uitreik uit te brei, asook te vergroot.

Ons toekomstige adverteerspasie, gaan vir u gerief beskikbaar wees in

die volgende groottes:

Volblad, halfblad, derdeblad en kwartblad.

U is welkom om vir Lara van der Linde by die kerkkantoor te kontak

vir navrae ten opsigte van reklamespasies beskikbaar, vir toekomstige

uitgawes.

Tel: 012 567 2177 Faks: 086 762 0918

OVERKRUINER BLADSY 9

Manne-ontbyt

Die agste Carpe Diem Manne-ontbyt op Saterdagoggend 28 Januarie

2017 is deur 160 manne bygewoon. Die inspirerende boodskap deur die

gasspreker en heerlike ontbyt het die vroeg opstaan weereens die moeite

werd gemaak.

Ds. Frans du Plessis van Brits was aan die woord. Hierdie jong leraar wat

sy kindervormingsjare in Kathu in die Kalahari deurgebring en aan Tukkies

afgestudeer het, het ook blootstelling in die buiteland gehad.

Ds. Du Plessis het die aanwesiges op ’n diepdenke-reis geneem en

lewenswenke vir die toekoms gegee. Sy onderwerp was Kultuur, geloof,

kerk en vloeibare moderniteit.

Hy het gesê die wêreld bevind sigself in ’n post-moderne fase, met selfs

inslag in kerkkringe. Suid-Afrika het egter ’n agterstand van twintig jaar, en is

dus nog in ’n moderne tydfase; die land kan gevolglik uit die foute van ander

leer. Met die beste bedoelinge van kultuurbegrip, vind daar ongelukkige

misverstande plaas. Daar is etiek aanwesig wat die dinge definieer waaraan

ons onlosmaaklik wil vashou. Ons uitdaging is om duidelik te verstaan wat

dit is wat ons wil hê, moet voortleef. As Suid-Afrikaners sukkel ons met

aanpasbaarheid.

Ter illustrasie, het ds. Du Plessis ’n kort video vertoon waarin die

mikstertbyevanger ’n familie meerkatte op ’n slinkse, innoverende wyse

uitoorlê om kos by hulle af te neem. Net soos die meerkatte, sien ons ook

nie al die gevare raak nie, die media verwar en krap ons om – en ons

verloor rasionele perspektiewe. Dit kan ons gesinne omkrap. Geloof moet

altyd bo ons kultuur voorrang geniet. Ons moet versigtig wees om nie ons

geloof goedkoop te maak nie.

Die vloeibare moderniteit dwing ons om tussen verandering en aanpassing,

’n standvastige dog vloeibare posisie te vind. Die Evangelie is goeie nuus

wat in ons eie lewenstories, talle voorbeelde bied waar God ons lewe

positief geraak het. Dit is ’n anker. Ons moet uitleef wat ons bely en eerlik

wees met ons kerkwees, waarlik volgelinge van Jesus Christus wees, in sy

skaduwee beweeg en versigtig wees om agter mense aan te loop.

Redaksie

Ds. Petrus het vir sy arbeidsveld ’n bepaalde leuse opgestel, naamlik

”Lewe betekenisvol tot die einde”. Aldus ds. Moolman, is dit alleen

moontlik wanneer ek self – lank voor my aftrede – begin om die

verouderingsproses te erken, daarop voorbereid te wees en elke

faset van my lewe met die oog daarop te bestuur.

Seniorvolwassenebediening plaas die fokus op vier groeperings:

• Persone tien jaar voor aftrede, gewoonlik 55 jaar en ouer;

• Afgetree en steeds ekonomies aktief;

• Afgetree en sosiaal aktief; en

• Persone bed- of huisgebonde as gevolg van veroudering.

Ons wens ds. Moolman ’n geseënde en vrugbare bediening toe.

Gemeentelede word uitgenooi om in groot getal aan te meld en by

die aktiwiteite van hierdie groeperings aan te sluit.

Kuierhoekienuus

Hetta Dippenaar

Die eerste byeenkoms op Vrydag 17 Februarie van 2017 was ’n lekker kuier. Dit was goed om ook weer nuwe vriende

te ontmoet. Dit beloof om ’n jaar vol opwinding, nuwe ervaringe en heerlike kuiers te word. Henriette Beneke en haar

toegewyde komitee gaan uit hul pad om hierdie byeenkomste ’n spesiale en onmisbare geleentheid te maak.

Die gasspreker was Henk Joubert wat tans by Pretoria FM, ’n Christelike Afrikaanse radiostasie, betrokke is. Henk

het ’n venster van inligting oor die radio-uitsendingwêreld kom oopmaak. Opnuut is kennis geneem van hoe belangrik

hierdie radiostasie is om in mense se lewens ’n verskil te maak deur eensaamheid te verdryf, hoop te gee en boweal,

deur inligting oor te dra wat die waarheid verteenwoordig. Die bakens waar dié God waarin ons glo, te midde van

groot uitdagings deure oopgemaak het, is legio. Hierdie

bakens bewys dat God altyd in beheer is en dat ons as

mense almal rolspelers is in dié Almagtige se raadsplan

wat nie aan ons tydskale gekoppel kan word nie.

By hierdie geleentheid is ds. Petrus Moolman wat

verantwoordelik is vir Seniorvolwassenebediening

in die NG Gemeente Overkruin, formeel verwelkom.

Kuierhoekie se vriende sien uit daarna om met hom saam

te werk en ook sy energie en visie te deel om te help om

’n sterk, lewenskragtige baanbrekersbediening tot stand

te bring.

Die volgende byeenkoms is op Vrydag 17 Maart 2017.

Ds. Heinrich Carstens is die gasspreker

– met ’n verrassing. Kom kuier vir seker saam.

Ds. Petrus aan die woord.

Ons Voorsitter, Henriëtte Beneke saam met Henk

Joubert van Pretoria FM.

Ds. Petrus Moolman word verwelkom

Redaksie

Ds. Petrus Moolman is op 22 Januarie 2017 deur ds. Corné Randall as medeleraar, met opdrag

Seniorvolwassenebediening, verwelkom.

Ná die emeritaat van ds. Johan van Zittert, is in die Gemeente ’n behoefte geїdentifiseer om adissionele

bedieningshulp tot die geledere van ons twee voltydse leraars (di. Heinrich Carstens en Corné Randall) toe te voeg.

In Memoriam

Annette Steyn

28.05.1941 – 05.02.2017

Ds. Moolman is nie ’n onbekende in die Gemeente nie. As emeritusleraar is sy sigbare energievlakke indrukwekkend;

die woord stilsit ken hy nie. Sy hulp is ingeroep – en die Seniorvolwassenebediening het as inisiatief van die

Gemeente Overkruin beslag gekry om ’n bepaalde behoefte te ondervang.

OVERKRUINER BLADSY 10

OVERKRUINER BLADSY 11

Kuierhoekienuus Gr 8’s en

Voortrekkers word ontvang

Redaksie

Die aanddiens op 22 Januarie 2017 is ingerig met ’n besondere fokus op Hoërskool Overkruin se graadagt-leerlinge

en die lede van die Voor-die-Berg Voortrekkerkommando. Ofskoon dit al ’n jaarlikse instelling aan die begin van die

jaar is, bly hierdie geleentheid vir ouers, onderwysers, Voortrekkerleiers en kinders ’n spesiale geleentheid.

Ds. Heinrich Carstens wat die erediens gelei het, het die volgende persone in besonder verwelkom: die hoof

van Hoërskool Overkruin mnr. Cobus Nel en sy eggenote Ria, ander onderwysers, die graad 8-Ovies, asook die

Kommandant van die Voortrekkers, mnr. Danie Erasmus en die leiers en lede van die Kommando.

Ds. Heinrich se boodskap was uit Ps. 62, en die tema: Vertroue laat

die lewe vloei. Vertroue is een van die ses waardes wat NG Overkruin

geїdentifiseer het om in die gemeente as daaglikse gebruikswaardes te

vestig en uit te leef.

Vertroue is die lewensaar en die fundamentele basis van enige verhouding

waarop alles in die lewe gebou word. Ongelukkig kan een enkele voorval

’n verhouding in duie laat stort. Ds. Heinrich het statistiek rondom vertroue

aangehaal wat soms skok. So het 82 persent van Afrika se inwoners hul

uitgespreek dat hulle nie kan vertrou nie. In Amerika is die vertroue in die

media, die polisie en die regering in elke geval onder 25 persent. In die

Skandinawiese lande lyk die syfers beter, met 68 persent.

In Ps 62:1 lees ons: ”Net by God vind ek rus, van Hom kom my

redding.” En in vers 12: “dat net God mag het en ’n mens net op U,

Here kan vertrou”.

Waar ons in ’n onbetroubare wêreld leef, is dit gerusstellend dat ons

God ten volle kan vertrou.

Daar is waardevolle toetse vir betroubaarheid. Maak eers seker

jy is self betroubaar; let op eerlikheid en integriteit; op intensie; op

vaardigheid; op geskiedenis en op resultaat.

Kruisies is aan die kinders uitgedeel. Daar is daarop gewys dat, soos

elke kruisie ’n stukkie uniekheid bevat, is God se liefde vir hulle elkeen

ook uniek.

Hoërskool Overkruin se Gr 8’s.

Voortrekkers woon ons Jeugdiens by.

160g Dros Bief Burger bedien

met aartappelskyfies.

DONDERDAG-MALLIGHEID

DROS KALAMARI-PAN AANBOD!

DONDERDAG-MALLIGHEID

DONDERDAG-MALLIGHEID!

Kalamari-Pan

VIR SLEGS

34 95

*NIE VIR DEEL

300g Kalamari-Pan, bedien met aartappelskyfies/rys.

“Kinders eet

GRATIS op Sondae!”

*Jou keuse van enige Kindermaaltyd.

*NIE GELDIG MET ENIGE ANDER AANBIEDINGE.

DROS BIEF BURGER AANBOD!

MAANDAG-MALLIGHEID

MAANDAG-MALLIGHEID

MAANDAG-MALLIGHEID!

Bief Burger

Aanbod

29 95

VIR SLEGS

*NIE VIR DEEL

TERWYL VOORRAAD HOU I NIE VIR DEEL I NIE VIR WEGNEEM

Alle visuele materiaal is slegs vir vertoondoeleindes en mag

verskil van die werklike produk.

“When someone you love becomes a Memory,

the Memory becomes a Treasure...”

MONTANA TAK NOU OOP

Lize 083 244 1653 / 012 755 5530

250 Visvanger straat, Montana

lize@ssfg.co.za

www.sonjasmith-funerals.co.za

Terme en Voorwaardes geld. 1 Gratis Kindermaaltyd bestel vanaf die Kinderspyskaart indien ‘n Hoofmaaltyd

bestel word, uitsluitend Ligte maaltye en Nageregte. Nie beskikbaar vir wegneem. Hierdie aanbod is slegs

geldig op Sondae en vir kinders 12 jaar en onder. Indien meer as 1 kind ‘n volwasse kliënt, wat ‘n

Hoofmaaltyd bestel het vergesel, sal u vir die duurste Kindermaaltyd gehef word.

DROS MONTANA | Tel: 012 548 1150

Cnr Zambesi Road and Dr Swanepoel Road.

PRYS KAN VERSKIL. Terwyl voorraad hou. Slegs by deelnemende Dros-Restaurante. NIE VIR WEGNEEM. NIE VIR DEEL. Nie geldig met

enige ander aanbiedinge.*Voorwaardes en bepalings geld.

Vir Franchise-navrae, kontak Rene Jordaan by +27 (0)82 532 3368, +27 (0)12 803 5969 of e-pos: rene@dros.co.za

Besoek www.dros.co.za en volg ons op DrosRestaurant

OVERKRUINER BLADSY 12

OVERKRUINER BLADSY 13

’n Kuier saam

met

Jak de Priester

Die Junior Kategese se semesterafsluiting in Junie

was ’n prettige geleentheid. Lank voor die tyd het ds.

Corné Randall hulle belowe dat dit ’n geleentheid sou

wees waar hulle van hulle energie ontslae kon raak.

Aanvullend tot hul program, het die kleinspan onder

Redaksie leiding van ds. Corné Randall ’n verskeidenheid

prettige groepspeletjies in die saal gespeel.

Vroeg Saterdagoggend 18 Februarie 2017 staan

die gehoor al by die deure om ’n goeie sitplek in die

kerkgebou te kry. Jak de Priester tree op. Daar is lank na

hierdie geleentheid uitgesien. Waarlik, dit was nou die

moeite werd. Jak het sommer baie aanhangers bygekry.

Ds. Heinrich Carstens het die gaskunstenaar voorgestel, hartlik by NG Overkruin verwelkom en agtergrond gegee

oor Jak se musiekloopbaan oor 15 jaar en sy pas vrygestelde 13de album. Jy wonder onmiddellik hoe kry Jak alles

onder die knie en straal steeds soveel energie uit. Ons ken hom as die vriendelike, innemende gesig op Kyknet wat

die gewilde program Reis na gister aanbied. Gou kom jy agter hier is ’n heel mens wat alles met passie, vreugde en

belangrike taak.

positiwiteit aanpak. Wat jy op TV sien, sien jy op die verhoog. Wanneer hy met sy sprankelende persoonlikheid die

mense ná die vertoning ontmoet en CD’s onderteken, behandel hy kind en grootmens, deur die bank as spesiaal.

Jak se vertellings en sangstukke, met uitstekende begeleiding deur Altus Muller, het onmiddellik die gehoor aan sy

lippe gehad. Al vertellend, beskryf hy hoe ontmoetings met mense, hul stories en ervarings hom elke keer geïnspireer

het om ’n bepaalde liedjie te komponeer. Daar is onder andere, sy moeder, sy drie kinders, en reise na gister saam

met Leon van Nierop, Toks van der Linde en Johan Stemmet. Gou kom jy agter dat mense vir Jac buitengewoon

belangrik is en ’n sielsinspirasie is om kreatief te komponeer.

Die tydjie saam met Jak het net te gou verby gesnel, maar ’n stukkie mooi lewenservaring vir elkeen bygevoeg. Wie

sal die woorde vergeet “Vir elkeen word die dice gegooi” en “Dankbaar dat ‘n boervrou my grootgemaak het” as hy met

soveel dankbaarheid, erkenning en liefde oor sy moeder sing?

’n Spesiale groep besoekers het die vertoning met ongelooflike passie en meelewing geniet. NG Overkruin het 14

kaartjies aan Uitkoms Versorgingsentrum geskenk. Die omhelsings wat Jak ná die tyd van hulle ontvang het, was

aandoenlik. R P van Wyk het namens Uitkoms Versorgingsentrum hul hartlike dank en waardering aan NG Overkruin

oorgedra vir hierdie groot voorreg.

Groot dank is aan Anél Conradie en die wenspan helpers verskuldig vir die deursettingsvermoë en deeglikheid

waarmee hierdie projek aangepak en deurgevoer is.

Dis pret om kind te wees

Die Junior Kategese se semesterafsluiting in Junie

Die Junior Kategese se semesterafsluiting in Junie

was ’n prettige geleentheid. Lank voor die tyd het ds.

was ’n prettige geleentheid. Lank voor die tyd het ds.

Corné Randall hulle belowe dat dit ’n geleentheid sou

Corné Randall hulle belowe dat dit ’n geleentheid sou

wees waar hulle van hulle energie ontslae kon raak.

wees waar hulle van hulle energie ontslae kon raak.

Aanvullend tot hul program, het die kleinspan onder

Aanvullend tot hul program, het die kleinspan onder

leiding van ds. Corné Randall ’n verskeidenheid

leiding van ds. Corné Randall ’n verskeidenheid

prettige groepspeletjies in die saal gespeel.

prettige groepspeletjies in die saal gespeel.

Dit is verblydend om te sien dat daar nog soveel

Dit is verblydend om te sien dat daar nog soveel

jong kinders in NG Overkruin is en dat die Junior

jong kinders in NG Overkruin is en dat die Junior

Kategeseprogram wat vir hulle aangebied word,

Kategeseprogram wat vir hulle aangebied word,

so ywerig en getrou bygewoon word. Ouers kan die

so ywerig en getrou bygewoon word. Ouers kan die

gemoedsrus hê dat die span kategete aan wie hulle

gemoedsrus hê dat die span kategete aan wie hulle

kinders toevertrou word, werklik toegewy is aan hierdie

kinders toevertrou word, werklik toegewy is aan hierdie

belangrike taak.

belangrike taak.

Dit is ook goed dat ons kinders leer dat dit pret is om

Dit is ook goed dat ons kinders leer dat dit pret is om

as ’n Christengelowige te lewe en dat speel en leer

as ’n Christengelowige te lewe en dat speel en leer

karperde in hul opvoeding is. In ’n tyd waar tydverdryf

karperde in hul opvoeding is. In ’n tyd waar tydverdryf

so sterk gekoppel is aan passiewe TV-kyk, is dit goed

so sterk gekoppel is aan passiewe TV-kyk, is dit goed

dat kinders kan leer dat konstruktiewe speletjies

dat kinders kan leer dat konstruktiewe speletjies

met beide fisiese en sintuiglike uitdagings, kosbare

met beide fisiese en sintuiglike uitdagings, kosbare

lewensvaardighede aanvul. Ons is baie dank verskuldig

lewensvaardighede aanvul. Ons is baie dank verskuldig

aan ons kategete vir hierdie aanvulling.

aan ons kategete vir hierdie aanvulling.

Die span was sommer lekker moeg na hierdie

Die span was sommer lekker moeg na hierdie

saamspeelgeleentheid.

saamspeelgeleentheid.

Dit is verblydend om te sien dat daar nog soveel

jong kinders in NG Overkruin is en dat die Junior

Kategeseprogram wat vir hulle aangebied word,

so ywerig en getrou bygewoon word. Ouers kan die

gemoedsrus hê dat die span kategete aan wie hulle

kinders toevertrou word, werklik toegewy is aan hierdie

Dit is ook goed dat ons kinders leer dat dit pret is om

as ’n Christengelowige te lewe en dat speel en leer

karperde in hul opvoeding is. In ’n tyd waar tydverdryf

so sterk gekoppel is aan passiewe TV-kyk, is dit goed

dat kinders kan leer dat konstruktiewe speletjies

met beide fisiese en sintuiglike uitdagings, kosbare

lewensvaardighede aanvul. Ons is baie dank verskuldig

aan ons kategete vir hierdie aanvulling.

Die span was sommer lekker moeg na hierdie

saamspeelgeleentheid.

Redaksie

TANDARTS

TANDARTS

DR. MARIO REINERS

DR.

MARIO

MARIO

REINERS

REINERS

PChD (Pret) PPD (Stel) •Pr. N0. 5449332

PChD

PChD (Pret) (Pret)

PPD PPD

(Stel) •Pr. ● (Stel) N0. •Pr.

No. N0. 5449332

OVERKRUINER BLADSY 14

Dienste sluit in:

Dienste

Dienste

sluit

sluit

in:

in:

Full make-overs

• Full make-overs

Inplantologie

• Inplantologie

Kroon en Brugwerk

• Kroon en Brugwerk

Ortodonsie

• Ortodonsie

Algemene Tandheelkunde

• Algemene Tandheelkunde

• Full make-overs

• Inplantologie

• Kroon en Brugwerk

• Ortodonsie

• Algemene Tandheelkunde

Spreek

Spreek

kamers:

kamers:

Wonderboom:

Wonderboom:

Tel: 012 543 0594

Tel: 012 543 0594

Spreek kamers:

Wonderboom:

Tel: 012 543 0594

Brooklyn:

Brooklyn:

Tel: 012 346 0456

Tel: 012 346 0456

Brooklyn:

NOODPASIËNTE: Tel: 083 012 500 346 0456

2488

SATERDAG-EN NA-URE DIENS BESKIKBAAR

SATERDAG-EN NA-URE DIENS BESKIKBAAR

NOODPASIËNTE: 083 500 2488

OVERKRUINER BLADSY 15

MEAT WORLD WONDERBOOM

Groot - en kleinhandel slaghuis

direk aan die publiek

H/v Braam Pretorius &

Lavender-Wes

Annlin

Tel: 012 543 0109

Maandag - Vrydag: 08:00 - 18:00

Saterdae: 08:00 - 16:00

Sondae: 08:00 - 13:00

Publieke vakansiedae: 08:00 - 14:00

Designed & Printed by Corporate BrandhouseOVERKRUINER

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!